# Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2023-afr-1/d4731caf-3768-453f-9023-f8dbc2fa61eb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2023-afr-1/d4731caf-3768-453f-9023-f8dbc2fa61eb)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          BESIGHEIDSTUDIES V1

                              NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                         2                          DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

        Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
        AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
        nagesien sal word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                      AFDELING                   VRAAG         PUNTE             TYD
                                                                               (minute)
        A: Objektiewe tipe vrae
                                                    1            30              20
           VERPLIGTEND

        B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae         2            40
           KEUSE:                                                                70
                                                    3            40
           Beantwoord enige TWEE.                   4            40

        C: TWEE opsteltipe vrae                     5            40
                                                                                 30
           KEUSE:
                                                    6            40
           Beantwoord enige EEN.

                      TOTAAL                                     150             120

7.      Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
        bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                           3                         DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

          1.1.1       Hierdie Wet beskryf die minimum vereistes vir die indiensnemings-
                      kontrak:
                      A   Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
                      B   Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
                      C   Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van
                          1997)
                      D   Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van
                          1998)

          1.1.2       Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
                      (WVBBS), 1997 (Wet 61 van 1997) bevorder …
                      A   konsultasie in die werkplek.
                      B   veiligheid in die werkplek.
                      C   werknemers se regte in die werkplek.
                      D   diversiteit in die werkplek.

          1.1.3       'n Sosiale faktor van die PESTWO-analise wat 'n uitdaging vir
                      Rashid Kabinetmakers inhou, is dat …
                      A   klante nie in staat is om hulle produkte te bekostig nie weens
                          lae inkomstevlakke.
                      B   koste betrokke by die verkryging van 'n handelslisensie, hoog
                          is.
                      C   werknemers nie vaardig is om nuwe toerusting te gebruik nie.
                      D   maatreëls om van hulle afvalstowwe ontslae te raak, duur is.

          1.1.4       Daar word van besighede verwag om tot die … fonds as 'n verpligte
                      byvoordeel by te dra.
                      A   pensioen-
                      B   mediese
                      C   voorsorg-
                      D   werkloosheidsversekerings-

          1.1.5       Astra Beperk implementeer deurlopende vaardigheidsontwikkeling
                      as 'n element van totale gehaltebestuur (TGB) wanneer …
                      A   prosedures toegepas word om foute in masjinerie te verminder.
                      B   die menslikehulpbrondepartement gebruik word om aandag te
                          gee aan opleidingsbehoeftes.
                      C   hulle hul strategieë met mededingers deel.
                      D   hulle beter aansporings aan opgeleide werknemers bied.
                                                                                 (5 x 2)      (10)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                           4                          DBE/November 2023
                                             NSS

1.2       Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

          keuring; swak punt; openbare betrekkinge; Wet op BBSEB; leerlingskappe;
                     SEB; internskappe; bedreiging; produksie; werwing

          1.2.1       Besighede verskaf … aan werknemers deur praktiese opleidings-
                      geleenthede wat tot 'n erkende kwalifikasie lei.

          1.2.2       KB Vervoer word deur 'n verhoging in die petrolprys geraak. Dit
                      word as 'n … in die SSGB('SWOT')-ontleding geklassifiseer.

          1.2.3       Die … het slegs op drie pilare gefokus wat sommige voorheen
                      benadeelde mense uitgesluit het.

          1.2.4       Referente-kontroles word tydens die …-prosedure gedoen om die
                      inhoud van aansoekers se CV's te verifieer.

          1.2.5       Die …-funksie is verantwoordelik vir die voorsiening van gereelde
                      persverklarings aan alle belanghebbendes.                  (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                            5                         DBE/November 2023
                                              NSS

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                        KOLOM A                               KOLOM B
          1.3.1       Wet op Verbruikers-       A   beskryf die pligte wat vir 'n sekere
                      beskerming (WVB), 2008        pos uitgevoer moet word
                      (Wet 68 van 2008)
                                                B   die byvoeging van nuwe produkte
          1.3.2       Menslikehulpbron-             wat nie verband hou met
                      ontwikkelingstrategie         bestaande produkte wat by nuwe
                                                    klante byval sal vind nie
          1.3.3       Konglomerasie-
                      diversifikasie            C   daarop gemik om die produk die
                                                    eerste keer reg te kry
          1.3.4       Posspesifikasie
                                                D   bevorder die veiligheid van klante
          1.3.5       Gehalteversekering            deur hulle teen gevaarlike produkte
                                                    te beskerm

                                                E   verbeter die gebruik van die
                                                    Nasionale Vaardigheidsfonds

                                                F   die byvoeging van nuwe produkte
                                                    wat verband hou met bestaande
                                                    produkte wat by nuwe klante byval
                                                    sal vind

                                                G   bevorder handelsnaamprodukte
                                                    wat deur klante verkies word

                                                H   verbeter die verskaffing van
                                                    vaardighede wat die land
                                                    regstreeks bevoordeel

                                                I   beskryf die aanvaarbare
                                                    kwalifikasies vir 'n sekere pos

                                                J   daarop gemik om 'n raamwerk vir
                                                    organisatoriese prosesse te
                                                    verskaf
                                                                                (5 x 2)        (10)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                            6                             DBE/November 2023
                                              NSS

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
               VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1       Noem enige VIER verbruikersregte soos in die Wet op Verbruikersbeskerming
          (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) gestipuleer.                                               (4)
2.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                      BESTE BLIKKE (BB)
          Beste Blikke vervaardig 'n verskeidenheid van blikkieskos. BB het klante aan
          Damian Blikke afgestaan, want hulle produkte is van 'n hoë gehalte. Die
          winsgewendheid van BB het afgeneem weens swak bestuursvaardighede.
          Beste Blikke het geld teen 'n hoë rentekoers by die bank geleen.

          2.2.1       Haal DRIE uitdagings vir BB uit die scenario hierbo aan.                     (3)
          2.2.2       Klassifiseer BB se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings.          (3)
          2.2.3       Noem die mate van beheer wat BB oor ELKE besigheidsomgewing
                      het wat in VRAAG 2.2.2 geklassifiseer is.                                    (3)
          Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.2.1 tot 2.2.3 te
          beantwoord.
                                            BESIGHEIDS-                 MATE VAN
                  UITDAGINGS                OMGEWINGS                    BEHEER
                     (2.2.1)                   (2.2.2)                    (2.2.3)
          1.
          2.
          3.

2.3       Verduidelik die regte van werkgewers in terme                van    die Wet       op
          Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995).                                        (4)
2.4       Bespreek die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55
          van 1998).                                                                               (6)
2.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                  BEYERS SPEELGOED (BS)
          Beyers Speelgoed ervaar 'n afname in verkope weens 'n afname in die
          aanvraag na hulle produkte. Hulle het sommige onproduktiewe bates verkoop
          om skulde af te betaal. BS het ook die doeltreffendheid van hulle gekose
          strategie geëvalueer.
          2.5.1       Identifiseer die soort defensiewe strategie wat BS toegepas het.
                      Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.              (3)
          2.5.2       Gee besighede raad oor die stappe in strategie-evaluering.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                            7                            DBE/November 2023
                                              NSS

2.6       Verduidelik die implikasies van enige TWEE pilare van die Wet op Breëbasis-
          Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) op
          besighede.                                                                              (6)
2.7       Beveel maniere aan waarop besighede die uitdagings wat die ekonomiese
          faktore van die PESTWO-analise inhou, kan hanteer.                                      (4)
                                                                                                  [40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1       Noem enige VIER aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet
          word.                                                                                   (4)
3.2       Beskryf kortliks die verskil           tussen   stukwerk-    en      tydverwante
          salarisbepalingsmetodes.                                                                (4)
3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 MZAMO HANDELAARS (MH)
          Mzamo Handelaars het 'n vakante posisie vir 'n winkelbestuurder. MH het die
          vakature in plaaslike koerante geadverteer. Hulle het kandidate op die kortlys
          vir 'n onderhoud genooi.

          3.3.1       Noem die werwingsmetode wat deur MH in die scenario hierbo
                      gebruik is.                                                                 (2)
          3.3.2       Verduidelik die rol van die aansoeker tydens die onderhoud.                 (4)
3.4       Bespreek die impak van byvoordele op besighede.                                         (6)
3.5       Brei uit oor die betekenis van gehaltebeheer.                                           (4)
3.6       Verduidelik hoe gehalte van prestasie van die produksiefunksie tot die sukses
          van die besigheid kan bydra.                                                            (4)
3.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                        VILLE BEPERK (VB)
          Ville Beperk vervaardig elektriese komponente vir verskeie besighede. VB kan
          dit bekostig om grondstowwe en toerusting van gehalte aan te koop om
          foutiewe produkte te voorkom. Hulle bevorder ook 'n positiewe
          besigheidsbeeld deur in die behoeftes van hulle kopers te voorsien.

          Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat deur VB
          toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
          haal.
          Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.7 te beantwoord.

                      TGB-ELEMENTE                             MOTIVERINGS
          1.
          2.                                                                                      (6)

3.8       Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende
          verbetering van prosesse en stelsels.                                                   (6)
                                                                                                  [40]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                            8                          DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

4.1       Noem enige TWEE tipes besigheidsektore.                                                (2)

4.2       Identifiseer die verlofbepaling soos gestipuleer in die Wet op Basiese
          Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) van toepassing op
          TD Rekenmeesters in ELKE stelling hieronder.

          4.2.1       Werknemers ontvang 'n maksimum van vyf dae verlof in die geval
                      van die dood van 'n nabye familielid.                                      (2)

          4.2.2       Mediese sertifikate moet deur werknemers ingedien word wanneer
                      hulle vir meer as twee opeenvolgende dae weens siekte by die
                      werk afwesig is.                                                           (2)

4.3       Verduidelik hoe die Sektorale Onderwys-en-Opleidingsowerhede (SOOO's)
          befonds word.                                                                          (4)

4.4       Bespreek enige TWEE soorte integrasiestrategieë.                                       (6)

4.5       Gee besighede raad oor die maniere waarop hulle aan die Nasionale
          Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) kan voldoen.                                  (4)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

4.6       Beskryf kortliks die doel van induksie.                                                (6)

4.7       Verduidelik die plasingsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit.                   (4)

4.8       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      UNIEKE BOETIEK (UB)
          Unieke Boetiek is bekend vir hulle goeie gehaltebestuurstelsel. UB verhoog
          hulle produktiwiteit deur behoorlike tydsbestuur. Bestuur hou jaarlikse
          algemene vergaderings met alle eksterne belanghebbendes. Hulle bied
          gereelde opleiding aan om die gehalte van werknemers se vaardighede te
          verbeter.

          4.8.1       Haal TWEE voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel uit die
                      scenario hierbo aan.                                                       (2)

          4.8.2       Verduidelik ander voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.             (4)

4.9       Stel maniere voor waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte
          kan verminder.                                                                         (4)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               80
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1                          9                           DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
               antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
               op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)

Suksesvolle besighede implementeer die proses van strategiese bestuur om interne
bedrywighede te verbeter. Porter se Vyf Kragte-model stel besighede in staat om
hulle posisie in die mark te analiseer. Sommige besighede gebruik intensiewe en
diversifikasiestrategieë om uitdagings wat die besigheidsomgewings inhou, te
hanteer.

Skryf 'n opstel oor besigheidstrategieë waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf kortliks die proses van strategiese bestuur.
   Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van Porter se Vyf Kragte-model
    kan toepas om hulle posisie in die markomgewing te analiseer:
    o Krag van kopers
    o Krag van mededingers/Mededingende wedywering
   Bespreek DRIE soorte intensiewe strategieë.
   Gee besighede raad oor die voordele van diversifikasiestrategieë.                        [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)

Gehaltebestuur en gehalteprestasie speel 'n belangrike rol om tot die sukses van
besighede by te dra. Die toepassing van die BDKH-model verbeter die gehalte van
produkte. Swak implementering van totale gehaltebestuur (TGB) het 'n negatiewe
impak op besigheidsbedrywighede. Besighede moet hulle bemarkings- en
administrasiefunksies verbeter.

Skryf 'n opstel oor gehalte van prestasie waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf kortliks die verskille tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie.
   Verduidelik hoe besighede die BDKH-model/-stappe kan toepas om die gehalte
    van hulle produkte te verbeter.
   Bespreek die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit swak
    implementeer.
   Gee besighede raad oor die gehalteaanwysers van die volgende
    besigheidsfunksies:
     o Bemarkingsfunksie
     o Administrasiefunksie                                                                  [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2023-english/b6e44396-0eba-4aae-b5a3-a91c94c0effd) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [Business Studies P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2023-eng/9c6b7c03-092f-4346-9872-9b1f344ea678) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [Business Studies P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2022-afr/54151221-3151-450a-8f2a-8e918eaa1694) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2020-afr/503638a8-95e3-4666-94f1-30461839bacf) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nsc-nov-2020-eng/b53659cd-8899-46bf-a192-68cb4bcfe097) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
