# Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-afr/f1802d17-5077-4a1b-8aa5-a8766954d550
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-afr/f1802d17-5077-4a1b-8aa5-a8766954d550)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           BESIGHEIDSTUDIES V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Besigheidstudies/V2                       2                            DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

        AFDELING A:      VERPLIGTEND
        AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
        AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.      Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
        wat vereis word.

        Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
        AFDELING B en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
        nagesien sal word.

3.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
        genommer is NIE.

4.      Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.      Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
        van 'n antwoord te bepaal.

6.      Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
        elke vraag beantwoord.

                      AFDELING                    VRAAG        PUNTE             TYD
                                                                               (minute)
        A: Objektiewe tipe vrae
                                                      1          30              20
           VERPLIGTEND

        B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae           2          40
           KEUSE:                                                                70
                                                      3          40
           Beantwoord enige TWEE.                     4          40

        C: TWEE opsteltipe vrae                       5          40              30
           KEUSE:
           Beantwoord enige EEN.                      6          40

                      TOTAAL                                     150             120

7.      Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
        bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Besigheidstudies/V2                          3                                   DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.        Nov

          1.1.1       Die leierskapstyl waar ondergeskiktes deskundiges is en volle
                      verantwoordelikheid vir hulle aksies neem:

                      A    Transaksioneel
                      B    Demokraties
                      C    Laissez-faire
                      D    Charismaties

          1.1.2       Die hoofdoelwit van 'n … is om wedersydse voordeel vir hulle lede
                      te skep.

                      A    vennootskap
                      B    koöperasie
                      C    maatskappy in staatsbesit
                      D    private maatskappy

          1.1.3       Chidere Ondernemings gebruik fynskrif om misleidende inligting te
                      versteek wanneer hulle hulle produkte bevorder. Dit staan as …,
                      'n tipe onetiese sakepraktyk, bekend.

                      A    belasting
                      B    prysbepaling van goedere in landelike gebiede
                      C    billike advertering
                      D    onbillike advertering

          1.1.4       Die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers is om …

                      A    seker te maak dat beskermende klere beskikbaar is.
                      B    veiligheidsklere aan werknemers te verskaf.
                      C    voorgeskrewe veiligheidstoerusting te gebruik.
                      D    toerusting gereeld in stand te hou.

          1.1.5       Amajuba-spanlede implementeer … as 'n kriterium vir suksesvolle
                      spanprestasie deur ooreen te kom oor metodes om die werk gedoen
                      te kry, sonder om tyd te mors op konflikoplossing.

                      A    gedeelde waardes
                      B    kommunikasie
                      C    samewerking
                      D    interpersoonlike gesindhede en gedrag                          (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Besigheidstudies/V2                          4                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.2      Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

              bonus-;     beperkte; konflik; kulturele; plakkate; grief;     sosiale;
                               uitdeelstukke; onbeperkte; stigters-

         1.2.1        Visco Beperk het … aandele aan die promotors van die maatskappy
                      uitgereik.

         1.2.2        Ben het aan die begin van die aanbieding … versprei om die gehoor
                      se aandag te trek.

         1.2.3        Die aandeelhouers van Blake Bpk. het … aanspreeklikheid en kan
                      slegs die bedrag wat hulle in die maatskappy belê het, verloor.

         1.2.4        'n Meningsverskil tussen twee of meer partye by die werkplek staan
                      as 'n … bekend.

         1.2.5        Werknemers by Mawethu Handelaars mag gedurende hulle
                      etenspouses hulle eie taal gebruik; dit bevorder hulle … reg in die
                      werkplek.                                                   (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Besigheidstudies/V2                             5                                DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

1.3       Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                       KOLOM A                                          KOLOM B
          1.3.1       Sekuriteitstelling           A        laat werknemers toe om in stilte, op
                                                            hulle eie, baie idees te genereer
          1.3.2       Aflosbare
                      voorkeuraandele              B        bestuurders moet hulle feite ken
                                                            wanneer hulle met hierdie tipe
          1.3.3       Nominale groeptegniek                 persoonlikheid te doen het

          1.3.4       Aanspreeklikheid             C        besigheidsbesluite moet vir alle
                                                            belanghebbendes duidelik wees
          1.3.5       Kundige
                                                   D        op die beginsel van indemnifikasie
                                                            gebaseer

                                                   E        kan volgens die keuse van die
                                                            uitreikingsmaatskappy teruggekoop
                                                            word

                                                   F        bestuurders moet die tyd van die
                                                            bespreking beperk wanneer hulle
                                                            met hierdie tipe persoonlikheid te
                                                            doen het

                                                   G        op die beginsel van sekerheid
                                                            gebaseer

                                                   H        laat werknemers toe om lukraak
                                                            voorstelle hardop te genereer

                                                   I        besigheid moet verantwoordelikheid
                                                            vir hulle besluite neem

                                                   J        kan slegs teruggekoop word
                                                            wanneer die maatskappy toemaak
                                                                                       (5 x 2)           (10)

                                                                        TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Besigheidstudies/V2                           6                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1       Noem enige VIER tipes beleggingsgeleenthede.                                             (4)

2.2       Beskryf kortliks die voordele van 'n maatskappy in staatsbesit.                          (6)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   AKHONA HANDELAARS (AH)

          Akhona Handelaars het voorraad ter waarde van R400 000 gekoop, maar dit
          vir slegs R200 000 verseker. 'n Brand het in die pakhuis ontstaan en voorraad
          ter waarde van R80 000 vernietig.

          2.3.1       Noem die versekeringsklousule wat in die scenario hierbo op AH van
                      toepassing is.                                                               (2)

          2.3.2       Bereken die bedrag wat AH as vergoeding van die versekeraar sal
                      ontvang. Toon ALLE berekeninge.                                              (4)

2.4       Verduidelik aspekte wat in ag geneem moet word wanneer 'n multimedia-
          aanbieding ontwerp word.                                                                 (6)

2.5       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   EXCLUSIVE ARGITEKTE (EA)

          Exclusive Argitekte werk in 'n mededingende omgewing en moes die
          ontwerpe van hulle behuisingsplanne verbeter. Die bestuur van EA verskaf
          emosionele ondersteuning aan werknemers deur berading sodat hulle hulle
          idees meer vrylik kan deel.

          2.5.1       Identifiseer die leierskapteorie wat EA gebruik. Motiveer jou
                      antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                           (3)

          2.5.2       Verduidelik EEN ander leierskapsteorie.                                      (3)

2.6       Bespreek die impak van die outokratiese leierskapstyl op besighede.                      (6)

2.7       Beveel maniere aan waarop aanbieders              op 'n nie-aggressiewe en
          professionele wyse terugvoering kan hanteer.                                             (6)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Besigheidstudies/V2                          7                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1      Noem enige TWEE fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering
         (KMI).                                                                                 (2)

3.2      Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werkers              om   menslike
         gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.                                  (6)

3.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    TORNADO MEUBELS (TM)

         Tornado Meubels spesialiseer in die vervaardiging van sitkamerstelle. Hulle
         monitor hulle werknemers uurliks om te verseker dat take betyds voltooi word.
         Die bestuur laat slegs sekere werknemers toe om toegang tot die
         besigheidsfondse te hê. TM versterk ook die spangees onder die werknemers
         sodat hulle verantwoordelik voel vir dit wat bereik moet word.

         3.3.1        Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop TM die
                      misbruik van werkstyd as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk
                      hanteer.                                                                  (2)

         3.3.2        Verduidelik ander maniere waarop TM die misbruik van werkstyd as
                      'n tipe onprofessionele sakepraktyk in die werkplek kan hanteer.          (4)

3.4      Beveel maniere aan waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe
         denke in die werkplek bevorder.                                                        (6)

3.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   MEDAL ONTWERPERS (MO)

         Medal Ontwerpers het aan Pumla die verantwoordelikheid gegee om 'n span
         ervare en hoogs bekwame lede te bestuur. Spanlede kan die
         besluitnemingsproses hanteer sonder dat Pumla oor hulle toesig hou. Hulle is
         ook bewus van die belangrikheid van spandinamika-teorieë om spanprestasie
         te verbeter.

         3.5.1        Noem die stadium van spanontwikkeling wat in die scenario hierbo
                      van toepassing is.                                                        (2)

         3.5.2        Bespreek die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die
                      verbetering van spanprestasie.                                            (6)

3.6      Verduidelik hoe besighede konflik in die werkplek moet hanteer.                        (6)

3.7      Stel maniere voor waarop besighede geslag as 'n diversiteitskwessie in die
         werkplek kan hanteer.                                                                  (6)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Besigheidstudies/V2                         8                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1       Noem enige TWEE soorte verpligte versekering.                                         (2)
4.2       Beskryf kortliks die voordele van versekering vir besighede.                          (6)
4.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     ELANGE BEPERK (EB)
          Die bestuur van Elange Beperk het hulle toekomsplanne vir uitbreiding aan
          die aandeelhouers aangebied. Hulle het PowerPoint, slimpenne en blaaiborde
          gebruik om hulle aanbieding interessant te maak. Bestuur het ook
          kommentaar van die aandeelhouers in ag geneem om hulle volgende
          aanbieding te verbeter.

          4.3.1       Noem TWEE visuele hulpmiddele wat EB in die scenario hierbo
                      gebruik het.                                                              (2)
          4.3.2       Stel die areas van verbetering voor wat die bestuur vir hulle
                      volgende aanbieding in ag moet neem.                                      (4)
4.4       Verduidelik hoe kapitaal as 'n kriterium tot die sukses en/of mislukking van 'n
          private maatskappy kan bydra.                                                         (6)
BESIGHEIDSROLLE
4.5       Noem enige VIER probleemoplossingstappe.                                              (4)
4.6       Verduidelik maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
          welstand van werknemers te bevorder.                                                  (6)
4.7       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                 BARROWS HANDELAARS (BH)
          Barrows Handelaars verkoop fietse aan verskeie afsetpunte. Hulle behandel
          alle werknemers met respek, ongeag hulle sosio-ekonomiese status. Die
          bestuur van BH moedig oop kommunikasiekanale tussen hulle en
          werknemers aan.

          Identifiseer TWEE menseregte wat deur BH bevorder word. Motiveer jou
          antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
          Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.7 te beantwoord.

                       MENSEREGTE                            MOTIVERINGS
          1.
          2.                                                                                    (6)

4.8       Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
          effektiewe sakepraktyk deur besighede uitgevoer moet word.                            (4)
                                                                                                [40]
                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Besigheidstudies/V2                        9                             DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
              op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)

Beleggers kan aandele bekom van maatskappye wat op die Johannesburgse
Sekuriteitebeurs (JSE) genoteer is. Hulle neem verskillende faktore in ag wanneer
beleggingsbesluite geneem word om die beste opsie te kies. Besighede verkies om in
effektetrusts te belê en hulle vergelyk ook enkelvoudige en saamgestelde rente wat
deur finansiële instellings aangebied word.

Skryf 'n opstel oor beleggingsekuriteite waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE).
   Verduidelik enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer
    beleggingsbesluite geneem word.
   Bespreek die impak van effektetrusts as 'n beleggingsvorm.
   Gee besighede raad oor die verskille tussen enkelvoudige rente en saamgestelde
    rente.                                                                                   [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID EN
         KORPORATIEWE     MAATSKAPLIKE   VERANTWOORDELIKHEID/
         KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE INVESTERING)

Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe maatskaplike
investering stel besighede in staat om aktief betrokke te wees by die projekte wat die
gemeenskap positief bevoordeel. Suksesvolle besighede streef daarna om die
verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid en drievoudige sleutelaspekte te
handhaaf en om maniere te vind om werkloosheid as 'n sosio-ekonomiese kwessie
te hanteer.

Skryf 'n opstel oor maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe maatskaplike
verantwoordelikheid waarby jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf kortliks die doel van korporatiewe maatskaplike investering (KMI).
   Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) op
    gemeenskappe.
   Verduidelik die verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid en
    drievoudige sleutelaspekte.
   Stel maniere voor waarop besighede werkloosheid as 'n sosio-ekonomiese kwessie
    kan hanteer.                                                                             [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                    GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Business Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-eng/4634415b-5009-474d-9dec-63e32e1e9e66) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Business Studies P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580) — Business Studies · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Business Studies P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-english-june-2024-question-paper/796a645e-d833-46c0-ab8a-10ce7d6f9e8c) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Business Studies P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-english-june-2024-question-paper/49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Business Studies P1 Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-mg-afr/8337846e-950a-47bd-978e-9bb7ba510b61) — Business Studies · Memo · 2024 · Afr
- [KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-12-september-2024-p2-and-memo/537bb816-a58a-49d5-99f5-3d09148dcd57) — Business Studies · Memo · 2024

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
