# Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/7578bfee-7a94-4d03-9bf5-2fa21bb15c5a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/7578bfee-7a94-4d03-9bf5-2fa21bb15c5a)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2024

                 BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

     AFDELING A:        VERPLIGTEND
     AFDELING B:        Bestaan uit DRIE vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
     AFDELING C:        Bestaan uit TWEE vrae.
                        Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

     Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
     AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
     nagesien sal word.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
     NIE.

4.   Behalwe waar daar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf
     word.

5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
     antwoord te bepaal.

6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy elke
     vraag beantwoord.

                     AFDELING                   VRAAG          PUNTE               TYD
                                                                                 (minute)
      A: Objektiewe tipe vrae                      1              30                20
         VERPLIGTEND

      B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae          2              40
         KEUSE:                                    3              40                70
         (Beantwoord enige TWEE.)                  4              40

      C: TWEE opsteltipe vrae                      5              40
         KEUSE:                                    6              40                30
         (Beantwoord enige EEN.)

                     TOTAAL                                      150                120

7.    Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 –
      nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             BESIGHEIDSTUDIES V1                                       3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1      Hierdie Wet verseker dat transformasie in die werkplek deur die
                  implementering van regstellende aksie plaasvind.

                  A    Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van
                       1998)
                  B    Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
                  C    Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van
                       1998)
                  D    Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
                       van 1997)

       1.1.2      Villa Vervoer is in die … sektor bedrywig, omdat hulle grondstowwe
                  aan ABC vervaardigers aflewer.

                  A    ekonomiese
                  B    primêre
                  C    sekondêre
                  D    tersiêre

       1.1.3      Jimmy Motoronderdele het die … -integrasie strategie gebruik toe
                  hulle Sky Motoronderdeelvervaardigers gekoop het.

                  A    intensiewe
                  B    horisontale
                  C    terugwaartse
                  D    voorwaartse

       1.1.4      Menzi (Edms.) Bpk. gebruik die … prosedure wanneer hulle
                  onderhoude voer om die mees geskikte kandidaat te identifiseer.

                  A    keurings-
                  B    induksie-
                  C    werwings-
                  D    plasing-

       1.1.5      Hierdie funksie is verantwoordelik om te verseker dat produkte aan
                  die klante se vereistes voldoen deur veilig, betroubaar en
                  duursaam te wees.

                  A    Bemarking
                  B    Finansiële
                  C    Aankope
                  D    Produksie
                                                                              (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2    Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
       gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
       in die ANTWOORDEBOEK neer.

        bestuur; openbare betrekkinge; siekte-; stukwerk; SSGB; tydverwante;
              gesinsverantwoordelikheids-; finansiële; PESTWO; beheer

       1.2.1    ŉ Werknemer kwalifiseer vir ... verlof van drie dae as sy/haar kind
                siek is.

       1.2.2    Frank se Vrugte het ŉ …-analise opgestel toe hulle hul interne
                omgewing ondersoek het.

       1.2.3    Goldie Juwele gebruik die ... salarisvasstellingsmetode wanneer
                hulle hulle werknemers per ontwerp voltooi, betaal.

       1.2.4    Tasco Bpk. gebruik gehalte … om te verseker dat die voltooide
                produk die verlangde standaarde bereik.

       1.2.5    Die … funksie is verantwoordelik vir die implementering van
                volhoubare Korporatiewe Maatskaplike Investeringsprogramme.
                                                                       (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                   5

1.3    Kies ŉ beskrywing in KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                KOLOM A                               KOLOM B
       1.3.1    Swart Ekonomiese         A    poog om die behoeftes van klante
                Bemagtiging                   te     bevredig       en       om
                                              besigheidsprosesse te verbeter

       1.3.2    Markontwikkeling         B    die indiensnemingskontrak word as
                                              gevolg van wangedrag beëindig

       1.3.3    Aftrede                  C    herstruktureer die produkreeks
                                              deur nuwe produkte by te voeg

       1.3.4    Posspesifikasie          D    bevoordeel alle voorheen
                                              benadeelde mense in die
                                              ekonomie

       1.3.5    Totale                   E    poog om duursame produkte te
                Gehaltebeheer                 produseer om        ŉ spesifieke
                (TGB)                         behoefte in die mark te bevredig

                                         F    herstruktureer die verskillende
                                              prysbeleide om vir klante van alle
                                              inkomstevlakke voorsiening te
                                              maak

                                         G    beskryf die pligte en
                                              verantwoordelikhede
                                              van ŉ spesifieke pos

                                         H    die indiensnemingskontrak word as
                                              gevolg van ouderdom beëindig

                                         I    bevoordeel slegs ŉ paar voorheen
                                              benadeelde persone       in   die
                                              ekonomie

                                         J    beskryf die minimum aanvaarbare
                                              persoonlike vaardighede benodig
                                              vir ŉ pos
                                                                       (5 x 2)       (10)

                                                        TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                              BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
              op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1   Noem VIER verbruikersregte volgens die Wet op Verbruikersbeskerming
      (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008).                                                           (4)

2.2   Beskryf kortliks die rol van SOOO’s ter ondersteuning van die Wet op
      Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998).                                  (6)

2.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            PITTS MOTORONDERDELE (PM)
      Pitts Motoronderdele spesialiseer in die verkoop van generiese
      motoronderdele in die Oos-Kaap. Hulle besef dat hulle besigheid in die
      moeilikheid is as gevolg van ŉ afname in verkope. Hulle het sommige van hulle
      werknemers se dienskontrakte beëindig. PM weet dat hulle ook ander
      defensiewe strategieë in die toekoms kan implementeer.

      2.3.1    Identifiseer die tipe defensiewe strategie wat deur PM in die scenario
               hierbo gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
               aan te haal.                                                                    (3)

      2.3.2    Verduidelik EEN ander defensiewe strategie.                                     (3)

2.4   Bespreek die regte van werknemers volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge
      (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995).                                                           (4)

2.5   Gee besighede raad oor die toepassing van die bedreiging/hindernisse van
      nuwe toetreders tot die mark as ŉ krag van Porter se Vyf Kragte-model om hulle
      posisie in die mark te analiseer.                                                        (4)

2.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  CHEETAH BANK (CB)

      Cheetah Bank verskaf geld-verwante dienste aan hulle kliënte. Hulle laat
      kliënte toe om geld te deponeer en om geld te leen. Hulle is by die Nasionale
      Kredietreguleerder geregistreer. Cheetah Bank gee altyd aan hulle kliënte die
      redes waarom hulle krediet geweier is. CB lei ook hulle werknemers in terme
      van hul vereistes teenoor FICA op.

      2.6.1    Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop CB aan die
               Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) voldoen.                     (2)

      2.6.2    Bespreek die positiewe impak van die Nasionale Kredietwet op
               besighede.                                                                      (4)
 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            BESIGHEIDSTUDIES V1                               7

2.7    Verduidelik die stappe in strategie-evaluering.                         (6)

2.8    Beveel maniere aan waarop besighede die uitdagings wat die sosiale
       faktore van die PESTWO-analise faktor inhou, kan hanteer.               (4)
                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                             BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1    Noem enige DRIE aspekte wat in ŉ indiensnemingskontrak ingesluit moet
       word.                                                                          (3)

3.2    Beskryf kortliks die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud.          (6)

3.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               ROYAL LOGITIEK (RL)

       Royal Logistieke (RL) het vakante poste vir ŉ kassier en ŉ
       pakhuisbestuurder. RL het ŉ posontleding gedoen en ŉ advertensie
       ontwerp. Die besigheid het die vakante poste op sosiale media
       geadverteer.

       3.3.1 Identifiseer die tipe werwing wat deur RL in die scenario hierbo
             gebruik. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.        (3)

       3.3.2 Evalueer die impak van die tipe werwing wat in VRAAG 3.3.1
             geïdentifiseer is op besighede.                                          (4)

3.4    Bespreek die verband tussen salarisvasstelling en die Wet op Basiese
       Diensvoorwaardes (WBDV).                                                       (4)

3.5    Brei uit oor die betekenis van gehalteprestasie.                               (4)

3.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            EXCELA TREKDIENSTE (ET)

       Excela Trekdienste (ET) spesialiseer in die vervoer van meubels in die
       Oos-Kaap. ET gebruik data om die resultate van die verandering in
       prosesse te evalueer. Met behulp van gehaltesirkels, verseker hulle dat
       hulle gehalte dienste aan hulle klante lewer.

       3.6.1 Noem die stap van die BDKH-siklus wat deur ET in die scenario
             hierbo gebruik word.                                                     (2)

       3.6.2 Verduidelik die rol van gehaltesirkels as deel van die deurlopende
             verbetering van prosesse en stelsels.                                    (4)

3.7    Bespreek die gehalte-aanwysers van die bemarkingsfunksie.                      (6)

3.8    Beveel maniere aan waarop totale gehaltebeheer (TGB) die koste van
       gehalte kan verminder.                                                        (4)
                                                                                    [40]

 Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                  9

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

4.1     Noem enige VIER pilare van die Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging
        (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003).                                                      (4)

4.2     Beskryf kortliks die voordele van diversifikasie-strategieë.                          (6)

4.3     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   SIPHO SE TUINDIENSTE (ST)

        Sipho se Tuindienste lewer tuindienste aan huishoudelike en kommersiële
        kliënte. Hulle sukkel om ŉ betroubare verskaffer van masjinerie, wat hulle
        benodig, te kry. Werknemers is dikwels laat vir werk. ŉ Afname in kliënte se
        inkomstevlakke lei tot laer winsgewendheid.

        4.3.1 Haal TWEE uitdagings vir ST uit die scenario hierbo aan.                        (2)

        4.3.2 Klassifiseer die TWEE uitdagings aangehaal in VRAAG 4.3.1 volgens
              die besigheidsomgewings.                                                        (2)

        4.3.3 Noem die mate van beheer wat ST het oor die besigheidsomgewings
              in VRAAG 4.3.2 geklassifiseer.                                                  (2)

        Gebruik die tabel hieronder as ŉ GIDS om VRAAG 4.3.1 tot 4.3.3 te
        beantwoord.

                UITDAGINGS                    BESIGHEIDS-        MATE VAN BEHEER
                                              OMGEWINGS
                       (4.3.1)                   (4.3.2)               (4.3.3)
        1.
        2.

4.4     Stel maniere voor waarop besighede aan die Wysigingswet op Vergoeding vir
        Beroepsbeserings en -siektes (WVBS/COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997) kan
        voldoen.                                                                              (4)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

4.5     Beskryf kortliks die plasingsprosedure.                                               (4)

4.6     Verduidelik die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as ŉ verpligte
        voordeel wat deur die wet vereis word.                                                (6)

4.7     Identifiseer die totale gehaltebeheerelement (TGB) wat deur Suzie
        Vervaardigers (SV) in ELKEEN van die stellings hieronder toegepas word:

        4.7.1 SM verseker dat opleidingsprogramme relevant is om klante-
              tevredenheid te verseker                                                        (2)

        4.7.2 SM kan dit bekostig om gehalte grondstowwe en toerusting te koop                (2)

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         BESIGHEIDSTUDIES V1                (EC/SEPTEMBER 2024)

4.8   Adviseer besighede oor die impak van monitering en evaluering van
      gehalteprosesse, as ŉ TGB-element, op groot besighede.                 (6)
                                                                            [40]

                                                 TOTAAL AFDELING B:           80

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

                      Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           BESIGHEIDSTUDIES V1                                     11

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies duidelik aan.
                Die antwoord op die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv.
                VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997, (Wet 75 van 1997) is
ingestel om regverdige arbeidspraktyke in die werkplek te verseker. Die bepalings
van die WBDV beskerm werknemers en verskaf riglyne aan werkgewers hoe om
aan die Wet te voldoen. Voldoening aan die Wet kan tot voordeel van die besigheid
wees en strawwe kan vermy word.

Skryf ŉ opstel oor die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
van 1997).

•   Beskryf kortliks die doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
•   Verduidelik die volgende bepalings van die WBDV:
    o Regulering van werkstyd
    o Die verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid
•   Bespreek die impak van die WBDV op besighede.
•   Gee besighede raad oor die strafmaatreëls vir nie-nakoming van die WBDV.        [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

Besighede gebruik induksieprosesse deur nuut aangestelde werknemers op te lei.
Induksieprogramme verseker dat nuwe werknemers bewus is van die
organisatoriese kultuur en verwagtinge. Baie besighede bied byvoordele aan
hulle werknemers en verseker dat die indiensnemingskontrak aan die
regsvereistes voldoen.

Skryf ŉ opstel oor menslike hulpbronne waarby jy die volgende aspekte insluit:

•   Beskryf kortliks die doel van induksie.
•   Verduidelik die voordele van induksie vir besighede.
•   Bespreek die impak van byvoordele vir besighede.
•   Gee besighede raad oor die regsvereistes van ŉ indiensnemingskontrak.           [40]

                                                        TOTAAL AFDELING C:            40
                                                            GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Business Studies · Memo · 2025 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [Business Studies NSC P1 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nsc-p1-memo-may-june-2024-limpopo/12cc16ee-3850-423c-ad6f-617854955f54) — Business Studies · Memo · 2024

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
