# Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 33 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-afrikaans-june-2025-possible-asnwers/4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-afrikaans-june-2025-possible-asnwers/4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JUNIE EKSAMEN
               GRAAD 12

                   2025
             NASIENRIGLYNE

              BESIGHEIDSTUDIES

                (VRAESTEL 2)

30 bladsye

### Page 2

BESIGHEIDSTUDIES
                                    NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)           GR12 0625

NOTAS AAN NASIENERS

     INLEIDING

     Die notas aan nasieners word verskaf vir gehalteversekeringsdoeleindes om die
     volgende te verseker:

     (a)    Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van
            nasien
     (b)    Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
     (c)    Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum van
            provinsiale nasieners
     (d)    Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering
            van die vak by skole/instellings vir leer

1.   Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:

     Opvoeder:                        Rooi
     HOD/HD:                          Groen
     Distrik Moderator:               Oranje

2.   Kandidate se antwoorde moet in volsinne vir AFDELINGS B en C wees. Dit sou egter
     van die aard van die vraag afhang.

3.   Alhoewel omvattende nasienriglyne verskaf word, dit geensins volledig nie.
     Behoorlike oorweging moet geskenk word aan ŉ antwoord wat korrek is, maar:

     •     ŉ Ander uitdrukking gebruik as dit wat in die nasienriglyne verskyn
     •     Uit ŉ ander geloofwaardige bron afkomstig is
     •     Oorspronklik is
     •     ŉ Ander benadering gebruik

     LET WEL:      Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.

4.   Neem kennis van ander relevante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en
     ken punte dienooreenkomstig toe. (In gevalle waar die antwoord onduidelik is of ŉ
     mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in
     plaas van die maksimum van twee punte.)

5.   Die woord ‘Sub-maks’ word gebruik om die toekenning van punte binne ŉ vraag of
     subvraag te vergemaklik.

6.   Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maksimum’ in
     die uiteensetting van punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid in die nasien te
     verseker, asook vir berekenings- en modereringsdoeleindes.

                                                2

### Page 3

BESIGHEIDSTUDIES
                                    NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)   GR12 0625

7.   Subtotale van vrae moet in die regterkantse kantlyn geskryf word. Omkring die
     subtotale soos aangedui deur die toekenning van punte. Dit moet gelei word deur
     ‘maksimum’ in die nasienriglyne. Slegs die totaal vir elke vraag moet in die
     linkerkantse kantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.

8.   By ŉ indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord relevant wees en
     verband hou met die vraag.

9.   Korrekte nommering van antwoorde op vrae of subvrae word in AFDELINGS A en -
     B aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van die
     kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word indien die volgorde nie
     duidelik is nie.

10. Geen bykomende krediet moet gegee word vir die herhaling van feite nie. Dui aan
    met ŉ ‘H’.

11. Die onderskeid tussen ‘evalueer’ en ‘krities evalueer’ kan soos volg verduidelik
    word:

     11.1   Wanneer ‘evalueer’ gebruik word, word daar van kandidate verwag om op ŉ
            positiewe/negatiewe wyse te reageer of ŉ neutrale (nie positiewe of
            negatiewe) standpunt in te neem, byvoorbeeld Positief: ‘Die outokratiese
            leierskapstyl bied sterk leierskap  wat nuwe werknemers selfversekerd en
            veilig laat voel’. .

     11.2   Wanneer ‘krities geëvalueer’ gebruik word, word daar van kandidate verwag
            om op ŉ positiewe/negatiewe wyse te reageer of ŉ neutrale (nie positiewe of
            negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word daar ook van
            kandidate verwag om hul antwoorde te ondersteun met dieper insig,
            byvoorbeeld ‘Die outokratiese leierskapstyl bied sterk leierskap  wat nuwe
            werknemers selfversekerd en veilig laat voel , aangesien verwagtinge/rolle
            duidelik uiteengesit word om verwarring te voorkom’. 

     LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook op ‘analiseer’ van toepassing wees.
              2. Let op die plasing van die merkie () by die toekenning van
                 punte.

12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, die
    kognitiewe werkwoord wat gebruik word, puntetoekenning in die nasienriglyn en
    die konteks van elke vraag.

     Kognitiewe werkwoorde, soos:

‘    12.1   Adviseer, noem, stel, sit uiteen, motiveer, aanbeveel, stel voor, (lys nie
            volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte van kandidate se antwoorde
            nie. Daarom verskyn die puntetoekenning vir elke stelling/antwoord aan die
            einde.

                                               3

### Page 4

BESIGHEIDSTUDIES
                                   NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 2)   GR12 0625

    12.2   Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei, vergelyk,
           tabuleer, ontleed, evalueer, krities evalueer (lys nie volledig nie) vereis ŉ
           meer diepte van begrip, toepassing en redenasie. Daarom moet die punte
           meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens
           gevestigde norme geskied sodat eenvormigheid, konsekwentheid en
           billikheid geskied.

13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
    AFDELING B en C-gee waar slegs een antwoord gevra word.

14. AFDELING B

    14.1   Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
           VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui aan deur ŉ
           lyn oor die ongemerkte gedeelte te trek.

           LET WEL:     1. Dit geld slegs vir vrae waar die aantal feite
                           gespesifiseer word.
                        2. Bogenoemde is ook van toepassing op antwoorde in
                           AFDELING C (waar van toepassing)

    14.2   Indien twee feite in een sin geskryf word, ken die VOLLE krediet aan die
           kandidaat toe. Punt 14.1 hierbo geld steeds.

    14.3   Indien daar van kandidate verwag word om hul eie voorbeelde/sienings te
           verskaf, beredeneer dit tydens die nasienriglyne bespreking om alternatiewe
           antwoorde te finaliseer en met die Interne Moderator.

    14.4   Gebruik van die kognitiewe werkwoorde en die toekenning van punte:

           14.4.1   Indien die aantal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat
                    kandidate ‘beskryf/bespreek/verduidelik’ soos volg nagesien word:

                     • Feit           2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
                     • Verduideliking 1 punt (twee punte sal in AFDELING C
                                               toegeken word)

                    Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word afsonderlik in die nasienriglyne
                    gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.

           14.4.2   As die aantal feite wat vereis word nie gespesifiseer word nie,
                    moet die puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag
                    en die maksimum punte wat in die nasienriglyne aangedui word.

    14.5   EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te onthou,
           eenwoord-antwoorde vereis of direk uit ŉ scenario/gevallestudie
           aangehaal word. Dit geld veral vir AFDELINGS B en -C (waar van
           toepassing).

                                                4

### Page 5

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 2)   GR12 0625

15. AFDELING C

   15.1   Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:

                        Inleiding
                                                    Maksimum:
                        Inhoud
                                                       32
                        Gevolgtrekking
                        Insig                             8
                        TOTAAL                            40

   15.2    Insig bestaan uit die volgende komponente:

   Uitleg/Struktuur Is daar ŉ inleiding, paragrawe en ŉ gevolgtrekking?               2
   Analise en       Is die kandidaat in staat daartoe om die vraag in
   Interpretasie    opskrifte/subopskrifte te ontleed/korrek te interpreteer om
                    begrip te toon van wat gevra word?                                2
                    Punte moet volgens hierdie riglyn toegeken word:
                    Alle opskrifte aangespreek:      1 (Een ‘A’)
                    Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’)
   Sintese          Is daar relevante besluite/feite/antwoorde geneem op grond        2
                    van die vrae?
                    Opsie 1:     Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’)
                                 Waar ŉ kandidaat 50% of meer (twee tot vier
                                 subvrae) van die vraag beantwoord met slegs
                                 relevante feite verskyn; geen ‘-S’ in die
                                 linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van TWEE (2)
                                 punte toe vir sintese.
                    Opsie 2:     ŉ Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
                                 Waar ŉ kandidaat minder as 50% (slegs een
                                 subvraag) van die vraag beantwoord met slegs OF
                                 enkele relevante feite verskyn een ‘-S’ in die
                                 linkerkantlyn. Ken ŉ maksimum van EEN (1) punt
                                 toe vir sintese.
                    Opsie 3:     ŉ Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
                                 Waar ŉ kandidaat VIER subvrae beantwoord, maar
                                 een/twee/drie subvrae sonder relevante feite
                                 verskyn een ‘-S’ verskyn in die linkerkantlyn. Ken ŉ
                                 maksimum van EEN (1) punt toe vir sintese.
                    Opsie 4:     Geen relevante feite nie: 0 punte (Twee ‘-S’)
                                 Waar ŉ kandidaat minder as 50% (slegs een
                                 subvraag) van die vrae beantwoord sonder
                                 relevante feite verskyn twee ‘-S’ in die
                                 linkerkantlyn. Ken ŉ NUL-punt vir sintese toe.
   Oorspronklikheid Is daar bewyse van een voorbeeld in enige TWEE van die vier       2
                    subvrae, nie ouer as twee (2) jaar nie wat op onlangse inligting,
                    huidige tendense en ontwikkelings gebaseer is?
                                                                  TOTAAL VIR INSIG: 8
                                                         TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
                                               TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40

                                               5

### Page 6

BESIGHEIDSTUDIES
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 2)   GR12 0625

       LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat uit die inleiding
                   en slot herhaal word nie.

                   2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
                      INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie vermeld word nie.

                   3. Geen punte sal vir die uitleg toegeken word indien die
                      opskrifte INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie deur ŉ
                      verduideliking ondersteun word nie.

15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ŉ simbool bv. (‘L, A, -S en/of O’).

15.4 Die uiteensetting van punte word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
     nasienriglyne op elke vraag aangedui.

15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS-punt in ŉ onderafdeling
     bereik is. Skryf SUBMAKS/MAKS nadat maksimumpunte behaal is, maar lees
     verder vir oorspronklikheid "O".

15.6 Aan die einde van elke opstel, moet die toekenning van punte vir feite en punte
     vir insig soos volg aangedui word: (L – Uitleg, A – Analise, S – Struktuur,
     O – Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder.

                  INHOUD                     PUNTE
                    Feite                32 (maksimum.)
                     S                          2
                     A                          2
                     S                          2
                     O                          2
                  TOTAAL                       40

15.7   Wanneer punte vir feite toegeken word, let op die submaksimum wat aangedui
       word, veral as kandidate nie van dieselfde subopskrifte gebruik maak nie.
       Onthou, opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
       (strukturering/logiese vloei/volgordebepaling) en dui helderheid van denke aan.
       (Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)

15.8   As die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kan hy/sy
       steeds punte vir uitleg kry.

15.9   Indien ŉ ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat die
       antwoorde geassesseer word volgens die puntetoekenning/subopskrifte soos
       aangedui in die nasienriglyne.

                                                6

### Page 7

BESIGHEIDSTUDIES
                                   NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)   GR12 0625

15.10   15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir frases,
                onvolledige sinne en vae antwoorde.

        15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie noodwendig
                aan die einde van elke voltooide sin verskyn nie. Punte () sal langs
                elke feit geskei en aangedui word, bv. ‘Inflasiekoers verwys na die
                algemene verhoging in die prys van goedere en dienste oor ŉ
                tydperk,  wat ŉ verlaging in die waarde van geld meebring.’ 

                 Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, asook die kognitiewe
                 werkwoord wat gebruik, gelei word.

15.11   Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
        feite wat as opskrifte in die nasienriglyne aangedui word, nie noodwendig op
        elke vraag van toepassing wees nie. Dit sou ook afhang van die aard van die
        vraag.

                                              7

### Page 8

BESIGHEIDSTUDIES
                               NASIENRIGLYNE
                                                   (VRAESTEL 2)   GR12 0625

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   1.1.1 B 

      1.1.2 D 

      1.1.3 A 

      1.1.4 B 

      1.1.5 C 
                                                                (5 x 2)    (10)
1.2   1.2.1 saamgestelde 

      1.2.2 nie-versekerbaar(e) 

      1.2.3 RSA Kleinhandel-spaareffekte 

      1.2.4 onprofessioneel(e) 

      1.2.5 probleemoplossing 
                                                                (5 x 2)    (10)

1.3   1.3.1 E 

      1.3.2 G 

      1.3.3 H 

      1.3.4 B 

      1.3.5 F 
                                                                (5 x 2)   (10)

                                                   TOTAAL AFDELING A:      30

                                               UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                 VRAAG 1       PUNTE
                                                   1.1           10
                                                   1.2           10
                                                   1.3           10
                                                 TOTAAL          30

                                         8

### Page 9

BESIGHEIDSTUDIES
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 2)   GR12 0625

AFDELING B

Sien slegs die antwoorde op die EERSTE TWEE vrae na.

VRAAG 2: SAKE-ONDERNEMINGS

2.1   Faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem
      word
      -    Opbrengs op belegging/(OOB) 
      -    Risiko 
      -    Beleggingstermyn/tydperk 
      -    Inflasiekoers 
      -    Belasting 
      -    Likiditeit 
      LET WEL:         Sien slegs die eerste VIER (4) na.                 (4 x 1)               (4)

2.2   Rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap

      -    ŉ Positiewe houding stel leierskappotensiaal vry vir persoonlike groei. 
      -    'n Leier se goeie houding kan die sukses van die besigheid beïnvloed. 
      -    Leiers moet hul sterk- en swakpunte ken om hul leierskapstyle effektief toe te
           pas. 
      -    Leiers moet die gedrag modelleer wat hulle by spanlede wil sien. 
      -    Goeie leiers verstaan dat die regte gesindheid die regte atmosfeer sal
           skep. 
      -    Leiers se houding kan werknemers/spanne se gedagtes/gedrag beïnvloed. 
      -    Suksesvolle leiers oorweeg die vermoëns/vaardighede van spanlede om
           take/rolle effektief toe te ken. 
      -    Entoesiasme skep vertroue in 'n leier en inspireer hulle om nog harder te
           werk. 
      -    'n Positiewe houding is van kritieke belang vir goeie leierskap, want goeie leiers
           sal die taak voltooi ongeag probleme/uitdagings. 
      -    Suksesvolle werknemers en leiers het 'n konstante begeerte om te werk en
           persoonlike/professionele sukses te behaal. 
      -    Leiers met 'n positiewe houding weet dat daar altyd meer is om te leer/ruimte
           om te groei. 
      Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van persoonlike
      houding in effektiewe leierskap.                                                Maks.     (6)

                                                9

### Page 10

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)   GR12 0625

2.3 Leierskapstyle

     2.3.1   Transaksionele leierskapstyl.                                               (2)

     2.3.2   Situasies waartydens die transaksionele leierskapstyl in die werkplek
             toegepas kan word
             -   Die leier wil hê werknemers moet  teikens oorskry. 
             -   Die besigheid wil  werknemerprestasie maksimaliseer. 
             -   Sperdatums moet nagekom word  op kort kennisgewing/onder druk. 
             -   Werknemers  het 'n lae moraal. 
             -   Die strategieë/besigheidstrukture is duidelik  en hoef nie te verander
                 nie. 
             Enige ander relevante antwoord wat verband hou met situasies waarin die
             transaksionele leierskapstyl toegepas kan word.

             LET WEL:       Aanvaar relevante feite indien die leierskapstyl verkeerd
                            geïdentifiseer as 'n antwoord in VRAAG 2.3.1.                  (4)

2.4 Impak van aandele
    Positiewe/voordele
    -  'n Aandeelhouer sal geregtig wees op dividendbetalings , gebaseer op die
       hoeveelheid aandele wat gekoop is. 
    -  Die aandele kan vrylik verkoop/oorgedra/verhandel word  op die JSE. 
    -  Aandeelhouers se aanspreeklikheid teenoor die skuld van die maatskappy is
       beperk  tot wat belê is. /Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid  vir
       die maatskappy se skuld. 
    -  Die beleggers het stemreg  by die algemene jaarvergaderings van openbare
       maatskappye. 
    -  Die beleggers belê in aandele as verskansing  teen stygings in die algemene
       prysvlakke van goedere en dienste. 
    -  Die groei in die waarde van aandele kan die beleggers 'n goeie opbrengs van
       beleggings bied  oor 'n langer tydperk. 
    -  Belegging in aandele bied beskerming  teen inflasie. 
    -  Belegging in aandele kan stewige opbrengste lewer  op aftree-ouderdom. 
    -  Opbrengskoers op belegging (OOB) is gekoppel  aan die prestasie van die
       maatskappy. 
    -  Gewone aandele is gewoonlik goedkoper as voorkeuraandele  op die ope
       mark. 
    -  Om 'n groter aantal aandele te hou  kan lei tot hoër proporsionele dividende-
       uitbetaling. 
                                          EN/OF

                                             10

### Page 11

BESIGHEIDSTUDIES
                                NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)   GR12 0625

    Negatiewe/nadele
    - Aandeelhouers kan minder dividende/geen dividende ontvang  wanneer die
        maatskappy se winste laag is. 
    - Maatskappye het geen wetlike verpligting om dividende te betaal  aan
        aandeelhouers nie. 
    - Risiko kan hoog wees,  aangesien belegging verlore kan gaan wanneer
        maatskappye gelikwideer word. 
    - Dividende wat verklaar word, kan deur die bestuur/direkteure  van die 
        maatskappy/besigheid bepaal word. 
    - Dividende betaalbaar aan aandeelhouers is afhanklik daarvan dat die
        maatskappy 'n dividend verklaar  gebaseer op die wins wat gemaak is, indien
        enige. 
    - Beleggers moet staatmaak op die welwillendheid van die maatskappy  om 'n
        dividend te verklaar. 
    - Aandeelhouers kan hul belegging verloor indien die maatskappy insolvent
        verklaar word,  wat die risiko hoog maak. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die impak van aandele.
                                                                                Maks.   (6)

2.5 Versekering

    2.5.1   Gemiddelde klousule/Awery klousule                                        (2)

    2.5.2   Berekening van gemiddelde klousule

                Versekerde bedrag                       x         Verlies/Skade 
            Markwaarde/Waarde van versekerde item                        1

                R500 000     x R300 000 
                R800 000           1

               = R187 500 

            LET WEL:     1. Ken die volle punte toe (4) indien die antwoord
                            korrek is en geen bewerking getoon word nie.
                         2. As die formule en werking korrek gewys is, maar die
                            finale antwoord verkeerd is, ken 'n maksimum van
                            DRIE (3) punte toe.
                         3. As die antwoord en bewerking verkeerd is, ken 'n
                            maksimum van EEN punt vir die formule toe.                  (4)

                                           11

### Page 12

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)   GR12 0625

2.6 Bybetaling
    -   'n Gedeelte van die versekeringseis wat die versekerde sal moet betaal √vir die
        koste vir die vervanging/herstel van die goedere/eiendom wat betrokke is. 
    -   Dit word nie aan die versekerde uitbetaal  wanneer 'n eis afgehandel word
        nie. 
    -   Bybetalings beskerm die versekeraar teen bedrieglike eise  aangesien die
        versekerde minder geneig is om 'n vals eise in te dien/wanneer hy/sy die bedrag
        vooraf moet betaal. 
    -   Bybetalings hou versekeringspremies laer  en ontmoedig bedrog. 
    -   Dit is die bedrag wat aan die versekeraar betaal word  wanneer 'n eis vir
        skadevergoeding ingedien word/in die geval van 'n eis. 
    -   Bybetalings verhoed dat die versekerde  vir geringe skade eis. 
    -   Die bedrag/grootte van die bybetaling  word in die versekeringspolis bepaal. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met bybetaling.                 Maks.    (6)

     Skuldbriewe
     -   Skuldbriewe word uitgereik om geleende kapitaal van die publiek in te samel. 
     -   Die lener/skuldbriefhouer stem in om geld aan die maatskappy te leen op sekere
         voorwaardes vir 'n sekere tydperk. 
     -   Skuldbriefhouers is krediteure, aangesien die maatskappy aanspreeklik is om die
         bedrag van die skuldbriewe terug te betaal. 
     -   Die meeste soorte skuldbriewe kan op die JSE verhandel word. 
     -   Skuldbriefhouers ontvang jaarlikse rentebetalings gebaseer op die bepalings/
         terme/aantal skuldbriewe wat gehou word. 
     Enige ander relevante antwoord wat verband hou met skuldbriewe.               Maks.    (6)
                                                                                           [40]
                                                          UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                VRAAG 2   PUNTE
                                                                   2.1        4
                                                                   2.2        6
                                                                  2.3.1       2
                                                                  2.3.2       4
                                                                   2.4        6
                                                                  2.5.1       2
                                                                  2.5.2       4
                                                                   2.6        6
                                                                   2.7        6
                                                                TOTAAL       40

                                             12

### Page 13

BESIGHEIDSTUDIES
                                   NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)   GR12 0625

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1 Stappe om probleme op te los
    - Identifiseer die probleem. 
    - Definieer die probleem. 
    - Identifiseer moontlike oplossings vir die probleem. 
    - Evalueer alternatiewe oplossings. 
    - Kies die mees geskikte alternatief/oplossing. 
    - Ontwikkel 'n aksieplan. 
    - Implementeer die voorgestelde oplossing/aksieplan. 
    - Monitor die implementering van die oplossing/aksieplan. 
    - Evalueer die geïmplementeerde oplossing. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe in pobleemoplossing.

      LET WEL:     1. Sien slegs die eerste VIER (4).
                   2. Aanvaar stappe in enige volgorde.
                                                                                   (4 x 1)   (4)

3.2 Betekenis van professionele gedrag
    - Professionele gedrag is ŉ sekere standaard van gedrag/'n spesifieke vlak van
        bevoegdheid en die nakoming van 'n etiese kode. 
    - Sluit riglyne oor werknemers se voorkoms/kommunikasie/verantwoordelikheid in.
        
     - Vermoë/Vaardighede wat van ŉ persoon verwag word wat ŉ werk doen. / Dit
         is die tipe gedrag wat geskik is vir 'n werk/beroep wat vir betaling gedoen word.
         
     - Fokus op die handhawing van die reputasie van 'n besigheid/beroep
     - Verwys na die beginsels van reg en verkeerd/aanvaarbare gedrag in die
         besighede. 
     - Die toepassing van die gedragskode van daardie beroep/besigheid. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van
    professionele gedrag.                                                            Maks.   (6)

3.3 Tipes onetiese sakepraktyke uit die gegewe stellings

     3.3.1   Belasting/belastingontduiking 

     3.3.2   Onbillike advertensies 

     3.3.3   Prysbepaling van goedere in landelike gebiede 
                                                                                   (2 x 3)   (6)

                                                13

### Page 14

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)   GR12 0625

3.4 Impak van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse
    besigheidsprobleme.

    Positiewe aspekte/Voordele
    -   Besighede kan 'n groep kundiges gebruik  sonder om hulle bymekaar te bring. 
    -   Die kundiges sal die besigheid duidelike idees/oplossings gee  oor hoe om
        produktiwiteit/winsgewendheid te verbeter. 
    -   Inligting wat van kundiges ontvang word, kan gebruik word  om komplekse
        besigheidsprobleme op te los. 
    -   Kenners kan eerlike/geloofwaardige menings gee  aangesien hulle nie 'n
        direkte/persoonlike belang in die besigheid het nie. 
    -   Konflik kan vermy word  veral as alle kundiges kundig en goed gekwalifiseerd
        is. 
    -   Oorheersende werknemers neem nie die proses oor nie  aangesien hulle nie
        deel uitmaak van die probleemoplossingsproses nie. 
    -   Dit verminder geraasvlakke in 'n kantooromgewing  aangesien daar geen
        groepbesprekings is nie. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe aspekte/voordele
    van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse besigheidsprobleme.

                                           EN/OF

    Negatiewe aspekte/Nadele
    -   Dit is 'n duur tegniek om te gebruik  as gevolg van hoë administratiewe koste. 
    -   Kan tydrowend/ingewikkeld wees  om data wat van kundiges ontvang is, te
        ontleed, en nuwe vraelyste op te stel. 
    -   Nie alle kundiges is bereid/stel belang  om terugvoer te gee/vraelyste te voltooi
        nie. 
    -   As die kundiges nie goed gekies is nie,  het hulle dalk nie 'n diepgaande kennis
        van sekere onderwerpe nie. 
    -   Sommige kundiges het dalk nie ‘n diepgaande kennis van sekere onderwerpe
        nie. 
    -   Kenners se voorstelle word dalk nie deur sommige werknemers oorweeg nie  so
        konsensus kan nie bereik word nie. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe aspekte/nadele
    van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse besigheidsprobleme.
                                                                                     Maks.   (6)

                                             14

### Page 15

BESIGHEIDSTUDIES
                                   NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)   GR12 0625

3.5 King Kode-beginsels uit die scenario

         KING KODE BEGINSELS                            MOTIVERINGS

      1. Aanspreeklikheid          Mike verseker dat daar gereelde kommunikasie
                                     tussen die direkteure en aandeelhouers is. 
      2. Deursigtigheid            Hy doen ook transaksies openlik sodat daar
                                     geen korrupsie is nie. 
                          Submak (4)                                    Submak (2)
      NOTA: 1.      Merk slegs die eerste TWEE (2).
            2.      Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
            3.      Ken punte toe vir die King Kode beginsels, selfs al is die
                    aanhalings onvolledig.
               4.   Moenie punte toeken vir die motiverings as die beginsels
                    verkeerd geïdentifiseer is nie.
                                                                                   Maks.     (6)

3.6 Voordele van kreatiewe denke
    - Beter/Unieke/Onkonvensionele idees/oplossings  word gegenereer. 
    - Kan die besigheid 'n mededingende voordeel gee  indien ongewone/unieke
       oplossings/idees/strategieë geïmplementeer word. 
    - Komplekse besigheidsprobleme  kan opgelos word. 
    - Produktiwiteit neem toe aangesien bestuur/werknemers vinnig verskeie idees kan
       genereer  wat tyd/geld meer effektief benut. 
    - Bestuurders/werknemers het meer selfvertroue  aangesien hulle hul volle
       potensiaal kan uitleef. 
    - Bestuurders sal beter leiers wees  aangesien hulle verandering(e) positief/kreatief
       sal kan hanteer/bestuur. 
    - Bestuurders/werknemers kan 'n heeltemal nuwe uitkyk ontwikkel  wat toegepas
       kan word op enige taak(e) wat hulle uitvoer. 
    - Lei tot meer positiewe houdings aangesien bestuurders/werknemers voel dat
       hulle bygedra het tot probleemoplossing. 
    - Verbeter motivering  onder personeellede. 
    - Bestuurders/werknemers het 'n gevoel van prestasie  en hulle weerstaan/
       belemmer nie die proses as hulle 'n probleem opgelos het nie/bygedra het tot die
       sukses van die besigheid nie. 
    - Bestuurders/werknemers kan tred hou  met vinnig veranderende tegnologie. 
    - Stimuleer inisiatief van werknemers/bestuurders , aangesien hulle voortdurend uit
       hul gemaksone gelig word. 
    - Kreatiwiteit kan lei tot nuwe uitvindings , wat die algemene lewenstandaard
       verbeter. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van kreatiewe
    denke in die werkplek.                                                         Maks.     (6)

                                              15

### Page 16

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)   GR12 0625

3.7 Toepassing van die dinkskrum-probleemoplossingstegniek om komplekse
    besigheidsprobleme op te los
    - Die besigheid moet die probleem duidelik definieer sodat alle deelnemers dit
       verstaan. 
    - Die groep moet 'n tydsbeperking vir elke dinkskrumsessie stel. 
    - Lede noem moontlike oorsake van die sakeprobleme. 
    - Mense in die groep moet idees lukraak voorstel, en alle idees moet op 'n blaaibord
       geskryf word of aanlyn gedeel word tydens 'n e-dinkskrumsessie. 
    - Elke voorstel moet gebruik word om nuwe gedagtes of idees by ander groeplede
       te inspireer. 
    - Die groepleier mag niemand toelaat om enige idees te oordeel/kritiseer nie. Die
       doel is om soveel idees as moontlik te genereer. 
    - Die groep moet dan die idees verfyn of sekere idees kombineer. Groepbespreking
       moet plaasvind – indien nodig. 
    - Na die besprekings moet die groep idees beoordeel en die beste oplossings kies
       volgens hul bruikbaarheid sowel as die moeilikheidsgraad en koste om dit te
       implementeer. 
    - Groeplede moet dan 'n plan van aksie bespreek oor hoe om die beste idees te
       implementeer. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing van die
    dinkskrum-probleemoplossingstegniek om komplekse besigheidsprobleme op te los.
                                                                                   Maks.     (6)
                                                                                            [40]
                                                          UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                VRAAG 3    PUNTE
                                                                   3.1        4
                                                                   3.2.       6
                                                                   3.3.       6
                                                                   3.4        6
                                                                   3.5        6
                                                                   3.6        6
                                                                   3.7        6
                                                                 TOTAAL      40

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1 Tipes voordele van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)

     -  Werkloosheidsvoordele 
     -  Siektevoordele/siekte/ongeskiktheidsvoordele 
     -  Kraamvoordele 
     -  Voordele vir aanneming 
     -  Afhanklike se voordele 
     LET WEL: Sien slegs die eerste (4) na.                                       (4 x 1)    (4)

                                             16

### Page 17

BESIGHEIDSTUDIES
                                 NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)   GR12 0625

4.2 Betekenis van bestuur
    - Die koördinering van beplanning, organisering, leiding en beheer van
        werknemers  om doelwitte te bereik. 
    - 'n Persoon word 'n bestuurder as gevolg van die pos  waarin hy/sy aangestel
        is. 
    - Bestuurders het mag as gevolg van die gesagsposisie  waarin hulle aangestel
        word. 
    Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die betekenis van bestuur.
                                                                                 Maks. (4)

4.3 Vorm van belegging uit die scenario

    4.3.1   Vaste deposito                                                             (2)

    4.3.2   Impak van vaste deposito's
            Positiewe aspekte/Voordele
             - Die tydperk van belegging  kan oor 'n kort/medium/lang termyn wees. 
             - Beleggers kan die beleggingstydperk kies  wat hulle pas. 
             - Verseker finansiële dissipline aangesien beleggers nie hul fondse kan
                 onttrek  voor die vervaldatum nie. 
             - Beleggers verdien 'n beter opbrengs op hulle belegging  as op 'n
                 gewone spaarrekening. 
             - Hoe hoër die hoofsom en hoe langer die beleggingstydperk is,  hoe hoër
                 is die rentekoers wat 'n finansiële instelling bied. 
             - Dit het 'n lae risiko  aangesien beleggers van die finale betaling
                 gewaarborg word. 
             Enige ander relevante positiewe impak/voordele van vaste deposito's as 'n
             vorm van belegging.
                                                  EN/OF
             Negatiewe/Nadele
             - Die belegger kan nie hul fondse onttrek  voor die vervaldatum nie. 
             - Lae opbrengste  in vergelyking met ander beleggings. 
             - Presteer dalk nie beter as die effek van inflasie  oor die lang termyn
                 nie. 
             - Boetes kan gehef word vir vroeë onttrekking.
            Enige ander relevante negatiewe impak/nadele van vaste deposito's as 'n
            vorm van belegging.

            LET WEL: Moenie punte toeken vir antwoorde wat in die scenario
                     hierbo aangehaal is nie.                              Maks.         (4)

                                           17

### Page 18

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)   GR12 0625

4.4 Situasies waarin laissez-faire-leierskapstyl toegepas kan word
     - Ondergeskiktes is kundiges/ervare en weet wat hulle wil hê/wat
        verantwoordelikheid kan neem vir hul optrede/wat verantwoordelike besluite
        neem. 
     - Die leier is besig met meer belangrike aspekte van die besigheid en delegering
        van take sal/die doeltreffendheid van organisasie verbeter. 
     - Leierskappotensiaal bestaan/spanlede moet leierskapsvaardighede
        verbeter/ontwikkel. 
     - Geskik wanneer werknemers hoogs ervare is en meer weet van die taak/’n hoër
        vlak van kennis/vaardighede as die leier het. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met situasies waarin ŉ Laissez-
    faire leierskapstyl toegepas kan word.                                         Maks.   (6)

BESIGHEIDSROLLE

4.5 Voorbeelde van etiese gedrag

     - Die besigheid praat die waarheid tydens ŉ openbare betrekking – krisis om die
        kwessies wat hulle in die gesig staar te oorkom. 
     - Besighede kom beloftes aan hul werknemers, vennote en kiënte na. 
     - Die besigheid toon lojaliteit wanneer hulle besluite neem ook wat hul personeel,
        vennote, beleggers en kliënte sal bevoordeel. 
     - Wanneer die besigheid sy mag regverdig uitoefen, toon dit regverdigheid teenoor
        al sy belanghebbendes. 
     - Die besigheid funksioneer binne die wet en ander ander beperkings. 
     - Besighede verseker dat die omgewing nie tydens hul produksieproses besoedel
        word nie. 
     - Besighede is nie betrokke by onwettige besigheidspraktyke soos prysvasstelling
        nie. 
     - Besighede maak nie van kinderarbeid gebruik nie. 
     Enige ander antwoord relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van
     etiese gedrag.                                                                Maks.   (4)

      VRAAG          TOEVOEGINGS                                     Rede
      4.5             - Gebruik billike advertensies               o Verskyn in die
      Voorbeelde      - Moenie kinderarbeid gebruik nie               DBO-notas
      van etiese      - Behandel alle werknemers gelyk 
      gedrag          - Betaal billike lone
                      - Werk binne die wet 
                      - Saketransaksies word openlik gedoen 
                      - Nie betrokke raak by onwettige
                        sakepraktyke nie 
                      - Verseker dat die omgewing nie besoedel
                        word nie 
                      - Die aanvaarding van kodes van goeie
                        etiese praktyk 
                      - Die vestiging van korporatiewe
                        maatskaplike
                        verantwoordelikheidsinisiatiewe 
                                              18

### Page 19

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)   GR12 0625

                     - Moedig werknemers aan om etiese gedrag
                       toe te pas 
                     - Kliënte en werknemers se inligting word nie
                       bekend gemaak / gebruik vir die voordeel
                       van die besigheid nie
                     - Aandeelhouers en werknemers se
                       persoonlike belange en sakebelange bots
                       nie met mekaar nie 

4.6 Probleemoplossingstegniek

    4.6.1   Probleemoplossingstegniek uit die scenario
            Nominale groepstegniek                                                        (2)

    4.6.2   Ander maniere waarop die besigheid die nominale groepstegniek kan
            toepas
             - Moedig die groep aan om die probleem duidelik te definieer  om die
                kwaliteit van hul produkte te verbeter as gevolg van verskeie klagtes
                sodat al die klein groepies aan dieselfde probleem kan werk. 
             - As die groep te groot is  moet die werknemers in kleiner groepe verdeel
                word. 
             - Elke werknemer in die klein groepie het die geleentheid  om een van
                sy/haar idees/oplossings met 'n kort verduideliking aan te bied. 
             - Alle idees word op 'n groot vel papier geskryf/oplossings word elektronies
                op die rekenaar vasgelê  sodat almal dit kan sien. 
             - Werknemers word dan aangemoedig om  vrae vir duidelikheid te vra. 
             - Laat elke werknemer toe om 'n tweede oplossing voor te stel  totdat alle
                moontlike oplossings aangeteken is. 
             - Ontmoedig kritiek op idees/oplossings  aangesien dit ander kan
                verhoed om hul oplossings te gee. 
             - Die besigheid moet idees uitskakel  wat gedupliseer/soortgelyk is. 
             - Elke werknemer moet deur al die voorstelle lees  en dit anoniem
                beoordeel om die hoogste punte vir die beste oplossing te gee. 
             - Alle graderings word ingesamel  en die totale punte vir elke voorstel
                word bereken. /Sodra alle tellings in is,  kan die groep die beste
                oplossing kies. 
             - Klein groepe moet een oplossing aan die groot groep bied√ wat volgens
                die tellings/stemme in hul klein groepies die beste geag is. √
            Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing van die
            nominale groeptegniek.

           LET WEL: 1. Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 4.6.1
                          aangehaal word nie.
                                                                      Maks.                 (4)
4.7 Voordele van die kragveldanalise
    - Werknemers voel ingesluit  en verstaan. 
    - Werknemers ontwikkel en groei  saam met die besigheid.                              (4)

                                             19

### Page 20

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)   GR12 0625

    -  Verskaf 'n visuele opsomming van al die verskillende faktore,  beide die
       ondersteuning vir en die teenkanting teen 'n spesifieke idee insluit. 
    - Ingeligte besluite kan geneem word  aangesien magte vir en teen krities
       geëvalueer word. 
    - Stel besighede in staat om die dryfkragte  te versterk en die beperkende kragte te
       verswak. 
    - Stel besighede in staat om 'n idee te hê van die tydlyn wat benodig word  en die
       vereistes vir bykomende hulpbronne. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van ŉ
    kragveldanalise in die oplossing van komplekse besigheidsprobleme.            Maks.

4.8 Maniere waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die
    werkplek bevorder.
    - Moedig alternatiewe maniere aan om dinge te doen/te werk. 
    - Beklemtoon die belangrikheid van kreatiewe denke om te verseker dat alle
        personeel weet dat die bestuur hul idees wil hoor. 
    - Maak tyd vir dinkskrumsessies om nuwe idees te genereer, soos gereelde
        werkswinkels, genereer meer idees/bou voort op mekaar se idees. 
    - Plaas voorstelbokse in die werkplek en hou kommunikasiekanale oop vir nuwe
        idees. 
    - Lei personeel op in innoverende tegnieke soos kreatiewe probleemoplossings-
        vaardighede/breinkaarte/laterale denke. 
    - Moedig uitruiling van posisies binne die organisasie aan/Bestudeer hoe ander
        besighede dinge doen. 
    - Reageer entoesiasties op alle idees en laat niemand minder belangrik voel
        nie. 
    - Beloon kreatiwiteit met beloningskemas vir spanne/individue wat met kreatiewe
        idees vorendag kom. 
    - Verskaf 'n werksomgewing wat bevorderlik is vir kreatiwiteit, vry van
        afleidings. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop besighede 'n
    omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder.             Maks.        (6)
                                                                                            [40]
                                                            UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                 VRAAG 4    PUNTE
                                                                    4.1        4
                                                                    4.2        4
                                                                    4.3.1      2
                                                                    4.3.2      4
                                                                    4.4        6
                                                                    4.5        4
                                                                    4.6.1      2
                                                                    4.6.2      4
                                                                    4.7        4
                                                                    4.8        6
                                                                 TOTAAL       40

                                                                 TOTAAL AFDELING B:          80

                                            20

### Page 21

BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
                (VRAESTEL 2)   GR12 0625

       21

### Page 22

BESIGHEIDSTUDIES
                                   NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)   GR12 0625

AFDELING C

Merk slegs die antwoord van die EERSTE vraag na.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING-VERSEKERING)

5.1 Inleiding
    - Versekering is 'n kontrak tussen 'n persoon/besighede/versekerde wat
         versekeringsdekking benodig en die versekeringsmaatskappy/versekeraar wat
         die finansiële risiko dra. 
    - Besigheid moet onderskei tussen versekering en assuransie om gesonde
         finansiële besluite te neem. 
    - Versekering kan voordelig wees vir besighede wanneer 'n onverwagte
         gebeurtenis plaasvind. 
    - Die beginsels van versekering bied 'n raamwerk vir 'n goeie versekerings-
         kontrak. 
    - POV/POVS verlig besighede se finansiële las deur hul werknemers te vergoed
         vir beserings wat deur voertuigongelukke opgedoen is. 
    Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die verskille tussen versekering
    en assuransie/voordele van versekering vir besighede/beginsels van versekering/
    Padongelukkefonds (POV).                                                Enige (2 x 1)   (2)

5.2 Verskille tussen versekering en assuransie

                 Versekering                                   Assuranie
      - Gebaseer op die beginsel van        -    Gebaseer op die beginsel van
        vrywaring                              sekuriteit/sekerheid 
      - Die versekerde dra die koste van    -    Die versekeraar onderneem om 'n
        potensiële verlies teen 'n premie        ooreengekome bedrag geld te betaal
        aan die versekeraar oor.               nadat 'n sekere tydperk verstryk het/by
                                                 die dood van die versekerde persoon,
                                                 wat ook al eerste plaasgevind het 
      - Dit dek 'n spesifieke gebeurtenis   -    Die gespesifiseerde gebeurtenis is
        wat moontlik kan voorkom.              seker, maar die tyd van die gebeurtenis
                                                 is onseker. 
      - Van toepassing op                   -    Van toepassing op
        korttermynversekering.                 langtermynversekering. 
                  Voorbeelde                                  Voorbeelde
      - Eiendomsversekering/geld in         -    Lewensversekering/uitkeerpolisse/aftree-
        transito/diefstal/inbraak/               annuïteite. √√
        brand. 

                             Submaks (4)                                    Submaks (4)

      LET WEL:     1.   Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
                   2.   Die verskille hoef nie te skakel nie, maar moet duidelik
                        wees.
                   3.   Ken 'n maksimum van VIER (4) punte toe indien die verskil
                        nie duidelik is nie/merk slegs versekering of assuransie.
                                                22

### Page 23

BESIGHEIDSTUDIES
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)   GR12 0625

                                                                                  Maks.     (8)

5.3 Voordele van versekering vir besighede
    - Dra die risiko oor van die besigheid/versekerde  na versekeringsmaatskappy/
         versekeraar. 
    - Die oordrag van die risiko is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes 
         van die versekeringskontrak. 
    - Beskerm besighede teen diefstal/verlies van voorraad en/of skade  veroorsaak
         deur natuurrampe soos vloede/stormskade. 
    - Die besigheid sal vergoed word vir versekerbare verliese,  soos vernietiging
         van eiendom deur brand. 
    - Besigheidsbates soos voertuie/toerusting/geboue moet verseker word  teen
         skade en/of diefstal. 
    - Besighede word beskerm teen die verlies van verdienste,  soos stakings deur
         werknemers wat verliese ter waarde van miljoene tot gevolg kan hê. 
    - Beskerm besighede√ teen oneerlike werknemers. 
    - Lewensversekering kan op die lewe van vennote in 'n vennootskap geneem
         word  om onverwagte verlies aan kapitaal te voorkom. 
    - Indien die dienste van sleutelpersoneel weens ongelukke/dood verlore gaan,
         kan  die opbrengs van 'n versekeringspolis aan die besigheid/begunstigdes
         uitbetaal word. 
    - Vervangingskoste vir beskadigde masjinerie/toerusting is baie hoog,  daarom
         kan versekering sulke koste verminder/dek. 
    - Beskerm besighede teen eise wat deur lede van die publiek gemaak word  vir
         skade waarvoor besighede verantwoordelik is. 
    - Beskerm besighede teen verliese  as gevolg van die dood van 'n skuldenaar. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van versekering
    vir besighede.                                                                Maks. (14)

5.4 Beginsels van versekering

    5.4.1   Vrywaring/Skadeloosstelling
            - Is gewoonlik van toepassing op korttermynversekering , aangesien die
                versekerde vergoed word vir gespesifiseerde/bewese skade/verlies. 
            - Versekeraar stem in om die versekerde te vergoed vir skade/verliese wat
                in die versekeringskontrak gespesifiseer word  in ruil vir premies wat die
                versekerde aan die versekeraar betaal. 
            - Beskerm die versekerde teen 'n spesifieke gebeurtenis  wat mag
                voorkom. 
            - Uitbetalings van die versekeraar sal slegs gemaak word,  indien die
                versekerde die bedrag van die verlies/skade kan bewys/indien daar bewys is
                dat die gespesifiseerde gebeurtenis plaasgevind het. 
            - Die bedrag van vergoeding is beperk tot die bedrag van bewysbare
                verlies/skade , selfs al is die bedrag in die polis/versekeringskontrak
                hoër. 
            - Die versekerde moet in dieselfde posisie geplaas word  as voor die
                verlies/skade. /Die versekerde mag nie voordeel  trek uit die
                versekering nie. 
            Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vrywaring/vrywaring as
            'n beginsel van versekering.                                                    (6)

                                             23

### Page 24

BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
                (VRAESTEL 2)   GR12 0625

       24

### Page 25

BESIGHEIDSTUDIES
                                 NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)   GR12 0625

    5.4.2   Uiterste goeie trou
            - Versekerde moet eerlik wees in die verskaffing van besonderhede 
               wanneer hy 'n versekeringskontrak uitneem. 
            - Beide partye/versekeraar en versekerde moet alle relevante feite 
               bekend maak. 
            - Versekerde moet alles openbaar  wat die omvang van die risiko kan
               beïnvloed. 
            - Besonderhede/inligting wat verskaf word wanneer jy eis  moet akkuraat/
               waar wees. 
            Enige ander relevante antwoord wat verband hou met uiterste goeie trou as 'n
            beginsel van versekering.                                          Submaks (6)
                                                                                 Maks. (12)

5.5 Padongelukkefonds (POV)/Padongelukkevoordeelskema (POVS) as 'n tipe
    verpligte versekering.
    -   POV verseker padgebruikers teen die nalatigheid van ander padgebruikers. 
    -   Die POV/POVS verskaf verpligte dekking vir alle padgebruikers in Suid-Afrika,
        wat Suid-Afrikaanse besighede insluit. 
    -   Bestuurders van sakevoertuie word vrygestel teen eise deur persone wat in
        voertuigongelukke beseer is. 
    -   POV/POVS word gefinansier deur 'n heffing op die verkoop van brandstof/diesel/
        petrol. 
    -   Die bedrag wat vir verlies aan inkomste geëis kan word, word deur wetgewing
        beperk. 
    -   Die naasbestaandes van werkers/broodwinners wat in padongelukke beseer is,
        kan direk by die POV/POVS eis. 
    -   Beseerde partye en nalatige bestuurders word albei deur die POV gedek. 
    -   Die beseerde party sal vergoed word, ongeag of die nalatige bestuurder ryk/arm/
        versekerd/onverseker is. 
    -   POVS poog om 'n voordeelskema te verskaf wat
        redelik/billik/bekostigbaar/volhoubaar is, ens. 
    -   POVS poog om die eisproses te vereenvoudig/bespoedig aangesien slagoffers
        van padongelukke nie meer hoef te bewys wie die ongeluk veroorsaak het
        nie. 
    -   POVS stel padongelukslagoffers in staat om spoedige toegang tot mediese sorg
        te kry, aangesien vertragings weens die ondersoek na ongelukke tot die
        minimum beperk is. 
    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die Padongelukkefonds (POV)/
    Padongelukke-voordeleskema (POVS) as 'n tipe verpligte versekering.           Maks. (12)

                                            25

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Business Studies · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Business Studies · Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Business Studies · Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-12-september-2024-p2-and-memo/537bb816-a58a-49d5-99f5-3d09148dcd57) — Memo · 2024
- [Business Studies NSC P1 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nsc-p1-memo-may-june-2024-limpopo/12cc16ee-3850-423c-ad6f-617854955f54) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
