# Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-mg-afr/8337846e-950a-47bd-978e-9bb7ba510b61
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-mg-afr/8337846e-950a-47bd-978e-9bb7ba510b61)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                             BESIGHEIDSTUDIES V1

                                NOVEMBER 2024

                                 NASIENRIGLYN

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyn bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Besigheidstudies/V1                          2                           DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

 NOTAS AAN NASIENERS
 INLEIDING
 Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te
 verseker:
 (a)   Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die nasienstandaard
 (b)   Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
 (c)   Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor die
       hele land
 (d)   Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
       skole/onderwysinstellings
 1.       Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
          Nasiener:                     Rooi
          Senior Nasiener:              Groen
          Adjunkhoofnasiener:           Oranje
          Hoofnasiener:                 Pienk
          Interne moderator:            Swart/Blou
          DBE-moderator:                Turkoois
 2.       Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
          egter van die aard van die vraag afhang.
 3.       Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
          Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
          •   'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
          •   Uit 'n ander betroubare bron kom
          •   Oorspronklik is
          •   'n Ander benadering gebruik
           LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
 4.       Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
          verband hou met 'n spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In
          die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet
          deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van
          twee punte.)
 5.       Die woord 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
          of subvraag te vergemaklik.
 6.       Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur 'maks' in
          die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
          verseker met die nasien van die skrifte, as ook vir berekening en die
          modereringsproses.
 7.       Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
          subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in
          die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in
          die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
 8.       In 'n indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
          verband hou.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Besigheidstudies/V1                              3                             DBE/November 2024
                                          NSS – Nasienriglyn

 9.       Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
          word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
          die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
          laasgenoemde nie duidelik is nie.
 10.      Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui aan
          met 'n 'H'.
 11.      Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
          word:
          11.1        Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om te
                      antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale
                      (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
                      verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
                      hofgedinge. √
          11.2        Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
                      verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
                      neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval
                      word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
                      ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste√ wat
                      spandeer word op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal nie
                      verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te betaal as
                      beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die besigheid
                      kan bewys dat hy nie nalatig was nie. '√
          LET         1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
          WEL:        2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van punte.
 12.      Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe
          werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks van
          elke vraag.
          Kognitiewe werkwoorde, soos:
          12.1        Gee, noem, beskryf kortliks, haal aan, identifiseer, motiveer, aanbeveel,
                      stel voor, adviseer (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte
                      in kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke
                      stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.

          12.2        Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei, toon
                      verskille/differensieer, vergelyk, tabuleer, analiseer, evalueer, evalueer
                      krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing
                      en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om
                      te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied,
                      sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan
                      word.

 13.      Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
          AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Besigheidstudies/V1                             4                             DBE/November 2024
                                         NSS – Nasienriglyn

 14.      AFDELING B

 14.1     Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE VYF
          antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n lyn deur
          die nie-nagesiende gedeelte te trek.

          LET WEL: 1.          Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer
                               word.
                          2.   Die bostaande is ook van toepassing op antwoorde in
                               AFDELING C (waar van toepassing).

 14.2     Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die kandidaat.
          Punt 14.1 geld steeds.

 14.3     Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te gee,
          beredeneer dit by die nasiensentrum en verwys dit na die DBE interne moderator
          om die alternatiewe antwoorde in oorleg met die UMALUSI eksterne moderatrors
          te finaliseer.

 14.4     Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:

          14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate
                 moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos volg nagesien word:
                 • Feit              2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyn)
                 • Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
                      Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyn gegee om die
                      toekenning van punte te vergemaklik.

          14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning
                 gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die
                 nasienriglyn toegeken.

 14.5     EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
          wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
          scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B en
          C (waar van toepassing).

 15.      AFDELING C

 15.1     Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:

           Inleiding
                                          Maksimum:
           Inhoud
                                             32
           Gevolgtrekking
           Insig                               8
           TOTAAL                              40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Besigheidstudies/V1                         5                         DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

 15.2      Insig bestaan uit die volgende komponente:

            Struktuur/Uitleg Is daar 'n inleiding, paragrawe en 'n gevolgtrekking?         2
            Analise en       Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-      2
            interpretasie    opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
                             wat gevra word, getoon word?
                             Punte toegeken volgens die gids hieronder:
                             Alle opskrifte aangespreek:            1 (Een 'A')
                             Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
            Sintese          Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op      2
                             die vrae gebaseer is?
                             Punte toegeken volgens die gids hieronder:
                             Opsie 1:       Slegs relevante feite: 2 punte (Geen '-S')
                                            Waar 'n kandidaat 50% of meer (twee tot vier
                                            subvrae) van die vraag met slegs relevante
                                            feite beantwoord het, verskyn geen '-S' in die
                                            linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van
                                            TWEE (2) punte vir sintese toe.
                             Opsie 2:       'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
                                            Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
                                            subvraag) van die vraag met slegs/'n paar
                                            relevante feite beantwoord het, verskyn een
                                            '-S' in die linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van
                                            EEN (1) punt vir sintese toe.
                             Opsie 3:       'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
                                            Waar 'n kandidaat VIER subvrae
                                            beantwoord, maar een/twee/drie subvrae met
                                            irrelevante feite; verskyn een '-S' in die
                                            linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van EEN (1)
                                            punt vir sintese toe.
                             Opsie 4:       Geen relevante feite: 0 punte (Twee '-S')
                                            Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
                                            sub-vraag) van die vraag met irrelevante feite
                                            beantwoord het nie, verskyn twee '-S' in die
                                            linkerkantlyn. Ken 'n NULPUNT vir sintese
                                            toe.
            Oorspronklikheid Is daar bewyse van een voorbeeld in enige TWEE van die        2
                             vier subvrae, nie ouer as twee (2) jaar nie, wat op aktuele
                             inligting, huidige neigings en ontwikkelings gebaseer is?
                                                                         TOTAAL VIR INSIG: 8
                                                                TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
                                                    TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40

           LET        1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word
           WEL:          uit die inleiding en gevolgtrekking nie.

                      2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
                         INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.

                      3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
                         INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
                         verduideliking ondersteun word nie.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Besigheidstudies/V1                          6                           DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

 15.3      Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met 'n simbool, bv. ('S, A, -S en/
           of O').

 15.4      Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
           nasienriglyn vir elke vraag aangedui.

 15.5      Sien ALLE relevante feite/antwoorde na totdat die SUBMAKS/MAKS punte in
           ELK van die vier onder-afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat
           maksimum punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid 'O'.

 15.6      Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
           vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Analise, S – Sintese, O –
           Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.

                      INHOUD                   PUNTE
                        Feite                 32 (Maks.)
                         S                        2
                         A                        2
                         S                        2
                         O                        2
                      TOTAAL                      40

 15.7      Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
           wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
           Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
           (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
           (Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)

 15.8      Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kry hy/sy
           steeds punte vir die struktuur.

 15.9      Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
           antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
           subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.

 15.10     15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
                   frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.

           15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie noodwendig
                   aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal
                   geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
                   'Produkontwikkeling is 'n groeistrategie, √ waar ondernemings poog
                   om nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel.'√
                   Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
                   kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.

 15.11     Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
           feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag
           geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Besigheidstudies/V1                           7                       DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyn

AFDELING A

VRAAG 1

 1.1       1.1.1   B √√
           1.1.2   A √√
           1.1.3   C √√
           1.1.4   D √√
           1.1.5   B √√
                                                                               (5 x 2)       (10)

 1.2      1.2.1    werknemer √√
          1.2.2    terugwaartse vertikale √√
          1.2.3    tersiêre √√
          1.2.4    plasing √√
          1.2.5    handel √√
                                                                                (5 x 2)      (10)

 1.3       1.3.1   E √√
           1.3.2   D √√
           1.3.3   A √√
           1.3.4   J √√
           1.3.5   I √√
                                                                               (5 x 2)       (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:           30

                                                            UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                              VRAAG 1      PUNTE
                                                                 1.1         10
                                                                 1.2         10
                                                                 1.3         10
                                                               TOTAAL        30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Besigheidstudies/V1                        8                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyn

AFDELING B

Sien slegs die EERSTE TWEE antwoorde na.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1    Soorte diversifikasiestrategieë
       - Konsentriese diversifikasie √
       - Horisontale diversifikasie √
       - Konglomerasiediversifikasie √
       LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE(2) na.
                                                                               (2 x 1) (2)

2.2    Voordele van intensiewe strategieë
       - Toename in verkope/inkomste/winsgewendheid as gevolg van 'n verskeidenheid
          reklameveldtogte. √√
       - Gereelde verkope aan bestaande klante kan toeneem. √√
       - Verkry kliënte lojaliteit deur doeltreffende promosieveldtogte. √√
       - Verbeterde dienslewering kan verkope positief beïnvloed/laat toeneem. √√
       - Elimineer mededingers en domineer markpryse. √√
       - Verlaging in prys kan klante beïnvloed om meer produkte te koop. √√
       - Besighede kan meer beheer hê oor die pryse van produkte/dienste. √√
       - Stel die besigheid in staat om te fokus op markte/goed nagevorste
          gehalteprodukte wat aan die behoeftes van verbruikers voldoen. √√
       - Verhoogde markaandeel verklein die besigheid se weerbaarheid ten opsigte
          van die optrede van mededingers. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
          intensiewe strategieë.
                                                                             Maks (6)

2.3   PESTWO-faktor
2.3.1 PESTWO-faktor vanuit die scenario
      Omgewings √√                                                                     (2)

2.3.2 Maniere waarop MV die uitdagings gestel deur die omgewingsfaktore kan
      hanteer
      - Chemikalieë/Bestanddele moet duidelik op etikette/verpakking voorkom om
         klante oor moontlike newe-effekte/korrekte gebruik van produkte in te lig. √√
      - MV/Besighede implementeer kostedoeltreffende maatreëls om van afval
         ontslae te raak. √√
      - Implementeer herwinningsmaatreëls om besoedeling van die omgewing te
         voorkom/Gebruik verpakking wat weer gebruik/herwinbaar is. √√
      - Raak betrokke by volhoubare omgewingspraktyke soos die
         beskerming/bewaring van natuurlike hulpbronne. √√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop MV die
         uitdagings gestel deur die omgewing as 'n PESTWO-faktor kan hanteer.
      LET WEL: Aanvaar relevante feite selfs as die PESTWO-faktor wat in
                   VRAAG 2.3.1 as antwoord geïdentifiseer is, verkeerd was.
                                                                                Maks (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Besigheidstudies/V1                         9                           DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

2.4   Soorte defensiewe strategieë
2.4.1 Vervreemding/Ontbondeling √√
      - Sommige bates/afdelings, wat nie meer winsgewend/produktief is nie, van die
         hand sit/te verkoop. √
      - Verkoop van afdelings/produklyne wat stadige groeipotensiaal toon. √
      - Vermindering van die aantal aandeelhouers deur eienaarskap te verkoop. √
      - Skuld af te betaal deur onproduktiewe bates te verkoop. √
      - Onttrekking/Afstand doen van beleggingsaandeel in ander besigheid. √
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vervreemding/
         ontbondeling as 'n soort defensiewe strategie.
                                                                              Strategie (2)
                                                                            Bespreking (1)
                                                                             Submaks (3)
2.4.2 Aflegging √√
      - Beëindiging van dienskontrakte/Ontslaan van werknemers vir bedryfredes om
         koste/uitgawes te verminder. √
      - Vermindering van aantal produklyne/sluit van sekere afdelings kan veroorsaak
         dat sommige werkers oortollig word. √
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aflegging as 'n soort
         defensiewe strategie.
                                                                              Strategie (2)
                                                                            Bespreking (1)
                                                                             Submaks (3)
2.4.3 Likwidasie √√
      - Alle bates te verkoop/Die besigheidsaktiwiteite tot ‘n einde te bring om
         krediteure te betaal weens 'n gebrek aan kapitaal. √
      - Verkoop die hele besigheid om aandeelhouers 'n regverdige prys vir hulle
         aandele te betaal. √
      - Laat krediteure toe om vir gedwonge likwidasie aansoek te doen om hulle eise
         af te handel. √
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met likwidasie as 'n soort
         defensiewe strategie.
                                                                              Strategie (2)
                                                                            Bespreking (1)
                                                                             Submaks (3)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                                                                                 Maks (6)
2.5   Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging/BBSEB
2.5.1 BBSEB-pilaar vanuit scenario
      Bestuursbeheer √√                                                                 (2)
2.5.2 Doel van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging/BBSEB
      - Wet op BBSEB stel welvaart in staat √ om wyer oor alle bevolkingsgroepe
        versprei word. √
      - Gee in hooftrekke areas wat die regering 'n platform sal gee √ om billike
        verspreiding van rykdom teweeg te bring. √
      - Laat die ontwikkeling √ van goeie praktykkodes toe. √
      - Gee die minister die mag om goeie praktykkodes uit te reik √ en om
        transformasie-handveste te publiseer. √
      - Stig die Adviesraad vir Swart Ekonomiese Bemagtiging, √ wat sake wat met
        swart bemagtiging te doen het, hanteer √
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Besigheidstudies/V1                         10                         DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

      -   Skep kapasiteit binne die breë ekonomiese landskap op alle vlakke √ deur die
          implementering van die BBSEB-pilare. √
      -   Wet op BBSEB is gemik op die teiken van ongelykheid √ in die Suid-Afrikaanse
          ekonomie. √
      -   Vermeerder die aantal swart mense √ wat Suid-Afrikaanse besighede bestuur/
          beheer. √
      -   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die Wet op
          BBSEB.
                                                                                Maks (4)
2.6   Maniere waarop besighede aan die Wet op Verbruikerbeskerming/WVB kan
      voldoen
       - Maak pryse bekend √ van alle produkte wat verkoop word. √
       - Verskaf/Doen voldoende opleiding √ aan personeel/belanghebbendes oor die
         WVB. √
       - Alle ooreenkomste moet 'n afkoeltydperk √ van vyf dae toelaat. √
       - Maak seker dat goedere/dienste aangebied √ gestandaardiseer/van dieselfde
         gehalte is. √
       - Voldoen aan die vereistes √ oor promosiekompetisies. √
       - Voldoen aan vereistes oor die vertoon van inligting √ op etikette/verpakking. √
       - Vertoon die naam van die besigheid √ op alle besigheidsdokumentes, soos
         fakture/kontrakte. √
       - Bondeling van goedere/dienste √ behoort verbruikers te bevoordeel, soos die
         aanbied van 'n selfoon of tablet teen 'n spesiale prys. √
       - Implementeer maatreëls wat klagtes sal vergemaklik √ deur voorstelhouers te
         gebruik. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop
         besighede aan die WVB kan voldoen.
                                                                                 Maks (4)
2.7   Impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV
      Positiewe/Voordele
       - Bevorder ‘n gesonde verhouding √ tussen die werkgewer en werknemers. √
       - Beskerm die regte van besighede √ in arbeidsverhoudingkwessies. √
       - Arbeidsgeskille word vinniger besleg √ en is goedkoper. √
       - Werkplekforums kan waarde by besighede voeg √ as dit behoorlik
         funksioneer. √
       - Beskerm werkgewers wat wettige uitsluitings toepas √ wanneer
         onderhandelings tussen partye misluk. √
       - WAV voorsien die beginsels van kollektiewe bedinging √ en stel strukture in plek
         sodat geskille in die werkplek besleg kan word. √
       - Verskaf gesonde geskilbeslegtingsprosesse √ deur konsensus tussen
         georganiseerde arbeid, besigheid en die staat. √
       - Verskaf spesifieke riglyne aan werkgewers √ oor korrekte en regverdige
         dissiplinêre prosedures. √
       - Werkgewers en werknemers het riglyne √ oor korrekte en regverdige
         afdankingsprosedures. √
       - Verskaf 'n meganisme/raamwerk √ soos statutêre rade/kollektiewe bedinging/
         KVBA. √
       - Werkgewers is geregtig op vergoeding van die Arbeidshof √ indien hulle skade
         gelei het as gevolg van onbeskermde stakings. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe
         impak/voordele van die WAV vir besighede.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Besigheidstudies/V1                          11                           DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

                                             EN/OF
      Negatiewe/Nadele
       - Verminderde wêreldwye mededingendheid √ as gevolg van laer produktiwiteit. √
       - Produktiwiteit kan afneem √ as werknemers toegelaat word om gedurende
         werkstyd aan die aktiwiteite van vakbonde deel te neem. √
       - Koste van arbeid verhoog √ as gevolg van wettige stakings. √
       - Werkgewers kry moontlik nie 'n hofinterdik √ om 'n staking te stop nie. √
       - Werkgewers mag dalk inligting oor werkplekkwessies aan vakbond-
         verteenwoordigers bekend maak √ wat die kern van hulle mededingende
         voordeel kan wees. √
       - Werkgewers mag nie werknemers na goeddunke/willekeur afdank nie, √
         aangesien prosedures gevolg moet word. √
       - Baie werknemers maak misbruik van die reg om te staak √ sonder om hulle
         verantwoordelikhede te erken/in ag te neem. √
       - Baie werknemers en werkgewers √ verstaan/respekteer nie die Wet op
         Arbeidsverhoudinge nie. √
       - Stakingaksies lei altyd tot 'n produksieverlies √ waarvoor werkgewers nie mag
         eis nie. √
       - Sommige vakbonde bevorder nie hulle lede se mandaat nie, √ maar onderneem
         nywerheidsoptrede wat nadelig/skadelik vir arbeidverhoudinge tussen
         werkgewers en werknemers is. √
       - Sommige besighede voel dalk dat die WAV werknemers te veel mag gee √ want
         dit skep lang prosedures soos onderhandelinge met werkplekforums. √
       - Arbeidsgeskille en bedingingsraad prosesse raak ontwrigtend/tydrowend √ en
         kan lei tot 'n afname in produktiwiteit/winsgewendheid in besighede. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/
         nadele van die WAV op besighede.
                                                                                 Maks (6)
2.8    Strategiese bestuursproses
       OPSIE 1
       - Moet 'n duidelike visie/missiestelling/meetbare/realistiese doelstelling instel. √√
       - Identifiseer geleenthede/swak punte/sterk punte/bedreigings deur
          omgewingsanalise/situasionele analise te doen. √√
       - Instrumente beskikbaar vir omgewingsanalise kan 'n SSGB-analise/Porter se
          Vyf Kragte-model/PESTWO-analise/nywerheidsanalise-instrumente insluit. √√
       - Formuleer alternatiewe strategieë om op uitdagings te reageer. √√
       - Ontwikkel ('n) plan(ne) van aksie, wat die take om te doen/spertye wat gehaal
          moet word/hulpbronne wat bekom moet word, insluit. √√
       - Implementeer geselekteerde strategieë deur dit aan alle belanghebbendes te
          kommunikeer/organiseer besigheidshulpbronne/motiveer personeel. √√
       - Voortdurende evaluering/monitering/meet van strategieë om regstellende
          stappe te doen. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese
          bestuursproses.

                                             OF
       OPSIE 2
       - Hersien/Analiseer/Herondersoek hulle visie-/missiestelling. √√
       - Doen 'n omgewingsanalise met gebruik van modelle soos SSGB/PESTWO/
         Porter se Vyf Kragte-model. √√
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Besigheidstudies/V1                          12                          DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

       -   Formuleer 'n strategie, soos defensiewe/afleggingstrategie. √√
       -   Implementeer 'n strategie, met gebruik van 'n templaat soos 'n aksieplan. √√
       -   Beheer/Evalueer/Monitor die geïmplementeerde strategie om gapings/
           afwykings in implementering te identifiseer. √√
       -   Neem korrektiewe aksie om te verseker dat doelwitte/doelstellings behaal
           word. √√
       -   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese
           bestuursproses.
                                                                                 Maks (4)
                                                                                       [40]

                                                           UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                 VRAAG 2    PUNTE
                                                                    2.1        2
                                                                    2.2        6
                                                                   2.3.1       2
                                                                   2.3.2       4
                                                                    2.4        6
                                                                   2.5.1       2
                                                                   2.5.2       4
                                                                    2.6        4
                                                                    2.7        6
                                                                    2.8        4
                                                                  TOTAAL      40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Besigheidstudies/V1                         13                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

VRAAG 3: BESIGHEIDBEDRYWIGHEDE
3.1    Bronne van interne werwing
       - Interne e-posse/Intranet/webtuistes vir personeel. √
       - Mondelings/Personeelvergaderings. √
       - Besigheidsnuusbriewe/Omsendbriewe aan personeel. √
       - Interne/bestuursverwysings. √
       - Kennisgewingbord van die besigheid. √
       - Interne bulletins. √
       - Aanbeveling van huidige werknemers. √
       - Roofwerwing in die besigheid self/organisatoriese databasis. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met bronne of interne
          werwing.
       LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
                                                                           (4 x 1) (4)
3.2    Rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud
        - Bespreek en berei die lokaal vir die onderhoud voor. √√
        - Lig alle kandidate op die kortlys oor die datum en plek van die onderhoud in. √√
        - Stel die onderhouddatum vas en maak seker dat alle onderhoude, indien
          moontlik, op dieselfde datum plaasvind. √√
        - Stel alle lede van die paneel wat die onderhoud moet voer oor die datum en
          plek van die onderhoud in kennis. √√
        - Die onderhoudvoerder moet 'n stel kernvrae, gebaseer op die vaardighede/
          kennis/vermoë benodig, opstel. √√
        - Kontroleer/Lees die aansoek/verifieer die CV van elke kandidaat vir enigiets
          wat verduidelik moet word. √√
        - Beplan die program vir die onderhoud en bepaal die tyd wat aan elke kandidaat
          toegestaan moet word. √√
        - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die
          onderhoudvoerder voor die onderhoud.
                                                                                Maks (4)
3.3   Indiensnemingskontrak
3.3.1 Regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak vanuit die scenario
      - Bestuur het die bepalings en voorwaardes van die indiensnemingskontrak aan
         hom verduidelik. √
      - Thabo het die geleentheid gekry om die kontrak te lees voordat hy dit geteken
         het. √
      LET WEL: 1.       Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                  2.    Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
                        aangehaal is.
                                                                              (2 x 1) (2)
3.3.2 Redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak
      - Die werkgewer kan 'n werknemer afdank vir 'n geldige rede(s) soos
        onbevredigende werksprestasie/wangedrag. √√
      - Werkgewer het moontlik nie meer werk vir oortollige werknemers nie/kan nie
        die kontrak nakom nie/is besig om te herstruktureer √√
      - Die werkgewer kan sommige werknemers aflê as gevolg van insolvensie/nie
        meer in staat om die werknemers te betaal nie. √√
      - Werknemers kan besluit om te gaan/vrywillig te bedank vir beter
        werksgeleenthede. √√
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Besigheidstudies/V1                         14                         DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

       -   'n Werknemer het die voorafbepaalde ouderdom van aftrede bereik. √√
       -   Onvermoë van 'n werknemer om te werk as gevolg van siekte/beserings. √√
       -   Deur onderlinge ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer. √√
       -   Die duur van die indiensneming kontrak verval/eindig. √√
       -   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes vir die
           beëindiging van 'n indiensnemingskontrak.
                                                                               Maks (4)

3.4    Implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming/WGI op die
       menslikehulpbron-funksie
       - Bied gelyke betaling √ vir werk van gelyke waarde. √
       - Stel indiensneming gelykheidsplanne saam √ wat aandui hoe regstellende
          aksie geïmplementeer sal word. √
       - Maak seker dat regstellende aksie √ diversiteit in die werk plek bevorder. √
       - Die menslikehulpbronbestuurder moet werknemers regverdig behandel √ en
          gelyke geleenthede in die werkplek bevorder/verskaf. √
       - Aangewese groepe moet heropgelei/ontwikkel/opgelei word √ deur
          vaardigheidsontwikkelingprogramme. √
       - Definieer die aanstellingsproses duidelik √ om te verseker dat alle partye goed
          ingelig is. √
       - Vertoon 'n opsomming van die Wet √ waar werknemers dit duidelik kan
          sien/daartoe toegang het. √
       - Wys 'n bestuurder aan om te verseker dat die indiensneminggelykheidsplan √
          geïmplementeer/gereeld gemonitor sal word. √
       - Doen verslag aan die Departement van Arbeid oor die vordering √ in die
          implementering van die gelykheidsplan. √
       - Doen mediese/sielkundige toetse op regverdige wyse √ op werknemers/
          wanneer dit nodig geag word. √
       - Maak seker dat die werkplek die demografie √ van die land op alle vlakke
          verteenwoordig. √
       - Herstruktureer/Analiseer huidige indiensnemingsbeleide/-praktyke/-
          prosedures √ om aangewese groepe te akkommodeer. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die implikasies van die
          WGI op die menslikehulpbron-funksie.
                                                                              Maks (6)

3.5    Voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel
       - Doeltreffende kliëntedienste word gelewer, wat tot verhoogde
         kliëntetevredenheid lei. √√
       - Tyd en hulpbronne word doeltreffend gebruik. √√
       - Produktiwiteit verhoog deur behoorlike tydsbestuur/gebruik van hoëgehalte-
         hulpbronne. √√
       - Produkte/Dienste verbeter voortdurend wat lei tot verhoogde vlakke van
         kliëntetevredenheid. √√
       - Visie-/Missie-/Besigheidsdoelstellings kan bereik word. √√
       - 'n Besigheid het 'n mededingende voordeel oor hulle mededingers. √√
       - Gereelde opleiding sal voortdurend die gehalte van die werknemers se
         vaardighede/kennis verbeter. √√
       - Werkgewers en werknemers sal 'n gesonde werksverhouding hê wat tot
         gelukkige/produktiewe werkers lei. √√

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Besigheidstudies/V1                        15                         DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyn

       - Verhoogde markaandeel/Finansiële volhoubaarheid aangesien meer klante
         winsgewendheid verbeter. √√
       - Verbeter besigheid se beeld want daar is minder defekte/terugsendings. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van 'n goeie
         gehaltebestuurstelsel.
                                                                              Maks (4)
3.6 Gehalteaanwysers van die besigheidsfunksie
3.6.1 Finansiële funksie √√                                                           (2)
3.6.2 Ander gehalteaanwysers van die finansiële funksie
      - Bekom kapitaal √ van die mees geskikte/beskikbare/betroubare bronne. √
      - Onderhandel oor beter rentekoerse √ om finansiële koste laag te hou. √
      - Stel begrotings saam √ om die voldoende aanwending van monetêre
        hulpbronne te verseker. √
      - Analiseer strategieë √ om winsgewendheid te verhoog. √
      - Belê surplusfondse √ om bronne van passiewe inkomste te skep. √
      - Implementeer finansiële beheermaatreëls/-stelsels √ om bedrog te voorkom. √
      - Implementeer kredietverlenings-/skuldinvorderingsbeleide √ om kontantvloei te
        monitor. √
      - Stel akkurate finansiële state √ betyds/gereeld op. √
      - Analiseer en interpreteer √ finansiële inligting akkuraat. √
      - Belê in strategieë √ wat die besigheid sal help om winsgewend te bly. √
      - Vermy oor-/onderkapitalisasie √ sodat finansiële hulpbronne doeltreffend
        gebruik sal word. √
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander gehalteaanwysers
        van die finansiële funksie.
      LET WEL: 1. Moenie punte toeken vir 'n antwoord wat uit die scenario
                       aangehaal is nie.
                   2. Aanvaar relevante feite selfs as die finansiele funksie wat in
                       VRAAG 3.6.2 as antwoord geidentifiseer is, verkeerd was.
                                                                              Maks (4)
 3.7    Impak van totale klante-/kliëntetevredenheid as 'n element van totale
        gehaltebestuur/TGB op groot besighede
        Positiewe/Voordele
       - Groot besighede gebruik marknavorsing/kliënte-opnames √ om
          kliëntetevredenheid/reaksietyd op verbruikersvraag te meet/moniteer/klante se
          behoeftes te analiseer. √
       - Bevorder voortdurend √ 'n positiewe beeld van die besigheid. √
       - Kan 'n toestand van totale klante-/kliëntetevredenheid bereik, √ as besighede
          gesonde besigheidpraktyke volg wat alle belanghebbendes insluit. √
       - Streef daarna om kliënte se verwagtinge te verstaan/vervul √ deur kruis-
          funksionele spanne oor kritieke prosesse in ooreenstemming te bring. √
       - Maak seker dat kruis-funksionele spanne hulle kernbevoegdhede verstaan √ en
          dit ontwikkel/versterk. √
       - Kan lei tot hoër klanteretensie/-lojaliteit √ en besighede kan dalk hoër pryse
          hef. √
       - Groot besighede kan toegang kry √ tot die wêreldwye mark. √
       - Kan lei tot verhoogde √ mededingendheid/winsgewendheid. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/
          voordele of totale klante-/kliëntetevredenheid as 'n TGB-element op groot
          besighede.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Besigheidstudies/V1                        16                         DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyn

                                        EN/OF
        Negatiewe/Nadele
       -  Groot besighede wat selfvoldaan raak met bestaande kliëntetevredenheid/
          teikenmark √ kan beperkte langtermyn groeipotensiaal ervaar. √
       - Werknemers wat selde met klante kontak het, √ het dikwels nie 'n duidelike idee
          van wat hulle behoeftes sal bevredig nie. √
       - Monopolistiese besighede het verhoogde bedingingsmag √ sodat hulle nie
          noodwendig klante hoef te bevredig nie. √
       - Nie alle werknemers is dalk betrokke by/toegewyd aan √ totale klante-/kliënte-
          tevredenheid nie. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/
          nadele van totale klante-/kliëntetevredenheid as 'n TGB-element op groot
          besighede.
                                                                               Maks (6)

 3.8 Maniere aan waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte kan
     verminder
     - Stel gehaltesirkels bekend om maniere te bespreek om die gehalte van hul
       werk/vakmanskap te verbeter. √√
     - Skeduleer aktiwiteite om duplikasie van take te elimineer. √√
     - Deel verantwoordelikhede vir gehalte uitset onder bestuur en werkers. √√
     - Lei werknemers op alle vlakke op, sodat elkeen sy rol in gehalte bestuur
       verstaan. √√
     - Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig om nuwe maniere te vind
       om gehalte te verbeter. √√
     - Werk nou saam met verskaffers om die gehalte van grondstowwe/insette te
       verbeter. √√
     - Verbeter kommunikasie oor die gehalte uitdagings/afwykings, sodat almal uit
       vorige ondervindings kan leer. √√
     - Verminder beleggings op duur, maar ondoeltreffende inspeksieprosedures in
       die produksieproses. √√
     - Implementeer proaktiewe instandhoudingsprogramme vir toerusting/
       masjinerie om onklaarrakings te verminder/voorkom. √√
     - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop TGB
       die koste van gehalte kan verminder.
                                                                              Maks (4)
                                                                                  [40]
                                                         UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                               VRAAG 3    PUNTE
                                                                  3.1        4
                                                                  3.2        4
                                                                 3.3.1       2
                                                                 3.3.2       4
                                                                  3.4        6
                                                                  3.5        4
                                                                  3.6        6
                                                                  3.7        6
                                                                  3.8        4
                                                                TOTAAL      40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Besigheidstudies/V1                          17                          DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

4.1    Bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes/WBDV
       - Regulering van werkstyd/Gewone werksure/oortyd/etenspouses en
         rusperiodes/Sondagwerk/openbare vakansiedae. √
       - Verlof/jaarlikse/siekte/gesinsverantwoordelikheids/kraam/vaderskap/ouerskap. √
       - Besonderhede van indiensneming en vergoeding. √
       - Beëindiging van indiensneming. √
       - Verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bepalings van die
         WBDV.
       LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
                                                                              (4 x 1) (4)

4.2    Regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale Kredietwet/NKW
       Verbruikers het die reg:
       - Om vry van diskriminasie vir krediet aansoek te doen. √√
       - Om redes te kry waarom krediet geweier word. √√
       - Om vooraf ooreengekome dokumentasie/kredietkwotasie wat vir 7 dae geldig is,
          te ontvang voordat enige krediettransaksie afgehandel word. √√
       - Regverdige en verantwoordelike bemarking deur die kredietverskaffer. √√
       - Om goedere terug te gee/stuur aan die kredietverskaffer om die uitstaande
          bedrag/skuld te vereffen. √√
       - Aansoek te doen vir skuldhersiening/berading as die verbruikers nie kan
          bekostig om hulle skuld terug te betaal nie. √√
       - Om inligting in eenvoudige en verstaanbare taal te ontvang. √√
       - Om dokumente/state soos vereis deur die Wet te ontvang. √√
       - Om toegang tot kredietrekords en inligting te bevraagteken en uit te daag. √√
       - Om beskerming van hulle persoonlike inligting te kry. √√
       - Om beskerming te ontvang sodat hulle nie aanspreeklik gehou word vir die
          gebruik van hulle kredietfasiliteit nadat hulle die verlies/diefstal aangemeld het
          nie. √√
       - Om 'n kredietlimietverhoging te weier. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte van verbruikers
          ten opsigte van die NKW.
                                                                                     Maks (6)

4.3   Stappe in strategie-evaluering
4.3.1 Stappe in strategie-evaluering in die scenario
      - SB het dwarsdeur die implementeringsproses die onderliggende basis van hulle
        strategie bestudeer. √
      - Hulle het ook die impak van die geïmplementeerde strategie op hulle interne en
        eksterne omgewings geanaliseer. √
        LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                    2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
                        aanhaal is.
                                                                               (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Besigheidstudies/V1                         18                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

4.3.2 Ander stappe in strategie-evaluering
      - Kyk vorentoe en agtertoe √ in die implementering proses. √
      - Vergelyk die verwagte prestasie √ met die werklike prestasie. √
      - Bepaal die redes vir afwykings √ en analiseer hierdie redes. √
      - Neem regstellende maatreëls √ sodat afwykings reggestel kan word. √
      - Stel spesifieke datums vas √ vir kontrole/beheer en opvolg. √
      - Trek 'n tabel √ van die voordele en nadele van 'n strategie. √
      - Besluit oor die gewenste uitkoms √ soos beoog toe strategieë geïmplementeer
        is. √
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander stappe in strategie-
        evaluering.
      LET WEL: 1.         Aanvaar stappe in enige volgorde.
                    2.    Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 4.3.1
                          aangehaal is nie.
                                                                             Maks (4)

4.4    Toepassing van die mag van verskaffers as 'n krag van Porter se Vyf Kragte-
       model
       - Assesseer die mag van die verskaffers om pryse te beïnvloed. √√
       - Verskaffers wat hoëgehalte-/unieke-/skaarsprodukte verskaf, het mag oor die
          besigheid. √√
       - Hoe magtiger die verskaffers, hoe minder beheer het die besigheid oor hulle. √√
       - Hoe kleiner die aantal verskaffers, hoe magtiger kan hulle wees aangesien die
          keuse van verskaffers beperk kan wees. √√
       - Identifiseer die tipe mag wat verskaffers het ten opsigte van die gehalte van
          produkte/dienste/betroubaarheid/vermoë om aflewerings betyds te maak. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede die mag
          van verskaffers as 'n krag van Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hulle
          posisie in die markomgewing te analiseer.
                                                                                  Maks (4)
BESIGHEIDBEDRYWIGHEDE
4.5    Aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet word
       - Persoonlike besonderhede van die werknemer. √
       - Besonderhede van die besigheid/werkgewer soos die naam en adres. √
       - Postitel/Pos. √
       - Pos-/taakbeskrywing soos pligte/verantwoordelikhede en werks-
         omstandighede. √
       - Pos-/taakspesifikasie soos formele kwalifikasies en gewilligheid om te reis. √
       - Datum van indiensneming/Aanvang van indiensneming. √
       - Plek waar werknemer die meeste van sy/haar tyd gedurende werksure sal
         bestee. √
       - Werksure soos normale tyd en oortyd. √
       - Vergoeding soos weeklikse of maandelikse betaling. √
       - Voordele/Byvoordele/Toelaes. √
       - Verlof soos siekte-/kraam-/jaarlikse/aannemingsverlof. √
       - Werknemeraftrekkings soos verpligte/nie-verpligte. √
       - Duur/Tydperk van indiensnemingskontrak/Besonderhede van
         beëindiging/Sperdatum van indiensnemingskontrak. √
       - Proeftydperk. √
       - Handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer. √
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Besigheidstudies/V1                         19                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

       -   Lys van dokumente wat deel vorm van die kontrak soos aanstellingsbrief/
           gedragskode/etiek. √
       - Dissiplinêre beleid soos reëls/dissiplinêre prosedure vir onaanvaarbare
           gedrag. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aspekte wat by 'n
           indiensnemingskontrak ingesluit moet word.
        LET WEL:      Sien slegs die eerste VIER (4) na.
                                                                               (4 x 1) (4)
4.6   Komponente van 'n posontleding vanuit die scenario
           KOMPONENTE VAN 'N                           MOTIVERINGS
              POSONTLEDING
        1. Pos-/taakspesifikasie √√    MK het aangedui dat aansoekers 'n diploma
                                       in konstruksie moes hê. √
        2. Pos-/taakbeskrywing √√      Die suksesvolle kandidaat sal
                                       vorderingsverslae oor aangewese projekte
                                       opstel. √
                       Submaks (4)                                      Submaks (2)

           LET WEL:   1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                      2. Ken punte toe vir komponente van posontleding selfs
                         as die motiverings onvolledig is.
                      3. Moenie punte toeken vir motiverings as die komponente
                         van posontleding verkeerd geïdentifiseer is nie.
                      4. Aanvaar antwoorde in enige volgorde.
                                                                          Maks (6)

4.7    Rol van gehaltesirkels as deel van voortdurende verbetering van prosesse en
       stelsels
       - Los probleme in verband met gehalte op √ en implementeer verbeterings. √
       - Ondersoek probleme √ en stel oplossings aan bestuur voor. √
       - Maak seker daar is geen duplisering √ van aktiwiteite/take in die werkplek nie. √
       - Maak voorstelle vir die verbetering van prosesse √ en stelsels in die werkplek. √
       - Verbeter die gehalte van produkte/dienste/produktiwiteit √ deur gereelde
          hersiening van gehalteprosesse. √
       - Monitor/Versterk strategieë √ om gladde verloop van besigheidbedrywighede te
          verbeter. √
       - Verhoog werknemers se moraal/motivering √ om spangees te versterk om
          organisatoriese doelstellings te bereik. √
       - Dra by tot die verbetering √ en ontwikkeling van die organisasie. √
       - Verminder die koste van oortolligheid √ en verkwistende pogings op die lang
          termyn. √
       - Verhoog die vraag √ na produkte/dienste van die besigheid. √
       - Skep harmonie √ en hoë prestasie in die werkplek. √
       - Bou ‘n gesonde werkplekverhouding √ tussen die werkgewer en werknemer. √
       - Verbeter werknemers se lojaliteit/toegewydheid √ aan die organisatoriese
          doelstellings. √
       - Verbeter werknemers se kommunikasie √ op alle vlakke van die besigheid. √
       - Ontwikkel 'n positiewe houding/gevoel van betrokkenheid √ by
          besluitnemingsprosesse van die dienste aangebied. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van gehaltesirkels
          as deel van voortdurende verbetering van prosesse en stelsels.
                                                                                 Maks (6)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Besigheidstudies/V1                         20                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

4.8   Gehalte-aanwysers van die algemene bestuursfunksie
       - Ontwikkel/Implementeer/Monitor doeltreffende strategiese planne. √√
       - Doeltreffende organisasie/toekenning van besigheidshulpbronne te voorsien vir
          die suksesvolle bereiking van kort- en langtermynplanne. √√
       - Gestruktureerde standaarde en norme moet ingestel word sodat kontrole-
          meganismes geïmplementeer kan word. √√
       - Leer oor/Verstaan veranderinge in die besigheidsomgewing op 'n deurlopende
          basis. √√
       - Kommunikeer gedeelde visie, missie en waardes op 'n doeltreffende wyse. √√
       - Bepaal die rigting van hulle besigheid en stel die prioriteite vas. √√
       - Wees voorbereid om 'n voorbeeld te stel vir die tipe gedrag wat van
          werknemers verwag word ten opsigte van etiek asook produktiwiteit. √√
       - Wees proaktief en soek altyd maniere om die mededingende voordeel oor
          mededingers te verbeter. √√
       - Maak seker dat alle afdelings/die besigheid hulle spertye/teikens behaal. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalte-aanwysers
          van die algemene bestuursfunksie.
                                                                                Maks (4)
                                                                                      [40]

                                                          UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                VRAAG 4    PUNTE
                                                                   4.1        4
                                                                   4.2        6
                                                                  4.3.1       2
                                                                  4.3.2       4
                                                                   4.4        4
                                                                   4.5        4
                                                                   4.6        6
                                                                   4.7        6
                                                                   4.8        4
                                                                 TOTAAL      40
                                                              TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Business Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-eng/4634415b-5009-474d-9dec-63e32e1e9e66) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Business Studies NSC P1 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nsc-p1-memo-may-june-2024-limpopo/12cc16ee-3850-423c-ad6f-617854955f54) — Business Studies · Memo · 2024
- [WC Business Studies Grade 12 September 2024 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/wc-business-studies-grade-12-september-2024-p1-and-memo/50123ddd-d42a-4712-803b-93115e502bc3) — Business Studies · Memo · 2024
- [Business Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-afr/f1802d17-5077-4a1b-8aa5-a8766954d550) — Business Studies · QP · 2024 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP JUNE 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-june-2024-english/88bed59b-350b-498d-95f7-81f90cc6103f) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Business Studies P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p1-english-2024-question-paper-x05/68f42440-ea0f-45e4-8c44-74ac14795fd5) — Business Studies · QP · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [BUS STUDIES P1 QP JCT 2025 ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p1-qp-jct-2025-eng-d-watermark/bb80e211-d0d0-4667-b7d8-68f2e1736d30) — QP · 2025 · Eng
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/be417aa7-c023-4ad6-8033-44444fbd8660) — QP · 2025
- [Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-afrikaans-june-2025-possible-asnwers/4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4) — QP · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Memo · 2025
- [Business Studies P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2025-eng/103fd17a-6f6d-48de-ac3d-b580e4233fb9) — QP · 2025 · Eng
- [Business Studies P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-business-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/e6a157da-01c9-4da3-bd98-38371acfd429) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
