# Computer Applications Technology Grade 11 P1 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/68b64e64-b2f5-423a-b30e-8d3160b3bf55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P1 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/68b64e64-b2f5-423a-b30e-8d3160b3bf55)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/09f74e14-0b85-4204-a996-fe96d9fc21b7) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                            NOVEMBER 2018

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, ŉ HTML-merkersblad,
                 ŉ toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     As gevolg van die aard van hierdie drie-uur eksamen is dit belangrik om
        daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
        einde van die eksamensessie te verlaat NIE.

 2.     Die toesighouer sal ŉ disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
        word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
        rekenaar gevind kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
        naam op die etiket skryf. Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die instruksies
        wat deur die toesighouer gegee word, volg.

 3.     ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer
        beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die
        toesighouer vir ŉ ander kopie vra.

 4.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

 5.     Beantwoord AL die vrae.

 6.     Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
        gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
        moontlike kragonderbrekings.

 7.     Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
        MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 8.     Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
        aan jou gegee is, inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, OF jy
        moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
        is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
        absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word.

 9.     Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
        programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
        NIE.

 10.    Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word,
        moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

 11.    Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in
        vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-
        selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
        formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.

 12.    In alle vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
        Africa) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
        tensy anders aangedui.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            3

 13.     In Aanhangsel A word die HTML-merkblad voorsien.

 14.     Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel,
         bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker
         dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2018)

    SCENARIO

    Ubuntu – Humanity Stokvel is ŉ ‘beleggingsgemeenskap’ aan wie die lede gereeld
    bydraes betaal in die vorm van ŉ bepaalde bedrag en waarvan hulle ŉ spesifieke
    bedrag (lump sum) sal ontvang op ŉ vasgestelde datum. Jou ma is ŉ lid van die
    Stokvel.

    In Desember gaan hulle met vakansie Mauritius toe. Hulle het jou gevra om te help
    om inligting oor Mauritius te verkry, besprekings en betalings te doen en om te kyk vir
    plekke wat hulle kan besoek.

    VRAAG 1: WOORDVERWERKING

    ŉ Dokument wat die verskillende toeriste-besienswaardighede in Mauritius aandui is
    ontwerp.

    Maak die woordverwerkingsdokument 1 Mauritius Tourist Attractions oop.

    1.1   Voeg ŉ voorblad in die dokument. Die voorblad moet die volgende vertoon:
           Kies ŉ Filigree-voorblad.
           Tik die dokumentnaam in as “Mauritius Tourist Attractions” en voeg ook
            vandag se datum in die spasie wat voorsien word.                                   (3)

    1.2   Verander die ‘Heading 2’ styl as volg:

           Font: 14 pt, vetdruk (bold), en enige donkerblou kleur.
           Paragraafspasiëring: 6 pt na opskrif.
           Pas die veranderde styl toe op al die ‘heading 2’ opskrifte.                       (5)

    1.3   Verander die bestaande inhoudsopgawe sodat dit al die geformateerde
          opskrifte met style ‘Heading 1’ en ‘ Heading 2’ kan vertoon.                         (1)

    1.4   Formateer die eerste paragraaf as volg:

           Net die boonste en onderste paragraaflyne word vertoon.
           Lyndikte – ‘Wydte’ = 2¼ pt.
           Die paragraaf moet met ŉ geel kleur geskakeer (shaded) word.                       (3)

    1.5   Vind die letter M wat in die tweede paragraaf onder die opskrif Mauritius
          Botanical Garden voorkom.
           Voeg ŉ vergrote hoofletter-effek (drop cap effect) in vir die letter M sodat
            dit oor 2 lyne verskyn.
           Die afstand vanaf die teks moet op 2 cm gestel word.                               (2)

    1.6   Voeg ŉ opskrif (caption) by die eerste prentjie op die dokument. Die opskrif
          (caption) moet soos volg geformateer word:
           Naam van die opskrif (caption) moet “Bot Gardens I” wees.
           Nommering – Romeinse syfers in hoofletters.
           Die posisie van die opskrif (caption) moet bo die prentjie wees.                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                5

 1.7    Formateer die paragraaf onder die opskrif “Île aux Cerfs Island” sodat dit lyk
        soos die prentjie hieronder.

        LET WEL:
         Die grootte van die prentjie moet presies 4 cm x 4 cm wees.
         Gebruik die korrekte prentjie ‘wrapping’ en paragraafbelyning (alignment).         (3)

 1.8    Vind die geskakeerde (shaded) woord “Port Louis” onder die opskrif Port
        Louis. Voeg ŉ voetnota in op die woord en die voetnota moet lees:
        “The Port is named in honour of King Louis XV.”                                      (2)

 1.9    Vind die verligte teks onder die paragraaf Grand Bassin en voeg die aanhaling
        (citation) in op die bron Mark. Die jaar in die aanhaling (citation) moenie wys
        nie.                                                                                 (2)

 1.10 Vind al die verskynsels van die woord “Visitors” en vervang dit met die woord
      “Tourists”.                                                                            (2)

 1.11 Vind die teks “Most famous Waterfalls in Mauritius” en voeg prentjie kolpunte
      (bullets) in op die lys hieronder. Gebruik die prentjie 1 Bullet wat in jou
      gidslêer gevind kan word, as jou prentjie kolpunt (bullet).                            (2)

 1.12 Voeg ŉ outomatiese bibliografie in onder die opskrif Bibliography.                     (2)

 1.13 Die figuurtabel op die laaste bladsy toon 5 prentjies. Verander dit sodat dit al
      6 prentjies in die dokument vertoon.                                                   (2)

 1.14 Voeg outomatiese bladsynommering in:

         In die kopskrif (header).
         Vertoon nommers vanaf die derde bladsy van die dokument; nommering
          moet by 1 begin.
         Die nommering moet in die middel vertoon word.                                     (4)
                                                                                            [36]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 2: WOORDVERWERKING

 Terwyl die Stokvelgroep in Mauritius is, gaan hulle die stigterslede van die groep
 vereer. Die stigterslede is die mense wat 60 jaar en ouer is. Die groep vra jou om
 sertifikate vir hulle te ontwerp. Hulle het vir jou ŉ lys van ontvangers in ŉ sigbladlêer
 gegee.

 Maak die 2 Certificate woordverwerkingsdokument oop.

 2.1    Verander die bladsy-oriëntasie na landskap.                                              (1)

 2.2    Voeg die prentjie 2 Humanity in en verander die grootte na 1.5 cm beide die
        hoogte en die wydte. Formateer die prentjie en die opskrif Ubuntu – Humanity
        Stokvel wat in WordArt getik is, om een prentjie te vorm.                                (3)

 2.3    Formateer die teks “Certificate of Appreciation” na fontgrootte 36, fontkleur
        rooi en sentreer die teks.                                                               (3)

 2.4    Voeg ŉ “Art” bladsyraam (page border) van jou keuse in.                                  (2)

 2.5    Vul vandag se datum in op die plek gemerk Date en dit moet outomaties
        opdateer                                                                                 (2)

 2.6    Jy wil een sertifikaat vir al die ontvangers ontwerp.
        Die saamvoeg (mail merge) moet as volg voorberei word:

           Gebruik die Members werkblad van die 2 Members of Stokvel sigblad as
            die databron.
           Slegs dié wat 60 jaar en ouer is, sal sertifikate ontvang.
           Sorteer die lede in stygende orde volgens Vanne (Surnames).
           Gebruik die volgende saamvoegvelde, Surname, Name en Gender in die
            spasies toegeken in die dokument.
           Stoor die 2 Members of Stokvel dokument voordat jy dit saamvoeg
            (merge).
           Voltooi die saamvoeg (mail merge) en stoor die nuwe saamgevoegde
            (merged) dokument as 2 Complete letters.                                           (5)
                                                                                              [16]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 VRAAG 3: SIGBLAD

 Jy is gevra om ŉ skatting vir die uitgawes van die Mauritius-toer te doen.

 Open die 3 Stokvel Expenditure-sigblad en werk in die Expenditure-werkblad.

 3.1    Formateer die selle in ry 1 tot 5 as volg:

          Verander die saamgevoegde (merged) selle om A1:J5 in te sluit.
          Pas ŉ rooi tweekleurdiagonale afskadu (two colours diagonal down
           shading) toe op die saamgevoegde (merged) sel.
          Pas enige vul-effek toe.
          Sentreer die teks horisontaal en vertikaal.                                           (4)

 3.2    Verander die formatering van ry 6 sonder om die sel te vergroot sodat al die
        data sigbaar is.                                                                         (1)

 3.3    Gebruik ŉ sigbladeienskap (feature) om te verseker dat die inhoud van slegs
        kolom 1 en 2 sigbaar is op die skerm wanneer daar regs beweeg word.                      (2)

 3.4    Gebruik ŉ sigbladeinskap (feature) om die 3 jongste mense op die toer aan te
        dui. Formateer die antwoord na ŉ ligblou fontkleur.                                      (3)

 3.5    In sel H7, gebruik ŉ formule om die bedrag te bereken wat elke persoon gaan
        betaal vir sy/haar verblyf. Prys per dag verskyn in L1. Verander na die Suid-
        Afrikaanse geldeenheid met geen desimale plek. Kopieer die formule na al
        die onderstaande selle.                                                                  (3)

 3.6    Sommige lede van die Stokvel het klaar van die geld betaal. In sel I7,
        bereken die uitstaande bedrag vir Allen.                                                 (2)

 3.7    Siende dat die toer oorsee is, sal daar ŉ heffing gevra word op die totale
        bedrag wat elke persoon vir die toer moet betaal.
        Gebruik ŉ formule in sel K7 om die heffing wat Allen moet betaal te
        bereken. Gebruik die persentasie in sel L3 in jou berekeninge.                           (2)

 3.8    In sel L7, gebruik ŉ formule om die bedrag wat elke persoon moet betaal, in
        ag genome die afslag en die heffings wat gevra word.                                     (3)

 3.9    Gebruik ŉ funksie in sel D79 om die ouderdom van die tweede oudste
        persoon in die groep te bereken.                                                         (3)

 3.10 In sel D81, gebruik ŉ funksie om te bereken hoeveel vroue deel is van die
      groep wat na Mauritius gaan.                                                               (3)

 3.11 In sel D83, gebruik ŉ funksie om te bereken hoeveel mense in die groep het
      nog nie hulle deposito betaal nie.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2018)

 3.12 In sel E85, gebruik ŉ funksie om die totale bedrag te bereken van die
      deposito’s wat betaal is deur mense wat by Pearle Beach gaan tuisgaan.              (4)

 3.13 Elke persoon wat ŉ deposito betaal het ontvang afslag soos aangedui word in
      kolom J. Gebruik ŉ funksie in E87 om te bepaal wat die gemiddelde afslag
      per persoon sal wees vir die Shanti Maurice hotel en gebruik ŉ funksie om die
      antwoord tot geen desimale plek af te rond.                                         (7)

 Grafiek-werkblad

 3.14 Gebruik die inligting wat voorsien word om ŉ grafiek te skep wat die
      persentasie sal aandui van besoekers wat elke hotel sal huisves van die totale
      Stokvellede.

        LET WEL:
         Die grafiek moet ŉ 3D-grafiek wees.
         Dit moet ŉ toepaslike titel hê.
         Die grafiek moet die persentasie data-etikette (labels) wys.
         Die verklaring (legend) moet aan die regterkant wees.
         Die hotel met die hoogste persentasie moet geformateer word met die
          “3 Ocean-prentjie” wat jy in jou datalêer sal vind en moet uitgetrek word.
         Die kaartarea moet met enige gradiënt-vul met 100% helderheid
          (brightness) geformateer word.                                                  (9)

 3.15 Skuif die grafiek vanaf die Grafiek-werkblad na ŉ nuwe werkblad en noem
      dit My Chart.                                                                       (2)
                                                                                         [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                9

 VRAAG 4: DATABASIS
 ŉ Databasis is ontwerp vir die rekordhouding van die stokvellede se besonderhede
 vir toekomstige verwysing.
 Open die 4 Stokvel-databasis.
 4.1    Formateer die Stokvel Design-tabel as volg:
        4.1.1    Stel ŉ primêre sleutel in op die mees toepaslike veld in die tabel.          (1)
        4.1.2    Verander die ryhoogte na 25 pt.                                              (1)
        4.1.3    Stel die agtergrondkleur van die tabel na maroen 1 en gidslyne se
                 kleur na donkerblou.                                                         (2)
        4.1.4    Verander die IDNo-veld sodat die veld nooit leeg mag wees nie.               (1)

        4.1.5    Skep ŉ toevoermasker (input mask) vir die Cell Number-veld om te
                 verseker dat die gebruiker die selnommer as volg invoeg:
                    Tien verpligte nommers
                    In die formaat (000)0000000                                              (3)
        4.1.6 Voeg ŉ aftuimellys (drop-down list) in vir die Hotel-veld en dit moet die
              volgende insluit:
                La Plantation Hotel
                Mon Choisy Beach
                Pearle Beach
                Shanti Maurice                                                               (3)
        4.1.7    Verander die datatipe vir die Deposit-veld na ŉ geskikte tipe.               (1)
        4.1.8    Voeg ŉ valideringsreël (validation rule) in vir die Age-veld sodat dit
                 slegs waardes tussen 16 en 80 sal aanvaar. Voeg ŉ geskikte
                 valideringsteks (validation message) in sodat die inskrywing toepaslik
                 sal wees.                                                                    (3)
 Werk steeds in die 4 Stokvel-databasis.
 4.2    ŉ Vorm genaamd Members wat gebaseer is op die Stokvel Members-tabel
        is ontwerp. Verander die vorm as volg:
         Verander die vorm se naam na Form4_2.
         Die Surname-veld moet nie vertoon nie, maar moenie verwyder (delete)
          word nie.
         Verander die “property” van die prentkontrole (image control) sodat die
          hele prentjie sigbaar is.
         Verander die fontkleur van die opskrif Stokvel Members na rooi en die
          agtergrondkleur van die vorm kopskrif (header) na geel.
         Voeg ŉ kontrole “tip” (Check if ‘yes’) in by die “Dietary Requirements”-veld.
         Voeg jou Naam en Van in die vorm voetskrif (footer).
         Stel die eienskappe (properties) van die vorm sodat die gebruikers nie die
          data kan verwyder (delete) nie.                                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2018)

 Navrae

 4.3    Ontwerp ŉ navraag genaamd Qry4_3 gebaseer op die Stokvel Members-
        tabel.

         Vertoon slegs die Name en CellNo.-velde.
         Vertoon slegs die rekords van die vroulike Stokvellede wat Vodacom
          kliënte is en wie se nommers met 082 of 072 begin.                            (5)

 4.4    Die organiseerders vereis ŉ minimum van R2000.00 wat teen die tyd betaal
        moes wees.
        Verander die navraag Qry4_4 en vertoon die Surname, Name, Deposit en
        Hotel-velde van kliënte van die Maritime Crystals Beacg hotel wat die
        vereiste bedrag en meer betaal het. Sorteer die navraag volgens Surname
        in stygende orde.                                                               (6)

 4.5    Skep ŉ verslag genaamd Rpt4_5 gebaseer op die Stokvel Members-
        tabel.

         Vertoon slegs die velde Surname, Name, Gender, Hotel, Deposit en
          No. of Days in hierdie volgorde.
         Groepeer die verslag gebaseer op die Hotel-veld.
         Sorteer die verslag gebaseer op die No of Days-veld.
         Bereken in ŉ groepvoetskrif (footer) die bedrag wat deur lede
          gedeponeer is vir elke hotel en stel die geldeenheid (currency) na rand.
         Sluit behoorlike etikette (labels) in vir jou berekeninge.                    (9)
                                                                                       [45]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            11

 VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)
 ŉ Webblad is ontwerp om inligting te verskaf oor die toer na Mauritius.
 Maak die onvolledige 5 Mauritius-webblad in ŉ webblaaier asook in ŉ teks-HTML-
 redigeerder oop bv. Notepad (NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word NIE).
 LET WEL:
  Vraagnommers is as opmerkings (comments) in die kodering ingevoeg as riglyne
   om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
  ŉ HTML-merkblad (tag sheet) is as verwysing aangeheg.
 Jou finale webbladsy behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2018)

 5.1    Voeg die HTML kode sodat die teks Mauritius in die webblaaier-oortjie
        (browser tab) sal verskyn.                                                             (2)

 5.2    Verander die agtergrondkleur van die webbladsy na ligblou.                             (2)

 5.3    Voeg ŉ horisontale lyn in aan die bo- en onderkant van die prentjie “5 beach-
        accessories.jpg” en die kleur van die horisontale lyne moet rooi wees.                 (3)

 5.4    ŉ Prentjie is ingevoeg aan die bokant van die webblad, maar dit vertoon nie
        behoorlik nie.
        Verander die prentjie sodat dit vertoon en sentreer dit.
         Voeg ŉ alternatiewe teks in om die volgende te vertoon “Beach
           Accessories” indien die prentjie nie vertoon nie.                                   (4)

 5.5    Formateer die eienskappe (attributes) van die lys onder die opskrif "What to
        do” na vierkantige kolpunte (square bullets).                                          (2)

 5.6    Formateer die opskrif “Information” na ŉ rooi kleur.                                   (2)

 5.7    Die subopskrifte onder die “Information” opskrif moet in vetdruk wees soos in
        die skermkopie (screenshot) aangedui word.                                             (2)

 5.8    Koppel die dokument “5 Mauritius flyer.pdf” aan die woorde “Click here” wat
        aan die einde van die webblad aangetoon word.                                       (3)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                13

 VRAAG 6: ALGEMEEN

 ŉ Vorm is ontwerp vir die Stokvellede.

 Open 6 Registration Form en doen die volgende:

 6.1    Bring die nodige verandering aan in paragraaf 2 op die vorm sodat dit lyk soos
        die een hieronder.

         Voeg ŉ 2 ¼ pt geel paragraafraam rondom die paragraaf in.
         Voeg ŉ telefoonsimbool langs die Tel. in. Die simbool is ŉ Webdings 201-
          karakter.                                                                                (4)

 6.2    Formateer die merkblokkie (checkbox form) veld naby “Mr”. sodat dit presies
        12 pt is.                                                                                  (1)

 6.3    Voeg ŉ teksvormveld (text form field) langs die Family Name-veld in. Dit moet
        in hoofletters wees en maksimum lengte moet 12 karakters wees.                             (3)

 6.4    Voeg ŉ aftuimellys (dropdown list) in op die “special dietary requirements” om
        die drie opsies wat verskaf word in te voeg.                                               (2)

 6.5    Voeg die lêerpad (file path) in as ŉ veld in die middel van die voetskrif (footer).     (3)
                                                                                               [13]

                                                                                TOTAAL:        180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/NOVEMBER 2018)

                          BYLAE A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
              Basiese Merkers (Basic Tags)                        Formateringsmerkers (Formating Tags) continued
      Merker (Tag)                   Beskrywing                      Merker (Tag)              Beskrywing
<body></body>             Definieer die liggaam van die          <li></li>             Word voor elke lysitem
                          webblad                                                      ingevoeg, en voeg dan ŉ
<body                     Stel die agtergrondkleur van die                             nommer of simbool by
bg color="pink">          webblad                                                      afhangende van die tipe lys
                                                                                       wat geselekteer is
<body text="black">         Stel die kleur van die               <img src="name">      Voeg ŉ prent in
                            liggaamteks t
<head></head>               Bevat inligting oor die dokument     <img src="name"        Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                                                                 align="left">          ''right", "center"; "bottom",
                                                                                        "top", "middle'' wees
<html></html>               Skep ŉ HTML-dokument – begin         <img src="name"        Stel die grootte van die raam
                            en eindig ŉ webblad                  border="1">            rondom 'n prent
<title></title>             Definieer ŉ titel vir die dokument   <img src="name"        Stel die hoogte en breedte van
<!-- -->                    Kommentaar                           width="200"            ŉ prent
                                                                 height
                                                                 ="200">
                 Teksmerkers (Text Tags)                         <img src="name"        Vertoon alternatiewe teks
         Tag                        Beskrywing                   alt="alternative       wanneer die muis oor ŉ prent
<hl></hl>                 Skep die grootste opskrif              text">                 gehou word of wanneer die
                                                                                        prent nie gevind word nie
<h6></h6>                   Skep die kleinste opskrif            <hr/>                  Voeg ŉ horisontale lyn in
<b></b>                     Skep teks in vetdruk                 <hr size="3"/>         Stel die grootte (hoogte) van ŉ
<i></i>                     Skep teks in skuinsdruk                                     reël
<font                       Stel fontgrootte van "1" tot "7"     <hr width="80%"/>      Stel die breedte van 'n lyn, in
size="3"></font>                                                                        persentasie of absolute
                                                                                        waarde
<font                   Stel fontkleur                           <hr                    Stel die kleur van die lyn
color="green"></font                                             color="ff0000"/>
>
<font face="Times       Stel fonttipe                                        Tabelmerkers (Table Tags)
New Roman"></font>
              Skakelmerkers (Link Tags)                              Merker (Tag)                Beskrywing
Merker Tag              Beskrywing                               <table></table>        Skep 'n tabel
  <a href="URL"></a>    Skep ŉ hiperskakel                       <tr></tr>              Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"><img      Skep ŉ prentskakel                       <td></td>              Skep 'n sel in 'n tabel
src="URL"></a>
<a name="NAME"></a>     Skep ŉ teikenarea                        <th></th>              Skep 'n tabelopskrif (in 'n sel
<a href="#NAME"></a>                                                                    met algemene vetgedrukte,
                          Skakel na ŉ teikenarea wat
                                                                                        gesentreerde teks)
                          elders in die dokument geskep is
          Formateringsmerkers (Formating Tags)                   <table                 Stel die breedte van die tabel
                                                                 width="50">
Merker (Tag)                Beskrywing                           <table                 Stel die breedte van die raam
                                                                 border="1">            rondom die selle van die tabel
<p></p>                     Skep ŉ nuwe paragraaf                <table                 Stel die spasie tussen die selle
                                                                 cellspacing="1">       van die tabel
<p align="left">            Stel ŉ paragraaf links inlyn         <table                 Stel die spasie tussen 'n
                            (verstek), kan ook ''right'' of      cellpadding="1">       selraam en die inhoud daarvan
                            ''center'' wees
<br/>                       Voeg ŉ reëlbreuk ('line break') in   <tr align="left">      Stel die inlynstelling vir die
<ol></ol>                                                                               sel(le) (kan ook ''center'' of
                            Skep ŉ genommerde lys
                                                                                        ''right'' wees)
<ol type="A","a",           Definieer die tipe nommers wat       <tr valign="top">      Stel die vertikale inlynstelling
"I","i","1"></ol>           gebruik is                                                  vir sel(le) (kan ook ''middle'' of
                                                                                        ''bottom'' wees)
<ul></ul>                   Skep ŉ kolpuntlys                    <td colspan="2">       Stel die getal kolomme
                                                                                        waaroor 'n sel moet strek
<ul type="disc",            Definieer die tipe kolpunte wat      <td rowspan="4">       Stel die getal rye waaroor 'n
"square","circle"></        gebruik word                                                sel moet strek
ul>

  Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                         15

                     TOEVOERMASKER (INPUT MASK) KARAKTERBLAD

KARAKTER                                                   BESKRYWING
      0              Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie)

                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat
      9
                     nie)

                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke ('blanks') in
      #              Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word verwyder wanneer
                     data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat)

      L              Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

      ?              Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

      A              Letter of syfer (inskrywing vereis)

      a              Letter of syfer (inskrywing opsioneel)

      &              Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis)

      C              Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel)

                     Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter wat
   .,:;-/            gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die 'Regional Settings
                     Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.)

      <              Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word

                     Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word. Jy kan die uitroepteken op
      >
                     enige plek in die toevoermasker invoeg.

                     Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon. Karakters
      !
                     wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na regs.

                     Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word (byvoorbeeld, \A
      \
                     word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/3c69cbc5-0cdd-4849-b11a-3a4e3591496f) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2019 Afrik .pdf R](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-afrik-pdf-r/69d346e5-bc82-4449-87ba-f362ad4ce87e) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [CAT P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/6a222374-3198-4e40-815c-af27e9aaaa89) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [CAT P1 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-eng-d/53ed1844-70c8-4724-a741-ff9943f4f141) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [CAT P1 GR11 QP NOV2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-afr-d/190acba4-dbab-4131-9f45-20fa4eed8f6a) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/20355cdc-101a-486b-96f4-c95a19b797f1) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Gr 11 Comp App Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-comp-app-tech-atp-2023-24/aacd75ce-8623-43e6-be2c-0ebb6ad91f55) — ATP

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
