# Computer Applications Technology Grade 11 P1 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2022-afrikaans/1814b5ea-c669-42ee-83e5-b61f57683c3a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P1 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2022-afrikaans/1814b5ea-c669-42ee-83e5-b61f57683c3a)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                         NOVEMBER 2022

         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
                   (EKSEMPLAAR)

PUNTE:    150

TYD:      3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, ŉ HTML-merkersblad en
                            ŉ toevoermasker-karakterblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
      daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal
      word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies
      wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
      eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld.

2.    As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
      instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
      die toesighouer ŉ CD/DVD/flitsskyf (‘flash drive’) met al die lêers wat vir die
      eksamen benodig word, aan jou gee. Indien ŉ CD/DVD/ flitsskyf (‘flash drive’)
      aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die
      CD/DVD/ flitsskyf ('flash drive') skryf.

3.    Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive')
      inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers
      daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
      netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
      jou verduidelik is.

4.    Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
      lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
      inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie,
      verwyder NIE.

5.    ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
      wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ
      ander kopie vra.

6.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.

7.    Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
      meer doen as wat die vraag vereis NIE.

8.    Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
      gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
      moontlike kragonderbrekings.

9.    Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

10.   Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ŉ vraag vereis dat die
      antwoord in sel F3 in ŉ sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4
      in, sal dit NIE nagesien word NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                3

11.    Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’
       ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
       geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is.

12.    Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op ‘English (South Africa)’ stel.
       Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret (‘Portrait’) is, tensy anders aangedui.
       Gebruik sentimeters as meeteenheid.

13.    Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word.
       Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
       formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieer.

14.    LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte
                resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die
                bestaande data gemaak word.

15.    Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf ('flash drive’) wat jy saam met hierdie
       vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat
       jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

 SCENARIO
 Vroue, veral julle meisies, se regte word al jare lank geskend. Die Verenigde Nasies
 het ŉ besluit geneem om die regte van vroue, meestal dié van jong meisies, te
 beskerm en te bevorder. 11 Oktober is toe tot Internasionale Meisiekinddag verklaar.
 ŉ Nie-regeringsorganisasie in u munisipale afdeling het besluit om ŉ leierskamp vir
 dertig jong meisies te reël.

 VRAAG 1: WOORDVERWERKING

 ŉ Dokument is opgestel om agtergrond van die Internasionale Meisiekinddag te gee.
 Wysig die dokument soos benodig.

 Maak die 1_GirlChild-woordverwerkingsdokument oop.

 1.1    Verander die opskrif van die dokument as volg. Die opskrif moet aangepas word
        na:

        • WordArt met ŉ Goue aksentkleur 4
        • en ŉ Bevel Relaxed Inset teks-effek.                                              (3)

 1.2    Vind die teks onder die dokumentopskrif en doen die volgende:

        • Voeg ŉ eindnota by hierdie teks.
        • Gebruik die simbool  (Wingdings karakterkode 0046 of nuwe weergawe
          kode 70) vir die eindnota.
        • Skuif die teks aan die einde van die dokument (laaste bladsy) wat begin
          met ‘Adapted…2021’ en plaas dit in die eindnota.                                  (3)

 1.3    Vervang al die verskynsels van die woord, ‘COVID-19’ met ‘COVID-19’.                (3)

 1.4    Vind die teks ‘Live … change’ onder opskrif 3 en redigeer as volg:

        1.4.1   Voeg kolpunte in op die paragraaf deur van die 1Bullet.jpg-prentjie in
                die eksamenlêer gebruik te maak.                                            (2)

        1.4.2   Stel die teks sodat dit 1.5 cm van die kolpunte af is.                      (1)

 1.5    Vind die prentjie ‘Figure 1’ en verwyder die hiperskakel.                           (1)

 1.6    Skep ŉ nuwe styl genaamd ‘GirlChild’ as volg:
        • Baseer die nuwe styl op die ‘Heading 2’ styl.
        • Formateer die lettertipe na ‘small caps’ effek.
        • Pas die styl toe op AL die subopskrifte onder opskrif ‘6. Facts and figures:
          Women’s leadership and political participation’.                                  (4)

 1.7    Soek die teks ‘Rwanda’ onder die opskrif ‘Women in national parliaments’ en
        voeg ŉ aanhaling(citation) in met die bron ‘Adapted from….girl-child-day’
        onderaan die dokument. Maak seker dat die inligting oor die naam van die bron
        en die adres waar die bron gevind moet word, ingevoeg is.                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               5

1.8   Voeg die prentjie 1GirlChild.jfif in op ŉ nuwe bladsy aan die einde van die
      dokument as volg:

      • Die bladsy moet in landskap wees.
      • Die prentjie moet in die middel van die bladsy wees.                           (3)

1.9   Voeg ŉ outomatiese ‘outline circle’ bladsynommering in die voetskrif van die
      dokument, sodat die ewe bladsynommers links is en die onewe
      bladsynommers regs. Die bladsynommer moet nie op die eerste bladsy
      verskyn nie.                                                                     (4)
                                                                                      [28]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 2: WOORDVERWERKING

 ŉ Vorm is geskep vir die meisies wat die leierskapkamp wil bywoon.
 Maak die 2Form-woordverwerkingsdokument oop en verander die dokument.

 2.1 Wysig die vorm om soos die onderstaande vorm te lyk:

      Let op na die volgende:
      •    Verander die papiergrootte na A3.
      •    Verander die oriëntasie van die bladsy.
      •    Logo is ŉ kombinasie van die prentjie en enige WordArt.
      •    Voeg ‘tab leaders’ in vir Surname en Name.
      •    Voeg vormveld teksblokkies (form field check boxes) in.
      •    Getalformaat vir betaalde bedrag is 0.00.
      •    Voeg ‘Hotel’ by Accommodation aftreklys.
      •    Gebruik ŉ kombinasie van rooi en groen kleure vir die agtergrond van
           die bladsy.                                                                  (12)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 7

 VRAAG 3: SIGBLAD

 Die organiseerders van die leierskapkamp het besluit om ŉ sigblad te skep om inligting
 oor die deelnemers op te neem.

 Maak die sigblad 3_Participants oop en werk in die Girls-werkblad.

 3.1    Formateer die werkblad as volg:

        3.1.1    Maak die teks in die saamgevoegde ry 1 sigbaar sonder om die
                 skakering (shading) van die sel te verwyder.                                (1)

        3.1.2    Voeg ŉ rooi buitelyn om die saamgevoegde sel.                               (1)

 3.2    Formateer al die opskrifte in Ry 7 na vetdruk, horisontale en vertikale
        sentrering.                                                                          (2)

 3.3    Gebruik ŉ sigbladfunksie om te verseker dat al die opskrifte in ry 7 op die skerm
        bly as die gebruiker afrol.                                                          (2)

 3.4    Gebruik ŉ funksie in sel D3 om die geboortedatum van die jongste deelnemer
        aan te dui.                                                                          (2)

 3.5    Die organiseerders het opgemerk dat die plek waar die kamp gaan plaasvind
        nie ŉ Cell C-sein het nie.
        Voeg ŉ funksie in sel G4 om die aantal deelnemers wat Cell C gebruik, te
        bepaal.                                                                              (3)

        LET WEL: Cell C-gebruikers het selnommers wat met 084 begin.

 3.6    Voeg ŉ funksie in sel H6 om die aantal deelnemers wat geen registrasiegeld
        betaal het nie, te bereken.                                                          (2)

 3.7    Voeg ŉ funksie in sel I8 om die uitstaande bedrag vir Rasheed te bereken.
        Kopieer die funksie sonder formatering (without formatting) na alle deelnemers.      (4)

 3.8    Buso Noel ontvang ŉ geskenk van R1500,00 deur die skool. Sy besluit om haar
        uitstaande bedrag en die van Wessels Jane te betaal.
        Bereken in sel J11 die geld wat sy oor het.                                          (3)

 3.9    Gebruik ŉ sigbladfunksie om ŉ groen vul met donkergroen teks op alle BnB-
        akkommodasie in Kolom K toe te pas.                                                  (3)

 3.10 Gebruik ŉ funksie in sel M6 om die totale bedrag te bepaal wat deur
      deelnemers betaal word wie se eerste aktiwiteit ‘Whatif’ is.                           (4)

 3.11 Die organiseerders het besluit om alle deelnemers wat geen registrasiegeld
      betaal het nie, daaraan te herinner deur ŉ e-pos aan hulle te stuur.
      Voeg ŉ funksie in sel P8 om die teks ‘Send email’ aan SLEGS die deelnemers
      wat geen registrasiegeld betaal het nie, te vertoon.
      Kopieer die funksie na alle deelnemers.                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2022)

3.12   Gebruik die inligting in sel A40:B44 om ŉ grafiek van die aantal deelnemers
       per klas soos volg te skets:

       •   3D-gegroepeerde (clustered) grafiek.
       •   Formateer kaartgebied met enige gradiëntvul van jou keuse.
       •   Formateer datareekse tot volle keël (full cone).
       •   Voeg data-etikette in wat slegs die aantal deelnemers aandui.
       •   Formateer die X-as met binnemerkies (inside tick marks).
       •   Pas ŉ filter toe om nie graad 10-deelnemers te wys nie.
       •   Gebruik ŉ sigbladfunksie om die grafiek na die nuwe blad met die naam
           My Graph te skuif.                                                         (10)
                                                                                      [41]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              9

 VRAAG 4: DATABASIS

 ŉ Databasis met inligting van al die deelnemers is ontwerp en gestoor. Verander
 die databasis deur die volgende te doen.

 Open die 4_Learners databasis.

 4.1   Formateer die Entries tabel as volg:

       4.1.1 Verander die formaat van die Surname-veld om die teks in hoofletters
             te vertoon.                                                                (1)

       4.1.2 Stel die veld van die Surname-veld in sodat dit nie meer as 15
             karakters kan aanvaar nie.                                                 (1)

       4.1.3 Voeg ŉ nuwe veld ‘Image’ tussen Name en DOB velde in, sodat dit
             foto’s kan stoor.                                                          (3)

       4.1.4 Voeg ŉ geldigheidsreël (validation rule) in by die DOB-veld sodat dit
             slegs deelnemers vanaf die ouderdom 01 Januarie 2003 tot
             31 Desember 2005 aanvaar. Voeg ŉ geskikte geldigheidsboodskap
             (validation message) by.                                                   (2)

       4.1.5 Stel die veldeienskappe van die UserCode-veld in om te verseker dat
             die gebruiker ŉ kode vir die deelnemers in die volgende formaat
             invoeg.
             • Twee letters in kleinletters
             • Gevolg deur '*'
             • Gevolg deur een of twee syfers.                                          (4)

       4.1.6 Verander die akkommodasie-veld om ŉ aftreklys met die volgende
             opsies te vertoon:
               •     BnB
               •     Lodge
               •     Hotel                                                              (2)

 4.2   Skep ŉ vorm genaamd ‘Participants’ gebaseer op die Participants-tabel.

       •   Sluit slegs die volgende velde in: Surname, Name, Grade en
           Accommodation.
       •   Skep ŉ etiket in die vorm kopskrif (header) en voer jou naam in.
       •   Plaas ŉ skaduwee rand (shadowed border) om die etiket met jou naam.
       •   Voeg vandag se datum in as ŉ veld in die vormvoetskrif (footer).
       •   Voeg ŉ aksieknoppie in die vormvoetskrif in om die vorm te sluit.            (6)

 4.3   Skep ŉ navraag genaamd Query 4_3 gebaseer op die Participants-tabel.

       •   Vertoon slegs die volgende velde: Surname, Name, DOB, Grade en
           Cell Number.
       •   Toon alle graad 10 en 11 leerders wat in 2004 gebore is.
       •   Sorteer die navraag in alfabetiese volgorde volgens Surname.                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2022)

 4.4   Daar het organiseerders lugtyd ontvang wat geborg is deur ŉ
       telekommunikasiemaatskappy. Maak die navraag Query 4_4 oop en verander
       die navraag as volg:

       •   Alle deelnemers wat 073 of 083 selnommers gebruik, sal die geborgde
           lugtyd ontvang.
       •   Slegs die deelnemers wat R300.00 en meer betaal het, sal geborg word.
       •   Slegs die Surname, Name en Registration fee-velde moet verskyn.             (6)

 4.5   Skep ŉ verslag Report 4_5 gebaseer op die Participants-tabel soos volg:

       •   Vertoon alle velde behalwe Accommodation- en Cateringvelde.
       •   Groepeer volgens Grade en dan Town.
       •   Sorteer volgens die Surname-veld.
       •   Verander die oriëntasie van die verslag na landskap.
       •   Verander die opskrif van die verslag na ‘Report Girl Child’.
       •   Voeg ŉ berekende veld in die Grade-voetskrif om die aantal deelnemers
           per graad te bereken.
       •   Voeg ŉ geskikte beskrywing vir die berekende veld in.                      (9)
                                                                                     [38]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               11

 VRAAG 5: HTML

 Maak die onvolledige 5_ Leadershp Games.html-webblad in ŉ webblaaier en ook in
 ŉ teks-redigeerder oop. Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word gebruik
 om die HTML-vraag te beantwoord NIE.

 LET WEL:
 • Vraagnommers verskyn as kommentaar (‘comments’) in die kodering om jou te lei
   waar om die antwoord(e) in te voeg.
 • ŉ HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg.

 Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

 5.1    Voeg ŉ HTML-kode in sodat die teks ‘Girl Child’ in die blaaier (browser)
        verskyn.                                                                            (1)

 5.2    Formateer die paragraaf onder Minefield soos volg:

        • Font grootte moet 4 wees.
        • Font tipe moet Book Antiqua wees.
        • Paragraaf moet in kursief wees.                                                   (4)

 5.3    Wysig die merkers sodat die prentjie onder die opskrif Minefield korrek
        vertoon. Verander ook die volgende:

        • Wydte en hoogte van die prentjie na 100.
        • Prentjie moet gesentreer wees.
        • Wys die teks ‘IMAGE’ as die prent nie vertoon kan word nie.                       (4)

 5.4    Wysig die horisontale lyn onder die prentjie onder die opskrif Minefield om rooi
        te wees (kode ‘ff0000’) en dikte van 80%.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

5.5   Wysig die lys onder die opskrif ‘Human knot’ as volg:

      • Verander die lys na ŉ geordende lys.
      • Die lys moet in Romeinse hoofletters wees.                                       (3)

5.6   Plaas ŉ raam (border) met wydte van 2pt rondom die prentjie onder die opskrif
      ‘Human knot’.                                                                      (2)

5.7   Soek die teks ‘Go to Website’ aan die einde van die webwerf. Skep ŉ skakel
      (link) na hierdie teks om na die gegewe webwerf te skakel (link).                  (3)

      Sluitingsmerker(s) of driehoekige hakies en nesting korrek gebruik.                (1)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                             13

 VRAAG 6: ALGEMEEN

 6.1   Open die sigblad 6_Export en verander as volg:

       6.1.1    Maak seker dat die sigblad op EEN bladsy verskyn wanneer dit
                gedruk word.
                Moenie kolomgroottes en lettergrootte verminder nie.                       (1)

       6.1.2    Sentreer die sigblad horisontaal op die bladsy.                            (1)

       6.1.3    Die boonste ry moet boaan elke bladsy herhaal word wanneer dit
                gedruk word.                                                               (1)

       6.1.4    Filter die data sodat SLEGS deelnemers van ‘Lady Frere’ sal vertoon.       (2)

       6.1.5    Stoor die sigblad 6_Export as ŉ PDF-dokument genaamd 6_Export
                Data.                                                                      (1)

 6.2   Die organiseerders het versoek dat jy koeverte voorberei wat die resultate vir
       elke deelnemer sal stoor. Maak ŉ nuwe woorddokument oop en gebruik ŉ
       saamvoegfunksie (‘mail merge’) om die koeverte soos volg te adresseer.

       •   Gebruik die sigblad 6_Merge Info as ŉ brondokument.
       •   Sorteer die ontvangerslys (Recipient list) in stygende volgorde van Towns.
       •   Voeg die volgende velde in: Surname, Name en Town.
       •   Voltooi die saamvoeging en stoor alle koeverte as
           6_ Merged_Envelopes.                                                           (5)
                                                                                         [11]

                                                                            TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              (EC/NOVEMBER 2022)

                         ANNEXURE A - HTML MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
             Basiese Merkers (Basic Tags)                                      Formatting Tags continued
       Merker (Tag)                    Beskrywing                        Merker (Tag)               Beskrywing
<body></body>                 Definieer die liggaam van die        <li></li>                 Word voor elke lysitem
                              webblad                                                        ingevoeg, en voeg dan ŉ
<body                         Stel die agtergrondkleur van                                   nommer of simbool by
bg colour="pink">             die webblad                                                    afhangende van die tipe lys
                                                                                             wat geselekteer is
<body text="black">              Stel die kleur van die            <img src="name">          Voeg ŉ prent in
                                 liggaamteks
<head></head>                    Bevat inligting oor die           <img src="name"             Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                                 dokument                          align="left">               ''right", "center"; "bottom",
                                                                                               "top", "middle'' wees
<html></html>                Skep ŉ HTML-dokument –                <img src="name"             Stel die grootte van die
                             begin en eindig 'n webblad            border="1">                 raam rondom ŉ prent
<title></title>              Definieer 'n titel vir die            <img src="name"             Stel die hoogte en breedte
                             dokument                              width="200" height          van ŉ prent
<!-- -->                     Kommentaar                            ="200">
               Teksmerkers (Text Tags)                             <img src="name"             Vertoon alternatiewe teks
           Tag                       Description                   alt="alternative            wanneer die muis oor ŉ
<hl></hl>                    Skep die grootste opskrif             text">                      prent gehou word of
                                                                                               wanneer die prent nie
                                                                                               gevind word nie
<h6></h6>                        Skep die kleinste opskrif         <hr/>                       Voeg ŉ horisontale lyn in
<b></b>                          Skep teks in vetdruk              <hr size="3"/>              Stel die grootte (hoogte)
                                                                                               van ŉ reël
<i></i>                          Skep teks in skuinsdruk           <hr width="80%"/>           Stel die breedte van ŉ lyn,
                                                                                               in persentasie of absolute
                                                                                               waarde
<font                         Stel fontgrootte van "1" tot "7"     <hr colour="ff0000"/>       Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>
<font                         Stel fontkleur                                     Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times             Stel fonttipe                              Merker (Tag)                  Beskrywing
New Roman"></font>
               Skakelmerkers (Link Tags)                           <table></table>             Skep ŉ tabel
       Merker (Tag)                    Beskrywing                  <tr></tr>                   Skep ŉ ry in ŉ tabel
<a href="URL"></a>            Skep ŉ hiperskakel                   <td></td>                   Skep ŉ sel in ŉ tabel
<a href="URL"><img            Skep ŉ prentskakel                   <th></th>                   Skep ŉ tabelopskrif (in ŉ sel
src="URL"></a>                                                                                 met algemene vetgedrukte,
                                                                                               gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>              Skep 'n teikenarea                <table width="50">          Stel die breedte van die
                                                                                               tabel
<a href="#NAME"></a>           Skakel na 'n teikenarea wat         <table border="1">          Stel die breedte van die
                               elders in die dokument                                          raam rondom die selle van
                               geskep is                                                       die tabel
           Formateringsmerkers (Formating Tags)                    <table                      Stel die spasie tussen die
                                                                   cellspacing="1">            selle van die tabel
          Merker (Tag)                    Beskrywing               <table                      Stel die spasie tussen ŉ
                                                                   cellpadding="1">            selraam en die inhoud
                                                                                               daarvan
<p></p>                          Skep ŉ nuwe paragraaf             <tr align="left">           Stel die inlynstelling vir die
                                                                                               sel(le) (kan ook ''center'' of
                                                                                               ''right'' wees)
<p align="left">                 Stel ŉ paragraaf links inlyn      <tr valign="top">           Stel die vertikale
                                 (verstek), kan ook ''right'' of                               inlynstelling vir sel(le) (kan
                                 ''center'' wees                                               ook ''middle'' of ''bottom''
                                                                                               wees)
<br/>                            Voeg ŉ reëlbreuk ('line           <td colspan="2">            Stel die getal kolomme
                                 break') in                                                    waaroor ŉ sel moet strek
<ol></ol>                        Skep ŉ genommerde lys             <td rowspan="4">            Stel die getal rye waaroor ŉ
                                                                                               sel moet strek
<ol type="A","a",                Definieer die tipe nommers
"I","i","1"></ol>                wat gebruik is
<ul></ul>                        Skep ŉ kolpuntlys
type="disc",                     Definieer die tipe kolpunte
"square","circle"></ul>          wat gebruik word

  Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                   15

                      TOEVOERMASKER(INPUT MASK) KARAKTERBLAD

  KARAKTER                                            BESKRYWING

        0            Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
        9
                     toegelaat nie)
                     Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
        #            ('blanks') in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar oop plekke word
                     verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens toegelaat)
        L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

        ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

        A            Letter of syfer (inskrywing vereis)

        a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)

       &             Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)

       C             Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                     Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter
    .,:;-/           wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die 'Regional Settings
                     Properties'-dialoogblokkie ('dialog box') in die 'Windows Control Panel' af.)

        <            Laat alle karakters na onderkas (‘lower case’) omgeskakel word

        >            Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word
                     Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon.
                     Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na
        !
                     regs.
                     Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
                     Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word (byvoorbeeld,
        \
                     \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2022-afrikaans/e2809ebc-9670-4466-a452-8071b779b065) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/16f486f7-2db9-48d5-8bbc-83c452f1d35b) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2019 Afrik .pdf R](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-afrik-pdf-r/69d346e5-bc82-4449-87ba-f362ad4ce87e) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [CAT P1 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-afrikaans/68b64e64-b2f5-423a-b30e-8d3160b3bf55) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/6a222374-3198-4e40-815c-af27e9aaaa89) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2018-afrikaans/09f74e14-0b85-4204-a996-fe96d9fc21b7) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Gr 11 Comp App Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-comp-app-tech-atp-2023-24/aacd75ce-8623-43e6-be2c-0ebb6ad91f55) — ATP

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
