# Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2021-afr/3f942afd-a483-4a28-8687-2245aebc5df7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2021-afr/3f942afd-a483-4a28-8687-2245aebc5df7)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     NASIONALE
                                 SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                BESIGHEIDSTUDIES V2

                                    NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                         2                          DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                           Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
                           afdeling.
          AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                           Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2.        Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
          van wat vereis word.
          Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die
          EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word.
3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat
          verkeerd genommer is NIE.
4.        Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
          geskryf word.
5.        Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
          van 'n antwoord te bepaal.
6.        Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer
          jy elke vraag beantwoord.

                       AFDELING               VRAAG          PUNTE           TYD
                                                                           (minute)
          A: Objektiewe tipe vrae
                                                  1             30             20
             VERPLIGTEND

          B: DRIE direkte/indirekte tipe          2             40
             vrae
                                                  3             40             70
             KEUSE:
             Beantwoord enige TWEE.               4             40

          C: TWEE opsteltipe vrae                 5             40
             KEUSE:                                                            30
             Beantwoord enige EEN.                6             40

                       TOTAAL                                  150            120

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
          bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                             3                            DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

          1.1.1       Greg is altyd gewillig om in sy loopbaan te leer en te groei. Dit is 'n
                      voorbeeld van … in suksesvolle leierskap.

                      A   ondernemingseienskappe
                      B   persoonlike ingesteldheid
                      C   eienskappe van leiers
                      D   persoonlike gedrag

          1.1.2       Vennote moet ŉ geskrewe vennootskapsooreenkoms opstel. Dit
                      verwys na … as 'n kriterium wat tot die sukses van die besigheid
                      bydra.

                      A   kapitaal
                      B   bestuur
                      C   wetgewing
                      D   winsverdeling

          1.1.3       Bulelwa Ondernemings het R4 000 teen 8% enkelvoudige rente
                      per jaar belê. Hulle sal aan die einde van 18 maande 'n bedrag
                      van … as rente ontvang.

                      A   R489
                      B   R320
                      C   R380
                      D   R480

          1.1.4       Marie Winkels het die voordele en nadele van elke voorgestelde
                      oplossing oorweeg. Hierdie probleemoplossingstap staan as …
                      bekend.

                      A   definieer die probleem
                      B   evalueer alternatiewe oplossings
                      C   implementeer die beste oplossing
                      D   identifiseer alternatiewe oplossings

          1.1.5       Spandinamika-teorieë stel besighede in staat om take volgens …
                      toe te ken.

                      A   spanlede se rolle
                      B   eenderse persoonlikheidseienskappe
                      C   die aard van die probleem
                      D   die spanlid se moraal                                       (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            4                         DBE/November 2021
                                              NSS

1.2       Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
          gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
          die ANTWOORDEBOEK neer.

             bybetaling; aandele; dinkskrum; griewe; MIV/Vigs; skuldbriewe;
                       werkloosheid; nominale groep; premie; konflik

          1.2.1        Die versekeraar het versoek dat Sue Winkels eers 'n bedrag van
                       R3 000 as … betaal wanneer hulle vir skade aan hulle voertuig eis.

          1.2.2        Teko Beperk het … uitgereik om leningskapitaal by die publiek
                       te verkry.

          1.2.3        Die werknemers van GH Handelaars het die …-probleem-
                       oplossingstegniek toegepas toe hulle hardop idees gedeel het oor
                       hoe om 'n besigheidsprobleem op te los.

          1.2.4        John, 'n ontevrede werknemer, het die …-prosedure gevolg toe hy
                       ŉ werksverwante kwessie mondelings aan sy toesighouer
                       gerapporteer het.

          1.2.5        Besighede hanteer … as 'n sosio-ekonomiese kwessie deur
                       beurse aan die gemeenskap te bied om die vlak van onderwys te
                       verbeter.                                              (5 x 2) (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                                5                            DBE/November 2021
                                                  NSS

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                       KOLOM A                                       KOLOM B
          1.3.1       Leiers                  A         daar kan op aandeelhouers se
                                                        persoonlike bates beslag gelê word om
          1.3.2       Inligtingstukke                   vir die skuld van die besigheid te
                                                        betaal
          1.3.3       Beperkte
                      aanspreeklikheid        B         werknemers gebruik besigheidsbronne
                                                        vir persoonlike gewin
          1.3.4       Misbruik van werkstyd
                                              C         kommunikeer met werknemers deur
          1.3.5      Gesondheids- en                    lynfunksies
                     veiligheidsverteen-
                     woordigers               D         verwyder potensiële gevare deur
                                                        persoonlike beskermingsdrag te
                                                        verskaf

                                              E         elektroniese inligting wat tydens 'n
                                                        aanbieding op die skerm gesien kan
                                                        word

                                              F         kommunikeer deur middel van
                                                        interaksie met werknemers

                                              G         aandeelhouers verloor slegs kapitaal
                                                        belê om vir die skuld van die besigheid
                                                        te betaal

                                              H         werknemers maak gedurende
                                                        kantoorure persoonlike oproepe

                                              I         gedrukte inligting wat aan die einde
                                                        van 'n aanbieding aan die gehoor
                                                        gegee word

                                              J         identifiseer potensiële gevare in die
                                                        werksplek
                                                                                          (5 x 2)       (10)

                                                                       TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                         6                           DBE/November 2021
                                           NSS

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
              op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: SAKEGELEENTHEDE

2.1      Noem enige DRIE tipes voordele wat deur die Werkloosheidsversekerings-
         fonds (WVF) uitbetaal word.                                                           (3)

2.2      Beskryf kortliks faktore wat gedurende 'n aanbieding deur die aanbieder in ag
         geneem moet word.                                                                     (6)

2.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                     REDDY BEPERK (RB)

         Reddy Beperk bied verskillende tipes voorkeuraandele aan aandeelhouers.
         Party aandeelhouers het aandele gekoop wat hulle nie toelaat om vorige
         dividende te ontvang nie. Ander het aandele gekies wat hulle toegelaat het
         om in die surpluswins van die besigheid te deel.

         Identifiseer TWEE soorte voorkeuraandele wat deur RB aangebied word.
         Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

         Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.3 te beantwoord.

             SOORTE VOORKEURAANDELE                        MOTIVERINGS
           1.
           2.                                                                                  (6)

2.4      Verduidelik die verskil tussen die demokratiese en outokratiese leierskap-
         style.                                                                                (4)

2.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 CARDIA KOMMUNIKASIE (CK)

         Samantha, die finansiële konsultant by Cardia Kommunikasie, het die
         finansiële verslag aan die belanghebbendes van die besigheid voorgelê. Sy
         het besluit om skyfies te gebruik wat gedurende haar aanbieding op 'n skerm
         geprojekteer is.

         2.5.1         Identifiseer die visuele hulpmiddel wat Samantha in haar
                       aanbieding gebruik het. Motiveer jou antwoord deur uit die
                       scenario hierbo aan te haal.                                            (3)

         2.5.2         Verduidelik die voordele van die visuele hulpmiddel wat in
                       VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is.                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                        7                         DBE/November 2021
                                          NSS

2.6       Bespreek hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van 'n
          eenmansaak kan bydra:

          2.6.1        Belasting                                                            (4)

          2.6.2        Winsverdeling                                                        (4)

2.7       Stel situasies voor waar die transaksionele leierskapstyl in die werksplek
          toegepas kan word.                                                                (6)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                          8                           DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1       Noem VYF stadiums van spanontwikkeling.                                                 (5)

3.2       Beskryf kortliks TWEE oorsake van konflik in die werksplek.                             (4)

3.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            MAZARS SKOENVERVAARDIGER (MSV)

          Mazars Skoenvervaardiger is bekend vir die vervaardiging van hoëkwaliteit-
          produkte. Die bestuur van MSV het besluit om hulle surplusfondse in die
          gemeenskap, landelike ontwikkeling en werknemers te belê.

          3.3.1        Noem DRIE fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering
                       (KMI) in die scenario hierbo.                                              (3)

          3.3.2        Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike investering
                       (KMI) op MSV as 'n besigheid.                                              (6)

3.4       Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werksplek.                          (6)

3.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 MOUNTAIN HANDELAARS (MH)

          Mountain Handelaars verkoop kamptoerusting by verskillende afsetpunte.
          Die werknemers van MH word ongeag ras of geslag dieselfde geleenthede
          gegee. Hulle laat oop kommunikasiekanale tussen bestuur en werknemers
          toe.

          Identifiseer TWEE menseregte wat deur MH bevorder word. Motiveer jou
          antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

          Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord.

                        MENSEREGTE                          MOTIVERINGS
           1.
           2.                                                                                     (6)

3.6       Bespreek    die   voordele       van    kragveld-analise      om     komplekse
          besigheidsprobleme op te los.                                                           (4)

3.7       Beveel maniere aan waarop besighede kulturele regte in die werksplek kan
          bevorder.                                                                               (6)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                          9                            DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1       Beskryf kortliks enige DRIE          funksies    van    die    Johannesburgse
          Sekuriteitebeurs (die JSE).                                                              (6)

4.2       Identifiseer die leierskapsteorie wat Lethabo toepas om sy werknemers te
          bestuur in ELKE stelling hieronder:

          4.2.1        Lethabo gebruik   verskillende   leierskapstyle   in    verskillende
                       omstandighede.                                                              (2)

          4.2.2        Hy moedig sy werknemers aan om kreatief te wees en om nuwe
                       maniere te ondersoek om dinge te doen.                                      (2)

4.3       Verduidelik die voordele van 'n staatsbeheerde maatskappy.                               (4)

4.4       Evalueer die impak van effektetrusts as 'n vorm van belegging.                           (6)

BESIGHEIDSROLLE

4.5       Brei uit oor die betekenis van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
          (KMV).                                                                                   (4)

4.6       Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming.                                     (4)

4.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  ZULU GEÏNKORPOREER (ZG)

          Zulu Geïnkorporeer het 'n werksmag wat uit 'n paar moeilike werknemers
          bestaan. Die bestuur van ZG het privaat met hierdie werknemers gepraat
          sodat ander werknemers se aandag nie afgelei sou word nie. Hulle het ook
          riglyne verskaf oor hoe werknemers hulle gedrag kan verbeter.

          4.7.1        Haal TWEE maniere waarop ZG moeilike werknemers hanteer uit
                       die scenario hierbo aan.                                                    (2)

          4.7.2        Verduidelik ander maniere waarop ZG moeilike werknemers in die
                       werksplek kan hanteer.                                                      (4)

4.8       Gee besighede raad oor die voordele van diversiteit in die werksplek.                    (6)
                                                                                                   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                          10                           DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
              op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: SAKEGELEENTHEDE (VERSEKERING)

Sommige besighede is nie vertroud met die verskille tussen oorversekering en
onderversekering nie. Ander pas die beginsels van versekering toe wanneer 'n
versekeringskontrak gesluit word. Baie besighede beskou die registrasie van
werknemers by die Vergoedingsfonds/'COIDA' as 'n administratiewe las.

Skryf 'n opstel oor versekering waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf kortliks die verskille tussen oorversekering en onderversekering.
   Verduidelik enige DRIE beginsels van versekering.
   Bespreek die voordele van versekering vir besighede.
   Gee besighede raad oor die Vergoedingsfonds ten opsigte van die 'COIDA' as 'n
    tipe verpligte versekering.                                                               [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME)

Professionele gedrag vorm deel van doeltreffende sakepraktyk wat werknemers se
optrede by die werksplek bestuur. Baie besighede is dit eens dat onetiese
sakepraktyke 'n negatiewe impak op hulle bedrywighede het. Suksesvolle besighede
ontwikkel strategieë om onetiese sakepraktyke te hanteer.

Skryf 'n opstel oor etiek en professionalisme waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Brei uit oor die betekenis van professionele gedrag.
   Verduidelik hoe die DRIE tipes onetiese sakepraktyke 'n uitdaging vir besighede is.
   Bespreek maniere waarop besighede hierdie tipes onetiese sakepraktyke in die
    werksplek kan hanteer.
   Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en doeltreffende
    sakepraktyk behartig moet word.                                                           [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nsc-nov-2020-eng-2/10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 ENG FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-eng-final-d/4e9c0538-8fd6-4ca0-89c3-640e69a1a87f) — Business Studies · QP · 2021 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 AFR FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-afr-final-d/83aed034-a495-4a63-acaf-34c9f53189d9) — Business Studies · QP · 2021 · Afr
- [2021 KZN June QP](https://www.hlayiso.com/library/2021-kzn-june-qp/b1080315-ac08-4685-b0da-4bdb13e47300) — Business Studies · QP · 2021
- [Business Studies P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2022-afr/54151221-3151-450a-8f2a-8e918eaa1694) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2020-afr/503638a8-95e3-4666-94f1-30461839bacf) — Business Studies · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
