# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/b0b6e38a-0b5a-41f6-86aa-38c0bb9f33cd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/b0b6e38a-0b5a-41f6-86aa-38c0bb9f33cd)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2023

         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

2                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2023)

VOORSTELLE EN AANBEVELINGS VIR NASIENERS

•   Verwys dikwels terug na die vrae en die nasienriglyn gedurende die
    nasiensessie.

•   Dit is raadsaam om die vrae gereeld te lees (en te herlees) tesame met die
    kandidaat se antwoord om na te gaan dat dit ooreenstem, sodat jy nie deur die
    kandidaat se stellings/antwoorde mislei word nie.

•   Wees versigtig om nie op sleutelwoorde of algemene stellings te fokus nie, maar
    lees eerder die hele antwoord. As jy twyfel, lees die hele antwoord, dan die vraag
    in die vraestel en die antwoord in die nasienriglyn.

    o Vra jouself of jou senior nasiener of die antwoord in die nasienriglyne kan
      ‘pas’ voordat die korrekte punte aan die kandidaat toegeken word.
    o Aanvaar korrekte antwoorde wat anders uitgedruk word, bv. die nasienriglyn
      noem ‘stadig’ en die kandidaat antwoord ‘nie vinnig nie’.
•   Wees versigtig vir oorvleuelende antwoorde op ŉ spesifieke vraag. In die
    algemeen word EEN punt per feit toegeken.
•   Moenie antwoorde namens die kandidaat kies nie. Waar ŉ vraag vereis dat die
    kandidaat moet LYS of NOEM: merk die eerste getal antwoorde wat vereis word,
    bv. die eerste TWEE feite as ŉ kandidaat ŉ lys van VYF feite gee wanneer slegs
    TWEE feite vereis word, selfs as dit in ŉ paragraafvorm aangebied word.
•   Vrae wat langer antwoorde vereis moet as ŉ enkele eenheid gesien word. Punte
    kan toegeken word indien korrekte stellings op enige plek in die paragraaf
    voorkom.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         3

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                 VRAAG 2: PASITEMS

1.1     B                                      2.1    K
1.2     A                                      2.2    R
1.3     D                                      2.3    I
1.4     C                                      2.4    T
1.5     B                                      2.5    C
1.6     D                                      2.6    B
1.7     D                                      2.7    H
1.8     A                                      2.8    S
1.9     D                                      2.9    D
1.10    A                                      2.10   L
                               (10 x 1) [10]                          (10 x 1)    [10]

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Nota aan nasiener:
• In VRAE 3.1, 3.3, en 3.5: Moet kandidate die regte term gee om die punt te
   verdien.
• Ken die punt toe indien die korrekte antwoord gegee is sonder die woord
   ONWAAR.
• MOENIE die punt toeken indien slegs die woord ONWAAR gegee is sonder die
   korrekte antwoord NIE.

3.1     Onwaar – ergonomie                                                         (1)

3.2     Waar                                                                       (1)

3.3     Onwaar – bandwydte                                                         (1)

3.4     Waar                                                                       (1)

3.5     Onwaar – stelselsagteware                                                  (1)
                                                                                   [5]

                                                          TOTAAL AFDELING A:       25

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

4                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2             (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1   Beskryf ŉ SOHO gebruiker en gee EEN voorbeeld van so ŉ gebruiker

      Beskrywing
      •   SOHO-gebruikers (Small Office Home Office) gebruik gewoonlik
          algemene intreevlak rekenaars vir algemene funksies soos
          byvoorbeeld, rekeningkundige take of rekeninge uitstuur, beplanning,
          elektroniese dokumentering, ens. 

      Voorbeeld
      argitek, eiendomsagent, regsdienste, ens. of enige iemand wat van die huis
      af werk                                                                             2
4.2   TWEE algemene take/funksies wat deur nutsprogramme uitgevoer
      word

      Funksie:
      • Programme wat die stelsel instand hou,  stelseladministrasie
           verrig  en wat hardeware- en netwerkkonfigurasie doen

                                          OF

      Take:
      • Lêer bestuur 
      • Lêer sorteer 
      • Lêer herbenoeming
      • Lêer omskakeling
      • Lêer herstel
      • Skyfskandering en defragmentering
      • Druktake
      • Rugsteun van data
      • Anti-virus
      • Samepersing

      Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare voorbeelde)
                                          (enige 2 funksies en/of take)                  2
4.3   4.3.1 TWEE maniere waarop data op ŉ rekenaar verlore kan gaan

             •    Hardeskyf faal 
             •    Data is korrup 
             •    Data word per ongeluk uitgevee
             •    Rekenaar word gesteel
             •    Rekenaar in brand of aardbewing beskadig of vernietig sou word
             •    Virus

             Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare voorbeelde)
                                                            (Enige twee)          2

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             5

     4.3.2    EEN manier hoe rugsteun van data veiliger gedoen kan word

              •    Stoor data op eksterne toestelle soos flits skywe, draagbare
                   hardeskywe 
              • Hou data op ŉ veilige plek weg van die rekenaar
              • Aanlyn-rugsteundienste
                                                                       (Enige een)     1        3
4.4 4.4.1     Negatiewe verband verbonde aan die konsep van:
              ‘Altyd aan – Altyd gekonnekteer’

              •    Werkers is geneig om betrokke te wees by werkverwante sake
                   24/7/Geen wegbreek van die werksomgewing 
              •    Verslawingsversteuring aan sosiale media/internet
              •    Geen ontspanning nie
              •    Gesondheidsprobleme
              •    Gebrek aan privaatheid
              •    Geen sosiale verhoudings nie/gebrekkige kommunikasie
              •    Impak op slaapgewoontes

              Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare voorbeelde)
                                                              (enige een)             1
     4.4.2    EEN rede hoekom notasagteware op mobiele toestelle tot
              voordeel van verkeersbeamptes sal wees

              •  Notas word opgeneem, gestoor en georganiseer in een
                 toestel/plek 
              • Verhoed dat data verlore gaan
              • Notas altyd byderhand – geen risiko van geen papier om op te
                 skryf nie
              • Kan die notas en foto’s van die ongelukstoneel integreer
                                                                   (Enige een)        1     2
4.5 4.5.1     Tegnologie in slimfone wat stemherkenning moontlik maak

              Biometriese toevoer                                                     1
     4.5.2    Tegnologie om geografiese ligging te bepaal

           GPS                                                                        1     2
4.6 Belangrikheid daarvan om lêers saam te pers

         •Om lêers kleiner te maak, sodat dit minder stoorplek in beslag neem 
         •Maak skyfspasie vry 
         •Om ŉ e-posaanhegsel kleiner te maak en makliker te stuur
         •Kan effektiewe rugsteunplan ondersteun
         •Kan verseker dat gestoorde lêers veiliger is
                                                                  (Enige twee)             2
4.7 Defragmentasie van hardeskyf sal nie ekstra spasie beskikbaar stel nie

     ŉ Skyfdefragmenteeder is ŉ nutsprogram wat dele van lêers herorganiseer 
     en jou rekenaar vinniger maak en nie ekstra spasie beskikbaar stel nie                  1

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2023)

4.8   4.8.1   Konsep virtuele geheue

              Die ongebruikte skyfspasie van ŉ hardeskyf, wat die bedryfstelsel
              in staat stel om te werk asof dit toegang het tot meer RAM, stel die
              rekenaar in staat om nog meer programme tegelyk uit te voer             1
      4.8.2   TWEE voorbeelde wanneer bedryfstelsel virtuele geheue
              gebruik

               • Wanneer te veel programme oop is 
               • Wanneer programme te groot is om van beskikbare ETG
                 (RAM) af te werk 
              • Wanneer die beskikbare geheue vol is
                                                         (Enige twee)                2      3
4.9   4.9.1   Tegnologie waarna die prent verwys

              Hommeltuig tegnologie                                                   1
      4.9.2   TWEE beperkings van hommeltuigtegnologie

               •
               Die batteryleeftyd beperk die vlieg tyd van die hommeltuig 
               •
               Weerveranderinge in ŉ gebied beïnvloed die gebruik van
               hommeltuie en reën of sneeu kan die elektroniese
               komponente beskadig en die kommunikasie tussen die
               hommeltuig en die beheerder belemmer 
            • Die gebruik van hommeltuie kan deur reëls/wette oor
               lugruimtes beperk word
            • Mens benodig ŉ spesiale vlieglisensie om sommige
               hommeltuie te vlieg
                                                             (Enige twee)            2      3
4.10 4.10.1 Verduideliking hoe Virtuele Realiteit werk

               •Laat gebruikers toe om deur ŉ virtuele wêreld omring te
                word/mislei jou brein om te glo jy is in ŉ 3D-wêreld 
             • Dit word gedoen met stereoskopiese beelde en werk deur
                twee effens verskillende hoeke van die toneel aan elke oog te
                vertoon en sodoende diepte te simuleer                                2
      4.10.2 DRIE beperkings van die gebruik van virtuele realiteit

              •       Onvolledige tegnologie (nog steeds nuut) 
              •       Kan bewegingsiekte veroorsaak 
              •       Tegniese beperkings: beweging, swak hardeware en lae
                      resolusie 
              •       Sielkundig: morele en etiese kwessies
                                                               (Enige drie)         3      5
                                                                                             [25]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                7

VRAAG 5: INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1   Konsep e-handel

      •  E-handel is die algemene term vir enige tipe besigheidstransaksie wat
         kommunikasie oor die internet behels 
      •  Dit verwys na die koop en verkoop van goedere of dienste en ook na die
         bemarking daarvan                                                                         2
5.2   TWEE aanbevelings vir beter privaatheid op sosiale media, soos
      Facebook of WhatsApp

      •  Verseker dat slegs gemagtigde persone die plasings/inhoud kan sien /
         privaatheidinstellings kan gebruik (verberg persoonlike besonderhede) 
      •  Skakel koekies uit/af 
      •  Deaktiveer/beperk toegang tot programme van derdepartye/Skakel die
         deel van data met diensverskaffer van sosiale netwerke uit, indien moontlik
      •  Blokkeer gebruikers waarmee u nie wil kommunikeer nie
      •  Versteek/moenie persoonlike besonderhede deel nie
      •  Skakel die funksie “Deel ligging” uit
                                                                     (Enige twee)                 2
5.3   TWEE redes vir vesel-internetverbinding bo ADSL-verbinding

      •  Optiese vesel is vinniger 
      •  Betroubaarder 
      •  Beter (duideliker) in data-oordrag
      •  Optiese kabels word nie maklik gesteel nie (soos koperkabels)
      •  Minder steuring van elektriese bronne
      •  Maak nie saak hoe ver van die sentrale punt nie, maar steeds sterk data-
         oordrag
      •  Het nie ŉ vaste lyn nodig om toegang tot die internet te kry nie
                                                            (enige twee)                          2
5.4   TWEE voordele van aanlyn-inkopies

       •   Aflewering by jou huis/Jy hoef nie jou huis te verlaat nie/Geriefliker, 24/7
           vanuit die gerief van jou eie huis 
       •   Pryse kan goedkoper wees 
       •   Die besigheid kan sy oorhoofse koste (lone, winkelhuur en handel
           wêreldwyd) verminder.
       •   Die besigheid hoef nie groot hoeveelhede voorraad te dra nie.
       •   Veiliger as om na ŉ winkel te gaan
       •   Kan jou inkopies vanaf enige toestel wat aan die internet gekoppel is, doen
       •   Kan spesifikasies/pryse maklik vergelyk/makliker vind om spesifieke
           artikels te vind
       •   Kan aanbevelings/keuses van ander klante sien
       •   Baie wyer verskeidenheid artikels om van te kies/kan by oorsese winkels
           gekoop word
       •   Bespaar reiskoste wanneer jy inkopies doen, ens.
                                                                          (Enige twee)            2

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2023)

5.5   TWEE maatreëls om kliënte te beskerm tydens aanlyn bank

      •  Gebruik van eenmalige/per sessiewagwoorde wat na jou slimfoon
         gestuur word 
      • 2 stap/faktor bekragtiging 
      • Wagwoorde/PIN nommers per sessie
      • SMS-kennisgewing van transaksies
      • Veilige protokolle soos (BSL) SSL
      • Sleutelbord op die skerm om PIN nommers in te voer en die gevaar van
         keyloggers te elimineer
      • ŉ Aanlyn-sessie sal outomaties stop as die gebruiker vir ŉ seker tyd geen
         aktiwiteit toon nie.
      • Banke plaas prominente waarskuwings en veiligheidswenke op hul
         webwerwe.
                                                                  (Enige twee)                  2
5.6   Hoekom nie VoIP vir noodoproepe nie

      •   Internetverbinding is dalk nie betroubaar nie 
      •   Gebrek aan bandwydte
      •   Bestemmingspunt het moontlik nie VoIP nie
      •   Dit is moeilik vir nooddienste om die oorsprong van die oproep op te
          spoor
                                                                       (Enige een)               1
5.7   Verduidelik kortliks wat inligtingoorlading is

      Inligtingoorlading is wat gebeur wanneer mense nie die hoeveelheid inligting
      waaraan hulle daagliks blootgestel word, kan hanteer nie.                                  1
5.8   Verskil tussen roeteerder (‘router’) en modem

      Jy het ŉ modem nodig om aan die internet te konnekteer  terwyl ŉ
      roeteerder die internettoegang na jou toestelle (rekenaar, slimfoon, slim-TV,
      ens.) versprei 

                                            OF

      Die verskil tussen ŉ modem en ŉ roeteerder is dat ŉ modem aan die internet
      koppel  en ŉ roeteerder koppel toestelle aan Wi-Fi 

                                            OF

      Roeteeerder skep ŉ netwerk tussen die rekenaars in jou huis,  terwyl die
      modem daardie netwerk (rekenaars, toestelle) aan die internet koppel                       2
5.9   Lêer formaat/tipe om potgooi te stoor

      MP3                                                                                    1
                                                                                             [15]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          9

VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR

6.1   TWEE voordele van elektroniese vorms om inligting te versamel

      • Verbeterde akkuraatheid/ Datavalidering kan gedoen word/Geen probleme
        met handskrif nie 
      • Minder tyd benodig vir datavaslegging/Respondente is dalk meer geneig
        om die opname te voltooi/beantwoord 
      • Data kan direk vir ontleding uitgevoer word (bv. na ŉ sigblad)
      • Makliker om opname te ‘versprei’ /het ŉ groter verskeidenheid
        respondente, ens.

      (Nota aan merker: Aanvaar antwoorde wat verband hou met enige tipe
      elektroniese vorm, soos Google Docs, Microsoft Word-vorms, ens.)
                                                            (Enige twee)                 2
6.2   Twee redes vir ŉ gevolgtrekking in ŉ formele verslag

      Dit ...

      • Verskaf ŉ opsomming van die hoofargumente 
      • Verskaf ŉ moreel / aanroep tot aksie 
      • Verskaf ŉ algemene antwoord op die Fokusvraag
                                                                (Enige twee)             2
6.3   6.3.1 TWEE redes inligting nie betroubaar is nie – evalueer bronne

                Dit het ŉ bron evalueringsprobleem ten opsigte van ...

                •
                Gesag (is materiaalvervaardigers mode-deskundiges?) 
                •
                Akkuraatheid (word die inligting gestaaf?) 
                •
                Tydigheid (is dit nog steeds relevant, nog nie eers ŉ eeu nie?)
                •
                Objektiwiteit (materiaalvervaardigers mag eie belange nastreef
                                                                   (Enige twee)     2
      6.3.2 EEN manier om paragraaf meer geskik te maak vir insluiting in
            verslag

                •
              Sluit in ŉ verwysing by die bron, byvoorbeeld deur middel van ŉ
              aanhaling, hiperskakel, ens. 
           • Sluit die inligting uit wat nie gestaaf kan word nie
           • Sluit inligting uit ŉ ander bron in, om die huidige stelling te staaf
                                                                       (Enige een)   1    3
6.4   TWEE aspekte wat by ŉ taakdefinisie ingesluit moet word

       •   Stel die probleem/huidige situasie/Waarom dit ŉ probleem is 
       •   Fokus van die ondersoek 
       •   Hoe om die navorsing te doen
       •   Waar om inligting te kry/Hoe inligting gebruik sal word
       •   Teiken gehoor (Target audience)
       •   Hoe die inligting aangebied sal word
                                                                    (Enige twee)         2

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2023)

6.5   Hoe om te vermy om aan plagiaat skuldig te wees

      •    Gee erkenning aan bronne, (bv. bibliografie en sitaat) 
      •    Skryf in jou eie woorde/Gebruik ŉ omskrywingsinstrument
           (‘paraphrasing tool’)
      •    Moenie teks kopieer en plak nie
      •    Gebruik ŉ ooreenkoms-toetser (‘similarity checker’) (bv. Turnitin)
                                                                   (Enige een)         1
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             11

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1   Konsep gebruiker-gesentreerde ontwerp (GGO)

      ŉ Metode van rekenaarprogramontwerp wat op die gebruiker se spesifieke
      behoeftes en vereistes fokus                                                        1
7.2   Sagteware toeganklikheidsopsie vir persoon met bewerasies

      •    Stadige muis-spoed 
      •    Filter sleutels
      •    Stem-tik/stemherkenning/ spraak-tot-teks/'narrator'
                                                                     (Enige een)          1
7.3   7.3.1 Rol van bot in DDoS-aanval

                • DDoS aanval gebruik duisende geïnfiltreerde rekenaars (bots)
                  om ŉ bediennerrekenaar te oorweldig met massa navrae 
               • Die bot (rekenaar) word deur ŉ aanvaller beheer en die aanval
                  is suksesvol as die bediener so oorweldig raak dat gewone
                  gebruikers nie meer toegang tot die stelsel kan verkry nie  2
      7.3.2    Hoe DDoS-aanval gebruik word om kuberoorlog te voer

                • Hulle kan dit gebruik om ŉ vyand/ŉ ander land se dienste aan
                  te val/oor te neem soos: 
               • (militêre/uitsaai-) kommunikasie 
               • kernterreine (lansering/deaktiveer missiele)
               • infrastruktuur (bv. water, sanitasie, kragnetwerk)
               • vervoer, ens.
                                                                  (Enige twee)     2     4
7.4   7.4.1    Tegnologie gebruik deur E-leer toepassing

               Verhoogte werklikheid (‘Augmented Reality’)                          1
      7.4.2    Hoekom AR tegnologie meer nuttig is in vergelyking met
               die kyk van ŉ video

                •      Dit pas by/word toegepas op die omgewing/toerusting wat JY
                       sien (nie net ŉ generiese voorbeeld nie) 

               Nota aan merker: Aanvaar enige geldige verduideliking wat ŉ
               voordeel van AR is, of aanvaar ook ŉ geskikte vergelyking.            1     2

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2023)

7.5    TWEE voorbeelde van die gebruik van Kunsmatige Intelligensie

       • Stemassistent-toeps/-toepassings wat jy kan vra vir hulp om inligting op
         te soek: Alexa, Siri, Google Assistant, Bixby, ens. 
       • Persoonlike voorstelle in (vermaak) toepassings soos: Spotify, Apple
         Music, Netflix, YouTube, ens. 
       • Toepassings op sosiale media en die funksie vir gesigsherkenning op
         ons slimfone
       • Finansiële instellings om te identifiseer watter transaksies waarskynlik
         bedrog is, ŉ vinnige en akkurate kredietgradering gee, sowel as om
         handgedrewe intensiewe data-bestuurstake te outomatiseer
       • In die kleinhandelsektor bied AI virtuele inkopie moontlikhede wat
         persoonlike aanbevelings bied
       • Voorraadbestuur en tegnologieë vir die uitleg van persele kan ook
         verbeter word met die gebruik van AI
       • Dit kan persoonlike medisyne en X-straallesings bied en persoonlike
         gesondheidsorg-assistente kan as lewensafrigters optree en jou
         daaraan herinner om jou medisyne te neem, om te oefen of gesonder
         te eet
       • Selfbesturende motors is ontwikkel m.b.v. masjienleer (wat is mense,
         wat beteken padtekens) en maak nou staat op AI vir intyds (‘real-time’)
         besluitneming om te bestuur, gegewe die beskikbare data (om
         ongelukke te vermy, die beste roete te neem ens.)

       Nota aan merker: NIE slegs die name van toepassings nie
                                                            (Enige twee)                 2
                                                                                          [10]

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                  13

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1 8.1.1     Outomatiese inhoudsopgawe, style gebruik – rede vir
              foutboodskap asook hoe om dit op te los

              Rede

              Behoorlike/geskikte opskrifstyle (‘heading styles’) is nie gebruik
              nie 

              Oplossing

              Om dit reg te stel moet jy al die opskrifte in die dokument na ŉ
              geskikte opskrifstyl (‘heading style’) verander en die inhoudsopgawe
              opdateer 

                                                 OF

              Rede

              Die inhoudsopgawe opsie is nie ingestel om die verkose styl te
              vertoon nie 

              Oplossing

              Gaan na die inhoudsopgawe opsie blokkie en selekteer die styl wat jy
              gekies het 
                                    (enige rede met aanvaarbare oplossing)                2
     8.1.2    Hoe om te voorkom dat skrif en formaat verander

            Gebruik Paste Special 
            Gebruik Keep source formatting                                                 2       4
8.2 Skryf formule/funksie neer in kolom D3

     =IF (C3="Female", "New", "Old")

    Nota aan merker: (-1 indien aanhalingstekens nie gebruik is nie.
    Ander alternatief kan ook aanvaarbaar wees byvoorbeeld ŉ VLOOKUP
    funksie)                                                                                        4
8.3 TWEE kenmerke van sigblad, behalwe grafieke, wat met
    verwerking help

     Funksies en formules 
     Sortering 
     Filtrering
     Voorwaardelike formatering
     Pivot tables
                                                                      (Enige twee)                2

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

14                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2023)

8.4     Toevoermasker – hoofletter E begin, gevolg drie verpligte syfers
        en een nie-verpligte kleinletter

        >E000<?

        >E (1 punt) 
        000 (1 punt) 
        <? (1 punt)                                                                         3
8.5     TWEE redes hoekom navraag nie gewenste resultaat lewer nie

        Water veld se Kriteria (Is Not Null) moet na die ‘Criteria’ ry geskuif
        word en nie in ‘Or’ ry staan nie 

        Recieved veld moet die volgende Kriteria bevat:
        Yes/True                                                                             2
                                                                                             [15]

                                                        TOTAAL AFDELING B                     75

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           15

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

9.1     TWEE voordele vir gebruik van aanlynplatform soos ZOOM vir leer

        •   Die gebruikerskoppelvlak is baie maklik om te gebruik 
        •   Die vermoë om baie groot aanlyn konferensies aan te bied 
        •   Koste-effektiewer in vergelyking met fisieke vergaderings
        •   Dit maak verbinding vanaf enige plek in die wêreld moontlik
        •   Virtuele vergaderings maak dit moontlik om ŉ wye verskeidenheid
            inligting in werklike tyd met alle deelnemers te deel
        • Verhoogde produktiwiteit en doeltreffendheid
                                                                 (enige twee)               2
9.2     Sou jy verkies om bronne van jou opvoeder via WhatsApp groep of
        per e-pos te ontvang? Gee TWEE redes om jou keuse te motiveer.

        Die volgende is slegs ŉ riglyn wat as moontlike antwoorde kan dien:

        WhatsApp
        • Kan vinnig kommunikeer 
        • Kan dit stel dat slegs die administrateur boodskappe stuur 
        • Kan multi-media stuur

        E-pos
        • Kan vinnig kommunikeer
        • Kan aan baie leerders gelyktydig stuur

        Nota aan merker: (Aanvaar enige aanvaarbare redes vir die keuse van
        die leerder)
                                                              (Enige twee)                  2
9.3     9.3.1      TWEE nadele vir leerders om video's met hoë resolusie af te
                   laai

                       •   Stadige aflaaispoed 
                       •   Hoër datakoste 
                       •   Meer stoor van data benodig
                                                                  (Enige twee)        2
        9.3.2          EEN sagteware-toepassing om video’s te redigeer

                       •   Adobe Premiere 
                       •   Windows Movie maker
                       •   Blender
                       •   Lightworks
                       •   Open shot
                                                                      (Enige een) 1          3

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

16                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2023)

9.4   TWEE hardewarevereistes om videokonferensievergaderings te hou
      • video-kamera 
      • ŉ mikrofoon 
      • luidsprekers wat gekoppel is aan hul rekenaar           (Enige twee)              2
9.5   Verskil tussen dienspaket (‘service pack’) en patch – verwys na funksie
      van elkeen
      Patch – ŉ opdatering om ŉ bepaalde fout (bug) in ŉ program te herstel 
      Service pack – versameling opdaterings, foutoplossings en verbeterings wat
      as ŉ enkele pakket gelewer word en wat voorsiening maak vir ŉ maklike enkel
      installasie                                                                          2
9.6   TWEE aspekte hoe BJET beleid voldoen aan Covid-19 veiligheids-
      protokolle
      •   Slegs die eienaar sal die toestel gebruik/hanteer 
      •   Die toestel bly nie by die skool nie, dus is dit nie nodig om die volgende
          dag te ontsmet nie 
      Nota aan merker: (Of enige ander aanvaarbare antwoord)
                                                                      (Enige twee)        2
9.7   TWEE redes hoekom skootrekenaar beter opsie as tabletrekenaar is vir
      aanlyn-leer
      • Langer batterylewe 
      • Groter skerm 
      • Meer toepassings/funksies
      • Meer geheue                                                  (Enige twee)         2
9.8   9.8.1 Verduidelik die term drabare tegnologie
            Drabare toestelle en -tegnologieë is elektroniese mobiele toestelle
            wat as bykomstighede of as kledingstuk gedra word,  wat
            voortdurend data uit verskillende omgewings genereer en met
            ander toestelle/persoonlike rekenaars (PR’s)/netwerke kommunikeer  2
      9.8.2 TWEE gebruike van drabare tegnologie (‘wearable technology’)
             •   Slim horlosies gee ŉ persoon nie net die tyd nie, maar ook
                 kennisgewings van hul oproepe, boodskappe, e-posse, ens. op
                 sosiale media 
             •   Fiksheidwaarnemers en sporthorlosies hou tred met die aantal
                 stappe/hoeveelheid tyd wat jy oefen en monitor die hartklop 
             •   'Smart glasses' kan in die hoek van jou oë funksionaliteit bied
                 soos GPS-navigasie, die vermoë om maklik ŉ foto te neem,
                 inkomende oproepe te neem ens.
             •   Slimklere is ontwikkel om dinge soos hartklop, bloedglukose-
                 vlakke en fiksheidsvlakke te monitor wanneer dit gedra word
             •   Ingeplante draagbare toestelle word chirurgies onder die vel
                 ingeplant en word gewoonlik gebruik vir mediese redes soos
                 aanduiding van insulienvlakke, simptome van siektes, ens.
             •   Die speletjiesbedryf voeg meer draagbare items by soos
                 handskoene en kopstelle vir virtuele realiteit
                                                                    (Enige twee)     2    4

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             17

9.9    Verduidelik hoe blokketting (‘blockchain’) werk

       •  Blokketting is ŉ spesifieke tipe databasis 
       •  Blokkettings stoor data in blokke wat aan mekaar vasgeketting word en
          wanneer nuwe data inkom, word dit in ŉ nuwe blok ingevoer 
       • Sodra die blok met data gevul is, word dit aan die vorige blok
          vasgeketting, so dus is die data in chronologiese volgorde vasgebind                   3
9.10   Term vir: ŉ enkele idee wat befonds word deur verskeie klein skenkings

       Skarebefondsing                                                                           1
9.11   Definieer konsep 5de industriële revolusie

       Die (5IR) plaas die fokus terug op mense en menslike strewe (pogings), 
       deur die etiek en die impak van tegnologie wat in die 4IR ontwikkel is, te
       definieer                                                                             2
                                                                                             [25]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

18                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 10

10.1   10.1.1   Verduidelik: Tweefaktor (Tweestap) verifikasie

                Tweefaktor (tweestap) verifikasie is ŉ sekuriteitsproses  waarin
                gebruikers twee verskillende verifikasiefaktore verskaf om hulself
                te verifieer,  gewoonlik iets wat jy ken (soos ŉ wagwoord) plus
                iets wat jy het (soos ŉ een-keer-wagwoord-OTP-wat na jou foon
                toe gestuur word).

                Nota aan merker: (Aanvaar enige antwoord waar die leerder
                verduidelik hoe ŉ tweestap-verifikasie gedoen kan word, of
                indien hulle voorbeelde gee van tweestap-verifikasie.)               2
       10.1.2   TWEE voordele van verifikasie as veiligheidsmaatreël

                •   Veiliger – help om ongemagtigde toegang tot jou
                    bankrekening te voorkom 
                • Kwaadwillige sagteware het nie toegang tot jou data nie,
                    selfs al is jou wagwoord in gevaar gestel 
                • Dit kan jou waarsku oor ŉ moontlike bedrog-poging op jou
                    rekening as jy ŉ OTP ontvang en dit nie aangevra het nie.
                                                                (Enige twee)       2     4
10.2   10.2.1   Definieer die term 'digitale geldeenheid'

                Digitale geldeenheid is ŉ vorm van virtuele geldeenheid,  dit
                kan verruil word vir ander geldeenhede, produkte en dienste         2
       10.2.2   EEN voorbeeld van ŉ digitale geldeenheid

                •     Bitcoins 
                •     Ethereum
                •     Luno
                                                                 (Enige een) 1
       10.2.3   Doeltreffendheid van die gebruik van digitale geldeenhede

                •     Digitale geldeenheid het lae fooie 
                •     Vinnige transaksies en gebruiksgemak 
                •     Word meestal gebruik vir die betaling van kriminele
                      aktiwiteite soos losprys-eise.

                Nota aan merker: (Enige ander aanvaarbare logiese
                verduideliking)
                                                            (Enige twee)           2         5
10.3   10.3.1   Korrigeer HTML kode

                src in plaas van scr 
                "info.png" 
                spelling van height                                     3
       10.3.2   Enige ander rede waarom die prent nie sal vertoon nie
                As die prent nie in dieselfde leergids (‘folder’) as die
                teksdokument is nie                                     1                 4

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         19

10.4   10.4.1     TWEE tegnologieë om registrasiefooi te betaal

                  • Internetbankdienste/Bank-toep (‘app’) 
                  • Selfoonbankdienste 
                  • Snapscan/Zappe
                                                              (Enige twee)     2
       10.4.2     Hoe kan die organiseerders bevestig dat registrasiegeld
                  betaal is

                  •   Ontvang ŉ bevestigingskennisgewing per e-pos of SMS 
                  •   Elektroniese kwitansies 
                  •   Gaan aanlynbankstate na
                                                               (Enige twee)    2      4
10.5   10.5.1     Watter funksie: hoeveel deelnemers reeds betaal het

                  =COUNTIF                                                     2
       10.5.2     Hoe om ŉ kolom tussen kolom D en E by te voeg

                  Klik regs op Kolom E 
                  Klik op Insert                                                2
       10.5.3     Hoe om te verseker bedrag bly dieselfde

                  Gebruik absolute selverwysing                                 1      5
10.6   10.6.1     EEN netwerk-koppelstuk wat Wi-Fi toegang bied

                  Broadcom 802.111n                                             1
       10.6.2     Rede vir twee verwerkers gelys

                  Verwerker het twee  kerne                                    2     3
                                                                                      [25]

                                                            TOTAAL AFDELING C:         50
                                                                GROOTTOTAAL:          150

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2020-afrikaans/73167bc1-7d37-4313-9e6c-6055b941495e) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2017 (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2020-afrikaans/8de0d6b8-beca-46cb-8a39-0618c4e464e6) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/12bb0431-212d-4b16-b0b7-e634ff19745f) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr
- [CATN P2 MEMO GR12 AFR SEP 2015](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-memo-gr12-afr-sep-2015/e93173b1-3656-4239-af0b-822a4acf42d0) — Computer Applications Technology · Memo · 2015 · Afr
- [Gr12 CATN P2 Memo EA](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p2-memo-ea/c12f4a49-a4db-41d2-8e7f-8423c7493926) — Computer Applications Technology · Memo · 2013

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2025-afrik-watermark/1b848d13-4e0f-4b33-91ef-2fcd3dc2e6b9) — QP · 2025 · Afr
- [CAT P2 GR12 QP September 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-september-2025-eng-watermark/fd63d968-a454-409d-9293-0862b56232b1) — QP · 2025 · Eng
- [CAT P1 QP GR12 SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/82b87849-4ee6-4b20-8b30-633307bd7329) — QP · 2024 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2024-afr/502fe6df-4d11-41d1-8e23-b219565e715b) — QP · 2024 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
