# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2015-afr-2/fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2015-afr-2/fb9bde27-0b37-4918-9601-b73cffc8a81d)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

                                 NOVEMBER 2015 (2)

PUNTE: 180

TYD: 3 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye,
                     'n HTML-merkersblad en 'n aparte inligtingsblad.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 2                 DBE/November 2015 (2)
                                                NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
         daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaar maak, jy NIE toegelaat
         sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe
         funksies geassossieer met die eksamen gefinaliseer is nie. Gedurende die
         eksamen sal die normale reëls rakende die verlating van die eksamenlokaal
         geld.

2.       Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument
         wat jy skep of stoor, waar toepaslik.

3.       Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers
         wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar
         die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan
         jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die
         CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur
         die toesighouer/onderwyser gegee word, volg.

4.       'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer
         beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die
         toesighouer vir 'n ander kopie vra.

5.       Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

6.       Beantwoord AL die vrae.

7.       Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
         gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen
         moontlike kragonderbrekings.

8.       Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
         MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.       Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie wat deur
         die toesighouer aan jou gegee is, inlewer, met AL jou antwoordlêers daarop
         gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
         netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
         jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word.
         MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-
         antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE.

10.      Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien word, MOET NA
         AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Lewer
         dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in.

11.      Gedurende die eksamen mag jy die hulpfunksies van die programme wat jy
         gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                   3                  DBE/November 2015 (2)
                                                  NSS

12.      Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE
         berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar
         nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle
         in 'n sigblad kopieer.

13.      LET WEL:       Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die
                        korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge
                        aan die bestaande data gemaak word.

14.      Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy
         steeds voortgaan met die vrae wat volg.

15.      Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel.
         Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders
         aangedui.

16.      Gebruik sentimeter as maateenheid wanneer jy hierdie vraestel beantwoord.

17.      Alternatiewe instruksies vir kandidate wat LibreOffice gebruik, word
         gegee in gevalle waar dit verskil van die instruksies vir kandidate wat
         Microsoft Office gebruik.

18.      Gewoonlik word een punt per aksie toegeken; dus sal 'n 2 punt-vraag
         gewoonlik TWEE aksies vereis, ensovoorts.

19.      Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie wat jy saam met hierdie
         vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker
         dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.

         •   1Fire_Vuur                           Prentlêer
         •   1Fynbos                              Woordverwerkingslêer
         •   1Title_Titel                         Prentlêer
         •   1Wash_Was                            Prentlêer
         •   2Entry_Inskryw                       Woordverwerkingslêer
         •   2Sanbi                               Prentlêer
         •   3Plant                               Sigbladlêer
         •   4StatsData                           Sigbladlêer
         •   5CFKData                             Databasislêer
         •   5Erica                               Prentlêer
         •   6Flower                              Prentlêer
         •   6Fynbos                              Prentlêer
         •   6Home                                HTML-lêer
         •   6Protea                              Prentlêer
         •   6Ref                                 Woordverwerkingslêer
         •   7Answ_Antw                           Woordverwerkingslêer
         •   7End                                 Databasislêer
         •   7Flora                               Woordverwerkingslêer

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  4                  DBE/November 2015 (2)
                                                 NSS

SCENARIO

Baie skoolgroepe besoek SANBI (die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut)
se tuine. Hulle word bygestaan in programme wat deur SANBI se Omgewingsonderrig-
afdeling aangebied word.

Omdat jy in fynbos belangstel, het jy saam met SANBI navorsing gedoen. Jy wil nou
graag die inligting met leerders by jou skool deel.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Maak die 1Fynbos-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in
die bladsyboskrif ('header') in.

1.1   Stel die bladsyrandruimte ('gutter margin') van die dokument op 1 cm aan die
      linkerkant.

      LET WEL: Ignoreer enige waarskuwingsboodskappe wat mag verskyn.                             (1)

1.2   Die dokument het 'n voorblad.

      Verander die voorblad soos volg:

      Die woord 'Fynbos' is in 'n teksblokkie ('text box') geplaas. Vervang die woord
      'Fynbos' met die prent 1Title_Titel.jpg in jou eksamenlêergids.                             (2)

1.3   Justeer die teks van die eerste paragraaf in die dokument.                                  (1)

1.4   Vind die letter 'F' van 'Fynbos' in die eerste paragraaf op bladsy 2 van die
      dokument. Pas soos volg 'n vergrotehoofletter-effek ('dropped cap effect') op
      hierdie letter toe:

       • Die vergrote hoofletter ('dropped cap') moet oor VYF reëls strek.
       • Die vergrote hoofletter ('dropped cap') moet 0.5 cm van die teks af wees.                (3)

1.5   Vind die teks wat met 'WHAT IS FYNBOS?' begin en met '… within small areas'
      eindig.

      •   Plaas die teks in TWEE kolomme.
      •   Maak seker dat die opskrif 'RICHNESS OF PLANT LIFE' altyd boaan die
          tweede kolom verskyn.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                   5                 DBE/November 2015 (2)
                                                  NSS

1.6   Vind die tabel ná die paragraaf wat met '… within small areas' eindig.

      Gebruik woordverwerkingseienskappe om die nodige veranderinge aan die
      inligting en uitleg van die tabel aan te bring sodat dit soos die tabel hieronder
      vertoon.

      LET WEL:

      •    Die paragrawe in die tabel is gesorteer. (GEEN punt sal toegeken word
           indien die teks met die hand geskuif word NIE.)
      •    Let op die inlynstelling ('alignment') van die teks, die formatering van die
           opskrif, asook die buiteraam wat gebruik is.

          FYNBOS

                                   Elim Fynbos (Lowland Fynbos) Elim, Southern
                                   Cape

                                   Erica sp. amongst Restios on the east-facing
                                   slopes of Keeromsberg, Western Cape

                                   Mimetes cucullatus (Proteaceae), Bosmansbos,
                                   Western Cape

                                   Proteoid Fynbos dominated by Protea eximia,
                                   Keeromsberg, Western Cape

                                   Proteoid Fynbos dominated by Protea laurifolia,
                                   Leucadendron saligna and Restionaceae on the
                                   slopes of Keeromsberg, Western Cape

                                   Sand Plain Fynbos near Wellington, Western Cape

                                                                                               (5)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                   6                  DBE/November 2015 (2)
                                                  NSS

1.7   Vind die opskrif 'THREATS TO FYNBOS'.

      Plaas 'n hiperskakel op die teks 'THREATS TO FYNBOS' om dit aan die prent
      1Fire_Vuur.jpg in jou eksamenlêergids te koppel.                                           (2)

1.8   Vind die teks wat met die opskrif 'CONSERVATION ACTION' begin en met
      '… in the fynbos.' in die volgende paragraaf eindig.

      Plaas slegs hierdie teks in landskaporiëntering. Al die ander bladsye moet in
      portretoriëntering bly.                                                                    (2)

1.9   Die kolpuntteks wat onder die opskrif 'CONSERVATION ACTION' verskyn, moet
      na 'n multivlaklys ('mulitlevel list') geformateer word sodat dit soos die voorbeeld
      hieronder vertoon.

          A The promotion of public awareness of the Cape Floral Kingdom;
          B Encouraging land owners to care for their fynbos;
          C Setting aside important areas of land as nature reserves and national parks;
          D The conservation of corridors of fynbos within urban areas;
          E The promotion of ecotours, allowing people to experience the amazing floral
            diversity of fynbos;
          F Control of alien, invasive vegetation;
          G The promotion of environmental awareness exhibitions, for example on ...
                i World Environment Day
                ii Arbour Day
                iii Fynbos Day
                iv Careers exhibitions
                v Marine Day
                vi Care for the Earth Day                                                        (3)

1.10 Vind die teks 'DID YOU KNOW?' en verwyder die kommentaar.                                   (1)

1.11 Vind die opskrif 'ACKNOWLEDGEMENTS' onder die teks 'Gavin W Maneveldt.
     Botany Dept., University of the Western Cape'.

      Voeg soos volg 'n eindnota ('endnote') op die teks 'ACKNOWLEDGEMENTS' in:

      •   Gebruik die teks hierbo as die eindnotateks.
      •   Gebruik die letter 'A' as 'n doelgemaakte merk ('custom mark').                        (3)

1.12 Voeg 'n outomaties gegenereerde bibliografie na die teks 'Add Bibliography
     here' aan die einde van die dokument in.

      LET WEL: Ignoreer enige waarskuwingsboodskappe wat mag verskyn.                            (1)

1.13 Voeg die 1Wash_Was.gif-prent in jou eksamenlêergids as 'n watermerk slegs
     op die laaste bladsy in.                                                                    (3)

Stoor en maak die 1Fynbos-dokument toe.                                                          [29]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                7                  DBE/November 2015 (2)
                                               NSS

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

'n Konsepweergawe van die elektroniese inskrywingsvorm is geskep vir leerders wat
werkswinkels wil bywoon.

Maak die 2Entry_Inskryw-woordverwerkingsdokument             oop    en       voeg     jou
eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in.

Verwys na die voorbeeld hieronder om jou te lei wanneer jy VRAAG 2.1–2.5
beantwoord.

Jou finale dokument moet soortgelyk aan die voorbeeld hieronder vertoon.

LET WEL: Ignoreer die buiteraam.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                      8                   DBE/November 2015 (2)
                                                     NSS

2.1     Formateer die vormopskrif 'SANBI EDUCATIONAL WORKSHOP ENTRY
        FORM' om soos die voorbeeld op die vorige bladsy te vertoon.                                (3)

2.2     Voeg die logo 2Sanbi.png in jou eksamenlêergids in om te verskyn in die
        posisie soos in die voorbeeld op die vorige bladsy aangetoon.

        Verander die logo se grootte sodat die breedte 8.1 cm en die hoogte 3.6 cm is.              (4)

2.3     Formateer die opskrif 'Personal Information' om soos die opskrif 'Contact
        Information' te lyk deur dieselfde styl te gebruik.                                         (1)

2.4     Die vorm gebruik oorgeërfde-vormkontroles ('legacy form controls'). Sommige
        vormveldkontroles ('form field controls') is reeds in die vorm ingevoeg.

        Verander die vorm soos volg:

        2.4.1        Stel geskikte tabelstoppe ('tabs') en pas dit toe om die vormkontroles
                     en die byskrifte onder die opskrifte 'Personal Information' en 'Contact
                     Information' soos volg inlyn te stel:

                     •   Die eerste tabelstop word op 1 cm gestel.
                     •   Die tweede tabelstop word op 11 cm gestel.                                 (4)

        2.4.2        Voeg die items 'Male' en 'Female' by die aftrekvormveld ('drop-down
                     form field') langs die woord 'GENDER' in.                                      (2)

        2.4.3        Voeg 'n gepaste vormveldkontrole ('form field control') langs die teks
                     'ID NUMBER' in. Hierdie veld moet slegs 13 karakters aanvaar.                  (2)

        2.4.4        Formateer die teksvormveldkontrole ('text form field control') langs die
                     teks 'DATE OF BIRTH' om slegs datums met die formaat yyyy/MM/dd
                     toe te laat.                                                                   (2)

        2.4.5        Voeg 'n kontrole ('control') langs die teks 'WEDNESDAY' in, wat
                     soortgelyk sal wees aan die een bokant dit in die vorm.                        (1)

        LET WEL: MOENIE die vorm sluit of beskerm NIE.

2.5     Voeg die teks 'Entry form' in die dokument se onderwerpkenmerk ('subject
        property') in.                                                                              (1)

Stoor en maak die 2Entry_Inskryw-dokument toe.                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    9                  DBE/November 2015 (2)
                                                   NSS

VRAAG 3: SIGBLAD

Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy
dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (af kopieer). Alle formules en/of funksies
moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as
veranderinge aan die bestaande data gemaak word.

Data oor bedreigde plante is versamel en in hierdie sigblad saamgevat.

Maak die 3Plant-sigblad oop. Werk in die Plants_Plante-werkblad.

3.1      Verander die hoogte van ry 1 na 40 pt.                                                   (1)

3.2      Voeg die opskrif 'List of Plants' soos volg in sel A1 in:

          •   Gebruik die 'Aharoni'-fonttipe.
          •   Pas enige patroonstyl ('pattern style') van jou keuse op die sel toe.               (3)

3.3      Gebruik die vriespaneel('freeze pane')-eienskap om seker te maak dat die
         inhoud van ry 1 en ry 2 op die skerm bly as die gebruiker ondertoe rol ('scroll
         down').                                                                                  (2)

3.4      Gebruik 'n selformateringseienskap ('cell formatting feature') om die opskrifte
         in ry 2 oor TWEE reëls te vertoon.                                                       (1)

3.5      Pas 'n oranje raam rondom sel A2:E79 toe.                                                (1)

3.6      Voeg 'n funksie in sel E3 om die getal plante wat die woord 'Sugarbush' as
         deel van hulle spesienaam ('species name') (kolom B) het, te bepaal.                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                        10                DBE/November 2015 (2)
                                                                       NSS

3.7      Gebruik die data in die Summary-werkblad om 'n grafiek te skep wat soos die
         voorbeeld hieronder lyk. Hierdie grafiek moet in die Summary-werkblad
         verskyn.

                                                      Species per year

                                                                  40
                          2
           2014
                                                      25
                                            17

                                                                                58
                      0
           2013
                                                                                                  76
                                                 20

                  0                 15                 30          45           60          75            90

                                  Extinct         Not Evaluated    Threatened    Not Threatened

         WENK:                Hou die volgende grafiekkenmerke in gedagte wanneer hierdie
                              vraag beantwoord word:

                              •   Die tipe grafiek
                              •   Die rye en kolomme is omgeruil
                              •   Die etikette ('labels') op beide asse
                              •   Die titel van die grafiek
                              •   Die verklaring ('legend')
                              •   Die intervalle op die asse
                              •   Data-etikette ('Data labels')                                                        (9)

Stoor en maak die 3Plant-dokument toe.                                                                                 [22]

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                   11                  DBE/November 2015 (2)
                                                  NSS

VRAAG 4: SIGBLAD

Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. Gebruik absolute
selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy
dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (af kopieer). Alle formules en/of funksies
moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as
veranderinge aan die bestaande data gemaak word.

'n Sigblad is geskep om die ekosisteem se status op te som.

Maak die 4StatsData-sigblad oop. Werk in die Stats-werkblad.

4.1   Formateer die werkblad soos volg om die leesbaarheid te verbeter:

      4.1.1    Voeg saam ('merge') en sentreer die teks in sel A1:J1.                             (2)

      4.1.2    Maak seker dat al die opskrifte in ry 2 dieselfde inlyn gestel is, sodat die
               teks duidelik sigbaar en leesbaar is, deur die teksrigting aan te pas.             (2)

4.2   Voeg 'n funksie in sel C3 om die gemiddelde getal hektaar (kolom B) wat in
      hierdie bewaringsopname gebruik is, te bepaal.                                              (2)

4.3   Pas voorwaardelike formatering ('conditional formatting') op kolom E toe om al
      die negatiewe waardes in 'n rooi fontkleur en al die positiewe waardes in 'n blou
      fontkleur te vertoon.                                                                       (4)

4.4   Die bedreigingstatus ('threat status') is in kolom G gestoor.

      Gebruik 'n opsoek ('LOOKUP')-funksie in sel F3 en die data in die Code_Kode-
      werkblad om te bepaal wat die bedreigingstatuskode vir elke spesie is, gebaseer
      op die bedreigingstatus in kolom G.

      Vertoon slegs die afkorting, byvoorbeeld EN.

      Die funksie moet korrek werk as dit na die res van die selle in kolom F
      afgekopieer word.                                                                           (6)

4.5   Voeg 'n IF-funksie in sel H3 in om die beskermingsvlak van die spesie te bepaal,
      deur die bewaringsdoelwitdata (kolom D) soos volg te gebruik:

       • 'n Bewaringsdoelwit van meer as 30 moet 'n beskermingsvlak van 'Well'
         vertoon.
       • 'n Bewaringsdoelwit van meer as 25 en minder as of gelyk aan 30 moet 'n
         beskermingsvlak van 'Moderate' vertoon.
       • Die res van die bewaringsdoelwitte moet 'n beskermingsvlak van 'Poor'
         vertoon.

      Kopieer die funksie na die res van die selle in kolom H.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  12               DBE/November 2015 (2)
                                                 NSS

4.6   Gebruik 'n kombinasie van teksfunksies in sel I4 om 'n unieke spesiekode vir 'n
      spesienaam (kolom A) te skep.

      Die spesiekode bestaan uit die volgende:

       • Die eerste drie letters van die spesienaam (kolom A)
       • Gevolg deur die getal karakters in die spesienaam
       • Gevolg deur die bedreigingstatuskode (kolom F)

      Voorbeeld: Agt25LT sal die spesiekode vir sel A3 wees.                                 (7)

Stoor en maak die 4StatsData-dokument toe.                                                   [29]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                      13                DBE/November 2015 (2)
                                                     NSS

VRAAG 5: DATABASIS

'n Databasis wat data oor verskillende plantspesies bevat, is geskep.

Maak die 5CFKData-databasis oop.

5.1 Verander die ontwerp van die Plant-tabel soos volg:

     5.1.1     Verander die veldgrootte van die FamilyCommon-veld na 50.                          (1)

     5.1.2     Verander die veldkenmerke van die EndemicSpecies-veld sodat dit:

               • 'n Verpligte ('required') veld is
               • Die data in hierdie veld in vaste ('fixed') formaat vertoon word                 (2)

     5.1.3     Verander die kenmerke van die Listing-veld sodat die gebruiker uit die
               opsies 'Endangered' of 'Threatened' kan kies wanneer data ingesleutel
               word.                                                                              (2)

     5.1.4     Skep 'n toevoermasker ('input mask') vir die PlantCode-veld om data in
               die volgende formaat te aanvaar:

               • EEN verpligte letter
               • Gevolg deur ten minste TWEE, maar moontlik DRIE karakters wat uit
                 letters of syfers kan bestaan
               • Vertoon in hoofletters

               Voorbeeld: KLM, YM9R, GH2 of C123

               LET WEL: Ignoreer enige waarskuwingsboodskappe wat mag verskyn.                    (5)

     5.1.5     Stel die primêre sleutel op 'n meer geskikte veld.                                 (1)

     Stoor en maak die Plant-tabel toe.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                        14           DBE/November 2015 (2)
                                                       NSS

5.2    Skep 'n vorm met die naam frm5_2 wat op die Plant-tabel gebaseer is en die
       volgende velde bevat: FamilyCommon, FamilyBot, TotalSpecies en
       EndemicSpecies.

       Die vorm moet soortgelyk aan die voorbeeld hieronder vertoon.

       Die volgende moet in ag geneem word:

       •   Voeg slegs die verpligte velde in soos op die vorm hierbo aangetoon word.
       •   Die fontgrootte van die opskrif is 36 pt.
       •   Let op die inlynstelling van die opskrif.
       •   Die agtergrond van die vormboskrif ('form header') is geel.
       •   Die prent 5Erica.jpg in jou eksamenlêergids word in die vormboskrif ('form
           header') vertoon, soos hierbo aangetoon.
       •   Voeg 'n knoppie ('button') uit die beskikbare kontroles op die vorm in. Die
           knoppie se aksie is om na die volgende rekord te beweeg.

       Stoor en maak die frm5_2-vorm toe.                                                      (10)

5.3    Skep 'n navraag ('query') met die naam qry5_3.

       Die navraag moet die Plant-tabel gebruik om slegs die FamilyCommon- en
       FamilyBot-velde van al die rekords waar die getal EndemicSpecies meer as
       1200 is, te vertoon.

       Stoor en maak die qry5_3-navraag toe.                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 15                DBE/November 2015 (2)
                                                NSS

5.4    Maak die qry5_4-navraag oop.

        • Sorteer en vertoon die FamilyBot-veld in dalende ('descending') volgorde.
        • Voeg in en vertoon 'n berekende veld met die naam Perc wat die
          persentasie wat EndemicSpecies van die TotalSpecies is, vir elke rekord sal
          bereken.

       Stoor en maak die qry5_4-navraag toe.                                                  (6)

5.5    Skep 'n verslag met die naam rpt5_5 wat op die Plant-tabel gebaseer is.

       •   Vertoon slegs die FamilyCommon-, FamilyBot-, EndemicSpecies- en
           Genus-velde.
       •   Groepeer die rekords volgens die EndemicSpecies-veld.
       •   Vertoon die verslag in landskapformaat.
       •   Voeg 'n funksie in om die gemiddelde getal van AL die endemiese spesies
           in die verslag te bereken.
       •   Rond die antwoord tot EEN desimale plek af.
       •   Voeg 'n beskrywende etiket by die berekening.
       •   Maak seker dat al die data heeltemal vertoon.

       Stoor en maak die rpt5_5-verslag toe.                                                  (10)

Stoor en maak die 5CFKData-databasis toe.                                                     [41]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                 16               DBE/November 2015 (2)
                                                NSS

VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

Jy is gevra om 'n webblad oor fynbosspesies te voltooi.

Maak die onvolledige 6Home-webblad in 'n webblaaier asook in ‘n teks-/HTML-
redigeerder oop.

LET WEL:

•   Vraagnommers is as opmerkings ('comments') in die kodering ingevoeg om aan te
    dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te word.
•   'n HTML-merkersblad is as verwysing aangeheg.

Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                    17                  DBE/November 2015 (2)
                                                   NSS

LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help.

6.1      Voeg jou eksamennommer as addisionele kommentaar in.                                      (1)

6.2      Voeg HTML-kode by om die teks 'Fynbos' in die webblaaier-oortjie ('browser
         tab') te vertoon.                                                                         (1)

6.3      Formateer die opskrif 'Fynbos Information' om in 'n rooi fontkleur en in kursief
         ('italics') te vertoon.

         LET WEL: MOENIE enige bestaande formatering verwyder NIE.                                 (2)

6.4       Verander die kolpuntlys ('Erica' en 'Protea') sodat dit as 'n genommerde lys in
          plaas van 'n kolpuntlys vertoon.                                                         (1)

6.5       Voeg 'n horisontale lyn onder die genommerde lys in soos in die voorbeeld op
          die vorige bladsy aangetoon word en stel die wydte van die horisontale lyn
          op 50%.                                                                                  (2)

6.6       Voeg HTML-kode in om die prent 6Flower.jpg in jou eksamenlêergids soos
          volg te vertoon:

         •   Die prent moet onder die horisontale lyn verskyn, soos in die voorbeeld op
             die vorige bladsy aangetoon.
         •   Die hoogte van die prent moet 191 wees en die wydte 181.
         •   Die teks 'Nevillea' moet vertoon indien die prent nie vertoon kan word nie.           (6)

6.7       Vertoon die teks 'Erica' in die tweede paragraaf in vetdruk ('bold').                    (1)

6.8       Voeg 'n skakel op die woorde 'Website References' in wat aan die dokument
          6Ref.docx in jou eksamenlêergids koppel.                                                 (3)

6.9      Formateer die tabel soos volg:

         •   Voeg 'n raam met 'n dikte van 2 om die tabel in.
         •   Verander die spasiëring tussen die selle na 1.
         •   Verander die agtergrondkleur van die eerste ry na enige kleur van jou
             keuse.                                                                                (3)

Stoor en maak die 6Home-dokument toe.                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                  18                 DBE/November 2015 (2)
                                                 NSS

VRAAG 7: ALGEMEEN

Maak die 7Flora-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die
bladsyboskrif ('header') in.

7.1      Voeg outomatiese bladsynommering soos volg in die bladsyonderskrif
         ('footer') van die dokument in:

         •   Begin die bladsynommering op die bladsy na die voorblad en die
             inhoudsopgawe('table of contents')-bladsy (die derde bladsy), en nommer
             dit vanaf bladsy 1 verder.
         •   Gelyke bladsynommers word regs inlyn gestel in die onderskrif ('footer').
         •   Ongelyke bladsynommers word links inlyn gestel in die onderskrif
             ('footer').                                                                        (5)

7.2      Vind die opskrif 'Table of Contents'.

         Voeg 'n inhoudsopgawe ('table of contents') soos volg vir die dokument in:

         7.2.1       Vertoon TWEE vlakke opskrifte ('Heading 1' en 'Heading 2') met
                     bladsynommers met geen gidslyne ('leader tabs') nie.                       (3)

         7.2.2       Maak seker dat die volgende opskrifte as vlak 2-opskrifte in die
                     inhoudsopgawe ('table of contents') vertoon:

                              RICHNESS OF PLANT LIFE
                              ANIMALS LIVING IN FYNBOS
                              THREATS TO FYNBOS

                     LET WEL: Die teks kan in die dokument gevind word.                         (2)

Stoor en maak die 7Flora-dokument toe.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                          19                  DBE/November 2015 (2)
                                                         NSS

7.3       Jy is gevra om te help met die ontleding van die data oor lemurs wat in die
          7End-databasis gestoor is.

          Maak die 7Answ_Antw-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou
          eksamennommer in die dokument in.

          Hierdie vraag vereis dat jy die antwoord gee en kortliks die spesifieke
          metode/formule/funksie verduidelik wat jy gebruik het om die antwoord te
          bepaal.

          VOORBEELD:

                       VRAAG                    KORT VERDUIDELIKING            ANTWOORD
            Hoeveel seuns is in die graad     Filtreer om die seuns van 12A    24
            12A-klas?                         te onttrek en gebruik dan die
                                              'Count'-funksie.

          Gebruik die LemurFamily-tabel in die 7End-databasis om die vrae hieronder
          te beantwoord.

          7.3.1        Hoeveel rekords is daar in die tabel?

                       LET WEL: GEEN verduideliking word vereis NIE.                                  (1)

          7.3.2        Al die rekords bevat data oor lemurs.

                       Vir hoeveel lemurs word geen gemiddelde grootte gegee nie?                     (2)

          7.3.3        Wat is die algemene naam ('common name') vir die lemur wat
                       Forsyth Major in 1894 as kwesbaar ('vulnerable') geklassifiseer
                       het?                                                                           (2)

          7.3.4        Hoeveel tipes lemur-families is daar?                                          (2)

          7.3.5        Wat is die gemiddelde grootte van al die bedreigde spesies
                       ('endangered species')?                                                        (2)

Stoor en maak die 7Answ_Antw-dokument toe.                                                            [19]

                                                                                      TOTAAL:         180

BIBLIOGRAFIE

Visuele bronne is uit die volgende geneem:

Prent op bladsy 4: http://www.botany.uwc.ac.za/envfacts/fynbos/

Prente op bladsy 5: http://www.plantzafrica.com/vegetation/fynbos.htm

Prent op bladsy 7: http://www.sanbi.org

Prent op bladsy 14: Google Images

Prente op bladsy 16: http://www.botany.uwc.ac.za/envfacts/fynbos/

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                  DBE/November 2015 (2)
                                                           NSS

                         HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET')
         Basiese Merkers ('Basic Tags')                                Formateringsmerkers vervolg
    Merker ('Tag')              Beskrywing                     Merker ('Tag')              Beskrywing
<body></body>          Definieer  die liggaam van die                             Voor elke lysitem ingevoeg, en
                       webblad                                                    voeg 'n nommer of simbool by
                                                           <li></li>
<body                  Stel die agtergrondkleur van                               afhangende van die tipe lys wat
bgcolor="pink">        die webblad                                                geselekteer is
<body                  Stel die kleur van die              <img src="name">        Voeg 'n prent in
text="black">          liggaamteks
<head></head>          Bevat inligting oor die                                     Stel 'n prent inlyn: kan "left",
                                                           <img src="name"
                       webblad                                                     "right", "center", "bottom", "top",
                                                           align="left">
                       Skep 'n HTML-dokument –                                     "middle" wees
<html></html>
                       begin en eindig 'n webblad
                                                           <img src="name"         Stel die grootte van die raam
<title></title>        Definieer 'n titel vir die          border="1">             rondom 'n prent
                       webblad
<br/>                  Voeg 'n reëlbreuk in                <img src="name"
                                                                                   Stel die hoogte en breedte van
<!-- -->               Kommentaar                          width="200"
                                                           height ="200">          'n prent
             Teksmerkers ('Text Tags')
    Merker ('Tag')              Beskrywing                                         Vertoon alternatiewe teks
                                                           <img src="name"
<hl></hl>              Skep die grootste opskrif           alt="alternative        wanneer die muis oor 'n prent
                                                           text">                  gehou word of wanneer die
<h6></h6>                Skep die kleinste opskrif                                 prent nie gevind kan word nie
                                                           <hr/>                   Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                                                    <hr size="3"/>          Stel die grootte (hoogte) van 'n
                         Skep teks in vetdruk
                                                                                   reël
                                                                                   Stel die breedte van 'n lyn, in
<i></i>                  Skep teks in skuinsdruk           <hr width="80%"/>
                                                                                   persentasie of absolute waarde
<font                 Stel fontgrootte van "1" tot         <hr
size="3"></font>                                           color="ff0000"/>     Stel die kleur van die lyn
                      "7"
<font                                                                 Tabelmerkers ('Table Tags')
color="green">        Stel fontkleur
</font>                                                          Merker ('Tag')              Beskrywing
<font face="Times                                          <table></table>         Skep 'n tabel
New Roman"></font>    Stel fonttipe
                                                           <tr></tr>               Skep 'n ry in 'n tabel
          Skakelmerkers ('Links Tags')                     <td></td>               Skep 'n sel in 'n tabel
    Merker ('Tag')             Beskrywing                                          Skep 'n tabelopskrif ('n sel met
                                                           <th></th>               vetgedrukte, gesentreerde
<a href="URL"></a>       Skep 'n hiperskakel                                       teks)
<a href="URL"><img                                         <table
src="name"></a>          Skep 'n prentskakel               width="50">             Stel die breedte van die tabel

<a                    Skep 'n teikenarea in die            <table                  Stel die breedte van die raam
name="NAME"></a>      dokument                             border="1">             rondom die selle van die tabel
                      Skakel na 'n teikenarea wat          <table                  Stel die spasie tussen die selle
<a                                                         cellspacing="1">
                      elders in die dokument                                       van die tabel
href="#NAME"></a>
                      geskep is                            <table                  Stel die spasie tussen 'n
     Formateringsmerkers ('Formatting Tags')               cellpadding="1">        selraam en die inhoud daarvan
    Merker ('Tag')             Beskrywing                                          Stel die inlynstelling vir die
                                                           <tr align="left">       sel(le) ("left", kan ook ''center''
<p></p>                  Skep 'n nuwe paragraaf                                    of ''right'' wees)
                         Stel 'n paragraaf "left" inlyn                            Stel die vertikale inlynstelling
<p align="left">         (verstek), kan ook ''right'' of   <tr valign="top">       vir sel(le) ("top", kan ook
                         ''center'' wees                                           "middle" of "bottom" wees)
                         Voeg 'n reëlbreuk ('line
<br/>                                                                              Stel die getal kolomme waaroor
                         break') in                        <td colspan="2">
                                                                                   'n sel moet strek
<ol></ol>                Skep 'n genommerde lys
<ol type="A","a",        Definieer die tipe nommers                                Stel die getal rye waaroor 'n sel
                                                           <td rowspan="4">
"I","i","1"></ol>        wat gebruik word                                          moet strek
<ul></ul>                Skep 'n kolpuntlys
<ul type="disc",
"square","circle">       Definieer die tipe kolpunte
</ul>                    wat gebruik word

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V1                                                   DBE/November 2015 (2)
                                                          NSS

        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2015(2)
INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3-uur-sessie deur die kandidaat voltooi word)
                                                                                                         180
SENTRUMNOMMER _________________________________________________________
EKSAMENNOMMER __________________________________________________________
WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________

SUITE GEBRUIK
                                 LibreOffice 4.4     Microsoft Office      Microsoft Office     Microsoft Office
(Maak 'n kruisie in die
                                     of hoër              2007                  2010                 2013
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                                   Ander
(Maak 'n kruisie in die          Mozilla Firefox     Google Chrome        Internet Explorer       (Spesifiseer)
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM ___________________________________________________
Kandidaat moet die lêernaam(-name) wat vir elke antwoord gebruik is, inskryf. Maak 'n
regmerkie indien dit gestoor en/of gedoen is.
                                                                                                      Nasiener
 Vraag-                                        Gestoor Gedoen Maksimum                     Punt
                       Lêernaam                                                                      Voorletter/
nommer                                           ()     ()    Punt                      Behaal
                                                                                                      -kode
    1                                                                         29
    2                                                                         20
    3                                                                         22
    4                                                                         29

    5                                                                         41

    6                                                                         20

    7                                                                         19

                             TOTAAL                                          180

Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik)
 ________________________________________________________________________________________________________________
 ________________________________________________________________________________________________________________

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CAT P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2015-memo-afr/ec56d95b-8740-4d2e-970a-bdbe22ca475f) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Afr
- [CAT P1 Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2015-memo-eng/665607d0-ebce-4a13-8397-d47212e70694) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CATN P1 GR12 SEPT2015 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/catn-p1-gr12-sept2015-qp-afr/5b26d882-c5a2-45a8-96f9-3044ac09280e) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [CAT P1 June July 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-june-july-2015-afr/67e7c672-7961-430c-8360-5aa92c095466) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — Computer Applications Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
