# Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/31e3d70e-6e2f-4f25-ad6c-4ad0eb5d88d1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-afr-d/31e3d70e-6e2f-4f25-ad6c-4ad0eb5d88d1)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2018

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:    150

TYD:      3 uur

                             *ICATNA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/NOVEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A (25 punte)
         AFDELING B (75 punte)
         AFDELING C (50 punte)

    2.   Beantwoord AL die vrae.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik is.

    4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    5.   Moenie in die regterkantruimte skryf nie.

    6.   Laat ŉ reël na elke sub-vraag oop.

    7.   Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2 punt-vraag
         TWEE feite vereis, ensovoorts.

    8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                       3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10)
 in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1     Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ geïntegreerde pakket?

         A      Microsoft Publisher
         B      Microsoft Office
         C      Excel en Quatro Pro
         D      Windows 10 professional                                             (1)

 1.2     Watter EEN van die volgende eenhede verwys na die verwerkerspoed?

         A      GHz
         B      dpi
         C      mbps
         D      ppm                                                                 (1)

 1.3     Watter EEN van die volgende akronieme het te doen met sagteware-
         lisensiëring?

         A      GUI
         B      WWW
         C      WLAN                                                                (1)
         D      EULA

 1.4     Watter EEN van die volgende verwys na ŉ kenmerk van sagteware waar
         gebruikers met die sagteware kan kommunikeer deur visuele kontroles
         soos knoppies en ikone te gebruik?

         A      RSI
         B      GUI
         C      GPS
         D      JPG                                                                 (1)

 1.5     Watter EEN van die volgende is ŉ tegnologie wat algemeen gebruik word
         om ŉ verskeidenheid verskillende toestelle aan ŉ rekenaar te koppel?

         A      OKT(‘UPS’)
         B      SVE (‘CPU’)
         C      USB
         D      SoIP (‘VoIP’)                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/NOVEMBER 2018)

 1.6     Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ monitor se verfris-
         tempo?

         A      5 ms
         B      1920 x 1080
         C      16:9
         D      60 Hz                                                                   (1)

 1.7     Watter EEN van die volgende stellings oor LSG (‘RAM’) is ONWAAR?

         A      LSG (‘RAM’) is duurder per GB as hardeskywe.
         B      LSG (‘RAM’) stoor nie data en programme wanneer die toestel
                afgeskakel is nie.
         C      LSG (‘RAM’) het ŉ baie laer kapasiteit as hardeskywe.
         D      LSG (‘RAM’) werk op ŉ meganiese basis en is dus relatief stadiger.      (1)

 1.8     Die defragmenteringsnutsprogram kan gebruik word om …

         A      lêers in ŉ aaneenlopende volgorde te herrangskik.
         B      beskadigde lêers te verwyder.
         C      ongebruikte lêers saam te pers ('compress').
         D      hardeskyfspasie te vermeerder.                                          (1)

 1.9     Watter EEN van die volgende opsies plaas die netwerke in volgorde van
         kleinste na grootste?

         A      PAN, WAN, HAN
         B      HAN, LAN, WAN
         C      LAN, WAN, HAN
         D      PAN, WAN, LAN                                                           (1)

 1.10    Wenneer jy op die ‘Home’          -ikoon van jou webblaaier kliek, gaan jy
         na die …

         A      webblad wat jy die meeste besoek het.
         B      webblad van jou IDV (‘ISP’).
         C      webblad waarna jy laaste gekyk het.
         D      webblad wat jy gestel het om altyd eerste oop te maak wanneer die
                webblaaier oopmaak.                                                     (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
      (EC/NOVEMBER 2018)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                   5
VRAAG 2: PASITEMS
Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
(A–T) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
2.11 Q.
                            KOLOM A                                         KOLOM B
2.1     ŉ Tipe kwaadwillige program wat inligting oor die gebruiker A    DIMM
        bymekaar maak sonder sy medewete
2.2     Die geskikste tipe netwerkverbinding vir ŉ universiteit waar B   Blu-Ray
        verbindings tussen die verskillende geboue gemaak moet
        word
2.3     ŉ Stokkie RAM wat in ŉ poort op die moederbord inprop       C    mikrogolf
2.4     ŉ Bloudruk of formaat van ŉ dokument wat herhaaldelik D          RSI
        gebruik kan word
2.5     Sagteware wat vrylik vir gebruik beskikbaar is en waar die E     roteerder (‘router’)
        bronkode, soos benodig, gewysig/verander kan word
2.6     Databasiskenmerk wat gebruik word om die korrekte           F    spioenware (‘spyware’)
        formaat van datatoevoer deur die gebruiker te verseker
2.7     ŉ Hardeware komponent wat die kwaliteit van die beeld       G hulpprogram (‘wizard’)
        op die skerm bepaal
2.8     ŉ Sentrale nodus waar al die rekenaars op ŉ netwerk         H    skakeltoestel (‘switch’)
        inprop
2.9     ŉ Soort DVD-tegnologie                                      I    valideringsreël
                                                                         (‘validation rule’)
2.10    ŉ Klein, raaksensitiewe toestel wat dikwels op              J    koordloos (‘wireless’)
        skootrekenaars as ŉ alternatief vir ŉ muis gebruik word
                                                                    K    vryware (‘freeware’)
                                                                    L    grafikakaart
                                                                         (‘graphics card’)
                                                                    M templaat (‘template’)
                                                                    N    veldgrootte (‘field size’)
                                                                    O HDMI
                                                                    P    oopbron (‘open source’)
                                                                    Q kragbus (‘power bus’)
                                                                    R    raakpaneel (‘touch pad’)
                                                                    S    stilus (‘stylus’)
                                                                    T    valideringsteks
                                                                         (‘validation text’)
                                                                                               (10 x 1)   [10]

      Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’
 langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer
 die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die
 stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord ‘NIE’ gebruik om die
 stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
 neergeskryf word NIE.)

 VOORBEELDE:

                   VRAAG                                  ANTWOORD
 Google is die wêreld se gewildste soekenjin.    Waar
 ŉ NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware          Onwaar – moederbord
 komponente soos die SVE (‘CPU’).

 3.1     ŉ Taakdefinisie is ŉ stel vrae wat ŉ keuse van moontlike antwoorde het
         om uit te kies.                                                                (1)

 3.2     Die onderstaande diagram is ŉ voorbeeld van ŉ biometriese toets wat
         gebruik word om te bepaal of dit ŉ mens is wat met die rekenaar
         interaksie het.                                                                (1)

 3.3     ŉ Kuberkol (‘hotspot’) is ŉ plek waar Wi-Fi/draadlose verbinding met die
         Internet beskikbaar is.                                                        (1)

 3.4     Wagwoord kan gebruik word om jou selfoon te sluit deur ŉ patroon op te
         stel wat jy moet teken of trek op die skerm om die toestel te ontsluit.        (1)

 3.5     ŉ Modem beskerm data en hardeware teen kragonderbrekings.                      (1)
                                                                                        [5]

                                                         TOTAAL AFDELING A:             25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                   7

 AFDELING B

 VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

 4.1    Bestudeer die volgende advertensie and beantwoord die vrae wat volg:

        Transformer Book Duet TD300

        Dual-OS
        x 13.3-inch Full HD IPS multi-touch display
        x Intel® Core™ i7 processor
        x 4GB DDR3L 1600 RAM
        x 128GB SSD in Tablet
        x 1TB HDD in Dock

        x 38WHr battery, estimated battery life around 5 hours in Windows 8.1 and 6
          hours in Android 4.2.2.
        x 802.11ac Wi-Fi; Bluetooth 4.0 + EDR

        x Tablet ports: Micro SD card, Headphone jack, DC jack
        x Keyboard dock ports: 1 x USB 3.0, 2 x USB 2.0, 10/100Mbit/s LAN, HDMI
          1.4, audio combo jack, DC jack
        x 12 month on-site warranty

                                PLUS Canon SCX500 Multi-Funksie Drukker

        4.1.1        Hierdie toestel het ŉ dubbele (‘dual’) bedryfstelsel. Wat beteken
                     dit?                                                                     (1)

        4.1.2        Skryf TWEE funksies van die bedryfstelsel neer.                          (2)

        4.1.3        Noem die oopbron bedryfstelsel wat op hierdie toestel
                     geïnstalleer is.                                                         (1)

        4.1.4        Hoeveel tydelike (‘volatile’) -geheue het hierdie toestel?               (1)

 4.2    Die volgende poorte word op dié toestel gevind. Dui aan vir elke poort of
        dit toevoer, afvoer of beide in staat stel.

        4.2.1        Mikro-SD kaart                                                           (1)

        4.2.2        HDMI 1.4                                                                 (1)

        4.2.3        Oorfoon (‘headphone’) jack                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

 4.3    Die drukker-pakket wat by hierdie toestel ingesluit is, het die volgende as
        deel van die spesifikasies. Verduidelik waarna die onderstreepte dele
        van die spesifikasies verwys:

        4.3.1    15/28 ppm                                                                  (1)

        4.3.2    5760 x 1440 dpi:                                                           (1)

 4.4    Soos ŉ hardeskyf vol raak, word die reaksietyd daarvan traag en
        stadiger. Noem ŉ nutsprogram en sê hoe dit die probleem sal oplos, wat
        gebruik kan word om:

        4.4.1    Die spoed van die rekenaar te verbeter                                     (2)

        4.4.2    Meer spasie op die hardeskyf te skep                                       (2)

 4.5    Alle programmatuur op ŉ rekenaar moet gereeld opgedateer word.

        4.5.1    Noem TWEE redes waarom opdaterings gereeld gedoen moet
                 word.                                                                      (2)

        4.5.2    Verduidelik die verskil tussen ŉ regstelling (‘patch’) en ŉ
                 dienspakket (‘service pack’).                                              (2)

 4.6    Gebruikers is dikwels geneig om die belangrikheid van die gebruik van ŉ
        goeie gehalte muis en sleutelbord te ignoreer. Ergonomiese oorwegings
        moet ook in berekening gebring word.

        4.6.1    Verduidelik kortliks wat bedoel word met die term ergonomika.              (2)

        4.6.2    Noem TWEE kenmerke van ŉ ergonomies ontwerpte
                 sleutelbord.                                                               (2)

        4.6.3    Hoe kommunikeer ŉ koordlose muis met ŉ rekenaar?                           (1)

        4.6.4    Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van ŉ
                 koordlose muis.                                                            (2)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                      9

 VRAAG 5: INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 5.1    Beskou die illustrasie van verskillende netwerke hieronder en beantwoord
        die vrae wat volg.

        5.1.1        Gee TWEE redes waarom rekenaars aan ŉ netwerk gekoppel
                     word.                                                                       (2)

        5.1.2        Verduidelik die funksie van die roeteerder (‘router’) in die
                     diagram hierbo.                                                             (1)

        5.1.3        Lys uit die diagram EEN toestel wat jy sou benodig om ŉ
                     Persoonlike Area Netwerk te vorm.                                           (1)

        5.1.4        Noem TWEE funksies van die Firewall in die netwerk.                         (2)

 5.2    Bestudeer die volgende vergelyking oor draadlose tegnologie en
        beantwoord die vrae wat volg.

                                  Draadlose tegnologie vergelykingskaart

                            Bluetooth    WiFi (a)    WiFi (b)    Wifi (g)       WiMax
        Standaard            802.15      802.11a     802.11b     802.11g        802.16
        Frekwensie            2.45          5          2.4         2.4           2.66
        (Ghz)
        Spoed (Mbps)          0.72          54         11         54            80
        Bereik                10m          50m        100m       100m          50km
        Voordele            Lae koste     Spoed     Lae koste    Spoed      Spoed, Bereik
        Nadale               Bereik       Koste      Spoed       Koste,        Koste
                                                                 Bereik

        5.2.1    Lys die DRIE verskillende weergawes van die draadlose
                 standaarde onder Wi-Fi.                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/NOVEMBER 2018)

       5.2.2    Wat is die hoofverskil tussen 802.11b en 802.11g protokolle?          (1)

        5.2.3   Identifiseer die hoëspoed-draadlose breëband-tegnologie wat
                gebruik word om stede te verbind.                                     (1)

        5.2.4   Behalwe die kort afstand, waarom kan Bluetooth-tegnologie nie
                dieselfde vlak van draadlose konnektiwiteit bied soos Wi-Fi nie?      (2)

 5.3    Lys DRIE dinge wat in gedagte gehou moet word wanneer jy die Internet
        deur middel van ŉ mobiele toestel wil gebruik.                                (3)

 5.4    Bespreek EEN hoofrede vir die gebruik van FTP om lêers te deel, in
        teenstelling met die stuur van lêers per e-pos.                               (1)
                                                                                     [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                11

 VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR

 6.1    Deur bibliografieë voor te berei, word navorsers gehelp om rekord te hou
        van die bronne wat hul geraadpleeg of aangehaal het.

        6.1.1        Noem EEN gedrukte bron wat gebruik kan word om inligting te
                     vind.                                                                      (1)

        6.1.2        Noem EEN aspek van ŉ bron wat in ŉ bibliografie aangehaal kan
                     word.                                                                      (1)

        6.1.3        Noem DRIE voordele verbonde aan die gebruik van ŉ DATABASIS
                     in plaas van sigblaaie.                                                    (3)

 6.2    Bestudeer die volgende uittreksel van data wat deur ŉ aanlyn-vraelys
        verkry is en beantwoord die vrae wat volg.

        6.2.1        Noem TWEE maniere, behalwe die gebruik van kleur, om die
                     ontwerp van die sigblad te verander om te verseker dat enige leser
                     die resultate maklik sal kan interpreteer.                                 (2)

        6.2.2        Watter sigblad funksie kan gebruik word om die data in Kolom D
                     op te som sodat dit in ŉ sirkelgrafiek vertoon kan word?                   (1)

        6.2.3        Hoe sal die gebruiker die antwoorde in ŉ databasis verslag vertoon
                     sodat die antwoorde van die manlikes apart van die vroulikes
                     vertoon?                                                                   (1)

        6.2.4        Identifiseer enige vormveld kontrole (‘field control’) wat moontlik in
                     Kolom B, in die ontwerp van die vraelys gebruik is.                        (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

 7.1    In ŉ rekenaar-omgewing, byvoorbeeld, ŉ rekenaarlaboratorium by die
        skool of in die publieke biblioteek, is dit nodig om ŉ Aanvaarbare
        Gebruikersbeleid (‘Acceptable Use Policy (AUP’) te hê.

        Gee TWEE kriteria wat by hulle beleid ingesluit moet word.                         (2)

 7.2    In vandag se leefwyse, word mense blootgestel aan inligtingsoorlading
        (‘information overload’). Verskaf TWEE praktiese wenke hoe tegnologie
        aangewend kan word om die probleem van inligtingsoorlading te
        verminder.                                                                         (2)

 7.3    Noem TWEE maniere waarop jy die moontlikheid van rekenaarverwante
        gesondheidsrisiko’s kan verminder.                                                 (2)

 7.4    Dit is beter om die URL van ŉ webwerf, soos jou bank, in te tik as om ŉ
        skakel (link) te volg na die webblad. Sal dit egter help indien jou rekenaar
        deur ŉ skim-kaping (‘pharming’) geaffekteer was?

        Motiveer jou antwoord deur kortliks te verduidelik wat skimkaping
        (‘pharming’) is.                                                                   (2)

 7.5    Verduidelik kortliks waarna die konsep sosiale ingenieurswese (‘social
        engineering’) verwys.                                                             (2)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                  13

 VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

 8.1     Sigblaaie bied ŉ verskeidenheid maniere om data te organiseer.

         Wat is die verskil tussen die sigbladfunksies, COUNTIF en COUNT?                    (2)

 8.2     Beskryf kortliks wat bedoel word met teksomvou (‘text wrapping’)?                   (2)

 8.3     Verduidelik wat elk van die volgende foutboodskappe beteken.

         8.3.1       ######                                                                   (1)

         8.3.2       #REF!                                                                    (1)

         8.3.3       #VALUE                                                                   (1)

         8.3.4       #NAME?                                                                   (1)

 8.4     Bestudeer die databasistabel:

         Gas                          Naam van kompleks         Kontaknommer
         MATOBHE A M                  TAU PARK                  825647819
         KGAKANE D F                  TAU PARK                  712356581

         8.4.1       Hoekom het die nul aan die voorkant van die kontaknommer
                     verdwyn toe jy die nommer ingevoeg het?                                  (1)

         8.4.2       Noem ŉ moontlike oplossings vir die probleem in VRAAG 8.4.1.             (1)

         8.4.3       Noem DRIE moontlike probleme wat mag ontstaan as gevolg
                     van die feit dat die kliënt se van en voorletters in dieselfde veld
                     ingesleutel is.                                                          (3)

         8.4.4       Wat is die verskil tussen ŉ veld en ŉ rekord in ŉ databasis?            (2)
                                                                                            [15]

                                                                TOTAAL AFDELING B:            75

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING C

 VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 As deel van die aktiwiteite om Erfenisdag te vier, organiseer jou skool video-
 konferensies met bekende Suid-Afrikaaners wat belangrike bydraes tot ons erfenis
 gelewer het.

 Die skoolsaal, waarin 200 mense kan sit, word voorberei as die lokaal om die
 video-konferensies in aan te bied.

 9.1     Gee TWEE voordele daarvan om met dié bekende Suid-Afrikaners deur
         middel van video-konferensies kontak te maak, eerder as met ŉ normale
         telefoonoproep.                                                             (2)

 9.2     Noem EEN ander manier van elektroniese kommunikasie wat gebruik
         kan word om met die persone kontak te maak wat dieselfde voordele as
         ŉ video-konferensie sal bied.                                               (1)

 9.3     Noem EEN ander toepassingsprogrammatuur, behalwe Skype, wat vir
         video-konferensies gebruik kan word.                                        (1)

 9.4     ŉ Skootrekenaar met die volgende spesifikasies sal die toestel wees wat
         gebruik word om die video-konferensie te fasiliteer.

         CPU                               2.5-GHz Intel Core i5
         Bedryfstelsel (‘Operating         MS Windows 7 Professional (64-bit)
         System’)
         LSG (‘RAM’)                       4GB (opgradeerbaar tot 8GB)
         Hardeskyf grootte                 500GB (Spoed 7,200 rpm)
         Hardeskyf tipe                    SATA Hardeskyf
         Vertoon grootte                   14.1
         Resolusie                         1600 x 900
         Video-geheue                      1GB
         Wi-Fi                             802.11a/g/n
         Poorte (behalwe USB)              FireWire 400, Ethernet, VGA
         USB poorte                        4
         Kaart gleuwe                      4 in1 kaartleser
         Waarborg/Ondersteuning            Een jaar standaard onderdele en
                                           arbeid.

         9.4.1   Waarom is dit raadsaam om die RAM na 8GB op te gradeer?
                 Verduidelik jou antwoord.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            15

         9.4.2       Die grootte van die skootrekenaar se skerm is 14.1 duim wat
                     hopeloos te klein is vir almal in die saal om raak te sien.

                     9.4.2.1 Wat kan gedoen word om die video-konferensies vir
                             almal in die saal sigbaar te maak?                             (2)

                     9.4.2.2 Daar is geen HDMI poort beskikbaar nie.
                             Waarvoor staan HD en verduidelik waarom dit vir video-
                             konferensies belangrik is om so ŉ poort te hê?                 (2)

         9.4.3       Noem TWEE noodsaaklike toestelle (wat nie in die spesifikasies
                     hierbo genoem is nie) wat bygevoeg moet word om die video-
                     konferensies moontlik te maak.                                         (2)

         9.4.4       Watter TWEE spesifikasies hierbo genoem, sal dit moontlik maak
                     vir die skootrekenaar om aan die Internet te koppel?                   (2)

         9.4.5       Hoekom is dit belangrik om ŉ ‘4 in1’ kaartleser te hê?                 (2)

 9.5     Watter ergnomiese oorwegings behoort in ag geneem te word wanneer die
         skoolsaal vir die video-konferensie gereed gemaak word met betrekking
         tot:

         9.5.1       Sitplek                                                                (2)

         9.5.2       Beligting                                                              (2)

 9.6     Noem DRIE maniere waarop video-konferensies opvoeding (onderrig en
         leer) kan verbeter.                                                                (3)

 9.7     Noem TWEE netiketreëls wat toegepas behoort te word tydens aanlyn
         kommunikasie soos video-konferensies.                                              (2)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 10

 Die Graad 11 RTT-leerders moet tred hou met die nuutste ontwikkelinge en moet
 in staat wees om ingeligte besluite te neem wanneer hardeware en sagteware
 aangekoop word.

                                 Intel® Core™ i5-5200U, 17.3” Full HD LED backlit LCD
                                 Non-Glare, 4GB RAM, 1TB HDD, Windows 8.1 Single
                                 Language 64-bit

 10.1    Bestudeer die advertensie hierbo en beantwoord die volgende vrae:

         10.1.1 Noem die maatskappy wat die verwerker in die bogenoemde
                advertensie gemaak het.                                                    (1)

         10.1.2 Verduidelik TWEE voordele van die gebruik van ŉ ‘LED backlit
                LCD Non-Glare screen’?                                                     (2)

 10.2    Die monitor van die rekenaar is nuttig in terme van die vertoning.

         10.2.1 Wat bedoel ons met, ‘hoe meer pixels, hoe hoër die resolusie’?             (1)

         10.2.2 Wat is die grootte van die skerm in die advertensie hierbo?
                Verduidelik hoe dit gemeet word.                                           (2)

 10.3    Verduidelik koolstofvoetspoor (‘carbon footprint’) en ook EEN manier
         hoe die gebruik van rekenaars kan help om ons koolstofvoetspoor te
         verminder?                                                                        (2)

 10.4    Ergonomika en voorsiening vir gebruikers met spesiale behoeftes is baie
         belangrik in rekenaargebruik.

         10.4.1 Vandag se jongmense is gedurig op hulle selfone. Waartoe kan
                hierdie aanhoudende, vinnige herhalende werk lei?                          (1)

         10.4.2 Gee EEN voorbeeld van ŉ gespesialiseerde toevoer toestel en
                EEN voorbeeld van ŉ afvoertoestel wat by ŉ rekenaar byge-
                voeg kan word vir visueel gestremdes.                                      (2)

         10.4.3 Gee EEN voorbeeld van ŉ gespesialiseerde program wat vir
                visueel gestremdes gebruik kan word.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                      17

 10.5     Jy kan nie produktief op ŉ rekenaar werk wat instruksies stadig uitvoer
          nie:

          10.5.1 Verduidelik TWEE maniere hoe jy te werk sal gaan om meer
                 stoorspasie op jou rekenaar te bewerkstellig sonder om enige
                 opgradering of rugsteun (‘backups’) te doen.                           (2)

 10.6     Daar is kommer oor ŉ paar malware terme:

          10.6.1 Verduidelik kortliks wat met e-pos spoofing bedoel word.               (2)

          10.6.2 Verduidelik kortliks hoe malware groot implikasies in terme van
                 finansiële koste vir ŉ maatskappy kan hê.                              (2)

          10.6.3 Verduidelik kortliks wat met die term ‘Botnet’ bedoel word.            (2)

 10.7     ŉ Leerder het ŉ basiese webtuiste probeer skep om die gemeenskap in
          te lig oor die top leerder in RTT. Bestudeer die HTML-kode hieronder
          en beantwoord die vrae wat volg.

          <title>
          Top learner
                     <hr/>
          </title>
          <body>
                     <h1> OBTAINING 90% IN CAT! </h1>
                     <font colour="red">
                     Help this deserving learner!
                     </font> <br/>
          </body>

          Verduidelik hoe jy die volgende foute sal korrigeer:

          10.7.1 Die horisontale lyn vertoon nie                                        (1)

          10.7.2 Die opskrif ‘OBTAINING 90% IN CAT!’ moet kleiner vertoon               (1)

          10.7.3 Die teks 'Help this deserving learner!' moet in rooi vertoon word
                 maar dit word op die oomblik in swart vertoon                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/NOVEMBER 2018)

 10.8    ŉ Databasis is geskep om rekord te hou van die bydraers.

         Bestudeer die skermkopie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         10.8.1 Noem die datatipe wat gebruik moet word vir die Design
                Specification veld om groot hoeveelhede teks in te sleutel.            (1)

         10.8.2 Hoekom is die AutoNumber datatipe altyd geskik om as die
                primêre sleutelveld te gebruik?                                        (1)
                                                                                      [25]

                                                         TOTAAL AFDELING C:            50
                                                             GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com



### Page 23

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [CAT P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/dbbe83e2-bb17-4304-9592-64f2e79185a3) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [CAT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/3c69cbc5-0cdd-4849-b11a-3a4e3591496f) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR11 QP NOV2018 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-english/912a54ad-8ddf-4bf2-8b9b-e2250836b7bc) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [CAT P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/20355cdc-101a-486b-96f4-c95a19b797f1) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOV2018 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-nov2018-english/697a8f3f-f668-4cd8-8864-5d879278e878) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Eng
- [CAT P1 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-qp-nov2018-eng-d/53ed1844-70c8-4724-a741-ff9943f4f141) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Grade 11 CAT P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-computer-applications-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/8a3c3969-ca01-4da6-9be4-1094d1e89751) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
