# Computer Applications Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the National Exemplar November Exam 2020. Free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-afr/553381f1-f085-4a60-98be-7147d785eb6c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P1 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-afr/553381f1-f085-4a60-98be-7147d785eb6c)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 11

                               NOVEMBER 2020

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
                 (EKSEMPLAAR)

PUNTE:        150

TYD:          3 uur

       Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend ŉ toevoermasker-karakterblad.

### Page 2

2                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
        daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal
        word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies
        wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
        eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld.

 2.     As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
        instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
        die toesighouer ŉ CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) met al die lêers wat vir die
        eksamen benodig word, aan jou gee. Indien ŉ CD/DVD/geheueskyf (‘flash
        drive’) aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer
        op die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive') skryf.

 3.     Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive')
        inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers
        daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
        netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
        jou verduidelik is.

 4.     Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
        lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
        inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie,
        verwyder NIE.

 5.     ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
        wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ
        ander kopie vra.

 6.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

 7.     Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
        meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 8.     Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
        gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
        moontlike kragonderbrekings.

 9.     Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

 10.    Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ŉ vraag vereis dat die
        antwoord in sel F3 in ŉ sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4
        in, sal dit NIE nagesien word NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                3

 11.    Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’
        ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
        geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is.

 12.    Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op ‘English (South Africa)’ stel.
        Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret (‘Portrait’) is, tensy anders
        aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.

 13.    Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik
        word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
        formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieer.

 14.    LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte
        resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data
        gemaak word

 15.    Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf ('flash drive’) wat jy saam met
        hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak
        seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2020)

 SCENARIO

 Jou ma is deel van ŉ vrouegroep wat wens dat hulle die Wildekus vir hulle
 jaareindfunksie kan besoek. Hulle weet niks van die Wildekus nie, maar hulle
 stel baie belang om te gaan, want hulle het by ander mense daarvan gehoor.
 Hulle het jou versoek om navorsing te doen vir hulle aangaande die
 akkommodasie, vervoer en besprekings. Jy moet oor ŉ week aan hulle verslag
 lewer.

 VRAAG 1: WOORDVERWERKING

 Redigeer die dokument 1WildCoast soos versoek. Dit sal deel vorm van jou verslag
 aan hulle.

 Open die 1WildCoast-woordverwerkingsdokument.

 1.1   ŉ Voorblad is ontwerp vir die dokument. Redigeer die dokument as volg:

       1.1.1    Formateer die prentjie op die voorblad sodat die wydte en die hoogte
                5 cm sal wees.                                                              (2)

       1.1.2    Stel die posisie van die prentjie na “Middle Centre” van die voorblad.      (1)

       1.1.3    Voeg jou naam en van in by die “author” kontrole.                           (1)

 1.2   Voeg ŉ “border left” bladsynommering in op die dokument. Maak seker dat
       nul (0) nie op die voorblad verskyn nie.                                             (2)

 1.3   Gebruik ŉ woordverwerkingseienskap om die opskrif “Wild Coast Region,
       Eastern Cape” na die volgende bladsy te skuif.                                       (1)

 1.4   Die opskrif “Wild Coast Region, Eastern Cape” moet as volg verander word:

       Skep ŉ nuwe styl genaamd “Eastern Cape Coasts” as volg:
          Baseer die styl op “Heading 1” styl.
          Sentreer die nuwe styl horisontaal.
          Die fontkleur moet rooi wees.
          Pas die styl toe op die opskrif.                                                 (5)

 1.5   1.5.1    Voeg ŉ moderne styl outomatiese inhoudsopgawe in die spasie wat
                voorsien word.                                                              (3)

       1.5.2    Voeg ŉ byskrif (caption) in op die prentjie op bladsy 4 en dateer dan
                die outomatiese tabel van figure op om die prentjie ook in te sluit.        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                5

 1.6    Vind die teks “Xolobeni region” wat in geel verlig is en voeg ŉ voetnota in as
        volg:

            Die voetnota moet onder die teks verskyn.
            Voeg die simbool (Wingdings karakterkode 0046 of nuwe weergawe
             kode 70) in met die teks “(www.wildcoast.com/xolobeni)”.                       (4)

 1.7    Vind die woord Transkei en vervang dit met Former Transkei.                         (2)

 1.8    Vind die ‘Placeholder 1’ op bladsy 5 en doen die volgende:

         Voeg ŉ nuwe Webtuiste met Wild Coast as die webtuistenaam.
         Die URL moet www.wildcoast.com wees.                                              (3)

 1.9    Voeg ŉ horisontale “scroll shape” in aan die einde van die dokument.

         Voeg die teks (Adapted from www.wildcoast.com/shipwrecks for more
          info.) in wat aan die einde van die dokument gevind kan word.
         Verander die “shape”-styl na “Subtle”-effek – Blue Accent 1.
         Haal die verligte kleur (highlight colour) van die teks af.                       (4)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: WOORDVERWERKING

 Jy word gevra om te help om ŉ besprekingsvorm vir die reis te ontwerp.

 Maak die 2Form woordverwerkingsdokument oop en verander die dokument as
 volg.

 2.1   Vind die WordArt opskrif “Wild Coast Trip”.

       2.1.1    “Transform” die WordArt na “Warped Ring Inside”.                            (2)

       2.1.2    Voeg die 2Form.jpg prentjie wat in die eksamenlêer bo die opskrif
                Wild Coast Trip gevind kan word. Gebruik ŉ
                woordverwerkingseienskap om die prentjie en die WordArt te
                groepeer as een prentjie.                                                   (3)

 2.2   Voeg ŉ bladsy agtergrond (page background) in deur gebruik te maak van:

        ŉ Vertikale gradiëntvul-effek
        met blou en wit kleure.                                                            (3)

 2.3   Gebruik die prentjie 2Watermark.jpg as ŉ watermerk en stel die skaal
       (scaling) na 120%.                                                                   (3)

 2.4   Stel die tabelstoppe (tabs) in sodat die vormkontrole (form control) vir
       Surname in lyn sal wees met die ander velde deur die volgende te
       doen:

        Stel die eerste tabstop op 6 cm en
        die tweede tabstop op 14 cm                                                        (3)

 2.5   Formateer die vormkontroles as volg:

       2.5.1    Stel die Surname text-vormveld na makimum lengte van 20 karakters.          (1)

       2.5.2    Die Gender vormveld moet na ŉ aftuimelvormveld (dropdown form
                field) verander word en voeg Male en Female in.                             (2)

       2.5.3    Die check box-vormveld moet presies op 14 pt gestel word en die
                BnB vormveld moet geselekteer word.                                         (3)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 VRAAG 3: SIGBLAD

 Jy het ŉ sigblad ontvang van die Toerisme-sentrum met al die inligting rakende die
 besprekings vir akkommodasie en plekke wat besoek kan word.

 Open die 3Wild Coast Visitors sigblad en werk in die Information-werkblad.

 3.1    Formateer die werkblad as volg:

        3.1.1    Voegsaam en sentreer ry 1 vanaf sel A1 tot Q1.                             (2)

        3.1.2    Pas ŉ “From Corner” skanderingstyle op die saamgevoegde sel toe,
                 gebruik 2 kleure naamlik geel en blou.                                     (4)

 3.2    Voeg vandag se datum in sel D2, met die formaat 20-Nov-2020.                        (2)

 3.3    Verseker dat al teks in ry 4 sigbaar is, sonder om al die wydte van kolomme te
        vergroot.                                                                           (1)

 3.4    Gebruik ŉ sigbladeienskap om te verseker dat die inhoud van ry 1 tot ry 4
        sigbaar sal wees op skerm wanneer die gebruiker afbeweeg.                           (2)

 3.5    Gebruik sigbladeienskap om te verseker dat die data van ry 1 tot ry 4 op elke
        bladsy sal verskyn en dat die “gridlines” sal wys wanneer die werkblad gedruk
        word.                                                                               (3)

 3.6    Gebruik voorwaardelike formatering op kolom G om al die Hotelle te
        selekteer, maak gebruik van ŉ rooierige vulkleur.                                   (3)

 3.7    Verander die “Off Peak Rates” in kolom I na Suid-Afrikaanse geldeenheid
        sonder desimale plekke.                                                             (2)

 3.8    Gebruik ŉ funksie in sel D67 om die hoogste “Peak Rate” vir akkommodasie
        aan te dui.                                                                         (2)

 3.9    Bereken in sel D69 die totale deposito wat die Chinese betaal het.                  (4)

 3.10 Gebruik ŉ formule in sel D71 om die bedrag wat deur die Cossons Ewart
      familie betaal is vir hulle verblyf in die hotel gedurende die “peak season”.         (3)

 3.11 Gebruik ŉ funksie in sel D73 om te bepaal hoeveel besoekers het nie ŉ
      deposito betaal nie.                                                                  (2)

 3.12 Bepaal in sel D75 die getal besoekers wat “surfing” gekies het.                       (2)

 3.13 Besoekers wat R3000 en meer betaal het, sal ŉ “Type A Accommodation” kry
      en daardie wat minder as R3000 betaal het sal ŉ “Regular Accommodation”
      kry.
        Bepaal in sel D77 watter tipe akkommodasie Cossons Ewart sal ontvang.               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2020)

 3.14 Cossons Ewart het R2 000 deposito betaal. Gebruik ŉ formule in sel D79 om
      te bepaal wat die bedrag in Euro sal wees.                                                (2)
 3.15 Die afslag op Akkommodasie is gebaseer op die aantal aktiwiteite wat ŉ
      persoon kies.

           ŉ Persoon wat al die aktiwiteite kies sal 30% afslag ontvang op die “peak
           rate”, ŉ persoon wat drie (3) aktiwiteite kies sal 15% afslag kry op die “peak
           rate” en diegene wat twee of minder aktiwiteite kies sal nie afslag kry nie. Dié
           wat nie afslag kry nie moet leeg (blank) gelos word.

           Gebruik ŉ funksie in sel Q5 om te bepaal wat die afslag op “peak rates” sal
           wees. Kopieer die antwoord na al die selle in kolom Q.                               (7)
 Lodge-werkblad
 3.16 Verander die werkblad se tab-kleur na blou.                                               (1)
 3.17 Gebruik ŉ sigbladeienskap om al die besoekers wat van die Lodge
      Akkommodasie gaan gebruik maak aan te dui.                                                (2)
 Grafiekwerkblad

 Ontwerp ŉ grafiek gebaseer op die data wat gegee word in die Graph-werkblad en
 verseker dat dit sal lyk soos die onderstaande grafiek:

                                  Wild Coast Lodges
     R1 400,00

     R1 200,00

     R1 000,00

      R800,00

      R600,00

      R400,00

      R200,00

           R-

     Gebruik die “Visitors” en “Peak Rates” kolomme.
     Gebruik ŉ gepaste grafiek met die korrekte data.
     Voeg Wild Coast Lodges in as die grafiekopskrif.
     Stel die gapingwydte op 50%.
                                                                                                (5)
                                                                                               [53]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                     9

 VRAAG 4: DATABASIS

 ŉ Databasis van al die besoekers is ontwerp. Verander die databasis en gebruik
 die Ontwerpaansig “Design View” vir al die navrae “queries”.

 Open die 4WildCoast-databasis.

 4.1    Formateer die “Bookings Info” tabel as volg:

        4.1.1    Verander die ryhoogte na 25 pt.                                                  (1)

        4.1.2    Stel die alternatiewe rykleur na rooi en die agtergrondkleur na groen.           (2)

        4.1.3    Skep ŉ toevoermasker “input mask” op die Cell Number-veld om te
                 verseker dat die gebruiker die selnommer as volg invoeg:

                    Tien verpligte nommers.
                    In die formaat 000-0000 000.                                                 (3)

        4.1.4    Verseker dat die Cell Number-veld ingevul moet word.                             (1)

        4.1.5    Voeg ŉ valideringsreël in op die Age-veld sodat dit slegs besoekers
                 tussen die ouderdom van 18 tot 60 sal aanvaar. Voeg ŉ gepaste
                 valideringsboodskap in.                                                          (3)

        4.1.6    Verander die Deposit Paid-veld na ŉ geskikte dataveldtipe met 2
                 desimale plekke.                                                                 (2)

        4.1.7    Voeg ŉ aftuimellys (“dropdown list”) in op die Home Town-veld en sluit
                 Port Elizabeth, East London, Mthatha en Queenstown in.                           (3)

        4.1.8    Stel die email address-veld sodat dit in kleinletters sal wees.                  (1)

 4.2    Skep ŉ vorm genaamd Visitors Info gebaseer op die “Visitors Info” tabel as
        volg:

           Sluit slegs die volgende velde in: Visitor, Gender, Email address, Country,
            Number of people, Number of days en Deposit.
           Voeg die prentjie 4WildCoast.jpg in die middel van die vormkopskrif (form
            header).
           Voeg datum en tyd in.
           Sorteer die Country-veld alfabeties in dalende order.
           Voeg ŉ knoppie “button” in die onderskrif van die vorm en die aksie van
            die knoppie is om die vorm te sluit.                                                  (9)

 4.3    Skep ŉ navraag genaamd QryFemales gebaseer op die “Visitors Info”-tabel
        en doen die volgende:

         Vertoon die Visitors-veld en die Deposit-veld.
         Dui aan alle vroue wat ŉ deposito van R3 200 of meer betaal het.                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

10                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2020)

 4.4   Open die navraag Qry4.4 en verander dit as volg:

        Wys die Visitors, Country en Deposit-velde.
        Gebruik ŉ funksie in die “datasheet view” om die totale bedrag van die
         deposito’s van al die besoekers van Rusland aan te dui.                         (4)
                                                                                        [34]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               11

 VRAAG 5: INTEGRASIE

 Gebruik die sigblad 5WildCoastResource.xlsx as ŉ bron en doen die volgende:

 5.1    “Export” die data in Sheet 1 na ŉ nuwe databasis genaamd 5Resources.

         Maak seker dat al die datavelde ŉ geskikte datatipe het.
         Skuif die “Type of Accommodation” veld na die eerste veld toe.
         Sorteer die tabel volgends die “Type of Accommodation” in dalende orde.          (6)

 5.2    Werk in Sheet 2.

         Gebruik ŉ funksie in J1 en J2 onderskeidelik om die aantal ‘Males’ en
          ‘Females’ te bereken.
         Skep ŉ toepaslike grafiek om die persentasie van elke geslag aan te dui.
         Die grafiek moet ŉ geskikte opskrif hê.
         Skuif die data na die woorddokument 5MyDoc op so ŉ wyse dat indien
          daar enige veranderinge in die sigblad is, dat die veranderinge ook in die
          woorddokument sal vertoon.                                                       (7)
                                                                                          [13]

                                                                            TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

12                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2020)

                     TOEVOERMASKER (INPUT MASK) KARAKTERBLAD

     KARAKTER                                      BESKRYWING
                     Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
        0
                     toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens
        9
                     nie toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
                     (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar oop plekke
        #
                     word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens
                     toegelaat)
        L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)
        ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
        A            Letter of syfer (inskrywing vereis)
        a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
        &            Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)
        C            Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                     Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
                     karakter wat gebruik word, hang van die instellings (‘settings’) in die
      .,:;-/
                     'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie (‘dialog box’) in die
                     'Windows Control Panel' af.)
        <            Laat alle karakters na onderkas (‘lower case’) omgeskakel word
        >            Laat alle karakters na bokas ('upper case') omgeskakel word

                     Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs,
                     vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd
         !
                     van links na regs.
                     Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
                     Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
         \
                     (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 QP GR11 NOV 2020 ENG](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-eng/f22727e6-48a7-4d29-9689-17fd4a8cd908) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-afr-d/8a4ccb4e-8c5e-47ae-bf36-631668c0c559) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2020 AFR .docx](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-afr-docx/cd385757-3bbe-40f1-b763-5178e69b6de9) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2020 ENG .docx](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-eng-docx/056f1c56-80c7-4d79-8917-e440975b53e5) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR11 NOV 2020 ENG .docx](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr11-nov-2020-eng-docx/edc66805-6745-4779-9ac0-6d2ec33b4148) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Eng
- [CAT P1 QP MEMO GR11 NOV 2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-memo-gr11-nov-2020-afr-d/f2a72551-9050-46a8-b88e-1b28a007d393) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Grade 11 CAT P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-computer-applications-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/8a3c3969-ca01-4da6-9be4-1094d1e89751) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
