# Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo

> Grade 11 Business Studies Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-grade11-memo-nov2022-afrikaans/6b60fe94-5fba-4194-9528-9569d502b977
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-grade11-memo-nov2022-afrikaans/6b60fe94-5fba-4194-9528-9569d502b977)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                  BESIGHEIDSTUDIES V2
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 26 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

 NOTAS AAN NASIENERS

 INLEIDING

 Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die
 volgende te verseker:

 (a)   Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
 (b)   Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
 (c)   Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners
       oor die hele land
 (d)   Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak
       by skole/onderwysinstellings

 1.    Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
       egter van die aard van die vraag afhang.

 2.    Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
       Behoorlike oorweging moet gegee word aan ŉ antwoord wat korrek is, maar:
       • ŉ Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
       • Uit ŉ ander betroubare bron kom
       • Oorspronklik is
       • ŉ Ander benadering gebruik

       LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.

 3.    Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
       verband hou met ŉ spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In
       die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet
       deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum
       van twee punte.)

 4.    Die woord ‘Submaks.’ word gebruik om die toekenning van punte binne ŉ vraag
       of subvraag te vergemaklik.

 5.    Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maks’ in
       die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
       verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.

 6.    Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
       subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maks.’ in
       die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet
       in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.

 7.    In ŉ indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
       verband hou.

 8.    Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
       word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
       die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
       laasgenoemde nie duidelik is nie.

 9.    Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
       aan met ŉ ‘H’ of ‘R’.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                      3

10.    Die verskil tussen ‘evalueer’ en ‘kritiese evaluering’ kan soos volg verduidelik
       word:
       10.1 Wanneer ‘evalueer’ gevra word, word daar van kandidate verwag om te
            antwoord op óf ŉ positiewe/negatiewe manier óf om ŉ neutrale (positiewe
            en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: ‘COIDA verminder tyd en
            koste wat spandeer word √ op lang siviele hofgedinge’. √
       10.2 Wanneer ‘kritiese evaluering’ gevra word, word daar van kandidate verwag
            om te antwoord op óf ŉ positiewe/negatiewe manier óf om ŉ neutrale
            (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word van
            kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun met dieper
            insig, bv. ‘COIDA verminder tyd en koste √ wat spandeer word op lang
            siviele hofgedinge, √ want die werkgewer sal nie verantwoordelik wees om
            vergoeding aan die werknemer te betaal as beserings opgedoen is tydens
            werksure nie, solank as wat die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig
            was nie.’ √
       LET WEL:       1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op ‘analiseer’.
                      2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van
                      punte.
11.    Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe
       werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks van
       elke vraag.
       Kognitiewe werkwoorde, soos:
       11.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor, (lys
            nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se antwoorde
            nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal dus aan die
            einde daarvan verskyn.
       11.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon verskille,
            differensieer, vergelyk, tabuleer, ontwerp, analiseer, evalueer, evalueer
            krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing en
            beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om te
            verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied, sodat
            eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.
12.    Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
       AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.
13.    AFDELING B
       13.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
            VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur
            ŉ lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek.
              LET WEL: 1. Dit is slegs van toepassing waar die getal feite
                          gespesifiseer word.
                       2. Die bogenoemde is ook van toepassing op antwoorde
                          in AFDELING C. (waar van toepassing)
       13.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
            kandidaat. Punt 13.1 geld steeds.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                        (EC/NOVEMBER 2022)
      13.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde / menings
           te gee, beredeneer dit ten einde die alternatiewe antwoorde te finaliseer.

      13.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:

             13.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat
                    kandidate moet ‘beskryf/bespreek/verduidelik’, kan dit soos volg
                    nagesien word:
                    • Feit                 2 punte (of soos aangedui in die
                                           nasienriglyn)
                    • Verduideliking 1 punt (twee punte sal in AFDELING C
                                           toegeken word)
                    Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word apart in die nasienriglyn gegee om
                    die toekenning van punte te vergemaklik.

             13.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
                    puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
                    maksimum punte in die nasienriglyn toegeken.

      13.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te
           herroep, wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal
           word uit 'n scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op
           AFDELINGS B EN C (waar van toepassing).

14.   AFDELING C

      14.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:

      Inleiding
      Inhoud                           Maksimum: 32
      Gevolgtrekking
      Insig                                   8
      TOTAAL                                  40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                      5

       14.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:

       Struktuur/   Is daar ŉ inleiding, inhoud paragrawe en ŉ gevolgtrekking?        2
       Uitleg
       Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-opskrifte 2
       vertolking   te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van wat gevra
                    word, getoon word?
                    Punte toegeken volgens die gids hieronder:
                    Alle opskrifte aangespreek:      1 (Een ‘A’)
                    Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’)
       Sintese      Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op die 2
                    vrae gebaseer is?
                    Punte toegeken volgens die gids hieronder:
                       Opsie 1:   Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’)
                                  Waar 'n kandidaat 50% of meer (twee tot vier
                                  subvrae) van die vraag met slegs relevante feite
                                  beantwoord het, verskyn geen ‘-S’ in die linkerkantlyn
                                  nie. Ken die maksimum van TWEE (2) punte vir
                                  sintese toe.
                       Opsie 2: ŉ Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
                                  Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
                                  subvraag) van die vraag met slegs OF ŉ paar
                                  relevante feite beantwoord het, verskyn een ‘-S’ in die
                                  linkerkantlyn. Ken ŉ maksimum van EEN (1) punt vir
                                  sintese toe.
                       Opsie 3: ŉ Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
                                  Waar ŉ kandidaat VIER subvrae, waarvan een
                                  subvraag van die vraag met geen relevante feite
                                  beantwoord het, verskyn een ‘-S’ in die linkerkantlyn.
                                  Ken ŉ maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
                       Opsie 4: Geen relevante feite: 0 punte (Twee ‘-S’)
                                  Waar ŉ kandidaat minder as 50% (slegs een sub-
                                  onderwerp) van die vraag met geen relevante feite
                                  beantwoord het nie, verskyn twee ‘-S’ in die
                                  linkerkantlyn. Ken ŉ NULPUNT vir sintese toe.
       Oorspronk-      Is daar bewyse van voorbeelde gebaseer op aktuele inligting,       2
       likheid         huidige neigings en ontwikkelings?
                                                                  TOTAAL VIR INSIG:         8
                                                         TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
                                               TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40

       LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal
                   word uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
                2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
                   INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
                3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
                   INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ŉ
                   verduideliking ondersteun word nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                          (EC/NOVEMBER 2022)

       14.3     Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ŉ simbool, bv. (‘S, A, -S en/of
                O’).

       14.4     Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde
                antwoord/ nasienriglyn vir elke vraag aangedui.

       14.5     Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke
                onder-afdeling behaal is. Skryf ‘SUBMAKS’/’MAKS’ nadat maksimum
                punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid “O”.

       14.6     Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en
                punte vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese,
                O – Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.

                              INHOUD                           PUNTE
                                Feite                         32 (maks.)
                                 S                                 2
                                 A                                 2
                                 S                                 2
                                 O                                 2
                              TOTAAL                              40

        14.7    Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die
                submaksimum wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde
                subopskrifte gebruik nie. Onthou opskrifte en subopskrifte word
                aangemoedig en dra by tot insig (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui
                duidelikheid van denke aan.
                (Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)

        14.8.   Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
                steeds punte vir uitleg/struktuur.

        14.9.   Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
                antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die
                puntetoekenning/ subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.

        14.10   14.10.1   Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
                          frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.

                14.10.2   Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie
                          noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word
                          nie. Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui word,
                          bv. ‘Produkontwikkeling is ŉ groeistrategie, √ waar
                          ondernemings poog om nuwe produkte in bestaande markte
                          bekend te stel.’ √
                          Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
                          kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.

        14.11   Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
                feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke
                vraag geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    BESIGHEIDSTUDIES V2                              7

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    1.1.1    D ✓✓
       1.1.2    B ✓✓
       1.1.3    C ✓✓
       1.1.4    A ✓✓
       1.1.5    C ✓✓                                                     (5 x 2)    (10)

1.2    1.2.1    uitkontraktering ✓✓
       1.2.2    waagkapitaal ✓✓
       1.2.3    goeie ✓✓
       1.2.4    regte ✓✓
       1.2.5    stres ✓✓                                                 (5 x 2)    (10)

1.3    1.3.1    H ✓✓
       1.3.2    J ✓✓
       1.3.3    F ✓✓
       1.3.4    G ✓✓
       1.3.5    I ✓✓                                                     (5 x 2)    (10)

                                                            TOTAAL AFDELING A:        30

                                                    UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                    VRAAG 1        PUNTE
                                                       1.1           10
                                                       1.2           10
                                                       1.3           10
                                                     TOTAAL          30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING B

Sien slegs die EERSTE TWEE antwoorde na.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1   Faktore wat oorweeg moet word voor die begin van ŉ besigheid
      • Kultuur van die organisasie ✓
      • Omgewingsveranderinge ✓
      • Kliëntediens ✓
      • Besigheidsgroei ✓
      • Besnoeiing/Sny van kostes ✓
      • Marknavorsing ✓
      • Opleiding van personeel ✓
      • Moontlike risikofaktore ✓
      • Die bronne van natuurlike hulpmiddels ✓
      • Die bronne van befondsing ✓
      • Ondernemingsvorm wat deur die besigheid gebruik gaan word. ✓
      • Ligging/besigheidsperseel wat gebruik gaan word. ✓
      • Enige ander relevante antwoord wat verband hou met faktore wat
         oorweeg moet word voor die begin van ŉ besigheid.
      LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.                          (2 x 1)    (2)

2.2   Aspekte wat in die prospektus ingesluit moet word
      • Oorsig van die maatskappy, insluitende die visie, missie en doelwitte van
        ŉ besigheid. ✓✓
      • Produk- of diensteportefeulje. ✓✓
      • Markanalise en strategie ✓✓
      • Bestuurspan. ✓✓
      • Risiko en potensiaal van die besigheid ✓✓
      • Beskikbare finansiële- en aandele-inligting ✓✓
      • Maatskappy se bates en laste ✓✓
      • Finansiële posisie en aangehegte sekuriteite ✓✓
      • Winste en verliese met geouditeerde finansiële state ✓✓
      • Kontantvloei ✓✓
      • Vooruitsigte vir groei ✓✓
      • Kontrakte wat onderteken is voor-inkorporasie ✓✓
      • Datum van registrasie van die prospektus ✓✓
      • Die minimumsubskripsie ✓✓
      • Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die aspekte wat in
        die prospektus ingesluit moet word.
                                                                             Maks.    (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                  9

2.3    Manier om ŉ besigheid te verkry
       2.3.1 Konsessie ✓✓                                                             (2)
              Motivering
              • Ekasi Hoender Braai is ŉ patentonderneming wat streng reëls het
                oor hoe die besigheid bestuur moet word. ✓
              • Die standaarde word gehandhaaf om die beeld en die naam van die
                patentonderneming te beskerm. ✓
              LET WEL: 1. Sien slegs die EEN (1) na.                                  (1)
                          2. Geen punte word vir die motivering toegeken
                              indien die manier om ŉ besigheid te verkry
                              verkeerd geïdentifiseer is nie.
                                                                             Maks.    (3)
       2.3.2 Kontraktuele implikasies van ŉ konsessie
             • Die konsessie-gewer en die konsessie-nemer moet ŉ konsessie-
               ooreenkoms onderteken ✓ wat op beide partye wetlik bindend is. ✓
             • Openbaarmakingsdokument bevat belangrike finansiële inligting ✓/
               besonderhede rakende die struktuur van die konsessie. ✓
             • Die konsessie-nemer moes ŉ vertroulikheidsklousule onderteken ✓
               om belangrike inligting van mededingers te beskerm. ✓
             • Tantieme is betaalbaar in plaas van die deurlopende gebruik van die
               intellektuele eiendom ✓ en konsessiefooi wat betaal word om die
               lisensie of konsessie te bekom. ✓
             • Die konsessie-nemer dra gereeld ŉ vaste bedrag/vaste persentasie
               van die omset by ✓ tot die bevordering en advertensie van die
               konsessiebedrywighede. ✓
             • Opleiding en operasionele ondersteuning ✓ wat deur die konsessie-
               nemer verskaf word. ✓
             • Verpligting van ŉ konsessiegewer is die bestuur en ontwikkeling van ŉ
               konsessie ✓ terwyl die konsessienemer die konsessie in
               ooreenstemming met die ooreenkoms moet bedryf. ✓
             • Beëindigingsklousule bevat die bepalings wat die konsessie-gewer die
               reg gee om die ooreenkoms te kanselleer ✓ as die konsessienemer
               nie in ooreenstemming met die bedrywighede optree nie. ✓
             • Konsessie kan verkoop/oorgedra word ✓ met toestemming van ŉ
               konsessiegewer. ✓
             • Die lisensiëring van intellektuele eiendom ✓ (handelsmerk, patente,
               logo’s) aan die konsessie-nemer word beheer deur die konsessie-
               gewer. ✓
             • Die oorspronklike tydperk van die konsessie ✓ en enige
               hernuwingsregte. ✓
             • Die beleide wat die produk ✓ or diens beheer. ✓
             • Die aard ✓ en omvang van die regte verleen aan die
               konsessiehouer. ✓
             • Die ondernemingsvorm ✓ waaronder die konsessie sal funksioneer. ✓
             • Enige ander relevante antwoord wat met die kontraktuele implikasies
               van ŉ konsessie-besigheid verband hou.
             LET WEL: Aanvaar relevante feite indien die manier om ŉ
                          besigheid te verkry verkeerdelik geïdentifiseer was as ŉ
                          antwoord in VRAAG 2.3.1.                           Maks. (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               BESIGHEIDSTUDIES V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

2.4   Voorbereiding van uitdeelstukke as ŉ visuele hulpmiddel

      •   Struktureer die inligting ✓ in ŉ logiese volgorde. ✓
      •   Gebruik leesbare skrif ✓ en lettergrootte. ✓
      •   Kies prente ✓ wat die boodskap van die aanbieding ondersteun. ✓
      •   Maak seker daar is ✓ geen taal-/spelfoute nie. ✓
      •   Gebruik helder kleure ✓ om sigbaarheid te verhoog. ✓
      •   Vermy die gebruik van ✓ besige rande, verskillende lettertipes en te veel
          verskillende kleure. ✓
      •   Beperk die inligting aangesien uitdeelstukke ✓ nie onnodige inligting moet
          bevat nie. ✓
      •   Laat ŉ leë bladsy aan die einde van die uitdeelstuk ✓ sodat die gehoor
          bykomende aantekeninge tydens die aanbieding kan maak. ✓
      •   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe aanbieders
          uitdeelstukke as ŉ visuele hulpmiddel moet voorberei.
                                                                               Maks.      (4)

2.5   Gantt-grafiek

                                                                  PERSOON
          AKTIWITEIT         WEEK 1    WEEK 2    WEEK 3
                                                             VERANTWOORDELIK
      Aanvangskapitaal          ✓                           Claude en Claudia ✓
      insamel ✓
      Registreer CCO as ŉ                 ✓                 Claudia ✓
      persoonlike
      aanspreeklikheids-
      maatskappy ✓
      Vind ŉ geskikte                               ✓       Claude ✓
      besigheidsperseel ✓
            Sub-maks. (3)                   Sub-maks. (3)               Sub-maks. (3)
                                                                              Maks.       (9)

2.6   Redes hoekom besighede finansiering benodig

      • Dek die aanvangskoste ✓ insluitend perseel / masjinerie / grondstowwe
        ens. ✓
      • Vir die bestuur van die besigheid ✓ en om genoeg geld hê om werknemers /
        verskaffers van grondstowwe, ens. te betaal. ✓
      • Betaal vir insetkoste ✓ soos lone, telefoon en ander uitgawes. ✓
      • Uitbreiding van die besigheid ✓ namate die bestellings/verkope toeneem en
        groter persele gevestig moet word. ✓
      • Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes hoekom
        besighede finansiering benodig.                                     Maks.        (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                  11

2.7    Strategieë om te verseker dat besighede winsgewend en volhoubaar bly

       •   Deeglike beplanning elke keer as nuwe besluite en ontwikkeling
           plaasvind. ✓✓
       •   Goeie bestuur van finansies deur verstandige besluit oor besteding. ✓✓
       •   Doeltreffende bestuur van skaars hulpbronne, bv. geld, toerusting,
           personeel, ens. ✓✓
       •   Doeltreffende bestuur van werknemers deur middel van spanbou, goeie
           interpersoonlike verhouding en goeie konflikoplossing. ✓✓
       •   Handhaaf ŉ soliede kliëntebasis deur kliënte te lok en te behou. ✓✓
       •   Tree eties en sosiaal verantwoordelik op waar produkpryse billik en
           omgewingsvriendelik is. ✓✓
       •   Monitering van die eksterne en interne omgewing om bewustheid van
           bedreigings en geleenthede te skep. ✓✓
       •   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategieë wat
           besighede kan gebruik om te verseker dat hulle winsgewend en
           volhoubaar bly.                                                     Maks.    (6)
                                                                                       [40]

                                                    UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                       VRAAG 2     PUNTE
                                                          2.1         2
                                                          2.2         6
                                                         2.3.1        3
                                                         2.3.2        4
                                                          2.4         4
                                                          2.5         9
                                                          2.6         6
                                                          2.7         6
                                                       TOTAAL        40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1    Oorsake van stres in die besigheidsomgewing
       • Werk-oorlading/onrealistiese teikens ✓
       • ŉ Gebrek aan mag of invloed met geen gesag in hul werk nie. ✓
       • Lang werksure/verlengde/baie vreemde werksure. ✓
       • Swak ontwerpte verskuiwingstelsels/verandering in die organisatoriese
         struktuur, beleid, proses/prosedures. ✓
       • Gebrek aan finansies, menslike hulpbronne/fisiese hulpbronne. ✓
       • Veranderinge in posbeskrywing ✓
       • Konfrontasies en konflik of probleme as gevolg van ŉ gebrek aan
         kommunikasie. ✓
       • Gebrek aan deelname in besluitneming ✓
       • Onvoldoende opleiding ✓
       • Enige ander relevante antwoorde wat met die oorsake van stres in die
         werksomgewing verband hou.
       LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.                  (Enige 3 x 1)       (3)
3.2    Groot veranderinge vanuit gegewe stellings
       3.2.1   Regstellende aksie ✓✓
       3.2.2   Globalisering ✓✓                                                         (4)
3.3    Probleemoplossing
       3.3.1   Delphi-tegniek ✓✓                                                        (2)
               Motivering
               GW het kundiges versoek om maniere voor te stel hoe om hul
               besigheidsprobleem op te los. ✓                                          (1)
               LET WEL: Geen punte word vir die motivering toegeken indien
                            die probleemoplossingstegniek verkeerd
                            geïdentifiseer is nie.
                                                                     Maks.              (3)
       3.3.2   Toepassing van die Delphi-tegniek
               • Besighede moet ŉ paneel van kenners nooi ✓ om die klagtes van
                 klante te ondersoek. ✓
               • Kenners hoef nie in een plek te wees nie, ✓ en sal individueel
                 gekontak word. ✓
               • Ontwikkel ŉ vraelys met vrae oor hoe om die gehalte van hul
                 produkte te verbeter ✓ en versprei/stuur dit aan die paneellede/
                 kenners. ✓
               • Versoek die paneel om individueel te reageer op die vraelys ✓ /
                 verbeteringe aan die produkte voor te stel en dit aan die besigheid
                 terug te stuur. ✓
               • Som die antwoorde/reaksies van die kenners ✓ op in ŉ
                 terugvoeringsverslag. ✓
               • Stuur die terugvoeringsverslag en ŉ tweede stel vrae/vraelys ✓
                 gebaseer op die terugvoeringsverslag, aan die paneellede. ✓
               • Versoek die paneellede om verdere insette/idees te gee ✓ om die
                 gehalte van produkte nadat hulle die resultate/dokumentasie
                 bestudeer het. ✓

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     BESIGHEIDSTUDIES V2                                   13

                • Stuur ŉ derde vraelys ✓ gebaseer op terugvoering van die tweede
                  rondte. ✓
                • Stel ŉ finale opsomming/terugvoeringsverslag saam wat al die
                  metodes bevat ✓ waarop die gehalte van produkte verbeter kan
                  word. ✓
                • Die besigheid behoort die beste oplossing/voorstel te kies, ✓ nadat
                  hulle konsensus bereik het. ✓
                • Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing
                  van die Delphi-tegniek om besigheidsprobleme op te los.
                LET WEL: Aanvaar relevante feite indien die problem-oplossings-
                             tegniek verkeerdelik geïdentifiseer was as ŉ antwoord
                             in VRAAG 3.3.1.                                   Maks.          (4)

       3.3.3    Voordele om probleme saam met ander op te los
                •    Die probleem kan vinniger en makliker opgelos word ✓ deur saam met
                     ander te werk. ✓
                •    Werkslading neem af ✓ as almal hul deel doen. ✓
                •    Meer idees kan gegenereer word ✓ wat die kans verhoog om die beste
                     oplossings te vind. ✓
                •    Blootstelling aan ander mense se denkpatrone ✓ en aan die manier
                     waarop ander probleme benader. ✓
                •    Stel spanlede in staat om van ander te leer ✓ en hul standpunte te
                     aanvaar. ✓
                •    Groter resultate ✓ kan behaal word. ✓
                •    Spanlede het toegang ✓ tot ŉ breër basis van kennis, vaardighede en
                     kundigheid. ✓
                •    Die probleem word vanuit verskillende perspektiewe bekyk ✓ wat tot
                     beter/meer uiteenlopende insette lei. ✓
                •    Probleme word in meer detail ontleed ✓ wat tot ŉ beter begrip van die
                     probleem lei. ✓
                •    Bevorder kreatiewe denke en generering van idees ✓ deur aan soveel
                     moontlike idees te dink om probleme op te los. ✓
                •    Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele
                     daarvan om saam met ander probleme op te los.
                                                                                    Maks.     (4)
 3.4   Belangrikheid van hantering van stres
       •   Konflik en interpersoonlike probleme kan vermy word, ✓ as stres by die
           werkplek hanteer word. ✓
       •   As stres nie effektief hanteer word nie, kan dit buite beheer raak ✓ en
           gesondheidskwessies by personeel veroorsaak. ✓
       •   Gestresde werknemers is meer geneig om werk te mis, ✓ beide as ŉ manier
           om dit te hanteer en as gevolg van gesondheidsverwante probleme. ✓
       •   Die hantering van stres sal afwesigheid ✓ bekamp ten einde produktiwiteit in
           die werkplek te handhaaf. ✓
       •   Werkers wat aan stres ly, toon dikwels swak oordeel in krisis- of
           noodsituasies, ✓ en dit kan vermy word deur stres te hanteer/bestuur. ✓
       •   Griewe of klagtes wat tot personeelomset lei, kan aangespreek word ✓ as
           stres goed hanteer/bestuur word. ✓

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                BESIGHEIDSTUDIES V2                       (EC/NOVEMBER 2022)

      •   As gestresde en moeë werknemers die publiek bedien, kan dit tot swak diens
          en ontevrede kliënte lei ✓ en dit kan reggestel word deur streshantering. ✓
      •   Gestresde werknemers hou meer vas aan die ou maniere om dinge te
          doen ✓ deur verandering teen te staan en dit kan deur behoorlike hantering
          van stres beheer word. ✓
      •   Enige ander relevante antwoord wat met die belangrikheid van die hantering
          van stres in die werkplek verband hou.                                 Maks.       (4)
 3.5 Stadiums van spanontwikkeling
      3.5.1 Stadiums van spanontwikkeling vanuit gegewe scenario

                  STADIUMS VAN                            MOTIVERINGS
               SPANONTWIKKELING
             1. Vorming ✓✓                In die eerste week het hul inligting ingesamel
                                          oor die take wat hulle gaan uitvoer. ✓
             2. Prestasie/Werkverrigting/ Kort daarna was al die werknemers
                Werk as ŉ span na ŉ       bekwaam en in staat om die besluitnemings-
                doel ✓✓                   proses sonder toesig te hanteer. ✓
                          Sub-maks. (4)                                   Sub-maks. (2)

             LET WEL:      1. Sien slegs die eerste TWEE (2) stadiums na.
                           2. Ken punte toe vir die stadium van spanontwikkeling
                              selfs al is die aanhaling onvolledig.
                           3. Geen punte word vir die motivering toegeken indien
                              die stadium van spanontwikkeling verkeerd
                              geïdentifiseer is nie.
                                                                            Maks.            (6)
      3.5.2 Ander stadiums van spanontwikkeling
            Storm/Bestorming ✓✓
             •   Spanne gaan deur ŉ tydperk van ongemak/konflik ✓ na vorming. ✓
             •   Verskillende idees van spanlede sal meeding ✓ vir oorweging. ✓
             •   Spanlede maak oop teenoor mekaar ✓ en konfronteer mekaar se idees
                 / perspektiewe. ✓
             •   Spanning/stryd/argumente vind plaas en ontstel die spanlede, ✓ daar
                 mag ŉ magstryd wees vir die posisie van spanleier. ✓
             •   In sommige gevalle kan storming vinnig opgelos word, ✓ in ander
                 gevalle verlaat die span nooit hierdie stadium nie. ✓
             •   Baie spanne misluk gedurende hierdie stadium ✓ aangesien hulle nie
                 op hul taak gefokus is nie. ✓
             •   Hierdie fase kan vernietigend vir die span wees/sal negatiewe impak op
                 spanprestasie hê ✓ indien dit buite beheer raak. ✓
             •   Hierdie stadium is nodig/belangrik ✓ vir die groei van die span. ✓
             •   Sommige spanlede verdra mekaar ✓ om hierdie stadium te oorleef. ✓
             •   Enige ander relevante antwoord wat met storm/bestorming as ŉ
                 stadium van spanontwikkeling verband hou.
                                                                              Stadium (2)
                                                                       Verduideliking (2)
                                                                           Sub-maks. (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                     15

             Normering/Skikking/Versoening ✓✓

             •   Spanlede kom ooreen ✓ en bereik konsensus. ✓
             •   Rolle en verantwoordelikhede is duidelik ✓ en word aanvaar. ✓
             •   Prosesse/werkstyl en respek ontwikkel ✓ onder lede. ✓
             •   Spanlede het die ambisie om te werk ✓ vir die sukses van die span. ✓
             •   Konflik kan voorkom ✓ maar toewyding en eenheid is sterk. ✓
             •   Enige ander relevante antwoord wat met normering/skikking/
                 versoening as ŉ stadium van spanontwikkeling verband hou.
                                                                          Stadium (2)
                                                                     Verduideliking (2)
                                                                        Sub-maks. (4)

             Ontbinding/Treurtydperk ✓✓

             • Die fokus is op die voltooiing ✓ van die taak/afsluiting van die projek. ✓
             • Die ontbinding van die span kan traumaties wees, ✓ omdat spanlede
               dit moeilik mag vind om weer as individue te funksioneer. ✓
             • Alle take moet voltooi word ✓ voordat die span finaal uitmekaar kan
               gaan. ✓
             • Enige ander relevante antwoord wat met ontbinding/treurtydperk as ŉ
               stadium van spanontwikkeling verband hou.
                                                                             Stadium (2)
                                                                       Verduideliking (2)
                                                                          Sub-maks. (4)
             LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.                          Maks.       (8)

3.6    Maniere waarop werknemers stres in die werkplek kan hanteer

       •   Ontwikkel selfbewustheid om die tekens van stres en die oorsake daarvan te
           herken. ✓✓
       •   Skep ŉ gebalanseerde leefstyl en verminder uiterste emosies. ✓✓
       •   Oefen gereeld en bly fiks. ✓✓
       •   Volg ŉ gebalanseerde dieet. ✓✓
       •   Kry genoeg slaap en ontspanning. ✓✓
       •   Vervang negatiewe selfspraak deur positiewe gedagtes. ✓✓
       •   Pas goeie tydsbestuursvaardighede toe. ✓✓
       •   Stel persoonlike realistiese doelwitte en teikens. ✓✓
       •   Aanvaar dinge wat nie kan verander nie en fokus op dinge wat kan beheer
           word. ✓✓
       •   Beoefen tydsbestuur. ✓✓
       •   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
           werknemers stres in die werkplek kan hanteer.                      Maks.           (4)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              BESIGHEIDSTUDIES V2                   (EC/NOVEMBER 2022)

                                                UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                    VRAAG 3     PUNTE
                                                       3.1        3
                                                       3.2        4
                                                      3.3.1       3
                                                      3.3.2       4
                                                      3.3.3       4
                                                       3.4        4
                                                      3.5.1       6
                                                      3.5.2       8
                                                       3.6        4
                                                    TOTAAL        40

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 4.1 Tipes geskrewe inligting
     • Besigheidsverslae ✓
     • Besigheids-/Sakeplanne ✓
     • Inligtingsverslae ✓
     • Analitiese verslae ✓
     • Advertensies ✓
     LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.                 (Enige 3 x 1)     (3)

 4.2 Stappe in projekbeplanning
     • Definieer die omvang van die plan wat gedoen moet word. ✓✓
     • Identifiseer projekondersteuners. ✓✓
     • Verdeel die projek in aktiwiteite. ✓✓
     • Stel tydraamwerke op en bepaal hoe lank elke aktiwiteit neem. ✓✓
     • Stel mylpaalteikens, bv. wat is die hoof voltooiingspunt? ✓✓
     • Bepaal die aanspreeklikheid/persoon wat vir die besluit verantwoordelik
        is. ✓✓
     • Bereken die finansiële, menslike/tegniese hulpbronne wat benodig sal
        word. ✓✓
     • Teken die aktiwiteitskedule op ŉ Gantt-grafiek aan. ✓✓
     • Voer die projekplan uit. ✓✓
     • Monitor vordering. ✓✓
     • Kommunikeer en hersien die vordering van die projek. ✓✓
     • Hou rekords van alle aktiwiteite ✓✓
     • Enige ander relevante antwoord wat met die stappe in projekbeplanning
        verband hou.                                                     Maks.     (6)

 4.3 Suksesfaktore

      4.3.1    Sleutel suksesfaktore vanuit die scenario
               • Klantebasis ✓
               • Volhoubaarheid ✓
               • Uniekheid van die klere wat hy ontwerp ✓
               LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.       (Enige 3 x 1)     (3)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                   17

       4.3.2    Areas van verbetering
                • TMO moet voorstellehouers gebruik om voorstelle van personeel en
                   kliënte te ontvang. ✓✓
                • Ontwikkel hersieningsvorms. ✓✓
                • Laai webwerfkommentaar op vir terugvoering van kliënte. ✓✓
                • TMO moet op terugvoering van kliënte reageer. ✓✓
                • Gereelde sessie om die visie, besigheidstruktuur en dienslewering
                   te hersien. ✓✓
                • Hou tred met die veranderende omgewing. ✓✓
                • Ondersoek en kategoriseer mededingers. ✓✓
                • Stel doelwitte met redelike mylpale en tydlyne. ✓✓
                • Enige ander relevante antwoord wat met die moontlike areas van
                   verbetering verband hou.                                   Maks.      (4)

4.4    Redes hoekom entrepreneurs mag besluit om ŉ bestaande besigheid te
       koop
       • Makliker om befondsing te bekom ✓ indien die besigheid ŉ goeie
          geskiedenis/beeld het. ✓
       • Daar is onmiddellike kontantvloei ✓ omdat daar reeds gevestigde klante
          is. ✓
       • Marknavorsing is alreeds gedoen ✓ en daar is ŉ bestaande klantebasis. ✓
       • Daar is bestaande reëlings ✓ vir verspreiding van voorraad en personeel/
          gevestigde netwerke/ervare personeel. ✓
       • Die mark vir besigheidsprodukte of dienste ✓ is alreeds tot stand. ✓
       • Bestaan/huidige werknemers en bestuurders het ondervinding ✓ wat hulle
          van deel. ✓
       • Baie besigheidsprobleme ✓ is alreeds opgelos. ✓
       • Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes hoekom ŉ
          entrepreneur mag besluit om ŉ bestaande besigheid te koop.          Maks.       (4)

BESIGHEIDSROLLE
4.5    Voorbeelde van etiese besigheidspraktyke
       • Gebruik van billike advertensies ✓
       • Nie kinderarbeid te gebruik nie ✓
       • Alle werknemers gelyk te behandel ✓
       • Billike lone/salarisse te betaal ✓
       • Binne die wet sake te doen ✓
       • Besigheidstransaksies word openlik gedoen ✓
       • Nie betrokke te raak by onwettige sakepraktyke nie ✓
       • Om te verseker dat die omgewing nie besoedel word nie. ✓
       • Die aanneming van goeie etiese gedragkode. ✓
       • Stigting van korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsinisiatiewe. ✓
       • Moedig werknemers aan om etiese gedrag aan te neem. ✓
       • Kliënte en werknemers se inligting word nie bekend gemaak/gebruik tot
         voordeel van die besigheid nie. ✓
       • Aandeelhouers en werknemers se persoonlike belange en sakebelange
         bots nie met mekaar nie. ✓
       • Enige ander relevante antwoorde wat met voorbeelde van etiese
         besigheidspraktyke verband hou.
       LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.                      (Enige 4 x 1)    (4)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

4.6   Konflik

      4.6.1 Betekenis van konflik
            • Botsing van opinies/idees/standpunte ✓ in die werkplek. ✓
            • Meningsverskille ✓ tussen twee of meer partye in die werksplek. ✓
            • Enige ander relevante antwoord wat met die betekenis van konflik
               verband hou.                                               Maks.     (4)

      4.6.2 Oorsake van konflik
            • Gebrek aan behoorlike kommunikasie ✓ tussen bestuur en
              werkers. ✓
            • Ignorering van reëls/prosedures ✓ kan tot meningsverskille en
              konflik lei. ✓
            • Bestuur en/of werkers ✓ kan verskillende persoonlikhede/
              agtergronde hê. ✓
            • Verskillende waardes/kennisvlakke/vaardighede/ondervinding ✓
              van bestuur/werkers. ✓
            • Min/Geen samewerking ✓ tussen interne en/of eksterne partye/
              rolspelers nie. ✓
            • Gebrek aan erkenning vir goeie werk, ✓ bv. ŉ bestuurder wat nie
              waardering toon vir ekstra ure gewerk om spertye te haal nie. ✓
            • Gebrek aan werknemerontwikkeling ✓ kan frustrasievlakke verhoog,
              omdat werkers foute weens ŉ gebrek aan kennis/vaardighede kan
              herhaal. ✓
            • Onbillike dissiplinêre prosedures, ✓ bv. begunstiging/nepotisme. ✓
            • Min/Geen ondersteuning van bestuur ✓ ten opsigte van die
              verskaffing van hulpbronne en die nodige riglyne nie. ✓
            • Leierskapstyle toegepas, ✓ bv. outokratiese bestuurders kan dalk
              nie werkers se insette in ag neem nie. ✓
            • Onrealistiese spertye/Druk werkladings ✓ lei tot stres wat konflik tot
              gevolg het. ✓
            • Nie-eenstemmigheid oor gemeenskaplike sake, ✓ bv. vergoeding/
              werksure. ✓
            • Ongesonde mededinging/Interspanwedywering ✓ kan veroorsaak
              dat werkers hul fokus op spandoelwitte verloor. ✓
            • Gebrek aan toewyding/Afleiding deur persoonlike doelwitte ✓ kan
              lei tot ŉ onvermoë om voorafbepaalde teikens te bereik. ✓
            • Konstante veranderinge ✓ veroorsaak onstabiliteit. ✓
            • Gebrek aan duidelikheid ✓ oor werknemers se rolle en
              verantwoordelikhede. ✓
            • Enige ander relevante antwoord wat met oorsake van konflik in die
              werkplek verband hou.                                         Maks. (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                   19

4.7    Maniere waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe denke in
       die werkplek stimuleer

       •   Besighede moet die belangrikheid van kreatiewe denke beklemtoon deur te
           verseker dat alle personeellede weet dat hulle idees gehoor sal word. ✓✓
       •   Moedig personeel aan om met nuwe idees/opinies/oplossings vorendag te
           kom. ✓✓
       •   Moedig posuitruilings binne die organisasie aan/bestudeer hoe ander
           besighede dinge doen. ✓✓
       •   Moedig alternatiewe maniere van werk/dinge doen aan. ✓✓
       •   Reageer entoesiasties op alle idees en laat niemand minderwaardig voel
           nie. ✓✓
       •   Beloon kreatiwiteit deur beloningskemas vir spanne/individue wat kreatiewe
           idees voorstel. ✓✓
       •   Skep ŉ werksomgewing wat kreatiwiteit bevorder met min afleidings-
           middels. ✓✓
       •   Maak tyd vir dinkskrumsessies om nuwe idees te genereer, bv. gereelde
           werkswinkels/opvolgsessies om op mekaar se idees uit te brei. ✓✓
       •   Plaas voorstelhouers op verskeie plekke in die werkplek en hou
           kommunikasiekanale vir nuwe idees oop. ✓✓
       •   Lei personeel in innoverende tegnieke/kreatiewe probleemoplossings-
           vaardighede/geheuekaarte/laterale denke op. ✓✓
       •   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
           besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek
           stimuleer.                                                           Maks.      (6)
                                                                                          [40]

                                                     UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                    VRAAG 4       PUNTE
                                                       4.1           3
                                                       4.2           6
                                                      4.3.1          3
                                                      4.3.2          4
                                                       4.4           4
                                                       4.5           4
                                                      4.6.1          4
                                                      4.6.2          6
                                                       4.7           6
                                                    TOTAAL          40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                              BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING C

Sien slegs die EERSTE antwoord na.

VRAAG 5:     BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME EN
             AANBIEDING)

5.1   Inleiding
      • Die stigting van ŉ maatskappy behels uitgerekte prosedures en voltooiing
          van baie dokumente aan die Registrateur van Maatskappye. ✓
      • Die sakepersoon moet alle ondernemingsvorme ondersoek in die lig van
          sy behoeftes en situasies. ✓
      • Maatskappye is regspersone, en die stigting daarvan is as gevolg van
          wetgewing. ✓
      • Die Maatskappywet gee die reg vir die naam, simbool in enige taal aan die
          maatskappy. ✓
      • Dit is belangrik vir die aanbieder om bewus te wees van alle moontlike
          slaggate wat by die voorbereiding van ŉ aanbieding kan plaasvind. ✓
      • Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die stigtingsprosedures
          van maatskappye/voordeel van die stigting van ŉ maatskappy teenoor
          ander ondernemingsvorme/wetlike vereistes van die naam van die
          maatskappy / faktore ter voorbereiding van ŉ aanbieding oorweeg.
                                                                      (Enige 2 x 1) (2)

5.2   Stigtingsprosedures van maatskappye
      • Bepaal die minimum aantal mense wat ŉ maatskappy kan stig. ✓✓
      • Reservering van die maatskappynaam met die Registrateur van
         Maatskappye, KMIE KOR9.4 met betaling van gelde. ✓✓
      • Die opstel van ŉ Akte van Oprigting wat die regte, pligte en
         verantwoordelikhede van aandeelhouers / aard van die maatskappy /
         sekuriteite / vergaderings / direkteure aandui. ✓✓
      • Indiening van ŉ Kennisgewing van Inkorporasie om ŉ besigheid te
         begin/finansiering te bekom. ✓✓
      • Die maatskappy moet ŉ bankrekening oopmaak en met die Suid-
         Afrikaanse Inkomstediens (SAID) registreer. ✓✓
      • Registreer vir werkloosheidsversekering (WVF) by die Departement van
         Arbeid. ✓✓
      • Registreer by die Kommissaris van Vergoeding vir Beroepsbeserings en –
         siektes (KVBS) (‘COIDA’) vir die beskerming van beserings by die
         werk. ✓✓
      • Stel ŉ prospektus op om die beleggers in te lig oor die maatskappy en
         aandele wat beskikbaar is. ✓✓
      • Enige ander relevante antwoord wat met die stigtings-prosedure van
         maatskappye verband hou.                                           Maks.    (12)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                  21

5.3    Voordele van die stigting        van   ŉ   maatskappy     teenoor    ander
       ondernemingsvorme

       Wetlike status en aanspreeklikheid
       • Maatskappye is as ŉ regspersoon ✓ anders as eenmansaak en
         vennootskap geregistreer. ✓
       • Die private bates van aandeelhouers word beskerm omdat hulle beperkte
         aanspreeklikheid het ✓ met die uitsondering van maatskappye met
         persoonlike aanspreeklikheid, eenmansaak en vennootskap. ✓
       • Aandeelhouers het geen direkte regsverantwoordelikheid nie, ✓ slegs die
         geld wat hulle belê het. ✓
       • Maatskappye besit hul eie name ✓ en word beskerm, anders as ŉ
         eenmansaak en vennootskap. ✓
       • Enige ander relevante antwoord wat met wetlike status en aanspreeklikheid
         van ŉ maatskappy verband hou.
                                                                       Sub-maks.        (4)

       Kapitaal en kontantvloei
       • ŉ Maatskappy kan meer beleggers lok ✓ om langtermyn groeigeleenthede
         te finansier. ✓
       • Maatskappye het ŉ beter kontantvloei ✓ as alleenhandelaars en
         vennootskappe. ✓
       • ŉ Maatskappy is nie beperk tot die individuele bydrae van die lede se
         kapitaal, ✓ soos in die geval van ŉ eenmansaak nie. ✓
       • Direkteure hoef nie persoonlike lenings uit te neem om die besigheid te
         laat groei nie; ✓ aandele kan eerder as geldeenheid gebruik word. ✓
       • Enige ander relevante antwoord wat met kapitaal en kontantvloei van ŉ
         maatskappy verband hou.
                                                                         Sub-maks.      (4)

       Eienaarskap en bestuur
       • Aandeelhouers kan aandele in ŉ publieke maatskappy ✓ vrylik koop en
          verkoop. ✓
       • Die maatskappy word deur ŉ gekwalifiseerde ✓ en bekwame raad van
          direkteure bestuur ✓
       • Dit is minder waarskynlik dat ŉ maatskappy konsultante gebruik, ✓
          aangesien dit oor ŉ groter aantal vaardighede en kundigheid beskik. ✓
       • Direkteure neem meer risiko’s ✓ en laat groei-geleenthede vir die
          besigheid toe. ✓
       • Enige ander relevante antwoord wat met eienaarskap en bestuur van ŉ
          maatskappy verband hou.
                                                                        Sub-maks.      (4)
                                                                             Maks.    (12)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                              BESIGHEIDSTUDIES V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

5.4   Wetlike vereistes van die naam van ŉ maatskappy
      • Die naam van ŉ maatskappy moet oorspronklik wees ✓ en moet ook nie
        misleidend wees nie. ✓
      • ŉ Maatskappy se naam moet op alle maatskappydokumente verskyn, ✓
        bv. op briefhoofde. ✓
      • Om ŉ naam vir ŉ maatskappy te reserveer, is die eerste stap om ŉ
        maatskappy te registreer, ✓ maar dit is nie verpligtend nie. ✓
      • Name kan vir 'n tydperk van 6 maande gereserveer word ✓ deur die
        CIPC. ✓
      • Die naam moet nie eenders/soortgelyk as ✓ enige ander maatskappy s’n
        wees nie behalwe as dit ŉ groep is. ✓
      • Die naam moet nie vir ŉ persoon impliseer/voorstel/mislei ✓ om te glo dat
        die maatskappy deel is van ŉ ander persoon/besigheid/die staat/regering
        nie. ✓
      • Die naam moet nie aanstoot gee/geweld/haat bevorder ✓ of skade
        berokken nie. ✓
      • Die naam moet nie verkort ✓ en vertaal word nie. ✓
      • Die naam van ŉ maatskappy moet die tipe maatskappy soos volg aandui:
      • Die naam van ŉ maatskappy moet eindig met ✓ NPC/Bpk./(Edms.) Bpk./
        PLC/SOC. ✓
      • Enige ander relevante antwoord wat met die wetlike vereistes van die
        naam van ŉ maatskappy verband hou.                                  Maks.    (12)

5.5   Faktore te oorweeg ter voorbereiding van ŉ aanbieding
      • Duidelike voorneme/bedoelings/doelstellings en hoofpunte van die
         aanbieding moet bepaal word. ✓✓
      • Hoofpunte in die inleiding en openingstelling van die aanbieding
         saamgevat. ✓✓
      • Inligting aangebied behoort relevant en akkuraat te wees. ✓✓
      • Ten volle vertroud wees met die inhoud of doelstellings van die
         aanbieding. ✓✓
      • Agtergrond/Diversiteit/Grootte/Voorkennis van die gehoor om te bepaal
         watter visuele hulpmiddele toepaslik sal wees. ✓✓
      • Berei ŉ rowwe konsep van die aanbieding voor met logiese struktuur/
         formaat/inleiding, lyf en slot/samevatting. ✓✓
      • Slot/Samevatting toon ŉ opsomming van die sleutelfeite aan en hoe dit
         aanpas by die doelstellings/toon dat alle aspekte aangespreek is. ✓✓
      • Ontwerp/Ontwikkel/Skep visuele hulpmiddele wat inligting/feite wat aan
         die gehoor oorgedra moet word, sal saamvat/konsolideer. ✓✓
      • Verkry inligting oor die plek waar die aanbieding gaan plaasvind, bv. watter
         toerusting beskikbaar/toepaslik is/beskikbaarheid van kragopwekkers om
         tydens kragonderbrekings/beurtkrag te gebruik. ✓✓
      • Oorweeg die tydraamwerk vir die aanbieding, bv. vyftien minute beskikbaar
         vir die aanbieding. ✓✓
      • Oefen/Repeteer om ŉ selfversekerde aanbieding te verseker/om tyd
         doeltreffend te gebruik. ✓✓
      • Berei vir die terugvoeringsessie voor, deur moontlike vrae/kommentaar te
         voorspel/daarvoor voorsiening te maak. ✓✓
      • Enige ander relevante antwoord wat met die faktore wat oorweeg moet
         word ter voorbereiding van hul aanbieding verband hou.
                                                                             Maks. (10)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/84d648ba-dfe3-4a69-9d00-34f8f358eba7) — Business Studies · Memo · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr11-nov2019-afrikaans/276d73b5-805d-4a66-8f13-3236894f6ae5) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/0fde7f10-1ecf-4183-a62b-1173e101cd03) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUS STUDIES GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-gr11-memo-nov2017-afrikaans/6bed611b-a43c-4766-bd4c-bb9812fe2f1f) — Business Studies · Memo · 2017 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr11-memo-nov2020-afrikaans/d415e57a-74f6-4544-a393-cfee59562c2a) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [BUS STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/19a9bef4-9932-4c99-b238-9d7931496d7e) — Business Studies · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BSTD P1 GRADE 11 Nov 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/bstd-p1-grade-11-nov-2025-eng-watermark/b5362a29-5f40-4f92-b1b7-51e2b5614b0b) — QP · 2025 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/a2210101-6ab3-4ded-8e8a-8ac2b096ea10) — QP · 2025 · Afr
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
