# Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC Memo (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-mg-afr/49fd4d79-5407-41fc-89d5-7ee60e235f7b
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-mg-afr/49fd4d79-5407-41fc-89d5-7ee60e235f7b)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                             BESIGHEIDSTUDIES V2

                                NOVEMBER 2024

                                 NASIENRIGLYN

PUNTE: 150

                     Hierdie nasienriglyn bestaan uit 29 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Besigheidstudies/V2                         2                            DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

NOTAS AAN NASIENERS

INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende
te verseker:
(a)   Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die nasienstandaard
(b)   Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c)   Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor
      die hele land
(d)   Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak
      by skole/onderwysinstellings
1.       Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
         Nasiener:                    Rooi
         Senior Nasiener:             Groen
         Adjunkhoofnasiener:          Oranje
         Hoofnasiener:                Pienk
         Interne moderator:           Swart/Blou
         DBE-moderator:               Turkoois
2.       Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
         egter van die aard van die vraag afhang.
3.       Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
         Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
         •   'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
         •   Uit 'n ander betroubare bron kom
         •   Oorspronklik is
         •   'n Ander benadering gebruik
         LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4.       Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
         verband hou met 'n spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In
         die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet
         deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum
         van twee punte.)
5.       Die woord 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
         of subvraag te vergemaklik.
6.       Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur 'maks' in
         die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
         verseker met die nasien van die skrifte, as ook vir berekening en die
         modereringsproses.
7.       Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
         subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in
         die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet
         in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8.       In 'n indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoorde relevant wees en
         met die vraag verband hou.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Besigheidstudies/V2                               3                             DBE/November 2024
                                           NSS – Nasienriglyn

9.       Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
         word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
         die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
         laasgenoemde nie duidelik is nie.

10.      Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
         aan met 'n 'H'.

11.      Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
         word:

         11.1         Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om
                      te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale
                      (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: Die
                      outokratiese leierskapstyl voorsien sterk leierskap√ wat nuwe
                      werknemers selfvertroue gee en veilig laat voel.' √

         11.2         Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
                      verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
                      neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie
                      geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
                      ondersteun met dieper insig, bv. ‘Die outokratiese leierskapstyl
                      voorsien sterk leierskap√ wat nuwe werknemers selfvertroue gee en
                      veilig laat voel, √ omdat verwagtinge/rolle duidelik verduidelik is om
                      verwaring te vermy’. √

         LET          1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
         WEL:         2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van punte.

12.      Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
         kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die
         konteks van elke vraag.
         Kognitiewe werkwoorde, soos:

         12.1         Gee, noem, beskryf kortliks, haal aan, identifiseer, motiveer,
                      aanbeveel, stel voor, adviseer (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik
                      nie veel diepte in kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van
                      punte vir elke stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.

         12.2         Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei, toon
                      verskille/differensieer, vergelyk, tabuleer, analiseer, evalueer, evalueer
                      krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing
                      en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word
                      om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme
                      geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid
                      behaal kan word.

13.      Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
         AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Besigheidstudies/V2                               4                             DBE/November 2024
                                           NSS – Nasienriglyn

14.      AFDELING B

14.1     Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
         VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n
         lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek.

         LET WEL: 1.           Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer
                               word.
                          2.   Die bostaande is ook van toepassing op antwoorde in
                               AFDELING C (waar van toepassing)

14.2     Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
         kandidaat. Punt 14.1 geld steeds.

14.3     Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te
         gee, beredeneer dit by die nasiensentrum en verwys dit na die DBE interne
         moderator om die alternatiewe antwoorde in oorleg met die UMALUSI eksterne
         moderators te finaliseer.

14.4     Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:

         14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, kan vrae wat vereis dat
                kandidate moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', soos volg nagesien
                word:
                • Feit             2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyn)
                • Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
                      Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyn gegee om die
                      toekenning van punte te vergemaklik.

         14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning
                gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die
                nasienriglyn toegeken.

14.5     EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
         wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
         scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B
         EN C (waar van toepassing).

15.      AFDELING C

15.1     Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:

          Inleiding
                                          Maksimum:
          Inhoud
                                             32
          Gevolgtrekking
          Insig                                8
          TOTAAL                               40

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Besigheidstudies/V2                          5                         DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

15.2      Insig bestaan uit die volgende komponente:

           Struktuur/Uitleg Is daar 'n inleiding, paragrawe en 'n gevolgtrekking?         2
           Analise en       Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-      2
           interpretasie    opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
                            wat gevra word, getoon word?
                            Punte toegeken volgens die gids hieronder:
                            Alle opskrifte aangespreek:           1 (Een 'A')
                            Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
           Sintese          Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op      2
                            die vrae gebaseer is?
                            Punte toegeken volgens die gids hieronder:
                            Opsie 1:       Slegs relevante feite: 2 punte (Geen '-S')
                                           Waar 'n kandidaat 50% of meer (twee tot vier
                                           subvrae) van die vraag met slegs relevante
                                           feite beantwoord het, verskyn geen '-S' in die
                                           linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van
                                           TWEE (2) punte vir sintese toe.
                            Opsie 2:       'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
                                           Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
                                           subvraag) van die vraag met slegs/'n paar
                                           relevante feite beantwoord het, verskyn een
                                           '-S' in die linkerkantlyn. Ken 'n maksimum
                                           van EEN (1) punt vir sintese toe.
                            Opsie 3:       'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
                                           Waar 'n kandidaat VIER subvrae
                                           beantwoord, maar een/twee/drie subvrae met
                                           irrelevante feite; verskyn een '-S' in die
                                           linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van EEN (1)
                                           punt vir sintese toe.
                            Opsie 4:       Geen relevante feite: 0 punte (Twee '-S')
                                           Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
                                           sub-vraag) van die vraag met irrelevante feite
                                           beantwoord het nie, verskyn twee '-S' in die
                                           linkerkantlyn. Ken 'n NULPUNT vir sintese
                                           toe.
           Oorspronklikheid Is daar bewyse van een voorbeeld in enige TWEE van die        2
                            vier subvrae, nie ouer as twee (2) jaar nie, wat op aktuele
                            inligting, huidige neigings en ontwikkelings gebaseer is?
                                                                       TOTAAL VIR INSIG: 8
                                                              TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
                                                  TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
          LET         1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word
          WEL:           uit die inleiding en gevolgtrekking nie.

                      2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
                         INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.

                      3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
                         INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
                         verduideliking ondersteun word nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Besigheidstudies/V2                          6                           DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

15.3      Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met 'n simbool, bv. ('S, A, -S en/
          of O').

15.4      Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
          nasienriglyn vir elke vraag aangedui.
15.5      Sien ALLE relevante feite/antwoorde na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir
          ELK van die vier onder-afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat
          maksimum punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid 'O'.
15.6      Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
          vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, 'n – Ontleding, S – Sintese, O –
          Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.

                      INHOUD                 PUNTE
                        Feite               32 (Maks.)
                         S                      2
                         A                      2
                         S                      2
                         O                      2
                      TOTAAL                    40

15.7      Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
          wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
          Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
          (struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
          (Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)

15.8      Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kry hy/sy
          steeds punte vir die uitleg.

15.9      Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
          antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
          subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.

15.10     15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
                  frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.

          15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie
                  noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie.
                  Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
                  'Inflasie verwys na ‘n algemene styging in die prys van goedere en
                  dienste oor ‘n tydperk √ wat lei tot ‘n afname in die waarde van
                  geld.'√

                      Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
                      kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11     Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
          feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag
          geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Besigheidstudies/V2                         7                     DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

AFDELING A

VRAAG 1

1.1       1.1.1   C √√
          1.1.2   B √√
          1.1.3   D √√
          1.1.4   A √√
          1.1.5   C √√
                                                                           (5 x 2)        (10)

1.2      1.2.1    stigters √√
         1.2.2    uitdeelstukke √√
         1.2.3    beperkte √√
         1.2.4    konflik √√
         1.2.5    kulturele √√
                                                                           (5 x 2)        (10)

1.3       1.3.1   G √√
          1.3.2   E √√
          1.3.3   A √√
          1.3.4   I √√
          1.3.5   B √√
                                                                           (5 x 2)        (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:              30

                                                          UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                          VRAAG 1        PUNTE
                                                             1.1           10
                                                             1.2           10
                                                             1.3           10
                                                           TOTAAL          30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Besigheidstudies/V2                             8                        DBE/November 2024
                                         NSS – Nasienriglyn

AFDELING B
Sien slegs die antwoorde op die EERSTE TWEE vrae na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1    Tipes beleggingsgeleenthede
       - Gesamentlike fondse/Stokvel √
       - Bestuurde portefeulje √
       - Waagkapitaal √
       - 32 dae-kennisgewing rekening √
       - Skuldbriewe √
       - Uitkeerpolisse/Aftree-annuïteite √
       LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
                                                                                    (4 x 1) (4)
2.2    Voordele van 'n maatskappy in staatsbesit
       - Wins kan gebruik word om ander staatdepartemente te finansier. √√
       - Bied noodsaaklike dienste aan wat moontlik nie deur die private sektor aangebied
         word nie. √√
       - Pryse word redelik gehou/Skep gesonde mededinging om dienste vir meer burgers
         bekostigbaar te maak. √√
       - Verkwistende duplisering van dienste word geëlimineer. √√
       - Beplanning kan deur middel van sentrale beheer gekoördineer word. √√
       - Genereer inkomste/Ontvang staatsfondse om maatskaplike programme te
         finansier. √√
       - Werk word vir alle vaardigheidsvlakke geskep. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van of 'n
         maatskappy in staatsbesit.
                                                                                  Maks (6)
2.3   Versekering
2.3.1 Versekeringkonsep vanuit die scenario
      Aweryklousule √√                                                                   (2)
2.3.2 Berekening van aweryklousule
      Versekerde bedrag  X    Verlies/Skade √
      Markwaarde                    1

       R200 000            √      X    R80 000 √
       R400 000                           1

       = R40 000 √√√√

       LET WEL: 1.             Ken volpunte toe (4) as die antwoord korrek is en geen
                               bewerkings getoon is nie.
                      2.       As die formule en bewerkings korrek getoon is, maar die
                               finale antwoord verkeerd is, ken 'n maksimum van DRIE (3)
                               punte toe.
                      3.       As die antwoord en bewerkinge verkeerd is, ken 'n
                               maksimum van EEN punt vir die formule toe.
                                                                                   Maks (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Besigheidstudies/V2                         9                            DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

2.4   Aspekte wat in ag geneem moet word wanneer 'n multimedia-aanbieding
      ontwerp word
      - Begin met die opskrif/teks √ wat die basis van die aanbieding vorm. √
      - Kies die agtergrond √ om die teks te komplementeer/versterk. √
      - Kies beelde √ wat kan help om die boodskap oor te dra. √
      - Sluit in/Skep grafika √ om die inligting wat oorgedra word, te steun. √
      - Voeg spesiale effekte/klank/prentjies/animasie by √ om dit vir die gehoor meer
        interessant te maak. √
      - Skep hiperskakels √ om vinnige toegang tot ander lêers/dokumente/videogrepe toe
        te laat. √
      - Gebruik leesbare font en fontgrootte √ sodat dit maklik is om te sien/lees. √
      - Hou skyfies/beelde/grafieke/font eenvoudig √ deur nie te veel verskillende
        style/kleure te meng nie. √
      - Maak seker dat daar geen taal- √ en spelfoute is nie. √
      - Gebruik helder kleure √ om sigbaarheid te verhoog. √
      - Struktureer inligting in 'n logiese volgorde √ sodat die gehoor die inhoud van die
        aanbieding maklik kan volg. √
      - Beperk die inligting op elke skyfie √ deur sleutelwoorde en nie volsinne te gebruik
        nie. √
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aspekte wat in ag geneem
        moet word wanneer 'n multimedia-aanbieding ontwerp word.
                                                                                     Maks (6)
2.5   Leierskapsteorie
2.5.1 Leierskapsteorie vanuit die scenario
      Transformasie-/Oorgangsbestuurteorie √√                                              (2)
       Motivering
       Die bestuur van EA verskaf emosionele ondersteuning aan werknemers deur
       berading sodat hulle hulle idees meer vrylik kan deel. √                            (1)
      LET WEL: Moenie punte vir die motivering toeken as die leierskapsteorie
                     verkeerd geïdentifiseer is nie.
                                                                                      Maks (3)
2.5.2 Ander leierskapsteorie
       Leiers en volgelinge √√
       - Spanne behaal baie goeie resultate/sit organisatories doelwitte uiteen wanneer
         daar 'n gevoel van begrip tussen die leier en die volgelinge/werknemers is. √
       - Volgelinge luister na wat van hulle verwag word/volg die opdragte van die leier en
         is bereid om saam as 'n span aan die organisatoriese doelwitte te werk. √
       - Volgelinge aanvaar/neem maklik verantwoordelikheid wanneer iets nie uitwerk nie/
         teikens nie bereik word nie. √
       - Leiers lei deur hul voorbeeld en beloon/verskaf aansporings vir positiewe
         gedrag. √
       - Leiers motiveer werknemers om alternatiewe strategieë uit te dink/om kreatief en
         innoverend te wees /om meer doeltreffende maniere te vind om beskikbare
         hulpbronne te gebruik/produktiwiteit te verhoog. √
       - Volgelinge kan dalk met moeite voortsleep/innovasie en kreatiwiteit smoor/deur
         van leiers en ander volgelinge afhanklik te wees om hulle deur die taak te trek. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die leiers-en-volgelinge-
         leierskapsteorie.
                                                                                   Teorie (2)
                                                                            Verduideliking (1)
                                                                                Submaks (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Besigheidstudies/V2                          10                           DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

                                                  OF
       Situasionele teorie √√
       - Verskillende leierskapeienskappe/style is nodig vir verskillende situasies/
          heersende omstandighede. √
       - Die taak/situasie bepaal die leierskapstyl wat toegepas moet word, so leiers is
          aanpasbaar/buigbaar/selfversekerd. √
       - Doeltreffende toepassing/aanneming van hierdie teorie stel leiers in staat om hulle
          eie/organisatoriese doelwitte te behaal. √
       - Verhoudinge tussen leiers en werknemers is op wedersydse vertroue/respek/
          lojaliteit/integriteit/eerlikheid gebaseer. √
       - Leiers het die vermoë om die situasie te ontleed/die mees geskikste mense in die
          regte poste te kry om take suksesvol te voltooi. √
       - Leiers ontleed groeplede/doelstellings/tydbeperkings om 'n geskikte/relevante
          leierskapstyl aan te neem. √
       - Kan lei tot konflik wanneer leiers verskillende leierskapstyle gebruik/wanneer
          werknemers in verskillende situasies bestuur word. √
       - Die sukses van hierdie teorie hang af van die tipe verhouding wat tussen die leier
          en volgelinge/ondergeskiktes/werknemers bestaan. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die situasionele
          leierskapsteorie.
                                                                                     Teorie (2)
                                                                             Verduideliking (1)
                                                                                  Submaks (3)
       LET WEL: 1. Sien slegs die eerste EEN (1) na.
                        2. Moenie punte toeken vir transformasie-/oorgangsbestuur-
                            teorie nie.
                                                                                      Maks (3)
2.6    Impak van outokratiese leierskapstyl op besighede
       Positiewe/Voordele
       - Vinnige besluite kan geneem word √ sonder konsultasie/oorweging van
         volgelinge/werknemers. √
       - Werk word betyds/op skedule gedoen √ want teikens word duidelik gespesifiseer. √
       - Gesagslyn/kommunikasie is duidelik √ aangesien dit bo-na-onder is/volgelinge
         weet presies wat om te doen. √
       - Direkte toesighouding/streng beheer √ verseker gehalte/-dienste. √
       - Verskaf sterk leierskap wat nuwe werknemers √ selfversekerd/veilig laat voel. √
       - Werk goed in groot maatskappye waar konsultasie √ met elke werknemer
         onprakties is. √
       - Duidelike leiding word gegee √ aan laevaardigheid-/onervare/nuwe personeel. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe
         impak/voordele van die outokratiese leierskapstyle op besighede.
                                          EN/OF
       Negatiewe/Nadele
       - Leiers en volgelinge kan verdeeld raak soos spanning ontstaan √ en dalk nie oor
         maniere om probleme op te los, saamstem nie, √
       - Werkers kan gedemotiveerd raak √ indien hulle opinies/idees nie in ag geneem
         word nie. √
       - Gedemotiveerde werkers √ het 'n negatiewe impak op produktiwiteit. √
       - Nuwe/Innoverende/Kreatiewe/Kosteverminderingsidees en oplossings √ word dalk
         nie gebruik/in ag geneem/geïmplementeer nie. √

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Besigheidstudies/V2                         11                           DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

       - Volgelinge kan voel dat hulle nie gewaardeer word nie √ wat lei tot hoë
         afwesigheid/werknemeromset. √
       - Ervare/Hoogs vaardige werkers kan dalk weerstand ervaar √ wat kan lei tot stadige
         groei/lae deelname/minder kreatiwiteit. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/nadele
         of die outokratiese leierskap style op besighede.
                                                                                 Maks (6)

2.7   Maniere waarop aanbieders op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse
      terugvoering kan hanteer
       - Die aanbieder moet dwarsdeur die terugvoeringsessie staan. √√
       - Wees beleefd/selfversekerd/hoflik/kalm wanneer op vrae gereageer word. √√
       - Maak seker dat elke vraag/kommentaar duidelik verstaan word voordat gereageer
         word/herformuleer vrae indien onseker. √√
       - Die aanbieder moet eers luister en dan reageer. √√
       - Gee terugvoering so gou as moontlik nadat die vraag gevra is of na die
         sessie. √√
       - Wees direk/eerlik/opreg wanneer op vrae gereageer word. √√
       - Gebruik eenvoudige taal om die voorbeelde in die aanbieding gebruik, te
         ondersteun. √√
       - Hou antwoorde kort en tot die punt. √√
       - Vra om verskoning/Erken foute indien deur die gehoor uitgewys word. √√
       - Moedig vrae deur die gehoor aan. √√
       - Spreek altyd die vraag aan en nie die persoon nie. √√
       - Erken goeie vrae om die gehoor aan te moedig om meer vrae te vra. √√
       - Die aanbieder moet nie in 'n debat betrokke raak nie wanneer op vrae gereageer
         word. √√
       - Die aanbieder moet nie vrae vermy wanneer hy/sy nie die antwoord ken nie, maar
         moet eerder terugvoering daaroor belowe. √√
       - Spreek die hele gehoor toe en nie net die persoon wat die vraag gestel het nie. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop aanbieders
         op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse terugvoering kan hanteer.
                                                                                  Maks (6)
                                                                                         [40]

                                                             UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                    VRAAG 2    PUNTE
                                                                       2.1        4
                                                                       2.2        6
                                                                      2.3.1       2
                                                                      2.3.2       4
                                                                       2.4        6
                                                                      2.5.1       3
                                                                      2.5.2       3
                                                                       2.6        6
                                                                       2.7        6
                                                                    TOTAAL       40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Besigheidstudies/V2                        12                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyn

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1    Korporatiewe maatskaplike investering/KMI fokusareas
       - Gemeenskap √
       - Landelike ontwikkeling √
       - Werknemers √
       - Omgewing √
      LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE na.
                                                                                  (2 x 1) (2)
3.2    Verantwoordelikhede van werkers om menslike gesondheid en veiligheid in die
       werkplek te bevorder
       - Gebruik voorgeskrewe veiligheidstoerusting. √√
       - Rapporteer ongelukke aan die werkgewer teen die einde van die skof. √√
       - Rapporteer onveilige/ongesonde werkstoestande aan die relevante owerhede/
         bestuur. √√
       - Lig die werkgewer in oor enige siekte wat werkvermoë kan affekteer. √√
       - Sorg vir hul eie gesondheid en veiligheid in die werkplek omsien. √√
       - Werk saam en kom die reëls en prosedures na, soos die dra van voorgeskrewe
         veiligheidsklere. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die verantwoordelikhede van
         werkers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.
                                                                                 Maks (6)
3.3    Hantering van misbruik van werkstyd as 'n tipe onprofessionele besigheidspraktyk
3.3.1 Maniere van misbruik van werkstyd as 'n tipe onprofessionele besigheids-
       praktyk vanuit die scenario
       - Hulle monitor hulle werknemers uurliks om te verseker dat take betyds voltooi
         word. √
       - TM versterk ook die spangees onder die werknemers sodat hulle verantwoordelik
         voel vir dit wat bereik moet word. √
      LET WEL: 1.          Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                     2.    Ken slegs punte aan antwoorde toe wat uit die scenario
                           aangehaal is.
                                                                                 (2 x 1) (2)
3.3.2 Ander maniere waarop TM/'n besigheid die misbruik van werkstyd as 'n tipe
       onprofessionele besigheidspraktyk in die werkplek kan hanteer
       - Praat direk met daardie werknemers √ wat werkstyd misbruik. √
       - Maak werknemers daarvan bewus dat winste sal afneem √ wat tot minder
         aansporings/bonusuitbetalings sal lei. √
       - Die gedragskode/etiek moet duidelike reëls √ oor misbruik van werkstyd bevat. √
       - TM/'n Besigheid moet opleiding verskaf √ oor die inhoud van die gedragskode/etiek. √
       - Die gedragskode/etiek moet deur alle werknemers onderteken word √ sodat hulle
         van die inhoud daarvan bewus is. √
       - Struktureer werksure √ op so 'n wyse dat werknemers vrye/buigbare tyd vir
         persoonlike sake het. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander maniere waarop TM/
         'n besigheid die misbruik van werkstyd as 'n tipe onprofessionele
         besigheidspraktyk in die werkplek kan hanteer.
      LET WEL: Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 3.3.1 aangehaal is
                    nie.
                                                                                   Maks (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Besigheidstudies/V2                        13                           DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyn

3.4    Maniere waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die
       werkplek bevorder
      - Beklemtoon die belangrikheid van kreatiewe denke om te verseker dat al die
         personeellede weet dat bestuur hulle idees wil hoor. √√
      - Maak tyd vir dinkskrumsessies om nuwe idees te genereer soos gereelde
         werkwinkels/bou op mekaar se idees. √√
      - Plaas voorstelhouers in die werkplek en hou kommunikasiekanale oop vir nuwe
         idees. √√
      - Lei personeel in innoverende tegnieke/kreatiewe probleemoplossings-
         vaardighede/breinkaarte/laterale denke op. √√
      - Moedig die uitruil van poste in die organisasie aan/Bestudeer hoe ander besighede
         dinge doen. √√
      - Moedig werknemers aan om nuwe/unieke ideas te ontwikkel/na vore te kom met
         alternatiewe maniere om te werk/dinge te doen. √√
      - Beloon kreatiwiteit deur beloningskemas vir werknemers/Stel aansporings bekend
         vir personeellede wat nuttige kreatiewe idees uitdink. √√
      - Reageer entoesiasties op alle idees en moet nooit iemand minder belangrik laat
         voel nie. √√
      - Maak die werksomgewing bevorderlik vir kreatiwiteit/vry van afleidings/hoë
         geraasvlakke. √√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop besighede
         'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder.
                                                                               Maks (6)

3.5   Beoordeling van spanprestasie
3.5.1 Stadiums van spanontwikkeling vanuit die scenario
      Werksverrigting √√                                                               (2)

3.5.2 Belangrikheid van spandinamika-teorieë in die verbetering van spanprestasie
      - Spandinamika-teorieë verduidelik √ hoe effektief spanne werk/bedryf word. √
      - Besighede is in staat om take toe te wys √ volgens die rolle van die spanlede. √
      - Spanlede kan prestasie optimaliseer/maksimaliseer √ omdat take volgens hulle
         vermoëns/vaardighede/eienskappe/persoonlikhede toegeken word. √
      - Spanlede met soortgelyke sterk punte kan vir spantake/-verantwoordelikhede
         meeding √ wat die beste by hul vermoëns/vaardighede pas. √
      - Teorieë help spanleiers om die persoonlikheidstipes van spanlede te verstaan √
         sodat take meer effektief toegewys word. √
      - Konflik kan verminder word √ wanneer spanlede verskillende rolle uitvoer. √
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die belangrikheid van
         spandinamika-teorieë in die verbetering van spanprestasie.
                                                                                Maks (6)
3.6 Hoe besighede konflik in die werkplek moet hanteer
     - Erken dat daar konflik √ tussen werkgewers/werknemers/partye in die werkplek
       is. √
     - Identifiseer die oorsaak van die konflik √ om duidelikheid oor die aard daarvan te
       kry. √
     - Reël tyd en plek vir onderhandelinge √ waar al die betrokke werknemers
       teenwoordig is. √
     - Reël 'n vergadering √ tussen botsende werkgewers en werknemers. √
     - Maak bedoelings/doel vir die ingryping/vergadering duidelik √ sodat partye
       betrokke gemaklik sal voel. √

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Besigheidstudies/V2                         14                           DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

       - Reël 'n vooraf onderhandelingsvergadering √ waar werkers/klaers toegelaat sal
         word om hulle sake/standpunte apart te stel. √
       - Elke party het die geleentheid √ om sy/haar eie menings/gevoelens uit te druk. √
       - Botsende/Konflikterende partye kan tydens die vergadering erken √ dat hulle
         standpunte verskillend is. √
       - Ontleed/Analiseer die oorsaak(oorsake) van konflik √ deur dit in verskillende dele
         op te breek. √
       - Evalueer die standpunte wat uitgespreek word en neem ‘n objektiewe besluit.
       - Blaamverskuiwing moet vermy word √ en 'n gesamentlike poging moet aangewend
         word. √
       - Lei konflikterende partye √ na die vind van/fokus op oplossings. √
       - Bedink/Dinkskrum die moontlike maniere √ om die konflik op te los. √
       - Botsende/Konflikterende partye moet saamstem oor kriteria √ om alternatiewe te
         evalueer. √
       - Kies/Implementeer die beste oplossing √ wat die konflik sal kan hanteer. √
       - Verskaf geleenthede vir partye √ om oor die beste oplossing(s) saam te stem. √
       - Evalueer/Volg op oor die implementering √ van die oplossing(s). √
       - Monitor vordering √ om te verseker dat die konflik opgelos is. √
       - Kry deskundiges oor konflikhantering √ van buite die besigheid. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede konflik in die
         werkplek moet hanteer.
                                                                                     Maks (6)
3.7 Hantering van geslag as 'n diversiteitskwessie in die werkplek
     - Mans en vroue moet gelyke indiensnemingsgeleenthede aangebied word. √√
     - Besigheidsdirekteure moet beide mans en vroue na bestuursposte bevorder. √√
     - Indiensneming van vroue moet voldoen aan die WGI. √√
     - Teikens moet vir geslagsgelykheid in die besigheid gestel word. √√
     - Nuwe aanstellings moet op vaardighede en vermoëns gebaseer wees. √√
     - Stel regstellende aksie in deur te verseker dat alle mans en vroue regverdig/gelyk
       vergoed word. √√
     - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop besighede
       geslag as 'n diversiteitskwessie in die werkplek kan hanteer.
                                                                                  Maks (6)
                                                                                       [40]

                                                             UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                    VRAAG 3    PUNTE
                                                                       3.1       2
                                                                       3.2       6
                                                                      3.3.1      2
                                                                      3.3.2      4
                                                                       3.4       6
                                                                      3.5.1      2
                                                                      3.5.2      6
                                                                       3.6       6
                                                                       3.7       6
                                                                    TOTAAL       40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Besigheidstudies/V2                        15                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyn

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1    Soorte verpligte versekering
       - Werkloosheidsversekeringsfonds/WVF √
       - Padongelukkefonds/POF/Padongelukke-voordeleskema/POVS √
       - Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektesfonds/WVBBS √
       LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                                                                                  (2 x 1) (2)

4.2    Voordele of versekering
       - Dra die risiko van besighede/versekerde oor na versekeringsmaatskappye/'n
         versekeraar. √√
       - Oordragrisiko is onderworpe aan die bepalings en voorwaardes van die
         versekeringskontrak. √√
       - Beskerm besighede teen diefstal/verlies van voorraad en/of skade veroorsaak deur
         natuurrampe soos vloede/stormskade. √√
       - Besighede sal vergoed word vir versekerbare verliese, soos die vernietiging van
         eiendom deur brande. √√
       - Besigheid se bates soos voertuie/toerusting/geboue moet verseker word teen
         skade en/of diefstal. √√
       - Besighede word beskerm teen die verlies aan inkomste, soos stakings deur
         werknemers wat verliese wat miljoene werd is, tot gevolg kan hê. √√
       - Beskerm besighede teen oneerlike werknemers. √√
       - Lewensversekering kan op die lewens van vennote in 'n vennootskap geneem
         word om onverwagte verlies aan kapitaal te voorkom. √√
       - Sou die dienste van sleutelpersoneel verlore gaan as gevolg van
         ongelukke/sterftes, kan die opbrengs van 'n versekeringspolis aan die besigheid/
         begunstigdes uitbetaal word. √√
       - Vervangingskoste vir beskadigde masjinerie/toerusting is baie hoog daarom kan
         versekering sulke koste verminder/dek. √√
       - Beskerm besighede teen eise gemaak deur die publiek vir skade waarvoor
         besighede verantwoordelik is. √√
       - Beskerm besighede teen verliese as gevolg van die dood van 'n debiteur. √√
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
         versekering vir besighede.
                                                                                   Maks (6)

4.3    Aanbieding en datarespons
4.3.1 Visuele hulpmiddele vanuit die scenario
       - PowerPoint √
       - Blaaiborde √
      LET WEL:     1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                   2. Kan slegs punte toe vir visuele hulpmiddele wat in die
                       scenario genoem is.
                                                                           (2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Besigheidstudies/V2                            16                         DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyn

4.3.2 Areas van verbetering vir die volgende aanbieding
      - Die aanbieder moet die doelwitte wat nie behaal is nie, hersien. √√
      - Gebruik humor op ‘n toepaslike wyse. √√
      - Wees altyd bereid om die inligting by te werk/relevant te hou. √√
      - Besin oor enige probleem/kritiek en vermy dit in toekomstige aanbiedings. √√
      - Besin oor die tyd/lengte van die aanbieding om meer inhoud by te voeg/te
         verwyder. √√
      - Besin oor die logiese vloei van die formaat/skyfies/toepassing van visuele
         hulpmiddels. √√
      - Vermeerder/Verminder die gebruik van visuele hulpmiddels/vervang of verwyder
         hulpmiddels wat nie goed werk nie. √√
      - Inligting wat die aanbieder as terugvoering van 'n aanbieding ontvang, moet
         ontleed word en waar relevant geïnkorporeer word/gebruik om sy/haar aanbieding
         op te dateer/te wysig. √√
      - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die areas van verbetering
         wat die bestuur in ag moet neem vir hulle volgende aanbieding.
                                                                                  Maks (4)

4.4      Bydra van kapitaal tot die sukses en/of mislukking van 'n private maatskappy
                  SUKSESFAKTORE              EN/OF        MISLUKKINGSFAKTORE
             - Groot bedrag kapitaal kan         - Dit kan nie in 'n baie groot besigheid
                ingesamel word √ aangesien         groei nie √ aangesien dit nie die
                daar geen beperking op die         publiek kan nooi om aandele te koop
                aantal aandeelhouers is nie. √     nie. √

                 - Die maatskappy kan toegang      - Beperkings op die oordraagbaarheid
                   verkry tot langtermynkapitaal √   van aandele √ kan moontlik nie
                   en het daarom goeie               finansieel sterk beleggers lok nie. √

      Kapitaal
                   langtermyn-groeigeleenthede. √
                 - Alhoewel aandele nie vrylik     - Groot bedrag kapitaal kan nie verkry
                   oordraagbaar is nie, √ kan        word nie √ want kapitaalbydrae slegs
                   groot private maatskappye 'n      tot private aandeelhouers beperk is. √
                   aansienlike bedrag kapitaal
                   bymekaar maak. √
                 - Enige ander relevante antwoord - Enige ander relevante antwoord wat
                   wat verband hou met die bydra     verband hou met die bydra van
                   van kapitaal tot die sukses van   kapitaal tot die mislukking van 'n
                   'n private maatskappy.            private maatskappy.

LET WEL:              1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
                      2. Sien óf sukses EN/OF mislukking na.
                                                                                      Maks (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Besigheidstudies/V2                        17                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyn

BESIGHEIDSROLLE
4.5    Probleemoplossingstappe
       - Identifiseer die probleem. √
       - Definieer die probleem. √
       - Identifiseer moontlike oplossings/alternatiewe vir die probleem. √
       - Evalueer alternatiewe oplossings. √
       - Kies/Selekteer die mees toepaslike alternatief/oplossing. √
       - Ontwikkel 'n aksieplan. √
       - Implementeer die voorgestelde oplossing/aksieplan. √
       - Monitor die implementering van die oplossing/aksieplan. √
       - Evalueer die geïmplementeerde oplossing/aksieplan. √
       - Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die probleemoplossing-
         stappe.
      LET WEL: 1.           Sien slegs die eerste VIER (4) na.
                    2.      Aanvaar stappe in enige volgorde.
                                                                              (4 x 1) (4)
4.6    Maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van
       werknemers te verbeter
       - Betaal regverdige lone/salarisse aan die werkers √ gebaseer op die aard van hulle
         werk/heersende ekonomiese toestande op die mark. √
       - Voorsien vervoer aan werknemers √ wat ongewone lang ure werk. √
       - Betaal bonusse gebaseer op besigheidsinkomste, √ as erkenning vir harde werk en
         toewyding. √
       - Werkstoestande moet insluit √ veiligheid/medies/kantiengeriewe/voordele soos
         behuising/verlof/aftrede. √
       - Voorsien vir werknemers se deelname aan √ besluitneming wat hulle affekteer. √
       - Voorsien werknemers van ontspanningsgeriewe √ om te sosialiseer en
         werksverhoudinge te versterk. √
       - Bied jaarlikse fisiese/mediese assesserings aan werkers √ om
         gesondheidheidsbewustheid te bevorder. √
       - Moedig werknemers aan om fiks en gesond te bly √ deur hulle by gesondheid-
         aktiwiteite te betrek om stres/dwelmmisbruik/obesiteit te verminder. √
       - Maak trauma-ondervraging/berading/terapie beskikbaar √ vir enige werknemer wat
         hierdie dienste benodig. √
       - Bied finansiële hulp aan √ in die geval van enige teëspoed wat deur onverwagte
         mediese koste veroorsaak is. √
       - Laat buigsame werksure toe √ om produktiwiteit te versterk. √
       - Bied ondersteuningsprogramme vir werknemers aan √ wat met MIV/Vigs
         besmet/aangetas is. √
       - Stel kindersorggeriewe op die terrein beskikbaar √ vir werkende moeders in die
         besigheid. √
       - Begin 'n voedingsprogram √ sodat werknemers een maaltyd per dag kan geniet om
         hulle in ‘n gesonde toestand te hou. √
       - Gee tyd aan die personeel √ om by projekte wat hulle kies, betrokke te raak √ /Laat
         personeel toe om 'n paar werksure te gebruik √ om aan projekte van hulle keuse
         deel te neem. √
       - Vestig afrigting- en mentorprogramme √ vir junior werknemers. √
       - Hou spanbousessies √ om werknemers se moraal te verbeter. √

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Besigheidstudies/V2                          18                        DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyn

       -     Moedig werknemers aan √ om kapasiteitsbou-werkswinkels/opleidings-
             /personeelontwikkelings-/spanontwikkelingprogramme by te woon. √
       -     Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop besighede
             tyd en moeite kan bydra om die welstand van werknemers te verbeter.
                                                                                 Maks (6)
4.7    Menseregte in die scenario
              MENSEREGTE                               MOTIVERINGS
       1. Waardigheid √√                 Hulle behandel alle werknemers met respek
                                         ongeag hulle sosio-ekonomiese status. √
           2. Vryheid van spraak en      Die bestuur van BH moedig oop
              uitdrukking √√             kommunikasiekanale tussen hulle en
                                         werknemers aan. √
                             Submaks (4)                               Submaks (2)

           LET WEL:    1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
                       2. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
                       3. Ken punte toe vir die menseregte selfs al is die
                          aanhalings onvolledig.
                       4. Moenie punte toeken vir die motiverings as die mense-
                          regte verkeerd geïdentifiseer is nie.
                                                                               Maks (6)
4.8    Maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
       sakepraktyk deur besighede uitgevoer moet word
       - Missiestellings moet die waardes van gelykheid/respek insluit. √√
       - Besighede moet gelykheidsprogramme ontwikkel/strategieë bevorder om te
          verseker dat alle werknemersgelyk behandel word ongeag status/rang/mag. √√
       - Behandel werkers met respek/waardigheid deur werk goed gedoen/die waarde van
          menslike kapitaal, te erken. √√
       - Beplan behoorlik en stel voorkomende maatreëls in. √√
       - Betaal regverdige lone/salarisse wat in lyn is met die minimum vereistes van die
          WBDV/Vergoed werknemers vir oortyd/tydens openbare vakansiedae gewerk. √√
       - Raak betrokke by omgewingsbewustheidprogramme/Weerhou jou om nie die
          omgewing te besoedel nie soos om giftige afval wettig weg te gooi. √√
       - Weerhou jou om ‘n onderneming te begin deur ander besighede se idees te gebruik,
          wat deur die Wet beskerm word. √√
       - Besigheidsbesluite en optredes moet vir alle belanghebbendes duidelik/deursigtig
          wees. √√
       - Besighede moet aanspreeklik/verantwoordelik vir hulle eie besluite en optrede
          wees/patentregte. √√
       - Huur eerlike/betroubare rekenmeesters/finansiële beamptes met goeie
          getuigskrifte. √√
       - Gereelde/Tydige betaling van belasting. √√
       - Alle werkers moet toegang tot gelyke geleenthede/poste/bronne hê. √√
       - Verseker dat werknemers in 'n werksomgewing werk wat bydra tot veiligheid/
          regverdigheid/vry van verleentheid is. √√
       - Werkgewers en werknemers moet aan wetgewing voldoen met betrekking tot gelyke
          geleenthede/menseregte in die werkplek. √√
       - Opleiding/Inligting/Besigheidsbeleide moet kwessies soos diversiteit/ diskriminasie/
          teistering insluit. √√

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Besigheidstudies/V2                         19                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyn

       -   Werkgewers moet vinnig en regverdig reageer op gerapporteerde voorvalle van
           diskriminasie in die werkplek. √√
       -   Bevele/Take moet met respek uitgegee word en die ontvanger/werknemer toelaat
           om 'n sê hê oor die wyse/manier waarop die taak uitgevoer moet word. √√
       -   Stel 'n etiese/gedragskode op. √√
       -   Deurlopende ontwikkeling en opleiding vir alle werknemers. √√
       -   Prestasiebestuurstelsels/-beoordelings moet in plek wees. √√
       -   Voldoende interne beheer/monitering/evaluering. √√
       -   Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop
           professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyk deur besighede
           uitgevoer moet word.
                                                                                    Maks (4)
                                                                                        [40]

                                                             UITEENSETTING VAN PUNTE
                                                                    VRAAG 4   PUNTE
                                                                       4.1       2
                                                                       4.2       6
                                                                      4.3.1      2
                                                                      4.3.2      4
                                                                       4.4       6
                                                                       4.5       4
                                                                       4.6       6
                                                                       4.7       6
                                                                       4.8       4
                                                                    TOTAAL      40
                                                                TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Business Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-afr/f1802d17-5077-4a1b-8aa5-a8766954d550) — Business Studies · QP · 2024 · Afr
- [Business Studies P1 Nov 2024 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-mg-afr/8337846e-950a-47bd-978e-9bb7ba510b61) — Business Studies · Memo · 2024 · Afr
- [KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-12-september-2024-p2-and-memo/537bb816-a58a-49d5-99f5-3d09148dcd57) — Business Studies · Memo · 2024
- [Business Studies P2 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-may-june-2024-limpopo/8416a833-2199-4449-a9ab-72f1d9ea7ad3) — Business Studies · Memo · 2024
- [Business Studies P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-nov-2024-eng/4634415b-5009-474d-9dec-63e32e1e9e66) — Business Studies · QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Business Studies P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580) — Business Studies · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [BUS STUDIES P1 QP JCT 2025 ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p1-qp-jct-2025-eng-d-watermark/bb80e211-d0d0-4667-b7d8-68f2e1736d30) — QP · 2025 · Eng
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/be417aa7-c023-4ad6-8033-44444fbd8660) — QP · 2025
- [Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-afrikaans-june-2025-possible-asnwers/4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4) — QP · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Memo · 2025
- [Business Studies P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-may-june-2025-eng/103fd17a-6f6d-48de-ac3d-b580e4233fb9) — QP · 2025 · Eng
- [Business Studies P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-business-studies-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/e6a157da-01c9-4da3-bd98-38371acfd429) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
