# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2013-afr/8eea5963-db80-41d6-83af-b1f7c0c69585
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2013-afr/8eea5963-db80-41d6-83af-b1f7c0c69585)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            2                        DBE/November 2013
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om
         daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
         einde van die eksamensessie te verlaat NIE.

2.       Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument
         wat jy skep of stoor.

3.       Die toesighouer sal 'n disket met al die lêers wat vir die eksamen benodig
         word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
         rekenaar gevind kan word. Indien 'n disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
         sentrumnommer en eksamennommer op die etiket skryf. Indien jy op die
         netwerk werk, volg die instruksies wat deur die toesighouer gegee word.

4.       'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
         beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
         toesighouer vir 'n ander kopie vra.

5.       Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

6.       Beantwoord AL die vrae.

7.       Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die
         vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n
         voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings.

8.       Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
         MOENIE meer doen as wat deur die vraag vereis word NIE.

9.       Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
         aan jou gegee is, inlewer met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy
         moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
         is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
         absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. Moenie onnodige
         lêers/lêergidse stoor nie en moenie duplikaatantwoordlêers/-lêergidse indien
         nie.

10.      Die aparte inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA
         AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD en dan
         aan die toesighouer oorhandig word.

11.      Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme
         wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal
         gebruik NIE.

12.      Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet
         jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

13.      Tensy anders aangedui, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge
         in alle vrae oor sigblaaie gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs
         waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander
         selle in 'n sigblad kopieer.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            3                        DBE/November 2013
                                           NSS

14.      Vir alle woordverwerkingsvrae moet die taal op 'English (South Africa)' gestel
         word. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
         aangedui.

15.      Gebruik sentimeter as die meeteenheid om hierdie vraestel te beantwoord.

16.      Alternatiewe instruksies vir LibreOffice-gebruikers is in 'n stippellyn-
         raam gegee waar dit van die instruksies vir Microsoft Office-gebruikers
         verskil.

17.      Die eksamenlêergids/-datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang,
         bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids
         en al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.

         •    MyFolder_MyLeergids                Lêergids
         •    1Aware_Bewus                       Woordverwerkingslêer
         •    2Bully_Boelie                      Woordverwerkingslêer
         •    2Logo_Logo                         Prentlêer
         •    3Schools_Skole                     Sigbladlêer
         •    4Report_Aanmeld                    Sigbladlêer
         •    5Cyber_Kuber                       Databasislêer
         •    6Data_Data                         Woordverwerkingslêer
         •    6Spreadsheet_Sigblad               Sigbladlêer
         •    6Statistics_Statistiek             Woordverwerkingslêer
         •    7Age_Ouderdom                      Prentlêer
         •    7Count_Telling                     Woordverwerkingslêer
         •    Doc1_Dok1                          Woordverwerkingslêer
         •    Doc2_Dok2                          Adobe Acrobat-dokument

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                4                         DBE/November 2013
                                               NSS

SCENARIO

Jou skool se beheerliggaam besluit om 'n veldtog te loods om ouers, onderwysers en
leerders meer oor kuberafknouery te leer. Die komitee vra jou om met die volgende te
help:
•     Die skep van 'n nuusbrief
•     Die skep van 'n strooibiljet
•     Die insameling en verwerking van data

VRAAG 1

Die skoolbeheerliggaam besluit om strooibiljette te versprei om leerders meer bewus
te maak van kuberafknouery en die hulp wat vir hulle beskikbaar is.

Maak die dokument 1Aware_Bewus oop.

1.1        Verander die papiergrootte na A5.                                                        (1)

1.2        Verander die bladsyoriëntasie na landskap.                                               (1)

1.3        Voeg 'n 3 pt skadu-bladsyraam ('shadowed page border') in.                               (3)

1.4        Formateer die woordomvoustyl ('wrapping style') van die ster-/ontploffing
           ('starburst/explosion') -vorm sodat die versteekte woord 'NOW' steeds in die
           ster-/ontploffingvorm vertoon word.                                                      (1)

1.5        Formateer die vier sirkels sodat hulle as een objek verskyn.                             (1)

1.6        Voeg 'n teksblokkie met 'n 2 pt stippellyn/('fine dashed')-raam net onder die
           ster-/ontploffing- ('starburst/explosion') vorm, regs bo in die dokument in.

            Skuif die gegewe teks 'Don't be part of the problem! Be part of the solution!'
            na hierdie teksblokkie.                                                                 (4)

1.7        Verander die fontstyl van die teks 'Treat others as ... when socialising online'
           na kursief/skuinsdruk.                                                                   (1)

1.8        Korrigeer die spelfout wat in die eerste kolom voorkom van die tabel wat op
           die eerste bladsy begin/verskyn.                                                         (1)

1.9        Verklein die inkeepvlak van die kolpuntlys ('bulleted list') wat in die tweede
           kolom voorkom van die tabel wat op die eerste bladsy begin/verskyn.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              5                          DBE/November 2013
                                             NSS

1.10     Verander die tabel soos volg:

         •   Voeg 'n derde kolom by die tabel (aan die regterkant).
         •   Vind die teks 'What do you do if your friend is being bullied online?' en
             skuif dit sodat dit in die eerste ry van die derde kolom as opskrif verskyn.
         •   Skuif die oorblywende teks onder die tabel na die tweede ry van die
             derde kolom.                                                                              (3)

1.11     Verander die grootte van die tabel om oor die hele bladsy van die dokument
         te pas.                                                                                       (1)

1.12     Sentreer die opskrifte in ry 1 van die tabel vertikaal en horisontaal.                        (1)

1.13      Vind die webadres in die bladsyonderskrif ('footer').

          Voeg 'n hiperskakel in wat na die webblad koppel met 'n skermwenk ('screen
          tip') wat 'Internet search' lees.

          LibreOffice-gebruikers:      Voeg 'n hiperskakel in wat na die webblad
                                       koppel en die teks 'Internet Search' vertoon.
                                                                                                       (2)

Stoor en maak die dokument 1Aware_Bewus toe.                                                           [21]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              6                          DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 2

'n Nuusbrief wat wenke aan ouers, onderwysers en leerders gee, is voorberei, maar
moet geredigeer word.

Maak die dokument 2Bully_Boelie oop.

2.1      Verander die onderste kantlyn van die bladsy na 2 cm.                                      (1)

2.2      Vind die hoofopskrif 'Cyberbullying' aan die begin van die dokument.

         Verander hierdie teks na WordArt/Fontwork met 'n getekstureerde vul.                       (2)

2.3      Vind al die kere wat die woorde 'cyber bullying' voorkom en maak seker dat
         hierdie twee woorde as EEN woord verskyn, dit wil sê 'cyberbullying'.

         Sluit alle gevalle in beide bo- en onderkas in.                                            (1)

2.4      Voeg 'n outomaties gegenereerde inhoudsopgawe ('table of contents') op
         bladsy 1 onder die hoofopskrif 'Cyberbullying' in.

         Die inhoudsopgawe moet die volgende toon:
         •   Slegs opskrifte wat as 'Heading 1'- en 'Heading 2'-styl geformateer is
         •   Bladsynommers in plaas van hiperskakels en geen gidslyne ('tab leaders')
             nie.                                                                                   (5)

2.5      Vind die sin 'She keeps on ....' tot '... must I do?' onderaan bladsy 1.

         Pas 'n 1½ pt beskadude raam ('shadowed border') en groen skakering
         ('shading') (uitligting) op hierdie paragraaf toe.                                         (3)

2.6      Vind die teks 'Stand up and peak out' op bladsy 2.
                                        s

         Plaas hierdie teks in 'n geronde reghoekige vorm soortgelyk aan die een
         hieronder:

                         Stand up and speak out!

         LET WEL:
         •   Die vorm moet presies 2 cm hoog en 10 cm breed wees.
         •   Die teks moet in Arial Black 16 pt verskyn.                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                7                              DBE/November 2013
                                               NSS

2.7      Voeg 'n watermerk in deur die prent 2Logo_Logo te gebruik, sodat dit vanaf
         bladsy 2 tot aan die einde van die dokument verskyn.                                            (3)

2.8      Vind en selekteer die teks boaan bladsy 3 wat met 'Interpretation:
         Cyberbullying is ...' begin tot by '... to consider suicide' aan die einde van die
         dokument.

         2.8.1        Stel die geselekteerde teks inlyn met beide die linker- en
                      regterkantlyn.                                                                     (1)

         2.8.2        Die geselekteerde teks moet in twee ewe groot kolomme verskyn
                      met 'n spasie van 0.5 cm/14 pt tussen die kolomme.                                 (3)

2.9      Pas 'n vergrote hoofletter ('dropped cap') -effek op die eerste letter van die
         woord 'Interpretation' (wat boaan bladsy 3 voorkom) toe, sodat dit oor vier
         reëls en 0.5 cm/14 pt vanaf die teks verskyn.                                                   (3)

2.10     Voeg outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif in sodat dit op
         die tweede bladsy van die dokument begin.

         Die eerste bladsy van die dokument word nie genommer nie. Met ander
         woorde, die bladsynommering begin op die tweede bladsy en word vanaf 1
         genommer.                                                                                       (4)

2.11     Vind die paragraaf 'It can be ...' tot '... pain of cyberbullying'.

         Verander die paragraafspasiëring van hierdie paragraaf na 0.35 cm/10 pt
         voor ('before') en die reëlspasiëring na presies ('exactly') 0.92 cm/26 pt.                     (3)

2.12     Vind die opskrif 'How do I deal with it?' en voeg 'n boekmerk genaamd Stats
         by hierdie teks.                                                                                (1)

2.13     Vind die opskrif 'Cyberbullying Statistics' naby aan die einde van die
         dokument.

         Voeg 'n eindnoot in wat aan hierdie opskrif gekoppel is, deur die webadres
         wat aan die einde van die dokument voorkom, as die verwysing te gebruik.

         LET WEL: Die webadres moet slegs in die eindnoot voorkom.                                       (4)

2.14     Vind die kolpuntteks ('bulleted text') wat met 'Over half of …' begin tot by
         '… cyberbullying occurs.' naby aan die einde van die dokument.

         Verander die bestaande kolpunte ('bullets') na die Webdings-simbool  met
         karakterkodenommer 151 (Microsoft Office)/Webdings-karakterkodenommer
         U+F097(LibreOffice).                                                                            (1)

Stoor en maak 2Bully_Boelie toe.                                                                         [41]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              8                       DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 3

Die besonderhede van die skole en hulle afknouerybeleid is in 'n sigblad met die naam
3Schools_Skole gestoor.

Maak die 3Schools_Skole-sigblad oop.

3.1      Vee Sheet1 uit, aangesien dit nie meer benodig word nie.                                  (1)

Werk in die Policy_Beleid-werkblad.

3.2      Formateer die werkblad soos volg:

         3.2.1        Pas 'n rooi vulkleur op die saamgevoegde selle A1:H1 toe.                    (1)

         3.2.2        Selle A2:G2 is saamgevoeg. Verander hierdie saamgevoegde sel
                      sodat sel H2 ook in die saamgevoegde sel ingesluit is.                       (1)

         3.2.3        Verander die fontkleur van die teks in die saamgevoegde
                      selle A2:H2 na wit en stel dit links inlyn.                                  (2)

         3.2.4        Plaas 'n dubbellynbuiteraam rondom sel A1:H2.                                (3)

         3.2.5        Verander die breedte van           kolom   F   na   8    karakters/
                      61 pixels (Excel)/1.6 cm (Calc).                                             (1)

3.3      Voeg 'n formule in sel G4 in om te bepaal hoe lank 'n beleid al by Bona
         Secondary School bestaan.                                                                 (2)

3.4      Aangesien kuberafknouery 'n nuwe tipe gedrag is, is dit nog nie by alle skole
         se beleid ingesluit nie.

         Voeg 'n IF-stelling in sel H4 in om 'n asterisk (*) te vertoon as die beleid
         kuberafknouery insluit (kolom F), anders moet die sel leeg (blanko) gelaat
         word.                                                                                     (3)

3.5      Versteek kolom I en kolom J, aangesien die waardes wat vertoon word, in
         die tabel (L1:M2) opgesom is.                                                             (1)

3.6      Voeg 'n funksie in sel M4 in om die gemiddelde hoeveelheid jare (kolom G)
         te bereken wat die skole hierdie beleid al implementeer.

         Rond die getal tot EEN desimale plek af.                                                  (4)

3.7      Voeg 'n funksie in sel M6 om te bepaal hoeveel skole in die sigblad genoem
         word.                                                                                     (2)

3.8      Voeg 'n funksie in sel M8 om te bepaal hoeveel skole 'n beleid teen
         kuberafknouery het.                                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                9                          DBE/November 2013
                                               NSS

3.9      Skep 'n ringgrafiek ('doughnut chart/graph') oor sel K15:N30 wat op die
         data in sel L1:M2 gebaseer is, om soos die voorbeeld hieronder te
         vertoon.

        Microsoft Office-skermkopie                              LibreOffice-skermkopie

              Kuberafknouery
                                                                     Kuberafknouery

                                Incidents
                                   with
             Incidents            policy
              without           Insidente
               policy              met
             Insidente            beleid
              sonder
               beleid

         LET WEL:
         •     Die ringgrafiek ('doughnut chart/graph') het 'n 3D verhewe ('bevel') effek.
         •     Die grootte van die ring se gaatjie is ongeveer 20%.
         •     Die opskrif 'Kuberafknouery' verskyn bo ('above') die grafiek.
         •     Alle sleuteletikette ('legend') moet in die segmente van die grafiek
               verskyn.

         LibreOffice-gebruikers:
         •     Die ringgrafiek ('doughnut chart/graph') het 'n '3-D realistic'-formaat.
         •     Die 3D-aansig vertoon met objekrame ('object borders').
         •     Die opskrif 'Kuberafknouery' verskyn bo ('above') die grafiek.
         •     Alle sleuteletikette ('legend') moet in die segmente van die grafiek
               verskyn.
                                                                                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1             10                       DBE/November 2013
                                            NSS

3.10     Werk in die Newest_Nuutste-werkblad.

         In sel K, sleutel die naam van die skool in wat die nuutste beleid het wat
         kuberafknouery insluit.

          WENK:         Kyk na kolom F en G voordat jy die naam insleutel.

          LET WEL:      Geen formules of funksies word in jou antwoord benodig nie.               (1)

Werk in die Codes_Kodes-werkblad.

Elke skool benodig 'n kode vir die administrasie van die veldtog.

3.11     Voeg 'n funksie in sel C4 in om die eerste twee letters van die skool se naam
         in sel A4 te onttrek.                                                                    (2)

3.12     Voeg 'n funksie in sel D4 in om die derde (3de) en vierde (4de) letters van die
         provinsie in sel B4 te onttrek.                                                          (4)

3.13     Die kode vir Bay Secondary School word in sel F5 vertoon.

         Voeg 'n formule in sel G5 in om die waardes in sel C5 en D5 en die simbool
         in sel E5 te kombineer.

          LET WEL:      Die nuutsaamgestelde kode moet in bokas ('upper case')
                        verskyn.                                                                  (3)

Stoor 3Schools_Skole.                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                11                    DBE/November 2013
                                               NSS

VRAAG 4

Die veldtogorganiseerders het sommige skole vir statistiek gevra.

Werk in die Learners_Leerders-werkblad van die 4Report_Aanmeld-sigblad.

4.1      Verander die oortjie ('tab') -kleur van die Learners_Leerders-werkblad na 'n
         kleur van jou keuse, anders as die verstekkleur.                                        (1)

4.2      Sommige leerders het afknouery aangemeld.

         Pas voorwaardelike formatering op kolom G toe sodat al die selle wat
         leerders vertoon wat afknouery aangemeld het:
         •   Met 'n liggrys vulkleur vertoon
         •   'n Groen raam ('border') het                                                        (4)

4.3      Die leerders is volgens hulle ouderdomme in drie groepe ingedeel.

         Voeg 'n geneste IF-stelling in sel E2 in om die regte groep vir die leerder wie
         se naam in sel A2 verskyn, te bepaal.

         LET WEL:
         •   Leerders jonger as 15 is in Groep A.
         •   Leerders ouer as 17 is in Groep C.
         •   Alle ander leerders is in Groep B.                                                  (4)

4.4      Kodes is vir elke skool ontwikkel en in die Data_Data-werkblad gestoor.

         Gebruik 'n VLOOKUP-funksie in sel J2 in die Learners_Leerders-werkblad
         om die kode te vind wat by die skool pas wat in sel H2 verskyn. Die opsoek
         ('lookup') -data verskyn in die Data_Data-werkblad.                                     (3)

Gaan voort om in die Learners_Leerders-werkblad van die 4Report_Aanmeld-
sigblad te werk.

4.5      Sel M2 toon hoeveel leerders afgeknou is, terwyl sel M3 vertoon hoeveel
         leerders aangemeld het dat hulle afgeknou is.
         •   Voeg 'n formule in sel M4 in om die persentasie leerders te bereken wat
             afgeknou is en wat aangemeld het dat hulle afgeknou is.
         •   Formateer sel M4 om slegs EEN desimale plek in die antwoord te
             vertoon.

         LET WEL:      MOENIE die ROUND-funksie gebruik NIE.                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                      12                           DBE/November 2013
                                                     NSS

4.6      'n Lyngrafiek is geskep om die vergelyking tussen die werklike hoeveelheid
         insidente van afknouery en die aangemelde gevalle van afknouery te toon.

         Verander die grafiek wat in die Learners_Leerders-werkblad verskyn om
         soos die voorbeeld hieronder te vertoon.

                                            Incidents/Insidente
                     81
                  72
                L
                  63
                e
                a 54
                                                                                 Learners per group
                r 45
                                                                                 Leerders per groep
                n 36
                e 27                                                             Reported
                                                                                 Aangemeld
                r
                  18
                s                  6                  6                 8
                   9
                     0
                          Group A Groep A    Group B Groep B   Group C Groep C

         LET WEL:
         •   Verander die tipe grafiek na 'n kolomgrafiek.
         •   Vertoon die databyskrifte ('data labels') slegs boaan die 'Reported/
             Aangemeld'-kolomme.
         •   Verander die skaal van die Y-as na 9 eenhede.
         •   Verander die titel van die Y-as om van bo na onder te lees.
         •   Pas 'n gradiëntvuleffek op die langste kolom toe.                                                 (6)

Stoor en maak die 4Report_Aanmeld-sigblad toe.                                                                 [22]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              13                        DBE/November 2013
                                             NSS

VRAAG 5

Die besonderhede van die leerders wat aangemeld het dat hulle afgeknou is, is in 'n
databasis gestoor.

Maak die 5Cyber_Kuber-databasis oop.

5.1      Werk in die 51School_Skool-tabel en verander die ontwerp van die tabel
         soos volg:

         5.1.1        Verander die eienskappe van die Schoolnum_Skoolnom-veld om
                      seker te maak dat daar vir elke nuwe rekord wat by die tabel
                      gevoeg word, 'n waarde in hierdie veld ingesleutel moet word.                   (1)

         5.1.2        Voeg 'n veld genaamd Visit_Besoek soos volg in:
                      •   Plaas die veld direk na die Province_Provinsie-veld.
                      •   Stel die datatipe om in 'n langdatum-formaat ('Long Date'),
                          byvoorbeeld 25 November 2013, te verskyn.

                      LibreOffice-gebruikers:
                      Vertoon slegs EEN tabel met al die regte velde, genaamd
                      51School_Skool.
                                                                                                      (4)

         5.1.3        Stel 'n valideringsreël op die NumLearners_GetalLeerders-veld
                      sodat die minimum hoeveelheid leerders wat ingesleutel kan word
                      250 is en die maksimum hoeveelheid 2 500.

                      Voeg geskikte valideringsteks by.

                      LibreOffice gebruikers:
                      •   Werk in die vorm genaamd 51frmSchool_Skool.
                      •   Pas 'n datafilter op die NumLearners_GetalLeerders-veld toe
                          sodat die minimum hoeveelheid leerders wat ingesleutel kan
                          word 250 is en die maksimum hoeveelheid 2 500.
                      •   Voeg geskikte hulpteks by.                                                  (4)

         5.1.4        Verander die veldgrootte/veldtipe van die Ratio_Verhouding-veld
                      na 'Double' en laat slegs EEN desimale plek toe.                                (2)

Stoor en maak die 51School_Skool-tabel toe.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1              14                          DBE/November 2013
                                             NSS

Die komitee benodig statistiek oor die aard van afknouery met selfone, SMS'e of
sosiale media.

Maak die 52Type_Tipe-tabel oop.

5.2      Die Reported_Aangemeld-veld in die 52Type_Tipe-tabel word oop (blanko)
         gelaat wanneer 'n leerder afknouery by iemand anders as sy of haar ouers of
         onderwysers aangemeld het.

         Skep 'n navraag genaamd Qry52 wat op hierdie tabel gebaseer is om al die
         besonderhede van die leerders wat by enigiemand anders as hulle ouers of
         onderwysers aangemeld het dat hulle afgeknou is, te vertoon.

         Stoor en maak Qry52 toe.                                                                   (2)

5.3      Maak Qry53 oop.

         Pas die navraag aan om slegs die name, vanne en grade van vroulike
         ('female') leerders in graad 11 en 12, wat die slagoffers van gerugte was,
         te vertoon.

         Stoor en maak Qry53 toe.                                                                   (4)

5.4      Die komitee moet bepaal hoeveel gerugte per graad versprei word.

         Maak Qry54 oop.

         Pas die navraag aan deur 'n berekende veld soos volg by te voeg:
         •   Verander die opskrif ('caption')/alias van die berekende veld na Calc54.
         •   Vertoon die hoeveelheid gerugte wat per graad versprei word.
         •   Sorteer die navraag volgens graad, van graad 12 tot by graad 8.

         Stoor en maak Qry54 toe.                                                                   (5)

5.5      Maak die vorm genaamd frmType_Tipe oop.

         Pas die vorm soos volg aan:
         •   Verander die agtergrondkleur van die vorm na 'n rooi kleur.
         •   Sentreer die opskrif 'Statistics_Statistiek' van die vorm.
         •   Verander die raam ('border') rondom die opskrif na 'n soliede lyn.
         •   Verander die redigeerblokkie ('edit box') vir die Gender_Geslag-veld na 'n
             aftreklys ('drop-down list'). Die waardes in hierdie lys moet 'M' en 'F' wees.
         •   Skuif die prentjie na die vormonderskrif ('form footer').

         Stoor en maak frmType_Tipe toe.                                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            15                     DBE/November 2013
                                           NSS

5.6      Skep jou eie verslag genaamd MyReport wat op Qry56 gebaseer is om die
         data van die leerders wat in die navraag verskyn, te vertoon.
         •   Vertoon slegs die name en vanne van die leerders volgens graad.
         •   Vertoon die opskrif 'Afknouery' boaan die verslag.

         Stoor en maak MyReport toe.                                                         (5)

5.7      Maak die verslag genaamd rptType_Tipe oop.

         Pas die verslag soos volg aan:
         •   Verwyder die StatsID_StatsID-veld.
         •   Verander die bladsyoriëntasie na landskap.
         •   Pas die grootte van die opskrif 'Name_Naam' in die bladsyboskrif ('page
             header') aan sodat al die teks sigbaar is.
         •   Pas die grootte van die veld Name_Naam in die detail-afdeling aan sodat
             al die teks sigbaar is.
         •   Bereken en vertoon hoeveel leerders in elke groep aangemeld het dat
             gerugte oor hulle versprei is.
         •   Bereken en vertoon die totale hoeveelheid leerders wat NIE enige vorm
             van kuberafknouery aangemeld het NIE.
         •   Vertoon jou eksamennommer in 'n etiket onderaan elke bladsy.

         Stoor en maak rptType_Tipe toe.                                                     (12)

Stoor en maak alle dokumente toe.                                                            [45]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1            16                       DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 6

Maak die 6Data_Data-dokument oop.

6.1      Pas outomatiese nommering op al vier items onder die vraag toe.

         LET WEL: MOENIE die opskrif 'Biographical data' insluit NIE.                           (1)

6.2      Voeg 'n teksvormveldkontrole ('text form field control') langs die
         Age_Ouderdom-veld in wat slegs toelaat dat syfers (nommers) met 'n
         minimum waarde van 13 ingesleutel kan word.                                            (3)

6.3      Verander die verstekopsie ('default option') vir die Gender_Geslag-
         aftrekveldkontrole ('drop-down field control') om 'Select one_Kies een' te
         lees.                                                                                  (2)

6.4      Stel al die vormvelde ('form fields'), aftrekitems ('drop-down items') en
         merkblokkies ('check boxes') inlyn ('aligned') met 'n linkerinkeepstelling van
         presies 8 cm.                                                                          (2)

6.5      Verander die vertikale inlynstelling sodat die vorm wat die teks 'DATA
         COLLECTION SHEET' bevat, altyd boaan die bladsy sal verskyn.                           (1)

6.6      Voeg 'n veld wat die huidige datum en tyd vertoon aan die einde van die
         dokument in.                                                                           (2)

         Stoor die dokument 6Data_Data.

6.7      Werk verder in die 6Data_Data-dokument om 'n possamevoeging vir
         afskeurstrokies voor te berei.

         •   Gebruik die 52Type_Tipe-tabel van die 5Cyber_Kuber-databasis as die
             databron.
         •   Selekteer slegs manlike leerders in graad 10 wat kuberafknouery by hulle
             ouers aangemeld het.
         •   Voeg die saamvoegvelde Name_Naam en Surname_Van in die tabel in,
             in die spasies wat daarvoor voorsien is.
         •   Stel die saamvoegvelde Name_Naam en Surname_Van regs inlyn ('right
             align') en maak seker dat daar 'n spasie tussen die twee velde is.
         •   Stoor die dokument as 6Ready_Gereed.
         •   Voltooi die samevoeging en stoor die nuwe saamgevoegde dokument as
             6Merge_Saamvoeg.

         Stoor en maak die dokument 6Data_Data toe.                                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               17                       DBE/November 2013
                                              NSS

6.8      Maak die 6Statistics_Statistiek-dokument en die 6Spreadsheet_Sigblad-
         sigblad oop.

         6.8.1        Verdeel ('split') die tabel sodat 'Bullying Statistics' en
                      'Cyberbullying Statistics' as twee aparte tabelle vertoon, een
                      onder die ander, elk met sy eie opskrif.                                     (1)

         6.8.2        Kopieer     die      Bullying    Statistics-tabel        uit      die
                      6Statistics_Statistiek-woordverwerkingsdokument.

                      Plak die tabel in die 6Spreadsheet_Sigblad-sigblad in sodat enige
                      toekomstige       veranderinge   aan    die    data     in    die
                      woordverwerkingsdokument outomaties in die sigblad sal opdateer.

                      Stoor die 6Spreadsheet_Sigblad-sigblad en hou dit oop.                       (2)

         Werk in die 6Statistics_Statistiek-woordverwerkingsdokument.

         6.8.3        Verander die fontkleur van al die data wat nie as 'n persentasie (%)
                      in die datakolom in die 6Statistics_Statistiek-dokument gegee is
                      nie, na 'n rooi kleur.                                                       (1)

         6.8.4        Gebruik die Bullying Statistics-tabel om 'n nuwe tabel aan die
                      einde van die 6Statistics_Statistiek-dokument te skep.
                      •   Vertoon slegs die laerskole ('primary schools') se statistiek in
                          die nuwe tabel.
                          (Jy mag enige metode van jou keuse gebruik om die antwoord
                          te kry.)
                      •   Maak seker dat hierdie nuwe tabel die opskrif 'Primary Schools'
                          bevat.
                      •   Plak  hierdie  nuwe    tabel    in    Sheet2    van     die
                          6Spreadsheet_Sigblad-dokument in as 'n ingebedde objek.                  (3)

Stoor en maak al die dokumente toe.                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1               18                        DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 7

Die komitee benodig hulp om hulle dokumente te bestuur.

7.1      Herbenoem  die            lêergids   genaamd     MyFolder_MyLeergids         na
         Exam_Eksamen.                                                                       (1)

7.2      Voeg jou eksamennommer in die outeurseienskap ('author properties') van
         die TIFF-beeldlêer in.                                                              (1)

Maak die dokument genaamd 7Count_Telling oop.

7.3      Tik die naam en die grootte op die skyf ('size on disk') van die PDF-lêer in jou
         eksamenlêer in, in die spasie wat in die 7Count_Telling-dokument voorsien
         is.                                                                                 (2)

7.4      Gebruik die 7Count_Telling-dokument om die volgende twee vrae te
         beantwoord.

         7.4.1   Lig ('highlight') die woord 'bully' in alle vorme in die 7Count_Telling-
                 dokument in 'n kleur van jou keuse uit.                                     (1)

         7.4.2   Sleutel die hoeveelheid kere in wat al die vorme van die woord 'bully'
                 in die dokument 7Count_Telling verskyn, in die spasie wat daarvoor
                 voorsien is.                                                                (1)

Stoor en maak die 7Count_Telling-dokument toe.                                               [6]

                                                                              TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CAT P1 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2013-eng/6719102f-226d-4451-b9b5-370c5440e135) — Computer Applications Technology · QP · 2013 · Eng
- [CAT Speed Test Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-speed-test-nov-2013-afr/e5c4d381-63e3-4df9-ad88-839e5d58b678) — Computer Applications Technology · QP · 2013 · Afr
- [CAT P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2013-eng/c2098535-55a2-49ee-baf2-647c7254ed7b) — Computer Applications Technology · QP · 2013 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — Computer Applications Technology · QP · 2023 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
