# Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the National November 2019 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/7ecd5c65-ab87-4978-b7cf-966867656f51
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: National November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P2 National November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/7ecd5c65-ab87-4978-b7cf-966867656f51)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · National November · 2019. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 11

                              BESIGHEIDSTUDIES V2

                             MODEL NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                              2                      DBE/November 2019
                                       KABV – Graad 11 Model

INSTRUSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

          AFDELING A: VERPLIGTEND
          AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
                      Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
                      afdeling.
          AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
                      Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.        Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
          van wat vereis word.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat
          verkeerd genommer is NIE.

4.        Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet alle antwoorde in volsinne
          wees.

5.        Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
          van 'n antwoord te bepaal.

6.        Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer
          jy elke vraag beantwoord.

                       AFDELING                       VRAAG    PUNTE         TYD
                                                                           (minute)
          A:     Objektiewe tipe vrae                    1       30           20
                 VERPLIGTEND

          B:     DRIE direkte/indirekte tipe             2       40           35
                 vrae                                    3       40           35
                 KEUSE:                                  4       40           35
                 Beantwoord enige TWEE.

          C:     TWEE opsteltipe vrae                    5       40           30
                 KEUSE:                                  6       40           30
                 Beantwoord enige EEN.

                        TOTAAL                                  150          120

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
          bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            3                           DBE/November 2019
                                     KABV – Graad 11 Model

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

          1.1.1       Watter EEN van die volgende            besighede   het onbeperkte
                      aanspreeklikheid?

                      A   Tunzi BK
                      B   Vuyo en Vuyokazi
                      C   King Kong Bpk.
                      D   Vukani Spyseniers (Edms.) Bpk.

          1.1.2       Tembi SMB Bpk. is 'n voorbeeld van 'n …

                      A   staatsbeheerde maatskappy (maatskappy in staatsbesit).
                      B   private maatskappy.
                      C   publieke maatskappy.
                      D   organisasie sonder winsopslag.

          1.1.3       Alle bates en inkomste van 'n … moet tot publieke/openbare
                      voordeel gebruik word.

                      A   publieke maatskappy
                      B   koöperasie
                      C   maatskappy sonder winsopslag
                      D   beslote korporasie

          1.1.4       Die … spandinamikateorie definieer spanrolle ten opsigte van die
                      bydrae wat elke lid tot die span maak.

                      A   Jung se
                      B   Margerison McCann se
                      C   MTR-i-benadering-
                      D   Belbin se rol-

          1.1.5       Idees wat oorspronklik en bruikbaar is om besigheidsuitdagings op
                      te los:

                      A   Laterale denke
                      B   Kreatiewe denke
                      C   Niekonvensionele oplossings
                      D   Gehalte versekering                                      (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                             4                          DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 11 Model

1.2       Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

             kragveldanalise;   memorandum van inkorporasie;      regtebenadering;
                           afdanking;  beslote korporasie;   private;
                          kennisgewing van inkorporasie;   aflegging;
                     nominalegroepstegniek;    algemenewelsynbenadering

          1.2.1        Die geldende dokument wat die pligte en verantwoordelikhede van
                       aandeelhouers en direkteure in 'n maatskappy uiteensit, staan as
                       'n … bekend.

          1.2.2        'n … is 'n opsionele genootskap/assosiasie van een of meer
                       persone, maar nie meer as tien nie.

          1.2.3        Sizwe Bpk. het Michael se indiensnemingskontrak as gevolg van
                       nuwe tegnologie beëindig. Dit is 'n voorbeeld van …

          1.2.4        Die bestuur van Tracy Vervaardigers het 'n ...-probleemoplossings-
                       tegniek gebruik toe hulle oorweeg het om die struktuur van die
                       besigheid te verander.

          1.2.5        Thulane Handelaars volg die …-teorie as 'n riglyn oor hoe om hulle
                       werknemers met waardigheid en respek te behandel.          (5 x 2)         (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                             5                            DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 11 Model

1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                      KOLOM A                                  KOLOM B
         1.3.1        Nie-verbaal              A    oplossings wat nog nie as algemene
                                                    praktyk gevestig is nie
         1.3.2        Vennootskapsklousule
                                               B    ontwerp 'n drie-stap-model om
         1.3.3        Konvensionele                 verandering te bestuur
                      oplossings
                                               C    'n meningsverskil/botsing van opinies
         1.3.4        John P Kotter                 tussen twee partye in die werksplek

         1.3.5        Konflik                  D    'n mondelinge aanbieding van inligting
                                                    aan 'n gehoor

                                               E    'n formele, geskrewe klagte aan
                                                    senior bestuur

                                               F    dokument wat as die konstitusie van
                                                    'n maatskappy dien

                                               G    gebruik algemene waardevolle
                                                    ervarings om 'n probleem op te los

                                               H    bied inligting aan 'n gehoor sonder
                                                    gesproke woorde

                                               I    het 'n 8 stap-stelsel vir die bestuur
                                                    van verandering ontwerp

                                               J    dokument waarby bepalings en
                                                    voorwaardes vir bestuur van
                                                    besigheid geïnkorporeer is
                                                                                      (5 x 2)        (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                             6                          DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 11 Model

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
              op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1       Noem VYF eienskappe van 'n suksesvolle entrepreneur.                                       (5)
2.2       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       SUPER HOENDER (SH)
          Super Hoender (SH) is by verskillende afsetpunte in die land beskikbaar.
          Mnr. Naidoo, die eienaar van SH, laat nuwe entrepreneurs toe om teen
          vergoeding hulle eie besighede, met gebruik van sy besigheidsnaam en
          handelsmerk, te begin.

          2.2.1        Identifiseer die tipe besigheidsmanier/-metode wat in die scenario
                       hierbo beskryf word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario              (3)
                       aan te haal.
          2.2.2        Noem TWEE ander besigheidsmaniere/metodes wat SH kan
                       gebruik om 'n besigheid te begin.                                             (2)
          2.2.3        Verduidelik die voordele van die tipe besigheidsmanier/-metode
                       wat in VRAAG 2.2.1 geïdentifiseer is.                                         (4)
2.3       Bespreek die voordele daarvan om 'n maatskappy eerder as ander
          ondernemingsvorms te stig.                                                                 (6)
2.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       PAPA SE BOETIEK (PB)
          Papa het 'n besigheidsplan ontwikkel wat 'n uitvoerige oorsig van sy
          voorgestelde besigheid gee. Hy het sy besigheidsplan gebruik om 'n lening by
          die bank te bekom. Hy wil sy besigheidsplan in 'n aksieplan verander.

          2.4.1        Definieer 'n aksieplan.                                                       (2)

          2.4.2        Verduidelik aan PB die belangrikheid van 'n aksieplan.                        (4)
          2.4.3        Beskryf in breë trekke enige TWEE ander befondsingshulpbronne
                       wat deur PB gebruik kan word.                                                 (4)
2.5       Bespreek die voordele van 'n persoonlike-aanspreeklikheid-maatskappy.                      (4)
2.6       Gee 'n aanbieder raad oor enige DRIE faktore wat in ag geneem moet word
          wanneer transparante/skyfies as visuele hulpmiddels voorberei word.                        (6)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                             7                          DBE/November 2019
                                      KABV – Graad 11 Model

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1       Identifiseer of die besigheidspraktyk wat in ELK van die volgende stellings
          geïdentifiseer word, eties of professioneel is:

          3.1.1        Werknemers van Kevin Ouditeure trek altyd formeel aan wanneer
                       hulle werk toe gaan.

          3.1.2        Die besigheid betaal gereeld elke jaar belasting aan die ontvanger
                       van inkomste.

          3.1.3        Dan Konsultasies doen nie besigheid met maatskappye wat
                       kinders onder die ouderdom van 16 jaar in diens neem nie.

          3.1.4        Ntombi, 'n ontvangsdame by Menzi Finansiering, kom betyds om
                       oggendinligtingsessies te behartig.

          3.1.5        Die bestuur van CL Vervaardigers bied opleidingsessies oor 'n
                       bedrogvrye stelsel vir al hulle werknemers aan.                            (10)

3.2       Beskryf in hooftrekke TWEE regte en verantwoordelikhede van burgers.

          Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn om hierdie vraag te beantwoord.

                          REGTE                   VERANTWOORDELIKHEDE
          1                                       1
          2                                       2                                               (8)

3.3       Onderskei tussen roetinedenke en kreatiewe denke.                                       (4)

3.4       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       DUIKER TEËLS (DKT)

          Die bestuur van DKT wil die gehalte van hulle teëls verbeter as gevolg van
          verskeie klagtes vanaf hulle klante. Hulle versoek deskundiges om idees te
          ontwikkel oor hoe om beter oplossings vir hulle besigheidsprobleme te kry.

          3.4.1        Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat in die scenario
                       hierbo van toepassing is.                                                  (2)

          3.4.2        Gee die bestuur van DKT raad oor hoe hulle die probleem-
                       oplossingstegniek wat in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer is,
                       kan toepas.                                                                (6)

3.5       Bespreek die beginsels van professionalisme.                                            (4)

3.6       Gee besighede raad oor hoe hulle tot die sosiale en ekonomiese ontwikkeling
          van gemeenskappe kan bydra.                                                             (6)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            8                        DBE/November 2019
                                     KABV – Graad 11 Model

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1       Maak 'n lys van VIER aspekte wat by die prospektus ingesluit moet word.              (4)

4.2       Beskryf in hooftrekke die betekenis van die volgende beplanningsinstrumente
          wat gebruik kan word om 'n besigheidsplan in 'n aksieplan te verander:

          4.2.1        Gantt-kaart                                                             (4)

          4.2.2        Tydlyne                                                                 (4)

          4.2.3        Projekbeplanning                                                        (4)

4.3       Stel TWEE strategieë voor wat besighede kan gebruik om te verseker dat
          hulle winsgewend en volhoubaar bly.                                                  (4)

BESIGHEIDSROLLE

4.4       Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat deur ELK van die stellings
          hieronder verteenwoordig word:

          4.4.1 Die spanlede leer mekaar tydens hierdie stadium ken.

          4.4.2 Spanlede konfronteer mekaar se idees.

          4.4.3 Spanlede is gemotiveerd en werk saam.

          4.4.4 Spanlede bereik ooreenkoms en konsensus.                                       (8)

4.5       Bespreek redes waarom besighede by maatskaplike/sosiale programme moet
          betrokke raak.                                                                       (6)

4.6       Gee besighede raad oor die funksies van werksplekforums                              (6)
                                                                                               [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                           9                         DBE/November 2019
                                    KABV – Graad 11 Model

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op die vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy of VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING)

                           GLOBAL ONDERNEMINGS (GO)

Global Ondernemings het 'n nuwe produk by hulle reeks gevoeg. Moffet, die HUB
('CEO') van die maatskappy, is versoek om 'n strooibiljet saam te stel en om 'n
aanbieding oor hulle produk vir verskillende belanghebbendes te doen. Alhoewel hy
verskillende visuele hulpmiddels gebruik het, kon hy nie op vrae reageer en op 'n
professionele wyse antwoord nie. Daar word van Moffet verwag om 'n verslag oor sy
aanbieding te skryf.

Skryf 'n opstel waarby jy die volgende aspekte insluit:

 Gee in breë trekke SES tipes visuele hulpmiddels.
 Bespreek faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n strooibiljet saamgestel
  word.
 Verduidelik die stappe wat gevolg moet word om 'n verslag te skryf.
 Beveel maniere aan waarop Moffet op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse op
  vrae kan reageer.                                                                         [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (STRES EN KRISISBESTUUR)

                            CENTRAL HAARSALON (CHS)

Central Haarsalon bied 'n verskeidenheid goeie haarkappersdienste aan. Die besigheid
doen goed want dit is op 'n besige plek geleë. Werknemers moet verlengde ure werk
om klante gelukkig te hou. Die situasie veroorsaak egter stres en die werknemers voel
dat dit vir hulle te veel raak.

Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

 Beskryf in hooftrekke die betekenis van stres.
 Verduidelik die oorsake van stres by die werksplek.
 Bespreek die belangrikheid van stresbestuur in die werksomgewing waar daar baie
  druk is.
 Gee CHS-werknemers raad oor maniere waarop hulle stres by die werksplek kan
  hanteer.                                                                                  [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [2019 Grade 11 November Paper 2 Exemplar Question Paper National DBE Business Studies English](https://www.hlayiso.com/library/2019-grade-11-november-paper-2-exemplar-question-paper-national-dbe-business-studies-english/632b70dd-ad52-4ac2-9918-dabeec6d4e57) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [Business Studies P2 GR 11 Exemplar Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr-11-exemplar-nov-2019-memo-afr/4e5669ab-b6b1-427e-9040-969d2b778f16) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [2019 Grade 11 November Paper 2 Exemplar Memorandum National DBE Business Studies English](https://www.hlayiso.com/library/2019-grade-11-november-paper-2-exemplar-memorandum-national-dbe-business-studies-english/b4c157d5-16ca-446f-97a9-dd57c0f71062) — Business Studies · Memo · 2019 · Eng
- [Business Studies P1 GR 11 Exemplar Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/d4c0ac07-3da5-4824-8dc5-020d0bd9aed1) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [2019 Grade 11 November Paper 1 Exemplar Question Paper National DBE Business Studies English](https://www.hlayiso.com/library/2019-grade-11-november-paper-1-exemplar-question-paper-national-dbe-business-studies-english/eba23fc8-e0fd-4479-b743-dc81b5e6fd8d) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P2 QP GR11 NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr11-nov2019-eng-d/6d8383b6-37b1-460d-b08d-303ee6050476) — Business Studies · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO NOV2024 -English watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-nov2024-english-watermark/8a66ce2f-f14c-491f-a05d-1e1816bd8822) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
