# Computer Applications Technology Grade 11 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-november-2019-afr-dd/8e1b92ef-6328-4406-b9be-40b22f64f056
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-november-2019-afr-dd/8e1b92ef-6328-4406-b9be-40b22f64f056)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2019

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *ICATNA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit:

       AFDELING A (25 punte)
       AFDELING B (75 punte)
       AFDELING C (50 punte)

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
       vraestel gebruik is.

4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     Moenie in die regterkantlyn skryf nie.

6.     Laat ŉ reël oop na elke subvraag.

7.     Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2 punt-vraag TWEE feite
       vereis, ens.

8.     Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

9.     Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘vinniger’/’stadiger’ en ‘makliker’ sal SLEGS aanvaar
       word indien dit saam met ŉ rede of ŉ verduideliking gebruik is.

10. Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                               3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1    Watter EEN van die volgende eenhede verwys na verwerkerspoed?

        A      GHz
        B      dpi
        C      mbps
        D      ppm                                                                            (1)

 1.2    Watter EEN van die volgende akronieme het te doen met sagtewarelisensiëring?

        A      GGK (‘GUI’)
        B      WWW
        C      WLAN
        D      ELO (‘EULA’)                                                                   (1)

 1.3    Hoe stoor vaste toestand (‘solid state’) hardeskywe data in teenstelling met
        tradisionele hardeskywe?

        A      Opties
        B      Magneties
        C      Skyf
        D      Elektronies                                                                    (1)

 1.4    Watter EEN van die volgende kriteria sal rekords vertoon, gebaseer op ŉ
        veldwaarde wat met 'ad' eindig?

        A      ad*
        B      ad
        C      a*d
        D      *ad                                                                            (1)

 1.5    Die hooftaak van die Skyfskoonmaak-nutsprogram (‘Disk Cleanup’) is om …

        A      foute op ŉ skyf te soek.
        B      tydelike of ongebruikte lêers uit te vee.
        C      die hardeskyf te formateer wanneer dit vol is.
        D      lêers te herorganiseer en verwante lêers bymekaar te hou.                      (1)

   Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2019)

1.6      Watter EEN van die volgende akronieme word NIE met hardeware geassosieer
         nie?

         A      HDD
         B      NKK (‘NIC’)
         C      OSS
         D      BJET (‘BYOD’)                                                                 (1)

1.7      Watter EEN van die volgende spesifikasies is ŉ aanduiding dat ŉ
         rekenaartoestel Wi-Fi kapasiteit het?

         A      Ethernet
         B      802.11 ac
         C      FireWire
         D      i7                                                                            (1)

1.8      ŉ ISO-gradering is ŉ spesifikasie van ...

         A      digitale kameras.
         B      drukkers.
         C      monitors.
         D      projektors.                                                                   (1)

1.9      Die vinnigste of doeltreffendste manier om inligting vanaf ŉ groot groep mense
         te kry, is deur van die ... gebruik te maak

         A      soekenjin.
         B      wiki.
         C      onderhoud.
         D      meningsopname.                                                                (1)

1.10     Watter EEN van die volgende is die beste voorbeeld van ŉ ‘goeie’ of ‘sterk’
         wagwoord?

         A      0841288744
         B      Qwertyuiop
         C      MyPasword
         D      T2Lu$K006                                                                     (1)
                                                                                             [10]

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                               5

 VRAAG 2: PASITEMS
 Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
 letter (A–Q) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
 byvoorbeeld 2.11 R.

                           KOLOM A                                       KOLOM B
 2.1    ŉ Hardeware toestel wat gebruik word om rekenaars teen      A   ontwerpaansig
        kragstuwings en kragonderbrekings te beskerm                    (‘design view’)
 2.2    Dit vorm deel van die stelselprogrammatuur en word          B   fragmentasie
        gebruik om die gebruiker te help om instandhouding van
        die rekenaar te doen
 2.3    ŉ Stel reëls waarvolgens ŉ randapparatuur-toestel met die C     absolute selver-
        rekenaar kommunikeer wanneer dit met die rekenaar               wysing
        verbind is
 2.4    Die verskillende dele van die lêers kan oor die skyf        D   bibliografie
        versprei raak, wat veroorsaak dat die rekenaar stadiger
        word
 2.5    Die plasing en formatering van teks op papier en op         E   tipografie
        webblaaie
 2.6    ŉ Formele dokument wat gebruik word om fokus aan ŉ          F   memo
        vergadering te verleen deur die punte wat bespreek gaan
        word aan te dui
 2.7    ŉ Verwysing na ŉ bron wat in ŉ spesifieke instansie         G   veld
        gebruik word, en word in die teks, direk na die inligting
        waarna verwys word, gevind
 2.8    ŉ Selverwysingsformaat wat verhoed dat die kolomletter      H   relatiewe selver-
        en/of die rynommer in ŉ funksie verander wanneer die            wysing
        funksie na ŉ ander sel gekopieer word
 2.9    ŉ Enkele feit of die kleinste eenheid van data binne ŉ      I   ‘datasheet view’
        databasis
 2.10 ŉ Vertoonmodus in Access waarin die inhoud van ŉ tabel        J   OKT (‘UPS’)
      in rye en kolomme vertoon word
                                                                    K   defragmentasie
                                                                    L   agenda
                                                                    M   templaat
                                                                    N   Sitaat (‘citation’)
                                                                    O   nutsprogramme
                                                                    P   inprop-en-speel
                                                                        (‘plug and play’)
                                                                    Q   rekord
                                                                                    (10 x 1)    [10]

   Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien
dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR te maak.
(Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN punt sal
toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                      VRAAG                               ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin.      Waar
ŉ NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware komponente Onwaar – moederbord
soos die SVE (‘CPU’).

3.1 Die sentrale verwerkingseenheid is die belangrikste program wat alle aktiwiteite in
    die rekenaar beheer.                                                                        (1)

3.2 ŉ Nutswenk (‘Tooltip’) is ŉ wenk wat vertoon word as jy die merker op ŉ ikoon of
    objek rus.                                                                                  (1)

3.3 Vryware (‘Freeware’) hou gewoonlik op werk as die toetstydperk verby is.                    (1)

3.4 ŉ Merkblokkie (‘Check box’) laat die gebruiker een uit ŉ gegewe stel opsies kies.           (1)

3.5 Die koppelvlak is die manier waarop die verskillende funksies van programme
    aangebied en vertoon word en dit gee gebruikers ŉ manier om programme te
    gebruik en met die rekenaar te kommunikeer.                                                 (1)
                                                                                                [5]

                                                              TOTAAL AFDELING A:                25

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           7

 AFDELING B

 VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

 4.1 Die volgende spesifikasies word aangedui betreffende die geheue en stoor-
     kapasiteit van die rekenaar.

       1 GB DDR2-667 184 pin ETG (‘RAM’)
       160 GB SATA II 7200 rpm hardeskyf

       Kopieer die volgende tabel in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit deur die
       stoor-kapasiteit en kapasiteit van die geheue te verskaf asook deur te onderskei
       tussen die twee begrippe.                                                                (4)

                                            GEHEUE                       STOOR
       Kapasiteit
       Verskil

 4.2 In ŉ advertensie, word na ŉ koordlose sleutelbord en muis verwys.                          (2)

       4.2.1    Noem TWEE metodes wat algemeen gebruik word om toestelle
                koordloos te koppel.

       4.2.2    Vergelyk die twee metodes met betrekking tot:

                (a)     Reikafstand
                (b)     Lyn van sig                                                             (4)

 4.3   Die meeste nuwe sagteware wat geskryf word het gewoonlik ŉ programfout
       (‘bug’) in. Twee algemene maniere om programfoute reg te maak is om gebruik
       te maak van regstellings (‘patches’) en dienspakkette (‘service packs’).

       4.3.1    Wat word met ŉ programfout (‘bug’) bedoel?                                      (1)

       4.3.2    Verduidelik kortliks die verskil tussen ŉ regstelling (‘patch’) en ŉ
                dienspakket (‘service pack’) deur na die essensiële kenmerk van elkeen
                te verwys.                                                                      (2)

 4.4   Rugsteunnutsprogramme stel gebruikers in staat om kopieë van sekere lêers of
       ŉ hele hardeskyf op ŉ ander stoormedia te maak.

       4.4.1    Waarvoor word rugsteunkopieë gebruik?                                           (1)

       4.4.2    Watter stoormedium sal jy voorstel indien jy groot hoeveelhede lêers vir
                ŉ lang termyn wil rugsteun?                                                     (1)

       4.4.3    Jy kan ook jou lêers argiveer (‘archive’). Verduidelik die term argivering
                (‘archiving’) in hierdie konteks.                                               (2)

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2019)

4.5 Jy het ŉ nuwe skootrekenaar met ŉ gratis aanlynstoorfasiliteit gekoop.

       4.5.1    Verduidelik wat aanlynstoor is.                                              (1)

       4.5.2    Noem TWEE voordele van aanlynstoor.                                          (2)

       4.5.3    Noem TWEE nadele van aanlynstoor.                                            (2)

       4.5.4    Verduidelik die term perseelwaarborg (‘on-site-warranty’) wat saam met
                die skootrekenaar aangebied word.                                            (1)

4.6 Bedryfstelsels bevat spesiale instellings en nutsprogramme om rekenaars meer
    toeganklik vir gestremde mense te maak.

       Noem TWEE voorbeelde van hierdie instellings en nutsprogramme.                        (2)
                                                                                            [25]

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              9

 VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 5.1 Gee DRIE potensiële nadele van ŉ koordlose LAN in vergelyking met ŉ
     gekabelde LAN.                                                                          (3)

 5.2 Meeste organisasies maak van bedieners (‘servers’) gebruik.

       5.2.1    Wat is die algemene funksie van enige bediener (‘server’) op ŉ netwerk?      (1)

       5.2.2    Gee TWEE redes hoekom ŉ organisasie ŉ Internet (‘proxy’)-bediener
                sou gebruik.
                Moenie enige antwoord wat jy op VRAAG 5.2.1 genoem het, herhaal
                nie.                                                                         (2)

       5.2.3    Noem TWEE soorte bedieners (‘servers’) wat dikwels in groter
                organisasies aangetref word, behalwe ŉ Internet (‘proxy’)-bediener.          (2)

       5.2.4    Watter algemene term word gegee vir enige rekenaartoestel wat
                netwerkbronne gebruik?                                                       (1)

 5.3 Verduidelik die doel van ŉ ‘switch’ in ŉ netwerk.                                       (1)

 5.4 Hoekom benodig rekenaars deesdae selde ŉ afsonderlike NKK (‘NIC’)
     (netwerkkoppelvlakkaart) om die rekenaar aan ŉ netwerk te koppel?                       (1)

 5.5 Gee die naam van ŉ soort netwerkkabel wat die meeste gebruik word om
     rekenaars aan ŉ LAN te konnekteer.                                                     (1)

 5.6 Beskryf kortliks wat ŉ sleutelvaslegger (‘keylogger’) doen as dit op ŉ rekenaar
     geïnstalleer is en verduidelik waarom sleutelvasleggers (‘keyloggers’) as
     kwaadwillige programmatuur (‘malicious software’) beskou word.                         (2)

 5.7 Hoe sal ŉ RSS-voer op ŉ blog tot voordeel van sy gebruikers wees?                      (1)
                                                                                           [15]

   Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR

6.1 ŉ Vraelys is ŉ metode wat gebruik word om die opinie van mense in ŉ
    ondersoek te verkry.

        6.1.1    Noem TWEE redes waarom dit altyd beter is om geslote vrae te
                 gebruik in die samestelling van ŉ vraelys vir navorsingsdoeleindes.             (2)

        6.1.2    Noem TWEE riglyne, behalwe die gebruik van geslote vrae, wat in
                 gedagte gehou moet word wanneer ŉ vraelys saamgestel word,.                     (2)

6.2 Noem EEN ander moontlike bron van inligting, uitsluitend ŉ vraelys, wanneer jy
    navorsing oor ŉ spesifieke onderwerp doen.                                                   (1)

6.3 Wat word met die term plagiaat bedoel?                                                       (1)

6.4 Verduidelik die verskil tussen data en inligting.                                            (2)

6.5 Hoe kan ŉ mens die invoer van duplikaatrekords wanneer data in ŉ
    databasistabel vasgelê word voorkom?                                                         (1)

6.6 Verduidelik waarom baie akademiese-instellings nie hulle studente toelaat om
    Wikipedia as ŉ bron aan te haal nie.                                                        (1)
                                                                                               [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1 Noem TWEE alternatiewe vir ŉ muis wat deur fisies-gestremde mense gebruik
    kan word.                                                                                    (2)

7.2 Noem EEN manier waarop jy jou skootrekenaar aan jou lessenaar kan
    vasmaak (sluit).                                                                             (1)

7.3 Elektrisiteit is ŉ baie duur hulpbron.

        Noem DRIE maniere waarop jy elektrisiteit kan spaar wanneer jy van
        elektroniese toestelle soos skootrekenaars en rekenaars gebruik maak.                    (3)

7.4 Sosiale manipulasie (‘social engineering’) het werklik ŉ bedreiging vir
    rekenaargebruikers vandag geword.

        7.4.1    Verduidelik kortliks wat sosiale manipulasie (‘social engineering’) is.         (1)

        7.4.2    Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat jy kan tref om te verhoed dat jy ŉ
                 slagoffer van sosiale manipulasie (‘social engineering’) via ŉ e-pos word.      (2)

7.5 Spioensagteware (‘spyware’) word ŉ groot probleem vir rekenaargebruikers.

        Wat is die doel van spioensagteware (‘spyware’)?                                        (1)
                                                                                               [10]

     Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                               11

 VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 8.1 Gee EEN voordeel daarvan om ŉ dokument in konsep-modus (‘draft-mode’) te
     druk.                                                                                          (1)

 8.2 Gee EEN voordeel en EEN nadeel daarvan om ŉ Word-dokument as ŉ lêer met
     die uitbreiding .TXT te stoor voordat dit versprei word.

       Onderskei duidelik in jou antwoord tussen die voordeel en die nadeel.                        (2)

 8.3 Verduidelik waarom dit soms noodsaaklik is om die Soek Hele Woorde alleen-
     opsie (‘Find whole words only option’) te gebruik wanneer ŉ mens die Soek en
     Vervang-aksie (‘Find and Replace action’) in Word uitvoer. (Jy mag ŉ voorbeeld
     gebruik om jou antwoord te verduidelik.)                                                       (1)

 8.4 Die huidige datum is as ŉ veld in ŉ Word-dokument bygevoeg, met die
     datumformaat: MMM DD

       Hoe sal die datum vertoon as die dokument op Vrydag 18 Augustus 2019
       oopgemaak word?                                                                              (1)

 8.5 Noem die soorte inkeping wat gebruik is om die woord ‘Tips’ soos in die volgende
     skermkopie van ŉ Word-dokument, een sentimeter links van die hoofliggaam van
     die paragraaf, te plaas?

                                                                                                    (1)

 8.6 Die operateur ^ kan in Excel gebruik word om die resultaat van die uitdrukking
     2 x 2 x 2 te lewer.
     (d.i. =2^3)

       Gee die naam van ŉ Excel-funksie wat, in plaas van die ^-operateur, gebruik kan
       word om dieselfde resultaat te lewer.                                                        (1)

 8.7 Bestudeer die volgende funksie wat in sel H25 van ŉ sigblad voorkom, en
     beantwoord die vrae wat volg.

                                  =IF(G1>=90,distinction," ")
       8.7.1    Gestel die waarde 80 word in sel G1 ingetik. Wat sal in sel H25 vertoon?            (1)

       8.7.2    Verduidelik waarom die funksie ŉ foutboodskap sal lewer as die waarde
                90 in sel G1 ingetik word.                                                          (1)

   Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2019)

8.8       Gee EEN eienskap van ŉ databasistabel, behalwe die gebruik van ŉ navraag, wat
          gebruik kan word om net sekere rekords te vertoon.                                          (1)
8.9       Die volgende Access-navraag is veronderstel om die name en die aantal blikkies te
          vertoon van leerders in klasse 11A en 11B, wat elk minstens 50 blikkies vir ŉ
          herwinningsprojek bymekaargemaak het.

          Gee DRIE redes hoekom hierdie navraag NIE die korrekte resultaat sal lewer nie.
          Dui in elke geval aan hoe die ontwerp van die navraag verander moet word om die
          korrekte resultaat te lewer.                                                                (3)

8.10      Gee EEN rede hoekom die stel van ŉ veld as ŉ primêre sleutel in ŉ data-basis tot
          beter kwaliteit data in die databasis kan bydra.                                            (1)

8.11      Gee EEN geskikte voorbeeld om aan te toon dat al is ŉ databasis ontwerp om te
          verseker dat die data altyd geldig is, dit nie kan verseker dat die data noodwendig
          altyd korrek is nie.                                                                        (1)
                                                                                                     [15]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:              75

     Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           13

 AFDELING C

 VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 Jou skoolhoof het jou gevra om jou RTT-vaardighede te gebruik om raad oor die
 vestiging van ŉ aanlyn skoolkoerant te gee. Rekenaartoerusting sal vir hierdie doel
 aangekoop moet word.

 9.1 Stel TWEE voorbeelde van toepassingsagteware voor wat moontlik geïnstalleer sal
     moet word om die publikasie van die skoolkoerant te vergemaklik.                          (2)

 9.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van kabels om die rekenaars in die LAN
     netwerk te koppel.                                                                        (2)

 9.3 Skakels na die koerantartikels sal op sosiale media gepos word.

       Noem TWEE voordele van die gebruik van Facebook om die koerant te deel.                 (2)

 9.4 Gee TWEE redes hoekom GOBS ('FOSS') in plaas van eiendomsregtelike
     sagteware by die nuuskantoor gebruik moet word.                                           (2)

 9.5 Die foutboodskap hieronder het op een van die rekenaars in die koerant-kantoor
     verskyn, wat voorkom het dat opdaterings gekry word.

      9.5.1   Bespreek TWEE moontlike redes vir die fout.                                      (2)

      9.5.2   Noem EEN implikasie van die foutboodskap.                                        (1)

 9.6 Die rekenaar werk uit die bloute vreeslik stadig. Noem TWEE ander maniere,
     behalwe om stadig te werk, hoe die skool sal weet of hulle rekenaars virusse op
     het of nie.                                                                               (2)

   Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

9.7       ŉ Databasistabel met outeur- en artikelname as velde sal gebruik word om die
          inligting oor leerders wat tot die inhoud in die koerant bydra, te stoor.

          9.7.1    Bespreek TWEE redes waarom dit beter, in die geval, sou wees om ŉ
                   vorm te gebruik om data vas te lê.                                           (2)

          9.7.2    Noem TWEE databasishulpmiddels ('tools') wat gebruik kan word om
                   vas te stel wie die meeste artikels tot die koerant bygedra het.             (2)

9.8       Gee TWEE redes waarom dit ŉ goeie beleid sou wees om USB-poorte by
          verstek ('default') op die LAN in die koerantkantoor buite werking te stel?           (2)

9.9       Dit is belangrik dat ŉ organisasie ŉ Beleid vir Aanvaarbare Gebruik (‘AUP’)
          het.

          9.9.1    Verduidelik kortliks wat ŉ Beleid vir Aanvaarbare Gebruik (‘AUP’) is.        (1)

          9.9.2    Bespreek TWEE redes hoekom ŉ Beleid vir Aanvaarbare Gebruik
                   (‘AUP’) nodig is.                                                            (2)

          9.9.3    Bespreek DRIE sake wat in ŉ skool se Beleid vir Aanvaarbare Gebruik
                   (‘AUP’) ingesluit of aangespreek moet word.                                 (3)
                                                                                              [25]

VRAAG 10

Jou skool is gekies om die provinsiale atletiekbyeenkoms aan te bied. Die
administrasie van die vergadering sal op rekenaars gedoen word. Jou RTT-klas is
gevra om die skool by te staan met enige rekenaarverwante navrae wat hulle mag hê.

10.1      Jy besluit om ŉ blog of ŉ webtuiste op te stel om enige IKT-verbonde vrae te
          beantwoord.

          10.1.1    Wat is ŉ blog?                                                              (1)

          10.1.2    Noem TWEE redes vir die gebruik van ŉ blog in plaas van ŉ
                    webtuiste.                                                                  (2)

          10.1.3    Een van die hoofde verkies om ŉ poslys (‘mailing list’) te gebruik.

                    Verduidelik kortliks wat ŉ poslys (‘mailing list’) is                       (1)

10.2      Die hoofde gaan groot hoeveelhede foto’s en video’s op hulle rekenaars stoor.

          Verduidelik aan hulle DRIE maniere hoe hulle stoorspasie sonder die gebruik
          van ŉ eksterne hardeskyf kan vry maak.                                                (3)

10.3      Vir die administrateurs om seker te maak dat net spesifieke afrigters op die
          veld toegelaat word, stel jy die gebruik van biometriese sekuriteit voor.

          Lys TWEE beperkinge van vingerafdrukherkenning.                                       (2)

     Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                15

 10.4   Atlete wat aan die langafstande deelneem is van RFID-merkers (‘tags’) voorsien.

        10.4.1       Verduidelik kortliks wat ŉ RFID-merker (‘tags’) is.                                 (2)

        10.4.2       Watter voordeel sal die feit dat die atlete RFID-merkers (‘tags’) het, vir
                     die organiseerders van die wedloop inhou?                                           (2)

 10.5   Die komiteelede wil graag elkeen ŉ verslag na die byeenkoms via e-pos
        ontvang. Jy kom agter dat jy nie kan onthou waar jy die dokument gestoor het
        of wat die lêernaam is nie.

        10.5.1       Lys TWEE soekkriteria of parameters wat jy sou insluit wanneer jy vir
                     die dokument soek.                                                                  (2)

        10.5.2       Wat is die verskil tussen die gebruik van die 'Cc'- en die 'Bcc'-velde
                     wanneer jy ŉ e-pos stuur?                                                           (2)

 10.6   Een van die hoofde wil graag die byeenkoms bestuur deur van ŉ databasis
        gebruik te maak.

        Verduidelik aan hom wat die verskil tussen ŉ geldigheidsreël (‘validation rule’)
        en geldigheidsteks (‘validation text’) is.                                                       (2)

 10.7   Een van die webblaaie van die Oos-Kaap Atletiekwebtuiste vertoon nie die
        opskrif nie. Die opskrif Oos-Kaap Atletiek Byeenkoms moet gesentreer, in
        vetdruk, onderstreep en kursief wees soos hieronder aangedui:

                                    Oos-Kaap Atletiek Byeenkoms

         Herskryf en korrigeer die HTML ‘tags’ hieronder sodat dit korrek kan vertoon.

         </body>

         </body>

        </centre><b><u><i>Oos-Kaap Atletiek Byeenkoms</u></b></centre>                                   (4)

 10.8   Soos hulle tik, verander die woordverwerker outomaties die Suid-Afrikaanse
        spelling na die Amerikaanse spelling, bv. ‘colour’ na ‘color’.

        Noem die funksie van ŉ woordverwerker wat dit laat gebeur en verduidelik hoe
        om dit in die toekoms te verhoed.                                                            (2)
                                                                                                    [25]

                                                                      TOTAAL AFDELING C:              50
                                                                          GROOTTOTAAL:               150

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [CAT P2 GR11 QP NOVEMBER 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-november-2019-eng-d/fc7f3b5c-f785-4ba4-bd4c-c8a3e0724e82) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2019-afrikaans/874921d6-7dc2-4ce5-bf20-e194cf31c45e) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2019-english/2d2e9034-125d-479e-a1c2-e880331f783f) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Eng
- [RTT V1 GR11 Nov 2019 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-computer-applications-technology-2019-eastern-cape-november-question-paper/656fed33-e94c-4d57-b970-d5f5b61c53aa) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-eng-d/1e6f55cc-7bc3-47c2-ad2f-1364f722f930) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Eng
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2019 Afrik .pdf R](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2019-afrik-pdf-r/69d346e5-bc82-4449-87ba-f362ad4ce87e) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Grade 11 CAT P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-computer-applications-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/8a3c3969-ca01-4da6-9be4-1094d1e89751) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
