# Computer Applications Technology Grade 11 P1 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-afrik-pdf-r/69d346e5-bc82-4449-87ba-f362ad4ce87e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P1 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-afrik-pdf-r/69d346e5-bc82-4449-87ba-f362ad4ce87e)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                          NOVEMBER 2019

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

                                   *ICATNA1*

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, ŉ HTML-merkersblad en
                            toevoermasker-karakterblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     As gevolg van die aard van die praktiese drie-uur eksamen is dit belangrik om
        daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde
        van die eksamensessie te verlaat NIE.

 2.     Sleutel jou van en naam in die bladsykopskrif (‘header’) van ELKE dokument
        wat jy skep of stoor.

 3.     Die toesighouer sal ŉ disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
        word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
        rekenaar gevind kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou naam
        op die etiket skryf. Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die instruksies wat deur
        die toesighouer gegee word, volg.

 4.     ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
        wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ
        ander kopie vra.

 5.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

 6.     Beantwoord AL die vrae.

 7.     Maak seker dat jy ELKE dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
        gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
        moontlike kragonderbrekings.

 8.     Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
        meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 9.     Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan
        jou gegee is, inlewer met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet seker
        maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat
        deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker
        dat al die lêers gelees kan word.

 10.    Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
        programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
        NIE.

 11.    Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word, moet
        jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

 12.    Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in
        vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-
        selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
        formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                3

 13.     In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
         African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
         tensy anders aangedui.

 14.     In Bylaag A word die HTML-merkblad voorsien.

 15.     Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie vraestel,
         bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word. Maak seker
         dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2019)

 SCENARIO

 Die wêreld vier elke jaar World Food Day op 16 Oktober die herdenking van die
 stigting van die organisasie in 1945. Gebeurtenisse word georganiseer in meer as 150
 lande oor die wêreld, wat dit een van die mees gevierde dae op die UN kalender
 maak. Op die dag word strategieë bespreek om armoede dwarsoor die wêreld te
 beveg.

 VRAAG 1: WOORDVERWERKING

 ŉ Dokument is opgestel om inligting te verskaf oor wat World Food Day is. Redigeer
 die dokument soos versoek word.

 Open die 1_WorldFoodDay-woordverwerkingsdokument.

 1.1   Voeg ŉ voorblad in die dokument. Die voorblad moet die volgende vertoon:             (1)

       1.1.1    Selekteer die Ion (Dark) voorblad.

       1.1.2    Tik die dokument-naam in as World Food Day en die jaar as 2019.             (2)

 1.2   Vind die opskrif op bladsy twee ‘World Food Day’ en maak die volgende
       veranderinge:

       1.2.1    Skep ŉ opskrifstyl genaamd ‘Main Heading’ met font Century Gothic,
                fontgrootte 20, vetdruk en rooi fontkleur.                                  (3)

       1.2.2    Pas die Main Heading styl op die hoofopskrif “World Food Day” toe.          (1)

 1.3   Vind die paragraaf wat begin met ‘World …’ en eindig met ‘... Agricultural
       Development’ en formateer dit om soos die res van die paragrawe in die
       dokument te vertoon.                                                                 (3)

 1.4   Vind al die verskynings van die woord ‘poverty’ in kleinletters en vervang dit
       met “poverty” onderstreep.                                                           (2)

 1.5   Vind die groen-geskakeerde gedeelte Placeholder 1 wat voorkom onder die
       opskrif ‘Theme’ en voeg die onderstaande verwysings by die verslag:
       Skrywer: Dominic Anriasse
       Titel: Celebrating World Food Day by Feeding the Needy
       Jaar: 2016
       Uitgewer: IOL
       Stad: Cape Town                                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 5

1.6    Gebruik ŉ veelvlaklys (multilevel list) of buitelynnommering (outline
       numbering) om items te hernommer sodat dit soos die lys hieronder vertoon:

       1.   2010
            1.1      2010: United against hunger
            1.2      2011: Food prices – from crisis to stability
            1.3      2012: Agricultural cooperatives – key to feeding the world
            1.4      2013: Sustainable Food Systems for Food Security and Nutrition
                     1.4.1 2014: Family Farming: “Feeding the world, caring for the
                                     earth”
       2.   2015
            2.1  2015: “Social Protection and Agriculture: Breaking the Cycle of
                       Rural Poverty”
            2.2  2016: Climate change: “Climate is changing. Food and
                       agriculture must too”
            2.3  2017 Change the future of migration. Invest in food security
                       and rural development.
                 2.3.1 2018: Our actions are our future.                                      (5)

1.7    Die prentjie “Figure 1” onder die opskrif ‘Events’ is verkeerd geetiketeer
       (labelled). Verander die etiket (label) sodat dit soos die res van die prentjies
       lyk.                                                                                   (3)

1.8    Vind die teks ‘Go to Africa’ onder die opskrif ‘Europe’ en skep ŉ hiperskakel
       na die boekmerk ‘Africa’. Voeg ŉ skermwenk (screentip) ‘See how Africa
       commemorates WFD’ in.                                                                  (3)

1.9    Sorteer die paragrawe onder die opskrif ‘Africa’ in dalende orde.                      (2)

1.10   Voeg ŉ voetnota by die teks ‘Action Against Hunger (AAH)’ in soos volg:
           Gebruik a, b, c nommerformaat.
           Voeg die teks ‘This is a non-profit organisation.’ in.
           Plaas die voetnota aan die onderkant (below) van die teks.                        (3)

1.11   Voeg bladsynommers in die bladsyonderskrif (page footer) soos volg:
           Gebruik die ‘Stacked Pages 1’ bladsynommeringstyl.
           Linieer (‘Align’) die onewe (odd) bladsynommer links in die onderskrif.
           Linieer (‘Align’) die ewe (even) bladsynommers regs in die onderskrif.            (4)

1.12   Voeg ŉ outomatiese bibliografie in op die laaste bladsy van die dokument.              (1)
                                                                                             [37]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 2: WOORDVERWERKING

 Jy word versoek om die brief wat in Word ontwerp is, te verander. Die brief sal na
 die persone wat belangstel om beoordelaars te wees, versprei word.

 Open die 2_Letter-woordverwerkingsdokument en verander die dokument.

 2.1      Vind die verhelderde woord ‘email’ en vervang dit met ŉ simbool Wingdings 2
          karakterkode 63.                                                                      (2)

 2.2      Voeg ŉ regsinlynstel tabelstop in op 10 cm in lyn met die verhelderde datum
          en voeg ŉ veld in met vandag se datum. Die datum moet die huidige datum
          vertoon op enige dag wat die brief oopgemaak word.                                    (4)

 2.3      Vind die opskrif ‘Registration information’ en maak die volgende veranderinge:

          2.3.1      Verander die eienskappe (properties) van die ‘Name’ teksvormveld
                     om ŉ maksimum van 15 karakters te aanvaar.                                 (1)

          2.3.2      Voeg ŉ merkblok-vormveld (check box form field) in voor die teks
                     ‘Male’ sodat die persoon manlik of vroulik kan kies.                       (1)

          2.3.3      Plaas ŉ aftreklysvormveld (dropdown form list) langs die teks
                     ‘Qualification’. Die volgende opsies moet op die aftreklys verskyn.

                      Degree
                      Diploma
                      Higher Certificate                                                       (3)

    2.4   Stuur briewe aan die mense wat belangstel om beoordelaars te wees. Die
          name van die mense is in die 2_Judges sigblad gestoor.
           Gebruik die ‘Applicants’ werkblad van die 2_Judges sigblad as ŉ
            databron.
           Vervang die ‘Sir / Madam’ met die data in die ‘Name’ kolom.
           Stuur briewe slegs aan die persone wat ŉ graad het.
           Sorteer die briewe volgens ‘Name’.
          Stoor die briewe as 2_Merged letters.                                                 (6)
                                                                                               [17]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                  7

 VRAAG 3: SIGBLAD

 ŉ Sigbladlêer wat ‘Better Life Index of World Countries’ bevat is in die 3_Statistics-
 sigblad gestoor.

 Maak die 3_Statistics-sigblad oop en werk in die World Data-werkblad.

 3.1    Reël 1 is saamgevoeg vanaf A1 tot N1. Formateer die werkblad as volg:

        3.1.1    Vergroot die hoogte van Ry 1 na 60 pt of 120 pixels.                           (1)

        3.1.2    Die opskrif ‘Better Life Index of World Countries’ moet beide vertikaal
                 en horisontaal sentreer word.                                                  (2)

        3.1.3    Voeg ŉ Tweekleur rooi gradiëntvul (gradient fill) in die saamgevoegde
                 selle A1:N1.                                                                   (2)

        3.1.4    Voeg in Ry 1 die prentjie 3_Picture.jpg wat in die datalêer gevind kan
                 word. Die prentjie moet as volg geformateer word:

                  Die hoogte van die prentjie moet 2 cm wees en wydte 6 cm.
                  Die prentjie moet aan die regterkant van saamgevoegde Ry 1
                   geplaas word.                                                                (4)

 3.2    Gebruik ŉ sigbladeienskap sodat al die inhoud van Ry 2 sigbaar is.                      (1)

 3.3    Verseker dat al die opskrifte in Ry 1 en Ry 2 sigbaar bly wanneer daar
        ondertoe gerol word (scrolling down) in die werkblad.                                   (2)

 3.4    Voeg ŉ funksie in sel C42, om te bepaal hoeveel lande (countries) in hierdie
        studie gebruik is.                                                                      (2)

 3.5    Gebruik ŉ sigbladeienskap om te bepaal watter 5 lande (countries) die
        hoogste ‘Net Household Adjusted Disposable Income’ het. Formateer die
        name met ŉ rooi fontkleur.                                                              (3)

 3.6    In sel C44, bepaal die tweede hoogste waarde van die ‘Net Household
        Financial Wealth’.                                                                      (2)

 3.7    Die lande se vermoë om voedseltekorte te beveg word beïnvloed deur
        onsekerhede in die arbeidsmarkte. Lande met ŉ plofbare (volatile) arbeidsmark
        sal swaar kry. In sel C46, gebruik die kriteria hieronder om die situasie in Suid-
        Afrika te bepaal.
        Wenk: Is die situasie in Suid-Afrika wispelturig (‘volatile’) of regverdig (‘fair’)?
        Lande wie se onsekerhede in die arbeidsmark meer is en gelyk is aan die
        gemiddelde van al die lande se ‘Labour Market Insecurities’ word beskou as
        ‘volatile’ en dié met minder as ‘fair’.                                                 (6)
 3.8    Gebruik ŉ sigbladfunksie om enige nommer tussen 1 en 20 in sel F6 in te
        voeg.                                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2019)

 3.9   Voeg ŉ funksie in sel C48 om te bepaal hoeveel lande se burgers ŉ
       lewensverwagting van 60 jaar of meer het.                                            (3)

 3.10 In sel O1, voeg die datum in waarop World Food Day in 2019 herdenk is. Die
      datum moet ŉ lang datumtipe (long date type) wees.                                    (3)

 3.11 Die aantal verwagte jare in onderwys (years expected in education) is
      verkeerd in sel O34 ingevoeg. Gebruik ŉ sigbladeienskap om dit in die
      korrekte sel M34 te voeg.                                                             (2)

 3.12 Voeg ŉ funksie in sel C50 om die totale bedrag te bepaal wat deur lande wat
      met die letter ‘S’ begin, betaal is.                                                  (4)

 3.13 Die bedrag wat deur elke werker per maand gebruik word in Suid-Afrika is in
      sel N34 gestoor en is in US Dollars. In sel C52 omskep die bedrag na Suid-
      Afrikaanse geldeenheid. Die wisselkoers is in sel B52 gestoor.                        (3)

 3.14 In sel C54 bereken die persentasie van die bedrag per maand wat deur Suid-
      Afrikaanse werkers gebruik is teenoor die bedrag wat per maand gebruik is
      deur al die ander werkers.                                                            (4)

 3.15 Onder die lande wat in die studie gebruik is, is die Bucks lande naamlik:
      ‘Brasil’, ‘Russian Federation’, ‘South Africa’ en ‘United Kingdom’.
       Skep ŉ geskikte grafiek / kaart wat die ‘Educational attainment of the adult
       working-age population’ en die ‘Expected years in education’ sal vertoon.
        Voeg ŉ geskikte titel boaan die grafiek.
        Verskaf geskikte name vir beide asse.
        Hernoem beide die reekse (“series”) met geskikte name.
        Vul die stiparea met die 3_Pot.jpg prentjie.
        Voeg ŉ “Data Callout” boaan die hoogste stafie (bar) en vul die stafie met
         ŉ solide pers kleur.
        Gebruik ŉ sigbladeienskap om die grafiek na ŉ nuwe tabeloortjie
         (tabsheet) te skuif en noem dit ‘Graph’.                                          (11)
                                                                                           [57]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              9

 VRAAG 4: DATABASIS

 ŉ Databasis wat al die provinsiale armoede statusse aandui was geskep. Verander
 die databasis en gebruik die ontwerpaansig (design view) in al die navrae.

 Open die 4_Poverty-databasis.

 4.1    As deel van die World Food Day bewusmakingsveldtog word skole versoek
        om ŉ opstel te skryf. Leerders van die Village Primary School sal in die
        Essay Registration-tabel gestoor word. Redigeer die Essay Registration-
        tabel soos volg:

        4.1.1    Voeg ŉ eienskap in op enige veld van die databasis wat unieke
                 rekords in die tabel kan identifiseer.                                     (1)

        4.1.2    Gebruik ŉ databasis eienskap in die IDNo-veld om seker te maak dat
                 die korrekte aantal nommers vir die identiteitsnommer van die leerder
                 ingevoeg word.                                                             (3)

        4.1.3    Skuif die Name of School-veld sodat dit tussen die IDNo-veld en die
                 School Logo veld sal wees.                                                 (1)

        4.1.4    Verander die datatipe van die School Logo-veld sodat ŉ prentjie in
                 die tabel ingevoeg kan word.                                               (1)

        4.1.5    Stel die Size of family-veld om altyd die nommer 3 in dié veld te
                 vertoon.                                                                   (1)

        4.1.6    Die leerders van Village Primary School kom van PE, EL en KWT.
                 Verander die datatipe van die Town-veld sodat die dorpe in
                 alfabetiese orde sal wees.                                                 (3)

        4.1.7    Voeg ŉ valideringsreël in op die Rural School-veld sodat dit slegs R
                 vir ‘Rural’ en U vir ‘Urban’ sal aanvaar.

                 Voeg ŉ toepaslike boodskap in om die gebruiker te help.                    (3)

        4.1.8    Verander die eienskap van die Essay-veld sodat dit nie leeg/oop
                 gelos mag word nie.                                                        (1)

 4.2    Skep die vorm frm4_2 gebaseer op die Provincial Data-tabel.

           Sluit die volgende velde in: Province, Households in Agriculture, % in
            National GDP, Average Household size, Main Source of Income en
            Source of Employment.
           Redigeer die vormopskrif na ‘Provinces of SA’.
           Sorteer die data van die Households in Agriculture-veld in dalende orde.
           Pas ŉ rooi vulkleur toe op al die etikette (labels) in the detail-afdeling.
           Die uitleg van die tabel moet gestapel (stacked) word.
           Voeg ŉ horisontale lyn in aan die bokant van die vormonderskrif.
           Voeg vandag se datum as ŉ veld in die vormonderskrif.                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2019)

 4.3   Skep ŉ navraag genaamd qry4_3 gebaseer op ‘Provincial Data’-tabel.

           Voeg die volgende velde in: Province, % in National GDP en Source of
            Employment.
           Voeg kriteria in om te wys watter provinsies se “% in National GDP” 10%
            of meer is en
           wys watter provinsies se meerderheid van mense werk (“Majority of people
            working”.)
           Sorteer in stygende orde van “% in National GDP”.                                   (5)

 4.4   Open qry4_4 navraag en doen die volgende:

       ŉ Berekende veld is ingevoeg in qry4_4 om te bepaal of daar ŉ verbetering
       was in die mense se armoede-gaping tussen 2006 en 2015.

           Korrigeer die fout in die berekende veld om die armoede-gaping te
            bepaal.
           Voeg ŉ kriteria in om te wys watter provinsies ŉ negatiewe impak gehad
            het.                                                                                (4)

 4.5   Skep ŉ verslag (report) genaamd rpt5_5 gebaseer op die Provincial Data-
       tabel.

        Voeg die volgende velde in: Province, Main Source of income, Source of
         Employment, Poverty Gap 2015, % in National GDP en Average
         Household.
        Groepeer volgens die “Main Source of Income”-veld.
        Stel die bladsy-oriëntasie van die verslag na landskap.
        Sorteer volgens die “Source of Employment”-veld.
        Bereken en vertoon die totale aantal provinsies soos per “Main Source of
         Income” in die groeponderskrif.                                                        (7)

 4.6   “Export” die resultate vanaf die “QueryExport” na die sigblad en stoor dit as
       Query Export.                                                                        (2)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                         11

 VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)

 ŉ Webblad is ontwerp om mense van die World Food Day bewus te maak.

 Maak die onvolledige 5_World Food Day webblad in ŉ webblaaier en ook in ŉ teks-
 /HTML-redigeerder oop.
 LET WEL:
  Vraagnommers verskyn as kommentaar (‘comments’) in die kodering om jou te lei
   waar om die antwoord(e) in te voeg. MOENIE hierdie kommentaar uitvee NIE.
  ŉ HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg.

 Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2019)

 5.1   Korrigeer die HTML-merkers (tags) sodat die teks ‘No to Hunger’ in die
       webblaaier verskyn.                                                                   (1)

 5.2   Verander die agtergrondkleur van die bladsy na ligblou.                               (1)

 5.3   Sentreer die hoofopskrif ‘World Food Day: Action for #Zero Hunger”.                   (1)

 5.4   Voeg ŉ groenlyn in en stel die grootte op 10.                                         (3)

 5.5   Stel die fontkleur van die teks onder die horisontale lyn na rooi en vetdruk.         (3)

 5.6   Die teks ‘Resource: Food and Agriculture Organization of the United Nations’
       moet in kursief wees.                                                                 (1)

 5.7   Verander die lysitems onder die opskrif ‘HOW CAN I TAKE PART?’ na
       hoofletters.                                                                          (2)

 5.8   Voeg ŉ prentjie in onder die gelyste items. Die prentjie moet as volg
       geformateer word:

          Gebruik die prentjie ‘5_Picture’ uit die datalêer.
          Beide die wydte en die hoogte moet 200 wees.
          Die afkorting ‘WFD’ moet vertoon wanneer die prentjie nie vertoon nie.
          Die prentjie moet gesentreer word.                                                (5)

 5.9   Voeg ŉ hiperskakel op die teks ‘For more information’ sodat dit na die
       webtuiste fao.org skakel.                                                             (3)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              13

 VRAAG 6: ALGEMEEN

 Open die 6_Organiser-lêer.

 6.1    Jou skool wil aan die bedrywighede van die World Food Day deelneem. ŉ
        Organogram van die reëlingskomitee is gemaak. Bestudeer die prentjie
        hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        6.1.1    Redigeer die Co-Ordinator vorm (shape) sodat die teks korrek lees.           (1)

        6.1.2    Voeg die volgende inligting in onder ‘Head Unemployment’:

                     Reports to Co-Ordinator
                     Reports to Councillors                                                  (2)

        6.1.3    Voeg nog ŉ vorm (shape) in, naamlik Head Research.                           (1)

        6.1.4    Skakel die uitleg van die “smart art” van regs na links om.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

 6.2   Maak die 6_Celebrate sigblad oop.

       Hierdie jaar het die feesvieringe met ŉ aftel (countdown) ŉ minuut voor
       12 middernag begin. Sommige stede vier vroeër fees as anders as gevolg van
       hulle geografiese ligging in die wêreld. ŉ Grafiek is geskep om die tydsverskille
       aan te dui en ook watter stede moontlik eerste sal feesvier.

                                                      Time
                       TOKYO                                           23:00

                SAO PAULO                     10:00

                     PRETORIA                              16:00

                 NEW YORK                     10:00

                     LONDON                              15:00

                            00:00     04:48      09:36     14:24   19:12       00:00   04:48

       6.2.1    Verander die grafiek sodat dit soos die bostaande grafiek lyk.                           (1)

       6.2.2    Die stede moet in dalende order gesorteer word.                                          (2)

       6.2.3    Gebruik ŉ sigbladeienskap om die kleure van die stafies te wissel
                (Vary) per punt (by point).                                                              (1)
                                                                                                         [9]

                                                                                           TOTAAL:      180

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              15

                     TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’) KARAKTERBLAD

KARAKTER                                             BESKRYWING
                     Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat
     0
                     nie)
                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
     9
                     toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
                     ('blanks') in Redigeringsmodus ('Edit mode') vertoon, maar oop plekke word
     #
                     verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens
                     toegelaat)
     L               Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

     ?               Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

     A               Letter of syfer (inskrywing vereis)

     a               Letter of syfer (inskrywing opsioneel)

     &               Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)

     C               Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                     Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
                     karakter wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die
  .,:;-/             'Regional Settings
                     Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.)
     <               Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word

     >               Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word
                     Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon.
                     Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na
      !
                     regs.
                     Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
                     Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
      \
                     (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
    16                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                           (EC/NOVEMBER 2019)

                                   BYLAAG A – HTML MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
             Basiese Merkers (Basic Tags)                                     Formateringsmerkers vervolg
       Merker (Tag)                    Beskrywing                        Merker (Tag)              Beskrywing
<body></body>                 Definieer die liggaam van die        <li></li>                Word voor elke lysitem
                              webblad                                                       ingevoeg, en voeg dan 'n
<body                         Stel die agtergrondkleur van                                  nommer of simbool by
bg colour="pink">             die webblad                                                   afhangende van die tipe lys
                                                                                            wat geselekteer is
<body text="black">              Stel die kleur van die            <img src="name">         Voeg 'n prent in
                                 liggaamteks
<head></head>                    Bevat inligting oor die           <img src="name"            Stel 'n prent inlyn: kan ook
                                 dokument                          align="left">              ''right", "center"; "bottom",
                                                                                              "top", "middle'' wees
<html></html>                Skep 'n HTML-dokument –               <img src="name"            Stel die grootte van die
                             begin en eindig 'n webblad            border="1">                raam rondom 'n prent
<title></title>              Definieer 'n titel vir die            <img src="name"            Stel die hoogte en breedte
                             dokument                              width="200" height         van 'n prent
<!-- -->                     Kommentaar                            ="200">
               Teksmerkers (Text Tags)                             <img src="name"            Vertoon alternatiewe teks
           Tag                       Beskrywing                    alt="alternative           wanneer die muis oor 'n
<hl></hl>                    Skep die grootste opskrif             text">                     prent gehou word of
                                                                                              wanneer die prent nie
                                                                                              gevind word nie
<h6></h6>                        Skep die kleinste opskrif         <hr/>                      Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                          Skep teks in vetdruk              <hr size="3"/>             Stel die grootte (hoogte)
                                                                                              van 'n reël
<i></i>                          Skep teks in skuinsdruk           <hr width="80%"/>          Stel die breedte van 'n lyn,
                                                                                              in persentasie of absolute
                                                                                              waarde
<font                         Stel fontgrootte van "1" tot "7"     <hr colour="ff0000"/>      Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>
<font                         Stel fontkleur                                    Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times             Stel fonttipe                              Merker (Tag)                 Beskrywing
New Roman"></font>
               Skakelmerkers (Link Tags)                           <table></table>            Skep 'n tabel
       Merker (Tag)                    Beskrywing                  <tr></tr>                  Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a>            Skep 'n hiperskakel                  <td></td>                  Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img            Skep 'n prentskakel                  <th></th>                  Skep 'n tabelopskrif (in 'n
src="URL"></a>                                                                                sel met algemene
                                                                                              vetgedrukte, gesentreerde
                                                                                              teks)
<a name="NAME"></a>              Skep 'n teikenarea                <table width="50">         Stel die breedte van die
                                                                                              tabel
<a href="#NAME"></a>           Skakel na 'n teikenarea wat         <table border="1">         Stel die breedte van die
                               elders in die dokument                                         raam rondom die selle van
                               geskep is                                                      die tabel
           Formateringsmerkers (Formating Tags)                    <table                     Stel die spasie tussen die
                                                                   cellspacing="1">           selle van die tabel
          Merker (Tag)                    Beskrywing               <table                     Stel die spasie tussen 'n
                                                                   cellpadding="1">           selraam en die inhoud
                                                                                              daarvan
<p></p>                          Skep 'n nuwe paragraaf            <tr align="left">          Stel die inlynstelling vir die
                                                                                              sel(le) (kan ook ''center'' of
                                                                                              ''right'' wees)
<p align="left">                 Stel 'n paragraaf links inlyn     <tr valign="top">          Stel die vertikale
                                 (verstek), kan ook ''right'' of                              inlynstelling vir sel(le) (kan
                                 ''center'' wees                                              ook ''middle'' of ''bottom''
                                                                                              wees)
<br/>                            Voeg 'n reëlbreuk ('line          <td colspan="2">           Stel die getal kolomme
                                 break') in                                                   waaroor 'n sel moet strek
<ol></ol>                        Skep 'n genommerde lys            <td rowspan="4">           Stel die getal rye waaroor 'n
                                                                                              sel moet strek
<ol type="A","a",                Definieer die tipe nommers
"I","i","1"></ol>                wat gebruik is
<ul></ul>                        Skep 'n kolpuntlys
type="disc",                     Definieer die tipe kolpunte
"square","circle"></ul>          wat gebruik word

    Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/68b64e64-b2f5-423a-b30e-8d3160b3bf55) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/6a222374-3198-4e40-815c-af27e9aaaa89) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-eng-d/1e6f55cc-7bc3-47c2-ad2f-1364f722f930) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2019-afrikaans/874921d6-7dc2-4ce5-bf20-e194cf31c45e) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Afr
- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/09f74e14-0b85-4204-a996-fe96d9fc21b7) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/d156926f-400a-4540-836f-d598a5cdf6a8) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Gr 11 Comp App Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-comp-app-tech-atp-2023-24/aacd75ce-8623-43e6-be2c-0ebb6ad91f55) — ATP

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
