# Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-june2023-afrikaans/bffa73fb-e85c-45b3-8fc9-5fb7746c4c7e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-june2023-afrikaans/bffa73fb-e85c-45b3-8fc9-5fb7746c4c7e)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                              JUNIE 2023

                    BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  BESIGHEIDSTUDIES V1                        (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

      AFDELING A:       VERPLIGTEND
      AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                        Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
      en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
      NIE.

4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
      antwoord te bepaal.

6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
      vraag beantwoord word.

                                               VRAAG         PUNTE            TYD
                     AFDELING
                                                                            (minute)
      A:     Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                          1             30               20

      B:     DRIE direkte/indirekte tipe          2             40
             vrae
             KEUSE:                               3             40               70
             Beantwoord enige TWEE.
                                                  4             40

      C:     TWEE opsteltipe vrae                 5             40               30
             KEUSE:
             Beantwoord enige EEN.                6             40
                  TOTAAL                                       150             120

7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
      VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                         BESIGHEIDSTUDIES V1                                     3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1      Hierdie Wet bevorder diversiteit in die werksplek deur seker te maak
                  dat mense van verskillende agtergronde aangestel word:

                  A    Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
                       van 1997)
                  B    Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
                  C    Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
                  D    Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
                       2008)

       1.1.2      David Handelaars hanteer uitdagings van die … faktor as ŉ
                  PESTWO-element deur geld by Wealth-Bank te leen wanneer
                  rentekoerse gunstig is.

                  A    ekonomiese
                  B    politiese
                  C    sosiale
                  D    wetlike

       1.1.3      Opblaas Myne word in die … sektor bedryf omdat hulle in die
                  ontginning van steenkool spesialiseer.

                  A    tersiêre
                  B    primêre
                  C    ekonomiese
                  D    sekondêre

       1.1.4      Die proses om ŉ werknemer se vaardighede en vermoëns by die
                  vereistes van ŉ pos te pas:

                  A    Indiensneming
                  B    Keuring
                  C    Werwing
                  D    Plasing

       1.1.5      Die … funksie is verantwoordelik vir die ontwikkeling van effektiewe
                  strategiese planne.

                  A    algemene-bestuurs-
                  B    openbare-betrekkinge-
                  C    finansiële
                  D    produksie-
                                                                               (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                             (EC/JUNIE 2023)

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

          gehaltesirkels;   afdanking; PESTWO; twee; bedanking; drie;
                  geen;     totale gehaltebestuur; SSGB; sommige

      1.2.1    Werknemers kan ŉ maksimum van … ure oortyd per dag werk.

      1.2.2    Lumo Ligte het … beheer oor politiese veranderinge.

      1.2.3    Andile Handelaars het ŉ …-analise saamgestel om uitdagings in hul
               interne omgewing te identifiseer.

      1.2.4    Die beëindiging van ŉ indiensnemingskontrak as gevolg van
               wangedrag staan as … bekend.

      1.2.5    Besighede gebruik … om die behoeftes van verbruikers bo hulle
               verwagtinge te bevredig.
                                                                      (5 x 2)             (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       BESIGHEIDSTUDIES V1                                     5

1.3      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                  KOLOM A                             KOLOM B
         1.3.1    Wet op Breë-basis- A    kan in elk van die besigheidsfunksies
                  Swart Ekonomiese        vir aanspreeklikheid gebruik word
                  Bemagtiging

         1.3.2    Konsentriese        B   implementeer verandering op klein-
                  diversifikasie          skaal om die gehalte van produkte te
                                          verbeter

         1.3.3    Posontleding        C   het slegs ŉ paar voorheen benadeelde
                                          mense bevoordeel

         1.3.4    Handel soos nodig   D   besigheid voeg ŉ nuwe produk by wat
                                          met bestaande produkte verband hou

         1.3.5    Gehalteprestasie    E   die proses om nuwe werknemers aan
                                          die besigheid se aspekte bekend te
                                          stel

                                      F   het ŉ breër basis van voorheen
                                          benadeelde mense bevoordeel

                                      G   implementeer verandering op ŉ wyer
                                          skaal om die gehalte van produkte te
                                          verbeter

                                      H   beskrywing van die pligte en die
                                          spesifieke kwalifikasies wat nodig is vir
                                          die pos

                                      I   besigheid voeg ŉ nuwe produk by wat
                                          nie met bestaande produkte verband
                                          hou nie

                                      J   kan verkry word indien al die
                                          besigheidsfunksies saamwerk
                                                                      (5 x 2)         (10)

                                                        TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                            (EC/JUNIE 2023)

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
             antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
             VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER pilare van die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese
    Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003).                                            (4)
2.2 Beskryf kortliks die regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale
    Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005).                                               (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                 VARS GROENTE (VG)
     Vars Groente spesialiseer in die verkoop van vrugte en groente. Grootskaalse
     oorstromings in die gebied het hul stoorkamer beskadig. Die werknemers van
     VG het vir groot salarisverhogings gevra. Reuse Vrugte het ook ŉ nuwe tak
     oorkant die straat van Vars Groente oopgemaak.

     Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.3.1 en 2.3.2 te
     beantwoord.

             UITDAGINGS (2.3.1)               BESIGHEIDSOMGEWINGS (2.3.2)
     1.
     2.
     3.

     2.3.1   Haal DRIE uitdagings vir VG uit die scenario hierbo aan.                       (3)

     2.3.2   Klassifiseer VG se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings.            (3)
2.4 Verduidelik die reg op openbaarmaking en inligting as een van die
    verbruikersregte ingevolge die Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
    2008).                                                                                  (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 ROYAL MOTORS (RM)
     Royal Motors vervaardig hibriede voertuie. Elke ongeluk in die fabriek wat lei tot
     ŉ werknemerbeserings, word deur RM se bestuur aangemeld.

     2.5.1   Identifiseer die Wet waaraan RM in die scenario hierbo voldoen.                (2)
     2.5.2   Verduidelik die strafmaatreëls waarvoor RM te staan kan kom vir nie-
             nakoming van die Wet geïdentifiseer in VRAAG 2.5.1.                            (6)
2.6 Bespreek hoe besighede die bedreiging van substitusie as deel van Porter se
    Vyf kragte-model kan toepas om hul posisie in die markomgewing te analiseer.            (4)
2.7 Evalueer die impak van die Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
    van 1997) op besighede.                                                                 (6)
                                                                                           [40]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       BESIGHEIDSTUDIES V1                                  7

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1     Noem DRIE bronne van eksterne werwing.                                            (3)

3.2     Beskryf kortliks die keuringsprosedure.                                           (6)

3.3     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  STER HAARSALON (SH)

        Ster Haarsalon bied verskeie haarbehandelings aan hul kliënte. Die
        werknemers by SHS word R200 betaal vir elke behandeling wat hulle doen.

        3.3.1     Identifiseer die salarisbepalingsmetode wat SH gebruik om hul
                  werknemers te vergoed.                                                  (2)

        3.3.2     Verduidelik EEN ander salarisbepalingsmetode wat besighede kan
                  gebruik om hul werknemers te vergoed.                                   (3)

3.4     Bespreek die voordele van induksie vir besighede.                                 (6)

3.5     Beskryf kortliks die voordele van ŉ goeie gehaltebestuurstelsel.                  (4)

3.6     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 CHIPS HANDELAARS (CH)

        Chips Handelaars is ŉ groot kleinhandelonderneming en gebruik ŉ
        aggressiewe advertensieveldtog om hul markaandeel te vergroot. CH plaas
        bestellings betyds en volg op ŉ gereelde basis op om te verseker dat hul
        voorraad betyds afgelewer word. Die bestuur handhaaf voorraadbeheerstelsels
        om die sekuriteit van voorraad te verseker.

        3.6.1     Haal TWEE gehalteaanwysers van die aankoopfunksie vanuit die
                  scenario hierbo aan.                                                    (2)

        3.6.2     Verduidelik ander gehalteaanwysers van die aankoopfunksie.              (4)

3.7     Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                             (4)

3.8     Gee groot besighede raad oor die voordele van totale kliënte-/klante-
        tevredenheid as ŉ element van totale gehaltebestuur (TGB).                       (6)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                            (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1     Noem enige TWEE soorte integrasiestrategieë.                                       (2)
4.2     Beskryf kortliks die rol van SOOO’s in hulle ondersteuning van die Wet op
        Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998).                            (4)
4.3     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   SILWER DEURE (SD)
        Silver Deure spesialiseer is die vervaardiging van aluminium-deure in die
        Oos-Kaap. Hulle het onlangs ŉ nuwe tak in die Vrystaat oopgemaak.
        4.3.1   Identifiseer die soort intensiewe strategie wat Silwer Deure in die
                scenario hierbo gebruik.                                                   (2)
        4.3.2   Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë.                        (6)
4.4     Stel maniere voor waarop besighede die Wet op Arbeidsverhoudinge
        (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) kan nakom.                                           (6)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

4.5     Noem enige VIER voorbeelde van byvoordele.                                         (4)
4.6     Beskryf kortliks die voordele van interne werwing vir besighede.                   (6)
4.7     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                   TEËLS BEPERK (TB)

        Teëls Beperk is ŉ groot onderneming wat spesialiseer in die vervaardiging
        van hoë gehalte keramiekteëls. TB voer gereelde inspeksies uit om te
        verhoed dat masjinerie onnodig vervang word. Hulle kan bekostig om
        stelsels in plek te hê om defekte in hul teëls te voorkom.

        4.7.1   Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat
                deur TB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
                hierbo aan te haal.
        Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 4.7.1 te beantwoord.

                     TGB-ELEMENTE                         MOTIVERINGS
        1.
        2.                                                                                 (6)

4.8     Stel maniere voor waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte
        kan verminder.                                                                    (4)
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        BESIGHEIDSTUDIES V1                                    9

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:          Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                  antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
                  VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)

Besighede gebruik die strategiese bestuursproses om uitdagings wat hul omgewing
stel, aan te spreek. Baie besighede implementeer verskillende soorte defensiewe
strategieë en ander pas die PESTWO-faktore toe om uitdagings in die makro-
omgewing te identifiseer. Besighede moet verstaan hoe om hul strategieë te
evalueer.

Skryf ŉ opstel oor besigheidstrategieë waarby jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die proses van strategiese bestuur
• Bespreek DRIE soorte defensiewe strategieë
• Verduidelik hoe volgende PESTWO-faktore uitdagings vir besighede inhou:
  o Tegnologiese
  o Wetlike
• Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer strategieë
  geëvalueer word                                                                      [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRON-FUNKSIE)

Die menslikehulpbronbestuurder verseker dat die korrekte werwingsprosedure
gevolg word en speel ŉ belangrike rol tydens die onderhoudproses. Die suksesvolle
kandidaat sal byvoordele aangebied word en besighede moet die verband tussen
salarisbepaling en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
van 1997) verstaan.

Skryf ŉ opstel oor die menslikehulpbron-funksie waarin jy die volgende aktiwiteite
aanspreek:

•   Beskryf kortliks die werwingsprosedure
•   Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud
•   Bespreek die impak van byvoordele op besighede
•   Gee besighede raad oor die verband tussen salarisbepalings en die Wet op
    Basiese Diensvoorwaardes                                                            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                 GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2023-eng/9c6b7c03-092f-4346-9872-9b1f344ea678) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Business Studies · Memo · 2025 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR12 JUNE 2023](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr12-june-2023-1/448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40) — Business Studies · Memo · 2023
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
