# Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-june-2024-afrikaans/a0f837fa-cd6b-417d-abb9-5f4e6d144a13
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-qp-june-2024-afrikaans/a0f837fa-cd6b-417d-abb9-5f4e6d144a13)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                            JUNIE 2024

                   BESIGHEIDSTUDIES V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

                       Hosted by www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   BESIGHEIDSTUDIES V2                        (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe.

       AFDELING A:       VERPLIGTEND
       AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                         Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
       AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                         Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.     Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
       vereis word.

       Let wel dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
       en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
       NIE.

4.     Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.     Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
       antwoord te bepaal.

6.     Gebruik die tabel hieronder as ŉ gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke
       vraag beantwoord word.

                                                VRAAG         PUNTE            TYD
                     AFDELING
                                                                             (minute)
       A:      Objektiewe tipe vrae
               VERPLIGTEND                         1             30              20

       B:      DRIE direkte/indirekte tipe         2             40
               vrae
               KEUSE:                              3             40              70
               Beantwoord enige TWEE.
                                                   4             40

       C:      TWEE opsteltipe vrae                5             40              30
               KEUSE:
               Beantwoord enige EEN.               6             40
                    TOTAAL                                      150             120

7.     Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – NUWE
       bladsy, VRAAG 2 – NUWE bladsy.

8.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                        3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1      Clayton het die … leierskapsteorie toegepas toe hy deur voorbeeld
                  gelei het en positiewe gedrag beloon het.

                  A    situasionele
                  B    transaksionele-
                  C    transformasie-
                  D    leiers-en-volgelinge

       1.1.2      Die hoofsom groei met die byvoeging van rente:

                  A    Saamgestelde rente
                  B    Kapitaalwins
                  C    Enkelvoudige rente
                  D    Dividende

       1.1.3      Frank Ondernemings het R4 000 teen 8% enkelvoudige rente per jaar
                  belê. Hulle sal aan die einde van 18 maande ŉ bedrag van … as rente
                  ontvang.

                  A    R489
                  B    R320
                  C    R380
                  D    R480

       1.1.4      Hierdie is EEN van die stappe wat besighede kan oorweeg wanneer
                  hulle konflik in die werkplek hanteer:

                  A    Implementeer dissiplinêre prosedure
                  B    Verskaf ontspanningsgeriewe
                  C    Kies ŉ geskikte oplossing
                  D    Verskaf byvoordele

       1.1.5      Thando Handelaars het nie al hul inkomste aan SAID verklaar nie, dit
                  staan as …, ŉ tipe onetiese sakepraktyk bekend.

                  A    ongemagtigde gebruik van fondse
                  B    belastingontduiking
                  C    belastingontwyking
                  D    onbillike advertering
                                                                                (5 x 2)   (10)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    BESIGHEIDSTUDIES V2                              (EC/JUNIE 2024)

1.2      Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

          deursigtigheid; RSA kleinhandelspaareffekte; nieverpligte versekering;
                 besluitneming; effektetrusts; klaer; aanspreeklikheid;
                     kreatiewe denke; kundige;    verpligte versekering

         1.2.1   Risiko’s wat deur die regering gereguleer               word    en     nie
                 versekeringskontrakte vereis nie, vorm deel van ...

         1.2.2   Sophie het belê in … wat deur ŉ fondsbestuurder bestuur word en sy
                 kan haar geld sonder boetes onttrek.

         1.2.3   Die vermoë om aan oorspronklike en innoverende idees te dink, staan
                 as … bekend.

         1.2.4   Suma Handelaars het … as ŉ King-kode-beginsel toegepas toe
                 werknemers bewus gemaak is van die indiensnemingsbeleide van die
                 besigheid.

         1.2.5   Beige Industrieë het met ŉ … as ŉ tipe moeilike persoonlikheid te
                 doen gehad toe hulle na Duma se kritiek geluister het sonder om aan
                 hom erkenning te gee.
                                                                               (5 x 2)          (10)

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                   BESIGHEIDSTUDIES V2                                      5

1.3      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.3.6 K.

                  KOLOM A                                KOLOM B
         1.3.1    Bybetaling            A   spanlede het ŉ positiewe gesindheid van
                                            ondersteuning teenoor ander lede

         1.3.2    Dividende             B   die toepassing van die gedragskode van ŉ
                                            beroep

         1.3.3    Kragveld-ontleding    C   spanlede respekteer die vaardighede van
                                            ander lede

         1.3.4    Etiese gedrag         D   opbrengs op ŉ belegging in aandele

         1.3.5    Gedeelde waardes      E   betaal deur die versekerde wanneer ŉ
                                            versekeringskontrak onderteken word

                                        F   ŉ groep deskundiges los besigheids-
                                            probleme op sonder om hulle byeen te
                                            bring

                                        G   opbrengs op ŉ belegging in vaste bates

                                        H   betaal deur die versekerde wanneer ŉ eis
                                            ingedien word

                                        I   ŉ groep werknemers lys, dryf- en rem-
                                            kragte wat verandering sal ondersteun of
                                            teenstaan

                                        J   vorm deel van ŉ       gedragskode    om
                                            werknemers te lei
                                                                              (5 x 2)   (10)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   BESIGHEIDSTUDIES V2                        (EC/JUNIE 2024)

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:         Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
                 Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin,
                 byvoorbeeld VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE
                 bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1      Noem enige VIER soorte voordele wat deur die Werkloosheidsversekerings-
         fonds (WVF) uitbetaal word.                                                      (4)

2.2      Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs
         (JSE).                                                                           (6)

2.3      Identifiseer die soort voorkeuraandeel wat deur ELK van die onderstaande
         stellings verteenwoordig word:

         2.3.1   Aandeelhouers is geregtig om in enige surplus maatskappywinste te
                 deel
         2.3.2   Aandeelhouers word vergoed vir vorige dividende wat nie uitbetaal
                 is toe winste te laag was om dividende te verklaar nie                   (4)
2.4      Verduidelik enige TWEE beginsels van versekering.                                (6)

2.5      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 BOY HANDELAARS (BH)

         Boy Handelaars het hul besigheidsvoertuig vir R300 000 verseker terwyl die
         werklike waarde R400 000 is. Die voertuig was in ŉ ongeluk betrokke, wat
         skade tot ŉ bedrag van R130 000 tot gevolg gehad het.

         2.5.1   Noem die versekeringsklousule wat op BH in die scenario hierbo van
                 toepassing is.                                                           (2)

         2.5.2   Bereken die bedrag wat BH as vergoeding van die versekeraar sal
                 ontvang. Toon ALLE berekeninge.                                          (4)

2.6      Bespreek die impak van Regering/RSA kleinhandelspaareffekte as ŉ
         beleggingsvorm.                                                                  (6)

2.7      Gee beleggers raad oor hoe die volgende faktore in ag geneem moet word
         wanneer beleggingsbesluite geneem word:

         2.7.1   Opbrengs op belegging                                                    (4)

         2.7.2   Beleggingstermyn                                                         (4)
                                                                                         [40]

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                 BESIGHEIDSTUDIES V2                                        7

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1     Noem VIER probleemoplossingstappe.                                                (4)

3.2     Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek.                         (6)

3.3     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                EDEN DRUKKERS (ED)

        Eden Drukkers is welbekend vir die druk van gehalte leer- en
        besigheidsmateriaal. Sommige van ED se werknemers laai flieks af met die
        besigheid se internet, terwyl ander uitgebreide middagete-pouses neem.

        3.3.1     Identifiseer TWEE tipes onprofessionele sakepraktyke wat op die
                  scenario hierbo van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit
                  die scenario aan te haal.

                  Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.3.1 te
                  beantwoord.

                  TIPES ONPROFESSIONELE                    MOTIVERINGS
                      SAKEPRAKTYKE
                  1.
                  2.                                                                      (6)

3.4     Verduidelik hoe onbillike advertensies as ŉ onetiese sakepraktyk uitdagings
        vir besighede inhou.                                                              (4)

3.5     Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                   KUSLYN-HOTEL (KH)

        Sive, die eienaar van Kuslyn-Hotel, het dikwels te doen met moeilike
        werknemers. Hy begin deur privaat met die moeilike werknemers te ontmoet
        om afleidings te vermy. Sive bly kalm en in beheer van die situasie om die
        moeilike werknemers te kry om saam te werk. Hy lei hulle ook deur
        alternatiewe.

        3.5.1     Haal TWEE maniere aan waarop KH moeilike werknemers in die
                  werkplek hanteer.                                                       (2)

        3.5.2     Verduidelik ander maniere waarop besighede moeilike werknemers
                  in die werkplek kan hanteer.                                            (6)

3.6     Bespreek die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.             (6)

3.7     Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
        effektiewe sakepraktyke uitgevoer behoort te word.                               (6)
                                                                                        [40]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    BESIGHEIDSTUDIES V2                              (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1      Noem enige VIER voorbeelde van langtermynversekering.                                   (4)
4.2      Beskryf kortliks die voordele van versekering vir besighede.                            (4)
4.3      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     RONALD LOGISTIEKE (RL)

         Ronald Logistieke is besig om hul surplusfondse te belê. Hulle het belê in die
         beleggingsvorm waar die hoofsom plus rente op die vervaldatum uitbetaal sal
         word.

         4.3.1   Identifiseer die beleggingsvorm wat op die scenario hierbo van
                 toepassing is.                                                                  (2)

         4.3.2   Bespreek die impak van die beleggingsvorm wat in VRAAG 4.3.1
                 geïdentifiseer is.                                                              (6)

4.4      Stel situasies voor waarop die charismatiese leierskapstyl in die werkplek
         toegepas kan word.                                                                      (4)

BESIGHEIDSROLLE

4.5      Beskryf kortliks die verskil tussen griewe en konflik in die werkplek.                  (4)

4.6      Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                DERRY ONDERNEMINGS (DO)

         Kenneth, die spanleier by Derry Ondernemings, wil die konflik in sy
         verkoopspan oplos. Spanlede konfronteer voortdurend mekaar se idees, wat
         hul vordering vertraag.

         4.6.1   Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat deur DO in die
                 scenario hierbo vertoon word.                                                   (2)

         4.6.2   Verduidelik die stadium van spanontwikkeling wat in VRAAG 4.6.1
                 geïdentifiseer is.                                                              (4)

4.7      Bespreek die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die verbetering van
         spanprestasie.                                                                          (6)

4.8      Beveel maniere aan waarop besighede seksuele teistering as ŉ tipe
         onprofessionele sakepraktyk kan hanteer.                                                (4)
                                                                                                [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                 80

    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                  BESIGHEIDSTUDIES V2                                       9

AFDELING C

Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:          Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                  antwoord op ELKE vraag moet boaan ŉ NUWE bladsy begin, bv.
                  VRAAG 5 op ŉ NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)

Die demokratiese leierskapstyl word dikwels deur besighede gebruik, terwyl die
outokratiese leierskapstyl soms vereis kan word. Die situasionele leierskapteorie lei
besighede in die bestuur van werknemers. Sommige leiers glo in die
doeltreffendheid van die laissez-faire en transaksionele leierskapstyle. Die
persoonlike houding van die leier speel ŉ kritieke rol in suksesvolle leierskap.

Skryf ŉ opstel oor bestuur en leierskap waarby jy die volgende aspekte insluit:

•     Beskryf kortliks die verskille tussen die demokratiese en outokratiese
      leierskapstyle.
•     Verduidelik die situasionele leierskapsteorie.
•     Bespreek die impak van die volgende leierskapstyle op besighede:
      o Laissez-faire
      o Transaksionele
•     Gee besighede raad oor die rol van persoonlike houding in suksesvolle
      leierskap.                                                                        [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEM-
         OPLOSSING)

Besighede staar daagliks baie uitdagings in die gesig wat probleemoplossing en
besluitneming vereis. Om kreatief te wees is ŉ groot voordeel en kan toegepas word
deur probleme op te los deur ŉ dinkskrum en nominale groeptegniek. Daarom is dit
belangrik vir besighede om voorsiening te maak vir ŉ kreatiewe werksomgewing.

Skryf ŉ opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarby jy die volgende
aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die verskille tussen probleemoplossing en besluitneming.
• Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.
• Bespreek die impak van die volgende probleemoplossingstegnieke:
  o Dinkskrum
  o Nominale groeptegniek
• Beveel maniere aan waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe
  denke in die werkplek bevorder.                                                       [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                GROOTTOTAAL:            150

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-afr/f1802d17-5077-4a1b-8aa5-a8766954d550) — Business Studies · QP · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-12-september-2024-p2-and-memo/537bb816-a58a-49d5-99f5-3d09148dcd57) — Business Studies · Memo · 2024
- [Business Studies P2 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-may-june-2024-limpopo/8416a833-2199-4449-a9ab-72f1d9ea7ad3) — Business Studies · Memo · 2024
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
