# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept2019-afri-r/b2af60cd-df8c-442b-9772-95ab9f8e07e0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept2019-afri-r/b2af60cd-df8c-442b-9772-95ab9f8e07e0)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2019

         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

                                      *CATNA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend ŉ toevoermasker-
                karakterblad, ŉ inligtingsblad en ŉ HTML-merkersblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      As gevolg van die aard van die drie-uur eksamen is dit belangrik om daarop
        te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van
        die eksamensessie te verlaat nie.

2.      Sleutel jou van en naam in die bladsykopskrif (‘header’) van ELKE dokument
        wat jy skep of stoor.

3.      Die toesighouer sal ŉ disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
        word, aan jou gee, of jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
        rekenaar gevind kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
        naam op die etiket skryf. Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die instruksies
        wat deur die toesighouer gegee word, volg.

4.      ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
        wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ
        ander kopie vra.

5.      Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

6.      Beantwoord AL die vrae.

7.      Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
        gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
        moontlike kragonderbrekings.

8.      Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
        MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.      Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
        aan jou gegee is inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet
        seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is,
        soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
        absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word.

10.     Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
        programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
        nie.

11.     Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word,
        moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

12.     Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in
        vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-
        selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
        formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                          3

  13. In alle vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
      African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’)
      aanvaar, tensy anders aangedui.

  14. In Bylaag A word die HTML-merkblad voorsien.

  15. Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel,
      bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker
      dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.

   Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

SCENARIO

Landbesoedeling is ŉ ernstige probleem wat ŉ impak het op mense, diere en die
aarde. As daar nie stappe geneem word om besoedelingsvlakke te verminder nie,
kan daar ŉ permanente verandering in die land voorkom. Die nadelige veranderinge
in die omgewing as gevolg van landbesoedeling is subtiel, maar die probleem is baie
groter as wat dit wil voorkom. Daarom is dit belangrik dat ons die Land moet Red.
Die skool het die graad 12 leerders gevra om te help in ŉ veldtog om volhoubare lewe
te bevorder.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

ŉ Dokument is opgestel om meer inligting te bied oor wat landbesoedeling is.
Redigeer die dokument soos versoek word.

Open die 1LandPollution-woordverwerkingsdokument.

1.1      Voeg ŉ voorblad in op die dokument. Die voorblad moet die volgende
         vertoon:

        1.1.1    ŉ “Facet” voorblad in aan die begin van die dokument.                           (1)

        1.1.2    Tik “Land Pollution” in die titelveld, “Save our Land” in die subtitelveld
                 en “landhighschool@ecdept.gov.za” in die e-posveld. Verwyder die
                 abstrakte (abstract) veld.                                                      (3)

1.2      Voeg ŉ outomatiese inhoudsopgawe (table of contents) onder die opskrif
         “Table of Contents” as volg in:

        1.2.1    Gebruik die “Title” styl vir die vlak 1 opskrifte.                              (1)
        1.2.2    Gebruik die “Heading 1” styl vir die vlak 2 opskrifte.                          (1)
        1.2.3    Gebruik die “Heading 2” styl vir die vlak 3 opskrifte.                          (1)

1.3      Pas outomatiese bladsynommering op die dokument as volg toe:

        1.3.1    Voeg die “Accent Bar Right” bladsynommers in die dokument.                      (1)
        1.3.2    Begin die bladsynommering vanaf die tweede bladsy van die
                 dokument, nommer die bladsye vanaf bladsy 1.                                    (2)

1.4      Formateer die eerste paragraaf onder die opskrif “Land Pollution”, wat begin
         met die teks “What’s beneath …” en eindig met “… closer look.” as volg:

        1.4.1    Verander die paragraafspasiëring na 6 pt voor en 6 pt na die
                 paragraaf.                                                                      (1)
        1.4.2    Verander die lynspasiëring na presies 16 pt.                                    (2)
        1.4.3    Rek (‘Expand’) die karakterspasiëring met 1.5 pt.                               (1)

1.5      Die woord “Contaminate” verskyn twee keer in dié dokument.
         Vervang die twee verskynsels (‘occurrences’) van die woord met die woord
         “infect”.                                                                               (2)

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                             5

 1.6    Vind die woord ‘In factories and offices’ in die teks onder die opskrif “Waste
        disposal”.

        Voeg ŉ hiperskakel (hyperlink) in op die teks as volg:

               Die hiperskakel moet koppel na die webtuiste
                www.explainthatstuff.com/land-pollution.html.

               Die teks “HowStuffWorks” moet vertoon wanneer die muis oor die
                hiperskakel beweeg word.                                                      (3)

 1.7    Heg ŉ voetnota aan die woord “Radioactive Waste” onder die opskrif “Waste
        Disposal”. Gebruik die simbool (Wingdings karakter 83) as ŉ doelgemaakte
        (‘custom’) simbool en tik “by-product of nuclear power” in as die voetnota
        teks.                                                                                 (3)

 1.8    Justifiseer en gebruik outomatiese afkapping vir die hele dokument.                   (2)

 1.9    Die bron wat aan die einde van die dokument verskyn moet by die ander bronne
        van die dokument bygevoeg word.                                                       (3)

 1.10   Die bibliografie aan die einde van die dokument wys geen rekords nie.
        Formateer die bibliografie so dat dit ten minste EEN bron wys.                        (1)

 1.11   Voeg ŉ veld langs die teks “Date Created” in om die datum waarop die
        dokument geskep is, te toon.                                                          (1)
                                                                                             [29]

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Jy word ook versoek om die brosjure wat in Word geskep is te verander. Die
brosjure sal aan mense as ŉ vorm van bewusmaking versprei word.

Maak die 2LandPollutionBrochure-woordverwerkingsdokument oop en verander
dit as volg:

2.1      Verander die bladsy-oriëntasie na landskap.                                           (1)

2.2      Voeg ŉ 2¼ pt wydte, rooi dubbel-lyn bladsyraam (‘page border’) rondom
         die dokument.                                                                         (3)

2.3      Plaas die verhelderde teks van die dokument in drie-kolomme.

            Voeg ŉ 1 cm/0.39 duim spasie tussen die kolomme.
            Voeg ŉ lyn in tussen die kolomme.
            Opskrifte moet boaan elke kolom wees.                                             (4)

2.4      Verander die opskrif “What is land pollution?” deur van ŉ WordArt met
         gouekleur “Accent 4 Soft Bevel” gebruik te maak.                                      (4)

2.5      Vind die kolpuntlys (‘bulleted list’) onder die opskrif “How to prevent land
         pollution?”.

            Verander die formaat van die kolpunte na die prentjie 2Bullet.jpg wat
             gevind kan word in die datalêergids.

            Stel die inkeping (‘indentation’) van die kolpunte op 0 cm en die
             paragrawe moet hangend (‘hanging’) wees op 1.5 cm.                                (4)

2.6      Voeg ŉ Ovaal Uitroepvorm (Oval Callout Shape) in aan die onderkant van
         die eerste kolom met die teks “Save Our Land!”                                        (3)

2.7      Gebruik die prentjie 2LandPollution.jpg as ŉ watermerk SONDER enige
         uitgewaste effek (‘washout’) en stel die skaal (‘scaling’) op 120%.                  (4)
                                                                                             [23]

    Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                           7

 VRAAG 3: SIGBLAD

 ŉ Sigbladlêer van die uitslae van die gebeurtenis word in die
 3_LandPollution-sigblad gestoor.

 Maak die 3_LandPollution-sigblad oop en werk in die Stats per Province werkblad.

 3.1    Formateer die werkblad as volg:

        3.1.1      Verander die tabkleur van die “Stats per Province” werkblad na enige
                   kleur behalwe die oorspronklike kleur.                                         (1)

        3.1.2      Voegsaam (‘Merge’) en sentreer die selle van sel A1 tot sel T1.                (1)

        3.1.3      Voeg ŉ dun diagonale streep (‘thin diagonal stripe’) patroonstyl
                   (‘pattern style’) vuleffek met ŉ rooikleur in op die saamgevoegde
                   (‘merged’) sel.                                                                (2)

        3.1.4      Formateer Ry 4 sodat al die inhoud sigbaar is sonder om die selle te
                   vergroot.                                                                      (1)

 3.2    Vries (‘Freeze’) die panele in kolom A sodat al die kolomme verskyn wanneer
        jy regs beweeg (‘scroll’).                                                                (2)

 3.3    Die datum waarop die landbesoedelingverslag geskep is, word in sel A3
        gestoor. Formateer die datum om as volg te vertoon: (28)‐(02)‐(2019).                     (3)

 3.4    Gebruik ŉ geskikte funksie om die kode in sel A5 te skep. Skep die kode deur
        die volgende te kombineer:

            Eerste twee letters van die provinsie.
            ŉ Koppelteken (-).
            Aantal karakters in die provinsie.
            Alles moet in hoofletters wees.                                                      (5)

 3.5    Voeg ŉ funksie in sel C3 om die posisie van die spasie in die naam “Eastern
        Cape” in sel B5 te bepaal.                                                                (3)

 3.6    Gebruik ŉ sigbladeienskap in kolom D om die gebruiker te forseer om ŉ
        heelgetal in te voeg wat nie groter mag wees as 999 999 nie. Voeg ŉ geskikte
        foutboodskap (‘error message’) wat die gebruiker sal ontvang indien ongeldige
        data ingevoeg word.                                                                       (4)

 3.7    Sommige provinsies is meer dig bevolk (‘densely populated’) as ander; dit skep
        baie landbesoedeling.

        Voeg ŉ funksie in sel E3 om die aantal provinsies wat groter is as 100000
        (‘vierkante meters’) (kolom D) te bereken EN wie se populasie-digtheid
        (‘population density’) minder as 55 (kolom E) is.                                         (5)

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2019)

3.8      Die populasie-digtheid (‘population density’) van elke provinsie word
         aangeteken in kolom E en word in persentasies uitgedruk. Die persentasies
         kan as volg vertolk word:

                  Populasie Digtheid                         Digtheid
                 (Population Density)                        (Density)
                            <51                      Less Dense (Minder Dig)

                          51 to100                         Dense (Dig)

                           >100                      Highly Dense (Baie Dig)

         Voeg ŉ geskikte funksie in sel F5 om die digtheid van die “Eastern Cape” te
         bereken.                                                                                 (4)

3.9      In kolom O word die daaglikse invloei per provinsies aangeteken. Gebruik ŉ
         toepaslike sigbladeienskap deur ŉ rooi data stafie (‘bar’) in te voeg om ŉ
         waarde in die sel te verteenwoordig. Hoe hoër die waarde, hoe langer sal die
         stafie (‘bar’) wees.                                                                     (3)

3.10     Voeg ŉ funksie in sel Q15 om die totale begroting van al die “Cape” provinsies
         te bereken.                                                                              (4)

3.11     Die bedrag wat deur elke provinsie begroot is in kolom P en die uitgawes in
         kolom Q. Bereken in sel R5 die bedrag wat oor is na die uitgawes van die
         provinsie betaal is. Kopieer die resultaat vir alle provinsies.                          (3)

3.12     Sommige provinsies het hulle hele begroting vir Afvalbestuur (‘Waste
         Management’) gebruik. Sommige het nog geld in hulle begroting oor. Gebruik
         ŉ funksie in sel S5 om te bepaal of die provinsie(s) ŉ “Top Up” nodig het of nie.
         Voeg “Top Up” in vir die provinsies wat ŉ “Top Up” benodig en los die sel leeg
         indien die provinsie(s) nie ŉ “Top Up” benodig nie. Kopieer die antwoord na die
         res van kolom C.                                                                         (4)

3.13     ŉ Dorp per provinsie was geïdentifiseer vir die studie van landbesoedeling.
         Hierdie dorpe word as werkblad “Town” gestoor.

         Voeg ŉ funksie in sel T9 om die dorp vir die provinsie van Limpopo te bepaal.            (5)

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                  9

 Werk in die Graph-werkblad.

 3.14   Skep ŉ grafiek deur van die data in die reekse B5:B13; L5:L13 en M5:M13
        gebruik te maak. Die kaart/grafiek moet lyk soos die onderstaande
        kaart/grafiek. Voldoen aan die instruksies wat volg.

                                                           WASTE TREATMENT
                                         35

                                         30

            Waste Treatment Facilities
                                         25

                                         20

                                         15

                                         10

                                         5

                                         0

                                                                          Provinces
                                              Water Recovery Facilities         Water Treatment Facilities

                                  Die grafiek moet twee reekspunte hê wat korrek geplot (‘plotted’) is.
                                  Reeks 1 (‘Waste Recovery Facilities’) moet ŉ kolomgrafiek wees en Reeks
                                   2 (‘Waste Treatment Facilities’) moet ŉ lyngrafiek wees.
                                  Byskrifte (‘Legends’) moet korrek geredigeer word.
                                  Albei asse moet hernoem word.
                                  Formateer kaartarea na prentjie (‘picture’).
                                  Gebruik ŉ sigbladeienskap om die grafiek na die graph-werkblad te skuif.                    (7)
                                                                                                                              [57]

   Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 4: DATABASIS

ŉ Databasis is met al die afvalbestuurfasiliteite (‘waste management facilities’)
geskep. Verander die databasis en werk in die ontwerpaansig (design view).
Maak die 4_LandPollution databasis oop.

4.1     Redigeer die “Waste Pollution” tabel as volg:

        4.1.1    Verwyder die ID-veld.                                                             (1)

        4.1.2    Voeg ŉ nuwe veld genaamd “Image” in na die provinsie-veld:

                         Hierdie veld moet ŉ prentjie kan stoor.
                         Voorsien die veld met ŉ geskikte datatipe.                               (3)

        4.1.3    Voeg die primêre sleutel in op ŉ meer geskikte veldtipe.                          (1)

        4.1.4    Verander die veldeienskappe (field properties) van die “Hazardous
                 Waste” veld sodat die gebruiker forseer word om ŉ waarde in te tik.               (1)

        4.1.5    Verander die “Own refuse dump”-veld sodat:

                         Die gebruiker slegs waardes kan intik wat groter as 2 of kleiner is
                          as 99.
                         ŉ Geskikte valideringsteks (‘validation text’) ingevoeg kan word.        (3)

        4.1.6    Stel die verstekwaarde (‘default value’) van die “Budget”-veld na
                 R10 000.                                                                          (1)

4.2     Skep die vorm frm4_2 gebaseer op die “LandPollution”-tabel.

         Voeg slegs die volgende velde in: Province; Hazardous Waste; Budget
          and Expenditure.
         Verander die agtergrondkleur van die vormkopskrif (‘header’) na rooi.
         Verander die inhoud van die etiket (‘label’) in die vormkopskrif (‘header’) na
          “Waste”.
         Voeg die datum in as ŉ veld in die kopskrif van die vorm.
         Voeg ŉ berekening in die vormvoetskrif (‘footer’) om die totale aantal
          provinsies te bereken.                                                                   (7)

4.3     Open die navraag qry4_3 en verander dit as volg:

          Redigeer die qry4_3 deur slegs “Province”, “Population served by
           Municipality” en “Own Refuse dump” te toon.
          Dui slegs daardie aan wat 50% en meer van die “population served by
           municipal waste collection” is .
          Dui ook aan dié wat ŉ “Hazardous Waste” het.
         Sorteer hulle van die kleinste na grootste volgens die “Own Refuse Dump”
          veld.                                                                                    (5)

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                       11

 4.4 Open navraag qry4_4.

       Verander die navraag sodat dit die totaal van die provinsies wie se begroting
       vir afvalbestuur (‘waste management’) R50 000 en meer is, soos hieronder
       aangedui word.

                                 Province            SumOfBudget
                         Eastern Cape                     R 105 740.00
                         Free State                        R 50 314.00
                         Gauteng                          R 236 324.00
                         KwaZulu‐Natal                    R 209 726.00
                         Western Cape                     R 291 920.00                        (3)

 4.5 Open navraag qry4_5.

       Skep ŉ berekende veld genaamd “Balance” in die navraag qry4_5. Bereken
       watter provinsie(s) meer as hulle begroting spandeer het en wat ŉ “Hazardous
       Waste” het.                                                                            (6)

 4.6 Ontwerp ŉ verslag op die “LandPollution”-tabel gebaseer.

        Toon al die velde behalwe die ID-veld.
        Groepeer dit volgens “Licensed facilities” en dan volgens die “Hazardous
         Waste”.
        Sorteer vanaf die kleinste tot die grootste begroting.
        Bladsy-orientasie moet landskap wees.
        Bereken die totale bedrag wat gebruik is in die “Licensed Facilities” voetskrif
         (‘footer’).
        Die totale bedrag moet in ŉ geskikte formaat wees.
        Voeg die prentjie “4LandPollution.jpg” in die kopskrif (‘header’) van die
         verslag.
        Stoor as Report.                                                                   (10)
                                                                                            [41]

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1            (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)

ŉ Webblad is ontwerp om mense van landbesoedeling bewus te maak.

Maak die onvolledige 5_LandPollution.html webblad in ŉ webblaaier en in ŉ teks-
redigeerder oop bv. Notepad.

LET WEL:

      Vraagnommers word as kommentaar (‘comments’) by die kodering ingevoeg
       as riglyne om aan te dui waar die antwoord(e) ongeveer ingevoeg moet word.
      ŉ HTML-merkersblad (‘tag sheet’) is as verwysing aangeheg.

Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

     Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                           13

 5.1    Voeg merkers (‘tags’) in om seker te maak dat die teks “Land Pollution”
        in die webblaaieroortjie ('browser tab') vertoon.                                  (1)

 5.2    Pas die opskrif “Land Pollution” as volg aan:

          Die opskrif “Land Pollution” moet gesentreer word.
          Verander fontkleur na bruin.                                                    (2)

 5.3    Verander die grootte van die horisontale lyn onder die heading “Triathlon” na
        7 en rooi kleur.                                                                    (2)

 5.4    Verander die inligting onder die opskrif “Sources of Land Pollution” na ŉ
        kolpuntlys (bulleted list) deur gebruik te maak van die hoofletter Romeinse
        syfers soos aangedui word in die voorbeeld van die webtuiste.                      (3)

 5.5    ŉ Tabel is geskep maar wys nie korrek nie. Korrigeer dit as volg:

            Verander die eerste ry na tabelopskrifte.
            Stel die tabellyne (‘table border’) na 2.
            Stel die spasie tussen die teks en die sellyne (‘cell borders’) na 25.
            Die opskrifreël moet in pienk kleur geskandeer (‘shaded’) word.
            Voegsaam (‘Merge’) die selle in die laaste ry van die tabel en voeg die
             prentjie 5LandPollution in.
            Die prentjie se hoogte moet 200 wees en breedte 300.
            Die prentjie moet in die middel van die sel wees.
            Die woord “Dump” moet wys as die prentjie nie vertoon nie.                    (9)

 5.6    Voeg ŉ skakel (‘link’) in op die woord Home aan die onderkant van die tabel,
        sodat dit skakel (‘link’) na die bokant (‘Top’) van die webtuiste.                 (3)
                                                                                          [20]

   Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 6: ALGEMEEN

ŉ Lid van die gemeenskap van Waterfall Park het ŉ brief aan die burgermeester
geskryf waarin hy oor die landbesoedeling kla.

Open en redigeer die lêer 6Letter.docx.

6.1       Die briefhoof moet as volg verander word:

          6.1.1   Daar is twee prentjies in die briefhoof. Gebruik ŉ woordverwerkings-
                  funksie om die twee prentjies as een te vertoon. Skuif die prentjie tot
                  onder die opskrif “Waterfall Community”.                                    (2)

          6.1.2   Voeg ŉ kruisverwysing in langs die verhelderde (‘highlighted’) “my” in
                  die eerste paragraaf wat gekoppel is aan die eindnota wat in die brief
                  gevind kan word.                                                            (2)

          6.1.3   Daar is ŉ fout in die grafiek wat geskep is, die waardes van die
                  “Plastic pollutants” is met dié van “Broken Metal pollutants” omgeruil.
                  Korrigeer die grafiek sodat die korrekte persentasies wys.                  (2)

          6.1.4   Verander die paragraafinstelling (‘paragraph setting’) sodat die
                  paragraaf wat begin met “There”’ en eindig met “earth” saam sal bly
                  en nie oor twee bladsye sal verdeel nie.                                    (2)

          6.1.5   ŉ Plakkaat is ontwerp, genaamd 6Poster.docx, om mense
                  aangaande landbesoedeling te onderrig.

                  Voeg 6Poster.docx as ŉ ikoon (“icon”) in die spasie wat in die brief
                  voorsien word.                                                              (2)
                                                                                             [10]

                                                                                TOTAAL:       180

     Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                         15

                                    HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
             Basiese Merkers (Basic Tags)                                       Formatting Tags continued
       Merker (Tag)                   Beskrywing                       Merker (Tag)                Beskrywing
<body></body>               Definieer die liggaam van die          <li></li>              Word voor elke lysitem
                            webblad                                                       ingevoeg, en voeg dan 'n
<body                       Stel die agtergrondkleur van                                  nommer of simbool by
bg colour="pink">           die webblad                                                   afhangende van die tipe lys wat
                                                                                          geselekteer is
<body text="black">             Stel die kleur van die             <img src="name">       Voeg 'n prent in
                                liggaamteks
<head></head>                   Bevat inligting oor die            <img src="name"         Stel 'n prent inlyn: kan ook
                                dokument                           align="left">           ''right", "center"; "bottom", "top",
                                                                                           "middle'' wees
<html></html>                   Skep 'n HTML-dokument –            <img src="name"         Stel die grootte van die raam
                                begin en eindig 'n webblad         border="1">             rondom 'n prent
<title></title>                 Definieer 'n titel vir die         <img src="name"         Stel die hoogte en breedte van
                                dokument                           width="200"             'n prent
<!-- -->                        Kommentaar                         height
                                                                   ="200">
                Teksmerkers (Text Tags)                            <img src="name"         Vertoon alternatiewe teks
       Merker (Tag)                  Beskrywing                    alt="alternative        wanneer die muis oor 'n prent
<hl></hl>                    Skep die grootste opskrif             text">                  gehou word of wanneer die
                                                                                           prent nie gevind word nie
<h6></h6>                       Skep die kleinste opskrif          <hr/>                   Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                         Skep teks in vetdruk               <hr size="3"/>          Stel die grootte (hoogte) van 'n
                                                                                           reël
<i></i>                         Skep teks in skuinsdruk            <hr width="80%"/>       Stel die breedte van 'n lyn, in
                                                                                           persentasie of absolute waarde
<font                        Stel fontgrootte van "1" tot "7"      <hr                     Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>                                                   colour="ff0000"/>
<font                        Stel fontkleur                                   Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times            Stel fonttipe                             Merker (Tag)                   Beskrywing
New Roman"></font>
               Skakelmerkers (Link Tags)                           <table></table>         Skep 'n tabel
       Merker (Tag)                    Beskrywing                  <tr></tr>               Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a>           Skep 'n hiperskakel                   <td></td>               Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img           Skep 'n prentskakel                   <th></th>               Skep 'n tabelopskrif (in 'n sel
src="URL"></a>                                                                             met vetgedrukte, gesentreerde
                                                                                           teks)
<a name="NAME"></a>             Skep 'n teikenarea                 <table                  Stel die breedte van die tabel
                                                                   width="50">
<a href="#NAME"></a>          Skakel na 'n teikenarea wat          <table                  Stel die breedte van die raam
                              elders in die dokument               border="1">             rondom die selle van die tabel
                              geskep is
           Formateringsmerkers (Formating Tags)                    <table                  Stel die spasie tussen die selle
                                                                   cellspacing="1">        van die tabel
        Merker (Tag)                     Beskrywing                <table                  Stel die spasie tussen 'n
                                                                   cellpadding="1">        selraam en die inhoud daarvan
<p></p>                         Skep 'n nuwe paragraaf             <tr align="left">       Stel die inlynstelling vir die
                                                                                           sel(le) (kan ook ''center'' of
                                                                                           ''right'' wees)
<p align="left">                Stel 'n paragraaf links inlyn      <tr valign="top">       Stel die vertikale inlynstelling vir
                                (verstek), kan ook ''right'' of                            sel(le) (kan ook ''middle'' of
                                ''center'' wees                                            ''bottom'' wees)
<br/>                           Voeg 'n reëlbreuk ('line break')   <td colspan="2">        Stel die getal kolomme waaroor
                                in                                                         'n sel moet strek
<ol></ol>                       Skep 'n genommerde lys             <td rowspan="4">        Stel die getal rye waaroor 'n sel
                                                                                           moet strek
<ol type="A","a",               Definieer die tipe nommers
"I","i","1"></ol>               wat gebruik is
<ul></ul>                       Skep 'n kolpuntlys
type="disc",                    Definieer die tipe kolpunte wat
"square","circle"></ul>         gebruik word

    Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2019)

                      TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’) KARAKTERBLAD

 KARAKTER                                             BESKRYWING
                      Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat
          0
                      nie)
                      Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
          9
                      toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
                      ('blanks') in Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word
          #
                      verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens
                      toegelaat)
          L           Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

          ?           Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

          A           Letter of syfer (inskrywing vereis)

          a           Letter of syfer (inskrywing opsioneel)

          &           Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)

          C           Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                      Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
                      karakter wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die
       .,:;-/         'Regional Settings
                      Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.)
          <           Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word

          >           Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word
                      Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon.
                      Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na
          !
                      regs.
                      Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
                      Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
          \
                      (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)

     Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                   17

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2019

INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)

SKOOL:

NAAM:

WERKSTASIENOMMER:

SUITE GEBRUIK                  Microsoft Office      Microsoft Office   Microsoft Office       Office 365
(Maak ŉ kruisie in die              2010                  2013               2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                              Ander
(VRAAG 6)                                                                  Internet          (Spesifiseer)
                               Mozilla Firefox       Google Chrome
(Maak 'n kruisie in die                                                    Explorer
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM:

Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of probeer is.

  Vraag-         Lêernaam      Gestoor   Probeer   Maksimum     Punt    Nasien    HVD       Cluster        EM
                                 (√)       (√)
 nommer                                              punt      behaal   er
   1       1_1Land Pollution                         29

           2_2LandPollution-
                                                     23
   2            Brochure

   3         3_LandSheet                             57

   4        4_LandPollution                          41

   5         5_MyWebsite                             20

   6         6Letter.docx                            10

                                   TOTAAL:           180

Kommentaar (slegs vir nasiener se gebruik)

   Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2019-english/ef2df5b1-6950-4769-9979-f22d14b986c1) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2019-eng/b91547f0-b4ca-4f13-97a6-41dff1f1cae0) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-english/2c41f16c-52dc-4d98-a4a4-e3296512bace) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P1 GR12 QP SEPT 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-qp-sept-2020-english/6e7f27db-454b-4095-a4e8-522ceffa7412) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [GR12 CATN P1 Sept2017 QP Eng 2](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-qp-eng-2/7f2741dd-5b56-4f4d-9efb-26c2263be0a2) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 CATN P1 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-s16-qp-eng/4dfd583a-548e-452f-8c6b-bf78b063b75f) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
