# Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2023-afrikaans/d43d1b6c-ccb6-4d9b-b7f7-98397f5693c4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2023-afrikaans/d43d1b6c-ccb6-4d9b-b7f7-98397f5693c4)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2023

                 BESIGHEIDSTUDIES V1

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                    BESIGHEIDSTUDIES V1                (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
        vereis word.

        Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING
        B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
        gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
        NIE.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
        antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
        vraag beantwoord word.

                                                 VRAAG         PUNTE            TYD
                    AFDELING
                                                                              (minute)
        A:   Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                            1            30               20

        B:   DRIE direkte/indirekte tipe            2            40
             vrae
             KEUSE:                                 3            40               70
             Beantwoord enige TWEE.
                                                    4            40

        C:   TWEE opsteltipe vrae                   5            40               30
             KEUSE:
             Beantwoord enige EEN.                  6            40
                   TOTAAL                                        150             120

7.      Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
        VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.      Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)            BESIGHEIDSTUDIES V1                                     3

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

        1.1.1    Hierdie Wet maak voorsiening vir die reg van werknemers om by 'n
                 vakbond van hul keuse aan te sluit:

                 A    Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
                      van 1997)
                 B    Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
                 C    Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van
                      1998)
                 D    Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van
                      2008)

        1.1.2    Andile Tuindienste kon maklik ŉ handelslisensie bekom het. Dit
                 verwys na die … as ŉ krag van die Porter se Vyf Kragte-model.

                 A    hindernis vir nuwe toetreders tot die mark
                 B    bedreiging van substitusie
                 C    krag van mededingers
                 D    krag van kopers

        1.1.3    Toppunt Tekstiele is in die … sektor werksaam omdat hulle in die
                 vervaardiging van klere spesialiseer.

                 A    primêre
                 B    tersiêre
                 C    ekonomiese
                 D    sekondêre

        1.1.4    Hierdie voordeel is volgens wet verpligtend vir werknemers om
                 1% van hul basiese salaris by te dra:

                 A    Werkloosheidsversekeringsfonds
                 B    Begrafnisvoordele
                 C    Behuisingtoelaag
                 D    Kleretoelaag

        1.1.5    Ockert Vervaardigers het gehalte-… toegepas toe hulle die totale
                 uitset van elke departement teen gespesifiseerde standaarde
                 gemeet het.

                 A    beheer
                 B    versekering
                 C    prestasie
                 D    bestuur
                                                                           (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

4                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                  (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2     Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
        gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
        in die ANTWOORDEBOEK neer.

         onderhoud; gehalte; SEB; mikro; Wet op BBSEB; induksieprogram;
               doen; mark; totale gehaltebestuur; handel soos nodig

        1.2.1   Wêreldwye Handel het aan … voldoen toe hulle voorheen
                benadeelde werknemers van leerprogramme voorsien het.

        1.2.2   Kraakvars Klere het volle beheer oor die …-omgewing.

        1.2.3   Die doel van ŉ … is om die persoonlike eienskappe van die
                aansoeker te evalueer.

        1.2.4   Mega Bakeries implementeer verandering op groot skaal nadat hulle
                gesien het dat die verandering suksesvol was. Dit staan as die …-
                stap in die BDKH-model bekend.

        1.2.5   Viwe Vervaardigers gebruik … om voortdurend prosesse en stelsels
                te verbeter om sodoende die behoeftes van verbruikers bo hulle
                verwagtinge te bevredig.                                 (5 x 2)     (10)

    Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                     5

1.3     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                 KOLOM A                                  KOLOM B
        1.3.1    Privaatheid en         A    skriftelike ooreenkoms wat die gebruik
                 vertroulikheid              van eiendom vir 'n sekere tydperk
                                             spesifiseer

        1.3.2    Ontbondeling           B    gebruik   prystegnieke     om     ŉ
                                             mededingende voordeel te verseker

        1.3.3    Indiensnemings-        C    verbruikers het die reg om beskerm te
                 kontrak                     word in bêrekoop-ooreenkomste

        1.3.4    Stukwerk               D    die verkoop van alle bates met die
                                             doel om die besigheid te sluit

        1.3.5    Bemarkingsfunksie      E    werknemers word vir die aantal items
                                             wat in ŉ maand vervaardig is, betaal

                                        F    verbruikers  het    die   reg    om
                                             ongewenste direkte bemarking te stop

                                        G    skriftelike ooreenkoms wat bepalings
                                             en voorwaardes om pligte uit te voer,
                                             spesifiseer

                                        H    gebruik om grondstowwe in grootmaat
                                             teen laer pryse aan te koop

                                        I    die verkoop van sommige bates wat
                                             nie meer winsgewend is nie

                                        J    werknemers word vir die aantal ure
                                             gewerk, betaal
                                                                         (5 x 2)      (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                                     BESIGHEIDSTUDIES V1                 (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:          Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                  Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin, bv.
                  VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1       Noem enige TWEE soorte diversifikasiestrategieë.                                (2)

2.2       Beskryf kortliks die voordele van intensiewe strategieë.                        (6)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 YUKI VERVAARDIGERS (YV)

          Yuki Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van jogurt en wil hul
          aktiwiteite uitbrei. YV het met Melkplaas hul verskaffer van melk saam
          gesmelt. Hulle moet evalueer of hierdie strategie suksesvol was.

          2.3.1     Identifiseer die soort integrasiestrategie wat deur YM in die
                    scenario hierbo gebruik is.                                           (2)

          2.3.2     Beskryf die stappe in strategie-evaluering.                           (6)

2.4       Verduidelik die doel van Wysigingswet op Vergoeding                    vir
          Beroepsbeserings en -siektes (WVBBS), 1997 (Wet 61 van 1997).                   (6)

2.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  NICO ONDERNEMING (NO)

          Nico Onderneming is ŉ groot kleinhandelonderneming wat ŉ
          verskeidenheid produkte verskaf. Die bestuur het ŉ gelyke
          indiensnemingsplan in oorleg met werknemers opgestel. Hulle het ook
          regstellende aksie-maatreëls geïmplementeer wat diversiteit in die
          werkplek bevorder.

          2.5.1     Haal TWEE maniere waarop NO die Wet op Gelyke
                    Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) nagekom het uit die
                    scenario hierbo aan.                                                  (2)

          2.5.2     Evalueer die impak van die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998
                    (Wet 55 van 1998) op besighede.                                       (6)

2.6       Verduidelik die strafmaatreëls wat besighede in die gesig mag staar vir
          nienakoming van die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van
          2005).                                                                          (6)

2.7       Gee besighede raad oor hoe hulle krag van verskaffers as een van die
          kragte van die Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hul posisie in
          die markomgewing te analiseer.                                                 (4)
                                                                                       [40]
    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)            BESIGHEIDSTUDIES V1                                       7

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1     Noem enige DRIE bronne van eksterne werwing.                                   (3)

3.2     Beskryf kortliks die plasingsprosedure as ŉ menslikehulpbron-aktiwiteit.       (4)

3.3     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                HOPE LOGISTIEKE (HL)

        Hope Logistieke het ŉ vakante pos vir ŉ bestuurder op hulle besigheid se
        kennisgewingbord geadverteer. HL dui aan dat die suksesvolle kandidaat
        byvoordele sal ontvang.

        3.3.1    Identifiseer die werwingsmetode wat deur HL gebruik is. Motiveer
                 jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                (3)

        3.3.2    Verduidelik die voordele van byvoordele vir besighede.                (4)

3.4     Bespreek die rol van die onderhoudvoeder voor die onderhoud.                   (6)

3.5     Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die produksiefunksie.                (4)

3.6     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                RICHARD SKOENE (RS)

        Richard Skoene is ŉ groot skoenvervaardiger wat sukkel om totale
        gehaltebestuur (TGB) suksesvol te implementeer. Die reputasie van RS
        ly skade weens swak gehalte produkte. RS ervaar ook ŉ hoë
        personeelomset as gevolg van swak vaardigheidsontwikkeling.

        3.6.1    Haal TWEE maniere waarop die swak implementering van TGB
                 ŉ impak op RS gehad het, uit die scenario hierbo aan.                 (2)

        3.6.2    Verduidelik die ander impak van TGB indien besighede dit swak
                 implementeer.                                                         (4)

3.7     Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.                          (4)

3.8     Evalueer die impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling as ŉ
        element van totale gehaltebestuur (TGB) op groot besighede.                    (6)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   BESIGHEIDSTUDIES V1                   (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1       Noem enige VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
          (WBDV), 1997 (Wet 75 of 1997).                                                    (4)
4.2       Beskryf kortliks die strategiese bestuurproses.                                   (6)
4.3       Identifiseer die PESTWO-elemente wat ŉ uitdaging               vir     Secure
          Vervaardigers in ELK van die volgende stellings inhou:

          4.3.1   Die verpakkingsmateriaal wat Secure Vervaardigers gebruik, kan
                  nie herwin word nie.

          4.3.2   Hulle sukkel om die maandelikse betaling op hul lening te maak
                  weens die hoë rentekoers.

          4.3.3   Werknemers is nie in staat om die modern masjinerie te gebruik
                  wat aangekoop is nie.                                   (3 x 2)           (6)
4.4       Gee besighede raad oor die implikasies van bestuursbeheer as een van
          die pilare van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
          (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) vir besighede.                                    (4)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

4.5       Noem enige VIER aspekte wat by ŉ induksieprogram ingesluit moet word.             (4)

4.6       Beskryf kortliks die verband tussen salarisbepalings en die Wet op Basiese
          Diensvoorwaardes.                                                                 (6)

4.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    JUMPING GYMS (JG)
          Jumping Gyms spesialiseer in aanlyn-gimnasium-oefensessies. Hulle
          gebruik moderne tegnologie doeltreffend. Die administrasie-afdeling stel
          ook betyds betroubare inligting aan bestuur beskikbaar.

          4.7.1   Haal TWEE gehalteaanwysers van die administrasiefunksie uit die
                  scenario hierbo aan.                                                      (2)

          4.7.2   Verduidelik ander gehalteaanwysers van die administrasie-
                  funksie.                                                                  (4)

4.8       Beveel maniere aan waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van
          gehalte kan verminder.                                                            (4)
                                                                                           [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:               80

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)           BESIGHEIDSTUDIES V1                                      9

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
                bv. VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die bevestiging van Sektorale Onderwys-en-Opleidingsowerhede (SOOO’s)
SETA) verseker die effektiewe implementering van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). WVO is ontwikkel in
reaksie op die eise vir regstelling en billikheid. Besighede word verplig om aan
hierdie Wet te voldoen.

Skryf ŉ opstel oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling waarby jy die volgende
aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die rol van SOOO’s (‘SETAs’) ter ondersteuning van die Wet
  op Vaardigheidsontwikkeling
• Verduidelik die doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling
• Bespreek die impak van die WVO op besighede
• Stel maniere voor waarop besighede aan die WVO kan voldoen                        [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE)

Die posbeskrywing en posspesifikasie moet eers deur die menslike-
hulpbronbestuurder opgestel word voordat ŉ deeglike keuringsproses kan
waarborg dat die beste kandidaat gekies word. Besighede sal voordele trek deur
die induksie van die nuut aangestelde werknemer en te verseker dat die
indiensnemingskontrak aan die wetlike vereistes van indiensneming voldoen.

Skryf ŉ opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte
insluit:

•   Beskryf kortliks die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie
•   Verduidelik die keuringsprosedure
•   Bespreek die voordele van induksie vir besighede
•   Gee besighede raad oor die regsvereistes van die indiensnemingskontrak          [40]

                                                       TOTAAL AFDELING C:            40
                                                           GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [Business Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2023-eng/9c6b7c03-092f-4346-9872-9b1f344ea678) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 ENG FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-eng-final-d/4e9c0538-8fd6-4ca0-89c3-640e69a1a87f) — Business Studies · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
