# Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP

> Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/a2210101-6ab3-4ded-8e8a-8ac2b096ea10
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/a2210101-6ab3-4ded-8e8a-8ac2b096ea10)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2025

                   BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:    150

TYD:      2 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                               BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

    AFDELING A:       VERPLIGTEND
    AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                      Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae in hierdie afdeling.
    AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                      Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
   vereis word.

    LET WEL: SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
             en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C sal
             nagesien word.

3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
   gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
   is NIE.

4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
   antwoord te bepaal.

6. Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy
   elke vraag beantwoord.

               AFDELING                      VRAAG       PUNTE        TYD (minute)
    A: Objektiewe-tipe vrae
                                                1           30              20
       VERPLIGTEND

    B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae         2           40
       KEUSE:                                   3           40              70
       Beantwoord enige TWEE.                   4           40

    C: TWEE opsteltipe vrae                     5           40
       KEUSE:                                                               30
       Beantwoord enige EEN.                    6           40
              TOTAAL                                       150             120

7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 –
   NUWE bladsy, VRAAG 2 – NUWE bladsy, ensovoorts.

8. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                       BESIGHEIDSTUDIES V2                               3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoorde en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.

       1.1.1    Die ... dien as die grondwet van ŉ maatskappy.

                A    aanvanklike openbare aanbod
                B    memorandum van inkorporering
                C    prospektus
                D    kennisgewing van inkorporering

       1.1.2    Zonke het die reg om die naam en handelsmerk van Fruit and Veg
                Afleweringsmaatskappy te gebruik aan Tiny verkoop in ruil vir ŉ …
                -fooi.

                A    tantieme
                B    huur
                C    konsessiereg
                D    uitkontrakterings

       1.1.3    ŉ … toon aktiwiteite wat voltooi moet word.

                A    Sakeplan
                B    Verslag
                C    Aksieplan
                D    Tydlyn

       1.1.4    Oplossings wat afwyk van die norm, en wat nie volg wat algemeen
                gedoen word nie, staan as ... bekend.

                A    konvensioneel
                B    roetine
                C    nie-konvensioneel
                D    kreatiewe denke

       1.1.5    Een van die oorsake van stres in die werkplek is ...

                A    werknemers wat ernstig siek is.
                B    raadgewende kundiges.
                C    die evaluering van die noodplan van die besigheid.
                D    ongunstige werksomstandighede.                           (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                BESIGHEIDSTUDIES V2                          (EC/NOVEMBER 2025)

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
    Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

       strooibiljet; publieke; krisis; skyfies; sleg; ekwiteitskapitaal; stres; goeie;
                                  engelbefondsing; privaat

     1.2.1   Zanele-handelaars mag nie aandele aan die algemene publiek
             aanbied nie. Dié verwys na ŉ ... maatskappy.

     1.2.2   Mnr. Veejay, ŉ welgestelde entrepreneur, het ... voorsien in ruil vir ŉ
             aandeel in die besigheid.

     1.2.3   Simcock Tech Wear Klerasie het ŉ dun stukkie papier gebruik om hul
             produkte te adverteer. Dit staan as ŉ … bekend.

     1.2.4   Die leier van M&M Finansiële Dienste het baie take om in ŉ kort tydjie
             te doen. Dit veroorsaak …

     1.2.5   ŉ Goeie etiese praktyk is deel van ... besluitneming in besigheid.
                                                                              (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                   5

 1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met ŉ term in KOLOM A.
     Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                 KOLOM A                                 KOLOM B
       1.3.1    Gantt-grafiek          A   gebruik roetinemetodes om probleme op
                                           te los

       1.3.2    Nie-verbale            B   vind plaas wanneer ŉ besigheid die aantal
                aanbieding                 werkers in die besigheid of organisasie
                                           verminder

       1.3.3    Kreatiewe denke        C   toon die duur van die taak/element

       1.3.4    Gedragskode            D   ŉ stel waardes wat moreel
                                           aanvaarbaar binne ŉ sake-organisasie is

       1.3.5    Werkloosheid           E   inligting word deur middel van gedrukte
                                           materiaal oorgedra

                                       F   ŉ stel reëls en verantwoordelikhede van ŉ
                                           organisasie of besigheid waaraan die
                                           werknemers moet voldoen

                                       G toon al die take wat gedoen moet word

                                       H   inligting word deur middel van
                                           mondelinge aanbiedings gekommunikeer

                                       I   gebruik nie-roetine metodes om probleme
                                           op te los

                                       J   vind plaas wanneer werknemers hul werk
                                           as gevolg van bedanking of aflegging
                                           verloor
                                                                           (5 x 2) (10)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                               BESIGHEIDSTUDIES V2                        (EC/NOVEMBER 2025)

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
             antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld
             VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1 Noem enige VIER stadiums van ŉ aksieplan.                                                 (4)

2.2 Beskryf kortliks aspekte wat in die prospektus ingesluit moet word.                       (6)

2.3 Identifiseer die entrepreneuriese eienskappe in die stellings hieronder.

     2.3.1   Die bestuurder van GM-staalvervaardiger het nie hoop verloor toe die
             wêreldwye tariewe die plaaslike besighede bedreig het nie.                       (2)
     2.3.2   Zuko verskaf spesiale materiaal soos veselglas vir kliënte wat nie die
             oorspronklike materiaal kon bekostig nie, te midde van markonsekerheid. (2)

2.4 Verduidelik die doel van ŉ sakeplan.                                                      (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                 TELLY GADGETS (TG)
     Telly Gadgets is ŉ nuutgestigte besigheid wat in die vervaardiging van TV-
     toestelle spesialiseer. Ntombi, die eienaar van TG, het navorsing gedoen om
     haar teikenmark te identifiseer. Sy het ook sommige van haar oorspronklike
     sakeplanne as gevolg van nuwe tegnologie verander.

     2.5.1   Identifiseer TWEE faktore uit die scenario hierbo wat oorweeg moet
             word voordat die besigheid begin word. Motiveer jou antwoord deur uit
             die scenario aan te haal.

     Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.5.1 te beantwoord.

       FAKTORE WAT OORWEEG MOET WORD VOORDAT                       MOTIVERINGS
               DIE BESIGHEID BEGIN WORD
      1.
      2.
                                                                                              (6)
2.6 Bespreek hoe die aanbieder die volgende visuele hulpmiddels moet voorberei:

     2.6.1   Skyfies                                                                          (4)
     2.6.2   Plakkate                                                                         (4)

2.7 Gee raad aan die besigheid oor die wetlike vereistes van die naam van die
    maatskappy.                                                                              (6)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                    BESIGHEIDSTUDIES V2                                     7

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1 Noem enige VIER eksterne oorsake van verandering.                                        (4)

3.2 Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die besigheid.                               (6)

3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            MAKROS VERVAARDIGER (MV)

     Makros Vervaardiger is ŉ nuutgestigte besigheid wat in die vervaardiging van
     sjokolade spesialiseer. Hulle het ernstige uitdagings teëgekom, insluitend
     masjinerie wat breek, bestuurders wat nie bekwaam of doeltreffend is nie, asook
     kragonderbrekings.

     3.3.1    Noem die TWEE voorbeelde van krisisse uit die scenario.                        (2)

     3.3.2    Bespreek die belangrikheid van streshantering in die werkplek.                 (4)

3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               EUGENE CREATIVES (EC)

     Eugene Creatives spesialiseer in die vervaardiging van kuns en skeppings. Die
     bestuur van EC wil die struktuur van die besigheid verander om digitale dienste
     in te stel. Hulle het vir al die teenstrydige en ondersteunende idees vir hierdie
     ontwikkeling gevra. Hulle het ook besluit om kundiges te nooi om hulle te help
     om hul uitdaging te hanteer.

     3.4.1    Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur EC gebruik
              word. Motiveer deur uit die scenario aan te haal.

              Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.4.1 te
              beantwoord

                PROBLEEMOPLOSSINGS-                       MOTIVERINGS
                     TEGNIEKE
              1.
              2.

     3.4.2    Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                  (6)

3.5 Bespreek die funksies van werkplekforums.                                                (6)

3.6 Beveel maniere aan om krisisse in die werkplek te hanteer.                              (6)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2025)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1 Noem enige VIER sleutelfaktore vir sukses.                                           (4)

4.2 Beskryf kortliks die redes waarom entrepreneurs dalk besluit om ŉ bestaande
    besigheid te koop.                                                                   (6)

4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          DIEP GESPREK ONTWERP (DGO)

     Sandra, die eienaar van DGO, wil kliëntediens in die stad van Johannesburg
     verbeter. Sy oorweeg dit om befondsing van welgestelde sakelui te bekom om
     die aanvangskoste van die aankoop van ŉ perseel te dek. DCD stel ook tydelike
     werknemers aan om koste te bespaar. Betaal insetkoste soos lone, telefoon en
     ander uitgawes.

     4.3.1   Haal TWEE redes aan waarom die besigheid befondsing moet bekom.             (2)

     4.3.2   Verduidelik toelaes as ŉ bron van befondsing.                               (4)

4.4 Beveel areas aan vir verbetering op sleutel suksesfaktore.                           (4)

BESIGHEIDSROLLE

4.5 Beskryf kortliks die DRIE stadiums van ontwikkeling.                                 (6)

4.6 Identifiseer die beginsels van professionalisme en etiek wat deur Donald
    Enterprise in ELKEEN van die stellings hieronder toegepas word.

     4.6.1   Nomsa demonstreer altyd ŉ kombinasie van tegniese vaardigheid en
             die vermoë om effektief te kommunikeer.                                     (2)

     4.6.2   Ahmad, die spanleier, deel nooit die werknemers se besonderhede met
             ŉ ander spanlid nie.                                                        (2)

4.7 Bespreek strategieë wat besighede kan gebruik om globalisering te hanteer.           (6)

4.8 Beveel maniere aan waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe
    denke in die werkplek stimuleer.                                                    (4)
                                                                                       [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                    BESIGHEIDSTUDIES V2                                   9

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat kies is, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, byvoorbeeld,
              VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTEHEDE (MANIERE OM ’N BESIGHEID TE
         BEKOM)

Entrepreneurs wat ŉ konsessie (franchise) koop, moet die betekenis van ŉ
konsessie verstaan. Hulle moet ook beide die voordele en nadele van die konsessie
verstaan. Besighede wat wil afskaal en fokus op die kernaspek van die besigheid,
sal die minder kritieke bedrywighede uitkontrakteer. Die huurooreenkoms beskryf die
hoofverantwoordelikhede en kontraktuele regte van die huurder.

Skryf ŉ opstel oor die maniere om ŉ besigheid te bekom waarin jy die volgende
aspekte insluit:

•   Brei uit oor die betekenis van ŉ konsessie as ŉ manier om besigheid te verkry.
•   Verduidelik die voordele en nadele van konsessies.
•   Bespreek die voordele van uitkontraktering.
•   Adviseer besighede oor die kontraktuele implikasies van huurkontrakte.              [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (PROFESSIONALISME EN ETIEK)

Besighede word vereis om hul bedrywighede op ŉ etiese en professionele wyse uit
te voer. Besighede moet weet hoe effektiewe sakepraktyk uitgevoer moet word.
Etiese teorieë lei besighede en individue wanneer hulle moreel korrekte besluite
moet neem. Wanneer ŉ besigheid gestig word, moet ŉ mens die voordele van etiese
sakeondernemings verstaan.

Skryf ŉ opstel oor professionalisme en etiek waarin jy die volgende aspekte moet
insluit:

• Beskryf die verskille tussen professionalisme en etiek.
• Bespreek maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
  sakepraktyk uitgevoer moet word.
• Verduidelik kortliks die DRIE teorieë van etiek wat op die werkplek van
  toepassing is.
• Gee raad aan besighede oor die voordele van etiese sakeondernemings.                  [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans-watermark/23acc6bb-1aad-4d57-95a2-d9781f97e116) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/7668b78b-f627-40e3-a57c-e5de76ae3591) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR11 NOV 15 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-business-studies-2015-eastern-cape-november-exam-question-paper-afrikaans/663e22eb-e4da-4e92-b2c5-03a4b3558020) — Business Studies · QP · 2015 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/41632251-4355-4048-a669-15f18d417e33) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans/7d3c4d6c-19c9-4bb5-ad4e-4e7748c698c7) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO SEPT2022 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-sept2022-afrikaans-watermark/937f19de-bbb3-49bc-8029-e946e63d5d18) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GR 11 P2 MG ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr-11-p2-mg-eng-watermark/73eb0603-6d98-4a00-94a2-c10deb7d95da) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
