# Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP

> Grade 11 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-qp-nov2023-afrikaans/f9dbbdf0-2ef1-4a70-a89e-2217b0121a04
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-qp-nov2023-afrikaans/f9dbbdf0-2ef1-4a70-a89e-2217b0121a04)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans/7d3c4d6c-19c9-4bb5-ad4e-4e7748c698c7) — Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans-watermark/937f19de-bbb3-49bc-8029-e946e63d5d18) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                      NOVEMBER 2023

                    BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

      AFDELING A:       VERPLIGTEND
      AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                        Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
      en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
      NIE.

4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
      antwoord te bepaal.

6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy
      elke vraag beantwoord.

                                                                               TYD
                     AFDELING                  VRAAG          PUNTE
                                                                             (minute)
      A:     Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                          1             30               20

      B:     DRIE direkte/indirekte tipe          2             40
             vrae
             KEUSE:                               3             40               70
             Beantwoord enige TWEE.
                                                  4             40

      C:     TWEE opsteltipe vrae                 5             40
             KEUSE:                                                              30
             Beantwoord enige EEN.                6             40
                  TOTAAL                                        150             120

7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
      VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                        BESIGHEIDSTUDIES V1                                 3

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

        1.1.1    Die impak van … op besighede as ŉ sosio-ekonomiese kwessie kan
                 daartoe lei dat werknemers ŉ werkstaak moet herhaal.

                 A    etiese wangedrag
                 B    ekonomiese misdaad
                 C    Onbeskikbaarheid/uitputting van natuurlike hulpbronne
                 D    gebrek aan vaardighede

        1.1.2    Vryheidsbank is werksaam in die … sektor aangesien hulle in die
                 aanbieding van bankdienste spesialiseer.

                 A    primêre
                 B    tersiêre
                 C    ekonomiese
                 D    sekondêre

        1.1.3    Die komponent van die bemarkingskommunikasiebeleid waarvoor die
                 besigheid nie betaal word nie, staan as … bekend.

                 A    publisiteit
                 B    advertering
                 C    verkoopspromosies
                 D    persoonlike verkope

        1.1.4    Fred Sappe gebruik ... tydens produksiebeplanning om die tyd uit te
                 werk wat vir die uitvoering van elke taak in hul produksiestelsel nodig
                 is.

                 A    beplanning
                 B    roetebepaling
                 C    skedulering
                 D    lading

        1.1.5    Die doel van ŉ … is om die kandidaat se geskiktheid vir ŉ pos te
                 bepaal op grond van hul vaardigheid, ondervinding en kwalifikasie.

                 A    induksieprogram
                 B    indiensnemingskontrak
                 C    werwingsproses
                 D    onderhoud
                                                                                 (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                       (EC/NOVEMBER 2023)

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

       psigografie;   volle; eksterne; sloerstaking;      tussengangers; demografie;
                          staking;  interne; geen;       verskaffers

      1.2.1    Die statistieke van die bevolking soos geslag, ouderdom, ras en vlak
               van opvoeding, staan as ... bekend.

      1.2.2    Kebu Logistieke het … beheer oor die ekonomiese omgewing.

      1.2.3    Werknemers neem deel aan ŉ … wanneer hulle doelbewus hul
               produktiwiteit by die werk vertraag.

      1.2.4    Die middelmanne wat as onderhandelaars tussen vervaardigers en die
               verbruiker optree, staan as ... bekend.

      1.2.5    Vloer Handelaars het … werwing gebruik wanneer die vakature van
               winkelbestuurder in die plaaslike koerant geadverteer word.
                                                                           (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                      BESIGHEIDSTUDIES V1                                 5

1.3    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

               KOLOM A                                 KOLOM B
       1.3.1   Kliënte             A   die proses om landbouprodukte volgens hul
                                       gehalte in kategorieë te klassifiseer

       1.3.2    Moeilike           B   behels enige aanpassings wat aan die
                werknemers             beplanningsproses gemaak word

       1.3.3    Standaardisering   C   die nuwe werknemer se vaardighede word by
                                       die vereistes van die pos gepas

       1.3.4    Regstellende       D   komponent van die markomgewing
                aksie

       1.3.5    Plasing            E   werknemers wat dikwels vir bevorderings
                                       meeding

                                   F   die nuwe werknemer word aan hul nuwe
                                       werkplekomgewing bekendgestel

                                   G komponent van die makro-omgewing

                                   H   behels die kontrolering van die gehalte van die
                                       produksieproses en die finale produk

                                   I   die proses om te verseker dat alle goedere wat
                                       geproduseer word van gelyke gehalte is

                                   J   werknemers wat dikwels oor werkstelsels kla
                                                                            (5 x 2)      (10)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
                VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1     Noem enige DRIE komponente van die mikro-omgewing.                              (3)
2.2     Beskryf kortliks die funksies van vakbonde.                                     (6)
2.3     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               ULNA HANDELAARS (UH)

        Die bestuur by Ulna Handelaars probeer desperaat om hul omgewing en die
        gedrag van ander besighede te beheer deur magsverhoudings te vorm.
        Hulle het waardevolle advies van magtige invloedryke mense gekry nadat
        hulle hul genooi het om deel van hul direksie te wees.

        2.3.1   Identifiseer die manier waarop UH ŉ magsverhouding in die scenario
                hierbo gevorm het.                                                      (2)
        2.3.2   Beskryf EEN ander manier waarop besighede ŉ magsverhouding
                kan vorm.                                                               (3)
2.4     Verduidelik die negatiewe impak van stakings as ŉ sosio-ekonomiese
        kwessie op besighede.                                                           (6)
2.5     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  KUHLE KOSSE (KK)
        Kuhle Kosse ervaar baie uitdagings. Hulle sukkel om ŉ betroubare verskaffer
        van groente te vind. Die bestuur van KK het nie ŉ duidelike plan van
        waarheen die besigheid op pad is nie. Twee ander voedselkleinhandelaars
        het ook in dieselfde area oopgemaak.

        2.5.1   Haal TWEE uitdagings van die markomgewing vir KK in die scenario
                hierbo aan.                                                             (2)

        2.5.2   Verduidelik maniere waarop besighede hulself van mededingers in
                die mark kan onderskei.                                                 (6)

2.6     Bespreek die verband tussen die primêre, sekondêre en tersiêre sektore.         (6)

2.7     Stel maniere voor waarop besighede ŉ direkte invloed op die omgewing kan
        hê.                                                                             (6)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       BESIGHEIDSTUDIES V1                                   7

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1    Noem enige TWEE gehaltebeheerliggame.                                                (2)

3.2    Beskryf kortliks die voordele van produksiebeplanning.                               (4)

3.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             ZAJEED VERVAARDIGERS (ZV)

       Zajeed Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van kantoor meubels.
       ZV maak gebruik van tussengangers om hul produkte te versprei. Hulle
       gebruik ander besighede om in klein hoeveelhede aan verbruikers te verkoop.

       3.3.1    Identifiseer die tipe tussenganger wat deur ZV gebruik word.                (2)

       3.3.2    Verduidelik redes hoekom ZV, as ŉ vervaardiger, die gebruik van
                indirekte verspreidingsmetodes sal verkies.                                 (6)

3.4    Beskryf enige TWEE kategorieë van verbruikersgoedere.                                (6)

3.5    Bespreek die doel van advertering.                                                   (4)

3.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                    EKO HANDEL (EH)
       Eko Handel het die pos vir ŉ aankoopbestuurder op die besigheid se
       kennisgewingbord geadverteer. Hulle het aangedui dat die persoon verkieslik
       ŉ diploma in bestuur moet hê. Die aankoopbestuurder sal verantwoordelik
       wees om voorraad te bestel en om met verskaffers te skakel.

       3.6.1    Identifiseer TWO komponente van die posontleding wat op die pos by
                EH van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
                hierbo aan te haal.

                Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.6.1 te
                beantwoord.

            KOMPONENTE VAN DIE                          MOTIVERINGS
              POSONTLEDING
       1.
       2.                                                                                   (6)

 3.7 Onderskei tussen stukwerk en tydverwante salarisbepalings.                             (4)

 3.8 Gee besighede raad oor die wetlike vereistes van ŉ indiensnemings-kontrak.             (6)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                BESIGHEIDSTUDIES V1                         (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1   Noem enige TWEE uitdagings in die makro-omgewing.                                      (2)
4.2   Beskryf kortliks DRIE voorbeelde van          kontemporêre      wetgewing      wat
      besigheidsbedrywighede kan beïnvloed.                                                  (6)
4.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                             SONKRAG HOMMELTUIE (SH)
      Sonkrag Hommeltuie het ŉ hommeltuig ontwikkel wat met sonkrag aangedryf
      word en geen batterye hoef vervang te word nie. SH was bekommerd dat ander
      besighede hul ontwerp sou dupliseer, daarom het hulle hul nuwe uitvinding
      geregistreer. Hulle het ook ŉ baie spesiale simbool van ŉ gloeiende son gebruik
      om klante in staat te stel om hul hommeltuie te identifiseer.

      4.3.1    Identifiseer TWEE oplossings vir rowery wat SD geïmplementeer het.
               Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
               Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 4.3.1 te
               beantwoord.

                     OPLOSSINGS VIR                     MOTIVERINGS
                        ROWERY
               1.
               2.                                                                            (6)

4.4   Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995
      (Wet 66 van 1995).                                                                     (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5   Noem enige VIER soorte verpakking.                                                     (4)
4.6   Beskryf kortliks die keuringsprosedure as ŉ menslike hulpbronaktiwiteit.               (4)
4.7   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                SAGTE KOMBERSE (SK)
      Sagte Komberse spesialiseer in die vervaardiging van komberse. Die bestuur
      verseker dat SK aan die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid voldoen. SK
      verseker dat hul noodhulpbokse altyd beskikbaar is. Hulle stel ook brandblussers
      in die werkplek beskikbaar.
      4.7.1    Haal TWEE maniere aan waarop SK aan die Wet op
               Beroepsgesondheid en Veiligheid voldoen.                                      (2)
      4.7.2.   Verduidelik ander maniere waarop SK              aan    die    Wet     op
               Beroepsgesondheid en Veiligheid kan voldoen.                                  (4)
4.8   Beveel voorkomende maatreëls aan wat besighede behoort te neem wanneer
      masjinerie gebruik word.                                                               (6)
                                                                                            [40]
                                                             TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                      BESIGHEIDSTUDIES V1                                 9

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
              op ŉ NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5:        BESIGHEIDSOMGEWINGS (AANPASSING BY UITDAGINGS
                VAN DIE BESIGHEIDSOMGEWING)

Besighede gebruik netwerkvorming en invloedwerwing om aan hul spesifieke
behoeftes en aktiwiteite te voldoen. Suksesvolle besighede het die vermoë om by
die talle uitdagings aan te pas wat hul besighede in die gesig staar. Besighede moet
projekte onderneem wat hul gemeenskap kan bevoordeel as gevolg van die voordele
van hierdie projekte vir besighede en die gemeenskap.

Skryf ŉ opstel oor aanpassing by uitdagings van die besigheidsomgewing waarby jy
die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die voordele van netwerkvorming.
• Verduidelik die volgende soorte van invloedwerwing:
  o Verskansing teen inflasie
  o Bedingingsessies tussen bestuur en vakbonde
• Bespreek enige DRIE maniere waarop besighede by uitdagings van die
  besigheidsomgewings kan aanpas.
• Beveel projekte aan wat deur besighede as deel van maatskaplike/sosiale
  verantwoordelikheid onderneem kan word.                                               [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (BEMARKINGSFUNKSIE)

Alle besighede is bewus van die belangrikheid van prysbepaling om finansiële
sukses te verseker, daarom eksperimenteer bemarkingsbestuurders dikwels met
verskillende prystegnieke. Dit is belangrik vir besighede om al die faktore wat hul
pryse sal beïnvloed te ontleed, en om van verkoopspromosies gebruik te maak om
mededingend in die mark te bly.

Skryf ŉ opstel oor die bemarkingsfunksie waarby jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die belangrikheid van prysbepaling.
• Verduidelik die volgende prystegnieke:
  o Koste-gebaseerde pryse
  o Kompetisie gebaseerde pryse
• Bespreek enige VIER faktore wat prysbepaling beïnvloed.
• Gee besighede raad oor die doel van verkoopspromosies.
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans-watermark/23acc6bb-1aad-4d57-95a2-d9781f97e116) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/7668b78b-f627-40e3-a57c-e5de76ae3591) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR11 NOV 15 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-question-paper-afrikaans/663e22eb-e4da-4e92-b2c5-03a4b3558020) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/0fde7f10-1ecf-4183-a62b-1173e101cd03) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSNESS STUDIES GR11 NOV 15 MEMO-AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-memorandum-afrikaans/1abe246e-c384-4f04-871e-899584884ac5) — Business Studies · Memo · 2015 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/84d648ba-dfe3-4a69-9d00-34f8f358eba7) — Business Studies · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GR 11 P2 MG ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-mg-eng-watermark/73eb0603-6d98-4a00-94a2-c10deb7d95da) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
