# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-afrikaans/2c2fc836-27e6-49e5-8aca-43701c9effa2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2022-afrikaans/2c2fc836-27e6-49e5-8aca-43701c9effa2)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2022

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, ŉ HTML-merkersblad, ŉ
                   toevoermasker-karakterblad en ŉ inligtingsblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om
      daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal
      word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies
      wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die
      eksamen sal die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld.

2.    As jy op die netwerk werk, of die datalêers is vooraf op jou stelsel gelaai, moet
      jy die instruksies volg wat deur die opsiener/opvoeder verskaf is.

3.    Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
      op die netwerk/rekenaar gestoor is soos deur die toesighouer/opvoeder aan
      jou verduidelik is.

4.    Maak absoluut seker dat alle lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
      lêers/lêergidse stoor nie en MOENIE duplikaat antwoordlêers/lêergidse
      inhandig nie. MOENIE enige oorspronklike lêers uitvee waaraan jy nie gewerk
      het nie.

5.    Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien is, MOET NA DIE DRIE-
      UUR EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Gee dit aan die toesighouer aan
      die einde van die eksamen.

6.    ŉ Afskrif van die meesterlêers (‘Master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
      wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, kan jy ŉ ander kopie van die
      opsiener aanvra.

7.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.

8.    Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
      meer doen as wat die vraag vereis NIE.

9.    Maak seker dat jy elke dokument stoor met die lêernaam wat in die vraestel
      gegee word. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen moontlike
      kragonderbrekings.

10.   Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.   Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ŉ vraag vereis dat die
      antwoord in sel F3 in ŉ sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4
      in, sal dit NIE nagesien word NIE.

12.   Maak seker dat die streeksinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’
      ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en
      geldeenheidsinstellings (‘currency settings’) korrek ingestel is.

13.   In alle vrae wat woordverwerking behels, moet jy die taal op English (‘South
      Africa’) stel. Die papiergrootte word aanvaar as A4 Portret (‘Portrait’), tensy
      anders aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 3

 14.   Maak seker dat die ‘Developer’-oortjie en Liniaal (‘Ruler’) geaktiveer is.

 15.   Maak seker dat die desimale simbool (‘decimal symbol’) as ŉ punt ('.') ingestel is
       en dat die lys-skeikarakter (‘List separator’) as ŉ komma (',') ingestel is.

 16.   Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word.
       Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
       formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieer.

       LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte
                resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die
                bestaande data gemaak word.

 17.   Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag
       te beantwoord NIE.

 18.   Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die
       lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy
       met hierdie eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

SCENARIO

Soos tegnologie in die algemeen, het sosiale media beide ŉ goeie kant en ŉ slegte
kant. Wat die sosiale media-effekte op tieners betref, is daar voor- en nadele. Jou
skool het besluit om ŉ veldtog te voer oor veilige gebruik van sosiale netwerke.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

ŉ Dokument is geskep om ŉ paar basiese feite oor veilige gebruik van sosiale
netwerke te gee.

Maak die 1_ Social Networks-woordverwerkingsdokument oop.

1.1   Skep ŉ nuwe karakterstyl in die dokument as volg:

      1.1.1    Noem die nuwe karakterstyl Media.                                         (1)

      1.1.2    Stel die lettergrootte op 17 pt.                                          (1)

      1.1.3    Stel paragraafspasiëring op 18 na die paragraaf.                          (1)

      1.1.4    Pas die Media-styl toe op die eerste opskrif in die dokument, ‘What is
               social media?’                                                            (1)

1.2   Pas ŉ Drop Cap-kenmerk toe op die eerste letter van die woord ‘Social’ in die
      eerste paragraaf, sodat dit oor 2 reëls en 0.2 cm weg van die teks af verskyn.     (3)

1.3   Voeg ŉ voetnota in op die geel gemerkte teks ‘social media’ in paragraaf 2
      gevind as volg:

      1.3.1    Gebruik die voetnota Wingdings-simbool  (karakterkode 70).               (2)

      1.3.2    Voeg die teks ‘https://www.investopedia.com’ by die voetnota in.          (1)

1.4   Vind die teks ‘Facebook’ in paragraaf 3. Voeg ŉ aanhaling (citation) op die teks
      as volg:

      1.4.1    Tipe bron: Film                                                           (1)

      1.4.2    Titel: Die Sosiale Netwerke                                               (1)

      1.4.3    Maak seker dat die APA-styl gekies is.                                    (1)

1.5   Stel die proeftaal (‘proofing language’) vir die hele dokument op English South
      African.                                                                           (1)

1.6   Gebruik ŉ woordverwerkingskenmerk (feature) om te verseker dat die teks in
      die paragraaf onder die opskrif ‘TikTok’ op dieselfde bladsy verskyn.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 5

1.7    Wysig al die kolpunte onder die opskrif ‘Why teens use social media?’ as volg:

       1.7.1     Vervang die kolpunte met die 1_SN.jpg prentjie wat in jou
                 eksamenlêer gevind kan word                                                 (1)

       1.7.2     Die posisie (alignment) van die kolpunte moet na sentreer verander
                 word                                                                        (1)

1.8    Vind die kolpuntlys op die paragraaf onder die opskrif: ‘What are the benefits
       of social media for teenagers?’ en doen die volgende:

       1.8.1     Die teks moet in twee kolomme met ŉ lyn tussenin wees.                      (2)

       1.8.2     Gebruik die woordverwerkingskenmerk om te verseker dat daar vier
                 kolpunte in elke kolom is.                                                  (1)

1.9    Vind die kolpuntlys onder die opskrif ‘What are the risks of using social media?’
       Skep ŉ multi-vlaklys (multi-level list) en pas dit toe as volg:

       1.9.1     Voeg nommering I, II, III... in vir die 1ste vlak op 1 cm en
                 i, ii, iii ... vir die 2de vlak op 2 cm soos in die voorbeeld hieronder
                 vertoon word.                                                               (4)

1.10   Pas bladsynommering toe op die dokument as volg:

       1.10.1    Gebruik die Arrow 1-styl.                                                   (1)

       1.10.2    Geen bladsynommer op eerste bladsy nie.                                     (1)

       1.10.3    Moet onewe en ewe getalle wees.                                             (2)

1.11   Soek die teks ‘Back to the Top’ aan die einde van die dokument. Hiperskakel
       hierdie teks na die bokant van die dokument.                                          (2)

1.12   Versteek (Hide) die teks ‘adapted from https://parents.au.reachout.com’,
       aan die einde van die dokument.
       LET WEL: MOENIE hierdie teks uitvee (delete) nie.                                     (1)

       Stoor en maak 1_Social Networks toe.                                                [31]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 2: WOORDVERWERKING

Jy word versoek om die strooibiljet wat geskep is, te wysig. Hierdie strooibiljet sal
aan studente versprei word vir bewusmaking.

Maak die 2_Flyer-woordverwerkingsdokument oop en wysig die dokument om soos
die een hieronder te vertoon.

2.1   Verander die ‘SmartArt’ na Cycle Diverging Radial.                                  (1)

2.2   Voeg ALLE teks in soos dit in die prentjie verskyn.                                 (1)

2.3   Voeg die 2_SN.jfif prentjie wat in die eksamenlêer gevind kan word in as volg:
      • In die middel van die ‘SmartArt’.
      • Verander die grootte van die prentjie na 2.5 cm x 2.5 cm.
      • Stel die prentstyl op sagte rand ovaal (soft edge oval).                          (5)

2.4   Formateer die ‘SmartArt’ as volg:

      •   Voeg ŉ vormvulling (shape fill) kleur van jou keuse in.
      •   Voeg ŉ blou vormomtrek (shape outline) in met ŉ gewig van 2¼ pt.                (3)

      Stoor en maak 2_Flyer toe.                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 7

VRAAG 3: SIGBLAD

ŉ Sigblad 3_Survey is geskep om die resultate van die opname wat deur die leerders
gedoen is, aan te teken.

Maak die 3_ Survey-sigblad oop en werk in die Summary-werkblad.

3.1    Ry 1 en ry 2 moet as volg verander word:

       3.1.1    Voeg selle A1:U2 saam                                                         (1)

       3.1.2    Sentreer die opskrif horisontaal en vertikaal                                 (1)

       3.1.3    Agtergrond (vul) -kleur moet standaard groen wees                             (1)

       3.1.4    Verander lettertipekleur van die opskrif na wit                               (1)

3.2    Maak seker dat die inhoud van sel S4 sigbaar is sonder om die wydte van die
       kolom te vergroot.                                                                     (1)

3.3    Verander die formaat van die geboortedatums (kolom D), sodat die datum in die
       formaat dd-mm-jjjj vertoon word en kopieer die formule af na die res van die selle
       in kolom D.                                                                            (2)

3.4    Voeg ŉ funksie in E5 om Emery Schwartz se ouderdom te bereken.

       Die finale antwoord moet ŉ heelgetal wees, in voltooide aantal jare.                   (3)

3.5    Kolom F bevat e-posadresse van alle leerders wat aan die opname deelgeneem
       het. Hierdie e-posadresse is as volg saamgestel:

       •   Surname soos in kolom C
       •   ŉ Punt, gevolg deur
       •   Eerste letter van die naam van die leerder in kleinletters, gevolg deur
       •   @school.za

       Gebruik ŉ funksie in sel F5 om die korrekte e-posadres vir die leerder Emery
       Schwartz te vertoon.                                                                   (4)

3.6    Die leerders is gevra om die sosiale netwerke wat hulle gereeld gebruik, te lys.
       Die wat WhatsApp eerste en Facebook tweede gelys het, is Old Users en die
       ander is New Users.

       Gebruik ŉ funksie in sel K5 om te bepaal watter tipe gebruiker Emery Schwartz
       is.                                                                                    (4)

3.7    Voeg ŉ voorwaardelike formateringsreël in kolom P, sodat selle wat die teks
       ‘Watch Videos’ bevat, met rooi dun horisontale ‘crosshatch’ patroon gevul word.        (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2022)

3.8    Leerders wat enige uitdagings teëgekom het, sal vir ŉ aanlynveiligheidskursus
       ingeskryf word.

       Gebruik ŉ funksie in sel O5 om die teks ‘Online Safety Course’ te vertoon vir al
       die leerders wat enige van die drie uitdagings in hul opname teëgekom het en
       los oop (blank) vir die wat nie voldoen nie.                                         (5)

3.9    Voeg ŉ funksie in sel S56 om die mees algemene bedrag wat leerders gebruik
       om data te koop, te bepaal.                                                          (2)

3.10   Voeg ŉ formule in sel U5 om die tekort aan data wat leerders benodig en die
       data wat gebruik is, te bereken. Kopieer die formule af na die res van die selle
       in kolom U.

       MTN het ŉ bedrag van R7 020.00 belowe. Hierdie bedrag is die totale tekort
       bedrag (deficit) van alle leerders wat MTN gebruik.

       Voeg ŉ funksie in sel S58 om te bereken hoe MTN die bedrag van R7 020.00
       bereken het.                                                                         (6)

Werk in die Graph-werkblad.

3.11   Gebruik die data wat in Sheet 1 verskaf word om ŉ grafiek soortgelyk aan die
       een hieronder te skep.

       LET WEL:
       • Die grafiektitel moet gesentreer wees
       • Uitroepdata-etikette
       • Legendes onderaan
       • MTN-ontploffingspunt moet op 30% gestel word
       • Gradiëntvulling toegepas op die plotarea
       • Hernoem Sheet 1 na Graph                                                           (8)

       Stoor en maak die 3_Survey toe.                                                    [43]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              9

VRAAG 4: DATABASIS

ŉ Databasis van alle leerders wat aan die opname deelgeneem het, is geskep.
Verander die databasis en doen alle navrae in ontwerpaansig.

Maak die 4_Learner Survey-databasis oop.

4.1   Wysig die Registrations-tabel soos volg:

      4.1.1    Voeg ŉ invoermasker vir die Code-veld in om te verseker dat die
               gebruiker ŉ kode invoer wat soos volg saamgestel is:
               •      drie verpligte kleinletters, gevolg deur
               •      ŉ koppelteken ( - ), gevolg deur
               •      drie hoofletters, waarvan die eerste twee verpligtend moet wees,
                      en en die laaste een opsioneel.
               Byvoorbeeld, die volgende is geldige kodes: boy-BOY of xyz-AB.               (5)

      4.1.2    Voeg die waardes “Manlik” en “Vroulik” in by die aftreklys vir die
               kombinasieboks (Combo Box) vir die Gender-veld.                              (2)

      4.1.3    Verander die veldeienskap van die CellNo-veld om te verseker dat
               selfoonnommers nie gedupliseer kan word nie.                                 (1)

      4.1.4    Voer ŉ valideringsreël vir die RegistrationDate-veld in, sodat dit
               ooreenstem (pas) by die valideringsteks-eienskap van dieselfde veld.         (2)

      4.1.5    Verander die eienskappe van die Transport-veld, sodat wanneer ŉ
               nuwe rekord bygevoeg word, die waarde “Yes” vir hierdie veld
               outomaties vertoon sal word.                                                 (1)

4.2   Open die vorm frm4_2.

      Wysig die vorm as volg:
      • Verander die agtergrondkleur van die Detail-afdeling van die vorm na
        enige kleur van jou keuse.
      • ‘Distribute-align’ die teks in die CellNo-veld.
      • Die Pledge-teksblokkie op die vorm vertoon ŉ “Type of User” inligting
        wanneer die vorm in die ontwerpaansig oopgemaak word. Maak die nodige
        regstelling.                                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 4.3    Open die navraag qry4_3.

        Wysig die navraag om die uitkoms hieronder te kry:

                                                                                             (5)
 4.4    Open die navraag qry4_4.

        Wysig die navraag om die volgende inligting te onttrek:
        • Alle leerders met geen selnommers nie.
        • Leerders wat ou gebruikers (old users) is.
        Die leerders sal ŉ aftrekking van 15% op hul beloftegeld (pledge money)
        ontvang.
        • Skep ŉ berekende veld genaamd Balance om die bedrag wat oorbly na die
          aftrekking, te toon.
        • Gebruik ŉ rooi alternatiewe rykleur op die navraag.                                (6)

 4.5    Skep ŉ verslag vanaf die Survey Data-tabel.

       •   Slegs die volgende velde moet gebruik word: Name, Surname, CellNo,
           Pledge en Education.
       •   Groepeer volgens Pledge-veld.
       •   Sorteer stygend volgens die Surname-veld.
       •   Gebruik ŉ funksie in die Pledge-voetskrif om die totale aantal rekords vir
           die groep te bereken.
       •   Voeg ook ŉ funksie in die Pledge-voetskrif om die totale bedrag per groep
           te bereken.
       •   Maak seker dat die berekening in Rand geldeenheid is.
       •   Stoor die verslag as rpt4_5.                                                     (10)

        Stoor en maak 4_Learner Survey toe.                                                 [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                           11

 VRAAG 5: WEBONTWERP (HTML)

 ŉ Webblad is geskep om mense bewus te maak van die Gewilde Netwerke vir Kinders.

 Maak die onvolledige 5_Social Network-webwerf.html-webblad oop in ŉ webblaaier
 en ook in ŉ teks/HTML-redigeerder, bv. Notepad (NIE ŉ woordverwerkingsprogram
 soos Word NIE).

 LET WEL:
 • Vraagnommers word as kommentaar in die kodering ingevoeg en dien as riglyne
   om ongeveer te wys waar die antwoord(e) ingevoeg moet word.
 • ŉ HTML-merkersblad is aangeheg vir verwysing.

 Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk.

 5.1    Voeg ŉ HTML-kode in om die teks ‘Popular Social Networks’ in die blaaier te
        vertoon.                                                                          (1)

 5.2    Pas die opskrif ‘Popular Networks for Children’ soos volg aan:
        •   Sentreer die opskrif ‘Popular Networks for Children’.
        •   Verander die lettertipe kleur na rooi.                                        (2)

 5.3    Verander die kolpuntlys soos per voorbeeld hierbo en verander ook die lys na
        Romeinse syfers.
        •   Die Romeinse syfers moet in hoofletters wees.
        •   Maak seker dat die lys deur alle blaaiers gelees kan word.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2022)

5.4   ŉ Tabel is geskep, maar vertoon nie korrek nie. Maak dit as volg reg:
      • Stel die wydte van die tabel op 500.
      • Stel die sel-spasiëring op 5.                                                        (2)

5.5   Verander die vulkleur van die eerste ry van die tabel na geel.                         (1)

5.6   Voeg die prentjie WhatsApp.png wat gevind kan word in jou datalêer in die
      tweede ry, vierde kolom.
      • Beide die wydte en hoogte van die prentjie moet op 30 gestel word.                   (3)

5.7   Voeg ŉ rooi horisontale lyn onder die tabel in. Die grootte van die lyn moet 10
      wees.                                                                                  (2)

5.8   Die opskrif Further Reading moet verander word na opskrif 2 (heading 2) asook
      vetdruk en kursief.                                                                    (2)

5.9   Voeg ŉ hiperskakel in na die teks ‘Click here’ om ŉ webwerf, ‘Raising children’
      oop te maak. Gebruik die skakel wat verskaf word.                                      (3)

      EEN punt sal toegeken word vir die sluiting van etikette (closing tags) en
      korrekte nes (correct nesting).                                                        (1)

      Stoor en maak 5_Social Network toe.                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              13

VRAAG 6: ALGEMEEN

6.1   Maak die sigblad 6_Analysis oop en maak die nodige veranderinge.

      6.1.1   Data vir leerders is na ŉ nuwe werkblad gekopieer, al die leerders
              verskyn meer as een keer.

              Gebruik ŉ sigbladfunksie in werkblad Q6.1 om die reproduksies van
              leerders te verwyder.
              Noem die funksie wat in sel E104 gebruik is.                               (3)

      6.1.2   Die skoolbeheerliggaam het kort kursusse vir die leerders gereël om
              veilig te wees wanneer hulle sosiale netwerke gebruik.

              Elke kursus word ŉ aantal minute per dag toegeken. Alle kursusse
              begin om 09H00.

              Bereken die eindtyd vir die eerste kursus in werkblad Q6.2 in sel C4.      (3)
              Stoor en maak 6_Analysis toe.

6.2   Maak die 6_Survey-vorm oop en berei die opname as volg voor:

      • Voeg ŉ teksvormveld langs die teks ‘Name’ in om die name in hoofletters te
        vertoon.
      • Voeg die opsie ‘TikTok’ by die aftrekvormveld.
      • Vervang die simbole langs die teks ‘Do you want ...?’ met ŉ merkblokkie-
        vormveld. Merk/Check die ‘Yes’-merkblokkie.                                      (5)

      Stoor en maak 6_Survey toe.                                                       [11]

                                                                          TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
    14                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2022)

                           BYLAE A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
             Basiese Merkers (Basic Tags)                                      Formatting Tags continued
       Merker (Tag)                    Beskrywing                        Merker (Tag)               Beskrywing
<body></body>                 Definieer die liggaam van die        <li></li>                 Word voor elke lysitem
                              webblad                                                        ingevoeg, en voeg dan ŉ
<body                         Stel die agtergrondkleur van                                   nommer of simbool by
bg colour="pink">             die webblad                                                    afhangende van die tipe lys
                                                                                             wat geselekteer is
<body text="black">              Stel die kleur van die            <img src="name">          Voeg ŉ prent in
                                 liggaamteks
<head></head>                    Bevat inligting oor die           <img src="name"             Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                                 dokument                          align="left">               ''right", "centre"; "bottom",
                                                                                               "top", "middle'' wees
<html></html>                Skep ŉ HTML-dokument –                <img src="name"             Stel die grootte van die
                             begin en eindig ŉ webblad             border="1">                 raam rondom ŉ prent
<title></title>              Definieer ŉ titel vir die             <img src="name"             Stel die hoogte en breedte
                             dokument                              width="200" height          van ŉ prent
<!-- -->                     Kommentaar                            ="200">
               Teksmerkers (Text Tags)                             <img src="name"             Vertoon alternatiewe teks
           Tag                       Description                   alt="alternative            wanneer die muis oor ŉ
<hl></hl>                    Skep die grootste opskrif             text">                      prent gehou word of
                                                                                               wanneer die prent nie
                                                                                               gevind word nie
<h6></h6>                        Skep die kleinste opskrif         <hr/>                       Voeg ŉ horisontale lyn in
<b></b>                          Skep teks in vetdruk              <hr size="3"/>              Stel die grootte (hoogte)
                                                                                               van ŉ reël
<i></i>                          Skep teks in skuinsdruk           <hr width="80%"/>           Stel die breedte van ŉ lyn,
                                                                                               in persentasie of absolute
                                                                                               waarde
<font                         Stel fontgrootte van "1" tot "7"     <hr colour="ff0000"/>       Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>
<font                         Stel fontkleur                                     Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times             Stel fonttipe                              Merker (Tag)                  Beskrywing
New Roman"></font>
               Skakelmerkers (Link Tags)                           <table></table>             Skep ŉ tabel
       Merker (Tag)                    Beskrywing                  <tr></tr>                   Skep ŉ ry in ŉ tabel
<a href="URL"></a>            Skep ŉ hiperskakel                   <td></td>                   Skep ŉ sel in ŉ tabel
<a href="URL"><img            Skep ŉ prentskakel                   <th></th>                   Skep ŉ tabelopskrif (in ŉ sel
src="URL"></a>                                                                                 met algemene vetgedrukte,
                                                                                               gesentreerde teks)
<a name="NAME"></a>              Skep ŉ teikenarea                 <table width="50">          Stel die breedte van die
                                                                                               tabel
<a href="#NAME"></a>            Skakel na ŉ teikenarea wat         <table border="1">          Stel die breedte van die
                                elders in die dokument                                         raam rondom die selle van
                                geskep is                                                      die tabel
           Formateringsmerkers (Formatting Tags)                   <table                      Stel die spasie tussen die
                                                                   cellspacing="1">            selle van die tabel
          Merker (Tag)                    Beskrywing               <table                      Stel die spasie tussen ŉ
                                                                   cellpadding="1">            selraam en die inhoud
                                                                                               daarvan
<p></p>                          Skep ŉ nuwe paragraaf             <tr align="left">           Stel die inlynstelling vir die
                                                                                               sel(le) (kan ook ''centre'' of
                                                                                               ''right'' wees)
<p align="left">                 Stel ŉ paragraaf links inlyn      <tr valign="top">           Stel die vertikale
                                 (verstek), kan ook ''right'' of                               inlynstelling vir sel(le) (kan
                                 ''centre'' wees                                               ook ''middle'' of ''bottom''
                                                                                               wees)
<br/>                            Voeg ŉ reëlbreuk ('line           <td colspan="2">            Stel die getal kolomme
                                 break') in                                                    waaroor ŉ sel moet strek
<ol></ol>                        Skep ŉ genommerde lys             <td rowspan="4">            Stel die getal rye waaroor ŉ
                                                                                               sel moet strek
<ol type="A","a",                Definieer die tipe nommers
"I","i","1"></ol>                wat gebruik is
<ul></ul>                        Skep ŉ kolpuntlys
type="disc",                     Definieer die tipe kolpunte
"square","circle"></ul>          wat gebruik word

    Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                15

                      TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’)-KARAKTERBLAD

   KARAKTER                                         BESKRYWING
                      Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
        0
                      toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-tekens
        9
                      nie toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
                      (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar oop plekke
        #
                      word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-tekens
                      toegelaat)
        L             Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

        ?             Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

        A             Letter of syfer (inskrywing vereis)

        a             Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
        &             Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)

        C             Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                      Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
                      karakter wat gebruik word, hang van die instellings ('settings') in die
     .,:;-/           'Regional Settings
                      Properties'-dialoogblokkie (‘dialog box’) in die ‘Windows Control Panel’
                      af.)
        <             Laat alle karakters na onderkas (‘lower case’) omgeskakel word

        >             Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word
                      Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs,
                      vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit
         !            altyd van links
                      na regs.
                      Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
                      Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
         \
                      (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2022

INLIGTINGSBLAD (moet deur die kandidaat voltooi word NA die sessie van 3 uur)

SKOOL:

NAAM:

WERKSTASIE-NOMMER:

SUITE GEBRUIK                 Microsoft       Microsoft Office      Microsoft         Office 365
(Merk toepaslik                Office              2013              Office
boks met ŉ kruis (X))          2010                                  2016
WEBBLAAIER GEBRUIK                                                                      Ander
(VRAAG 6)                                                           Internet         (Spesifiseer)
                            Mozilla Firefox   Google Chrome
(Merk toepaslik                                                     Explorer
boks met ŉ kruis (X))

LÊERNAAM:

Merk indien gestoor en/of probeer.

Vraag         Lêernaam     Gestoor   Poging   Maksimum   Maksimum   Merker   HVD     Groepering   EM
Nommer                       (√)       (√)      merk      behaal
         1_Social
     1                                          31
         Networks

     2   2_Flyer                                10

     3   3_Survey                               43

     4   4_LearnerSurvey                        35

         5_Social
     5                                          20
         Networks

         6_Analysis
     6                                          11
         6_Survey

                                TOTAAL:         150

Kommentaar (slegs vir merkergebruik)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2020-afrikaans/8de0d6b8-beca-46cb-8a39-0618c4e464e6) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/12bb0431-212d-4b16-b0b7-e634ff19745f) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Computer Applications Technology · Errata · 2022
- [GR12 CATN P1 Sept2017 QP Eng 2](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-sept2017-qp-eng-2/7f2741dd-5b56-4f4d-9efb-26c2263be0a2) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Gr12 CATN P1 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p1-s16-qp-eng/4dfd583a-548e-452f-8c6b-bf78b063b75f) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng
- [Gr12 AFRHL P1 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p1-s16-qp-afr/fa66d3f7-cac1-40ac-a0bb-dce31e15b66e) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Memo · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-eng-d/1b3ca7d1-9908-4164-be1b-cb607c6c21e1) — Memo · 2021 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
