# Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo

> Grade 11 Business Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 31 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/84d648ba-dfe3-4a69-9d00-34f8f358eba7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/84d648ba-dfe3-4a69-9d00-34f8f358eba7)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/0fde7f10-1ecf-4183-a62b-1173e101cd03) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2022

                  BESIGHEIDSTUDIES V1
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 31 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                      (EC/NOVEMBER 2022)

NOTAS AAN NASIENERS
1.   INLEIDING
     Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om
     die volgende te verseker:

     (a)   Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van
           nasien
     (b)   Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
     (c)   Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum
           nasieners oor die hele land
     (d)   Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering
           van die vak by skole/onderwysinstellings

2.   Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
     egter van die aard van die vraag afhang.
3.   Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
     Behoorlike oorweging moet gegee word aan ŉ antwoord wat korrek is, maar:
     • ŉ Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
     • Uit ŉ ander betroubare bron kom
     • Oorspronklik is
       ŉ Ander benadering gebruik
      LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.

4.   Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
     verband hou met ŉ spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In
     die geval waar die antwoord onduidelik is of ŉ mate van begrip aandui, moet
     deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum
     van twee punte.)

5.   Die woord ‘Submaks’ word gebruik om die toekenning van punte binne ŉ vraag
     of subvraag te vergemaklik.

6.   Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maks’ in
     die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
     verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.

7.   Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
     subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maks.’
     in die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet
     in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.

8.   In ŉ indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant is en met die
     vraag verband hou.

9.   Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
     word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
     die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
     laasgenoemde nie duidelik is nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                      3

10.    Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
       aan met ŉ ‘H’ of ‘R’.

11.    Die verskil tussen ‘evalueer’ en ‘kritiese evaluering’ kan soos volg
       verduidelik word:

       11.1 Wanneer ‘evalueer’ gevra word, word daar van kandidate verwag om
            te antwoord op óf ŉ positiewe/negatiewe manier óf om ŉ neutrale
            (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: ‘COIDA
            verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
            hofgedinge.’ √

       11.2 Wanneer ‘kritiese evaluering’ gevra word, word daar van kandidate
            verwag om te antwoord op óf ŉ positiewe/negatiewe manier óf om ŉ
            neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie
            geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
            ondersteun met dieper insig, bv. ‘COIDA verminder tyd en koste √ wat
            spandeer word op lang siviele hofgedinge, √ want die werkgewer sal
            nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te
            betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat
            die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie.’ √

              LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op
                          ‘analiseer’.
                       2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning
                          van punte.

12.    Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
       kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en
       die konteks van elke vraag.

       Kognitiewe werkwoorde, soos:

       12.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel
            voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in
            kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke
            stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
       12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/ toon
            verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, ontwerp, analiseer,
            evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer
            diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus
            meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering
            volgens die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid,
            konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.

13.    Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord
       in AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                BESIGHEIDSTUDIES V1                       (EC/NOVEMBER 2022)

14.     AFDELING B

        14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se
             EERSTE VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde.
             Dui dit aan deur ŉ lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek.

               LET      1.      Dit is slegs van toepassing waar die getal feite
               WEL:             gespesifiseer word.
                        2.      Bogenoemde is ook van toepassing op antwoorde
                                in AFDELING C. (waar van toepassing)

        14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
             kandidaat. Punt 14.1 geld steeds.

        14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie
             voorbeelde/menings te gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten
             einde die alternatiewe antwoorde te finaliseer.

        14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:

               14.4.1   Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat
                        kandidate moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos
                        volg nagesien word:
                        • Feit               2 punte (of soos aangedui in die
                                             nasienriglyn)
                        • Verduideliking 1 punt (twee punte sal in AFDELING C
                                             toegeken word)
                        Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word apart in die nasienriglyn
                        gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.

               14.4.2   Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
                        puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en
                        die maksimum punte in die nasienriglyn toegeken.

        14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
             herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk
             aangehaal word uit ŉ scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van
             toepassing op AFDELINGS B EN C (waar van toepassing).

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    BESIGHEIDSTUDIES V1                                     5

15.     AFDELING C

        15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:

                     Inleiding                Maksimum:
                     Inhoud
                     Gevolgtrekking               32
                     Insig                        8
                     TOTAAL                       40

        15.2    Insig bestaan uit die volgende komponente:

 Struktuur/     Is daar ŉ inleiding, inhoud en ŉ gevolgtrekking?                          2
 Uitleg
 Sintese    Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-opskrifte te    2
            ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van wat gevra word,
            getoon word?
            Punte toegeken volgens die gids hieronder:
            Alle opskrifte aangespreek:       1 (Een ‘A’)
            Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’)
 Sintese    Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op die vrae       2
            gebaseer is?
            Punte toegeken volgens die gids hieronder:
            Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’)
                        Waar ŉ kandidaat 50% of meer (twee tot vier subvrae) van
                        die vraag met slegs relevante feite beantwoord het,
                        verskyn geen ‘-S’ in die linkerkantlyn nie. Ken die
                        maksimum van TWEE (2) punte vir sintese toe.
            Opsie 2: ŉ Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
                        Waar ŉ kandidaat minder as 50% (slegs een subvraag)
                        van die vraag met slegs OF ŉ paar relevante feite
                        beantwoord het, verskyn een ‘-S’ in die linkerkantlyn. Ken
                        ŉ maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
            Opsie 3: ŉ Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
                        Waar ŉ kandidaat VIER subvrae, waarvan een subvraag
                        van die vraag met geen relevante feite beantwoord het,
                        verskyn een '-S' in die linkerkantlyn. Ken ŉ maksimum
                        van EEN (1) punt vir sintese toe.
            Opsie 4: Geen relevante feite: 0 punte (Twee ‘-S’)
                        Waar ŉ kandidaat minder as 50% (slegs een sub-
                        onderwerp) van die vraag met geen relevante feite
                        beantwoord het nie, verskyn twee '-S' in die linkerkantlyn.
                        Ken ŉ NULPUNT toe vir sintese.
 Oorspronk- Is daar bewyse van voorbeelde gebaseer op aktuele inligting, huidige    2
 likheid    neigings en ontwikkelings?
                                                                TOTAAL VIR INSIG: 8
                                                       TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
                                           TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

      LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal
                  word uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
                     2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
                        INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
                     3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
                        INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
                        verduideliking ondersteun word nie.

      15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ŉ simbool, bv.
           (‘S, A, -S en/of O’).

      15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde
           antwoord/nasienriglyn vir elke vraag aangedui.

      15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke
           onder-afdeling behaal is. Skryf ‘SUBMAKS'/'MAKS’ nadat maksimum
           punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid “O”.

      15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en
           punte vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S –
           Sintese, O – Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.

                     INHOUD                  PUNTE
                       Feite                32 (maks.)
                        S                       2
                        A                       2
                        S                       2
                        O                       2
                     TOTAAL                     40

      15.7    Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die
              submaksimum wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde
              subopskrifte gebruik nie. Onthou opskrifte en subopskrifte word
              aangemoedig en dra by tot insig (struktuur/logiese vloei/volgorde) en
              dui duidelikheid van denke aan.
              (Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)

      15.8    Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry
              hy/sy steeds punte vir uitleg/struktuur.

      15.9    Indien ŉ ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker
              dat antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die
              puntetoekenning/ subopskrifte soos in die nasienriglyne aangedui.

      15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe
                    vir frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                     7

             15.10.2   Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie
                       noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word
                       nie. Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui
                       word, bv. ‘Produkontwikkeling is ŉ groeistrategie, √ waar
                       ondernemings poog om nuwe produkte in bestaande markte
                       bekend te stel.’ √
                       Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
                       kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.

    15.11    Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
             feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke
             vraag geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                BESIGHEIDSTUDIES V1               (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 1.1.1    C √√
    1.1.2    B √√
    1.1.3    D √√
    1.1.4    A √√
    1.1.5    C √√
                                                                    (5 x 2)    (10)

1.2 1.2.1    geen beheer √√
    1.2.2    samesmelting √√
    1.2.3    industriële verhoudinge √√
    1.2.4    persoonlike verkope √√
    1.2.5    onderhoud √√
                                                                    (5 x 2)    (10)

1.3 1.3.1    F √√
    1.3.2    G √√
    1.3.3    I √√
    1.3.4    J √√
    1.3.5    B √√
                                                                    (5 x 2)   (10)

                                                       TOTAAL AFDELING A:      30

                                             UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                 VRAAG 1      PUNTE
                                                   1.1          10
                                                   1.2          10
                                                   1.3          10
                                                 TOTAAL         30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                  9

AFDELING B
Sien slegs die EERSTE TWEE vrae na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1    Voorbeelde van kontemporêre wetgewing wat besigheidsbedrywighede
       kan beïnvloed
       - Wet op Arbeidsverhoudinge √√
       - Nasionale Kredietwet √√
       - Wet op Verbruikersbeskerming √√
       - Wet op Gelyke Indiensneming √√
       - Wet op Vaardigheidsontwikkeling √√
       - Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging √√
       - Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes / Wet op
          Beroepsgesondheid en Veiligheid. (WBGV) √√
       - Wet op Basiese Diensvoorwaardes √√
       - Maatskappywet √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van
          kontemporêre wetgewing wat besigheidsbedrywighede kan beïnvloed.
       LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                                                                         (2 x 1)    (2)
2.2    Betekenis van magsverhoudinge
       - Magsverhoudinge kan beskryf word as ŉ meting van die besigheid se
          vermoë √ om sy omgewing en die gedrag van ander besighede te
          beheer. √
       - ŉ Besigheid vorm verhoudings √ met sy omgewing en markte. √
       - Die mag wat die besigheid oor die omgewing het, √ bepaal die status wat
          hulle in die bedryf het. √
       - Enige ander relevante antwoord wat met die betekenis van
          magsverhoudings verband hou.
                                                                          Maks.     (4)
2.3    Maniere waarop besighede by uitdagings aanpas vanuit die scenario
       MANIERE OM BY UITDAGINGS                         MOTIVERINGS
                  AAN TE PAS
       1. Inligtingsbestuur √√         Ulna Vervaardigers (UV) het ŉ groot
                                       hoeveelheid kapitaal in ŉ
                                       inligtingstegnologie-stelsel belê om hul
                                       sakebedrywighede op datum te bring. √
       2. Organisasie-ontwerp en       UV het die manier waarop hul
          aanpasbaarheid √√            onderneming gestruktureer is, verander
                                       om mee te ding in ŉ veranderende
                                       mark. √
                         Sub-maks. (4)                             Sub-maks. (2)
       LET WEL:       1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                      2. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
                      3. Ken punte toe vir die maniere om by uitdagings aan te
                         pas selfs al is die aanhaling onvolledig.
                      4. Geen punte moet toegeken word vir die motiverings
                         indien die maniere om by uitdagings aan te pas
                         verkeerd geïdentifiseer was nie.
                                                                          Maks.     (6)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

2.4   Verband tussen die primêre, sekondêre en tersiêre sektore
      - Die primêre sektor is afhanklik van die sekondêre sektor √ vir vervaardigde
        goedere soos masjinerie/toerusting/bemestingstowwe. √
      - Die primêre sektor is afhanklik van die tersiêre sektor √ vir hul kliënte
        behoeftes. √
      - Die primêre sektor is afhanklik van die ander primêre sektore √ vir
        grondstowwe/voer, bv. ŉ boer kan sade van ŉ ander plaas benodig. √
      - Die sekondêre sektor verwerk die grondstowwe √ verkry uit die primêre
        sektor tot meer bruikbare produkte. √
      - Die sekondêre sektor is afhanklik van die primêre sektor √ vir grondstowwe
        en produkte. √
      - Die sekondêre sektor is afhanklik van ander sekondêre nywerhede √ vir
        vervaardigde produkte wat vir die vervaardiging van hul produk gebruik
        moet word. √
      - Sekondêre sektor benodig die tersiêre sektor √ om hul verwerkte of
        vervaardigde goedere te verkoop en ook vir dienste soos banke,
        versekering, vervoer en kommunikasie. √
      - Die tersiêre sektor is afhanklik van die primêre sektor √ vir grondstowwe
        wat nie deur die sekondêre sektor verwerk moet word nie. √
      - Die tersiêre sektor is afhanklik van die sekondêre sektor √ vir vervaardigde
        goedere soos kantoormasjiene/kantoormeubels/ skryfbehoeftes ens. √
      - Enige ander relevante antwoord wat met die skakeling tussen die primêre,
        sekondêre en tersiêre sektore verband hou.
                                                                              Maks.     (4)
2.5   Uitdagings van die markomgewing

      2.5.1    Tekort aan verskaffing van voorraad
               - Enige te kort √ kan ŉ ernstige negatiewe effek op produksie en
                 winste hê. √
               - Ontevrede klante kan die reputasie skade doen √ en die toekoms
                 van die besigheid bedreig. √
               - Swak voorraadbeheer deur die besigheid √ sal daartoe lei dat
                 kliënte nie hul bestellings/produkte benodig kry nie. √
               - Landwye arbeidstakings in die vervaardigingsbedryf √ sal daartoe
                 lei dat bestellings/produkte nie by verbruikers uitkom nie. √
               - Grondstowwe is moontlik nie beskikbaar √ weens droogtes en
                 onderbrekings nie. √
               - Enige ander relevante antwoord wat met ŉ tekort aan verskaffing
                 van voorraad as ŉ uitdaging van die markomgewing verband hou.
                                                                               Maks.    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 BESIGHEIDSTUDIES V1                                    11

       2.5.2    Veranderinge in verbruikersgedrag
                - Veranderinge in verbruikersgedrag beteken dat produkte/dienste
                  nie meer by die teikenmark pas nie √ en verkope daal. √
                - Verbruikersvoorkeure en smake kan verander √ soos modes
                  verander en tegnologie verbeter. √
                - Om tred te hou met veranderinge in verbruikersmaak en -vraag √
                  deur navorsing te doen/maniere te vind om die vraag van
                  verbruikers te beïnvloed/advertensieveldtogte te voer, dra by tot
                  die uitdaging. √
                - Enige ander relevante antwoord wat met veranderinge in
                  verbruikersgedrag as ŉ uitdaging van die markomgewing verband
                  hou.
                                                                            Maks.        (4)

2.6    Maniere waarop besighede in die makro-omgewing betrokke is

       2.6.1    Maniere waarop besighede in die makro-omgewing betrokke is
                vanuit die scenario
                - Anela Skoene (AS) het hul besigheid na ander Afrika-lande uitgebrei
                  deur ŉ winkel in Botswana oop te maak. √
                - Hulle bestee ook geld aan navorsing in die ontwikkeling van hul
                  skoene. √
                LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.                   (2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

        2.6.2   Ander maniere waarop besighede in die makro-omgewing
                betrokke kan wees
                - Kollektiewe bedinging/invloedwerwing, √ verteenwoordigers van
                  die sakegemeenskap benut die kans om sake van
                  gemeenskaplike belang met regeringsverteenwoordigers te
                  bespreek. √
                - Vennootskap tussen die privaat en openbare sektor, √ besighede
                  kan vennootskappe sluit wat onderling voordelig is met die
                  regering en besighede kan voordeel trek uit regeringsbeleide. √
                - Privaatsektordienste vir die gemeensskap of land, √ besighede
                  maak gebruik van ŉ regeringsbate (hawe) en besluit om die hawe
                  skoon te hou/besoedeling te voorkom (dienste). √
                - Werkskepping, √ besighede sal ŉ subsidie of belastingkorting
                  ontvang en meer opgeleide werkers hê. √
                - Groter betrokkendheid by inisiatiewe met betrekking tot
                  gemeenskaplike verantwoordelikheid, √ besighede raak betrokke
                  deur opleiding en kommunikasie in die werkplek met sosio-
                  ekonomiese kwessies. √
                - Staatstenders √ verskaf deur die regering en in reaksie besighede
                  sal ŉ formele aanbod in dien vir die lewering van spesifiseerde
                  goedere en dienste. √
                - Om te werk binne die wette en regulasies √ wat deur die regering
                  opgestel is, kan besighede help om voorspoedig te
                  wees/kontrakte te verseker. √
                - Om voordeel te trek uit ekonomiese veranderinge √ soos
                  seisoenale prysveranderinge/veranderinge in wisselkoers/
                  belastingverminderings deur die regering. √
                - Om skade aan die omgewing te voorkom √ deur volhoubaar en
                  omgewingsbewus te wees. √
                - Beweeg na meer omgewingsvriendelike produkte √ soos geisers
                  met sonkrag, ligte en omgewingsvriendelike skoonmaak-
                  produkte. √
                - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die ander
                  maniere waarop die besigheid in die makro-omgewing betrokke
                  kan wees.
                LET WEL: Punte moet nie toegeken word vir antwoorde wat
                             in VRAAG 2.6.1 aangehaal is nie.                 Maks.    (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                   13

2.7     Voordele van besighede wat betrokke in die makro-omgewing is
        - Voorkoming van omgewingsverandering / skade √ deur volhoubaar en
          omgewingsbewus te wees/koolstofvoetspoor te verminder. √
        - Om globale markte te betree, met behulp van die internet, √ vermeerder
          markte en kan goedkoper / beter grondstowwe internasionaal bekom. √
        - Deur mense se ouderdom, geslag, gebruike, tradisies en voorkeure te
          ken √ sal dit makliker wees vir besighede om mense aan te spreek/te
          bereik. √
        - Wette reguleer nywerhede, beheer handel met ander lande √ en
          beskerm bedrywe, verbruikers en werknemers. √
        - Besighede is bewus van die impak van buitelandse valuta en belasting √
          en is buigsaam in die verskaffing van die produkte en dienste wat
          relevant is tot die huidige ekonomiese situasie. √
        - Bly op hoogte met die nuutste tegnologie √ verseker die bereiking van
          die grootste moontlike mark. √
        - Verseker dat die besigheid op hoogte hou/werk binne die √ beleide,
          wette en regulasies wat besighede beheer. √
        - Die besigheid kan meer akkuraat √ toekomstige gebeure, bedreigings en
          geleenthede wat mag ontstaan, voorspel. √
        - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
          besighede wat betrokke in die makro-omgewing is.
                                                                             Maks.    (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              BESIGHEIDSTUDIES V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

2.8   Maniere waarop ŉ besigheid hulself van mededingers in die mark kan
      onderskei
      - Deur verskillende produkte en dienste as die mededingers aan te bied,
        om aan die behoeftes en begeertes van die kliënt te voldoen. √√
      - Aanbieding van ŉ meer persoonlike dienste deur te reageer op die
        behoeftes/verwagtinge van die kliënt. √√
      - Aanbieding van goedkoop ekstras soos verbeterde kredietvoorwaardes/
        afslag/lojaliteitskemas, ens. √√
      - Om laer pryse as die ander besighede te vra. √√
      - Verkoop van produkte van uitstaande gehalte/nuwe produkte/dienste
        waarin die kliënte dalk sou belangstel. √√
      - Goed opgeleide/kundige personeellede wat ŉ beter werksomgewing
        skep. √√
      - Die bemarking van die besigheid te versterk deur promosie-idees soos
        plakkate of veldtogte op sosiale media te gebruik. √√
      - Die verbetering van die beeld van die besigheid, soos om die voorkant
        van die perseel te verf/die besigheid meer modern/uitnodigend te laat
        lyk. √√
      - Tred te hou met die ontwikkelinge in die sakesektor, verbruikersneigings
        te volg/te belê in nuwe tegnologie. √√
      - Verbetering van die kliëntediens en die versekering van kliënte-
        tevredenheid. √√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
        ŉ besigheid hulself van mededingers in die mark kan onderskei.
                                                                            Maks.     (4)
                                                                                     [40]

                                                 UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                    VRAAG 2       PUNTE
                                                       2.1          2
                                                       2.2          4
                                                       2.3          6
                                                       2.4          4
                                                      2.5.1         4
                                                      2.5.2         4
                                                      2.6.1         2
                                                      2.6.2         4
                                                       2.7          6
                                                       2.8          4
                                                     TOTAAL         40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                    15

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWINGHEDE
3.1    Faktore wat pyse beïnvloed
       - Insetkoste √
       - Vraag na die produk √
       - Teikenmark √
       - Tipe produk √
       - Prystegniek wat gebruik word om die prys te bepaal. √
       - Mededingende en plaasvervangende produkte √
       - Die ekonomiese klimaat en beskikbaarheid van goedere en dienste √
       - Tipes/Vorms van markte √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die faktore wat
          pryse beïnvloed.
       LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                                                                         (2 x 1)        (2)

3.2    Vereistes van ŉ goeie handelsmerk
       - Handelsmerke moet aantreklik wees en die produk bevorder.√√
       - Maak dit maklik vir verbruikers om die produk te herken. √√
       - Maklik om te herken, te onthou en uit te spreek.√√
       - Help om die bekendheid van die handelsmerk op te bou.√√
       - Moet by die produk pas.√√
       - Geskikte ontwerp vir die teikenmark.√√
       - Moet verskil van sy mededingers. √√
       - Moet die beeld van die onderneming bevorder.√√
       - Koppel die produk aan sy promosiestrategie. √√
       - Trek die aandag van verbruikers. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die vereistes van
          ŉ goeie handelsmerk.
                                                                         Maks.          (6)

3.3    Tipes tussengangers van gegewe stellings
       Kleinhandelaar √√
       Agent √√                                                              (2 x 2)    (4)

3.4    Totale gehaltebestuur (TGB) as deel van gehaltebestuurstelsels
       - Dit is ŉ bestuursfilosofie wat daarna streef om alle bestuursfunksies soos
         bemarking/finansies/kliënte dienste ens √ te integreer. √
       - Die fokus is om die gehalte van goedere en dienste te verbeter √ ten
         einde die behoeftes van verbruikers te bevredig.√
       - Totale gehaltebestuur verwys na alle aspekte van gehalte √ binne die
         besigheid. √
       - Dit is die verantwoordelikheid van almal in die besigheid √ van die top
         bestuur tot algemene werkers. √
       - Besighede streef om dit die eerste keer reg te kry √ deur die
         implementering van die elemente van TGB.√
       - Dis ŉ denkrevolusie in bestuur, √ waar die hele besigheid as klant-
         geöriënteerd in alle besigheidsbedrywighede bedryf word. √
       - Enige ander relevante antwoord wat met totale gehaltebestuur
         (TGB/’TQM’) as deel van gehaltebestuurstelsels verband hou.
                                                                               Maks.    (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                BESIGHEIDSTUDIES V1                  (EC/NOVEMBER 2022)

3.5   Rol van openbare betrekkinge in publisiteit
      - Openbare betrekkinge het ten doel om ŉ gunstige beeld van die besigheid √
         en sy produkte of dienste te vertoon. √
      - Baie besighede kontrakteer die openbare betrekkinge-funksie uit aan ŉ
         eksterne agentskap √ om voordeel uit hul gespesialiseerde kennis te trek. √
      - Die PR openbare betrekkinge-afdeling bou goeie verhoudings √ met
         verteenwoordigers van die media en pers. √
      - Hulle hou die media op hoogte van nuus √ oor die bekendstelling van
         produkte en die opening van nuwe fabrieke of winkels om die aandag van
         die publiek te trek. √
      - Die openbare betrekkinge-funksie ondersteun bemarkingspogings √ om
         ŉ handelsmerkidentiteit te vestig en op te bou. √
      - Enige ander relevante antwoord wat met die rol van openbare betrekkinge in
         publisiteit verband hou.
                                                                              Maks. (6)

3.6   Salarisbepalingsmetodes vanuit die scenario

           SALARISBEPALINGS-                            MOTIVERINGS
                 METODES
      1. Stukwerk √√                 Abie word R5000 betaal vir elke stel
                                     finansiële state wat hy voltooi. √
      2.Tydverwante √√               Isa word R380 per uur betaal vir die
                                     uitvoering van haar pligte. √
                       Sub-maks. (4)                                Sub-maks. (2)

      LET WEL:        1.   Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                      2.   Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
                      3.   Ken punte toe vir die salarisbepalingsmetodes selfs al
                           is die aanhaling onvolledig.
                      4.   Geen punte moet toegeken word vir die motiverings
                           indien die salarisbepalingsmetodes verkeerd
                           geïdentifiseer was nie.
                                                                              Maks.     (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                   17

3.7    Werwingsprosedure
       - Die menslikehulpbronbestuurder (MHB) behoort die pos te evalueer/ŉ
         posontleding doen, √ wat die posspesifikasie/posbeskrywing insluit. √
       - Die menslikehulpbronbestuurder (MHB) behoort die posbeskrywing
         voorberei √ om die werwingsbehoeftes te identifiseer. √
       - MHB behoort die posspesifikasie/sleutelaspekte van die pos aan te dui √
         om die gepaste kandidate te lok. √
       - Kies die werwingsbron, bv. interne/eksterne werwing, √ om die regte
         aansoekers/kandidate te bereik/te teiken. √
       - Vakante poste kan intern geadverteer word √ deur interne e-posse/word
         of mouth/plakkate/personeelkennisgewings. √
       - Eksterne werwing behoort oorweeg te word √ indien interne werwing nie
         suksesvol was nie. √
       - As ekstern gewerf word, moet die gepaste werwingsmetode gekies
         word, √ bv. werwingsagentskappe, tersiêre instellings, koerante, √ ens.
       - Die advertensie behoort voorberei te word met toepaslike inligting, √ bv.
         die naam van die maatskappy, kontakbesonderhede, kontakpersoon, √
         ens.
       - Plaas die advertensie in die geselekteerde media √ wat sal verseker dat
         die beste kandidate aansoek doen. √
       - Enige ander relevante antwoord wat met die werwingsprosedure verband
         hou.
                                                                            Maks.     (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              BESIGHEIDSTUDIES V1                   (EC/NOVEMBER 2022)

 3.8    Wetlike vereistes van ŉ indiensnemingskontrak
        - Die indiensnemingskontrak is ŉ ooreenkoms tussen die werkgewer en
          die nuwe werknemer √ en is wetlik bindend. √
        - Die werkgewer en werknemer moet saamstem √ oor enige
          veranderinge in die kontrak. √
        - Aspekte in die indiensnemingskontrak kan heronderhandel word, √
          gedurende tydperk van indiensneming.√
        - Geen party kan eensydig √ aspekte van die indiensnemingskontrak
          verander nie. √
        - Die werkgewer en die nuwe werknemer moet beide √ die kontrak
          teken. √
        - Die indiensnemingskontrak behoort ŉ gedragskode √ en ŉ etiese kode
          in te sluit. √
        - Die werkgewer moet die terme en voorwaardes van die
          indiensnemingskontrak √ aan die werknemer verduidelik. √
        - Dit mag geen vereistes bevat wat in konflik √ met die WBD is nie. √
        - Voorwaardes van die indiensneming/pligte/verantwoordelikhede van
          die werknemer √ moet duidelik gestipuleer word. √
        - Die vergoedingspakket/insluitend voordele √ behoort duidelik
          uiteengesit word. √
        - Alle besigheidsbeleide, prosedures en dissiplinêre kodes/reëls kan
          deel vorm √ van die indiensnemingskontrak. √
        - Die werkgewers moet werknemers toelaat om die indiensnemings-
          kontrak deeglik deur te lees √ voordat hulle dit onderteken. √
        - Enige ander relevante antwoord wat met die wetlike vereistes van ŉ
          indiensnemingskontrak verband hou.
                                                                          Maks.    (4)
                                                                                  [40]

                                                    UITEENSETTING VAN
                                                            PUNTE
                                                     VRAAG 3       PUNTE
                                                        3.1           2
                                                        3.2           6
                                                        3.3           4
                                                        3.4           6
                                                        3.5           6
                                                        3.6           6
                                                        3.7           6
                                                        3.8           4
                                                      TOTAAL         40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                  19

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

4.1    Komponente van die makro-omgewing
       - Fisiese/Natuurlike omgewing √
       - Ekonomiese omgewing √
       - Sosiale/Kulturele/Demografiese omgewing √
       - Tegnologiese omgewing √
       - Wetlike omgewing √
       - Politieke omgewing √
       - Internasionale/Globale omgewing √
       - Institusionele omgewing √
       LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.                      (2 x 1)       (2)

4.2    Uitdagings van die mikro-omgewing

       4.2.1    Uitdagings van die mikro-omgewing vanuit die scenario
                - Die bestuurders van BT het nie voldoende bestuursvaardighede
                  nie. √
                - Moeilike werknemers maak ook die daaglikse bestuur van die
                  onderneming ŉ uitdaging. √
                LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                                                                         (2 x 1)      (2)

       4.2.2    Ander uitdagings van die mikro-omgewing
                - Gebrek aan visie en missie √
                - Vakbonde √
                - Stakings en sloerstakings √
                - Werknemers het ŉ tekort aan vaardighede √
                - Hoë werknemersomset √
                - Werknemersafwesighede √
                - Enige ander relevante antwoord wat met ander uitdagings van
                  die mikro-omgewing verband hou.
                LET WEL: 1.      Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                            2.   Punte moet nie toegeken word vir antwoorde
                                 wat in VRAAG 4.2.1 aangehaal is nie.
                                                                        Maks.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

4.3   Doel van die WAV
      - Voorsien ŉ raamwerk waarin werknemers, werkersunies en werkgewers
        saamwerk √ om sake wat verband hou met die werksplek, te bespreek.
        bv. salarisse, diensvoorwaardes. √
      - Bevorder ordelike onderhandelinge en werknemersbetrokkenheid √ by
        besluitneming. √
      - Bevorder beslegting van arbeidsgeskille. √ deur die stigting van die
        Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). √
      - Bevorder billike √ indiensnemingspraktyke. √
      - Gee ŉ raamwerk/struktuur vir arbeidsverhoudinge √ tussen werkgewer en
        werknemers. √
      - Bevorder eenvoudige prosedures √ vir die registrasie van vakbonde en
        werkgewersorganisasies. √
      - Reguleer die regte van die vakbonde en fasiliteer √ kollektiewe
        bedinging/gemeenskaplike bedinging. √
      - Reguleer die effektiwiteit van bedingingsrade √ en statutêre rade. √
      - Laat werkplekforums toe √ waar werknemers aan besluitneming
        deelneem. √
      - Stigting van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
        (KVBA) om arbeidsgeskille √ deur statutêre versoening, bemiddeling en
        arbitrasie op te los. √
      - Onderskryf die reg om te staak teen aflegging, √ en fasilitering van
        arbeidsgeskille. √
      - Maak die kontrakte van indiensnemingprosedures √ duidelik. √
      - Stigting van Arbeidshof en Arbeidsappélhof √ om arbeidskwessies te
        hanteer.√
      - Voorsien billike arbeidspraktyk √ tussen die werkgewer en die werk-
        nemer. √
      - Hanteer √ stakings en uitsluitings en werkplekforums. √
      - Stigting van werkplekforums √ om die belange van die werknemers te
        bevorder ongeag of hulle aan ŉ vakbond behoort of nie. √
      - Bevorder ekonomiese ontwikkeling/sosiale geregtigheid/ arbeidsvrede √
        om te verseker dat die werkplek die basiese regte van werknemers
        handhaaf. √
      - Enige ander relevante antwoord wat met die doel van die Wet op
        Arbeidsverhoudinge verband hou.
                                                                            Maks.      (6)

4.4   Verskansing teen inflasie as ŉ soort van invloedwerwing
      - Die besigheid gebruik verskansing deur effekte, aandele, eiendom te koop
        of edelmetale soos goud te koop √ om kapitaal teen die effekte van inflasie
        te beskerm. √
      - Besighede belê surplus fondse √ sodat sy waarde teen ŉ vinniger koers as
        die van inflasie groei. √
      - Besighede gebruik verskansing om hul finansiële beleggings te beskerm √
        deur die risiko te versprei. √
      - Enige ander relevante antwoord wat met verskansing teen inflasie as ŉ
        soort van invloedwerwing verband hou.
                                                                            Maks.      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              BESIGHEIDSTUDIES V1                                  21

4.5    Maniere waarop besighede ŉ direkte invloed op die omgewing kan hê
       - Besighede moet buigsaam wees deur betrokke te raak by
         navorsing/ontwikkeling sodat hulle kan voort gaan met bedrywighede. √√
       - Beïnvloed sy verskaffers deur langtermynkontrakte te onderteken. √√
       - Skep nuwe gebruike vir ŉ produk deur nuwe kliënte te vind. √√
       - Beïnvloed reguleerders deur invloedwerwing en bedinging. √√
       - Inisieer bedingingsessies tussen bestuur en vakbonde. √√
       - Beïnvloed sy eienaars met behulp van inligting in jaarverslae. √√
       - Onderhandel strategiese alliansie-ooreenkoms deur middel van
         kontraktuele prosesse. √√
       - Enige ander relevant antwoord wat verband hou met die maniere waarop
         besighede ŉ direkte invloed op die omgewing kan hê.
                                                                           Maks.    (4)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

4.6    Aspekte wat tydens die produksiebeplanning oorweeg moet word
       - Beplanning √
       - Roetebepaling √
       - Besetting van lading √
       - Skedulering √
       LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                                                                   (2 x 1)          (2)

4.7    Doel van induksie as ŉ menslikehulpbronne-aktiwiteit
       - Stel nuwe werknemers bekend aan bestuur/kollegas √ om verhoudinge
         met medewerkers op verskillende vlakke te vestig. √
       - Skep geleenthede vir nuwe werknemers √ om verskillende departemente
         te beleef/ondersoek. √
       - Verduidelik veiligheidsregulasies en reëls, √ sodat nuwe werknemers hul
         rolle/ verantwoordelikheid in hierdie opsig sal verstaan. √
       - Kommunikeer inligting√ oor produkte/dienste. √
       - Gee nuwe werknemers die geleentheid om vrae te vra √ wat hulle sal
         gerus stel/op hul gemak stel/stres/bekommernisse/onsekerhede sal
         verminder. √
       - Laat nuwe werknemers welkom voel √ deur hulle aan hul fisiese
         werksomgewing/spasie bloot/bekend te stel. √
       - Gee nuwe werknemers ŉ toer/inligting √ oor die uitleg van die
         geboue/kantoor. √
       - Verbeter vaardighede √ deur indiensopleiding. √
       - Stel nuwe werknemers bekend aan √ die organisasiestruktuur/hul
         toesighouers. √
       - Verseker dat werknemers hul rol/verantwoordelikhede verstaan, √ sodat
         hulle meer effektief/produktief sal wees. √
       - Kommunikeer besigheidsbeleid √ ten opsigte van etiese/professionele
         gedrag/prosedures/indiensnemingskontrak/voorwaardes vir indiens-
         neming, √ ens.
       - Enige ander relevante antwoord wat met die doel van induksie as ŉ
         menslikehulpbronne-aktiwiteit verband hou.
                                                                         Maks.      (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                               BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

4.8   Stadium/stappe van die produkontwerp

      4.8.1    Stadium/stappe van die produkontwerp vanuit die scenario
               Ontwerp en ontwikkeling van produk-idees. √√           (2 x 1)          (2)

      4.8.2    Ander stadiums/stappe van die produkontwerp wat ook gevolg
               gaan word
               - Kies en sif √ van produk-idees/idee-sifting. √
               - Ontwerp en toets van die produk-konsep √ wat moet gebeur voor
                  ŉ produk ontwerp word. √
               - Ontleed die winsgewendheid √ van die produkkonsep √/
                  Besigheidsontleding. √
               - Ontwerp en toets √ die fisiese produk √/ŉ werklike produk word vir
                  die eerste keer gemaak. √
               - Verbruikersreaksies moet met behulp van ŉ klein monster van die
                  produk getoets word √ / Toetsbemarking. √
               - Tegniese implementering √/Stelsels en prosesse word in die
                  produksiebeplannings- en beheerproses geplaas. √
               - Kommersialisering √/Die produk word bekendgestel en
                  bemarking/advertensieveldtogte geïmplementeer. √
               - Pryse van nuwe produk √/Die produk se prys en voorspellings
                  word uitgewerk. √
               - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
                  anderstadiums/stappe van die produkontwerp wat gevolg sal
                  word.
               LET WEL: Punte moet nie toegeken word vir antwoorde wat in
                            VRAAG 4.8.1 aangehaal is nie.
                                                                            Maks.      (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                BESIGHEIDSTUDIES V1                                     23

4.9     Plasingsprosedure as ŉ menslikhulpbron-aktiwiteit
        - Besighede behoort spesifieke verantwoordelikhede van die nuwe pos
           uiteen te sit, insluitend verwagtinge/vaardighede wat vir die pos benodig
           word. √√
        - Bepaal die suksesvolle kandidaat se sterkpunte/swakhede/belang-
           stellings/vaardighede deur hom/haar aan ŉ reeks psigometriese toetse
           bloot te stel. √√
        - Bepaal die verhouding tussen die pos en die vaardighede van die nuwe
           kandidaat. √√
        - Enige ander relevante antwoord wat met die plasingsprosedure as ŉ
           menslikehulpbronaktiwiteit verband hou.
                                                                              Maks.     (4)
                                                                                       [40]

                                                   UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                        VRAAG 4      PUNTE
                                                           4.1          2
                                                          4.2.1         2
                                                          4.2.2         2
                                                           4.3          6
                                                           4.4          4
                                                           4.5          4
                                                           4.6          2
                                                           4.7          6
                                                          4.8.1         2
                                                          4.8.2         6
                                                           4.9          4
                                                        TOTAAL         40

                                                          TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                              BESIGHEIDSTUDIES V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING C

Sien slegs die EERSTE vraag na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES)
5.1   Inleiding
       - ŉ Vakbond is ŉ werknemersorganisasie wat deur sy lede beheer, bestuur
         en betaal word om werkers in onderhandelinge met hul bestuur
         verteenwoordig. √
       - Stakings is ŉ weiering deur twee of meer werknemers om te werk in ŉ
         poging om druk op werkgewers te sit om aan hul eise toe te gee. √
       - Etiese wangedrag is enige gedrag deur werknemers van die besigheid wat
         nie in ooreenstemming is met die waardes van die besighede nie. √
       - Rowery is ongemagtigde gebruik/reproduksie of kopiëring van
         oorspronklike musiek, films, boeke of rekenaar sagteware vir rekenaars,
         patentregte en handelsmerke sonder die toestemming van die regmatige
         eienaar. √
       - Enige ander relevante inleiding wat met die funksies van
         vakbonde/negatiewe impak stakings/tipes etiese wangedrag/oplossings vir
         rowery verband hou.
                                                                    (Enige 2 x 1)      (2)

5.2   Funksies van vakbonde
      - Beskerming van die belange van werknemers. √√
      - Verteenwoordig die belange van die algemene samelewing en
        minderheidsgroepe deur die nuusmedia en onderhandelinge. √√
      - Beïnvloeding van regeringsbesluite. √√
      - Beïnvloeding van bestuur vir beter werksomstandighede, salarisse en
        voordele. √√
      - Verteenwoordig werknemers korporatief en individueel. √√
      - Verbeter die materiële voordele van lede. √√
      - Bevordering van die belange van lede. √√
      - Verskaffing van wetlike en finansiële advies. √√
      - Verskaffing van voordele en opvoedkundige fasiliteite aan hulle lede. √√
      - Ondersteuning van geslagsgelykheid. √√
      - Beskerm lede in tye van aflegging en dissiplinêre verhore (tugverhore). √√
      - Beskerming van die belange van hul lede tydens dissiplinêre
        prosedures. √√
      - Enige ander relevante antwoord wat met die funksies van vakbonde
        verband hou.
                                                                            Maks.     (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               BESIGHEIDSTUDIES V1                                    25

5.3    Negatiewe uitwerking van stakings as ŉ sosio-ekonomiese kwessie op
       besighede
       - Stakings mag tot produksieverliese √ en ŉ afname in verkope lei. √
       - Besighede mag gedwing word om bedrywighede √ na stakingsaksies te
         staak. √
       - Mag tot ongesonde werksverhoudinge √ tussen bestuur en werkers lei. √
       - Mag besighede dwing om van hul geskoolde werkers af te lê √ om van
         verliese te herstel. √
       - Stakings lei tot ŉ verlies van produktiwiteit √ en ŉ afname in ekonomiese
         groei. √
       - Verlies aan inkomste √ en finansiële verliese aan besigheids-
         bedrywighede. √
       - Plundering, vernietiging van besigheidseiendom/infrastruktuur √ en
         intimidasie van nie-stakende werkers. √
       - Werknemers kan hul lonings/salarisse verloor √ met die reël, ‘geen werk,
         geen betaling’ wat deur die besighede toegepas word. √
       - Besighede moet werkers verkry om stakende werkers te vervang √ en
         verhoog die opleidingskoste van nuwe werknemers. √
       - Besighede kan besigheidsaandeel √/kliënte aan kompetisie √ gedurende
         ŉ staking verloor. √
       - Die beeld/reputasie van die besigheid √ mag beskadig word. √
       - Die verskaffing van goedere en dienste √ word onderbreek. √
       - Pryse verhoog partykeer √ om die koste van ŉ staking te verhaal. √
       - Skrik √ potensiële beleggers af. √
       - Enige ander relevante antwoord wat met die impak van stakings as sosio-
         ekonomiese kwessie op besighede verband hou.
                                                                             Maks.   (12)

5.4    Tipes etiese wangedrag
       Seksuele teistering √√
       - Seksuele teistering in die werkplek behels onwelkome of ongewenste
          gedrag √ van seksuele aard van iemand by die werk. √
       - Dit veroorsaak ongemak √ en ongelukkigheid by die werkplek. √
       - Die slagoffer kan ernstig getraumatiseer wees √ en ander werknemers
          beïnvloed. √
       - Enige ander relevante antwoord wat met seksuele teistering as ŉ tipe
          etiese wangedrag verband hou.
                                                                          Tipe         (2)
                                                                    Bespreking         (2)
                                                                     Sub-maks.         (4)

       Korrupsie √√
       - Verwys na enige daad van oneerlikheid √ soos omkopery/diefstal/
         samespanning/gunsloon ens. √
       - Dit kom voor wanneer twee partye ŉ onwettige √ ooreenkoms sluit, maar
         wat wedersyds voordelig is. √
       - Enige ander relevante antwoord wat met korrupsie as ŉ tipe etiese
         wangedrag verband hou.
                                                                          Tipe         (2)
                                                                  Bespreking           (2)
                                                                  Sub-maks.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P2 GRADE11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-grade11-memo-nov2022-afrikaans/6b60fe94-5fba-4194-9528-9569d502b977) — Business Studies · Memo · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr11-nov2019-afrikaans/276d73b5-805d-4a66-8f13-3236894f6ae5) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUS STUDIES GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-gr11-memo-nov2017-afrikaans/6bed611b-a43c-4766-bd4c-bb9812fe2f1f) — Business Studies · Memo · 2017 · Afr
- [BSTD GR 11 P1 MEMO 2020](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-p1-memo-2020/772c1cb7-c682-4ac0-8f54-cb70bfaf40d4) — Business Studies · Memo · 2020
- [AFR BSTD GR 11 P1 MEMO 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-bstd-gr-11-p1-memo-2020-d/5d063390-257c-41b5-89a3-d076641ad28f) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [BSTD GR 11 P1 MEMO 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/bstd-gr-11-p1-memo-2020-d/2394d6d6-8765-4d75-8321-8a43a06e1d9f) — Business Studies · Memo · 2020

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BSTD P1 GRADE 11 Nov 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/bstd-p1-grade-11-nov-2025-eng-watermark/b5362a29-5f40-4f92-b1b7-51e2b5614b0b) — QP · 2025 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/a2210101-6ab3-4ded-8e8a-8ac2b096ea10) — QP · 2025 · Afr
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
