# Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr11-nov2019-afr-d/2ddc56cc-ed06-4d9b-8261-275bad54c70e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/business-studies) › [Business Studies Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr11-nov2019-afr-d/2ddc56cc-ed06-4d9b-8261-275bad54c70e)

## About this document

Business Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2019

                 BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                            *IBUSTA2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die
         hoofonderwerpe.

         AFDELING A:      VERPLIGTEND
         AFDELING B:      Bestaan uit DRIE vrae.
                          Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
         AFDELING C:      Bestaan uit TWEE vrae.
                          Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

    2.   Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
         vereis word.

         Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag
         in AFDELING C nagesien sal word.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
         genommer is NIE.

    4.   Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

    5.   Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
         ŉ antwoord te bepaal.

    6.   Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
         vraag beantwoord word.

                                                   VRAAG        PUNTE            TYD
                       AFDELING
                                                                               (minute)
         A:   Objektiewe tipe vrae
              VERPLIGTEND                             1            30             30

         B:   DRIE direkte/indirekte tipe vrae        2            40             30
              KEUSE:
              (Beantwoord enige TWEE.)                3            40             30
                                                      4            40             30

         C:   TWEE opsteltipe vrae KEUSE:             5           40              30
              (Beantwoord enige EEN.)                 6           40              30
                        TOTAAL                                    150             120

    7.   Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
         bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.

    8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                      3

  AFDELING A (VERPLIGTEND)

  VRAAG 1

  1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
      (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

        1.1.1    Watter van die volgende         is   ŉ   voorbeeld   van   nieverbale
                 besigheidsinligting?

                 A     Besprekings
                 B     Mondelinge
                 C     Grafieke
                 D     Telefoniese oproepe

        1.1.2    Transnet is ŉ voorbeeld van ŉ … maatskappy.

                 A     private
                 B     staatsbeheerde
                 C     publieke
                 D     nie-winsgewende

        1.1.3    Die beplanningsproses wat die plan in werking stel, word ŉ …
                 genoem.

                 A     besigheidsplan
                 B     toelaag
                 C     lening
                 D     aksieplan

        1.1.4    Idees wat oorspronklik en nuttig is om besigheidsuitgadings op te los:

                 A     Kreatiewe denke
                 B     Laterale denke
                 C     Onkonvensionele oplossings
                 D     Gehalteversekering

        1.1.5    ŉ Agt-stap sisteem vir die bestuur van verandering is deur … ontwerp.

                 A     Meredith Belbin
                 B     John P. Kotter
                 C     Kurt Lewin
                 D     Margerison-McCann
                                                                                (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    BESIGHEIDSTUDIES V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

    1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
        Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                 burgers; private; publieke; konflik; tantieme; nie-winsgewende;
                                huur; burgerlike; stres; buitelanders

         1.2.1     Die inkomste en bates van ŉ filantroop (‘humanitarian giver’) word vir
                   openbare doeleindes gebruik. Dié soort besigheid staan as ŉ …
                   maatskappy bekend.

         1.2.2     Die lopende fooi wat aan die eienaar van ŉ bate betaal word vir die
                   gebruik van sy naam en handelsmerk staan as … bekend.

         1.2.3     Kaya se werklading en tydsdruk kan beheer word deur …-bestuur.

         1.2.4     Mense wat in ŉ spesifieke land woon of gebore is, word … genoem.

         1.2.5     Die … samelewing sluit NRO’s en GBO’s in wat tot sosiale en
                   ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe bydra.
                                                                        (5 x 2)             (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                     5

  1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

                  KOLOM A                                KOLOM B
        1.3.1    Uitkontraktering       A    gebruik vorige besluite       om     hulle
                                             besluitneming te lei

        1.3.2    Eienaarskapitaal       B    fokus is op die voltooiing van die taak

        1.3.3    Normering              C    ondersoeking van nuwe idees om dinge
                                             beter te doen

        1.3.4    Die regte benadering D      lisensie om die naam en idee van ŉ
                                             bestaande besigheid te gebruik

        1.3.5    Roetinedenke           E    geld wat ŉ besigheid skuld en wat oor ŉ
                                             spesifieke tydperk terugbetaal moet
                                             word

                                        F    gebruik van arbeidsmakelaar vir werwing
                                             van    geskikte   en   gekwalifiseerde
                                             werknemers

                                        G    om tot ŉ ooreenkoms te kom en
                                             konsensus te bereik

                                        H    sakepraktyk om ŉ derde party te huur om
                                             dienste te verrig

                                        I    die behandeling van al sy kliënte en
                                             werknemers met respek en waardigheid

                                        J    fondse wat deur die eienaars van ŉ
                                             besigheid bygedra word
                                                                          (5 x 2)         (10)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  BESIGHEIDSTUDIES V2                    (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

 LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
               byvoorbeeld VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE
               bladsy.

 VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 2.1   Noem DRIE aspekte wat oorweeg moet word wanneer ŉ besigheid begin
       word.                                                                            (3)

 2.2   Omskryf in breë trekke die faktore wat oorweeg moet word wanneer ŉ
       strooibiljet ontwerp word.                                                       (4)

 2.3   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 ZOE EIENDOMME (ZE)

       Zoe Eiendomme besit eiendomme regoor die land. Besighede sluit ŉ
       ooreenkoms met ZE en betaal op ŉ maandelikse basis vir die gebruik van
       ŉ eiendom vir ŉ spesifieke periode.

       2.3.1    Identifiseer die manier om ŉ besigheid te verkry voorgestel in die
                scenario hierbo. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te
                haal.                                                                   (3)

       2.3.2    Verduidelik die nadele van die manier om ŉ besigheid te verkry
                geïdentifiseer in VRAAG 2.3.1 op besighede.                             (4)

 2.4   Onderskei tussen vennootskap en maatskappy met persoonlike
       aanspreeklikheid.                                                                (8)

 2.5   Beskryf die betekenis van die volgende beplanningsinstrumente:

       2.5.1    Tydlyne                                                                 (2)

       2.5.2    Projekbeplanning                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                       7

2.6     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      THABO MHLONGO SKRYFBEHOEFTES (TMS)

        Thabo het van sy vorige werk bedank om sy eie besigheidsonderneming
        bekend as TMS te begin. Die maatskappy bied skryfbehoeftes aan die
        publiek en besighede. Thabo beskryf homself as ambisieus, hardwerkend
        en het ŉ positiewe uitkyk. Hy volhard en het ŉ duidelike fokus op
        winsgewendheid en volhoubaarheid van die besigheid.

        2.6.1    Identifiseer VIER eienskappe van ŉ entrepreneur uit die scenario
                 hierbo.                                                                 (4)

        2.6.2    Noem TWEE sleutel suksesfaktore uit die scenario hierbo.                (2)

2.7     Beveel faktore aan wat die aanbieder moet oorweeg wanneer hy/sy ŉ
        aanbieding ontwerp.                                                              (8)
                                                                                        [40]

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1     Noem VIER stappe in probleemoplossing.                                          (4)

3.2     Omskryf in breë trekke die regte en verantwoodelikhede van burgers.             (4)

3.3     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              TUMI MAYENDE BRAAI (TMB)

        Tumi Mayende Braai voel die druk wanneer hulle kos vrot raak omdat hulle
        nie elektrisiteit het nie. Hulle is gesluit tydens beurtkrag as gevolg van
        gesondheids- en veiligheidskwessies.

        3.3.1    Identifeer TWEE krisis-situasies in die scenario hierbo.                (2)

        3.3.2    Definieer die term krisis.                                              (2)

        3.3.3    Stel maniere voor waarop TMB besigheids-verwante krisisse kan
                 aanspreek/hanteer in die werkplek.                                      (6)

3.4     Bespreek die funksies van werksplekforums op besighede.                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 BESIGHEIDSTUDIES V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 3.5   Identifiseer die stadiums van span-ontwikkeling geïllustreer in die
       volgende stellings:

       3.5.1    Spanlede het meningsverskille, maar los hulle vinnig op om hul
                doelwitte te bereik.

       3.5.2    Spanlede is gemaklik en leer meer van mekaar.

       3.5.3    Spanlede werk nie saam nie, aangesien hulle meeding om die
                posisie van die spanleier.
                                                                     (3 x 2)              (6)

 3.6   Beskryf strategieë besighede kan gebruik om regstellende aksie te hanteer.         (4)

 3.7   Beveel maniere aan waarop besighede ŉ rol kan speel in die sosiale en
       ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe.                                          (6)
                                                                                         [40]

 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

 BESIGHEIDSGELEENTHEDE

 4.1   Lys DRIE faktore wat die keuse van finansiering beïnvloed.                         (3)

 4.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          TENGO & CASH PROKUREURS (T&C)

        T&C het die volgende aktiwiteite vir hul besigheid gedurende Januarie 2019
        uitgevoer. Tengo registreer die besigheid in die eerste week. In die tweede
        week, reël Cash vir die huur van ŉ gebou. Derde week, werf Tengo klerke
        vir die besigheid.

       4.2.1    Stel ŉ Gantt-grafiek op deur gebruik te maak van die inligting wat
                in die scenario hierbo gegee word.

                Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om VRAAG 4.2.1 te
                beantwoord.

                     AKTIWITEIT           WEEK                PERSOON
                                                          VERANTWOORDELIK

                                                                                          (9)

 4.3   Beveel stappe aan in die skryf van ŉ verslag.                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               BESIGHEIDSTUDIES V2                                    9

 BESIGHEIDSROLLE

 4.4    Lys VIER oorsake van konflik in die werkplek.                                (4)

 4.5    Noem die probleemoplossingstegniek voorgestel in ELK van die volgende
        stellings:

        4.5.1    Koning Konsultante het die voordele en nadele gelys om hulle
                 besigheidstuktuur te verander.

        4.5.2    Koning Konsultante het deskundiges versoek om ŉ vraelys te
                 voltooi oor hoe om hul besigheid se probleme op te los.
                                                                         (2 x 2)     (4)

 4.6    Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                (8)

 4.7    Stel redes voor hoekom besighede by sosiale programme betrokke moet
        raak.                                                                        (6)
                                                                                    [40]

                                                         TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                BESIGHEIDSTUDIES V2                    (EC/NOVEMBER 2019)

  AFDELING C

  Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

  LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                  Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ nuwe bladsy begin,
                  byvoorbeeld VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ
                  NUWE bladsy.

  VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME)

                      JUNIOR JOHNSON ENTERPRISE (JJE)

  Junior en Johnson is vennote en hulle wil hul rykdom en kapitaal verhoog deur
  in ŉ besigheid te belê waar daar ŉ klousule met beperkte aanspreeklikheid is.
  Hulle wil van ŉ vennootskap na ŉ publieke maatskappy verander maar hulle
  verstaan nie die registrasieprosedures nie, insluitende die Memorandum van
  Inkorporering.

  As ŉ besigheidsanalis word jy versoek om JJE oor die volgende te adviseer:

      Omskryf in breë trekke die aspekte wat in hulle prospektus ingesluit moet
       word
      Verduidelik die wetlike vereistes van die naam van die maatskappy
      Bespreek die voordele van die stigting van ŉ maatskappy teenoor ander
       ondernemingsvorme
      Gee raad aan JJE oor die inhoud wat in die Memorandum van Inkorporering
       ingesluit moet wees                                                            [40]

  VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (PROFESSIONALISME EN ETIEK)

  Die Suid-Afrikaanse Grondwet verskaf ŉ etiese basis vir billike behandeling en
  goeie korporatiewe bestuur. Geloofwaardigheid is die mees belangrikste aspek
  van die besigheid om te verseker dat die wette nagevolg word om die etiese
  waardes van individue en besighede te ondersteun. Elke professie het sy eie
  gedragskode.

  As ŉ kenner in besigheids-etiek en professionalism, skryf ŉ opstel oor die
  volgende:

        Onderskei tussen professionalisme en etiek
        Verduidelik die beginsels van professionalisme
        Bespreek die voordele van etiese besigheidsgeleenthede
        Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
         effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer moet word.                           [40]

                                                        TOTAAL AFDELING C:             40
                                                            GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [BUSINESS STUDIES P2 QP GR11 NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr11-nov2019-eng-d/6d8383b6-37b1-460d-b08d-303ee6050476) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr11-nov2019-afrikaans/276d73b5-805d-4a66-8f13-3236894f6ae5) — Business Studies · Memo · 2019 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR11 NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr11-nov2019-english/d2c43db4-ff0b-4c60-8ada-3f47911a5b2f) — Business Studies · Memo · 2019 · Eng
- [BUSINESS STD P1 QP NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/business-std-p1-qp-nov-2019-eng-d/bcfe215a-4707-49a6-8652-de2b56a621e9) — Business Studies · QP · 2019 · Eng
- [Business Studies P2 GR 11 Exemplar Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-gr-11-exemplar-nov-2019-afr/7ecd5c65-ab87-4978-b7cf-966867656f51) — Business Studies · QP · 2019 · Afr
- [2019 Grade 11 November Paper 2 Exemplar Question Paper National DBE Business Studies English](https://www.hlayiso.com/library/2019-grade-11-november-paper-2-exemplar-question-paper-national-dbe-business-studies-english/632b70dd-ad52-4ac2-9918-dabeec6d4e57) — Business Studies · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Business Studies

- [Gr 11 Bus Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-bus-stu-atp-2023-24/9ad6e1d4-d0db-4a5d-938b-c62e8c425afd) — ATP
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p1-and-memo/430c6d81-db16-48ba-9a31-dd02966696bb) — QP + Memo · 2025
- [LP Business Studies Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-business-studies-grade-11-june-2025-p2-and-memo/8510a558-f4ef-4a6e-a8a4-ea5e38115ad4) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES GRADE 11 NOV 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-11-nov-2025-marking-guideline-watermark/ac3d93e2-bc36-4620-bc68-8ea52575bd46) — Memo · 2025
- [KZN Business Studies Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-11-march-2025-qp-and-memo/4cb5b873-831f-4c2a-8621-535ec3cf62e7) — QP + Memo · 2025
- [BUSINESS STUDIES P1 GR11 MEMO NOV2024 -English watermark](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr11-memo-nov2024-english-watermark/8a66ce2f-f14c-491f-a05d-1e1816bd8822) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
