# Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2023-afr-1/7eb381c9-009f-436e-bd82-0b6fab09ca31
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2023-afr-1/7eb381c9-009f-436e-bd82-0b6fab09ca31)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           BESIGHEIDSTUDIES V2

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                        2                           DBE/November 2023
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

        Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
        AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
        nagesien sal word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                      AFDELING                   VRAAG         PUNTE             TYD
                                                                               (minute)
        A: Objektiewe tipe vrae
                                                    1            30              20
           VERPLIGTEND

        B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae         2            40
           KEUSE:                                                                70
                                                    3            40
           Beantwoord enige TWEE.                   4            40

        C: TWEE opsteltipe vrae                     5            40              30
           KEUSE:
           Beantwoord enige EEN.                    6            40

                      TOTAAL                                     150             120

7.      Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
        bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                             3                         DBE/November 2023
                                               NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

          1.1.1       Mandla het die … leierskapsteorie toegepas toe hy sy span
                      aangemoedig het om kreatief te wees wanneer drastiese
                      veranderinge in 'n dinamiese werksomgewing hanteer word.

                      A    situasionele
                      B    leiers-en-volgelinge-
                      C    transformasie-
                      D    transaksionele

          1.1.2       Die direkteure van 'n … maatskappy is gesamentlik en afsonderlik
                      verantwoordelik vir die skulde van die besigheid.

                      A    nie-winsgewende
                      B    persoonlike-aanspreeklikheids-
                      C    staatsbeheerde
                      D    privaat

          1.1.3       Die hoofsom bly onveranderd vir die               tydperk   van    die
                      beleggingsperiode wanneer … bereken word.

                      A    enkelvoudige rente
                      B    kapitaalwins
                      C    saamgestelde rente
                      D    dividende

          1.1.4       Werknemers van Ntsako Handelaars het sonder toestemming ná
                      werksure die internetfasiliteite van die besigheid gebruik. Dit verwys
                      na … as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk.

                      A    onproduktiewe werknemers
                      B    misbruik van werktyd
                      C    moeilike werknemers
                      D    ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne

          1.1.5       Besighede ontwikkel beradingsprogramme en lei raadgewers op as
                      'n strategie om … as 'n sosio-ekonomiese kwessie te hanteer.

                      A    armoede
                      B    MIV/Vigs
                      C    inklusiwiteit
                      D    werkloosheid                                              (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            4                         DBE/November 2023
                                              NSS

1.2.     Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

               planeet; kundige; koöperasie; oorverseker; besluitneming;
             vennootskap; onderverseker; probleemoplossing; klaer; persone

         1.2.1        Die aweryklousule word toegepas wanneer bates … is om die
                      bedrag te bepaal wat aan die versekerde uitbetaal sal word.

         1.2.2        Die … as 'n ondernemingsvorm het geen wetlike persoonlikheid nie
                      en het 'n gebrek aan kontinuïteit.

         1.2.3        Fuze Ondernemings fokus op … as 'n drievoudige sleutelaspek-
                      element deur aan projekte deel te neem wat daarop gemik is om
                      gemeenskappe op te hef.

         1.2.4        'n Bestuurder oorweeg verskeie alternatiewe voordat die beste een
                      geselekteer word. Dit staan as … bekend.

         1.2.5        Tim, die toesighouer, is ferm en selfversekerd met die hantering van
                      'n … as 'n tipe moeilike persoonlikheid.                      (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            5                        DBE/November 2023
                                              NSS

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                       KOLOM A                                  KOLOM B
          1.3.1       Bonusaandele             A    'n groot groep werknemers maak
                                                    voorstelle om nuwe gedagtes te
          1.3.2       Bestuur                       inspireer

          1.3.3       Delphi-tegniek           B    bevorder 'n platform vir werknemers
                                                    om hulle ontevredenheid sonder
          1.3.4       Vryheid van spraak en         viktimisering te opper
                      uitdrukking
                                               C    spanlede het 'n positiewe houding
          1.3.5       Gedeelde waardes              van ondersteuning teenoor ander
                                                    lede

                                               D    uitgereik as vergoeding vir
                                                    onbetaalde dividende

                                               E    gebruik mag op grond van hulle
                                                    kennis en vaardighede

                                               F    'n groep deskundiges los
                                                    besigheidsprobleme op sonder om
                                                    hulle byeen te bring

                                               G    uitgereik as vergoeding aan die
                                                    promotors van die maatskappy

                                               H    spanlede respekteer die
                                                    vaardighede van ander lede

                                               I    bevorder gemeenskaplike interaksie
                                                    tussen interne en eksterne
                                                    belanghebbendes

                                               J    gebruik mag op grond van die
                                                    posisie van outoriteit
                                                                                   (5 x 2)       (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            6                         DBE/November 2023
                                              NSS

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1       Noem enige VIER voorbeelde van nieverbale aanbiedings.                                  (4)

2.2       Beskryf kortliks die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap.              (6)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     BIZANA SPORTDRAG (BS)
          Bizana Sportdrag het kleinhandelswinkels regoor die land. Die bestuur van BS
          laat hulle werknemers toe om aan die besluitnemingsproses deel te neem.

          2.3.1       Identifiseer die leierskapstyl wat deur BS in die scenario hierbo
                      toegepas word.                                                              (2)

          2.3.2       Stel situasies voor waarop die leierskapstyl wat in VRAAG 2.3.1
                      geïdentifiseer is, in die werkplek toegepas kan word.                       (4)

2.4       Bespreek die impak van Regering-/RSA-kleinhandelspaareffekte as 'n
          beleggingsvorm.                                                                         (6)

2.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     GROEN LOGISTIEKE (GL)
          Groen Logistieke is in die proses om hulle surplusfondse te belê. Hulle het die
          beleggingsperiode en moontlike risiko in die verskillende beleggingsopsies
          oorweeg. GL het ook waagkapitaal as die beste beleggingsgeleentheid
          geïdentifiseer om hulle besigheid uit te brei.

          2.5.1       Noem TWEE faktore wat GL in ag geneem het                     toe 'n
                      beleggingsbesluit in die scenario hierbo geneem is.                         (2)

          2.5.2       Verduidelik waagkapitaal as 'n tipe beleggingsgeleentheid.                  (4)

2.6       Bespreek die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as 'n soort verpligte
          versekering.                                                                            (6)

2.7       Gee besighede raad oor hoe die verdeling van winste tot die sukses en/of
          mislukking van 'n publieke maatskappy kan bydra.                                        (6)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            7                      DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1      Noem enige TWEE stappe in probleemoplossing.                                         (2)

3.2      Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek.                            (6)

3.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                       ZAMA TEGNOLOGIE (ZT)
         Zama Tegnologie erken diversiteitskwessies om 'n inklusiewe arbeidsmag tot
         stand te bring. Hulle moedig jonger werknemers aan om ouer werknemers te
         respekteer en by hulle te leer. ZT het ook opritte vir rolstoele by die ingang
         van hulle kantoor gebou.

         Identifiseer TWEE diversiteitskwessies wat ZT aangepak het. Motiveer jou
         antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

         Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.3 te beantwoord.

                 DIVERSITEITSKWESSIES                         MOTIVERINGS
         1.
         2.                                                                                   (6)

3.4      Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                        (6)

3.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         EKSTEEN HOTEL (EH)
         Eksteen Hotel verskaf vervoer aan werknemers wat ongewone lang ure werk.
         Hulle betaal regverdige bonusse aan werknemers as erkenning van hulle
         harde werk en toewyding. EH implementeer ook etiese korrekte
         besigheidsbesluite om besoedeling van die omgewing te voorkom.

         3.5.1        Haal TWEE maniere aan waarop EH tyd en moeite bygedra het om
                      die welstand van werknemers te bevorder uit die scenario hierbo.        (2)

         3.5.2        Beskryf ander maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra
                      om die welstand van werknemers te bevorder.                             (4)

3.6      Verduidelik hoe besighede die volgende King-kode-beginsels vir goeie
         korporatiewe bestuur kan toepas om etiese sakepraktyke te verbeter:

         3.6.1        Deursigtigheid                                                          (4)

         3.6.2        Aanspreeklikheid                                                        (4)

3.7      Beveel maniere aan waarop besighede prysbepaling van goedere in landelike
         gebiede as 'n tipe onetiese sakepraktyk kan hanteer.                                  (6)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                            8                            DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1      Noem enige TWEE soorte voorkeuraandele.                                                     (2)

4.2      Beskryf kortliks die voordele van 'n maatskappy sonder winsoogmerk.                         (4)

4.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       ADONISI MODES (AM)

         Die bestuur van Adonisi Modes wil hulle voorraad teen brand, veranderings in
         modes en diefstal verseker. Hulle het navorsing gedoen oor versekerbare
         risiko's en verstaan die belangrikheid van versekering.

         4.3.1        Noem TWEE versekerbare risiko's in die scenario hierbo.                        (2)

         4.3.2        Verduidelik die voordele van versekering vir besighede.                        (6)

4.4      Gee besighede raad oor              die    funksies   van    die   Johannesburgse
         Sekuriteitebeurs (die JSE).                                                                 (6)

BESIGHEIDSROLLE

4.5      Beskryf kortliks die ekonomiese regte van werknemers in die werkplek.                       (4)

4.6      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   JASON ONDERNEMINGS (JO)

         Jason Ondernemings ervaar 'n afname in verkope in een van hulle
         produklyne. JO het hulle werknemers versoek om in stilte idees op hulle eie te
         genereer voordat hulle dit met ander deel.

         4.6.1        Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat JO in die scenario
                      hierbo toegepas het.                                                           (2)

         4.6.2        Verduidelik ander maniere waarop JO die                   probleem-
                      oplossingstegniek wat in VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is, kan toepas.            (4)

4.7      Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
         (KMV) op gemeenskappe.                                                                      (6)

4.8      Gee besighede raad oor die rolle van gesondheids- en veiligheids-
         verteenwoordigers om die werkplek-omgewing te beskerm.                                      (4)
                                                                                                     [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                         9                          DBE/November 2023
                                           NSS

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
              op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING EN DATA-RESPONS)

'n Goed ontwerpte multimedia-aanbieding is nodig om met besigheids-
belanghebbendes te kommunikeer. Aanbieders moet weet watter faktore om tydens
die aanbieding in ag te neem om 'n suksesvolle aanbieding te verseker. Sommige
aanbieders gebruik uitdeelstukke en blaaiborde om die gehalte van hulle aanbiedings
te verbeter. Die hantering van terugvoering op 'n nie-aggressiewe en professionele
wyse is belangrik vir die afsluiting van 'n aanbieding.

Skryf 'n opstel oor aanbieding en data-respons waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf kortliks aspekte wat in ag geneem moet word wanneer 'n multimedia-
    aanbieding ontwerp word.
   Verduidelik die faktore wat die aanbieder tydens die aanbieding in ag moet neem.
   Bespreek die impak van die volgende visuele hulpmiddels:
    o Uitdeelstukke
    o Blaaiborde
   Beveel maniere aan waarop aanbieders terugvoering op 'n nie-aggressiewe en
    professionele wyse kan hanteer.                                                        [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE           (BEOORDELING        VAN    SPANPRESTASIE         EN
         KONFLIKBESTUUR)

Die werkplek-omgewing is dinamies en bestaan uit mense met verskillende ervarings,
wat tot griewe en konflikte kan lei. Besighede volg die korrekte prosedure om griewe in
die werkplek te hanteer. Hulle weet ook dat spanne deur verskillende stadiums van
spanontwikkeling gaan en spandinamika-teorieë volg as 'n riglyn om spanprestasie te
verbeter.

Skryf 'n opstel oor die beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur waarby jy die
volgende aspekte insluit:

   Beskryf kortliks die verskille tussen griewe en konflik.
   Verduidelik die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.
   Bespreek die volgende stadiums van spanontwikkeling:
    o Bestorming
    o Normering
   Gee besighede raad oor die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die
    verbetering van spanprestasie.                                                         [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies P2 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-english-qp/4f7ee7eb-503c-461a-b9cf-1ad5eaec2063) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [Business Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-may-june-2023-eng/57a811d0-088b-46fe-8e70-76637c58ad93) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [Business Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nsc-nov-2020-eng-2/10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR12 JUNE 2023](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr12-june-2023-1/448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40) — Business Studies · Memo · 2023
- [BUS STUDIES P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-memo-sept2023-english/86d61a1d-80ab-4a91-8a3f-1422c313c696) — Business Studies · Memo · 2023 · Eng
- [Bus Studies P2 Memo Sept2023 English](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-memo-sept2023-english/b3c8f03c-1610-4413-97b9-fa198a140166) — Business Studies · Memo · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
