# Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/65b20941-38a0-4d87-8b01-b1df893fded2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/65b20941-38a0-4d87-8b01-b1df893fded2)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                           JUNIE 2023

                  BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          BESIGHEIDSTUDIES V2                                (EC/JUNIE2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

      AFDELING A:       VERPLIGTEND
      AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                        Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
      en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
      NIE.

4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
      antwoord te bepaal.

6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
      vraag beantwoord word.

                                               VRAAG         PUNTE            TYD
                     AFDELING
                                                                            (minute)
      A:     Objektiewe tipe vrae
             VERPLIGTEND                          1             30               20

      B:     DRIE direkte/indirekte tipe          2             40
             vrae
             KEUSE:                               3             40               70
             Beantwoord enige TWEE.
                                                  4             40

      C:     TWEE opsteltipe vrae                 5             40               30
             KEUSE:
             Beantwoord enige EEN.                6             40
                  TOTAAL                                       150             120

7.    Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
      VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                     3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

       1.1.1 Sizwe het ŉ … leierskapstyl gebruik wanneer hy sy werknemers
             beloon vir die bereiking van hul teikens.

                  A   transaksionele
                  B   charismatiese
                  C   outokratiese
                  D   demokratiese

       1.1.2 Die verkoop van ŉ bate wat in waarde verhoog het sedert dit gekoop
             is, verwys na ...

                  A   dividende.
                  B   ŉ prospektus.
                  C   belasting.
                  D   kapitaalwins.

       1.1.3 ŉ Voorbeeld van langtermynversekering:

                  A   Voertuigversekering
                  B   Uittree-annuïteite
                  C   Geld in transito
                  D   Persoonlike aanspreeklikheid

       1.1.4 Vinnige Handelaars het die …-tegniek toegepas toe hulle vraelyste
             aan ŉ paneel kundiges versprei het om ŉ oplossing vir hul
             besigheidsprobleem te vind.

                  A   kragveld-ontledings-
                  B   leë stoel
                  C   nominale groep-
                  D   Delphi-

       1.1.5 Die korrekte prosedures om … te hanteer vereis dat ŉ gegriefde
             werknemer die saak eers by sy/haar onmiddellike toesighouer moet
             aanmeld.

                  A   konflik
                  B   gedrag
                  C   griewe
                  D   moeilike werknemers
                                                                         (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           BESIGHEIDSTUDIES V2                                    (EC/JUNIE2023)

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

        herversekering; onbillike; besluitelose persoon; herinbesitstelling;
          Kragveld-ontleding; RSA Kleinhandelspaareffekte; misleidende;
                        vaste deposito; kundige; dinkskrum

      1.2.1 Die stipulasie van … is van toepassing wanneer eiendomme oor-
            verseker is.

      1.2.2 Linda belê haar geld in … omdat daar geen koste op hierdie
            beleggingsvorme betaalbaar is nie.

      1.2.3 ŉ Voorbeeld van … advertensies word getoon wanneer ŉ advertensie
            sekere dele van die bevolking uitsluit.

      1.2.4 Grand Onderneming het die … probleemoplossingstegniek toegepas
            toe hy die voor- of nadele opgeweeg het voor die ontginning van gas
            in die Wildekus.

      1.2.5 Njoli Handel het ŉ … as ŉ soort moeilike persoonlikheid hanteer, toe
            hulle in beheer gebly het en John deur alternatiewe gelei het.
                                                                           (5 x 2)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                           5

1.3    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.

               KOLOM A                               KOLOM B
       1.3.1 Skuldbrief               A   vermoë van ŉ individu om volgelinge te
                                          beïnvloed

       1.3.2 Bybetaling               B   alternatiewe word oorweeg voordat
                                          daar op die beste een besluit word

       1.3.3 Bestuur                  C   ontwikkel en implementeer programme
                                          wat daarop gemik is om
                                          gemeenskappe te beskerm

       1.3.4 Probleemoplossing        D   bedrag wat die versekerde aan ŉ ander
                                          persoon kan oordra

       1.3.5 Aanspreeklikheid         E   stel besigheid in staat om
                                          korttermynlenings van finansiële
                                          instellings te bekom

                                      F   bedrag wat die versekerde moet betaal
                                          wanneer ŉ eis ingedien word

                                      G   vermoë om reëls op volgelinge af te
                                          dwing

                                      H   stel besighede in staat om lenings van
                                          beleggers te bekom

                                      I   gereelde kommunikasie tussen bestuur
                                          en belanghebbendes te ontwikkel

                                      J   alternatiewe oplossings word
                                          gegenereer en krities geëvalueer
                                                                             (5 x 2)   (10)

                                                         TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          BESIGHEIDSTUDIES V2                                (EC/JUNIE2023)

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
              Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin, bv.
              VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1   Noem enige VIER tipes beleggingsgeleenthede.                                     (4)

2.2   Identifiseer die leierskapstyle wat Steven toegepas het om sy werknemers te
      bestuur in ELKE stelling hieronder:

      2.2.1 Steven versoek werknemers om idees te deel wanneer belangrike
            besluite geneem moet word.

      2.2.2 Hy gebruik sy persoonlikheid om werknemers te inspireer om meer te
            doen as wat normaalweg verwag word.                                        (4)

2.3   Verduidelik die situasionele leierskapsteorie.                                   (6)

2.4   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                KHULISA BEPERK (KB)

      Khulisa Beperk bied verskillende soorte aandele aan aandeelhouers.
      Sommige aandeelhouers het aandele gekoop wat hulle in staat sal stel om
      vaste dividende te ontvang. Ander het aandele gekoop wat hulle toegelaat het
      om eers dividende te ontvang wanneer wins gemaak word. KB is op die
      Johannesburgse Sekuriteitsbeurs genoteer.

      2.4.1 Identifiseer TWEE tipes aandele wat deur KB aangebied word.
            Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

             Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.4.1 te
             beantwoord.

                     TIPES AANDELE                       MOTIVERINGS
             1.
             2.                                                                        (6)

      2.4.2 Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs
            (JSB/JSE).                                                                 (4)

2.5   Bespreek die voordele van effektetrusts as ŉ beleggingsvorme                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                        7

2.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                MOSES EIENDOMME (ME)

       Moses Eiendomme het ŉ huis ter waarde van R600 000 gekoop, maar het dit
       vir R300 000 verseker. ŉ Brand het ŉ gedeelte van die huis ter waarde van
       R50 000 vernietig.

       2.6.1 Noem die versekeringsklousule wat op die scenario hierbo van
             toepassing is.                                                           (2)

       2.6.2 Bereken die bedrag wat Moses Eiendomme as vergoeding van die
             versekeraar sal ontvang. Toon ALLE berekeninge.                          (4)

2.7    Stel situasies voor waarop die outokratiese leierskapstyl in die werkplek
       toegepas kan word.                                                             (6)
                                                                                     [40]

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1    Noem enige VIER voorbeelde van etiese sakepraktyke.                            (4)

3.2    Beskryf kortliks die verskil tussen griewe en konflik.                         (4)

3.3    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             KHAYA KABINETMAKERS (KK)

       Khaya Kabinetmakers het die afgelope jare ŉ verlies aan winste ervaar. KK
       het werknemers versoek om hulself in kleiner groepe te verdeel en in stilte
       idees te genereer oor hoe die produk verbeter kan word. Werknemers word
       ook aangemoedig om kreatiewe denkvaardighede te gebruik om nuwe idees
       oor verhoging van winste te genereer.

       3.3.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Khaya
             Kabinetmakers gebruik was. Motiveer jou antwoord deur uit die
             scenario hierbo aan te haal.                                             (3)

       3.3.2 Bespreek maniere waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat
             kreatiewe denke in die werkplek bevorder.                                (4)

3.4    Verduidelik die voordele van ŉ dinkskrum om komplekse sakeprobleme op te
       los.                                                                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          BESIGHEIDSTUDIES V2                                  (EC/JUNIE2023)

3.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      MASIZAKHE BOERDERY-PROJEK (MBP)

      Masizakhe Boerdery-projek bestaan uit ŉ groep van vyf lede. Zuko
      bevraagteken altyd die idees van die ander groepslede wat konflik
      veroorsaak. Alle spanlede is egter bewus van die strategieë en doelwitte van
      die span.

      3.5.1 Identifiseer TWEE stadiums van spanontwikkeling wat deur MBP
            ondervind is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te
            haal.

             Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.5.1 te
             beantwoord.

                    STADIUMS VAN                          MOTIVERINGS
                  SPANONTWIKKELING
             1.
             2.                                                                          (6)

      3.5.2 Verduidelik enige EEN van die ander stadiums van spanontwikkeling.           (3)

3.6   Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                         (6)

3.7   Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek
      kan hanteer.                                                                      (4)
                                                                                       [40]

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1   Noem enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer
      beleggingsbesluite geneem word.                                                    (4)

4.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Lungi het R150 000 by Kontant Bank oor ŉ tydperk van twee jaar teen 12%
      saamgestelde rente per jaar belê.

      4.2.1 Bereken die bedrag wat Lungi na twee jaar sal ontvang. Toon ALLE
            berekeninge.                                                                 (4)

4.3   Verduidelik die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap.        (6)

4.4   Bespreek die impak van liassez-faire-/vryeteuels-leierskapstyl op besighede.       (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                         9

BESIGHEIDSROLLE

4.5     Noem enige TWEE kriteria vir suksesvolle spanprestasie.                        (2)

4.6     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        KHULULA STAALVERVAARDIGING (KS)

        Die bestuur van Khulula Staalvervaardiging het ŉ oplossing aan ŉ
        produksieprobleem verskaf deur eers die probleem te identifiseer. Die
        werknemers van KS was ook genader om ŉ bydra te lewer tydens die
        probleemoplossingsproses. Daarna het KS alternatiewe oplossings vir hul
        probleem geïdentifiseer.

        4.6.1 Haal TWEE probleemoplossingstappe uit die scenario hierbo aan.           (2)

        4.6.2 Beskryf enige TWEE ander probleemoplossingstappe.                        (6)

4.7.    Verduidelik hoe prysbepalings van goedere in landelike gebiede as ŉ tipe
        onetiese sakepraktyk uitdagings vir besighede inhou.                           (6)

4.8     Gee besighede raad oor die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die
        verbetering van spanprestasie.                                                 (4)
                                                                                      [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         BESIGHEIDSTUDIES V2                                  (EC/JUNIE2023)

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
               Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin, bv.
               VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy of VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: VERSEKERING)

Besighede word elke dag met ŉ verskeidenheid van onsekerheid en risiko's
gekonfronteer. Om hierdie rede neem besighede en individue versekering uit om die
potensiële verliese te dek. Hulle moet goed ingelig wees oor die beginsels van
versekering voordat hulle ŉ versekeringskontrak onderteken. Besighede moet
bewus wees van verskillende tipes voordele wat deur die Werkloosheidsver-
sekeringsfonds aan bydraers uitbetaal word.

Skryf ŉ opstel oor versekering waarby jy die volgende aspekte insluit:

•    Beskryf kortliks die verskille tussen verpligte en nieverpligte versekering.
•    Verduidelik die belangrikheid van versekering vir besighede.
•    Bespreek enige DRIE beginsels van versekering.
•    Gee besighede raad oor die soorte voordele wat die Werkloosheids-
     versekeringsfonds kan uitbetaal.                                                  [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME)

Daar word van besighede verwag om hul bedrywighede op ŉ etiese en professionele
wyse uit te voer. Onprofessionele sakepraktyke sal ŉ negatiewe impak op
sakebedrywighede hê. Volgens die King Kode-beginsel is dit die wetlike plig van
sleutelbelanghebbendes en die raad van direkteure om in goeder trou op te tree.

Skryf ŉ opstel oor etiek en professionalisme waarby jy die volgende aspekte insluit:

•    Beskryf kortliks die verskille tussen etiese en professionele gedrag.
•    Verduidelik hoe die volgende tipes onprofessionele sakepraktyke uitdagings vir
     besighede kan inhou:
     o Seksuele teistering
     o Ongemagtigde gebruik van werksplekfondse en hulpbronne
     o Misbruik van werktyd
•    Bespreek maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
     sakepraktyke uitgevoer behoort te word.
•    Gee besighede raad oor hoe hulle die King-kode-beginsel van deursigtigheid vir
     goeie korporatiewe bestuur kan toepas om hul etiese sakepraktyke te verbeter.     [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C:             40
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-may-june-2023-eng/57a811d0-088b-46fe-8e70-76637c58ad93) — Business Studies · QP · 2023 · Eng
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P2 MEMO GR12 JUNE 2023](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-gr12-june-2023-1/448ec772-b6d8-477b-9a9a-b9861c796b40) — Business Studies · Memo · 2023
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
