# Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-may-june-2025-afr/e56a1ccb-2463-4633-a32f-7a35a5b59360
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-may-june-2025-afr/e56a1ccb-2463-4633-a32f-7a35a5b59360)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           BESIGHEIDSTUDIES V2

                                MEI/JUNIE 2025

                                                                  PUNTE: 150

                                                                    TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Besigheidstudies/V2                                   2                       DBE/Mei/Junie 2025
                                               SS/NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

           AFDELING A: VERPLIGTEND
           AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
           AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
                       Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

 2.        Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
           wat vereis word.

           Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
           AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
           nagesien sal word.

 3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
           genommer is NIE.

 4.        Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
           wees.

 5.        Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
           van 'n antwoord te bepaal.

 6.        Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
           elke vraag beantwoord.

                        AFDELING                             VRAAG     PUNTE           TYD
                                                                                     (minute)
           A: Objektiewe tipe vrae
                                                                   1    30              20
              VERPLIGTEND

           B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae                     2    40
              KEUSE:                                                                    70
                                                                   3    40
              Beantwoord enige TWEE.                               4    40

           C: TWEE opsteltipe vrae                                 5    40              30
              KEUSE:
              Beantwoord enige EEN.                                6    40

                         TOTAAL                                         150             120

 7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
           bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

 8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.        Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Besigheidstudies/V2                            3                         DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

           1.1.1      Die kernfunksie van bestuur in 'n besigheid is om …

                      A   nuwe idees aan te moedig sodat produktiwiteit verhoog.
                      B   werknemers te lei om aktiewe deelnemers in die werkplek te
                          word.
                      C   inspirerend in hul benadering tot werk te wees.
                      D   planne en take te administreer om vasgestelde teikens te bereik.

           1.1.2      Rozette het 'n bedrag van R40 000 in 'n vaste deposito teen 10%
                      saamgestelde rente per jaar vir twee jaar by Maropeng Bank belê.
                      Rozette sal … ná twee jaar as rente ontvang.

                      A   R48 000
                      B   R8 400
                      C   R48 400
                      D   R8 000

           1.1.3      Besighede wat sosiale regte in die werkplek bevorder, …

                      A   verskaf opleidingsgeleenthede aan werknemers.
                      B   betaal werknemers ewe veel vir werk van gelyke waarde.
                      C   laat werknemers toe om aan wettige stakings deel te neem.
                      D   verskaf billike werksure aan werknemers.

           1.1.4      Beauty, 'n werknemer van Brown Groothandelaars, neem gereeld
                      verlengde middagetepouses. Dit is 'n voorbeeld van … as 'n tipe
                      onprofessionele sakepraktyk.

                      A   seksuele teistering
                      B   misbruik van werktyd
                      C   gemagtigde gebruik van werktyd
                      D   misbruik van mag

           1.1.5      Senior bestuurders hanteer … werknemers as 'n tipe moeilike
                      persoonlikheid deur tyd toe te laat vir hulle om te praat sonder om
                      vyandig teenoor ander werknemers te wees.

                      A   besluitlose
                      B   negatiewe
                      C   aggressiewe
                      D   kundige                                                   (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Besigheidstudies/V2                           4                            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 1.2       Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
           Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

            versekerbare belang; belasting; planeet; werknemer; charismatiese;
               laissez-faire; werkgewer; uiterste goeie trou; profyt; wetgewing

           1.2.1      Leiers pas die … leierskapstyl toe wanneer hulle die visie van die
                      besigheid bevorder om uitstekende resultate te bereik.

           1.2.2      Die finansiële state van Berry NWM word geoudit, wat tot die
                      doeltreffende gebruik van hulpbronne lei. Dit verwys na … as 'n
                      faktor wat tot die sukses van 'n besigheid bydra.

           1.2.3      Die versekeringsbeginsel van … is van toepassing as die
                      versekerde alle relevante inligting aan die versekeraar bekend
                      maak.

           1.2.4      Silverton     Vervaardiging   gebruik   energiedoeltreffende
                      produksiemetodes. Dit verwys na die … as 'n element van die
                      drievoudige sleutelaspek.

           1.2.5      Die verantwoordelikheid van die … is om persoonlike beskermende
                      klere te verskaf om gevare in die werkplek te verminder.  (5 x 2)           (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Besigheidstudies/V2                          5                              DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
           die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                        KOLOM A                                     KOLOM B
           1.3.1      Bonusaandele                A       genereer en evalueer krities
                                                          alternatiewe oplossings
           1.3.2      Verpligte versekering
                                                  B       visuele hulpmiddel wat spesiale
           1.3.3      Blaaiborde                          sagteware-lisensies benodig

           1.3.4      Probleemoplossing           C       stel realistiese doelwitte oor wat
                                                          bereik moet word
           1.3.5      Kommunikasie
                                                  D       uitgereik as vergoeding aan
                                                          aandeelhouers vir onbetaalde
                                                          dividende

                                                  E       betaling in die vorm van 'n
                                                          vrywillige premie om 'n spesifieke
                                                          risiko te dek

                                                  F       visuele hulpmiddel wat gebruik
                                                          word om idees gedurende
                                                          terugvoeringsessies op te som

                                                  G       oorweeg verskillende
                                                          alternatiewe voordat op die beste
                                                          een besluit word

                                                  H       uitgereik as vergoeding aan die
                                                          promotors van 'n maatskappy

                                                  I       betaling in die vorm van heffings
                                                          in 'n gemeenskaplike fonds, soos
                                                          deur die wet vereis word

                                                  J       stel prosedures vir spanwerk op
                                                          sodat lede hul rolle verstaan
                                                                                        (5 x 2)    (10)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Besigheidstudies/V2                           6                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
                op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 2.1       Gee enige VIER voorbeelde van korttermynversekering.                                  (4)

 2.2       Beskryf kortliks die voordele van effektetrusts as 'n beleggingsvorm.                 (4)

 2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                RIVIER TUINMAAKDIENSTE (RT)

           Rivier Tuinmaakdienste gebruik 'n stelsel van belonings en strafmaatreëls om
           werknemers te motiveer om hulle doelwitte en doelstellings te bereik.
           RT het ook opleiding aan hul streeksbestuurders gegee oor die rol van
           persoonlike houding in suksesvolle leierskap.

           2.3.1      Noem die leierskapstyl in die scenario hierbo wat op RT van
                      toepassing is.                                                             (2)

           2.3.2      Beskryf die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap.          (4)

 2.4       Bespreek die transformasie-leierskapsteorie.                                          (6)

 2.5       Gee besighede raad oor die voordele van versekering vir besighede.                    (4)

 2.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 FREEWAY KONSULTANTE (FK)

           Freeway Konsultante het Kate, die bemarkingsbestuurder, versoek om 'n
           multimedia-aanbieding te ontwerp. Kate het die inligting in 'n logiese volgorde
           gestruktureer sodat die gehoor dit kan volg. Sy het hiperskakels geskep om
           vinnige toegang tot ander lêers te verkry. Daar word ook van Kate verwag om
           te reageer op vrae wat ná afloop van die aanbieding gestel word.

           2.6.1      Haal TWEE aspekte aan wat Kate oorweeg het om 'n multimedia-
                      aanbieding te ontwerp.                                                     (2)

           2.6.2      Verduidelik hoe Kate op vrae, ná afloop van die aanbieding, op 'n
                      nie-aggressiewe en professionele wyse moet reageer.                        (4)

 2.7       Bespreek die impak van uitdeelstukke as 'n tipe visuele hulpmiddel.                   (6)

 2.8       Gee besighede raad oor hoe kapitaal tot die sukses en/of mislukking van 'n
           privaat maatskappy kan bydra.                                                         (4)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Besigheidstudies/V2                           7                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

 3.1       Noem enige VIER menseregte in die werkplek.                                              (4)

 3.2       Beskryf kortliks die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                       (6)

 3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   MASEGO SOETGEBAK (MS)

           Masego     Soetgebak     het   verskillende     korporatiewe  maatskaplike
           verantwoordelikheids(KMV)-programme geïmplementeer. Hierdie KMV-
           programme maak dit vir MS moontlik om belastingafslag te ontvang. Hulle het
           die entrepreneursvaardighede van nabygeleë gemeenskappe verbeter. MS
           geniet ook die ondersteuning wat hulle van hierdie gemeenskappe ontvang.

           3.3.1      Haal TWEE voordele uit die scenario hierbo aan van korporatiewe
                      maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) vir MS.                                (2)

           3.3.2      Gee MS raad oor ander voordele van KMV vir besighede.                         (4)

 3.4       Bespreek enige TWEE stadiums van spanontwikkeling.                                       (6)

 3.5       Verduidelik maniere waarop besighede MIV/Vigs as 'n sosio-ekonomiese
           kwessie kan hanteer.                                                                     (6)

 3.6       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       DESAI MOTORS (DM)

           Desai Motors hanteer diversiteitskwessies in die werkplek. Hulle berei spesiale
           kos vir werknemers met verskillende oortuigings voor. DM trek heelwat
           voordeel uit 'n diverse arbeidsmag.

           3.6.1      Identifiseer die diversiteitskwessie wat DM in die scenario hierbo
                      aangespreek het.                                                              (2)

           3.6.2      Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.                        (6)

 3.7       Beveel maniere aan waarop besighede die ongemagtigde gebruik van
           werkplekfondse en hulpbronne as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk kan
           hanteer.                                                                                 (4)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Besigheidstudies/V2                          8                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
 BESIGHEIDSGELEENTHEDE
 4.1       Gee enige TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedinge.                                (2)
 4.2       Beskryf kortliks die verskil tussen beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte
           aanspreeklikheid.                                                                    (4)
 4.3       Identifiseer die versekeringskonsep van toepassing op Rachel Handelaars in
           ELKE stelling hieronder.
           4.3.1      Die versekeringsmaatskappy het Rachel Handelaars se beskadigde
                      toerusting vervang, in plaas daarvan om hulle vir hulle finansiële
                      verlies te vergoed.                                                       (2)
           4.3.2      Rachel Handelaars het 'n vaste bedrag as voorbetaling aan die
                      versekeringsmaatskappy betaal toe hulle 'n eis vir 'n gesteelde
                      skootrekenaar ingedien het.                                               (2)
 4.4       Bespreek die kenmerke van 'n vennootskap.                                            (6)
 4.5       Gee besighede raad oor die positiewe impak van die demokratiese
           leierskapstyl.                                                                       (4)
 BESIGHEIDSROLLE
 4.6       Noem die VIER fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering (KMI).            (4)
 4.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                   CHETTY UITGEWERS (CU)
           Chetty Uitgewers het verskillende probleemoplossingstegnieke oorweeg toe
           hulle hulle produksiestelsel verander het. Hulle het 'n opsomming gemaak van
           die faktore wat die voorgestelde verandering ondersteun en teenstaan. Die
           werknemers van CU het ook groepies gevorm waarin hulle eers in stilte idees
           gegenereer het voordat hulle dit met ander gedeel het.

           Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur CU toegepas is.
           Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
           Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.7 te beantwoord.

          PROBLEEMOPLOSSINGSTEGNIEKE                          MOTIVERINGS
          1.
          2.                                                                                    (6)

 4.8       Bespreek strategieë wat besighede kan gebruik om die omgewing en menslike
           gesondheid te beskerm.                                                               (6)
 4.9       Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan
           hanteer.                                                                             (4)
                                                                                                [40]
                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Besigheidstudies/V2                          9                            DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 AFDELING C

 Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

 LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n
                NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

 VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)

 Die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) verskaf verskillende finansiële vooruitsigte
 aan beleggers. Beleggers moet 'n omvattende begrip van die verskillende tipes
 beleggingsgeleenthede en hulle risikofaktore hê. Regering-/RSA-kleinhandel-
 spaareffekte is een van die mees verkose beleggingsvorme, maar sommige beleggers
 belê ook in voorkeuraandele.

 Skryf 'n opstel oor beleggingsekuriteite waarby jy die volgende aspekte insluit:

 • Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE).
 • Verduidelik die volgende tipes beleggingsgeleenthede en hulle risikofaktore:
   o Skuldbriewe
   o Waagkapitaal
 • Bespreek die impak van Regering-/RSA-kleinhandelspaareffekte as                       'n
   beleggingsvorm.
 • Gee besighede raad oor die regte van voorkeuraandeelhouers.                                 [40]

 VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME)

 Besighede het 'n verantwoordelikheid om hulle besigheidsaktiwiteite eties en
 professioneel uit te voer, deur die King-kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur te
 volg. Dit word van hulle vereis om te verstaan hoe die verskillende onetiese
 sakepraktyke uitdagings vir besighede inhou. Besighede is ook verplig om hul
 sakepraktyke op 'n professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe wyse uit te
 voer.

 Skryf 'n opstel oor etiek en professionalisme waarby jy die volgende aspekte insluit:

 • Beskryf kortliks die verskille tussen etiese gedrag en professionele gedrag.
 • Verduidelik hoe besighede die volgende King-kode-beginsels van goeie
   korporatiewe bestuur kan toepas om etiese sakepraktyke te verbeter:
   o Deursigtigheid
   o Aanspreeklikheid
 • Bespreek hoe die DRIE tipes onetiese sakepraktyke uitdagings vir besighede inhou.
 • Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
   sakepraktyke uitgevoer behoort te word.                                                     [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                     GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Business Studies · Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-may-june-2023-eng/57a811d0-088b-46fe-8e70-76637c58ad93) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Business Studies · Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Business Studies · Memo · 2025

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-12-september-2024-p2-and-memo/537bb816-a58a-49d5-99f5-3d09148dcd57) — Memo · 2024
- [Business Studies NSC P1 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nsc-p1-memo-may-june-2024-limpopo/12cc16ee-3850-423c-ad6f-617854955f54) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
