# Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-afr-nov2015/8562efa0-9c7d-4a26-bdfb-866e21c67065
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-afr-nov2015/8562efa0-9c7d-4a26-bdfb-866e21c67065)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                           NOVEMBER 2015

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ŉ bylaag.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/NOVEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om
       daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
       einde van die eksamensessie te verlaat NIE.

 2.    Tik jou naam en van in die bladsyboskrif (‘header’) van elke dokument wat jy
       skep of stoor.

 3.    Die toesighouer sal ŉ disket met al die lêers wat vir die eksamen benodig
       word, aan jou gee, of jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
       rekenaar gevind kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
       naam en van op die etiket skryf. Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die
       instruksies wat deur die toesighouer gegee word, volg.

 4.    ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
       wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ
       ander kopie vra.

 5.    Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
       gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
       moontlike kragonderbrekings.

 6.    Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
       MOENIE meer doen as wat die vraag vereis nie.

 7.    Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
       aan jou gegee is, inlewer met al die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet
       seker maak dat al die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos
       wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut
       seker dat AL die lêers gelees kan word.

 8.    Let daarop dat GEEN drukwerk vereis word NIE.

 9.    Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
       programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
       NIE.

 10.   Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word,
       moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

 11.   Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in vrae wat sigbladwerk
       (‘spreadsheets’) behels, gebruik word, tensy anders aangedui. Absolute-
       selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
       formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.

 12.   In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
       African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
       tensy anders aangedui.

 13.   Alle meeteenhede moet op sentimeters gestel word.

 14.   Hierdie vraestel bestaan uit sewe vrae. Beantwoord AL die vrae.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               3

 LET WEL:
 Die Datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang bevat die lêergids en al die lêers
 wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids en AL die lêers het voordat jy
 met hierdie eksamen begin:

 About Us                                      Pdf document
 Q1Why give blood                              Microsoft processing file
 Q2Donor                                       Image file
 Q2Thanks4Giving                               Microsoft processing file
 Q3Droplets                                    Image file
 Q3Fundraising                                 Spreadsheet file
 Q4SaveALife                                   Spreadsheet file
 Q4DonateBlood                                 Image file
 Q5Donate                                      Image file
 Q5MatricHelp                                  Database file
 Q6HTML                                        HTML file
 Q6Blood Unit                                  Image file
 Q7Email                                       Microsoft processing file
 Q7Emaillist                                   Spreadsheet file
 Q7Screenshot                                  Microsoft processing file

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/NOVEMBER 2015)

SCENARIO

Sosiale bewustheid in skole is belangrik om te verseker dat die leerders mense wat
deur siektes soos kanker, bloedsiektes, ens. geaffekteer word, respekteer. Fondse
word ook somtyds benodig om fondsinsamelings en bewustheidsveldtogte te
ondersteun. Jou skool het besluit om mense/leerders bewus te maak van die
belangrikheid om bloed te skenk.

Die Rekenaartoepassingstegnologie leerders is deur die skoolhoof gevra om
behulpsaam te wees met:
    Redigering van dokumente.
    Opstel en instandhouding van sigblaaie en databasisse.
    Bestuur en opdatering van ŉ webtuiste.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Jy word versoek om navorsing te doen oor ‘Waarom moet ons bloed skenk’. Jy het op
interessante feite afgekom maar dit is nodig om die dokument te redigeer om dit ŉ
meer professionele uitleg te gee.

Maak die dokument Q1Why give blood oop.

1.1    Voeg ŉ voorblad (Cover Page) in die dokument in. Die voorblad moet
       soos volg vertoon:

      1.1.1    Kies die Motion voorblad (Cover Page).                                         (1)

      1.1.2    Tik die dokumentnaam, jou naam en van en die datum in die
               aangeduide velde in. Verwyder enige ander inligting.                           (2)

1.2    Bring die volgende veranderinge aan die opskrif ’Why should I donate’ aan.
            Verander die font na WordArt/FontWorks
            Grootte 40                                                                       (2)

1.3   Verander die Normal styl (style) soos volg:

      1.3.1    Die styl se skryfstyl (font) moet “Algerian” wees, in ŉ blou kleur vertoon
               en 16 pt in grootte wees.                                                      (2)

      1.3.2    Pas die veranderde styl toe op die teks wat in rooi vertoon onder die
               opskrif: Donation procedures: “It's easy ....here's how” and “Are There
               Any Risks”.                                                                    (2)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                5

1.4    Skep ŉ inhoudsopgawe (table of contents) op ŉ bladsy na die voorblad.

      1.4.1      Die inhoudsopgawe moet in dieselfde formaat wees as die een wat in
                 die skermkopie hieronder vertoon word:

                 LET OP
                    Slegs opskrifte wat met die styl Heading 1 en 2 geformateer is
                      moet in die inhoudsopgawe vertoon word.
                    Die opskrif ‘Table of Contents’ moet NIE in die inhoudsopgawe
                      verskyn nie.
                    Bladsynommers mag anders wees as wat in die skermkopie
                      vertoon word.
                    Die inhoudsopgawe moet op sy eie bladsy wees.                          (3)

1.5    Pas ŉ ‘Drop Cap’-effek tot die eerste letter van die woord “Donating” in die 1ste
       paragraaf by sodat dit oor twee reëls en 0.5 cm/14 pt van die teks af vertoon.       (3)

1.6    Voeg ŉ watermerk ‘URGENT’ by tot die dokument.                                       (2)

1.7    Vind die bladsy met die subopskrif ‘A. Immediate Risks…’ en verander die
       oriëntasie van die bladsy na landskap.                                               (2)

1.8    Vind die teks wat begin met die subopskrif “A donor will...” en eindig met
       “Remember to refer to pre-donation tips………..”
       Plaas die teks soos volg in kolomme:
           Die teks moet in twee kolomme verskyn.                                          (1)
           Met ŉ lyn tussen die kolomme.                                                   (1)
           Die teks “It’s easy …here’s how” moet boaan die tweede kolom wees.              (1)
           Die spasie tussen die kolomme moet 2 cm wees.                                   (1)
           Plaas ŉ raam rondom elke kolom.                                                 (1)

1.9    Vind die opskrif ‘Important’ en voeg ŉ boekmerk (bookmark) genaamd Risks tot
       hierdie teks by.                                                                     (1)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1              (EC/NOVEMBER 2015)

1.10   Om in staat te wees om ŉ opdatum bibliografie (bibliography) met korrekte
       bronne (sources) en sitate (citations) te genereer, moet die volgende
       veranderings aan die verwysings in die dokument gemaak word.

       1.10.1   Die bron Brown, John vertoon ŉ verkeerde datum van publikasie -
                2000. Verander die datum na 2010.                                         (1)

       1.10.2   Voeg die volgende boek as bron by.
                Author: Mxenge, M
                Title: The link: Let’s make a difference…
                Year: 2010
                City: Johannesburg
                Publisher: Drift Makers                                                   (2)

       1.10.3   Vind die blou geskakeerde subopskrif “A Immediate Risks”, en voeg
                die sitasie tot die bron Brown, John aan die einde van die teks in.       (2)

       1.10.4   Voeg ŉ outomatiese bibliografie onder die opskrif Bibliography in.        (2)

1.11   Voeg outomatiese bladsynommering in die kopskrig (header) van die dokument
       in.                                                                                (2)
          Vertoon nommers vanaf die derde bladsy in die dokument in. Begin met
           nommer 1.
          Die nommers moet gesentreerd (centred) vertoon.                                (2)

Stoor en maak die dokument toe.                                                          [36]

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               7

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

ŉ Sertifikaat sal aan elke donateur toegeken word vir sy/haar dapperheid.

Maak die dokument Q2Thanks4Giving oop.

2.1    Verander die papiergrootte na ‘Letter’.                                             (1)

2.2    Formateer die opskrif “Certificate of Bravery” na hoofletters.
           Gee die opskrif ŉ skadu effek (shadow effect).                                 (2)

2.3    Vervang die teks ‘Insert the image here’ met die prentjie 2Donor.jpg.
       Die prentjie moet onder die teks “I’m Brave” vertoon.                               (1)
           Verander die grootte van die prentjie na 4 cm hoog en 5 cm wyd.                (2)

2.4    Skep ŉ stippellyn vir die datum en die dokter se handtekening soos in die
       voorbeeld hieronder vertoon:

       Stel die volgende tabelstoppe in om die stippellyn te skep:
           ŉ Linker tabelstop met ŉ stippellyn (dotted leader) op 4 cm
           ŉ Regter tabelstop met ŉ stippellyn op 15 cm                                   (5)

2.5    Voeg ŉ datum veld (field) lang die teks “Date Issued” aan die einde van die
       sertifikaat in sodat dit outomaties sal opdateer. Die formaat van die datum moet
       MMMM yy wees.                                                                       (3)

       Stoor en maak die dokument toe.                                                    [14]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 3: SIGBLAD

Die besonderhede van die bloedskenkers by die skool word in ŉ sigblad genaamd
3Fundraising gestoor.

Maak die sigblad 3Fundraising oop.

Werk in die DonorsInfo werkblad.

3.1   Formateer die selle A1:G1 sodat dit ŉ rooi vulkleur (red fill) het en die skryfstyl
      (font) wit vertoon.                                                                    (2)

3.2   Verander die formaat van die opskrif in sel I2 sodat dit vertoon soos in die
      skermkopie hieronder:                                                                  (2)

3.3   Gebruik ŉ funksie in sel D43 om die jaar waarin die leerder Liyema Frans
      gebore is, te bepaal deur van die inligting in kolom D gebruik te maak.                (2)

3.4   Leerders wat meer as 30 liter bloed skenk word gesien as ŉ ‘Peer Promoter’ en
      die wat minder as 30 liter bloed skenk as ŉ ‘Beginner’. Die woorde ‘Peer
      Promoter’ en ‘Beginner’ moet in kolom F vertoon na aanleiding van die aantal
      liter bloed geskenk is soos vertoon in kolom I.

      Gebruik ŉ funksie in sel F26 om die kategorie van Liyema Frans te bepaal.              (3)

3.5   Die bloedbankpersoneel wil graag weet wat Liyema Frans se presiese
      ouderdom was op die dag waarop daar bloed by die skool (sel H1) geskenk
      was.
          Bereken sy ouderdom in sel E26 en maak seker dat die formule korrek
            gekopieer kan word na al die ander donateurs en gebruik ŉ funksie om
            seker te maak dat daar geen desimale plekke is nie.                              (6)

Werk in die Save-a-ton-werkblad.

3.6   Algemene statistiek van die leerders wat aan die Save-a-ton deelneem word
      gewoonlik benodig.

      3.6.1     Maak gebruik van ŉ funksie in sel I4 om te bereken hoeveel dogters
                neem daaraan deel.                                                           (3)

      3.6.2     Gebruik ŉ funksie in sel I5 om te bereken uit hoeveel karakters
                (letters) bestaan die van in sel B5.                                         (2)

      3.6.3     Gebruik ŉ funksie in sel I7 om die aantal volwasse mans te bepaal.           (4)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               9

3.7    Gebruik die inligting van die Manlike en Vroulike donateurs in selle J1:K2 en
       skep ŉ grafiek soos in die skermkopie hieronder.

       LET OP:
          Die grafiek moet ŉ kolomgrafiek wees.
          Vertoon ŉ gesentreerde deklaag grafiektitel (centred overlay chart title):
            “We support Blood Donation”.
          Formateer die kolom vir vroulike donateurs sodat dit gestapelde prentjies
            van Q3Droplets.jpg vertoon.
          Die vertikale as (axis) moet ŉ gedraaide (rotated) titel 'Number of Adults'
            hê.
          Die legende moet aan die linkerkant van die grafiek vertoon.
          ‘Data labels’ moet aan die binnekant van die data vertoon word.                (8)

3.8    Skuif die grafiek na ŉ nuwe werkblad binne die huidige sigblad.
       Herbenaam die nuwe werkblad na ‘Chart’.                                            (2)

Stoor en maak die sigblad toe.                                                           [34]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1              (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 4: SIGBLAD

Die besonderhede van al die bloedskenkers is gestoor in die sigblad Q4SaveALife.
Maak die sigblad oop en bring die volgende veranderinge op die werkblad aan.

4.1   Herbenaam die werkblad na Blood donors.                                              (1)

4.2   Voeg die prent genaamd Q4DonateBlood.jpg in sel A1 in. Die prentjie moet
      aan die regterkant van die teks wees en grootte 2.8 cm hoog en 3.6 cm wyd.           (3)

4.3   Gebruik gepaste formatering in kolom C sodat al die selle wat donateurs bevat
      wat onder die ouderdom van 20 is, rooi geskakeer te vertoon.                         (3)

4.4   Gebruik gepaste formatering in ry 1 en 2 om die kolomopskrifte te vries (freeze)
      sodat hulle sigbaar sal bly as jy in die werkblad af beweeg.                         (2)

4.5   Elke donateur benodig ŉ unieke nommer sodat hulle maklik opgespoor kan
      word. Voeg ŉ funksie in kolom A in wat ŉ verwysingsnommer vir al die
      donateurs sal genereer.                                                              (3)

4.6   Die rekords wys dat nie almal bloed skenk nie.

      4.6.1   Gebruik ŉ funksie in sel F45 om die totale aantal donateurs te vertoon.      (2)

      4.6.2   Gebruik ŉ funksie in sel F46 om die aantal persone te vertoon wat nog
              nie begin bloed skenk het nie.                                               (2)

Stoor en maak die sigblad toe.                                                            [16]

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               11

VRAAG 5: DATABASIS

 ŉ Databasis is geskep van ŉ brief wat aan al die matrieks se ouers gestuur is om
 hulle in kennis te stel oor die bedrag betaalbaar vir die matriekafskeid.

Maak die databasis Q5MatricHelp oop.

5.1    Maak die tabel Gr12Details oop en bring die volgende veranderinge aan:

       5.1.1     Sentreer al die vanne in die Surname-veld.                                  (1)

       5.1.2     Maak die Address-veld wyer sodat al die woorde sigbaar is.                  (1)

       5.1.3     Verander elke alternatiewe ry van groen na ŉ bruin vulkleur.                (1)

       5.1.4     Verwyder die horisontale en vertikale lyne (gridlines).                     (2)

       5.1.5     Verander die data tipe van die CellNo-veld na ŉ meer gepaste tipe.          (1)

5.2    Stel die mees gepaste veld in die tabel as die Primêre Sleutel.                       (1)

5.3    Skep ŉ valideringsreël (validation rule) wat die gebruiker sal beperk om slegs
       ‘M’ of ‘F’ in die Gender-veld in te voer.

       Verskaf ook ŉ gepaste valideringsteks (validation text).                              (2)

5.4    Die LearnerID-veld is veronderstel om 5 syfers te hê.

       Skep ŉ toevoermasker (input mask) vir die LearnerID-veld om slegs 5 syfers te
       aanvaar.                                                                              (1)

5.5    Die skool se organiseringskomitee het die leerders se ouers en familie
       uitgenooi om die fondsinsamelingsfunksie by te woon en terselfdertyd bloed te
       skenk.

       ŉ Tabel genoem ‘GiveLife’ wat gesinslede se besonderhede bevat, is geskep.

       Gebruik die GiveLife-tabel om ŉ navraag (query), genaamd Donated, te skep
       wat die lys ouers en gesinslede sal vertoon wat alreeds bloed geskenk het.

              Slegs die volgende velde moet vertoon word:
               Surname, Name, Learner’sGrade, TypeOfDonation en Status.

              Die rekords moet in stygende (ascending)              orde   volgens   die
               TypeOfDonation-veld gesorteer word.                                           (6)

5.6    Verander die navraag Gr8BloodTypeO sodat slegs die lede wat leerders in
       graad 8 het en O-tipe bloed het, vertoon.                                             (2)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1              (EC/NOVEMBER 2015)

5.7   Skep ŉ navraag om die lys van lede wat tussen die ouderdom 21 – 35 is en
      rooibloedselle of Plasma as hul TypeOfDonation het, vertoon. Stoor die
      navraag as Age.                                                                      (3)

      Stoor en maak die navraag toe.

5.8   Maak die bestaande vorm (form) Outstanding oop en verander dit sodat dit
      soos die skermkopie hieronder vertoon:

      Bring die volgende veranderinge aan:

             Voeg die opskrif ‘Matric: 12BOutstanding’ in die posisie soos hierbo
              vertoon, in. Formateer die opskrif na 22 pt in grootte.
             Skuif die posisie van die Grade-etiket (label) sodat dit bokant die Cell
              No-etiket staan.
             Formateer die tekshokkie (text box) vir ‘Amount Paid’ sodat die bedrag
              as currency (Rands) vertoon.
             Voeg die prent Q5Donate in in die vorm–boskrif (form header) soos
              vertoon hierbo.

      Stoor en maak die vorm toe.                                                          (6)

5.9   Die skoolhoof het gevra vir ŉ verslag (report) van al die mense wat bloed
      geskenk het.

      5.9.1     Skep ŉ verslag gebaseer op die navraag (query) LifeSavers.                 (1)

      5.9.2     Die verslag moet die volgende velde bevat: Name, Surname, Age,
                LearnersGrade, BloodType, TypeOfDonation en Status.                        (1)

      5.9.3     Groepeer (group) die verslag volgens die BloodType-veld en dan die
                TypeOfDonation-veld. Sorteer die verslag volgens die Surname-veld.         (3)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              13

       5.9.4     Stoor die verslag as NewLife.                                              (1)

       5.9.5     Voeg funksies in die verslag-voetskrif (report footer) in om die
                 volgende statistiek te bereken en te vertoon:
                     Die totale aantal ouers/gesinslede wat bloed geskenk het.             (2)
                     Die ouderdom van die oudste ouer wat bloed geskenk het.               (2)
                     Voeg beskrywende etikette (labels) by.                                (2)

       5.9.6     Verander die opskrif van die verslag na Save those in need.                (1)

Stoor en maak al die oop lêers toe.                                                        [40]

VRAAG 6: WEB-ONTWERP (HTML)

Een van die leerders het ŉ webblad geskep om mense in te lig oor ŉ
fondsinsameling genaamd Save-a-Drop wat die skool beplan om later in die jaar te
hou. Jy moet die geskepte webblad finaliseer.

Maak die lêer genaamd Q6HTML oop en voer die instruksies hieronder uit.
Jy is voorsien van ŉ HTML tag verwysingsblad.
Jou finale webblad behoort soos volg te lyk:

6.1    Die titel van die webblad moet “Save-a-drop” wees.                                   (1)

6.2    Verander die agtergrondkleur van die webblad na geel.                                (2)

6.3    Die opskrif ‘Save a soul! Share a drop!’ moet gesentreer, in ŉ rooi fontkleur en
       ge-onderstreep wees.                                                                 (3)

6.4    Voeg ŉ blou horisontale lyn, grootte 20 onder die opskrif “‘Save a soul! Share a
       drop!’ in.                                                                           (3)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1              (EC/NOVEMBER 2015)

6.5   Formateer die kenmerk (attribute) van die kolpunt (bulleted) lys na vierkantige
      kolpunte.                                                                            (2)

6.6   Die teks 'About Us' moet onder die kolpunt lys vertoon en moet gekoppel
      (linked) wees aan die dokument ‘About Us.pdf’.                                       (3)

6.7   Voeg die prent genaamd Q6Blood Unit.jpg onder die skakel ‘About Us’ in.
      Verander die hoogte van die prent na 150.                                            (3)

6.8   Die opskrif ‘Want to help?’ moet in kursief (italic) wees.                           (1)

6.9   Korrigeer die sluiting HTML merker (closing HTML tag).                               (1)

Stoor en maak die dokument toe.                                                           [20]

VRAAG 7: INTEGRASIE

Jy moet ŉ e-pos aan al die ontvangers wat deel van die fondsinsameling is, uitstuur.
Maak die woordverwerkingsdokument Q7Screenshot oop.

7.1   Voeg outomatiese numering by al vyf items onder die 1ste paragraaf onder die
      opskrif ‘5 Fundraising ideas ....’ in.                                               (1)

7.2   Verander die eienskappe (properties) van die teks-vormveld langs die woorde
      ‘Fundraiser needed’ sodat die naam outomaties in ‘title case’ sal verskyn
      wanneer die gebruiker ŉ woord in die veld intik.                                     (1)

7.3   Voeg ŉ teks-vormveld kontrole langs die woorde ‘Attendances’ in wat die
      gebruiker sal toelaat om slegs syfers tot ŉ maksimum waarde van 2 te kan intik.      (3)

7.4   Verander die verstek opsie (default option) van die ‘Money procured’ aftrek-
      kieslys (drop-down field control) na ‘Selectone_Kieseen’.                            (2)

7.5   Vind die paragraaf wat begin met die teks ‘Please complete the information
      below’ en eindig met ‘Money procured’.
      Plaas ŉ 3 pt geskadeerde raam (shadow border) rondom die paragraaf.                  (2)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              15

7.6    Bestudeer die tabel hieronder voordat jy VRAAG 7.6.1–7.6.3 aanpak.

                                      Envelope Mailing Results
                Solicitation         #Mailed  #Responded       %    Total Gifts    AVG
           Thank You letters (on
                                      2,265       138        6%      7,833.00      56.76
                   going)
              Annual Report          3,364         47         1%     8,155.00      173.51
             Spring Newsletter       22,993        40       0.20%    4,751.00      118.78
            Summer Newsletter        10,717        38       0.40%    1,848.66      48.65
              Fall Newsletter        11,000       137       0.30%    30,620.94     223.51
         February Envelope Only
                                      2,200       178        8%      14,566.50     81.83
                   Mailing
          Summer Envelope Only
                                      2,457       132        5%      8,051.00      60.99
                   Mailing
         Year-end Envelope Only
                                      2,880       134        4%      9,512.00      71.00
                   Mailing
         Totals in 12 month period
          Total Envelope Mailings    57,876       844        1%     <<Formula>>    101.11

       7.6.1     Verander die buiteraam van die tabel na ŉ 2¼ pt dubbellynraam.                (2)

       7.6.2     Maak die kolomwydte van die tweede kolom 3.5 cm.                              (1)

       7.6.3     Vervang die teks <<Formula>> met ŉ formule wat die aantal
                 geskenke (number of gifts) sal bereken.                                       (1)

7.7    ŉ Brief moet aan baie verskillende ontvangers ge-epos word.

       7.7.1     Gebruik die 7Email dokument as ŉ vormbrief (form letter) en die
                 sigblad 7Emaillist, Sheet1 vir ŉ possamevoeging (mail merge) soos
                 volg:

                         Verander die vormbrief na ŉ e-pos boodskap.
                         Sorteer die ontvangers (emails) in dalende orde volgens hulle
                          e-pos adresse.
                         Voeg die saamvoeg velde (merge fields) Name_Naam,
                          Surname_Van en Email addresses in die geskadeerde veld
                          (langs die woord ‘Dear’) aan die begin van die dokument in.          (5)

                 Stoor die dokument as 7MergeReady_MergeGereed voor jy die
                 possamevoeging (mail merge) in die volgende vraag doen.

       7.7.2     Voltooi die possamevoeging deur MergeReady_MergeGereed soos
                 volg te gebruik:
                   Voltooi die e-pos boodskappe en doen possamevoeging vir slegs
                     die eerste drie ontvangers.
                   Maak ŉ skermskoot (screenshot) van die saamvoeg (merge to) tot
                     e-pos venster.
                   Plak (paste) die skermskoot in die 7Screenshot_Skermskoot
                     dokument. Stoor die skermskoot dokument.
                   MOENIE die e-posse stuur NIE.                                              (2)
                                                                                               [20]

                                                                                  TOTAAL:      180

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1              (EC/NOVEMBER 2015)

                                        Bylaag A
                                     HTML Tag Sheet
                                        Basic Tags
<body> </body>                                 Defines the body of the web page
<body bgcolor='pink'>                          Sets the background colour of the web page
<body text='black'>                            Sets the colour of the body text
<head> </head>                                 Contains information about the document
<html> </html>                                 Creates an HTML document – starts and
                                               ends a web page
<title> </title>                               Defines a title for the document
<!-- -->                                       Comment
                                         Text Tags
Tag                                            Description
<h1></h1>                                      Creates the largest heading
<h6></h6>                                      Creates the smallest heading
<b></b>                                        Creates bold text
<i></i>                                        Creates italic text
<font size='3'> </font>                        Sets size of font, from 1 to 7
<font color='green'> </font>                   Sets font colour
<font face='Times New Roman'> </font>          Sets font type
                                           Links
Tag                                            Description
<a href='URL'> </a>                            Creates a hyperlink
<a href='URL'> <img src='URL'> </a>            Creates an image link
<a name='NAME'> </a>                           Creates a target location
<a href='#NAME'> </a>                          Links to a target location created somewhere
                                               else in the document
                                        Formatting
Tag                                            Description
<p></p>                                        Creates a new paragraph
<p align='left'>                               Aligns a paragraph to the left (default), can
                                               also be right, or centre
<br/>                                          Inserts a line break
<ol></ol>                                      Creates a numbered list
<ul></ul>                                      Creates a bulleted list
<li></li>                                      Inserted before each list item, and adds a
                                               number or symbol depending upon the type
                                               of list selected
<img src='name'>                               Adds an image
<img src='name' align='left'>                  Aligns an image: can be left, right, centre;
                                               bottom, top, middle
<img src='name' border='1'>                    Sets size of border around an image
<img src='name' width='200' height ='200'>     Sets the height and width of an image
<img src='name' alt='alternative text'>        Displays alternative text when the mouse
                                               hovers over the image
<hr/>                                          Inserts a horizontal line
<hr size='3'/>                                 Sets size (height) of line
<hr width='80%'/>                              Sets width of line, in percentage or absolute
                                               value
<hr color='ff0000'/>                           Sets the colour of the line

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 GRADE 11 QP ENG NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-grade-11-qp-eng-nov2015/f8746501-04df-4219-b0b9-6429f85f504a) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P1 MEMO Afr NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-afr-nov2015/c342a4af-ae47-4211-81ed-3ed9907fb0ef) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Afr
- [CAT P1 GR11 MEMO Eng NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-eng-nov2015/0631ef79-dfde-45d1-84d7-d4d3956a6260) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Eng
- [Gr11 CATN P2 N15 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-catn-p2-n15-qp-eng/6b679dff-ddca-4715-81c0-0a2b906e1662) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [Gr11 CATN P2 N15 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-catn-p2-n15-qp-afr/ae9cc27a-0fb8-4bd7-b4f2-6a5832b74de6) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-eng-d/997bd648-1261-4056-b515-e91f17d09852) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Grade 11 CAT P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-computer-applications-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/8a3c3969-ca01-4da6-9be4-1094d1e89751) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
