# Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2020

                 BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoof-
         onderwerpe.

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                          Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

         Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag
         in AFDELING C nagesien sal word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is NIE.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
         ŉ antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer
         elke vraag beantwoord word.

                                                VRAAG         PUNTE             TYD
                      AFDELING
                                                                              (minute)
         A:   Objektiewe tipe vrae
              VERPLIGTEND                          1             30              20

         B:   DRIE direkte/indirekte tipe          2             40              35
              vrae
              KEUSE:                               3             40              35
              Beantwoord enige TWEE.
                                                   4             40              35

         C:   TWEE opsteltipe vrae                 5             40              30
              KEUSE:
              Beantwoord enige EEN.                6             40              30
                    TOTAAL                                      150              120

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
         bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                    3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)
  VRAAG 1
  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

        1.1.1    Hierdie Wet gee verbruikers toegang tot skuldberading:

                 A      Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
                        van 1997)
                 B      Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
                        2008)
                 C      Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
                 D      Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005)

        1.1.2    Andile Leersakke gee ŉ geskrewe waarborg vir duursame produkte.
                 Dié verbruikersreg word na verwys as die reg op …

                 A      billike/eerlike onderhandelinge/transaksies.
                 B      billike waarde/goeie gehalte en veiligheid.
                 C      billike/regverdige/redelike bepalings en voorwaardes.
                 D      aanspreeklikheid van verskaffers.

        1.1.3    Hierdie vertikale integrasiestrategie word gebruik as besighede met
                 hul verskaffers kombineer:

                 A      Voorwaartse
                 B      Terugwaartse
                 C      Horisontale
                 D      Konsentriese

        1.1.4    Die proses om 'n nuwe werknemer se vaardighede en vermoëns by
                 die vereistes van 'n pos te pas, staan as ... bekend.

                 A      plasing
                 B      werwing
                 C      opleiding
                 D      keuring

        1.1.5    Die …-funksie verseker dat alle departemente hul spertye bereik.

                 A      bemarkings
                 B      aankoop
                 C      algemene bestuurs
                 D      produksie
                                                                                (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2020)

    1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

         gehalteversekering; Verbruikersbeskerming; bestuur en beheer; tersiêre;
                Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes;   posontleding;
         sekondêre; gehaltebeheer;     eienaarskap;     menslikehulpbronnefunksie

         1.2.1   Mandy se Afleweringsdienste is in die … sektor werksaam omdat
                 hulle in die lewering van vervoerdienste aan ander besighede en
                 individue spesialiseer.

         1.2.2   Die Wet op … dwing besighede om maandeliks tot die
                 Vergoedingsfonds by te dra.

         1.2.3   Epic Handelaars stel swart mense in senior uitvoerende posisies aan.
                 Hiermee pas hulle die … pilaar van die Wet op BBSEB toe.

         1.2.4   Die … verwys na die komponente van die posbeskrywing en die
                 posspesifikasie van ŉ posisie.

         1.2.5   Walter Klerevervaardigers gebruik … wanneer inspeksie gedurende
                 en na die produksieproses uitgevoer word om te verseker dat die
                 vereiste standaarde in elke stadium van die proses nagekom word.
                                                                             (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   BESIGHEIDSTUDIES V1                                      5

  1.3        Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
             die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
             ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                  KOLOM A                                   KOLOM B
             1.3.1 BBSEB                 A   ŉ ooreenkoms tussen die werkgewer en
                                             werknemer wat wetlik bindend is

             1.3.2     Nasionale         B   die proses waardeur ŉ besigheid die
                       Vaardigheids-         aansoekdokumente met die vereistes van die
                       ontwikkeling-         pos vergelyk
                       strategie

             1.3.3     Werwing           C   ŉ beleid wat slegs ŉ paar voorheen
                                             benadeelde mense in die ekonomie
                                             bevoordeel

             1.3.4     Dienskontrak      D   die vermoë om die gespesifiseerde standaarde
                                             van elke department te meet

             1.3.5     Gehalte           E   verskaf toegang tot opleidingsprogramme

                                         F   ŉ Wet wat afdwingbaar is en ŉ wyer groep
                                             voorheen benadeelde mense aanmoedig om
                                             aan die ekonomie deel te neem

                                         G verskaf opleidingsmateriaal vir fasiliteerders

                                         H   ŉ ooreenkoms tussen die werkgewer,
                                             werknemer en vakbond wat wetlik bindend is

                                         I   die vermoë van goedere/dienste om die
                                             spesifieke behoeftes van verbruikers te
                                             bevredig

                                         J   die proses waardeur ŉ besigheid ŉ vakature
                                             identifiseer en geskikte kandidate vir die
                                             posisie lok
                                                                                        (5 x 2)     (10)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  BESIGHEIDSTUDIES V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
               antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
               VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1   Noem enige TWEE soorte defensiewe strategieë.                                          (2)

 2.2   Beskryf kortliks die rol van SOOO's ('SETAs') in die ondersteuning van die
       Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998).                         (8)

 2.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                              SUPER SKOENVERVAARDIGERS (SS)

       Super Skoenvervaardigers sukkel om hul skoene te verkoop omdat hulle in ŉ
       gebied met hoë misdaad geleë is. Die bestuur van SS het ŉ strategie ontwikkel
       wat hulle sal help om op hierdie uitdaging te reageer. Daarna het hulle die
       strategie in werking gestel deur aksieplanne te gebruik.

       Identifiseer die TWEE stappe in die ontwikkeling van ŉ strategie wat deur SS
       gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

       Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.3 te beantwoord.

               STAPPE IN DIE                             MOTIVERING
            ONTWIKKELING VAN ŉ
                STRATEGIE
       1.
       2.                                                                                     (6)

 2.4   Verduidelik die positiewe impak van die Wet op Breëbasis-Swart
       Ekonomiese Bemagtiging (Wet 53 van 2003) (BBSEB) op besighede.                         (6)

 2.5   Bespreek die volgende bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
       (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997):

       2.5.1         Werksure                                                                 (4)

       2.5.2         Oortyd                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                       7

 2.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               BLOU BESSIE PLAAS (BBP)

        Die bestuur van Blou Bessie Plaas neem nie jong vroue op die plaas in
        diens nie. Hulle stel ook nie mense met gestremdhede aan nie.

        2.6.1    Haal TWEE maniere aan waarop Blou Bessie Plaas nie aan die
                 Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
                 voldoen nie.                                                               (2)

        2.6.2    Beveel praktiese maniere aan waarop BBP aan die WGI kan
                 voldoen.                                                                  (8)
                                                                                          [40]

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1    Gee enige VIER voorbeelde van byvoordele vir werknemers.                            (4)

 3.2    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                     KHAN DEURE (KD)

        Khan Deure spesialiseer in die vervaardiging van houtdeure. Mandisa kry
        R600 vir elke deur wat sy voltooi. Suki, die skoonmaker, word R40/uur vir
        die uitvoering van haar pligte betaal.

        Identifiseer TWEE tipes salarisbepalingsmetodes wat deur Khan Deure
        gebruik word, wat van toepassing is op Mandisa en Suki. Motiveer jou
        antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

        Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.2 te beantwoord.

         WERKNEMER                TIPE SALARIS-                  MOTIVERING
                                BEPALINGSMETODE
        1. Mandisa
        2. Suki                                                                             (6)

 3.3    Verduidelik die verband tussen salarisbepaling en die Wet op Basiese
        Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997).                                    (4)

 3.4    Bespreek die voordele van eksterne werwing as ŉ metode van werwing.                 (4)

 3.5    Identifiseer die elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat Johan
        Handelaars in ELKE geval hieronder toegepas het:

        3.5.1    Die werknemers        woon    gereeld    opleidingskursusse      oor
                 dienslewering by.                                                          (2)

        3.5.2    Die bestuur van Johan Handelaars versoek altyd hulle kopers om
                 'n vraelys oor die gehalte van hulle produkte en dienste in te vul.        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                BESIGHEIDSTUDIES V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.6   Brei uit oor die betekenis van totale gehaltebestuur (TGB).                     (4)

 3.7   Bespreek die voordele van ŉ goeie gehaltebestuurstelsel.                        (6)

 3.8   Stel maniere voor waarop TGB die koste van gehalte kan verminder.              (8)
                                                                                     [40]
 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
 BESIGHEIDSOMGEWINGS

 4.1   Noem DRIE tipes besigheidsomgewings en noem die mate waartoe ŉ
       besigheid ELK van hierdie omgewings kan beheer.

       Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 4.1 te beantwoord.

            BESIGHEIDSOMGEWINGS                     MATE VAN BEHEER
       1.
       2.
       3.                                                                              (6)

 4.2   Beskryf kortliks die regte van werknemers ten opsigte van die Wet op
       Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995).                                     (6)
 4.3   Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van die Porter se Vyf
       Kragte-model kan toepas om hul posisie in die mark te bepaal:

       4.3.1    Krag/Mag/Bedingingsmag van verskaffers                                 (4)

       4.3.2    Krag/Mag van mededingers/Mededingende wedywering                       (4)

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 4.4    Noem enige VIER bronne van interne werwing.                                    (4)

 4.5    Bespreek redes vir die beëindiging van ŉ dienskontrak.                         (6)

 4.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       WILLIAMS MOTORVERVAARDIGERS (WM)

        Die werknemers van Williams Motorvervaardigers ontmoet gereeld om
        probleme te ondersoek en oplossings aan die bestuur voor te stel. Hulle
        monitor ook strategieë om die gladde verloop van besigheidsbedrywighede
        te verbeter.

        4.6.1   Haal TWEE rolle van gehalte-sirkels aan as deel van die
                deurlopende verbetering van prosesse en stelsels om die gehalte
                van produkte by WM te verbeter.                                        (2)
        4.6.2   Gee WM raad oor hoe om die 'BDKH'-model/siklus toe te pas om
                die gehalte van produkte te verbeter.                                 (8)
                                                                                     [40]
                                                         TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                      9

  AFDELING C

  Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

  LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                 Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
                 bv. VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE
                 bladsy.

  VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (STRATEGIEË)

  Die besigheidsomgewings hou baie uitdagings in vir besigheidsbedrywighede; dit
  is dus belangrik vir besighede om strategieë te gebruik om hierdie uitdagings te
  oorkom. Besighede kan ook die PESTWO (‘PESTLE’)-analise gebruik om hierdie
  uitdagings beter te verstaan en om maniere te vind waarop besighede hulle kan
  hanteer. Die evaluering van hierdie strategieë vorm ŉ noodsaaklike deel van die
  proses van strategiese bestuur.

  Skryf ŉ opstel oor besigheidstrategieë waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf die DRIE tipes intensiewe strategieë wat besighede kan gebruik om
    uitdagings in die makro-omgewing te hanteer.
   Bespreek die voordele van diversifikasiestrategieë.
   Verduidelik hoe die volgende PESTWO ('PESTLE')-faktore 'n uitdaging vir
    besighede kan inhou:
    o Sosiaal/Maatskaplik
    o Tegnologies
    o Wetlik
   Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer hulle
    strategieë evalueer.                                                               [40]

  VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

  Mega Konsultante (MK) verseker dat hul keuringsproses goed gestruktureer is.
  Die menslikehulpbronbestuurder speel ŉ belangrike rol ter voorbereiding van
  die onderhoude van kandidate. MK bied ŉ omvattende induksieprogram en
  byvoordele aan nuwe werknemers wat ŉ impak op die besigheid het.

  Skryf 'n opstel oor menslike hulpbronne waarby jy die volgende aspekte insluit:

     Beskryf kortliks die keuringsprosedure as ŉ menslikehulpbron-aktiwiteit.
     Verduidelik die rol van die onderhoudvoeder voor die onderhoud.
     Bespreek die voordele van induksie vir besighede.
     Evalueer die impak van byvoordele op besighede.                                  [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:             40
                                                             GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2020-afr/503638a8-95e3-4666-94f1-30461839bacf) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/b53659cd-8899-46bf-a192-68cb4bcfe097) — Business Studies · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
