# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/eaf0f02a-fd04-4373-8dc8-87810f315a35
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/eaf0f02a-fd04-4373-8dc8-87810f315a35)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2020-afrikaans/8de0d6b8-beca-46cb-8a39-0618c4e464e6) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              SEPTEMBER 2020

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ŉ HTML
                 merkersblad, toevoermasker karakterblad en ŉ inligtingsblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
         daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat
         sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
         funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE.
         Gedurende die eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die
         eksamenlokaal geld.

 2.      As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
         instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders
         sal die toesighouer ŉ CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) met al die lêers wat
         vir die eksamen benodig word, aan jou gee. Indien ŉ CD/DVD/geheueskyf
         (‘flash drive’) aan jou uitgereik is, moet jy jou naam en van en klasseksie op
         die CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) skryf.

 3.      Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash
         drive') inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou
         antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou
         antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die
         toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is.

 4.      Maak absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
         lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
         inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het
         nie, verwyder NIE.

 5.      Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
         AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer
         dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.

 6.      ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer
         beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die
         toesighouer vir ŉ ander kopie vra.

 7.      Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.

 8.      Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
         MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 9.      Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
         gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
         moontlike kragonderbrekings.

 10.     Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                          3

 11.    Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ŉ vraag vereis dat
        die antwoord in sel F3 in ŉ sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel
        G4 in, sal dit NIE nagesien word NIE.

 12.    Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’
        ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommeringstellings en
        geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is.

 13.    Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op ‘English (South Africa)’
        stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
        aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.

 14.    Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
        word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak
        dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieer.

        LET WEL:       Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                       korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as
                       veranderinge aan die bestaande data gemaak word.

 15.    Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-
        vraag te beantwoord NIE.

 16.    Die eksamenlêergids/data disket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang,
        bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers
        het voordat jy met hierdie eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

    SCENARIO

    Tegnologie ontwikkel net al hoe meer soos die tyd aanstap. Dit raak almal van
    ons. Of ons daarvan hou of nie die 4de Industriële Revolusie is hier. Die
    affekteer onderwys, besigheid, arbeid, ens.

    VRAAG 1: WOORDVERWERKING

    ŉ Dokument is geskep om meer inligting omtrent die 4de Industriële Revolusie te
    verskaf. Redigeer die dokument soos versoek.

    Open die 1_4th Industrial Revolution-woordverwerkingsdokument.

    1.1    Verander die voorblad as volg:

           1.1.1     Verander die jaar van die dokument na die huidige jaar.                  (1)

           1.1.2     Die prentjie op die voorblad is onderstebo, roteer/draai die
                     prentjie sodat dit normaal vertoon.                                      (1)

    1.2    ŉ Inhoudsopgawe is in die dokument ingevoeg.

           1.2.1     Die paragraaf wat in blou verlig is onder die opskrif: “What
                     exactly is the fourth Industrial Revolution?” verskyn in die
                     inhoudsopgawe.
                     Verander die paragraaf sodat slegs die opskrif van die paragraaf
                     in die inhoudsopgawe verskyn en nie die paragraaf nie.                   (3)

           1.2.2     Verander die ‘heading style 2’ opskrif as volg:
                      Verander die fontkleur na enige blou kleur.
                      Spasiëring na die paragraaf moet 12 pt wees.                           (2)

    1.3    Vind al die verskynsels van die “4th Industrial Revolution” en vervang dit
           met 4IR.                                                                           (2)

    1.4    Vind die prentjie onder die opskrif “Where did the term ‘Fourth Industrial
           Revolution’ come from?”
              Voeg ŉ 2 pt geel raam rondom die prentjie.
              Voeg ŉ ‘Offset Top shadow’-effek rondom die prentjie.                          (3)

    1.5    Skuif die Figure 2 prentjie regs tot na die verligte paragraaf, dieselfde as
           die Figure 1 prentjie.
           Maak seker dat die byskrif (caption) Figure 2 onder die prentjie verskyn.          (3)

    1.6    Vind die woorde “Klaus Schwab” verhelder in rooi.
           Voeg ŉ eindnota in met die volgende teks, “Founder and
           Executive Chairman of the World Economic Forum”.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                          5

 1.7     Vind die teks “Placeholder1” verhelder in liggroen en doen die volgende:

           Voeg ŉ nuwe joernaal-artikel (bron) in met die skrywer genaamd
            “Klaus Schwab”.
           Voeg die jaar 2020 in die jaar-veld.                                          (3)

 1.8     Verander die oriëntasie van die bladsy wat begin met die opskrif, “What
         are the technologies driving change?” wat in geel verlig is, na landskap.

         LET WEL: Slegs bladsy 5 moet in landskap wees.                                   (3)

 1.9     Vind en korrigeer die spelfout in die dokument.                                  (1)

 1.10    Sorteer die paragrawe op bladsy 6 wat begin met “Virtual Reality” en
         eindig met “Energy Capture” in stygende orde.                                    (2)

 1.11    Voeg ŉ outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif (footer) van
         die dokument as volg:

            Die bladsynommers moet gesentreer word.
            Die eerste en tweede bladsy van die dokument moet NIE
             genommer word nie.
            Bladsynommering moet op die derde bladsy begin met nommer
             1, dan 2, ens.                                                               (5)

 1.12    Voeg ŉ tekswatermerk slegs op die laaste bladsy in met die teks 4IR wat
         horisontaal vertoon.                                                             (4)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2: WOORDVERWERKING

 Jy word ook versoek om die brief aan te pas en te versprei na mense wat belang
 sal stel om beoordelaars te wees.

 Maak die 2_4IR Research-woordverwerkingsdokument oop en verander die
 dokument as volg:

 2.1    Verander die bladsy-uitleg as volg:

          Boonste en onderste kantruimtes moet 1,5 cm wees.
          Verander die grootte van die papier na 20 cm wydte en 28 cm hoogte.            (2)

 2.2    Vind die paragrawe wat met die woorde “The keynote”, “Instead” en “A
        vast” begin.

           Plaas hierdie teks in DRIE kolomme.
           Verander die spasie tussen die kolomme na 1,1 cm.
           Maak seker dat die verligte woorde altyd aan die bokant van die kolom
            is.
           Justifiseer al die teks in die kolomme.                                       (4)

 2.3    ŉ Opname is gedoen om die gereedheid van die mense omtrent die 4IR
        te toets. Resultate word aangedui onder die opskrif “A survey”, wat met
        “Technologies” begin en met “33” eindig.

           Omskep (Convert) die teks na tabel.
           Gebruik ŉ ‘Grid Table 4 Accent 2’ styl vir die tabel.
           Gebruik ŉ woordverwerkingseienskap (feature) om te verseker dat die
            tabelopskrifte herhaal sal word indien die tabel na ŉ volgende bladsy
            skuif.
           Sentreer al die inhoud van die tabel, vertikaal en horisontaal.               (5)

 2.4    Voeg ŉ skadu dubbellyn-omraming om die laaste paragraaf van die
        dokument.                                                                         (2)

 2.5    Voeg die huidige datum (current date) in die bladsyonderskrif (footer). Die
        datum moet outomaties opdateer elke keer wat die dokument oopgemaak
        word.                                                                            (2)
                                                                                        [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                           7

 VRAAG 3: SIGBLAD

 Die munisipaliteit in jou omgewing bied opleidingsgeleenthede aan die
 gemeenskappe om hulle op te lei, om hulle vir die 4IR voor te berei.

 Maak die 3_ Resources-sigblad oop en werk in die WardInfo-werkblad.

 3.1 Formateer die werkblad as volg:

       3.1.1    Voegsaam en sentreer die inhoud van selle A1:O1.                           (2)

       3.1.2    Voeg ŉ 'Thin Diagonal Stripe' patroonstyl vul-effek in die
                saamgevoegde sel.                                                          (2)

       3.1.3    Verseker dat die inhoud van ry 3 sigbaar is sonder om die wydte
                van die kolom te vergroot.                                                 (1)

       3.1.4    Vries die panele sodat al die opskrifte in ry 3 sigbaar is wanneer jy
                afbeweeg.                                                                  (2)

 3.2 Voeg kommentaar (comment) in sel E4 met die woorde “Unit Price”.                      (2)

 3.3   ŉ “Ward Number” word vir elke saal (ward) verskaf. Skep ŉ wyknommer
       in sel B5 vir Ward 1 deur van die volgende gebruik te maak:

        Eerste letter van die “Ward Name”.
        Laaste twee letters van die “Ward Name”.
        Eerste letter van die “Location” in kleinletters.                                 (4)

 3.4 Elke wyk het ŉ begroting gekry om die gemeenskap te help.
     Die bedrag is in kolom J. Die wyke moet die geld op rekenaar, tablette,
     internettoegang, projektors en interaktiewe witborde spandeer.
     Voeg ŉ funksie in sel K5 om al die uitgawes in Ward 1 te bereken.                     (2)

 3.5 Bereken in sel L8 die balans (balance) van die bedrag wat deur Ward 4
     gespandeer is.                                                                        (2)

 3.6 Gebruik ŉ formule in sel M5 om die aantal rekenaars wat deur Ward 1
     gekoop is te bereken.
     Kopieer die formule af vir al die wyke (wards).                                       (4)

 3.7 Bereken in sel N6 watter persentasie van die uitgawes was spandeer op
     rekenaars in Ward 2, rond die antwoord af tot geen desimale plekke.                   (3)

 3.8 Gebruik ŉ sigbladeienskap in selle L5:L34 om outomaties ŉ groenvul met
     donkergroen teks op die getalle wat ŉ oorspandering (over expenditure)
     aandui.                                                                               (3)

 3.9 Alle wyke wat nie hulle begroting oorskry het nie, word vergoed met ŉ bonus.
     Voeg ŉ funksie in sel O5 om Bonus te wys vir die wyke wat kwalifiseer vir
     ŉ bonus en laat oop (blank) vir die wat nie kwalifiseer nie.                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1              (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.10     Daar was aanbeveel dat die meeste van die begroting spandeer moes
          word om rekenaars aan te koop.
          Bereken in sel E37, die bedrag wat “Urban wards” (Stedelike wyke) op
          rekenaars spandeer het.                                                       (4)

 3.11     “Rural wards” (Landelike wyke) was versoek om meer as 25% van hulle
          begroting op rekenaars te spandeer. Dié wat so maak sal ŉ toekenning
          ontvang.
          Voeg ŉ funksie in sel E39 om te wys of Ward 3 ŉ toekenning sal ontvang,
          indien wel, moet Award vertoon word en indien nie, dan moet No Award
          vertoon word.                                                                 (4)

 3.12     Bereken in sel E41 die aantal “Semi Rural wards”.
                                                                                        (3)
 3.13     Gebruik ŉ LOOKUP funksie in sel E43, om te bepaal wat die geslag van
          die raadslid vir Ward 3 is.                                                   (5)

 3.14     Voeg ŉ funksie in sel E45 om aan te dui watter wyke nie rekenaars
          aangekoop het nie.                                                            (2)

 3.15     Grafiek/Kaart

          ŉ Opname is gedoen om die gereedheid van die mense te toets
          aangaande die 4IR. Gebruik die inligting van die opname in die werkblad
          “SurveyResults” om ŉ grafiek te skep soos die onderstaande een. Skuif
          grafiek na die 4IR werkblad.

                                                                                       (7)
                                                                                      [56]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2020)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                           9

VRAAG 4: DATABASIS

Bystand is aan die onderskeie munisipaliteite rakende die 4IR vertonings (‘roadshows’)
belowe. Die bystand sal in die vorm van menslike en finansiële hulpbronne wees.

Open die 4_4IR databasis en doen die volgende:

4.1   Tabel: Wards
      4.1.1    Verseker dat enige data wat tans in die WardName-veld gestoor is, in
               hoofletters sal wees.                                                           (1)

      4.1.2    Verander die veldeienskappe van die WardNumber-veld sodat:
                Dit ŉ vereiste (required) veld is.
                Die data in die veld in vasgestelde (fixed) formaat vertoon word.             (2)

      4.1.3    ŉ Prentjie van die kaart na die wyk word benodig. Verander die
               datatipe van die Prentjie-veld (Image) sodat jy ŉ prentjie in die veld kan
               invoeg.                                                                         (1)

      4.1.4    Verander die veldeienskappe van die SubmissionDate-veld sodat:

                Dit nie ŉ datum na 30 June 2020 aanvaar nie.
                ŉ Gepaste valideringsteks ingevoeg kan word.                                  (3)

      4.1.5    Skep ŉ nuwe veld genaamd Devices.
               Gebruik die data in die Item field van die Info table om die waardes
               van die nuwe veld te verskaf.                                                   (3)

4.2   Vorm

      Skep ŉ vorm genaamd frm4_2 gebaseer op die WardInfo-tabel, wat
      die volgende velde sal bevat:
      WardName; WardNumber; Location; Budget; Expenditure en
      Balance.
      Die volgende moet in ag geneem word:

          Vorm is in Columnar-uitleg geskep.
          Die fontgrootte van die opskrif is 36 pt.
          Die opskrif moet sentreer word.
          Die agtergrondkleur van die vormboskrif moet geel wees.
          Voeg die prentjie 4_Form.jpg wat in jou eksamenlêer voorkom in die
           vormboskrif en skuif (align) die prentjie na regs.
          Verander die formaat van die Budget veld na geldeenheid (Currency) met
           geen desimale plekke.
          Voeg ŉ knoppie (button) in vanaf die beskikbare kontrole (controls) in die
           vormonderskrif van die vorm.
          Die aksie van die knoppie (button) moet wees om na die volgende rekord
           te beweeg.

      Stoor en maak die frm4_2 vorm toe.                                                     (10)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1               (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.3 Navrae

       4.3.1 Skep ŉ navraag om te bereken wat die bedrag geld is wat elke
             Location spandeer het op uitgawes. Wys selfs die Location-veld en
             die veld waar berekening (calculate field) gedoen is.
             Stoor navraag as Qry4_3_1.                                                    (3)

       4.3.2 Verander die navraag Qry4_3_2 sodat slegs die Rural en Semi Rural
             wyke vertoon. Gebruik ŉ databasisfunksie om die totale begroting wat
             hierdie wyke gebruik het te bepaal.                                           (4)

       4.3.3 Wyke met ŉ negatiewe balans sal ŉ 30% lening kry, wat bereken
             word op die begroting wat hulle ontvang het.

                    Verander die Qry4_3_3 om slegs die wyke wat kwalifiseer vir die
                     lening aan te dui.
                    Bereken die bedrag wat elke wyk as ŉ lening sal ontvang.
                    Die naam van die berekende veld moet Loan wees.
                    Stel die nuwe veld se geldeenheid (currency) na Suid-Afrikaanse
                     geldeenheid.                                                          (5)

 4.4 Verslag

       Skep ŉ verslag met die volgende velde, WardName; WardNumber;
       Location en Budget vanaf die WardInfo-tabel.

         Groepeer eers volgens Location en dan volgens Budget.
         Voeg ŉ formule tot die Location-groepvoetskrif om totale begroting van
          elke Location te bereken.
         Maak gebruik van voorwaardelike formatering om die Rural Locations na
          rooifont te verander.

       Skep ŉ nuwe veld genaamd Future Projections waar jy 10% byvoeg tot die
       Budget om te sien wat die verwagte uitgawes vir die volgende jaar sal wees,
       indien pryse met 10% styg.                                                  (10)
                                                                                   [42]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                      11

 VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)

 Een van die wyksraadslede het ŉ webblad saamgestel om die gemeenskap oor
 4IR in te lig.

 Maak die onvolledige 5_Website.html-webblad in ŉ webblaaier en ook in ŉ teks-
 /HTML-redigeerder oop. Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word
 gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE.

 LET WEL:
  Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om
   jou te lei waar om die antwoord(e) in voeg. MOENIE hierdie kommentaar
   uitvee NIE.
  ŉ HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg.

 Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2020)

 5.1     Sentreer die opskrif van die webblad en die fontgrootte na 50.                    (2)

 5.2     Skep ŉ anker (anchor) heel boaan die webblad.                                     (3)

 5.3     Die prentjie boaan die webblad vertoon nie korrek nie. Maak die fout reg
         sodat die prentjie sal vertoon soos op die voorbeeld op vorige bladsy.            (2)

 5.4     Die lys van nadele van die “4th Industrial Revolution” vertoon nie korrek
         nie. Korrigeer die foute.                                                         (3)

 5.5     Formateer die webblad sodat die kleur van die tabel ligblou is en die
         wydte 80%.                                                                        (2)

 5.6     Voeg die ontbreekte ry in die tabel in soos vertoon word in die voorbeeld
         op die vorige bladsy.                                                             (3)

 5.7     Formateer die laaste ry sodat dit versprei oor die drie kolomme en
         verander die teks na vetdruk.                                                     (2)

 5.8     Voeg in ŉ hiperskakel wat die gebruiker sal terugneem na die bokant van
         webblad.                                                                         (3)
                                                                                         [21]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                         13

 VRAAG 6: ALGEMEEN

 Wyke word deur die munisipaliteit versoek om kwotasies te kry om tegnologie-
 toestelle aan te koop.

 J & C Tech Suppliers het ŉ kwotasie vir al die wyke voorberei. Die bron van die
 kwotasie is 6_Calculations.

 6.1    Open die woordverwerkingsdokument 6_Quote en verander die kwotasie
        as volg:

        6.1.1    Voeg vandag se datum in die volgende formaat: (2020)(03)(10).
                 Maak seker dat die datum outomaties opdateer.                            (2)

        6.1.2    Gebruik ŉ Woordverwerkingseienskap om die onderstaande tabel
                 te skep. Die tabel wys die toestelle wat deur J & C Suppliers
                 verkoop word. Die spasies tussen die kolomme is 0.3 cm.

                       Rekenaar       Interaktiewe witbord     Data-projektor

                       Slimfoon        Wi-Fi Roeteerder          Televisie
                                                                                          (4)

 6.2    Die kwotasie sal SLEGS aan Wyke wie se begroting uitgeput is gestuur
        word. Gebruik die Customer sheet in die 6_Calculator sigblad as die
        ontvangerslys (recipients list) om die volgende te doen:

          Gebruik ŉ saamvoegeienskap (mail merge) om die briewe na die
           Wyke te stuur.
          Voeg die Ward Names in die Ward Name-veld.
          Voltooi die saamvoeg (Mail Merge).

        Stoor die saamgevoegde briewe (merged letters) as Letters in die
        eksamenlêer.                                                                     (5)
                                                                                        [11]

                                                                        TOTAAL:         180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
     14                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2020)

                       HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
                     TOEVOERMASKER (INPUT MASK) KARAKTERBLAD
              Basiese Merkers (Basic Tags)                                     Formatting Tags continued
       Merker (Tag)                   Beskrywing                       Merker (Tag)                 Beskrywing
<body></body>               Definieer die liggaam van die         <li></li>                 Word voor elke lysitem
                            webblad                                                         ingevoeg, en voeg dan ŉ
<body                       Stel die agtergrondkleur van                                    nommer of simbool by
bg colour="pink">           die webblad                                                     afhangende van die tipe lys
                                                                                            wat geselekteer is
<body text="black">             Stel die kleur van die            <img src="name">          Voeg ŉ prent in
                                liggaamteks
<head></head>                   Bevat inligting oor die           <img src="name"            Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                                dokument                          align="left">              ''right", "center"; "bottom",
                                                                                             "top", "middle'' wees
<html></html>             Skep ŉ HTML-dokument –                  <img src="name"            Stel die grootte van die raam
                          begin en eindig ŉ webblad               border="1">                rondom ŉ prent
<title></title>           Definieer ŉ titel vir die               <img src="name"            Stel die hoogte en breedte
                          dokument                                width="200" height         van ŉ prent
<!-- -->                  Kommentaar                              ="200">
              Teksmerkers (Text Tags)                             <img src="name"            Vertoon alternatiewe teks
          Tag                       Description                   alt="alternative           wanneer die muis oor ŉ prent
<hl></hl>                 Skep die grootste opskrif               text">                     gehou word of wanneer die
                                                                                             prent nie gevind word nie
<h6></h6>                       Skep die kleinste opskrif         <hr/>                      Voeg ŉ horisontale lyn in
<b></b>                         Skep teks in vetdruk              <hr size="3"/>             Stel die grootte (hoogte) van
                                                                                             ŉ reël
<i></i>                         Skep teks in skuinsdruk           <hr width="80%"/>          Stel die breedte van ŉ lyn, in
                                                                                             persentasie of absolute
                                                                                             waarde
<font                        Stel fontgrootte van "1" tot "7"     <hr                        Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>                                                  colour="ff0000"/>
<font                        Stel fontkleur                                   Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times            Stel fonttipe                              Merker (Tag)                  Beskrywing
New Roman"></font>
                Skakelmerkers (Link Tags)                         <table></table>            Skep ŉ tabel
       Merker (Tag)                     Beskrywing                <tr></tr>                  Skep ŉ ry in ŉ tabel
<a href="URL"></a>           Skep ŉ hiperskakel                   <td></td>                  Skep ŉ sel in ŉ tabel
<a href="URL"><img           Skep ŉ prentskakel                   <th></th>                  Skep ŉ tabelopskrif (in ŉ sel
src="URL"></a>                                                                               met algemene vetgedrukte,
                                                                                             gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>          Skep ŉ teikenarea                    <table width="50">         Stel die breedte van die tabel
<a href="#NAME"></a>         Skakel na ŉ teikenarea wat           <table border="1">         Stel die breedte van die raam
                             elders in die dokument geskep                                   rondom die selle van die
                             is                                                              tabel
           Formateringsmerkers (Formating Tags)                   <table                     Stel die spasie tussen die
                                                                  cellspacing="1">           selle van die tabel
        Merker (Tag)                      Beskrywing              <table                     Stel die spasie tussen ŉ
                                                                  cellpadding="1">           selraam en die inhoud
                                                                                             daarvan
<p></p>                         Skep ŉ nuwe paragraaf             <tr align="left">          Stel die inlynstelling vir die
                                                                                             sel(le) (kan ook ''center'' of
                                                                                             ''right'' wees)
<p align="left">                Stel ŉ paragraaf links inlyn      <tr valign="top">          Stel die vertikale inlynstelling
                                (verstek), kan ook ''right'' of                              vir sel(le) (kan ook ''middle'' of
                                ''center'' wees                                              ''bottom'' wees)
<br/>                           Voeg ŉ reëlbreuk ('line break')   <td colspan="2">           Stel die getal kolomme
                                in                                                           waaroor ŉ sel moet strek
<ol></ol>                       Skep ŉ genommerde lys             <td rowspan="4">           Stel die getal rye waaroor ŉ
                                                                                             sel moet strek
<ol type="A","a",               Definieer die tipe nommers wat
"I","i","1"></ol>               gebruik is
<ul></ul>                       Skep ŉ kolpuntlys
type="disc",                    Definieer die tipe kolpunte wat
"square","circle"></ul>         gebruik word

     Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                          15

  KARAKTER                                         BESKRYWING
                          Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-
              0
                          tekens nie toegelaat nie)
                          Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]-
              9
                          en minus [–]-tekens nie toegelaat nie)
                          Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as
                          oop plekke (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’)
              #
                          vertoon, maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor
                          word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat)
              L           Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

              ?           Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

              A           Letter of syfer (inskrywing vereis)

              a           Letter of syfer (inskrywing opsioneel)

              &           Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)

              C           Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                          Desimale plekhouer en duisende-, datum- en
                          tydskeiers (Die werklike karakter wat gebruik word,
                          hang van die instellings ('settings') in die 'Regional
           .,:;-/         Settings
                          Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die
                          'Windows Control Panel' af.)
                          Laat alle karakters na onderkas ('lower case')
              <
                          omgeskakel word
                          Laat alle karakters na bokas ('upper case')
              >           omgeskakel word. Jy kan die uitroepteken by enige
                          plek in die toevoer invoeg.
                          Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van
                          links na regs, vertoon. Karakters wat in die
                          toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links
              !           na regs.
                          Jy kan die uitroepteken op enige plek in die
                          toevoermasker invoeg.
                          Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter
              \           vertoon word (byvoorbeeld, \A word slegs as A
                          vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2020)

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2020

INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)

SKOOL:

NAAM:

WERKSTASIENOMMER: _______________________________

SUITE GEBRUIK                       Microsoft Office   Microsoft Office   Microsoft Office       Office 365
(Maak ŉ kruisie in die                   2010               2013               2016
toepaslike blokkie
(X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                                 Ander
(VRAAG 6)                                                                                       (Spesifiseer)
                                    Mozilla Firefox    Google Chrome      Internet Explorer
(Maak ŉ kruisie in die
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM:

Maak ŉ regmerkie langs lêername indien dit gestoor en/of gepoog is.

Vraagnommer          Lêernaam      Gestoor    Gepoog    Maksimum   Maksimum Nasiener   HvD      Groep       EM
                                     (√)        (√)       punt      behaal

     1        1_4th Industrial
                                                           35
                Revolution
     2           2_4IR
                Research                                   15

     3         3_Resources
                                                           56

     4                4_4IR
                                                           42

     5          5_Website
                                                           21

     6        6_Calculator
                                                           11
                6_Quote
                                             TOTAAL:      180

Kommentaar (slegs vir die nasiener)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2020-afrikaans/73167bc1-7d37-4313-9e6c-6055b941495e) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/12bb0431-212d-4b16-b0b7-e634ff19745f) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [GR12 CATN P1 Sept2017 QP Eng 2](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-qp-eng-2/7f2741dd-5b56-4f4d-9efb-26c2263be0a2) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
