# Computer Applications Technology Grade 11 P1 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/6a222374-3198-4e40-815c-af27e9aaaa89
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P1 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/6a222374-3198-4e40-815c-af27e9aaaa89)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/d156926f-400a-4540-836f-d598a5cdf6a8) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2017

   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, met HTML-aanhangsels.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   As gevolg van die aard van die drie-uur eksamen is dit belangrik om daarop te let
         dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die
         eksamensessie te verlaat nie.

    2.   Die toesighouer sal ŉ disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig word
         aan jou gee, of jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind
         kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou naam op die etiket skryf.
         Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur die toesighouer gegee
         word, volg.

    3.   ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
         wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ ander
         kopie vra.

    4.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

    5.   Beantwoord AL die vrae.

    6.   Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee
         word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen moontlike
         kragonderbrekings.

    7.   Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
         meer doen as wat die vraag vereis NIE.

    8.   Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan jou
         gegee is inhandig met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet seker maak
         dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die
         toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat AL die
         lêers gelees kan word.

    9.   Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
         programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik nie.

    10. Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word, moet jy
        steeds voortgaan met die vrae wat volg.

    11. Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in vrae
        wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-selverwysing moet
        slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die formules korrek is wanneer
        hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.

    12. In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South Africa)
        gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar, tensy anders
        aangedui.

    13. In AANHANGSEL A word die HTML merkblad voorsien.

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            3

  14. Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel, bevat
      die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker dat jy die
      lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.

  Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2017)

SCENARIO
Tema: Waterbronne in Suid-Afrika, op die Oos-Kaapse perspektief.
Waterbronne in Suid-Afrika is totaal en al uitgeput en meer maniere van
hoe om water te spaar word benodig. Die provinsie van die Oos-Kaap
is een wat die meeste geraak word in die verband. Lae reënval in dele
van die land het bygedra tot ernstige droogte en waterskaarste met vyf uit die nege provinsies
wat as rampgebiede verklaar is.

Gemeenskappe van regoor die Oos-Kaap het saamgestaan – soos wat hulle altyd doen in
rampsituasies – en hulle het stasies opgerig om donasies bymekaar te maak en te vervoer
na die rampgebiede. Die water word versprei na baie bestemmings, elkeen gebruik die water
spaarsamig om aan elke individu se behoeftes te kan voorsien.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING
ŉ Dokument is opgestel wat die navorsing oor die waterkrisis in die Oos-Kaap beskryf.
Maak die 1Water woordverwerkingsdokument oop en doen die volgende:

1.1     Skep ŉ nuwe paragraaf styl en noem dit Water en baseer dit op die opskrif 1
        (Heading 1) styl. Redigeer die nuwe styl as volg:

           Verander die font na Comic Sans 18 pt en kursief (italics).
           Pas die nuwe styl toe op die eerste opskrif (‘History’) aan die bokant van bladsy 1.
           Gee die teks ŉ ligteblou agtergrond kleur.                                                  (4)

1.2     Plaas ŉ 2¼ pt wye, dubbellyn bladsyraam (page border) rondom die eerste bladsy
        van die dokument.                                                                               (3)

1.3     Pas ŉ blou helling teksvul (gradient text fill) effek toe op die opskrif 'The main
        objective of the study were to'.                                                                (2)

1.4     Om in staat te wees om ŉ opgedateerde bibliografie te genereer, met die korrekte
        bronne en aanhalings (citations), moet die volgende verwysings veranderinge aan
        die dokument aangebring word.

        1.4.1     Die bron Smith dui die publikasiedatum verkeerdelik aan as 2001.
                  Verander die datum na 2002.                                                           (1)

        1.4.2     Voeg die volgende boekbron by:
                  Skrywer: Zide K
                  Titel: Scarce Waters
                  Jaar: 2002
                  Stad: San Francisco
                  Uitgewer: Jossey-Bass                                                                 (2)

        1.4.3     Vind die Gold verhelderde (‘highlighted’) teks (citation), in die eerste
                  paragraaf, en voeg die aanhaling (‘citation’) by tot die bron Smith aan die
                  einde van die teks.                                                                   (1)

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              5

  1.5    Voeg die prentjie 1Amanzi.jpg in jou dataleêr in die dokument as volg:
            Die prentjie moet verskyn oor die twee kolomme van die teks (tight).
            Die teks moet rondom die prentjie/vloei.
            Grootte van die prentjie moet as volg wees: hoogte = 5 cm, wydte = 5 cm.         (3)

  1.6    Vervang alle verskynsels van die woord “villages” met “locations”.                   (2)

  1.7    Vind die teks “developed” aan die einde van die derde paragraaf. Voeg ŉ
         eindnota in op die woord, as volg:

          Die eindnota moet die Romeinse nommerformaat 'I' (in hoofletters) gebruik.
          Voeg die teks ‘Quoted from Scarce Waters by Zide K' in as die eindnota’.           (3)

  1.8    Voeg ŉ toepaslike lyn en paragraaf spasiëring in op die groen teks aan die
         bokant van die dokument om dit makliker leesbaar te maak.                            (2)

  1.9    Voeg die huidige datum in die kopskrif (‘header’) regsgeblok. Die datum moet
         outomaties opdateer elke keer as die dokument oopgemaak word.                        (2)

  1.10   Pas outomatiese bladsynommering toe in die voetskrif (footer) as volg:

          Die nommers moet in die formaat bladsy X van Y wees.
          Ongelyke bladsynommers moet regsgeblok word, en gelyke
           bladsynommers moet linksgeblok word.                                               (4)

  1.11   Vind die paragraaf op bladsy 2 wat begin met “There …” en eindig met
         “aspects.” verhelder (‘highlighted’) in geel:

            Plaas dit in 2 gelyke kolomme
            met 1.5 cm spasiëring tussen kolomme
            ŉ lyn tussen die kolomme.                                                        (3)

  1.12   Verander die bladsy-oriëntasie van slegs die laaste bladsy na landskap.
         Die oriëntasie van die ander bladsye moet steeds portret bly.                        (2)

  1.13   Gebruik die prentjie 1Dam as ŉ watermerk en stel die skaal (‘scaling’) na
         120%.                                                                                (3)
                                                                                             [37]

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2017)

    VRAAG 2: WOORDVERWERKING

    ŉ Vorm is ontwerp vir die gemeenskap om inligting te verkry oor hoe hulle water
    gebruik.

    Maak die woordverwerkingsdokument 2Waterform oop.

    2.1   Formateer die teksvormveld tipe onder “number of occupants” na ŉ geskikte
          tipe en maksimum van twee getalle word toegelaat.                                       (2)

    2.2   Voeg ŉ aftuimellys (‘drop-down list’) langs die 'Sources of Water” seksie sodat
          die drie bronne van water gelys kan word.                                               (2)

    2.3   Voeg ŉ merkblokkie (‘check box’) in na elke “Number of Litres per day”. Die
          merkblokkie (‘check box’) grootte moet presies 10pt wees.                               (2)

    2.4   Voeg die Wingdings 34 simbool in aan die begin van die lyn bokant die “House
          number” opskrif.                                                                        (2)

    2.5   Gebruik enige toepaslike bladsy agtergrond (‘page background’) vir die vorm.            (1)

    2.6   Stel die woordafkapping (‘hyphenation’) van die hele dokument op outomaties.            (1)

    2.7   Vind die inligting wat in goud verskyn aan die onderkant van die vorm en voeg
          hierdie inligting in enige uitroep (‘callout’) van jou keuse en verwyder die goud
          kleur. Verander die kleur van die boodskap na rooi fontkleur.                           (3)
                                                                                                 [13]

    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               7

  VRAAG 3: SIGBLAD

  Die statistiese ontleding van die water verbruik oor die afgelope weke word gestoor in
  die 3WaterUsage sigblad.

  Maak die 3WaterUsage sigblad oop.

  Werk in die WaterUsageData werkblad.

  3.1    Formateer die opskrif in ry 1 sodat dit strek van kolomme A tot E.                     (1)

  3.2    Gebruik die rooi dubbellyn rondom die saamgevoegde (‘merged’) selle in
         ry 1.                                                                                  (2)

  3.3    Gebruik ŉ selformateringsfunksie om te verseker dat al opskrifte in ry 3 sigbaar
         is. Moenie die kolomwydte of die teksrigting aanpas nie.                               (1)

  3.4    Gebruik die freeze pane funksie om te verseker dat die inhoud van slegs rye 1
         tot 3 sal verskyn as die gebruiker op en af beweeg (‘scroll’) op die skerm.            (1)

  3.5    Gebruik ŉ bladsy-uitlegfunksie (‘page setup’) wat opskrifte in ry 3 op elke bladsy
         sal herhaal indien daar veelvuldige bladsye (‘multiple pages’) gedruk word.            (1)

  3.6    Verander die naam van “Sheet4” na Damme EC, en verander die kleur van die
         tabelstafie (‘tab’) na rooi.                                                           (2)

  3.7    Die Zwide familie gebruik 8 liters water per stort. Gebruik ŉ formule in Sel E4
         om die liters water wat gebruik word om te stort te bereken en sluit ook die tyd
         wat hulle neem om te stort in.                                                         (2)

  3.8    Bereken in Sel E6 die aantal liters water wat gebruik word vir die ander
         huishoudelike take en kopieer na die ander selle, formateer na geen desimale
         plek.                                                                                  (3)

  3.9    Gebruik ŉ formule in Sel B17 om die aantal liters wat deur ŉ individuele persoon
         van die Zwide familie gebruik word. Gebruik ŉ funksie om die antwoord tot een
         desimale plek af te rond.                                                              (4)

  3.10   Mense wat water bespaar word deur die munisipaliteit vergoed. Mnr Zwide poog
         om die water verbruik te verminder. Die huishoudelike take wat 20 liter of meer
         per dag gebruik word beskou as verkwistend (‘wasteful’).
         Gebruik ŉ IF- funksie in Kolom F om al die huishoudelike take wat verkwistend
         is (‘wasteful’) te identifiseer, los die ander afleiding (‘statement’) leeg.           (3)

  3.11   Die munisipaliteit se kostes is R2.00 per liter vir die verbruik van water. Gebruik
         ŉ formule in Sel G9 wat die Skottelgoedmasjien se koste sal bereken en voeg ŉ
         heffing (‘levy’) van R200 by aangesien dit ŉ onnodige (‘wasteful’) taak is.            (2)

  Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2017)

    3.12   Gebruik ŉ formule in Sel D19 om die gemiddelde verkwistende verbruik van
           water te bereken.                                                                      (2)

    3.13   Bereken die laagste verbruik van water in Sel D20.                                     (3)

    3.14   Gebruik ŉ formule in Sel D21 om te bepaal hoeveel keer 8 liter water of minder
           verbruik is in 2 minute of minder.                                                     (5)

Werk in die Water Usage Chart-werkblad

    3.15   Die grafiek is gedoen om die persentasie van waterverbruik per dag deur elke
           huishoudelike taak aan te dui.

           Om die toilet te trek (Toilet Flushes) dra by tot 25% van die waterverbruik.
           Formateer die blok wat die Toilet Flush aandui na rooi en die blok moet
           uitgetrek word.                                                                        (2)

    3.16   Gebruik die prentjie 1Amanzi om die grafiekarea te vul.                                (2)
                                                                                                 [36]

    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               9

  VRAAG 4: DATABASIS

  ŉ Databasis is ontwerp om die statistieke van die Waterverbruik per dag te stoor.

  Maak die 4Water Usage databasis oop.

  4.1    Formateer die Water Usage tabel as volg:

         4.1.1       Stel een van die bestaande velde as die primêre sleutel.                          (1)

         4.1.2       Verander die gidslyne instellings sodat beide die vertikale en
                     horisontale gidslyne vertoon word.                                                (1)

         4.1.3       Verander die ry hoogte van die rekords na 20 eenhede.                             (1)

         4.1.4       Maak die “Water-use Activity” veld kolom wyer sodat dit korrek vertoon.           (1)

         4.1.5       Voeg ŉ nuwe veld genaamd Photo in, wat fisies ŉ foto sal stoor vir elke
                     “Water Use Activity”. Die nuwe veld moet direk na die “Water Use
                     Activity” veld ingevoeg word.                                                     (3)

         4.1.6       Sorteer die rekords stygend in die “Day 7” veld.                                  (2)

         4.1.7       Die aktiwiteite moet geklassifiseer word in terme van watter tyd van die
                     dag die meeste water verbruik word. Voeg ŉ nuwe veld genaamd
                     “Use” in en skep ŉ kombinasielys (‘combo box’) met die volgende
                     waardes: Oggend, Middag en Aand.                                                  (4)

  Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2017)

 4.2      Skep ŉ vorm deur gebruik te maak van die “Water Usage” tabel. Die vorm moet:

              Alle velde vertoon
              Tabulêre uitleg
              Gestoor word as Water Usage
              Met die datum in die vorm voetskrif (‘footer’) regsgeblok
              Kopskrif (‘Header’) agtergrondkleur Goud                                           (6)

 4.3       Voeg ’n knoppie (‘button’) in op die “Water Usage Input Form” wat die vorm
           sal toemaak. Die knoppie moet in die vorm voetskrif (‘footer’) geplaas word.           (3)

 4.4       Skep ŉ navraag genaamd Saved Water Usage. Die navraag moet al die
           aktiwiteite aandui wat ‘flush’ en minder as 6 liter water op dag (Day 1) gebruik.
           Vertoon slegs die volgende velde: Water Use Activity, Day 1, Day 2 en Day 3.           (3)

 4.5       Verander die navraag “Weekly Usage” deur die water verbruik per week te
           bereken. Sorteer dit in dalende orde volgens die “Water Use Activity” veld.
           Die veld naam moet “TotalWaterUsage” wees.                                             (4)

 4.6       Skep ŉ verslag gebruik al die velde. Sorteer volgens die “Water Use Activity”
           veld in dalende orde en in landskap.

           Voeg die prentjie 4Water in die verslag kopskrif (‘header’) aan die regterkant.
           Bereken die gemiddelde water verbruik vir “Day 3”. Stoor dit as “My Report”.           (6)
                                                                                                 [35]

     Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              11

  VRAAG 5: WEB-ONTWERP (HTML)

  ŉ Webblad is ontwerp om aan mense inligting te verskaf omtrent die areas waar water
  benodig word en maniere hoe om die probleem te help oplos.

  Maak die onvolledige 5_WaterWeb webblad oop in die webblaaier (‘web browser’)
  asook in ŉ teks-HTML-redigeerder bv. Notepad. (NIE ŉ woordverwerkingsprogram
  soos Word NIE).

  LET WEL:

       Vraagnommers is as opmerkings (‘comments’) in die kodering ingevoeg as riglyne
        om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
       ŉ HTML-merkersblad (‘tag sheet’) is as verwysing aangeheg.

  Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.

  5.1      Stel die titel van die HTML-dokument na “Water Web of EC”.                              (1)

  5.2      Verander die agtergrond kleur van die bladsy na pienk.                                  (1)

  5.3      Voeg al die nodige merkers (‘tags’) en kenmerke (‘attributes’) in sodat die opskrif
           “Amanzi EC” sal wys wanneer dit geformateer in ‘n Heading 1 styl. Die opskrif
           moet gesentreer word.                                                                   (2)

  Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1              (EC/NOVEMBER 2017)

5.4       Voeg die prentjie 5Water na die opskrif Amanzi.

           Stel die hoogte en wydte van die prentjie na 25 persent.
           Blok die prentjie aan die regterkant.
           Voeg ŉ alternatiewe teks in om “Tanks” te vertoon ingeval die prentjie nie
            wys nie.                                                                           (6)

5.5       Vind die teks wat begin met “Knights Pups …”. Verander die nodige merkers
          (‘tags’) om:

             Die teks in ŉ paragraaf te vertoon.
             Die font moet Arial wees en font kleur groen.                                    (3)

5.6       Vind die items onder die opskrif “Areas in Need” en vertoon dit as ŉ geordende
          (‘ordered’) lys.                                                                     (2)

5.7       Voeg ŉ vlak 2 opskrif in vir die opskrif “How you can help”.                         (1)

5.8       Vertoon die sin wat begin met “It starts with us …” en gevind kan word aan die
          onderkant van die web bladsy om font 20 grootte te wees, vetdruk, kursief en
          gesentreer.                                                                          (4)
                                                                                              [20]

     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               13

 VRAAG 6: ALGEMEEN

 Sommige mense het meer water gebruik per maand as waarop ooreengekom is. Die
 munisipaliteit wil vir hulle briewe skryf sodat hulle kan redes verskaf vir die oorverbruik
 van water.

 Maak die woordverwerkingsdokument 6Letter oop en doen die volgende:

 6.1    ŉ Brief is geskryf aan al die mense wat geraak word. Jy word gevra om die brief
        te redigeer en aan al die betrokke mense te stuur. Hierdie mense se inligting is
        gestoor in die databasis 6List of Defaulters.

         Vervang die teks “surname”, “name” en ”amount” met die gepaste veld.
        Stuur die brief aan mense wie meer as 1000 liters per maand gebruik het.
        Sorteer die briewe volgens water verbruik in stygende orde.
        Stoor die dokument.
        Voltooi die saamvoeg.
         Stoor die saamvoegdokument as 6Mergedletters.                                          (6)

 6.2    Maak die 6Notes for Kids dokument oop en doen die volgende:

        Voeg ŉ “Table of Contents” in op die eerste bladsy onder die opskrif “Table of
        Contents”. Die TOC moet formeel (‘formal’) wees en twee vlakke aandui.                   (3)

 6.3    Voeg enige Vorm (‘Shape’) onderaan die bladsy waar dit sê “Insert Shape here”.
        Voeg teks Spaar Water in. Die vorm (‘shape’) moet gevul word met Blue Accent
        5 kleur en die teks Spaar Water font grootte 48.                                         (4)

 6.4    Maak die 6Graph oop en doen die volgende:

        ŉ Grafiek vir “Water Usage” is geskep in sheet 1. Kopieer die grafiek na 6Notes
        for Kids dokument aan die einde waar dit aandui “Insert Graph here”. Kopieer
        dit op so ŉ manier dat wanneer jy veranderinge maak in die grafiek 6Graph dat
        die veranderinge outomaties verskyn in die 6Notes for Kids dokument.

        Maak die volgende veranderinge:

          Die liters gebruik in Urban areas in 2013 is 1200L.
          2011 in die verklaring (legend) word herhaal. Verander die tweede 2011 na
           2012.                                                                                 (5)

 6.5    Dam Capacity Sheet

        Pas voorwaardelike formatering (‘conditional formatting’) toe in ŉ gepaste kolom
        om die top 5 damme aan te dui in terme van kapasiteit en verhelder (‘shade’) dit
        met ligte blou vul (‘Light Blue Fill’).                                                  (4)

 6.6    B54: Bereken die aantal damme in die “Eastern Cape”.                                     (3)

  Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1               (EC/NOVEMBER 2017)

6.7       D56: Gebruik ŉ funksie om uit te vind hoeveel damme se datum van voltooiing
          (completion) onbekend is.                                                            (2)

6.8       Formateer al die data in kolom F na geen desimaal.                                   (3)

6.9       Gebruik ŉ funksie in E58 om die derde grootste dam in Suid-Afrika te bepaal.
          Lees die kommentaar (‘comment’) in sel E59 en doen wat gevra word.                   (5)

6.10      E61: Gebruik ŉ funksie om die totale water kapasiteit van die “Eastern Cape”
          damme te bereken.                                                                    (4)
                                                                                              [39]

                                                                       GROOTTOTAAL:           180

     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2017)                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                                     15

                                AANHEGSEL A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
                  Basiese Merkers (Basic Tags)                                           Formatting Tags continued
         Merker (Tag)                           Beskrywing                      Merker (Tag)                     Beskrywing
<body></body>                      Definieer die liggaam van die           <li></li>                Word voor elke lysitem ingevoeg,
                                   webblad                                                          en voeg dan ŉ nommer of
<body bg colour="pink">            Stel die agtergrondkleur van die                                 simbool by afhangende van die
                                   webblad                                                          tipe lys wat geselekteer is
<body text="black">                Stel die kleur van die liggaamteks      <img src="name">         Voeg ŉ prent in
<head></head>                      Bevat inligting oor die dokument        <img src="name"          Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                                                                           align="left">            ''right", "center"; "bottom", "top",
                                                                                                    "middle'' wees
<html></html>                         Skep ŉ HTML-dokument – begin         <img src="name"          Stel die grootte van die raam
                                      en eindig ŉ webblad                  border="1">              rondom ŉ prent
<title></title>                       Definieer ŉ titel vir die dokument   <img src="name"          Stel die hoogte en breedte van ŉ
<!-- -->                              Kommentaar                           width="200" height       prent
                                                                           ="200">
                     Teksmerkers (Text Tags)                               <img src="name"          Vertoon alternatiewe teks
          Merker (Tag)                        Beskrywing                   alt="alternative         wanneer die muis oor ŉ prent
<hl></hl>                          Skep die grootste opskrif               text">                   gehou word of wanneer die prent
                                                                                                    nie gevind word nie
<h6></h6>                             Skep die kleinste opskrif            <hr/>                    Voeg ŉ horisontale lyn in
<b></b>                               Skep teks in vetdruk                 <hr size="3"/>           Stel die grootte (hoogte) van ŉ
                                                                                                    reël
<i></i>                               Skep teks in skuinsdruk              <hr width="80%"/>        Stel die breedte van ŉ lyn, in
                                                                                                    persentasie of absolute waarde
<font                             Stel fontgrootte van "1" tot "7"         <hr                      Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>                                                           colour="ff0000"/>
<font                             Stel fontkleur                                         Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times                 Stel fonttipe                                  Beskrywing                       Beskrywing
New Roman"></font>
                   Skakelmerkers (Link Tags)                               <table></table>             Skep ŉ tabel
         Merker (Tag)                          Beskrywing                  <tr></tr>                   Skep ŉ ry in ŉ tabel
<a href="URL"></a>                Skep ŉ hiperskakel                       <td></td>                   Skep ŉ sel in ŉ tabel
<a href="URL"><img                Skep ŉ prentskakel                       <th></th>                   Skep ŉ tabelopskrif (in ŉ sel met
src="URL"></a>                                                                                         algemene vetgedrukte,
                                                                                                       gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>                   Skep ŉ teikenarea                    <table                      Stel die breedte van die tabel
                                                                           width="50">
<a href="#NAME"></a>                  Skakel na ŉ teikenarea wat elders    <table                      Stel die breedte van die raam
                                      in die dokument geskep is            border="1">                 rondom die selle van die tabel
                Formateringsmerkers (Formating Tags)                       <table                      <table
                                                                           cellspacing="1">            cellspacing="1">
            Merker (Tag)                          Beskrywing               <table                      Stel die spasie tussen ŉ selraam
                                                                           cellpadding="1">            en die inhoud daarvan
<p></p>                               Skep ŉ nuwe paragraaf                <tr                         Stel die inlynstelling vir die sel(le)
                                                                           align="left">               (kan ook ''centre'' of ''right'' wees)
<p align="left">                      Stel ŉ paragraaf links inlyn         <tr                         Stel die vertikale inlynstelling vir
                                      (verstek), kan ook ''right'' of      valign="top">               sel(le) (kan ook ''middle'' of
                                      ''center'' wees                                                  ''bottom'' wees)
<br/>                                 Voeg ŉ reëlbreuk ('line break') in   <td colspan="2">            Stel die getal kolomme waaroor
                                                                                                       ŉ sel moet strek
<ol></ol>                             Skep ŉ genommerde lys                <td rowspan="4">            Stel die getal rye waaroor ŉ sel
                                                                                                       moet strek
<ol type="A","a",                     Definieer die tipe nommers wat
"I","i","1"></ol>                     gebruik is
<ul></ul>                             Skep ŉ kolpuntlys
<ul type="disc",                      Definieer die tipe kolpunte wat
"square","circle"></ul>               gebruik word

        Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/ad97b0ab-7d4b-4e38-9ce1-ae2dd53bc771) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2019 Afrik .pdf R](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-afrik-pdf-r/69d346e5-bc82-4449-87ba-f362ad4ce87e) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [CAT P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/68b64e64-b2f5-423a-b30e-8d3160b3bf55) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/a0f72b94-7315-4470-873d-2f138f0b42ba) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/09f74e14-0b85-4204-a996-fe96d9fc21b7) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/3c69cbc5-0cdd-4849-b11a-3a4e3591496f) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Gr 11 Comp App Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-comp-app-tech-atp-2023-24/aacd75ce-8623-43e6-be2c-0ebb6ad91f55) — ATP

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
