# Computer Applications Technology Grade 11 P2 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/ad97b0ab-7d4b-4e38-9ce1-ae2dd53bc771
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P2 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/ad97b0ab-7d4b-4e38-9ce1-ae2dd53bc771)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [CAT P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/a0f72b94-7315-4470-873d-2f138f0b42ba) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                    NOVEMBER 2017

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:    150

TYD:      3 uur

                             *ICATNA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2           (EC/NOVEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit:

      AFDELING A          (25 punte)
      AFDELING B          (75 punte)
      AFDELING C          (50 punte)

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    MOENIE in die regterkantruimte skryf NIE.

6.    Laat ŉ reël na elke subvraag oop.

7.    Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2-puntvraag TWEE
      feite vereis, ensovoorts.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

     Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                     3

 AFDELING A

 VRAAG 1: PASITEMS

 Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
 die letter (A–O) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
 byvoorbeeld 1.11 Q.

                               KOLOM A                                     KOLOM B
 1.1      ŉ Tegniek wat gebruik word om ongemagtigde gebruik           A   Webouteur
          van sensitiewe inligting te verhoed.                             sagteware

 1.2      ŉ Tipe sagteware toepassing wat gebruik word vir die         B   Koekie
          skep van webtuistes.

 1.3      Tegnologie wat toelaat dat stem kommunikasie oorgedra        C   Bediener
          word via ŉ netwerk op dieselfde manier as data.

 1.4      ŉ Toestel wat gebruik word om ŉ rekenaar teen                D   Strepieskode
          onbestendige kragtoevoer, golwe en kragonderbrekings te
          beskerm.

 1.5      Die verhouding tussen die wydte en die hoogte van ŉ          E   Klembord
          vertoontoestel.                                                  (‘Clipboard’)

 1.6      Klein tekslêer wat deur ŉ webtuiste op jou rekenaar          F   Kliënte
          geskep word.

 1.7      ŉ Interaktiewe dialoog wat jou help om ŉ taak te voltooi     G   Aspect ratio
          deur sekere vrae te vra.

 1.8      ŉ Reeks strepies wat ŉ unieke nommer identifiseer.           H   OKT (‘UPS’)

 1.9      Tydelike stoorplek vir inligting wat jy in ŉ ander program   I   Wizard
          wil plak.

 1.10     Rekenaar wat dienste of hulpbronne aan ander rekenaars       J   RSS
          verskaf wat aan ŉ netwerk gekoppel is.
                                                                       K   Kontrasskaal

                                                                       L   Lumen

                                                                       M   Enkripsie

                                                                       N   SoIP (‘VoIP’)

                                                                       O   IKT
                                                                                     (10 x 1)   [10]

        Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10)
in die ANTOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 E.

2.1    Watter EEN van die volgende sou die mees gepaste rekenaartipe vir die
       verwerking van groot hoeveelhede inligting soos weervoorspellings wees?

      A       Tabletrekenaar
      B       Bediener
      C       Skootrekenaar
      D       Superrekenaar                                                               (1)

2.2    Hierdie knoppie sal ŉ vars kopie van ŉ webtuiste aflaai:

      A       Stop
      B       Refresh
      C       Forward
      D       Back                                                                        (1)

2.3    ŉ E-pos boodskap wat die skoolhoof groot hoeveelhede geld belowe indien hy
       die boodskap na nog ten minste 10 mense stuur, word ŉ ... genoem.

      A       drywer
      B       poets (‘hoax’)
      C       trojaan
      D       brandmuur                                                                   (1)

2.4    Watter EEN van die volgende komponente sal waarskynlik die werkverrigting
       van ŉ rekenaar die meeste affekteer?

      A       Verhoog die verfristempo van die monitor.
      B       Byvoeg van ŉ DVD-aandrywer.
      C       Installeer van antivirus sagteware.
      D       Byvoeg van meer geheue (LSG).                                               (1)

2.5    Watter databasis voorwerp sou die beste wees om data in te lees of te verander
       in ŉ databasis, deur ŉ gebruiker wat nie vertroud is met databasis toepassings
       soos Microsoft Access nie?

      A       Navraag
      B       Verslag
      C       Vorm
      D       Tabel                                                                       (1)

      Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             5

 2.6     In ŉ databasis, behoort ŉ tabel ŉ veld te bevat wat gebruik word om elke rekord te
         identifiseer met ŉ unieke veld. Hierdie veld word die ... genoem.

         A           identiteitsnommer
         B           autonumber
         C           bronkode
         D           primêre sleutelveld                                                          (1)

 2.7     Watter funksie sou jy gebruik om nommers in ŉ selreeks te tel indien dit aan ŉ
         sekere kriteria voldoen?

         A           COUNT
         B           COUNTIF
         C           COUNTA
         D           SUM                                                                          (1)

 2.8     Watter EEN van die volgende is die term vir sagteware wat daarop gemik is om
         inligting oor ŉ persoon of organisasie in te samel sonder hul kennis en wat dan
         sodanige inligting na ŉ ander entiteit stuur?

         A           Gratis programmatuur (‘Freeware’)
         B           Kwaadwillige programmatuur (‘Malware’)
         C           Deelprogrammatuur (‘Shareware’)
         D           Spioenprogramme (‘Spyware’)                                                  (1)

 2.9     Watter EEN van die volgende nutsprogramme kan gebruik word om meer
         stoorspasie beskikbaar te maak deur tydelike lêers te verwyder?

         A           Disk cleanup
         B           Rugsteunsagteware
         C           Skyf defragmentasie
         D           Recycle bin                                                                  (1)

 2.10    Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ mikro-blogging blad?

         A           WhatsApp
         B           Twitter
         C           Google
         D           Flickr                                                                       (1)

        Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 3: VERANDERDE WAAR/ONWAAR

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (3.1 – 3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte
woorde(e) om die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord ‘NIE’
gebruik om die stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs
ONWAAR neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                 VRAAG                                   ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste        Waar
soekenjin.
Verspreide rekenarisering verwys na      Onwaar − skarebefondsing
die proses waar geld via veelvoudige
klein skenkings ingesamel word deur
die Internet te gebruik

3.1     ŉ Templaat is ŉ bloudruk, vir ŉ spesifieke soort dokument, met ŉ geskikte
        uitleg.                                                                                (1)

3.2     Absolute selverwysing is ŉ fasiliteit wat jy kan gebruik om ŉ reeks
        outomaties met data Excel in te vul.                                                   (1)

3.3     ŉ Sitaat is ŉ genommerde beskrywing by ŉ tabel, figuur of ander grafika-
        objek.                                                                                 (1)

3.4     DOTX is die lêeruitbreiding vir ŉ Microsoft Word-templaat.                             (1)

3.5     ŉ Moederbord is ŉ groot stroombaanbord wat gleuwe en konnektors vir al die
        komponente van ŉ rekenaar het.                                                         (1)
                                                                                               [5]

                                                              TOTAAL AFDELING A:               25

      Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                   7

 AFDELING B

 VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

 4.1     Die bestuurders by Pick n Pay kon een van die volgende twee toestelle kies om
         hulle take te verrig gedurende die landswye kompetisie.

                         TOESTEL                                SPESIFIKASIES
                                                  -   Intel Core i7 2.4 GHz SVE (‘CPU’)
                                                  -   8 GG LSG (‘8 GB RAM’)
         Skootrekenaar                            -   1.5 TG HSS (‘1.5 TB HDD’)
                                                  -   nVidia Tegra 1.2 GHz SVE (‘CPU’)
                                                  -   1 GG LSG (‘1 GB RAM’)
         Tablet                                   -   32 GG SSD (‘32 GB SSD’)

         4.1.1       Gee TWEE redes waarom die bestuurders gevra het om eerder die
                     skootrekenaar as die tablet te ontvang.                                         (2)

         4.1.2       Een van die plaaslike IT-tegnikusse het ook aan die bestuurders die
                     opsie gegee om ŉ netboek aan te skaf.

                     Noem TWEE kritiese verskille tussen ŉ skootrekenaar en ŉ netboek
                     met betrekking tot hardeware.                                                   (2)

         4.1.3       Noem EEN voordeel om ŉ kaartleser in die skootrekenaar te hê.                   (1)

 4.2     Die IT-tegnikusse let op dat die skootrekenaar nie met ŉ kantoorpakket kom
         nie.

         4.2.1       Wat is ŉ kantoorpakket?                                                         (2)

         4.2.2       Noem TWEE voordele verbonde aan die koop van ŉ kantoorpakket.                   (2)

 4.3     Noem EEN voorbeeld van ŉ bedryfstelsel wat op ŉ slimfoon gevind kan word.                   (1)

 4.4     Die slimfoon het nie ŉ kopie van sy drywers op ŉ CD soos meeste ander
         toestelle nie. Alhoewel, wanneer hulle die slimfoon aan die rekenaar koppel,
         word die drywers outomaties gelaai.

         4.4.1       Wat is ŉ toesteldrywer?                                                         (1)

         4.4.2       Waar word die toesteldrywers van die slimfoon gestoor indien dit nie op
                     ŉ CD gestoor word nie?                                                          (1)

       Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

4.5    Die skootrekenaar is met ŉ vingerafdruksensor toegerus.

       4.5.1   Noem EEN voordeel van die vingerafdruksensor in ŉ skootrekenaar.               (1)

       4.5.2   Gee ŉ ander voorbeeld van ŉ biometriese toestel/stelsel wat gebruik
               kan word om individue op ŉ unieke manier te identifiseer                       (1)

4.6    Die meeste nuwe sagteware wat geskryf word het gewoonlik foute (‘bugs’) in.
       Twee algemene maniere om sagteware foute (‘bugs’) reg te maak is om
       gebruik te maak van regstellings (‘patches’) en dienspakkette (‘service
       packs’).

       4.6.1   Wat word bedoel met ŉ sagteware fout (‘bug’)?                                  (1)

       4.6.2   Verduidelik kortliks wat die verskil tussen ŉ regstelling (‘patch’) en ŉ
               dienspakket (‘service pack’) is deur na die essensiële kenmerk van
               elkeen te verwys.                                                              (2)

4.7    Suid-Afrika gaan deesdae onder gereelde kragonderbrekings en beurtkrag
       gebuk.

       Noem EEN potensiële gevaar wat dit vir ŉ rekenaarsisteem inhou.

4.8    Rugsteunnutsprogramme stel gebruikers in staat om kopieë van sekere lêers
       of ŉ hele hardeskyf op ŉ ander stoormedia te maak.

       4.8.1   Wanneer word rugsteunkopieë gebruik?                                           (1)

       4.8.2   Watter stoormedium sal jy voorstel indien jy groot hoeveelhede lêers
               vir ŉ lang termyn wil rugsteun?                                                (1)

       4.8.3   Jy kan jou lêers ‘archive’. Verduidelik die term ‘archive’ in hierdie
               konteks.                                                                       (2)

4.9    Identifiseer die onderstaande prentjie wat op Pick n Pay se nuusbrief verskyn
       EN verduidelik hoe dit gebruik kan word deur na ŉ spesifieke voorbeeld te
       verwys.

                                                                                              (3)
                                                                                             [25]

      Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                    9

 VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 5.1     Noem TWEE voordele daaraan verbonde om rekenaars in ŉ netwerk te
         konnekteer.                                                                                   (2)

 5.2     Die netwerk by die skool is ŉ kliënt-bedienerstelsel.

         5.2.1       Gee TWEE voorbeelde van bedieners in ŉ netwerk.                                   (2)

         5.2.2       ŉ Eweknie-netwerk (Peer to Reer) het nie ŉ bediener nie. Waarom nie?              (1)

 5.3     Noem TWEE hardeware komponente wat hulle sou benodig om ŉ netwerk op te
         stel, uitgesluit rekenaars.                                                                   (2)

 5.4     Noem TWEE potensiële nadele van ŉ WLAN.                                                       (2)

 5.5     Baie mense maak gebruik van RSS-versamelaars.

         Noem TWEE nadele van RSS-versamelaars.                                                        (2)

 5.6     Motiveer die rede vir die gebruik van ŉ brandmuur deur na die funksie daarvan te
         verwys.                                                                                       (2)

 5.7     Gee TWEE moontlike redes waarom ŉ brandmuur ŉ e-pos aanhegsel sou weier.                   (2)
                                                                                                   [15]

 VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

 Bestuur van inligting is ŉ belangrike aspek van die besigheidswêreld.

 6.1     ŉ Goed deurdagte taakdefinisie is baie belangrik vir ŉ navorsingsprojek.

         6.1.1       Wat is ŉ taakdefinisie?                                                           (1)

         6.1.2       Hoekom is dit belangrik om die taakdefinisie in jou eie woorde uit te
                     druk?                                                                             (1)

 6.2     Uitvoer van data is ŉ belangrike funksie in dataverwerking.

         6.2.1       Verduidelik die betekenis van die term afvoer (‘export’) van data deur na
                     ŉ gepaste voorbeeld te verwys.                                                    (2)

         6.2.2       Verduidelik hoe ŉ CSV-lêer sy doel bereik deur te verwys na die term
                     skeidingskarakter (‘delimiter’).                                                  (2)

 6.3     Verduidelik wat ŉ bylaag is soos gebruik in ŉ navorsingsprojek.                               (1)

       Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2017)

6.4 Verduidelik elkeen van die volgende terme:

     6.4.1   Kopiereg                                                                        (1)

     6.4.2   Plagiaat                                                                        (1)

6.5 Noem EEN kenmerk van ŉ sigblad wat jy sal gebruik om groot hoeveelhede
    data betekenisvol te rangskik.                                                          (1)
                                                                                           [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1 Oor die algemeen, is die kopiëring van sagteware onwettig.

     Noem EEN geval waar jy egter toegelaat word om sagteware te kopieer.                    (1)

7.2 Een van die voordele van ŉ rekenaar lokaal by ŉ koshuis is dat leerders maklik
    met leerders van ander skole via sosiale netwerktuistes kan kommunikeer.

     7.2.1   Noem TWEE gewilde sosiale netwerktuistes.                                       (2)

     7.2.2   Een van die potensiële nadele van sosiale netwerktuistes is ‘kloning’.

             Wat verstaan jy onder ‘kloning’ van ŉ gebruiker se profiel?                     (1)

     7.2.3   Noem TWEE ander nadele van sosiale netwerktuistes.                              (2)

7.3 Verduidelik wat ŉ warmkol (‘hotspot’) is en hoe ŉ tablet daaraan gekoppel kan
    word.                                                                                    (2)

7.4 Alhoewel tegnologie baie voordelig vir die samelewing kan wees, kan dit ook in
    baie opsigte ŉ negatiewe uitwerking op die samelewing hê.

     Noem TWEE maniere (behalwe kriminele aktiwiteite) waarop tegnologie ŉ
     negatiewe effek op die samelewing kan hê.                                              (2)
                                                                                           [10]

     Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                   11

 VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

 8.1   Me. Olivier hou ŉ databasis van leerders wat die mediasentrum gebruik. Sy het
       die volgende databasistabel opgestel:

       Veldnaam ('Field name')                      Beskrywing ('Description')

       Van                                          Van van die leerder
       Naam                                         Naam van die leerder
       Graad                                        Graad van die leerder
       Gebruikernommer                              Unieke nommer wat aan die leerder
                                                    gegee is
       Internetgebruik                              Hoeveelheid data wat deur die leerder
                                                    gebruik is

       8.1.1    Op watter veld van die databasistabel sal jy ŉ primêre sleutel plaas?               (1)

       8.1.2    Watter data tipe van die ontwerpaansig ('design view') van die databasis
                sal me. Olivier gebruik om ŉ kombinasielys ('combo box') op die Graad-
                veld te plaas?                                                                      (1)

       8.1.3    Me. Olivier het ŉ navraag geskep om die name van al die graad 10 en
                graad 11 leerders te vertoon.

                Hierdie navraag stuur geen name terug wanneer sy die kriteria
                10 AND 11 in die Graad-veld gebruik nie.

                Watter kriteria moet me. Olivier eerder vir hierdie veld gebruik?                   (1)

       8.1.4    Watter eienskap van ŉ databasisverslag sou me. Olivier gebruik om die
                Internetgebruik vir elke graad te verkry?                                           (1)

       8.1.5    In watter afdeling van die verslag sou me. Olivier ŉ funksie plaas om vas
                te stel wat die totale Internetgebruik van al die leerders is?                      (1)

       8.1.6    Me. Olivier wil graag die data van die databasis na ŉ sigblad oordra.

                Buiten om 'kopieer en plak' ('copy and paste') te gebruik, watter eienskap
                ('feature') van die sigblad kan sy gebruik om hierdie aksie uit te voer?            (1)

 8.2   Watter eienskap ('feature') van ŉ sigblad kan me. Oliver gebruik om seker te
       maak dat ander gebruikers nie funksies en formules in haar sigblad kan verander
       nie?                                                                                         (1)

 8.3   Noem EEN manier waarop me. Olivier die rekenaar kan gebruik om ŉ oplossing
       vir ŉ probleem wat sy in ŉ sigbladtoepassing ervaar het, te vind.                            (1)

 8.4   Watter toepaslike maatreël moet me. Olivier neem as sy vind dat die
       woordverwerkingstoepassing nie reageer nie?                                                  (2)

       Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/NOVEMBER 2017)

8.5    Wat is ŉ aanhaling ('citation') in ŉ dokument en wanneer moet dit gebruik
       word?                                                                              (2)

8.6    Noem die woordverwerkings kenmerk wat eers toegepas en gebruik moet
       word voordat ŉ automatiese inhoudsopgawe sal werk.                                 (1)

8.7    Verduidelik kortliks waarvoor elk van die volgende in ŉ woordverwerkings
       dokument gebruik sal word.

       8.7.1   Kontinue seksie-onderbreking (‘continuous section break’)                  (1)

       8.7.2   Boekmerk (‘bookmark’)                                                      (1)
                                                                                         [15]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            75

      Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                  13

 AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 9

 Jy is die geleentheid gegee om by ŉ plaaslike selfoonwinkel te werk. Die bestuurder
 van die winkel weet van jou RTT agtergrond en het jou gevra om hom te help met van
 die tegniese vrae wat deur die kliënte gevra mag word.

 9.1 ŉ Slimfoon met die volgende spesifikasies is tans op spesiale aanbieding by die
     winkel.

    Quad Core 1.7 GHz
    2 GG LSG (RAM)
    16 GG interne berging
    MicroSD kaart gleuf (tot en met 128 GG)
    5.0”Raakskerm (‘Multi-Touch screen’)
    Android 5.1
    Bluetooth 4.1, 802 a/b/g/n
    12 MP kamera

 Beantwoord die volgende vrae van kliënte:

       9.1.1   Watter grootte skerm het die toestel?                                              (1)

       9.1.2   Verduidelik wat ŉ multi-raakskerm is.                                              (1)

       9.1.3   Gee EEN voorbeeld van ŉ aksie wat ŉ Multi-raakskerm ŉ mens toelaat
               om uit te voer.                                                                    (1)

       9.1.4   Die spesifikasies hierbo dui daarop dat die slimfoon oor 16 GG interne
               berging beskik.

               Verduidelik hoekom minder as 16 GG beskikbaar sal wees, alhoewel die
               kliënte die slimfoon vir die eerste keer sal gebruik.                              (1)

       9.1.5   Gee TWEE redes hoekom dit ŉ goeie idee is om op te gradeer na ŉ
               slimfoon met dieselfde tipe bedryfstelsel.                                         (2)

       9.1.6   Noem TWEE basiese funksies van ŉ bedryfstelsel.                                    (2)

       9.1.7   Watter spesifikasies hierbo verwys na resolusie?                                   (1)

       Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/NOVEMBER 2017)

9.2    Beskryf hoe RFID merkers gebruik kan word om te verhoed dat demonstrasie
       selfone uit die winkel gesteel word.                                               (2)

9.3    Meeste mense maak deesdae van mobiele tegnologie gebruik.

       Beskryf TWEE maniere om jou selfoon se batterylewe te verbeter.                    (2)

9.4    Gee TWEE redes waarom ŉ kliënt SoIP (‘VoIP’) sal gebruik in plaas van ŉ
       normale selfoonoproep.                                                             (2)

9.5    Noem TWEE goeie praktyke wanneer jy van SoIP (‘VoIP’) gebruik maak.                (2)

9.6    Beskryf die proses wat gebeur vandat jy ’n e-pos stuur totdat die ontvanger
       die e-pos lees.                                                                    (3)

9.7    Jy is ŉ omgewingsbewuste persoon en is bewus van die groen omgewing
       kwessies.

       Verduidelik kortliks wat met die term groen omgewing bedoel word.                  (1)

9.8    Verduidelik TWEE maniere waarop die winkel verantwoordelik van ou selfone
       en selfoon dele ontslae kan raak.                                                  (2)

9.9    Jy wil alle take en stelsels in die selfoonwinkel rekenariseer.

       9.9.1   Waarna verwys die term kantooroutomatisasie?                               (2)

       9.9.2   Bespreek kortliks TWEE voordele van kantooroutomatisasie.                  (2)
                                                                                         [27]

      Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                  15

 VRAAG 10

 10.1    Jy wil voorkom dat data verlore gaan en dat ongemagtigde toegang tot data
         verkry word.

         Noem TWEE tegnieke wat gebruik kan word om die selfoonwinkel se data te
         beskerm.

 10.2    Jy het ŉ databasis van jou gereelde kliënte opgestel. ŉ Uittreksel van hierdie
         kliëntetabel word hieronder getoon:                                                         (2)

         10.2.1      Wanneer die selfoonnommers in die databasis ingesleutel word,
                     verdwyn die nul aan die begin.

                     Verduidelik die waarskynlike oorsaak vir hierdie probleem en hoe dit
                     oorkom kan word.                                                                (2)

         10.2.2      Die hele adres van elke kliënt word in een veld gestoor.

                     Is hierdie ŉ aanvaarbare benadering?                                            (1)

                     Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                                (2)

 10.3    Jy moet die bevindings van die navorsing wat jy gedoen het, aanbied. Die
         bevindings kan op drie moontlike maniere aangebied word:

            In ŉ hardekopieformaat
            Deur van ŉ aanbiedingsprogram, byvoorbeeld PowerPoint, gebruik te maak
            Via ŉ webbladsy op die Internet

         Noem DRIE moontlike kriteria of oorwegings wat jy kan gebruik om ŉ besluit te
         neem oor watter een van hierdie drie vorme van kommunikasie gebruik moet
         word om jou bevindings van die navorsing aan te bied.                                       (3)

        Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

10.4    Jy stel ŉ klein webtuiste saam om die selfoonwinkel te adverteer. Uit jou eie
        ondervinding van HTML-kodes, gee die rede vir elk van die volgende twee
        wenke.

        10.4.1    Maak altyd gebruik van inkeping (indentation) in jou kode, d.w.s
                  moenie al die HTML-kodes teen die linkerkantlyn plaas nie.                  (2)

        10.4.2    Moenie al die kodes skryf en dan vir die eerste keer die resultaat in
                  jou webblaaier bekyk nie.                                                   (1)

10.5    IKT het beide positiewe en negatiewe impakte op die besigheidswêreld.
        Noem TWEE moontlike negatiewe effekte op die besigheidswêreld.                        (2)

10.6    Noem TWEE maniere waarop ŉ mens die moontlikheid van rekenaar-
        verwante gesondheidsrisiko’s kan verminder.                                           (2)

10.7    ŉ AUP word gebruik om verbruikers in kennis te stel van wat hulle mag en nie
        mag doen op ŉ netwerk nie. Noem DRIE moontlike items wat in jou
        selfoonwinkel se AUP ingesluit mag word.                                              (3)

10.8    Verduidelik wat kwaadwillige sagteware is.                                            (1)

10.9    Noem TWEE voorbeelde van kwaadwillige sagteware wat met ŉ e-pos
        verbind word.                                                                         (2)
                                                                                             [23]

                                                               TOTAAL AFDELING C:             50
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

       Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [CAT P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/6a222374-3198-4e40-815c-af27e9aaaa89) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [CAT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/3c69cbc5-0cdd-4849-b11a-3a4e3591496f) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/d156926f-400a-4540-836f-d598a5cdf6a8) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2019-afrikaans/874921d6-7dc2-4ce5-bf20-e194cf31c45e) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/20355cdc-101a-486b-96f4-c95a19b797f1) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2019 Afrik .pdf R](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-afrik-pdf-r/69d346e5-bc82-4449-87ba-f362ad4ce87e) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Gr 11 Comp App Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-comp-app-tech-atp-2023-24/aacd75ce-8623-43e6-be2c-0ebb6ad91f55) — ATP

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
