# Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

                    BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

      AFDELING A:       VERPLIGTEND
      AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                        Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE
      vraag in AFDELING C nagesien sal word.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
      is NIE.

 4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

 5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
      antwoord te bepaal.

 6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
      vraag beantwoord.

                                                                               TYD
                     AFDELING                  VRAAG          PUNTE
                                                                             (minute)
      A:    Objektiewe tipe vrae
            VERPLIGTEND                           1              30              20

      B:    DRIE direkte/indirekte tipe           2              40
            vrae
            KEUSE:                                3              40              70
            Beantwoord enige TWEE.
                                                  4              40

      C:    TWEE opsteltipe vrae                  5              40
            KEUSE:                                                               30
            Beantwoord enige EEN.                 6              40
                  TOTAAL                                        150             120

 7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
      VRAAG 2 – nuwe bladsy.

 8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        BESIGHEIDSTUDIES V1                                3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)
 VRAAG 1
 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

        1.1.1    Hierdie Wet reguleer die implementering van regstellende aksie
                 wanneer besighede nuwe aanstellings maak:

                 A     Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008)
                 B     Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
                 C     Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
                       (Wet 53 van 2003)
                 D     Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)

        1.1.2    Tau, ŉ veeboer, het die ... integrasiestrategie geïmplementeer toe hy
                 Kagiso Slaghuis gekoop het.

                 A     voorwaartse vertikale
                 B     terugwaartse vertikale
                 C     intensiewe
                 D     horisontale

        1.1.3    Dit is maklik vir Krag Elektries om pryse te beïnvloed aangesien daar
                 beperkte besighede is wat elektrisiteit voorsien. Dit verwys na die …
                 as ŉ element van Porter se Vyf Kagte-model.

                 A     bedreiging/hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark
                 B     bedreiging van substitusie/plaasvervangers
                 C     krag van kopers
                 D     krag van verskaffers

        1.1.4    Dit is verpligtend vir besighede om ... vir hul werknemers as ŉ
                 voordeel aan te bied.

                 A     behuisingstoelae
                 B     motortoelae
                 C     Werkloosheidsversekeringsfonds
                 D     bonusse

        1.1.5    Die ...-funksie is verantwoordelik om te verseker dat effektiewe
                 strategiese planne gemonitor word.

                 A     administrasie
                 B     algemene bestuurs
                 C     menslikehulpbron
                 D     finansiële
                                                                                 (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
     Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.
              versekering; aftrede; privaatheid; sekondêre; beskrywing;
                promosie; beheer; bedanking; spesifikasie; tersiêre

      1.2.1    Verbruikers kan beswaar maak teen ongewenste promosie e-posse.
               Dit word na verwys as ŉ reg op ...
      1.2.2    Kus Meubels word in die … -sektor bedryf aangesien hulle spesialiseer
               in die vervaardiging van houtmeubels.
      1.2.3    Kern Ondernemings het die voornemende kandidaat se pligte en
               verantwoordelikhede in hul posadvertensie gespesifiseer. Dit is ŉ
               voorbeeld van pos-...
      1.2.4    Nande, het besluit om Grand Handelaars te verlaat nadat sy ŉ beter
               werksgeleentheid aangebied is. Dit staan as … bekend.
      1.2.5    Gehalte-… verwys na kontroles wat gedurende en na afloop van die
               produksieproses uitgevoer word.
                                                                         (5 x 2)          (10)
 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
           KOLOM A                                     KOLOM B
      1.3.1 SOOO’s              A     ten doel om die besigheidswinste te vermeerder
      1.3.2    Ontbondeling     B     maak betroubare inligting betyds aan bestuur
                                      beskikbaar
      1.3.3    Tydsverwante     C     verskaf werksgeleenthede
      1.3.4    BDKH-siklus      D     die verkoop van alle bates om krediteure te
                                      betaal
      1.3.5    Administrasie-   E     werkers word betaal volgens die aantal items
               funksie                wat vervaardig word
                                F     verskaf akkreditasie vir vaardigheidsontwikke-
                                      lingsfasiliteerders
                                G ten doel om voortdurende verbeteringe aan
                                  prosesse en stelsels
                                H     werkers word betaal volgens die aantal ure wat
                                      aan ŉ taak spandeer word
                                I     maak veranderinge aan produkte gebaseer op
                                      terugvoering van kliënte
                                J     die verkoop van sommige bates wat nie meer
                                      winsgewend is nie
                                                                             (5 x 2)      (10)
                                                              TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      BESIGHEIDSTUDIES V1                                5

 AFDELING B
 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
 LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                 Die antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv.
                 VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.
 VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
 2.1    Noem enige TWEE soorte intensiewe strategieë.                                    (2)
 2.2    Beskryf kortliks die regte van die werkgewers in terme van die Wet op
        Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995).                                (4)
 2.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   TECH WÊRELD (TW)
        Tech Wêreld is landswyd bekend vir die verkoop van hoë gehalte rekenaars.
        Hulle het onlangs selfone en bykomstighede aan verskeie kliënte begin
        verkoop.
        2.3.1    Identifiseer die soort diversifikasiestrategie wat deur TW toegepas
                 word in die scenario hierbo.                                            (2)
        2.3.2    Verduidelik TWEE ander soorte diversifikasiestrategieë.                 (6)
 2.4    Bespreek die voordele van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
        Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) vir besighede.                       (6)
 2.5    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
                            MOODLEY VERVAARDIGERS (MV)
        Moodley Vervaardigers spesialiseer in die produksie van winterbaadjies.
        Werknemers by MV word slegs toegelaat om 'n bykomende drie uur per dag
        buite hul normale werksure te werk. MV verseker ook dat kinders ouer as 15
        jaar nie werk doen wat skadelik vir hul gesondheid is nie.
        Identifiseer TWEE bepalings soos gestipuleer in die Wet op Basiese
        Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) waaraan MV voldoen
        het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
        Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.5. te beantwoord.

                      BEPALINGS                         MOTIVERINGS
        1.
        2.                                                                               (6)

 2.6    Verduidelik hoe die volgende PESTWO-faktore uitdagings vir besighede
        inhou:
        2.6.1    Wetlik                                                                  (4)
        2.6.2    Omgewing                                                                (4)
 2.7    Stel maniere voor waarop besighede die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005
        (Wet 34 van 2005) kan nakom.                                                     (6)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

 3.1 Noem enige VIER aspekte wat by ŉ induksieprogram ingesluit moet word.              (4)

 3.2 Beskryf kortliks enige TWEE regsvereistes van ŉ indiensnemingskontrak.             (4)

 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               LIFE HANDELAARS (LH)

      Life Handelaars het ŉ vakante pos vir ŉ administrasie-klerk. Die
      menslikehulpbronbestuurder het ŉ posontleding voorberei om die
      werwingsbehoeftes van die besigheid te identifiseer. LH het ook ŉ kortlys van
      kandidate saamgestel. Die vakante pos is intern geadverteer per interne e-
      pos. Die bestuur van LH het onderhoude gevoer om die bevoegdheid van
      geselekteerde kandidate te assesseer.

      3.3.1    Haal TWEE stappe van die werwingsprosedure aan wat LH in die
               scenario hierbo toegepas het.                                            (2)

      3.3.2    Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud.       (6)

 3.4 Gee besighede raad oor die voordele van induksie.                                  (4)

 3.5 Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die bemarkingsfunksie.                   (4)

 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                           AUTO MOTORS BEPERK (AMB)

      Auto Motors Beperk is ŉ groot besigheid wat spesialiseer in die produksie van
      sportmotors. AMB versoek altyd hul kliënte om terugvoering te gee oor die
      gehalte van hul produkte. AMB kan bekostig om marknavorsers te betaal om
      inligting in te samel.

      Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat deur AMB
      toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
      haal.

      Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.6. te beantwoord.

                TGB-ELEMENTE                           MOTIVERINGS
      1.
      2.                                                                                (6)

 3.7 Verduidelik die voordele van ŉ goeie gehaltebestuurstelsel.                        (6)

 3.8 Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende
     verbetering van prosesse en stelsels.                                              (4)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      BESIGHEIDSTUDIES V1                                 7

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
 BESIGHEIDSOMGEWINGS
 4.1 Definieer die betekenis van leerlingskap.                                              (2)
 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               HENNIE KONSTRUKSIE (HK)
       Hennie Konstruksie spesialiseer in die bou van laekostebehuising. Die
       verskaffers van HK lewer nie altyd materiaal betyds af nie. Die onlangse styging
       in die brandstofprys raak hul verkope. Die bestuur van HK het nie die nodige
       vaardighede om die besigheid suksesvol te bestuur nie.

       Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 4.2.1. en 4.2.2 te
       beantwoord.

                      UITDAGINGS                   BESIGHEIDSOMGEWINGS
                         (4.2.1)                           (4.2.2)
       1.
       2.
       3.

       4.2.1    Haal DRIE uitdagings vir HK uit die scenario hierbo aan.                    (3)
       4.2.2    Klassifiseer HK se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings.         (3)
 4.3 Verduidelik die proses van strategiese bestuur.                                        (6)
 4.4 Evalueer die impak van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings
     en -siektes (WVBS), 1997 (Wet 61 van 1997) op besighede.                               (6)
 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
 4.5 Noem VIER bronne van eksterne werwing.                                                 (4)
 4.6 Beskryf kortliks die keuringsprosedure as ŉ menslikehulpbron-aktiwiteit.               (6)
 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   DUMI BELIGTING (DB)
       Dumi Beligting spesialiseer in die verkoop van beligtingsbenodighede. DB
       plaas bestellings betyds en volg op 'n gereelde basis op om te verseker dat
       goedere betyds afgelewer word.

       4.7.1    Noem die besigheidsfunksie wat op die scenario hierbo van toepassing
                is.                                                                         (2)
       4.7.2.   Verduidelik ander gehalteaanwysers van die besigheidsfunksie wat in
                VRAAG 4.7.1 genoem was.                                                     (4)
 4.8 Gee besighede raad oor die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien
     besighede dit swak implementeer.                                                      (4)
                                                                                          [40]
                                                              TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv.
                VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

 Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) bevorder die
 sosiale en ekonomiese welsyn van verbruikers in Suid-Afrika. Die verbruikersregte
 gestipuleer in die WVB beskerm verbruikers teen onbillike sakepraktyke.
 Besighede kan boetes in die gesig staar vir nie-nakoming van die WVB.

 Skryf ŉ opstel oor die Wet op Verbruikersbeskerming waarin jy die volgende
 aspekte insluit:

    • Beskryf kortliks die doel van die Wet op Verbruikersbeskerming.
    • Verduidelik die volgende verbruikersregte soos in die WVB gestipuleer:
      o Reg om te kies
      o Reg tot inligting rakende produkte en ooreenkomste/Reg op
          openbaarmaking en inligting
      o Reg op gelykheid in die verbruikersmark
    • Bespreek die impak van die WVB op besighede.
    • Gee besighede raad oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig kan staar
      indien hulle nie die Wet nakom nie.                                                [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)

 Die produksiefunksie speel ŉ belangrike rol om te verseker dat besighede
 produktief en volhoubaar bly. Baie besighede besef die belangrikheid van
 gehaltebestuur en gehalteprestasie om hul doelwitte te bereik. Hulle implementeer
 ook deurlopende vaardigheidsontwikkeling en monitering en evaluering van
 gehalteprosesse as deel van totale gehaltebestuur (TGB)-elemente.
 Groot besighede stem saam dat TGB die koste van gehalte verlaag.

 Skryf ŉ opstel oor gehalte van prestasie waarin jy die volgende aspekte bespreek:

 • Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die produksiefunksie.
 • Verduidelik die verskille tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie.
 • Bespreek die impak van die volgende TGB-elemente op groot besighede:
   o Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding
   o Monitering en evaluering van gehalteprosesse
 • Stel maniere voor waarop TGB die koste van gehalte kan verminder.
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2022-afr/54151221-3151-450a-8f2a-8e918eaa1694) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 ENG FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-eng-final-d/4e9c0538-8fd6-4ca0-89c3-640e69a1a87f) — Business Studies · QP · 2021 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 AFR FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-afr-final-d/83aed034-a495-4a63-acaf-34c9f53189d9) — Business Studies · QP · 2021 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2019-afrikaans-final/4e150678-ce65-4ac4-b3ad-3aa0d78f5810) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
