# Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-afr/5e4c93e3-7a01-49d1-92c4-2449bcef8690
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-afr/5e4c93e3-7a01-49d1-92c4-2449bcef8690)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                          BESIGHEIDSTUDIES V1

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Besigheidstudies/V1                        2                           DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

        Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
        AFDELING B en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
        nagesien sal word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                      AFDELING                   VRAAG         PUNTE             TYD
                                                                               (minute)
        A: Objektiewe tipe vrae
                                                       1         30              20
           VERPLIGTEND

        B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae            2         40
           KEUSE:                                                                70
                                                       3         40
           Beantwoord enige TWEE.                      4         40

        C: TWEE opsteltipe vrae                        5         40
                                                                                 30
           KEUSE:
                                                       6         40
           Beantwoord enige EEN.

                      TOTAAL                                     150             120

7.      Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
        bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Besigheidstudies/V1                            3                              DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.     Nov

          1.1.1       Hierdie Wet voorkom diskriminasie op grond van ras, geslag en
                      gestremdheid in die werkplek:

                      A   Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
                      B   Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
                      C   Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
                          van 1997)
                      D   Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)

          1.1.2       Niemand Handelaars ondervind 'n hoë werknemer-omset. Dit word
                      as 'n … in die SSGB-ontleding geklassifiseer.

                      A   swak punt
                      B   bedreiging
                      C   geleentheid
                      D   sterk punt

          1.1.3       Mabasa Ondernemings het … beheer oor verskaffers wat die pryse
                      van hulle produkte verhoog (nie).

                      A   volle
                      B   geen
                      C   beperkte
                      D   totale

          1.1.4       Die rol van die aansoeker tydens 'n onderhoud is om …

                      A   die onderhoudvoerder gemaklik te laat voel.
                      B   die doel van die onderhoud aan die paneel te verduidelik.
                      C   antwoorde op moontlike vrae voor te berei.
                      D   vrae te vra om duidelikheid oor die pos te kry.

          1.1.5       Besighede gebruik masjinerie en toerusting optimaal gedurende
                      die …-funksie.

                      A   aankoop
                      B   produksie
                      C   bemarkings
                      D   administrasie                                                (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Besigheidstudies/V1                            4                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.2       Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

              werkgewer; sekondêre; plasing; terugwaartse vertikale; beplan;
               keuring; voorwaartse vertikale; handel; werknemer; tersiêre

          1.2.1       Die … het die reg om 'n wettige staking te onderneem as 'n
                      regstelling vir griewe.

          1.2.2       Sizwe Bakkery het die …-integrasiestrategie toegepas toe hulle 'n
                      koringplaas gekoop het.

          1.2.3       Fazzel Haarsalon word in die … sektor bedryf aangesien hulle in die
                      verkoop van haarprodukte spesialiseer.

          1.2.4       Die werknemer se kwalifikasies en vaardighede word gedurende die
                      …-prosedure by die vereistes van die pos gepas.

          1.2.5       Monwa Plastiek hersien voortdurend hulle prosesse om die gehalte
                      van hulle produkte te verbeter. Dit staan as die …-stap in die
                      BDKH-model bekend.                                        (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Besigheidstudies/V1                            5                                DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
          die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                        KOLOM A                                     KOLOM B
          1.3.1       Leerlingskap                A        proses om potensiële kandidate vir
                                                           beskikbare vakante poste te vind
          1.3.2       Wysigingswet op
                      Vergoeding vir              B        groot besighede kan as gevolg van
                      Beroepsbeserings en                  swak kommunikasie doeltreffende
                      -siektes, 1997 (Wet 61               opleiding voorkom
                      van 1997)
                                                  C        verseker dat die eienskappe van
          1.3.3       Werwing                              goedere 'n spesifieke behoefte
                                                           bevredig
          1.3.4       Gehaltebeheer
                                                  D        beskerm werknemers wat as
          1.3.5       Voldoende finansiering               gevolg van 'n werkplekongeluk
                      en kapasiteit                        arbeidsongeskik raak

                                                  E        praktiese opleidingsgeleenthede
                                                           wat tot 'n erkende kwalifikasie lei

                                                  F        proses om 'n kandidaat se
                                                           geskiktheid vir die pos te bepaal

                                                  G        beskerm werknemers wat onbillik
                                                           by die werkplek afgedank word

                                                  H        praktiese opleidingsgeleenthede
                                                           vir deurlopende professionele
                                                           ontwikkeling

                                                  I        groot besighede kan bekostig om
                                                           stelsels in te stel om defekte in
                                                           produkte te voorkom

                                                  J        verseker dat klaarprodukte aan die
                                                           vereiste standaarde voldoen
                                                                                       (5 x 2)        (10)

                                                                        TOTAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Besigheidstudies/V1                          6                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1       Noem enige TWEE soorte diversifikasiestrategieë.                                     (2)

2.2       Beskryf kortliks die voordele van intensiewe strategieë.                             (6)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                MONDO VERVAARDIGERS (MV)

          Mondo Vervaardigers spesialiseer in die produksie van winterkomberse.
          MV stort hulle chemiese afval van die vervaardigingsproses in die plaaslike
          rivier om koste te bespaar.

          2.3.1       Noem die PESTWO-faktor wat in die scenario hierbo op MV van
                      toepassing is.                                                           (2)

          2.3.2       Beveel maniere aan waarop MV die uitdagings, gestel deur die
                      PESTWO-faktor wat in VRAAG 2.3.1 genoem is, kan hanteer.                 (4)

2.4       Bespreek enige TWEE soorte defensiewe strategieë.                                    (6)

2.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   LASS VERSKAFFERS (LV)

          Lass Verskaffers het die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
          (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) toegepas. Hulle het Sandile tot 'n senior
          uitvoerende pos bevorder om op hulle direksie te dien.

          2.5.1       Noem die pilaar van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
                      Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) wat LV in die
                      scenario hierbo toegepas het.                                            (2)

          2.5.2       Beskryf die doel van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
                      Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003).                             (4)

2.6       Verduidelik maniere waarop besighede aan die Wet op Verbruikers-
          beskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) kan voldoen.                                (4)

2.7       Bespreek die impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995
          (Wet 66 van 1995) op besighede.                                                      (6)

2.8       Gee besighede raad oor die strategiese bestuursproses.                               (4)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Besigheidstudies/V1                            7                          DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1       Noem enige VIER bronne van interne werwing.                                              (4)

3.2       Beskryf kortliks die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud.                    (4)

3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   TOBBI LOGISTIEK (TL)

          Tobbi Logistiek het 'n indiensnemingskontrak vir Thabo, 'n pas aangestelde
          vervoertoesighouer, opgestel. Bestuur het die bepalings en voorwaardes
          van die indiensnemingskontrak aan hom verduidelik. Thabo het die
          geleentheid gekry om die kontrak te lees voordat hy dit geteken het. TL het
          ook die redes beklemtoon waarom 'n indiensnemingskontrak beëindig kon
          word.

          3.3.1       Haal TWEE regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak uit die
                      scenario hierbo aan.                                                         (2)

          3.3.2       Gee besighede raad oor die redes vir die beëindiging van 'n
                      indiensnemingskontrak.                                                       (4)

3.4       Bespreek die implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998
          (Wet 55 van 1998) op die menslikehulpbron-funksie.                                       (6)

3.5       Beskryf kortliks die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.                        (4)

3.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      MOOSA BEPERK (MB)

          Moosa Beperk verkoop bergingshouers aan klein besighede.
          MB hou hulle boekhoudingsrekords deurlopend op datum om te verseker
          dat hulle belastingbetaling aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)
          betyds en akkuraat is.

          3.6.1       Identifiseer die besigheidsfunksie wat op MB in die scenario hierbo
                      van toepassing is.                                                           (2)

          3.6.2       Verduidelik ander gehalteaanwysers van die besigheidsfunksie wat
                      in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer is.                                            (4)

3.7       Bespreek die impak van totale klante-/kliënte-tevredenheid as 'n element
          van totale gehaltebestuur (TGB) op groot besighede.                                      (6)

3.8       Beveel maniere aan waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van
          gehalte kan verminder.                                                                   (4)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Besigheidstudies/V1                             8                         DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1       Noem enige VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
          (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997).                                                       (4)
4.2       Beskryf kortliks die regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale
          Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005).                                             (6)
4.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                        SKOENBOETIEK (SB)
          Skoenboetiek het 'n strategie ingestel wat daarop gemik was om hulle
          kliëntediens te verbeter as gevolg van 'n afname in verkope. Die bestuur van
          SB het die doeltreffendheid van hulle strategie geëvalueer. SB het dwarsdeur
          die implementeringsproses die onderliggende basis van hulle strategie
          bestudeer. Hulle het ook die impak van die geïmplementeerde strategie op
          hulle interne en eksterne omgewings geanaliseer.
          4.3.1       Haal TWEE stappe in strategie-evaluering            wat    deur    SB
                      geïmplementeer is, uit die scenario hierbo aan.                           (2)

          4.3.2       Verduidelik ander stappe in strategie-evaluering.                         (4)
4.4       Gee besighede raad oor hoe hulle die mag van verskaffers as 'n krag van
          Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hulle posisie in die markomgewing
          te analiseer.                                                                         (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5       Noem enige VIER aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet word.          (4)
4.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
                                   MPHEMBA KONSTRUKSIE (MK)
          Mphemba Konstruksie het 'n posontleding vir die vakante pos van 'n
          projekbestuurder opgestel. MK het aangedui dat aansoekers 'n diploma in
          konstruksie moes hê. Die suksesvolle kandidaat sal vorderingsverslae oor
          aangewese projekte opstel.
          Identifiseer TWEE komponente van 'n posontleding wat deur MK gebruik is.
          Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
          Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.6 te beantwoord.
          KOMPONENTE VAN 'N POSONTLEDING                           MOTIVERINGS
          1.
          2.                                                                                    (6)
4.7       Verduidelik die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van
          prosesse en stelsels.                                                                 (6)
4.8       Gee besighede raad oor die gehalteaanwysers van die algemene bestuurs-
          funksie.                                                                              (4)
                                                                                                [40]
                                                                    TOTAAL AFDELING B:          80
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Besigheidstudies/V1                          9                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
         antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
         op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die basiese doelwit van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97
van 1998) is om die kennis en vermoëns van die arbeidsmag uit te brei. SOOO's is
gestig om die implementering van die WVO te fasiliteer. Daar word van besighede
verwag om aan hierdie Wet te voldoen en ten volle vertroud met die vereistes daarvan
te wees.

Skryf 'n opstel oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling waarby jy die volgende
aspekte insluit:

   Beskryf kortliks die rol van SOOO's in die ondersteuning van die Wet op
    Vaardigheidsontwikkeling.
   Verduidelik die doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling.
   Bespreek die impak van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling op besighede.
   Beveel maniere aan waarop besighede aan hierdie Wet kan voldoen.                         [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRON-FUNKSIE)

Besighede wat die korrekte keuringsprosedures volg, is in staat om geskikte en
gekwalifiseerde kandidate vir vakante poste te identifiseer. Hulle gebruik ook
verskillende salarisbepalingsmetodes om te verseker dat hulle werknemers korrek
vergoed word. Besighede wat byvoordele en induksie vir nuwe werknemers aanbied,
sal meer waarskynlik 'n produktiewe arbeidsmag hê.

Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbron-funksie waarby jy die volgende aspekte
insluit:

   Beskryf kortliks die keuringsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit.
   Verduidelik die TWEE salarisbepalingsmetodes.
   Bespreek die impak van byvoordele op besighede.
   Gee besighede raad oor die voordele van induksie.                                        [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-eng/4634415b-5009-474d-9dec-63e32e1e9e66) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Business Studies P1 Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-mg-afr/8337846e-950a-47bd-978e-9bb7ba510b61) — Business Studies · Memo · 2024 · Afr
- [Business Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-afr/f1802d17-5077-4a1b-8aa5-a8766954d550) — Business Studies · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Business Studies P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p1-english-2024-question-paper-x05/68f42440-ea0f-45e4-8c44-74ac14795fd5) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [BSTD P1 QP AFR JUNE 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-business-studies-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ed063383-a57d-4aa2-a2c1-f26445e43c58) — Business Studies · QP · 2024 · Afr
- [Business Studies NSC P1 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nsc-p1-memo-may-june-2024-limpopo/12cc16ee-3850-423c-ad6f-617854955f54) — Business Studies · Memo · 2024

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
