# Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nsc-nov-2020-afr/9741ebe9-fd26-4c4e-9cea-6cf89f865f63
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nsc-nov-2020-afr/9741ebe9-fd26-4c4e-9cea-6cf89f865f63)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              BESIGHEIDSTUDIES V2

                             VOORBEREIDENDE 2021

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

                                    *busta2*

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                         2                        DBE/November 2020
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                           Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
                           afdeling.
          AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                           Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie
                           afdeling.
2.        Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis
          van wat vereis word.
          Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die eerste
          EEN vraag in AFDELING C nagesien sal word.
3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat
          verkeerd genommer is NIE.
4.        Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
          wees.
5.        Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
          van 'n antwoord te bepaal.
6.        Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer
          jy elke vraag beantwoord.

                       AFDELING                  VRAAG       PUNTE           TYD
                                                                           (minute)
          A: Objektiewe tipe vrae
                                                   1           30              30
             VERPLIGTEND

          B: DRIE direkte/indirekte tipe           2           40              30
             vrae                                  3           40              30
             KEUSE:                                4           40              30
             Beantwoord enige TWEE.

          C: TWEE opsteltipe vrae                  5           40              30
             KEUSE:                                6           40              30
             Beantwoord enige EEN.

                       TOTAAL                                  150        120 minute

7.        Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
          bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                           3                           DBE/November 2020
                                             NSS

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

         1.1.1        Die direkteure van Bob Bpk. het … aandele aan hulle
                      aandeelhouers uitgereik as vergoeding vir onbetaalde dividende.

                      A    stigters-
                      B    aflosbare
                      C    gewone
                      D    bonus-

         1.1.2        Emma se persoonlike bates kan as betaling vir haar besigheid se
                      skuld opgeëis word. Dit is 'n voorbeeld van … aanspreeklikheid.

                      A    publieke
                      B    onbeperkte
                      C    persoonlike
                      D    beperkte

         1.1.3        Hierdie aspek moet in ag geneem word wanneer 'n multimedia-
                      aanbieding ontwerp word:

                      A    Kies 'n donker agtergrond om sigbaarheid te verbeter
                      B    Gebruik 'n baie klein skrifgrootte om gedetailleerde inligting op
                           elke skyfie in te sluit
                      C    Maak seker dat 'n prentjie by elke skyfie ingesluit is
                      D    Struktureer inligting in 'n logiese volgorde

         1.1.4        Die aanmeld van onveilige werksomstandighede by bestuur is die
                      verantwoordelikheid van die …

                      A    werknemer.
                      B    vakbond.
                      C    produksiebestuurder.
                      D    werkgewer.

         1.1.5         Johnny se Verfwinkel het die … tegniek toegepas toe hulle 'n
                       paneel kundiges versoek het om 'n stel vraelyste te voltooi om
                       oplossings te kry.

                       A   leë-stoel-
                       B   kragveld-ontleding-
                       C   Delphi-
                       D   nominale-groep-                                           (5 x 2)      (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                           4                          DBE/November 2020
                                             NSS

1.2.     Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

              publiek; nieversekerbare; korporatiewe maatskaplike investering;
                          leier; inligting; lede; versekerbare;
          korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid; bestuurder; privaatheid

         1.2.1         SB Tekstiele word deur modeveranderings geaffekteer. Dit is 'n
                       voorbeeld van … risiko.

         1.2.2         Zulu Bpk. kan kapitaal bekom deur aandele aan die … uit te reik.

         1.2.3         Estelle is 'n goeie … want sy administreer planne en dwing reëls af
                       om gestelde doelwitte te bereik.

         1.2.4         Die interne beleid van Kopano (Edms.) Bpk. sluit aandeelhouers se
                       belange en omgewingskwessies in as deel van hulle …
                       -programme.

         1.2.5         Corbett Vervaardigers respekteer die reg van die werknemers
                       tot … deur hulle persoonlike inligting vertroulik te hou. (5 x 2)        (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                        5                         DBE/November 2020
                                          NSS

1.3      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

                      KOLOM A                             KOLOM B
         1.3.1       Kapitaalwins     A    vereis dat besighede op mense, wins en
                                           die planeet fokus
         1.3.2       Aweryklousule
                                      B    besighede stel slegs mense uit voorheen
         1.3.3       Inklusiwiteit         benadeelde gemeenskappe aan

         1.3.4       Besluitneming    C    van toepassing wanneer 'n eiendom vir
                                           meer as die markwaarde daarvan verseker
         1.3.5       Drievoudige           word
                     sleutelaspekte
                                      D    die opbrengs op 'n belegging in vaste bates

                                      E    'n groep mense genereer alternatiewe
                                           oplossings en evalueer dit krities

                                      F    die opbrengs op 'n belegging in aandele

                                      G besighede stel mense uit verskillende
                                        agtergronde, geslag en ouderdomme aan

                                      H    van toepassing wanneer eiendom vir
                                           minder as die markwaarde verseker word

                                      I    'n bestuurder neem alle alternatiewe in ag
                                           voordat die beste oplossing gekies word

                                      J    vereis dat besighede op prosesse, wins en
                                           die planeet fokus
                                                                               (5 x 2)       (10)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                          6                         DBE/November 2020
                                            NSS

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:          Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                  antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
                  op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1       Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n beleggings-
          besluit geneem word.                                                                 (4)

2.2       Beskryf kortliks die faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n
          aanbieding voorberei word.                                                           (6)

2.3       Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   TOMELO HANDELAARS (TH)

          Tomelo Handelaars is bekend vir die verkoop van gehalteprodukte. Tomela,
          die eienaar, het sy besigheidseiendom teen brand en diefstal verseker.
          Hy het alle relevante inligting wat die mate van die risiko kan beïnvloed aan
          die versekeringmaatskappy geopenbaar.

          2.3.1        Identifiseer TWEE beginsels van versekering wat op TH van
                       toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
                       aan te haal.

                       Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.3.1
                       te beantwoord.

                        BEGINSELS VAN VERSEKERING                  MOTIVERINGS
                       1.
                       2.                                                                      (6)

          2.3.2        Gee die bestuur van TH raad oor die voordele van versekering vir
                       besighede.                                                              (6)

2.4       Verduidelik hoe bestuur tot die sukses en/of mislukking van 'n vennootskap
          kan bydra.                                                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                          7                         DBE/November 2020
                                            NSS

2.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  KONSULTASIEDIENSTE (KD)

         Ayanda, die eienaar van Konsultasiedienste, het R8 000 vir drie jaar by
         Wonderbank belê. Die bank het haar 'n rentekoers van 10% per jaar
         aangebied. Die rente word bereken op die oorspronklike bedrag plus rente.

         2.5.1         Identifiseer die tipe rente waarvolgens Ayanda se belegging
                       bereken sal word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
                       hierbo aan te haal.                                                    (3)

         2.5.2         Bereken die rentebedrag wat Ayanda na drie jaar sal ontvang deur
                       die tipe rente wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is, te gebruik.
                       Toon ALLE berekenings.                                                 (5)

2.6      Evalueer die impak van die regering/RSA se kleinhandelspaareffekte as
         'n beleggingsvorm.                                                                    (6)
                                                                                              [40]

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1      Noem enige DRIE stadiums van spanontwikkeling.                                       (3)

3.2      Beskryf kortliks die rolle van die gesondheid- en veiligheidsverteenwoordigers
         in die beskerming van die werksomgewing.                                             (6)

3.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   MANDY HANDELAARS (MH)

         Mandy Handelaars is in 'n gebied geleë waar baie mense as gevolg van 'n
         tekort aan vaardighede sukkel om werk te kry. Die meerderheid is nie in staat
         om in hulle basiese behoeftes te voorsien nie en daarom ontvang hulle
         kospakkies by nie-regeringsorganisasies.

         3.3.1         Identifiseer TWEE sosio-ekonomiese kwessies wat 'n uitdaging vir
                       MH is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
                       haal.

                       Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.3.1 te
                       beantwoord.

                        SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES                 MOTIVERINGS
                       1.
                       2.                                                                     (6)

         3.3.2         Verduidelik hoe MH se bestuur MIV/Vigs as 'n sosio-ekonomiese
                       kwessie kan hanteer.                                                   (4)

3.4      Bespreek die oorsake van konflik in die werkplek.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                           8                           DBE/November 2020
                                             NSS

3.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      SEBASTIAN OUDITEURE (SO)

         Sebastian Ouditeure stel werkers uit diverse agtergronde aan. 'n Vertaler is
         aangestel om seker te maak dat alle werknemers verstaan wat tydens
         vergaderings bespreek word.

         3.5.1         Identifiseer die diversiteitskwessie wat SO hanteer het. Motiveer
                       jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.                        (3)

         3.5.2         Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.                        (6)

3.6      Analiseer die impak van 'n dinkskrum as 'n probleemoplossingstegniek.                        (6)
                                                                                                     [40]

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1      Gee TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedings.                                             (2)

4.2      Beskryf kortliks die kenmerke van 'n privaat maatskappy.                                    (6)

4.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  SUPERIOR KONSTRUKSIE (SK)

         Superior Konstruksie het 'n groot aantal werkers op hul konstruksieterreine
         in diens. SK dra tot die Werkloosheidsversekeringsfonds en die
         Vergoedingsfonds vir Beroepsbeserings en -siektes by. Hulle neem ook
         lewensversekering vir sleutelpersoneel uit.

         4.3.1         Haal TWEE soorte verpligte versekering uit die scenario hierbo
                       aan.                                                                          (2)

         4.3.2         Verduidelik EEN soort verpligte versekering wat in VRAAG 4.3.1
                       aangehaal is.                                                                 (4)

4.4      Gee aanbieders raad oor hoe hulle na die afloop van 'n aanbieding
         terugvoering op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer.                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                           9                          DBE/November 2020
                                             NSS

BESIGHEIDSROLLE

4.5      Beskryf kortliks die korrekte prosedure om griewe by die werkplek te hanteer.           (6)

4.6      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               MOHAMMED ADVERTEERDERS (MA)

         Mohammed Adverteerders het gesukkel om 'n nuwe advertensieveldtog te
         ontwerp om meer kliënte te lok. MA het besluit om hulle werknemers op te lei
         oor hoe om innoverende tegnieke te gebruik. Die werknemers is ook versoek
         om enige nuwe idees in voorstelhouers te plaas.

         4.6.1         Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop MA 'n
                       omgewing geskep het wat kreatiewe denke bevorder het.                     (2)

         4.6.2         Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.             (6)

4.7      Evalueer    die      impak  van     korporatiewe            maatskaplike/sosiale
         verantwoordelikheid (KMV/KSV) op gemeenskappe.                                          (6)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2                        10                            DBE/November 2020
                                          NSS

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
              op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)

Suksesvolle leiers weet dat 'n positiewe houding hulle in staat stel om
besigheidsdoelwitte te bereik. Die situasionele leierskapsteorie gee besighede riglyne
oor die bestuur van mense. Sommige leiers glo in die doeltreffendheid van die
charismatiese en transaksionele leierskapstyle, terwyl ander die outokratiese
leierskapstyl verkies.

Skryf 'n opstel oor leierskap waarin jy die volgende aspekte bespreek:

   Beskryf kortliks die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap.
   Verduidelik die situasionele leierskapsteorie.
   Bespreek die impak van die volgende leierskapstyle op besighede:
     o Charismaties
     o Transaksioneel
   Beveel situasies aan waarin die outokratiese leierskapstyl in die werkplek toegepas
    kan word.                                                                                [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFFESIONALISME)

Die King-kode-beginsels verskaf riglyne oor die toepassing van etiese en professionele
sakepraktyke. Besighede moet onprofessionele gedrag identifiseer wat uitdagings vir
hulle bedrywighede inhou en strategieë ontwikkel om dit te hanteer.

Skryf 'n opstel oor etiese en professionele gedrag waarin jy die volgende aspekte
bespreek:

   Beskryf kortliks die verskille tussen etiese en professionele gedrag.
   Verduidelik hoe besighede die King-kode-beginsels van verantwoordbaarheid en
    deursigtigheid vir goeie korporatiewe bestuur kan toepas.
   Beskryf hoe die volgende onprofessionele sakepraktyke 'n uitdaging vir besighede
    inhou:
     o Misbruik van werktyd
     o Ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en -hulpbronne
   Beveel maniere aan waarop besighede ELK van die onprofessionele sakepraktyke
    hierbo kan hanteer.                                                                      [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                  GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 ENG FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-eng-final-d/4e9c0538-8fd6-4ca0-89c3-640e69a1a87f) — Business Studies · QP · 2021 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2021 AFR FINAL D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2021-afr-final-d/83aed034-a495-4a63-acaf-34c9f53189d9) — Business Studies · QP · 2021 · Afr
- [BUS STUDIES P2 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-qp-sept2020-english/cd07156f-c4cc-4d21-a4ca-59cb636ee805) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [BUS STUDIES P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/bus-studies-p2-gr12-memo-sept2023-english/86d61a1d-80ab-4a91-8a3f-1422c313c696) — Business Studies · Memo · 2023 · Eng
- [2021 KZN June QP](https://www.hlayiso.com/library/2021-kzn-june-qp/b1080315-ac08-4685-b0da-4bdb13e47300) — Business Studies · QP · 2021
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2023-english/b6e44396-0eba-4aae-b5a3-a91c94c0effd) — Business Studies · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
