# Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/82b87849-4ee6-4b20-8b30-633307bd7329
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/82b87849-4ee6-4b20-8b30-633307bd7329)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIORSERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2024

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye, insluitend ŉ invoermasker-
                karakterblad, ŉ HTML-merkersblad en ŉ inligtingsblad.

                       Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Weens die aard van hierdie praktiese eksamen, is dit belangrik om daarop te let
      dat, selfs al voltooi jy die eksamen vroeg, jy NIE toegelaat sal word om die
      eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe take wat met die
      eksamen gepaard gaan afgehandel is NIE. Gedurende die eksamen normale
      reëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld.

2.    As jy op die netwerk werk, of die datalêers is vooraf op jou stelsel gelaai, moet
      jy die instruksies volg wat deur die opsiener/opvoeder verskaf is.

3.    Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers
      op die netwerk/rekenaar gestoor is soos deur die toesighouer/opvoeder aan jou
      verduidelik is.

4.    Maak absoluut seker dat alle lêers gelees kan word. MOENIE onnodige
      lêers/lêergidse stoor nie en MOENIE duplikaat antwoordlêers/lêergidse inhandig
      nie. MOENIE enige oorspronklike lêers uitvee waaraan jy nie gewerk het nie

5.    Die inligtingsblad wat saam met die vraestel voorsien is, MOET NA DIE DRIE-
      UUR EKSAMENSESSIE VOLTOOI WORD. Gee dit aan die toesighouer aan die
      einde van die eksamen.

6.    ŉ Afskrif van die meesterlêers (‘Master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
      wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, kan jy ŉ ander kopie van die
      toesighouer aanvra.

7.    Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

8.    Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE
      meer doen as wat deur die vraag vereis word nie.

9.    Maak seker dat jy elke dokument stoor met die lêernaam wat in die vraestel
      gegee word. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen moontlike
      kragonderbrekings.

10.   Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE.

11.   Akkuraatheid sal in berekening gebring word, bv. indien ŉ vraag vereis dat die
      antwoord in sel F3 in ŉ sigblad moet wees, en jy voer die antwoord in sel G4 in,
      sal dit NIE nagesien word NIE.

12.   Maak seker dat die streekinstellings (‘regional settings’) op ‘South Africa’ ingestel
      is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheidinstellings
      (‘currency settings’) korrek ingestel is.

13.   In alle vrae wat woordverwerking behels, moet jy die taal op English (‘South
      Africa’) stel. Die papiergrootte word aanvaar as A4 Portret (‘Portrait’), tensy
      anders aangedui. Gebruik sentimeters as meeteenheid.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 3

14.    Maak seker dat die “Developer’-oortjie en Liniaal (‘Ruler’) geaktiveer is.

15.    Maak seker dat die desimale simbool (‘decimal symbol’) as ŉ punt (‘.’) ingestel
       is en dat die lys-skeikarakter (‘List separator’) as ŉ komma (‘,’) ingestel is.

16.    Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word.
       Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat
       formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in ŉ sigblad kopieer.

       LET WEL: Alle formules en/of funksies moet so ingevoeg word dat die korrekte
                resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die
                bestaande data gemaak word.

17.    Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag
       te beantwoord NIE.

18.    Die eksamendata-lêergids wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die
       lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy
       met hierdie eksamen begin.

19.    Gebruik die wagwoord Game123 om die lêers te onttrek.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

SCENARIO

E-Sport word al hoe meer gewild. Jy is deur die spankaptein gevra om ŉ dokument
te wysig wat aan leerders gestuur sal word om belangstelling in ŉ spesifieke
rekenaarspeletjie te lok.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

Maak die Q1_Overview-woordverwerkingsdokument oop en doen die volgende.

1.1     Vind die teks “Let the games begin” op die dekblad en doen die volgende:
        •   Verander die sin na alle-bokas ('All caps').
        •   Pas enige buite afset regs onder skaduwee-effek ('outer offset bottom right
            shadow effect') op die sin toe.                                                 (2)

1.2     Vind die opskrif “Table of content” op die tweede bladsy en voeg ŉ
        inhoudsopgawe (‘table of contents‘) in soos in die skermkopie hieronder:

        LET WEL:
        • Gebruik die formele (formal) inhoudsopgawe-styl met ŉ soliede gidslyn.
        • Die styl wat gebruik is om die inhoudsopgawe te skep, is Esport1.
        • Die bladsynommering.
        • Die Multiplayer-opskrif in die inhoudsopgawe.                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               5

1.3     Vind die tabel op bladsy 3 onder die opskrif ‘Dota 2’ en wysig dit soos volg:

        1.3.1     Voeg ŉ nuwe ry boaan die tabel in en skuif die opskrif “Top 10 Dota 2-
                  Teams in the world” na die nuwe ry soos in die skermkopie hieronder:

                                                                                            (3)

        1.3.2     Voeg ŉ formule en raam om die laaste ry van die tabel in soos in die
                  voorbeeld hieronder:

                                                                                            (2)

1.4     Vind die teks op bladsy 5 onder die opskrif ‘Multiplayer’ wat begin met ‘Dota 2’
        en eindig met ‘base’ (in geel uitgelig).
        Verander die paragraaf om in twee kolomme te wees met ŉ lyn tussenin.
        Gebruik ŉ breuk om te verseker dat die woord “Each” boaan die tweede kolom
        verskyn soos in die voorbeeld hieronder.

                                                                                            (2)

1.5     Spoor die woord “Steam” op wat in blou uitgelig is onder die opskrif
        “Development” en doen die volgende:
        • Skakel die voetnoot ('footnote') om na ŉ eindnota (‘endnote’).
        • Verander die getalle-formaat na A, B, C ...                                       (2)

1.6     Vervang die teks (Question1.6/Vraag1.6) onder die opskrif “The
        International” met ŉ bronaanhaling ('citation') na die bron Gwabeni, Z.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

1.7     Spoor die prent onder die opskrif “Carry” op en stel die prent terug na sy
        oorspronklike voorkoms.
        LET WEL: MOENIE die grootte terugstel nie.                                              (1)

1.8     Maak seker dat wanneer die indeks opgedateer word die woord “creeps” nie
        meer uitgelig sal wees nie.                                                             (1)

1.9     Soek die woord “WarcraftIII” wat in geel uitgelig is onder die opskrif
        “Development” en voeg ŉ sub-indeksinskrywing (‘index subentry’)
        “Blizzard” by die woord.
        Dateer die indeks aan die einde van die dokument op.                                    (2)

1.10    Gebruik ŉ woordkenmerk om alle voorkomste van die presiese woord
        “IceFrog” te vervang met “Gabe” in vetdruk, en onderstreep dit in rooi.                 (4)

1.11    Voeg ŉ byskrif ('caption') “Hero 2: Crystal Maiden” tot die prent onder die
        opskrif “Heroes” by.
        Maak seker dat hierdie byskrif in die figure-tabel op bladsy 2 weerspieël
        word.                                                                                   (3)

1.12    Vind die slim-kuns (‘SmartArt’) onder die opskrif “Road to Victory”.

        1.12.1       Wysig dit om soos volg te vertoon:

                                                                                                (1)

        1.12.2       Verander die kleur van die slim-kuns (‘SmartArt’) na enige kleurvolle
                     (‘colourful’) opsie.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                  7

1.13    Vind die frase wat met ‘player eligibility’ begin en met ‘misconduct’ eindig,
        in blou uitgelig is, en voeg ŉ veelvlak-lys (‘multilevel list’) in op die 2de laaste
        bladsy soos gedeeltelik hieronder vertoon:

        LET WEL:
        •   Die eerste vlak moet ŉ hoofletter met ŉ hakie wees, byvoorbeeld A)
        •   Wingdings-karakterkode 176 is vir die 2de vlak gebruik.
        •   Die 2de vlak begin op 1 cm en die teks is 1 cm weg van die kolpunt
            (‘bullet’).                                                                         (4)

1.14    Voeg die volgende bron by:

                                                                                                (2)

        Stoor en maak die dokument toe.                                                        [36]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2: WOORDVERWERKING
Die skool sal ŉ E-sport geleentheid aanbied en jy is gevra om ŉ registrasievorm
hiervoor aan te pas.
Maak die dokument Q2_Application oop en doen die volgende:
2.1   ŉ Leerder kan slegs deel van 5 spanne wees:

      •   Blue
      •   Green
      •   Red
      •   Orange
      •   Grey
      Verander die aftrekvormveld (‘drop down form field’) langs die spannaam
      (‘team name’) om alle opsies in hierdie spesifieke volgorde in te sluit.            (2)

2.2   Verander die teksformaat van die “Game Title”-veld sodat al die teks in
      hoofletters vertoon.                                                                (1)

2.3   Verander die “Name” teksvormveld om ŉ maksimum van 20 karakters te
      aanvaar.                                                                            (1)

2.4   Verander die merkblokkievormveld (‘check box form field’) "Terms and
      Conditions" om by verstek (‘by default’) gemerk te wees.                            (1)
2.5   Vind die handtekeningreël (‘signature line’) onderaan bladsy een, en wysig dit
      om hierdie instruksie aan die ondertekenaar (‘Instruction to the signer’) in te
      sluit: Please ensure that this information is accurate.                             (1)
2.6   Voeg ŉ teks-watermerk slegs op bladsy 1 in. Die teks van die watermerk moet
      ‘Registration form’ lees.                                                           (3)
2.7   Voeg die tabelstoppunte op die laaste bladsy in soos in die voorbeeld
      hieronder:

                                                                                          (4)

      Stoor en maak die dokument toe.                                                   [13]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                 9

VRAAG 3: SIGBLAD

ŉ Lys van topspelers in die toernooi is in Excel aangeteken en jy is gevra om met die
resultate verslag te help.

Maak die Q3_IDplayer-sigblad oop en doen die volgende:

Werk in die players-werkblad.

3.1    Gebruik die outovul-funksie (‘autofill’) om die spelers outomaties van 1 tot 50 in
       kolom A te nommer.                                                                    (1)

3.2    Selle A1:P2 is reeds saamgevoeg (‘merged’). Brei die saamgevoegde sel uit om
       ry 3 in te sluit.                                                                     (1)

3.3    Bepaal in sel D4 die hoogste aantal wedstryde (Kolom D) deur ŉ individuele
       speler gespeel.                                                                       (1)

3.4    Bereken in sel G4 hoeveel spelers meer as 1 000 doodskote (‘kills’) (Kolom H)
       gekry het en 2 000 keer of minder dood is (‘died’) (Kolom I).                         (5)

3.5    ŉ Speler sal goue status ontvang as ŉ speler aan die volgende vereistes
       voldoen:
       •   ŉ Speler se eerste wedstryd moet voor 2020/01/01 wees (Kolom M) en
       •   ŉ Speler moes 2 000 of meer wedstryde gewen het (Kolom E) en
       •   ŉ Speler moet minder as 1 500 keer verloor het (Kolom F).
       Gebruik ŉ kombinasie van funksies in sel O8 om die woord “Yes” te vertoon
       indien die speler aan hierdie vereistes voldoen. Die sel moet leeg gelaat word
       indien ŉ speler nie aan hierdie vereistes voldoen nie.                                (6)

3.6    ŉ Speler sal ŉ geskenk ontvang gebaseer op die aantal wedstryde wat hy/sy
       gespeel het. ŉ Poging is in sel P8 aangewend om die geskenk van Ethan
       Thompson te bepaal.
       Verander die funksie en die tabel om die korrekte antwoord te vertoon.                (3)

3.7    Werk in die Travel-werkblad.
       Sommige spelers sal vanaf ŉ spesifieke hotel vertraag word om na die lokaal te
       reis.
       Die vertraagde status word in kolom C vertoon. Indien ŉ speler vertraag word
       moet die vertraagde tyd in sel D2 by die aankomstyd gevoeg word. Indien die
       speler nie vertraag word nie, moet die oorspronklike aankomstyd vertoon word.
       Gebruik ŉ kombinasie van funksies en formules in sel E4 om te bepaal wat die
       nuwe aankomstyd sal wees. Maak seker dat wanneer dit af gekopieer word,
       die korrekte resultaat vertoon sal word.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/SEPTEMBER 2024)

3.8   Werk in die graph-werkblad.
      Formateer die grafiek om soos die voorbeeld hieronder te lyk. ŉ Prent van die
      finale grafiek is in die werkblad bygevoeg om jou te help.

      LET WEL:

      Gebruik die prentjie Q3Chart as die grafiek agtergrond en stel die
      deursigtigheid (‘transparency’) op 70%.                                              (6)

      Stoor en maak die sigblad toe.                                                     [27]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              11

VRAAG 4: SIGBLAD

Die uitslae van die toernooi moet verwerk word en jy is gevra om daarmee te help.

Maak die Q4_Players-sigblad oop en doen die volgende:

Werk in die Ranking-werkblad.

4.1    Voeg die lêernaam as ŉ veld in die middel van die bladsyboskrif (‘header’) in.      (1)

4.2    Gebruik ŉ sigbladkenmerk om die naam en van (Kolom A) met ŉ blou
       agtergrondkleur te formateer, as ŉ speler in die top 5-rangorde (Kolom D) is.       (4)

4.3    Voeg ŉ kombinasie van teksfunksies in sel E4 in om ŉ nuwe GamerTag vir
       Sophie Adams te skep.
       Die ‘GamerTag’ bestaan uit:
       • Die eerste letter van die van gevolg deur
       • Die tweede karakter van hul ID-nommer gevolg deur
       • Die woord Pro of Amateur in Kolom C                                               (8)

4.4    Werk in die Details-werkblad.
       Beskerm die werkblad sodat ŉ persoon slegs in sel B2:B4 data kan invoer.
       MOENIE ŉ wagwoord op die beskermde blad invoeg nie.                                 (2)

4.5    Hernoem Sheet1 na ‘Game’ toe.                                                       (1)

       Stoor en maak die sigblad toe.                                                    [16]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5: DATABASIS

Jy word versoek om die databasis van ŉ groep spelers te wysig.

Maak die Q5_GameStats-databasis oop.

5.1    Maak die tabel 5_1Table-tabel in die databladaansig (‘datasheet view’) oop en
       doen die volgende:
       • Voeg ŉ versonke sel-effek (‘sunken cell effect’) tot die tabel toe
       • Verander die alternatiewe ry kleur (‘alternative row colour’) na enige groen
          kleur                                                                              (2)

5.2    Skakel nou die tabel na die ontwerpaansig (‘design view’) oor en wysig die tabel.

       5.2.1    Kies ŉ toepaslike veld as ŉ primêre sleutel.                                 (1)

       5.2.2    Verander die PlayerName veldgrootte na 50.                                   (1)

       5.2.3    Verseker dat die GamesPlayed-veld nie leeg gelaat kan word nie.              (1)

       5.2.4    Maak seker dat ŉ persoon slegs ŉ waarde tussen 30 en 500 (beide
                ingesluit) in die Distance traveled-veld kan invoeg.                         (3)

       5.2.5    Verander die formaat van die Skins-veld na waar/onwaar (true/false).         (1)

       Stoor en maak die 5_1Table-tabel toe.

5.3    Maak die Qry5_3-navraag oop en verander dit om soos die skermkopie
       hieronder te lyk.

                                                                                             (3)

       Stoor en maak die Qry5_3-navraag toe.

5.4    Maak die Qry5_4-navraag oop en voeg ŉ berekende veld genaamd AccountAge
       by wat die ouderdom van die rekening in maande sal bereken.                           (5)
       Stoor en maak die Qry5_4-navraag toe.

5.5    Maak die Qry5_5-navraag oop.
       Vertoon slegs die ‘Username’ van al die spelers wat meer as 30 000
       aanhangers het en wat ŉ telling (‘score’) hoër as hul ervaring (‘experience’) het.

       Sorteer die ‘usernames’ in dalende volgorde.                                          (5)

       Stoor en maak die Qry5_5-navraag toe.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                              13

5.6     Maak die Frm5_6-vorm oop en verander dit soos volg:

        • Verander die teksblokkie van die “Geograpic location”-veld na ŉ
          kombinasielys (‘combo box’).
        • Gebruik die Q5_6 tabel as die rybron vir die kombinasielys.
        • Voeg ŉ knoppie in die vorm onderskrif ('form footer') in wat die vorm sal
          toemaak.
        • Gebruik die 5_6Close prentjie vir die knoppie.                                   (5)
        Stoor en maak die Frm5_6-vorm toe.
5.7     Maak die verslag Rpt5_7 oop en wysig die verslag om soos die skermkopie
        hieronder te lyk.

        Neem kennis van die volgende:
        •   Die opskrif wat bygevoeg is.
        •   Die groepering wat toegepas is, en die verskuiwing van velde.
        •   Die berekende veld wat bygevoeg is.
        •   Die skakering wat toegepas is.                                                 (7)

        Stoor en maak die Rpt5_7 verslag toe.

        Stoor en maak die Q5_GameStats databasis toe.                                    [34]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML)

LET WEL:

•     Jy mag NIE ŉ woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die
      HTML-vrae te beantwoord NIE.
•     ŉ HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.
EEN punt sal vir die sluit-merkers (‘closing tags’) en driehoekige hakies
(‘triangular brackets’) toegeken word.                                                   (1)

Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Die agtergrondprent mag
anders vertoon op jou skerm as die skermkopie afhangende van jou rekenaar se
skermresolusie-verstellings.

6.1     Maak die onvoltooide Q6_1Esport-lêer in ŉ webblaaier asook ŉ teks/HTML-
        redigeerder oop (NIE ŉ woordverwerkerprogram soos Word NIE).

        6.1.1   Maak seker dat die opskrif “Esport” in die oortjie (‘tab’) van die
                webblad vertoon.                                                         (1)

        6.1.2   Verander die fontkleur van die opskrif “Dota 2 TI10” na rooi en
                vergroot die fontgrootte na 10.                                          (2)

        6.1.3   ŉ Poging is aangewend om die lettertipe van die lys van gebeure
                van 2023 na ‘Arial’ te verander. Stel die fout reg.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                          15

       6.1.4    Verander die kolpuntlys na ŉ genommerde lys.
                Gebruik die A, B, C-formaat soos in die skermkopie en maak seker
                dat daar geen leë reëls in die lys is nie.                           (3)

       6.1.5    Verseker dat die naam “No Tail” soos die res van die name in die
                kolom vertoon.                                                       (2)

                Stoor en maak die Q6_1Esport-lêer toe.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/SEPTEMBER 2024)

6.2   Maak die Q6_2Ranking-webblad oop en verander dit soos volg.

      6.2.1    Maak seker dat al die prente in die tabel korrek vertoon.                 (1)

      6.2.2    Formateer die opskrif om soos volg te vertoon:

                                                                                         (2)

      Stoor en maak die Q6_2Ranking-lêer toe.                                           [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                17

VRAAG 7: ALGEMEEN

Gebruik die volgende lêers vir hierdie vraag: Q7_Cardtype, Q7_Data,
Q7_MergeLetter.

7.1   Maak die dokument Q7_MergeLetter oop.

      7.1.1    Aanvaar alle veranderinge wat aan die dokument gemaak is.                      (1)

      7.1.2    Al die spelers met ŉ visa-kaart sal ŉ brief van die bank kry om hulle oor
               ŉ lojaliteitsprogram in te lig. Gebruik die Q7_Cardtype en
               Q7_MergeLetter en berei ŉ possamevoeging (‘mail merge’) voor vir al
               die visa tipe kaarthouers.
               • Gebruik die Q7_Cardtype as bron.
               • Vervang <<First Name>> en <<Surname>> met die velde
                 ‘First_Name’ en ‘Surname’.
               • Stoor die Q7_MergeLetter voor die voltooiing van die
                 possaamvoeging.
               • Voltooi die possamevoeging en stoor die nuwe dokument as
                 Q7Merged.                                                                    (4)

      Maak die Q7_MergeLetter- en Q7Merged-dokumente toe.

7.2   Maak die Q7_Data Excel-lêer oop en werk in die IP-werkblad.

      7.2.1    Gebruik data-validering (‘data validation’) om ŉ lys te skep wat verseker
               dat ŉ persoon slegs ‘Male’ of ‘Female’ in Kolom E kan kies.                    (2)

      7.2.2    Werk in die Dup-werkblad en verwyder al die duplikaat items.                   (1)

      7.2.3    Werk in die Company-werkblad en gebruik ŉ sigbladkenmerk om ŉ
               opsomming te skep, soos die skermkopie hieronder:

               LET WEL: Gebruik die CompanyExample-werkblad as ŉ gids.                        (3)

      Stoor en maak die Q7_Data-sigblad toe.                                                [11]
                                                                             TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2024)

                          HTML-MERKERSBLAD (‘HTML TAG SHEET’)
               Basiese Merkers (Basic Tags)                         Formateringsmerkers (‘Formatting Tags’) vervolg
      Merker (Tag)                     Beskrywing                       Merker (Tag)               Beskrywing
<body></body>               Definieer die liggaam van die           <li></li>              Word voor elke lysitem
                            webblad                                                        ingevoeg, en voeg dan ŉ
<body                       Stel die agtergrondkleur van die                               nommer of simbool by
bgcolor=“pink”>             webblad                                                        afhangende van die tipe lys
                                                                                           wat geselekteer is
<body text=“black”>            Stel die kleur van die liggaamteks   <img src=“name”>       Voeg ŉ prent in
<head></head>                  Bevat inligting oor die dokument     <img src=“name”        Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                                                                    align=“left”>          “right”, “center”; “bottom”,
                                                                                           “top”, “middle'' wees
<html></html>                  Skep 'n HTML-dokument – begin        <img src=“name”        Stel die grootte van die
                               en eindig ŉ webblad                  border=“1”>            raam rondom ŉ prent
<title></title>                Definieer ŉ titel vir die dokument   <img src=“name”        Stel die hoogte en breedte
<!-- -->                       Kommentaar                           width=“200”            van ŉ prent
                                                                    height
                                                                    =“200”>
                 Teksmerkers (Text Tags)                            <img src=“name”        Vertoon alternatiewe teks
      Merker (Tag)                    Beskrywing                    alt=“alternative       wanneer die muis oor ŉ
<hl></hl>                  Skep die grootste opskrif                text”>                 prent gehou word of
                                                                                           wanneer die prent nie
                                                                                           gevind word nie
<h6></h6>                      Skep die kleinste opskrif            <hr/>                  Voeg 'n horisontale lyn in
<b></b>                        Skep teks in vetdruk                 <hr size=“3”/>         Stel die grootte (hoogte)
                                                                                           van ŉ reël
<i></i>                        Skep teks in skuinsdruk              <hr width=“80%”/>      Stel die breedte van ŉ lyn,
                                                                                           in persentasie of absolute
                                                                                           waarde
<font                      Stel fontgrootte van “1” tot “7”         <hr                    Stel die kleur van die lyn
size=“3”></font>                                                    color=“ff0000”/>
<font                      Stel fontkleur                                     Tabelmerkers (Table Tags)
color=“green”></font>
<font face=“Times          Stel fonttipe                                Merker (Tag)                 Beskrywing
New Roman”></font>
                Skakelmerkers (Link Tags)                           <table></table>          Skep ŉ tabel
      Merker (Tag)                     Beskrywing                   <tr></tr>                Skep ŉ ry in ŉ tabel
<a href=“URL”></a>         Skep ŉ hiperskakel                       <td></td>                Skep ŉ sel in ŉ tabel
<a href=“URL”><img         Skep ŉ prentskakel                       <th></th>                Skep ŉ tabelopskrif (in ŉ
src=“URL”></a>                                                                               sel met algemene
                                                                                             vetgedrukte, gesentreerde
                                                                                             teks)
<a name=“NAME”></a>            Skep ŉ teikenarea                    <table                   Stel die breedte van die
                                                                    width=“50”>              tabel
<a href=“#NAME”></a>           Skakel na ŉ teikenarea wat elders    <table                   Stel die breedte van die
                               in die dokument geskep is            border=“1”>              raam rondom die selle van
                                                                                             die tabel
            Formateringsmerkers (Formating Tags)                    <table                   Stel die spasie tussen die
                                                                    cellspacing=“1”>         selle van die tabel
        Merker (Tag)                       Beskrywing               <table                   Stel die spasie tussen ŉ
                                                                    cellpadding=“1”>         selraam en die inhoud
                                                                                             daarvan
<p></p>                        Skep ŉ nuwe paragraaf                <tr align=“left”>        Stel die inlynstelling vir die
                                                                                             sel(le) (kan ook “centre” of
                                                                                             ''right'' wees)
<p align=“left”>               Stel ŉ paragraaf links inlyn         <tr valign=“top”>        Stel die vertikale
                               (verstek), kan ook “right'' of                                inlynstelling vir sel(le) (kan
                               “centre” wees                                                 ook “middle” of “bottom”
                                                                                             wees)
<br/>                          Voeg ŉ reëlbreuk (‘line break’) in   <td colspan=“2”>         Stel die getal kolomme
                                                                                             waaroor ŉ sel moet strek
<ol></ol>                      Skep ŉ genommerde lys                <td rowspan=“4”>         Stel die getal rye waaroor
                                                                                             ŉ sel moet strek
<ol type=“A”,”a”,              Definieer die tipe nommers wat
“I”,”i”,”1”></ol>              gebruik is
<ul></ul>                      Skep ŉ kolpuntlys
type=“disc”,                   Definieer die tipe kolpunte wat
“square”,”circle”></ul>        gebruik word
Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                19

                  TOEVOERMASKER (‘INPUT MASK’)-KARAKTERBLAD

   KARAKTER                                       BESKRYWING
                      Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-tekens nie
         0
                      toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-
         9
                      tekens nie toegelaat nie)
                      Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop
                      plekke (‘blanks’) in Redigeringsmodus (‘Edit mode’) vertoon, maar
         #
                      oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en
                      minus [–]-tekens toegelaat)
         L            Letter (A tot Z, inskrywing vereis)

         ?            Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)

         A            Letter of syfer (inskrywing vereis)

         a            Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
         &            Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing vereis)

         C            Enige karakter of ŉ spasie (inskrywing opsioneel)
                      Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike
                      karakter wat gebruik word, hang van die instellings (‘settings’) in die
      .,:;-/
                      ‘Regional Settings Properties’-dialoogblokkie (‘dialog box’) in die
                      ‘Windows Control Panel’ af.)
         <            Laat alle karakters na onderkas (‘lower case’) omgeskakel word

         >            Laat alle karakters na bokas (‘upper case’) omgeskakel word
                      Laat die toevoermasker van regs na links, in plaas van links na regs,
                      vertoon. Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit
         !
                      altyd van links na regs.
                      Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.
                      Laat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word
         \
                      (byvoorbeeld, \A word slegs as A vertoon)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – SEPTEMBER 2024
INLIGTINGSBLAD(moet deur die kandidaat voltooi word NA die sessie van 3 uur)
SKOOL:
NAAM:
WERKSTASIE-NOMMER:
SUITE GEBRUIK                    Microsoft           Microsoft        Microsoft             Office 365
(Merk toepaslik boks met ŉ      Office 2013         Office 2016      Office 2019
kruis (X))
WEBBLAAIER GEBRUIK             Mozilla Firefox       Google              Internet             Ander
(VRAAG 6)                                            Chrome              Explorer          (Spesifiseer)
(Merk toepaslike                                                          (Edge)
boks met ŉ kruis (X))
LÊERNAAM:
Merk indien gestoor en/of probeer het.
Vraag           Lêernaam       Gestoor    Poging   Maksimum   Maksimum    Merker     HOD    Groepe-      EM
Nommer                           (✓)       (✓)       merk      behaal                        ring

     1    Q1_Overview                                36
     2    Q2_Application                             13
     3    Q3_IDplayer                                27
     4    Q4_Players                                 16
     5    Q5_GameStats                               34
          Q6_1Esport
     6                                               13
          Q6_2Ranking
          Q7_Cardtype
          Q7_Data
     7                                               11
          Q7_Mergeletter
          Q_7Merged
                                       TOTAAL:       150
Kommentaar (slegs vir merkergebruik)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2020-afrikaans/8de0d6b8-beca-46cb-8a39-0618c4e464e6) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/12bb0431-212d-4b16-b0b7-e634ff19745f) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Computer Application Technology P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-may-june-2021-eng/5be0bf0e-69bd-4481-9ce4-d56745874ad6) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-afr/1470e04d-3b82-4358-bb65-bb03f0dfd093) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Afr
- [Computer Application Technology P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p1-nov-2021-eng/16875b30-a18d-4a9a-b7ea-711d6393e5a4) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Memo · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-eng-d/1b3ca7d1-9908-4164-be1b-cb607c6c21e1) — Memo · 2021 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
