# Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-afr-final-d/83aed034-a495-4a63-acaf-34c9f53189d9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-afr-final-d/83aed034-a495-4a63-acaf-34c9f53189d9)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2021

                 BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                             *BUSTA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                          Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

         Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag
         in AFDELING C nagesien sal word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is NIE.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
         ŉ antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
         vraag beantwoord word.

                                                VRAAG         PUNTE             TYD
                      AFDELING
                                                                              (minute)
         A:   Objektiewe tipe vrae
              VERPLIGTEND                          1             30               30

         B:   DRIE direkte/indirekte tipe          2             40               30
              vrae
              KEUSE:                               3             40               30
              Beantwoord enige TWEE.
                                                   4             40               30

         C:   TWEE opsteltipe vrae                 5             40               30
              KEUSE:
              Beantwoord enige EEN.                6             40               30
                    TOTAAL                                      150         120 minute

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
         bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                     3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1

  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

        1.1.1    Hierdie Wet maak voorsiening vir die totstandkoming van die
                 Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA):

                 A     Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
                 B     Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
                 C     Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
                 D     Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005)

        1.1.2    Diep Myn is in die … sektor werksaam omdat hulle in die ontginning
                 van goud spesialiseer.

                 A     sekondêre
                 B     tersiêre
                 C     ekonomiese
                 D     primêre

        1.1.3    Ntando Braai bied ŉ unieke diens en sal groter mag in die mark hê.
                 Dit verwys na die ... as ŉ element van Porter se Vyf Kragte-model.

                 A     mededingende wedywering
                 B     krag van verskaffers
                 C     bedreiging van substitusie/substitute
                 D     markstrategie

        1.1.4    Okuhle het die … -prosedure gevolg toe hulle vyf kandidate op die
                 kortlys vir ŉ onderhoud uitgenooi het.

                 A     werwing
                 B     indiensneming
                 C     keuring
                 D     plasing

        1.1.5    Die …-funksie verseker dat die relevante inligting tot die bestuur se
                 beskikking vir besluitneming is.

                 A     administrasie
                 B     openbare betrekkinge
                 C     algemene bestuur
                 D     produksie
                                                                                (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2021)

    1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

            voorwaartse; bestuur; Nasionale Kredietreguleerder; horisontale;
                    vyf-en-veertig; aansoeker; prestasie; skuldberader;
                                   veertig; onderhoudvoerder

         1.2.1   Die … hou oor die nakoming van die Nasionale Kredietwet, 2005
                 (Wet 34 van 2005) toesig.

         1.2.2   Werkers mag nie meer as … ure ŉ week werk nie.

         1.2.3   Buhle Slaghuis het … integrasie toegepas toe hulle Thomas Slaghuis
                 oorgeneem het om die bedryging van mededinging te verminder.

         1.2.4   Gedurende die onderhoud is dit die rol van die … om duidelikheid te
                 verkry deur vrae te vra.

         1.2.5   Besighede maak gebruik van gehalte-… om te verseker dat die
                 gehalte van goedere en dienste konsekwent is.
                                                                      (5 x 2)               (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             BESIGHEIDSTUDIES V1                                      5

  1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

              KOLOM A                              KOLOM B
        1.3.1 SSGB (SWOT)- A        verskaf riglyne oor hoe besighede           hul
               analise              prosesse en stelsels moet verbeter

        1.3.2    Likwidasie     B   beëindiging van ŉ dienskontrak as gevolg van
                                    herstrukturering

        1.3.3    Ontslag        C   identifisering van uitdagings slegs van die
                                    eksterne omgewing

        1.3.4    BDKH (PDCA)-   D   inspekteer die produk na afloop van die
                 siklus             produksieproses

        1.3.5    Gehalte-       E   verskaf riglyne oor hoe die produksiefunksie
                 versekering        die gehalte van produkte moet verbeter

                                F   die   proses    waardeur      ŉ besigheid
                                    werksaamhede beëindig en alle bates
                                    verkoop om skuld af te betaal

                                G inspekteer die produk gedurende en na afloop
                                  van die produksieproses

                                H   beëindiging van ŉ dienskontrak as gevolg van
                                    wangedrag

                                I   die proses waardeur ŉ besigheid sommige
                                    bates verkoop wat nie meer winsgewend is nie

                                J   identifisering van uitdagings van die interne
                                    en eksterne omgewings
                                                                             (5 x 2)   (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
               VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.
 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

 2.1   Noem DRIE tipes diversifikasiestrategieë.                                         (3)

 2.2   Beskryf kortliks die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998
       (Wet 55 van 1998).                                                                (6)

 2.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                  PAUL MEUBELS (PM)
       Paul Meubels verloor sommige van hul kliënte, aangesien die besigheid nie
       aanlyn transaksiefasiliteite het nie. Hulle ervaar ŉ afname in verkope as
       gevolg van die hoë werkloosheidsyfer. Die verpakkingsmateriaal wat PM
       gebruik is nie herwinbaar nie.

       2.3.1    Identifiseer DRIE faktore van die PESTWO (‘PESTLE’)-analise wat
                uitdagings vir PM inhou. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
                hierbo aan te haal.
                Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.3.1 te
                beantwoord.

                      PESTWO (‘PESTLE’)                    MOTIVERINGS
                          FAKTORE
                1.
                2.
                3.                                                                       (9)

 2.4   Verduidelik hoe SOOO’s (‘SETAs’) befonds word.                                    (4)
 2.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              MANGO HANDELAARS (MH)

       Mango Handelaars spesialiseer in die vervaardiging van ŉ verskeidenheid
       somerklere. MH openbaar die prys van hul produkte wat te koop is.

       2.5.1    Identifiseer die Wet waaraan MH in die scenario hierbo voldoen.          (2)
       2.5.2    Verduidelik die voordele van die Wet geïdentifiseer in VRAAG 2.5.1
                vir MH as ŉ besigheid.                                                   (4)
 2.6   Bespreek enige TWEE tipes intensiewe strategieë.                                  (6)
 2.7   Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer hulle
       ŉ strategie evalueer.                                                            (6)
                                                                                       [40]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                      7

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1    Noem enige TWEE bronne van eksterne werwing.                                     (2)

 3.2    Beskryf die plasingsprosedure as ŉ menslikehulpbron-aktiwiteit.                  (4)

 3.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 NKOSI VERVOER (NV)

        Sonika het onlangs as ŉ bestuurder by NV begin werk. Sy was versoek om
        sorgvuldig haar indiensnemingskontrak te lees, wat haar werksure,
        proeftydperk en beëindiging van kontrak ingesluit het.

        3.3.1    Haal enige TWEE aspekte van die indiensnemingskontrak in die
                 scenario hierbo aan.                                                    (2)

        3.3.2    Verduidelik die wetlike vereistes van die indiensnemingskontrak.        (6)

 3.4    Evalueer die impak van byvoordele op besighede.                                  (6)

 3.5    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          NEDLO KOELDRANK BEPERK (NSB)

        Nedlo Koeldrank Beperk spesialiseer in die vervaardiging van ŉ
        verskeidenheid van koeldranke. Jane, die aankoopbestuurder, plaas
        bestellings betyds en volg bestellings gereeld op om te verseker dat
        goedere betyds afgelewer word. Sy monitor en rapporteer ook oor minimum
        voorraadvlakke om te voorkom dat die voorraad opraak.

        3.5.1    Haal TWEE gehalteaanwyers van die aankoopfunksie in die
                 scenario hierbo aan.                                                    (2)

        3.5.2    Beskryf ander gehalteaanwysers van die aankoopfunksie.                  (4)

 3.6    Verduidelik die voordele van ŉ goeie gehaltebestuurstelsel.                      (4)

 3.7    Bespreek die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit
        swak implementeer.                                                               (4)

 3.8    Gee raad aan besighede oor die voordele van monitering en evaluering van
        gehalteprosesse op groot besighede as ŉ element van totale
        gehaltebestuur (TGB).                                                            (6)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    BESIGHEIDSTUDIES V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

    VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
    BESIGHEIDSOMGEWINGS

    4.1   Noem enige TWEE bepalings soos                in die Wet op Basiese
          Diensvoorwaardes      (WBDV), 1997             (Wet  75  van  1997)
          gestipuleer/voorgeskryf.                                                           (2)

    4.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  ZANELE REKENAARS (ZR)

          Zanele Rekenaars verskaf ŉ verskeidenheid van rekenaar-sagteware
          dienste. ZR werk in ŉ gebied met hoë misdaad wat ŉ negatiewe impak op
          hul winsgewendheid het. ZR verloor hul kliënte aan Monja Rekenaars wat
          hul dienste teen billike pryse aanbied.

          Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.2.1 tot 4.2.3 te
          beantwoord.

               UITDAGINGS               BESIGHEIDS-           MATE VAN BEHEER
                   4.2.1                OMGEWINGS                   4.2.3
                                           4.2.2
          1.
          2.

          4.2.1      Haal TWEE uitdagings vir ZC uit die scenario hierbo aan.                (2)

          4.2.2      Klassifiseer ZC se uitdagings volgens enige TWEE van die DRIE
                     besigheidsomgewings.                                                    (2)

          4.2.3      Noem die mate van beheer wat ZC het oor                      ELKE
                     besigheidsomgewing wat in VRAAG 4.2.2 genoem is.                        (2)

    4.3   Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van Porter se Vyf Kragte-
          model kan toepas om hul posisie in die mark te analiseer:

          4.3.1      Bedreiging/Hindernisse van nuwe toetreders tot die mark                 (4)

          4.3.2      Bedingingsmag van kopers/Krag van kopers                                (4)

    4.4   Stel maniere voor waarop besighede aan die Wysigingswet op
          Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (‘COIDA’), 1997 (Wet 61
          van 1997) kan voldoen.                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                   9

 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
 4.5    Noem enige TWEE aspekte wat by ŉ induksieprogram ingesluit moet word.        (2)

 4.6    Identifiseer die salarisvasstellingsmetodes wat deur Roshan Sakke in ELK
        van die onderstaande stellings gebruik word:

        4.6.1    John, die skoonmaker, word ŉ duisend rand betaal vir die
                 hoeveelheid ure wat hy aan ŉ taak spandeer.

        4.6.2    Amla kry sestien rand vir elke sak wat sy maak.                     (4)

 4.7    Verduidelik die voordele van induksie vir besighede.                         (4)

 4.8    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                             FUMA SKOENE BEPERK (FSB)

        Fuma Skoene Beperk is ŉ groot besigheid wat spesialiseer in die
        vervaardiging van gehalte tekkies. FSB maak gebruik van die dienste van
        gehalte sirkels om voor hul mededingers te bly. Hulle kan ook
        marknavorsers bekostig om inligting te versamel oor hulle teikenmark.

        4.8.1    Identifiseer TWEE totale gehaltebestuur (TGB)-elemente wat deur
                 FSB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
                 hierbo aan te haal.

        Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.8.1 te beantwoord.

                      TGB-ELEMENTE                       MOTIVERINGS
        1.
        2.                                                                            (6)

 4.9    Stel TWEE maniere voor waarop totale gehalte bestuur (TGB) die koste van
        gehalte kan verminder.                                                        (4)
                                                                                     [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                BESIGHEIDSTUDIES V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

  AFDELING C

  Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

  LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                 Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
                 bv. VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

  VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

  Die regering het die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
  (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) (gewysig in 2013) ingestel om die
  tekortkominge van die Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) te oorkom. Die
  BBSEB-pilare het verskeie implikasies vir besighede aangesien hulle hierdie
  pilare in die werkplek moet toepas. Besighede kan strafmaatreëls in die gesig
  staar indien hulle nie die Wet op BBSEB nakom nie.

  Skryf ŉ opstel oor die Wet op BBSEB waarby jy die volgende aspekte insluit:

     x Onderskei tussen SEB en die Wet op BBSEB.
     x Verduidelik die implikasies van die volgende BBSEB-pilare op besighede:
        o    Eienaarskap
        o    Vaardigheidsontwikkeling
     x Bespreek die impak van BBSEB op besighede.
     x Gee raad aan besighede oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig staar
       indien hulle nie hierdie Wet nakom nie.                                        [40]

  VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE)

  Besighede stel ŉ posontleding saam van vakante poste voordat hulle dit oorweeg
  om interne en eksterne werwingsmetodes te gebruik. Besighede moet vrae
  voorberei vir onderhoude van kandidate op die kortlys. Hulle moet ook toesien
  dat die menslikehulpbronbestuurder die implikasies van die Wet op
  Vaardigheidsontwikkeling in sy/haar departement ken.

  Skryf ŉ opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte
  insluit:

     x Beskryf kortliks die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie as
       komponente van ŉ posontleding.
     x Verduidelik die impak van interne werwing op besighede.
     x Bespreek die rol van die onderhoudvoerder tydens voorbereiding vir ŉ
       onderhoud.
     x Gee raad aan die menslikehulpbronbestuurder oor die implikasies van die
       Wet op Vaardigheidsontwikkeling vir sy/haar departement.                       [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:             40
                                                             GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 ENG FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-eng-final-d/4e9c0538-8fd6-4ca0-89c3-640e69a1a87f) — Business Studies · QP · 2021 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2023-english/b6e44396-0eba-4aae-b5a3-a91c94c0effd) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-english/e01236b0-b022-4ca1-907c-563887483b75) — Business Studies · QP · 2022 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2021 English](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p1-gr12-memo-june2021-english/f53e9b20-c926-4a82-9a40-3c00dfba64cd) — Business Studies · Memo · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
