# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2021-afrikaans/ffb82d6b-97ff-4848-87e3-db55fbbfa1a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2021-afrikaans/ffb82d6b-97ff-4848-87e3-db55fbbfa1a8)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2021

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, ŉ HTML-merkersblad, ŉ
                  toevoermasker-karakterblad en ŉ inligtingsblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
        daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal
        word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies
        wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
        eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld.

 2.     As jy op die netwerk werk, of die datalêers vooraf gelaai is, moet jy die
        instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. Anders sal
        die toesighouer ŉ CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) met al die lêers wat vir die
        eksamen benodig word, aan jou gee. Indien ŉ CD/DVD/geheueskyf (‘flash
        drive’) aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer
        op die CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) skryf.

 3.     Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheueskyf ('flash drive')
        inlewer wat deur die toesighouer aan jou gegee is, met AL jou antwoordlêers
        daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die
        netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan
        jou verduidelik is.

 4.     Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
        lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse
        inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie,
        verwyder NIE.

 5.     Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP
        VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die
        einde van die eksamen by die toesighouer in.

 6.     ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
        wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die toesighouer vir ŉ
        ander kopie vra.

 7.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.

 8.     Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
        meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 9.     Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
        gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
        moontlike kragonderbrekings.

 10.    Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

 11.    Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ŉ vraag vereis dat die
        antwoord in sel F3 in ŉ sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4
        in, sal dit NIE nagesien word NIE.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                3

 12.   Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’
       ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
       geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is.

 13.   Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op ‘English (South Africa)’ stel.
       Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret (‘Portrait’) is, tensy anders aangedui.
       Gebruik sentimeters as meeteenheid.

 14.   Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word.
       Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
       formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieer.

       LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte
                resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die
                bestaande data gemaak word.

 15.   Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag
       te beantwoord NIE.

 16.   Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheueskyf (‘flash drive’) wat jy saam met hierdie
       vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat
       jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 SCENARIO

 Elke jaar op 8 September vier die wêreld Wêreldgeletterdheidsdag (‘World Literacy
 Day’). Die doel van die dag is om mense bewus te maak van die hoë
 ongeletterdheidsyfer in die wêreld en om maatreëls toe te pas om dit te verminder.

 Jou skool het besluit om die graad 12-RTT-leerders te gebruik om digitale
 geletterdheid onder die lede van die gemeenskap te bevorder. Daar sal verskillende
 kursusse aangebied word om mense oor digitale geletterdheid op te voed.

 VRAAG 1: WOORDVERWERKING

 ŉ Dokument is geskep om meer inligting oor die Wêrelddag vir Geletterdheid te gee.

 Open en redigeer die 1_World Literacy Day-woordverwerkingsdokument.

 1.1    Plaas ŉ voorblad in die dokument. Die voorblad moet die volgende vertoon:

        1.1.1   Selekteer die Filigree Cover bladsy.                                      (1)

        1.1.2   Tik die dokumentnaam en datum in die vereiste veld. Skrap al die
                ander velde.                                                              (2)

 1.2    Die inhoudsopgawe is ingevoeg. Doen asseblief die volgende:

         Verander die inhoudsopgawe sodat Heading 2 se opskrifte verskyn.                (2)

 1.3    Wysig die bladsynommering sodat nommer 1 op die bladsy na die
        inhoudsopgawe verskyn.                                                            (3)

 1.4    Soek die paragraaf onder die opskrif ‘What is World Literacy Day?’ en pas ŉ
        Green Accent 6 skakering op die hele paragraaf toe.                               (2)

 1.5    Soek die teks Miriam Webster Dictionary met geel gemerk onder die opskrif
        History of International Literacy Day.
         Voeg ŉ voetnota in met die volgende verduideliking: Amerika se mees
          betroubare aanlyn woordeboek vir Engelse woorddefinisies, -betekenisse
          en -uitspraak.
         Verseker dat die voetnota onder die teks is.                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                  5

 1.6    Soek die prentjie Figuur 1 en skuif dit regs van die paragraaf soos hieronder
        getoon. Stel die grootte van die prentjie op hoogte 3.5 cm en wydte 7.5 cm.

                                                                                                (3)

 1.7    Soek die Plekhouer (Placeholder 1) wat in blou gemerk is. Verander die
        plekhouer deur die volgende bron in te voeg:

         Boektitel: Praktiese gids vir funksionele geletterdheid: ŉ opleidings
          metode vir ontwikkeling.
         Gepubliseer in 1973.                                                                  (3)

 1.8    Beklemtoon al die verskynsels van die woord ‘literacy’ deur die woorde vetdruk
        (‘bold’) te maak. Slegs ‘literacy’ in kleinletters mag verander word.                   (2)

 1.9    Stel die oriëntasie van SLEGS die tweede laaste bladsy op landskap.                     (2)

 1.10 Soek die tabel onder die opskrif International Literacy Day Dates en wysig dit
      as volg:

            Pas ŉ Grid Table 4 Accent 6 styl toe.
            Wysig die styl deur die teks horisontaal en vertikaal inlyn te stel.               (3)

 1.11 Gebruik ŉ woordverwerkingsfunksie om die aantal woorde in die dokument
      vanaf die opskrif ‘What is World Literacy Day?’ tot aan die einde van paragraaf
      4.5 te tel.                                                                               (1)
                                                                                               [27]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 2: WOORDVERWERKING

 ŉ Registrasievorm is geskep vir die deelnemers om in te vul en aan die
 registrasiekantoor te e-pos.

 Open die woordverwerkingsdokument 2_Registration Form en verander die
 dokument as volg.

 2.1    Stel die boonste en onderste bladsy-kantlyne op 1 cm.                                 (1)

 2.2    Voeg ŉ dubbellyn-bladsyrand vir die bladsy in.                                        (1)

 2.3    Sentreer die prentjie en pas ŉ sagterand ovaal prentjie-styl (‘Soft Edge
        Oval’) toe.                                                                           (2)

 2.4    Stel die teksvormveld vir die titel op as volg:
         Maksimum lengte tot 4
         Teksformaat na hoofletters                                                          (2)

 2.5    Verander die aftrekvormveld vir Gender field om die volgende in te sluit:
         Mans en Vrouens as keuse-opsies.
         Voeg ŉ hulpboodskap in ‘Vir akkommodasie-doeleindes’ by die hulpteks.               (3)

 2.6    Verander die horisontale hiërargie vir die kursusse om soos die prent
        hieronder te lyk.

                                                                                              (3)

 2.7    Soek die teks, ‘Insert here’ en voeg die pdf-lêer ‘Benefits-digital-literacy.pdf’
        as ŉ ‘embedded’ lêer in. Die lêer moet as ŉ ikoon vertoon word.                       (3)

 2.8    Voeg die teks, ‘Registrasievorm’ in die onderskrif van die dokument by. Blok
        die teks aan die regterkant.                                                          (2)
                                                                                             [17]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                  7

 VRAAG 3: SIGBLAD

 Verskeie kursusse sal vir die lede van die gemeenskap aangebied word en hul
 moet daarvoor registreer. ŉ Sigblad 3_Attendees is geskep om al die deelnemers
 aan te teken.

 Open die 3_Attendees-sigblad en werk in die Attendee_Info-werkblad.

 3.1    Verbeter die leesbaarheid van die sigblad                   deur   die   volgende
        formateringsfunksies op die werkblad toe te pas.

        3.1.1         Voegsaam en sentreer A1 tot X2.                                           (1)

        3.1.2         Stel die opskrifte vanaf A8 tot G8 horisontaal en vertikaal inlyn.        (1)

        3.1.3         Gebruik die woordverwerkingsfunksie om te verseker dat die
                      inhoud in rye 1 tot 8 op die skerm bly wanneer die gebruiker na
                      onder blaai.                                                              (1)

 3.2    Gebruik ŉ funksie in sel G7 om vandag se datum in die formaat
        yyyy-mmmm-dd by te voeg.                                                                (2)

 3.3    Gebruik ŉ geskikte funksie in sel B9 om ŉ geskikte titel vir die deelnemer by
        te voeg. Die manlike deelnemers moet ‘Mnr’ hê as titel en die vroulike
        deelnemers moet ‘Me’ hê.                                                                (3)

 3.4    Voeg ŉ funksie in sel S10 om die aantal kursusse wat Ewie Langhon gaan
        bywoon, te bereken.                                                                     (3)

 3.5    Die bedrag vir elke kursus is in sel V7. Bereken in sel U11 die totale bedrag
        wat Bambie Mulles vir sy kursusse sal betaal. Maak seker dat die formule
        korrek sal werk as dit af gekopieer word.                                               (3)

 3.6    Barnabas het besluit om al 11 kursusse te doen en het 75% van die totale
        bedrag betaal. Bereken die bedrag wat Barnabas betaal het in sel V13.                   (2)

 3.7    Gebruik ŉ woordverwerkingsfunksie in kolom D (‘Last Name’) om enige
        iemand wat nie ŉ skootrekenaar het nie, outomaties met die kleur van jou
        keuse te verhelder.                                                                     (3)

 3.8    Die deelnemers word in vier spanne gegroepeer, afhangende van hoeveel
        kursusse hulle doen.
           Greens is vyf kursusse en minder.
           8 kursusse en minder is Blues.
           10 kursusse en minder is Reds.
           Meer as tien kursusse is Yellows.

        Voeg ŉ funksie in sel W9 om vas te stel in watter span Ogdon Polly is.
        Kopieer die formule na die ander selle.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.9    Die organiseerders het besluit om afslag te gee aan deelnemers wat ŉ
        skootrekenaar besit en reeds ŉ deposito van R50,00 betaal het.

        Voeg ŉ funksie in sel X9 om die teks 'Korting' te vertoon vir diegene wat wel
        vir afslag kwalifiseer, en laat die sel leeg vir diegene wat nie kwalifiseer nie.    (4)

 3.10   Voeg ŉ funksie of ŉ formule in sel G111 om die huidige ouderdom van die
        laaste persoon, Nichole, te bepaal en te vertoon. Hierdie funksie of formule
        moet die regte ouderdom gee, selfs al verander die huidige datum.                    (3)

 3.11   Gebruik ŉ LOOKUP funksie in sel G113 om te bepaal hoeveel deelnemers
        die Budget Intermediate Course gedoen het. Gebruik die inligting in die
        Statistics werkblad.                                                                 (5)

 3.12   Voeg ŉ funksie in sel G115 om die totale bedrag te bereken wat deur die
        deelnemers wat ŉ skootrekenaar besit, betaal sal word.                               (4)

 3.13   ŉ Grafiek is in die Statistics-werkblad geskep. Verander die grafiek as volg:

         Formateer die kaartarea (‘chartarea’) van die grafiek deur die prentjie,
          3Digital Literacy, wat in jou datalêer gevind kan word, as ŉ
          agtergrondfoto by te voeg.
         Stel die deursigtigheid van die prentjie op 50%.
         Gebruik ŉ filteropsie en verwyder die twee kursusse, Typing a letter en
          Budget.
         Voeg ŉ data-uitwysetiket (‘callout’) by die gewildste kursus.
         Gebruik ŉ sigbladfunksie om die grafiek na ŉ nuwe werkblad genaamd
          Graph te skuif.                                                                    (7)
                                                                                            [46]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                  9

 VRAAG 4: DATABASIS
 Die inligting van die deelnemers moet in ŉ databasis gestoor word. Verander die
 gegewe databasis in die aansigblad (design view), behalwe as anders versoek
 word.

 Open 4_Digital Literacy databasis en doen die volgende:
 4.1   Tabel: Personal Information
       4.1.1    Voeg ŉ geldigheidsreël (‘validation rule’) in by die Date of Birth-veld
                om te verhoed dat die gebruiker ŉ datum later as die huidige datum
                kan invoeg.                                                                  (3)
       4.1.2    Elke kursus het ŉ kode. Voeg ŉ invoermasker (‘input mask’) by die
                Course Code-veld om slegs ŉ kode in die volgende formaat te
                aanvaar:
                 Drie opsionele syfers,
                 gevolg deur ŉ koppelteken,
                 gevolg deur drie verpligte hoofletters,
                  bv. 22-DLC, 1-SBE of 398-KPP.                                              (4)

       4.1.3    Voeg ŉ kombinasieblokkie (‘combo box’) in vir die Course-veld, sodat
                die lys van kursusse gekies kan word.
                Die kursusse word in die tabel Course Information gestoor.                   (3)
 4.2   Open die vorm Attendee Information.
       Voeg ŉ funksie in by die besonderhede-oortjie (‘details tab’) om:
        Die ouderdom van die deelnemer in jare te bereken.
        ŉ Funksie te formateer sodat die ouderdom as ŉ heelgetal vertoon.
        ŉ Geskikte etiket in te voeg vir die berekende ouderdom.                            (6)

 4.3   Navrae

       4.3.1    Verander Qry4_3_1 om:
                 Alle deelnemers van 18 jaar en jonger te vertoon.
                 Die deelnemers te sorteer volgens die vlak van geletterdheid
                  (‘Level of Literacy’) in dalende volgorde.                                 (3)

       4.3.2    Die organiseerders wil Internet data aan die deelnemers gee. Slegs
                Vodacom-koopbewyse is beskikbaar. Hulle het besluit om geld aan
                ander deelnemers te gee.

                Verander Qry4_3_2 as volg:
                 Wys alle gebruikers wat nie Vodacom gebruik nie.
                 Skep ŉ berekende veld genaamd Data om die geld vir elke
                  persoon te bereken. Elke persoon sal ŉ toelaag van R30 per dag
                  kry.
                 Bereken in die gegewensblad (‘datasheet view’) die totale bedrag
                  wat aan die deelnemers bestee sal word.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 4.4   Verslag

       Skep ŉ verslag genaamd rpt4_4 gebaseer op die tabel vir deelnemers-
       inligting (‘Attendee Information Table’).
          Toon slegs die volgende velde: Last Name, Date of Birth, Gender, No of
           Courses, Level of Literacy en No of days to attend.
          Groepeer die rekords volgens die geslag (Gender).
          Sorteer dan volgens die vlak van geletterdheid (‘Level of Literacy’).
          Vertoon die verslag in landskapformaat.
          Voeg ŉ funksie in die groepvoetskrif in om die aantal vroulike en manlike
           deelnemers te bereken.
          Voeg ŉ beskrywende byskrif vir die berekening.
          Verseker dat al die data volledig vertoon word.

       Stoor en sluit die rpt4_4.                                                       (10)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 11

 VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)

 Maak die onvolledige 5_Digital Literacy.html-webblad in ŉ webblaaier en ook in ŉ
 teks-redigeerder oop. Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word gebruik
 om die HTML-vraag te beantwoord NIE.

 LET WEL:
  Vraagnommers verskyn as kommentaar (‘comments’) in die kodering om jou te lei
   waar om die antwoord(e) in voeg. MOENIE hierdie kommentaar uitvee NIE.
  ŉ HTML-merkersblad is vir jou verwysing aangeheg.

 Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

 5.1    Stel die webblad se kleur op Cream.                                                   (2)

 5.2    Stel die fout reg wat plaasgevind het toe die webmeester ŉ foto ingevoeg het.
        Sentreer die prentjie.                                                                (3)

 5.3    Los die fout op onder die opskrif ‘What are the challenges to digital literacy?’
        met behulp van kolpunte deur ‘square’ kolpunte (‘bullets’) in te voeg.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 5.4    Verander die tabel as volg:
         Verander die kleur van die tafel na pienk.
         Die border moet 5 pt wees en breedte 70%.
         Ry 7 moet oor die drie kolomme saamgevoeg (‘merged’) word; die teks
          moet sentreer word en in vetdruk wees.                                           (6)

 5.5    Skep ŉ skakel (‘link’) op die teks onder die tabel om die Brochure-file wat in
        die datalêer is, oop te maak.                                                      (3)
                                                                                          [17]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               13

 VRAAG 6: ALGEMEEN

 Open 6_Digital Technology in SA en verander die dokument as volg:

 6.1    Soek die twee woorde, ‘South Africa’ in die eerste paragraaf. Gebruik ŉ
        woordverwerkingsfunksie om te verseker dat die twee woorde bymekaar bly,
        selfs al word dit na die volgende reël gedruk.                                     (1)

 6.2    Vind die paragraaf wat ŉ raampie om het en gevul is met ŉ oranje-vul op die
        eerste bladsy. Skuif dit en plak dit aan die einde van die dokument sonder om
        die huidige formatering te behou.                                                  (2)

 6.3    Die skrywer (‘author’) van die dokument het twee veranderinge in die
        dokument aangebring. Soek die twee veranderinge en aanvaar dit.                    (1)

 Open 6_Compare

 6.4    Gebruik ŉ woordverwerkingsfunksie om die twee dokumente te vergelyk:
        6_Compare en 6_Compare 1. Maak ŉ skermkopie (‘screenshot’) van die
        resultate en plak dit aan die einde van die 6_Compare dokument.                    (4)
                                                                                           [8]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
    14                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2021)

                           BYLAE A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
             Basiese Merkers (Basic Tags)                                      Formatting Tags continued
       Merker (Tag)                    Beskrywing                        Merker (Tag)               Beskrywing
<body></body>                 Definieer die liggaam van die        <li></li>                 Word voor elke lysitem
                              webblad                                                        ingevoeg, en voeg dan ŉ
<body                         Stel die agtergrondkleur van                                   nommer of simbool by
bg colour="pink">             die webblad                                                    afhangende van die tipe lys
                                                                                             wat geselekteer is
<body text="black">              Stel die kleur van die            <img src="name">          Voeg ŉ prent in
                                 liggaamteks
<head></head>                    Bevat inligting oor die           <img src="name"             Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                                 dokument                          align="left">               ''right", "center"; "bottom",
                                                                                               "top", "middle'' wees
<html></html>                Skep ŉ HTML-dokument –                <img src="name"             Stel die grootte van die
                             begin en eindig ŉ webblad             border="1">                 raam rondom ŉ prent
<title></title>              Definieer ŉ titel vir die             <img src="name"             Stel die hoogte en breedte
                             dokument                              width="200" height          van ŉ prent
<!-- -->                     Kommentaar                            ="200">
               Teksmerkers (Text Tags)                             <img src="name"             Vertoon alternatiewe teks
           Tag                       Description                   alt="alternative            wanneer die muis oor ŉ
<hl></hl>                    Skep die grootste opskrif             text">                      prent gehou word of
                                                                                               wanneer die prent nie
                                                                                               gevind word nie
<h6></h6>                        Skep die kleinste opskrif         <hr/>                       Voeg ŉ horisontale lyn in
<b></b>                          Skep teks in vetdruk              <hr size="3"/>              Stel die grootte (hoogte)
                                                                                               van ŉ reël
<i></i>                          Skep teks in skuinsdruk           <hr width="80%"/>           Stel die breedte van ŉ lyn,
                                                                                               in persentasie of absolute
                                                                                               waarde
<font                         Stel fontgrootte van "1" tot "7"     <hr colour="ff0000"/>       Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>
<font                         Stel fontkleur                                     Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times             Stel fonttipe                              Merker (Tag)                  Beskrywing
New Roman"></font>
               Skakelmerkers (Link Tags)                           <table></table>             Skep ŉ tabel
       Merker (Tag)                    Beskrywing                  <tr></tr>                   Skep ŉ ry in ŉ tabel
<a href="URL"></a>            Skep ŉ hiperskakel                   <td></td>                   Skep ŉ sel in ŉ tabel
<a href="URL"><img            Skep ŉ prentskakel                   <th></th>                   Skep ŉ tabelopskrif (in ŉ sel
src="URL"></a>                                                                                 met algemene vetgedrukte,
                                                                                               gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>              Skep ŉ teikenarea                 <table width="50">          Stel die breedte van die
                                                                                               tabel
<a href="#NAME"></a>           Skakel na ŉ teikenarea wat          <table border="1">          Stel die breedte van die
                               elders in die dokument                                          raam rondom die selle van
                               geskep is                                                       die tabel
           Formateringsmerkers (Formating Tags)                    <table                      Stel die spasie tussen die
                                                                   cellspacing="1">            selle van die tabel
          Merker (Tag)                    Beskrywing               <table                      Stel die spasie tussen ŉ
                                                                   cellpadding="1">            selraam en die inhoud
                                                                                               daarvan
<p></p>                          Skep ŉ nuwe paragraaf             <tr align="left">           Stel die inlynstelling vir die
                                                                                               sel(le) (kan ook ''center'' of
                                                                                               ''right'' wees)
<p align="left">                 Stel ŉ paragraaf links inlyn      <tr valign="top">           Stel die vertikale
                                 (verstek), kan ook ''right'' of                               inlynstelling vir sel(le) (kan
                                 ''center'' wees                                               ook ''middle'' of ''bottom''
                                                                                               wees)
<br/>                            Voeg ŉ reëlbreuk ('line           <td colspan="2">            Stel die getal kolomme
                                 break') in                                                    waaroor ŉ sel moet strek
<ol></ol>                        Skep ŉ genommerde lys             <td rowspan="4">            Stel die getal rye waaroor ŉ
                                                                                               sel moet strek
<ol type="A","a",                Definieer die tipe nommers
"I","i","1"></ol>                wat gebruik is
<ul></ul>                        Skep ŉ kolpuntlys
type="disc",                     Definieer die tipe kolpunte
"square","circle"></ul>          wat gebruik word

    Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                15

                      TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’)-KARAKTERBLAD

   KARAKTER                                            BESKRYWING
                       Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat
         0
                       nie)
                       Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
         9
                       toegelaat nie)
                       Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
                       (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar oop plekke word
         #
                       verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens
                       toegelaat)
         L             Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

         ?             Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

         A             Letter of syfer (inskrywing vereis)

         a             Letter of syfer (inskrywing opsioneel)

         &             Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)

         C             Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                       Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
                       karakter wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die
      .,:;-/           'Regional Settings
                       Properties'-dialoogblokkie (‘dialog box’) in die ‘Windows Control Panel’ af.)
         <             Laat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word

         >             Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word
                       Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, vertoon.
                       Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links
         !
                       na regs.
                       Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
                       Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
         \
                       (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2021)

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2021

INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word)

SKOOL:

NAAM:

WERKSTASIENOMMER: _______________________________

SUITE GEBRUIK (Maak                 Microsoft Office    Microsoft Office    Microsoft Office         Office 365
ŉ kruisie in die                         2010                2013                2016
toepaslike blokkie (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                                      Ander
(VRAAG 6)                                                                                            (Spesifiseer)
                                    Mozilla Firefox     Google Chrome      Internet Explorer
(Maak ŉ kruisie in die
toepaslike blokkie (X))

LÊERGIDSNAAM:

Maak ŉ regmerkie langs lêername indien dit gestoor en/of gepoog is.

Vraagnommer         Lêernaam        Gestoor    Gepoog     Maksimum   Maksimum   Nasiener     HvD    Groep        EM
                                     (√)         (√)        punt      behaal

     1         1_World Literacy                             27
                    Day
     2         2_Registration                               17
                   Form
     3          3_Attendees                                 46
     4         4_Digital Literacy                           35

     5        5_Digital Literacy                            17

     6           6_Digital                                  8
              Technology in SA
                6_Compare
               6_Compare 1
                                              TOTAAL:      150

Kommentaar (slegs vir die nasiener)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2020-afrikaans/8de0d6b8-beca-46cb-8a39-0618c4e464e6) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/12bb0431-212d-4b16-b0b7-e634ff19745f) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Computer Applications Technology · Memo · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-eng-d/1b3ca7d1-9908-4164-be1b-cb607c6c21e1) — Computer Applications Technology · Memo · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2021-eng/5be0bf0e-69bd-4481-9ce4-d56745874ad6) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — QP · 2021 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
