# Computer Applications Technology Grade 11 P2 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Exemplar November Exam 2022 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-nov2022-afrikaans/194179c8-46c6-4bc8-ac90-3f31aadf2ccb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P2 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-nov2022-afrikaans/194179c8-46c6-4bc8-ac90-3f31aadf2ccb)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2022-afrikaans/e2809ebc-9670-4466-a452-8071b779b065) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2022

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
                 (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit:

      AFDELING A (25 punte)
      AFDELING B (75 punte)
      AFDELING C (50 punte)

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik is.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    MOENIE in die regterkantse ruimte van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.    Laat ŉ reël na ELKE sub-vraag oop.

7.    Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2-punt-vraag
      TWEE feite vereis, ensovoorts.

8.    Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

9.    Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘vinniger/stadiger’, ‘makliker’, ens. sal SLEGS
      aanvaar word indien dit gemotiveer word.

110. MOENIE handelsname in antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek vereis
     word.

1.11 Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             3

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1    Watter EEN van die volgende word NIE geassosieer met skandeerders of
       die proses van skandering NIE?

       A     RFID
       B     OCR
       C     POS
       D     RTF                                                                        (1)

1.2    Met watter EEN van die volgende word die 802.11-spesifikasie
       geassosieer?

       A     VGA
       B     Wi-Fi
       C     USB
       D     Bluetooth                                                                 (1)

1.3    In ŉ databasis moet elke tabel ŉ veld insluit wat elke rekord uniek
       identifiseer. Hierdie veld staan as die ... bekend.

       A     identiteitsnommer
       B     ‘autonumber’
       C     bronkode
       D     primêre sleutel                                                           (1)

1.4    Watter EEN van die volgende kontroles laat jou toe om meer as een opsie
       te kies?

       A

       B

       C

       D

                                                                                       (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

1.5    Watter EEN van die volgende lêeruitbreidings kan met ŉ grafika-lêer
       geassosieer word?

       A     .doc
       B     .mp3
       C     .pdf
       D     .bmp                                                                       (1)

1.6    Die mees waarskynlike rede hoekom jy ‘ekstra aandrywers’ op jou rekenaar
       het (soos U:, T: en Z: ens.) is omdat …

       A     jou rekenaar deur kwaadwillige sagteware (‘malware’) besmet is.
       B     jy besig is om nuwe sagteware op jou rekenaar te installeer.
       C     jy tans ŉ aantal verskillende lêers van die internet aflaai.
       D     jy tans aan ŉ LAN gekoppel is.                                            (1)

1.7    Die afkorting DIMM word gebruik om ŉ … te omskryf.

       A     ‘module’ van RAM wat ontwerp is om in ŉ gleuf op die moederbord te
             pas
       B     tipe poort
       C     knoppie wat gebruik word om die helderheid van die skerm te beheer
       D     tipe kabel wat in netwerk gebruik word                                    (1)

1.8    Watter EEN van die volgende sal jy NIE tipies in ŉ Netboek-rekenaar kry NIE?

       A    Hardeskyf
       B    Raakblad
       C    DVD-aandrywer
       D    USB-poorte                                                                 (1)

1.9    ŉ Versameling regstellings, opdaterings en nuwe kenmerke sedert die
       vrystelling van die oorspronklike sagteware staan gewoonlik as ŉ ... bekend.

       A     regstelling (‘patch’)
       B     dienspakket
       C     oplaai
       D     drywer                                                                    (1)

1.10   Watter EEN van die volgende verwys na ŉ stel ‘reëls’ waarvolgens ŉ toestel
       outomaties opgespoor en rekonfigureer word vir gebruik wanneer dit
       bygevoeg of op ŉ rekenaar geïnstalleer word?

       A    AUP
       B    Inprop-en-speel (‘Plug and Play’)
       C    Validasie-reëls
       D    Spooling                                                                   (1)
                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          5

 VRAAG 2: PASITEMS

 Kies ŉ term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
 die letter (A–O) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
 neer, byvoorbeeld 2.11 N.

                     KOLOM A                                   KOLOM B
 2.1    Dit word gebruik om ŉ rekenaar aan ŉ A              LAG (‘ROM’)
        gekabelde netwerk te koppel

 2.2    Die eenheid waarin die resolusie van ŉ B            RAM
        skandeerder gemeet word

 2.3    ŉ Soort geheue wat die “boot-up” instruksies C      IDV (‘ISP”)
        bevat vir ŉ rekenaar om die bedryfstelsel te
        laai

 2.4    ŉ Digitale kamera met meer opsies as ŉ mik- D       MP
        en-druk-kamera

 2.5    Die eenheid wat gebruik word om die spoed E         DPI
        van ŉ drukker te meet

 2.6    ŉ Maatskappy wat internettoegang verskaf        F   PPM

 2.7    ŉ Aanlyn-stoorfasiliteit                        G   REKORD

 2.8    Die eenheid wat gebruik word om die resolusie H     DVI
        van ŉ digitale kamera aan te dui of te meet

 2.9    ŉ Enkele feit of die kleinste eenheid data in ŉ I   DROPBOX
        databasis

 2.10   Drukkers wat drie dimensionele soliede J            NIC
        voorwerpe uit ŉ digitale model van die item kan
        skep

                                                        K   DSLR

                                                        L   NVK (‘NFC’)

                                                        M   3D

                                                        N   ISO

                                                        O   VELD
                                                                             (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK. Maak die stelling reg as
dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak.
(Jy mag nie bloot die woord NIE gebruik om die stelling te verander NIE. GEEN punt
sal toegeken word as net ONWAAR neergeskryf word nie.)

VOORBEELDE:

                     VRAAG                            ANTWOORD
Facebook is ŉ voorbeeld van ŉ sosiale netwerk- Waar
webwerf.
ŉ NIC het gleuwe vir hardeware-komponente soos Onwaar – moederbord
die SVE.

3.1   HDMI-poorte in monitors gebruik digitale seine om beter kwaliteit beelde te
      verskaf.                                                                               (1)

3.2   Die kontrasverhouding is die verhouding tussen die breedte en hoogte van ŉ
      skerm, byvoorbeeld ŉ 16 : 9 verhouding.                                               (1)

3.3   Die proses om data op jou rekenaar of toestel te enkodeer sodat ongemagtigde
      persone nie die data kan lees nie, staan as enkripsie bekend.                         (1)

3.4   Die skermgrootte van ŉ monitor word vertikaal in duim gemeet.                         (1)

3.5   Rugsteun verwys na die proses waar lêers wat selde verander of gebruik word
      van ŉ rekenaar na ŉ ander toestel geskuif word.                                       (1)
                                                                                            [5]

                                                           TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                               7

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1    Noem die DRIE belangrikste hardeware komponente wat ŉ mens moet
       oorweeg wanneer enige tipe rekenaar vir algemene rekenaardoeleindes
       aangekoop word.                                                                         (3)

4.2    Lys TWEE voordele van ŉ UPS wat aan jou rekenaar gekoppel is.                           (2)

4.3    Gee TWEE algemene nadele of beperkings van die gebruik van raakskerms
       vir toevoer.                                                                            (2)

4.4    ŉ Onderwyser het ŉ aantal ou toetsvraestelle in hardekopie formaat. Sy wil
       van die vrae verander.

       4.4.1     Wat word met die term hardekopie bedoel?                                      (1)

       4.4.2     Gee die bykomende hardeware en sagteware (behalwe die
                 rekenaar self) waarmee die onderwyser die toetsvraestelle na
                 redigeerbare teks kan omskakel.                                               (2)

4.5    ŉ Vriend het ŉ biometriese flitsskyf (‘flash drive’) gekoop.

       Verduidelik waarna die term ‘biometries’ verwys en gee die hoofgebruik van
       hierdie tegnologie.                                                                     (2)

4.6    Een van die opsies of spesifikasies waarna jy moet kyk wanneer jy ŉ drukker
       aankoop, is die maandelikse dienssiklus.

       Verduidelik kortliks wat met die maandelikse dienssiklus van ŉ drukker bedoel
       word.                                                                                   (2)

4.7    Onderskei tussen ŉ ‘typical’ en ŉ ‘custom’ sagteware installasie.                       (2)

4.8    Noem TWEE voordele van wolkberging behalwe kostekwessies.                               (2)

4.9    Hardeskywe word gefragmenteer               met   verloop    van    tyd   en   moet
       gedefragmenteer word.

       Wat is die grootste voordeel daarvan om ŉ hardeskyf te defragmenteer?                   (2)

4.10   Jou onderwyser maak van die Study Opportunities-blog gebruik.

       4.10.1        Verduidelik kortliks wat ŉ webjoernaal (‘blog”) is.                       (1)

       4.10.2        Gee TWEE voorbeelde van hoe bloggers geld met hulle blogs
                     maak.                                                                     (2)

4.11   Gee TWEE funksies van ŉ moederbord.                                                     (2)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                    REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1   Rekenaars in ŉ netwerk moet deur een of ander soort kommunikasiemedia
      (óf via kabel of koordloos) verbind word. UTP en optiese vesel is twee opsies
      wat kabels gebruik.

      Verduidelik TWEE hoofverskille tussen UTP-kabels en optieseveselkabels.             (2)

5.2   Koordlose internetverbindings is wonderlik – jy kry mobiele internettoegang
      24/7.

      Daar is egter ook ŉ paar beperkings wat met koordlose verbindings verband
      hou.

      5.2.1    Gee die naam van ŉ tipe koordlose internettegnologie, afgesien van
               Wi-Fi.                                                                     (1)

      5.2.2    Verduidelik kortliks die konsep van ŉ warmkol ('hotspot') in terme van
               ŉ Wi-Fi-verbinding.                                                        (2)

      5.2.3    Gee TWEE potensiële nadele om ŉ netwerk koordloos te verbind in
               teenstelling met die gebruik van kabels, behalwe koste.                    (2)

5.3   Rekenaarmisdadigers gebruik ŉ aantal metodes om rekenaarmisdade uit te
      voer, waarvan baie die gebruik van sagteware en/of sosiale
      ingenieurstegnieke behels.

      5.3.1    Gee die algemene term wat gebruik word, om enige sagteware te
               beskryf wat ontwerp is om homself te installeer, sonder die gebruiker
               se medewete en om ŉ rekenaar stelsel negatief te beïnvloed.                (1)

      5.3.2    Verduidelik kortliks wat ŉ sleutelsteler (‘keylogger’) is en hoekom
               banke dikwels daaroor waarsku.                                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           9

5.4    Die volgende is ŉ poging om ŉ tuisblad vir ŉ skool se webwerf te ontwerp.

       Identifiseer VIER punte van kritiek oor die webblad, behalwe enige aspekte
       wat met kleur of die inhoud (bewoording) verband hou.

                                                                                       (4)
                                                                                      [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR

6.1   Die insameling van data is die eerste stap in inligtingbestuur.

      Gee TWEE voordele van die gebruik van data wat reeds in ŉ digitale formaat
      is.                                                                                   (2)

6.2   Ondersoek die volgende skermskoot van die boonste deel van ŉ vraelys wat
      in Word geskep is en wat teksvormvelde gebruik:

      6.2.1    Wat is die voordeel daarvan om vormvelde te gebruik om data in
               elektroniese vorms in te voer?                                               (1)

      6.2.2    Die data wat uit die vraelys verkry is, sal by ŉ databasis gevoeg word.
               Stel TWEE maniere voor waarop hierdie deel van die vraelys
               verander kan word, om beter kwaliteit inligting uit die databasis te
               verkry.                                                                      (2)

      6.2.3    Die vraelys is as ŉ templaat gestoor.

               Verduidelik kortliks wat ŉ templaat in hierdie konteks is.                   (2)

      6.2.4    Gee TWEE algemene voordele van die gebruik van ŉ databasis in
               plaas van ŉ sigblad om data te manipuleer en te verwerk.                     (2)

6.3   Thandile het inligting van ŉ webwerf gekopieer vir haar PAT en dit as haar
      eie werk aangebied.

      Noem die misdaad waaraan Thandile skuldig is.                                         (1)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          11

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1    Databeskerming behels die beheer van toegang tot fisiese data sowel as die
       beheer van toegang tot rekenaars.

       Gee TWEE stappe wat geneem kan word om ongemagtigde toegang tot
       rekenaars te voorkom.                                                           (2)

7.2    Gee TWEE potensiële nadele van die gebruik van IKT in die werkplek buiten
       koste-kwessies.                                                                 (2)

7.3    ŉ Persoon met swak motoriese beheer sukkel dikwels om ŉ gewone sleutel-
       bord en muis te gebruik.

       Noem TWEE alternatiewe toestelle vir sulke mense om hulle in staat te stel,
       om ŉ rekenaar effektief te kan gebruik.                                         (2)

7.4    Gee TWEE wenke oor hoe om oogstremming te voorkom wanneer ŉ rekenaar
       vir lang periodes gebruik word.                                                 (2)

7.5    Noem TWEE algemene opsies wat ŉ mens in die kragskemas of instellings
       op ŉ draagbare rekenaar kan stel om batterylewe te bewaar.                      (2)
                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1   Ondersoek die volgende ontleding van die resultate van ŉ sekere toets
      in ŉ sigblad en beantwoord die vrae daaronder:

                     A          B            C              D           E            F
      1                                Totale aantal
                                                           50
                                           vrae
      2                                    Vrae           Vrae
           Van, Naam          Klas                                      %
                                       beantwoord        korrek
      3    Evans, Ian           A           50             40       80,0%
      4    Plaatjies,
                                B           30             15       #VALUE!
           Miranda
      5    Sapuka,
                                A           38             19       47,5%
           Mtetelele
      6    Singh, Kavish        C           45             36       240,0%
      7    Swart, Marie         B           35             30       157,9%
      8    Evans, Joe           A           35             30       157,9%

      8.1.1     Die formule in sel E3 om die persentasie vrae wat korrek
                beantwoord is uit die totale aantal vrae (gegewe in sel D1) te
                bereken, is: = D3 / D1. Hierdie formule werk korrek in sel E3, maar
                gee verkeerde resultate wanneer dit na die ander selle gekopieer
                word (E4:E8).

                Verduidelik hoekom dit gebeur en stel ŉ manier voor om die
                probleem op te los.                                                        (3)

      8.1.2     Die aantal vrae wat regtig beantwoord is deur die leerlinge word
                gestoor in Kolom C. Skryf die formule neer wat benodig word in
                sel F3 om die persentasie vrae wat die leerder Ian Evans korrek
                beantwoord het, te bereken, uit die aantal vrae wat hy werklik
                beantwoord het.

                Aanvaar dat sel F3 reeds korrek as ŉ persentasie geformateer is.           (2)

      8.1.3     Die huidige ontwerp van die sigblad sal ŉ probleem veroorsaak as
                die gebruiker probeer om die data in alfabetiese volgorde volgens
                die leerders se name te sorteer (Kolom A).

                Verduidelik kortliks hoe die sigblad herontwerp kan word om die
                probleem te vermy.                                                         (2)

      8.1.4     Die onderwyser wou vasstel hoeveel leerders die toets geskryf het.
                Hy het die funksie =COUNT(A3:A8) in sel F1 gebruik. Skryf die
                resultaat neer wat in sel F1 sal verskyn. Skryf die korrekte funksie
                neer wat die onderwyser eerder moet gebruik.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            13

8.2    Alle voorkomste van die woord CAT moet met die teks Rekenaar-
       toepassings-tegnologie    in   vetdruk, in ŉ  sekere   woord-
       verwerkingsdokument, vervang word.

       Die Soek-en-Vervang dialoog word soos volg voltooi:

       8.2.1   Waarom moet die ‘Match case’-opsie soos aangedui gekies word.             (2)

       8.2.2   Verduidelik waarom die 'Find whole words only’ opsie, soos vertoon,
               gekies moet word.                                                         (2)

       8.2.3   Verduidelik, met verwysing na die instellings in die dialoog, hoekom
               die vervangings nie gemaak sal word soos dit bedoel was nie.             (2)
                                                                                       [15]

                                                          TOTAAL AFDELING B:             75

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Die skool bied ŉ hondeskou aan vir fondsinsameling. Die graad 12 RTT-klas is
gevra om ŉ klein inligtingsentrum in een van die klaskamers voor te berei om te
help met take wat met die geleentheid verband hou. Daar sal ŉ klein netwerk aan
ŉ drukker gekoppel wees en internettoegang sal verskaf word.

9.1     Die netwerk sal bestaan uit twee Windows-tafelrekenaars en ŉ ultraboek-
        skootrekenaar wat oopbronsagteware (OSS) gebruik.

        9.1.1   Noem EEN voorbeeld van ŉ oopbronkantoorpakket.                           (1)

        9.1.2   Gee die grootste voordeel van oopbronsagteware, afgesien van
                die feit dat hierdie sagteware vryelik gebruik en versprei kan word.     (1)

        9.1.3   Gee EEN algemene hardeware nadeel van ŉ skootrekenaar in
                vergelyking met ŉ tafelrekenaar, afgesien van die feit dat
                draagbare rekenaars soms laer hardeware-spesifikasies het as
                nie-draagbare toestelle.                                                 (1)

9.2     Die hardeskyf van een van die rekenaars se stoorplek raak min.

        Gee DRIE voorstelle oor hoe om meer skyfspasie beskikbaar te maak,
        behalwe om nog ŉ hardeskyf by te voeg.                                           (3)

9.3     Sibu, een van die leerders, is verantwoordelik vir die opneem van ŉ video
        en die opstel van ŉ ‘live feed’ van die geleentheid.
        9.3.1   Wat is die belangrikste spesifikasie van ŉ monitor vir die meeste
                gebruikers?                                                              (1)

        9.3.2   Sibu vind dat ŉ USB 2.0-poort te stadig is om videodata vinnig oor
                te dra.

                Gee die naam van ŉ poort wat ŉ hoër data-oordragtempo as ŉ
                USB 2.0 het.                                                             (1)

        9.3.3   Gee die bykomende hardeware item wat Sibu aan sy rekenaar
                moet koppel om ŉ ‘live feed’ van die hondeskou te ontvang,
                afgesien van enige netwerkitems.                                         (1)
9.4     Sibu is gevra om te kyk of die antivirussagteware op sy rekenaar wel op
        datum is.
        9.4.1   Verduidelik kortliks, met verwysing na die manier waarop anti-virus
                sagteware virusse opspoor, waarom dit nodig is om die anti-virus
                sagteware op ŉ rekenaar, gereeld op te dateer.                           (2)
        9.4.2   Sibu wou weet of sy brandmuursagteware (‘firewall’) ook
                opgedateer moet word.
                Reageer kortliks op sy navraag deur na die funksie van
                brandmuursagteware (‘firewall’) te verwys.                               (2)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          15

9.5    Jasmine gebruik die Web om inligting oor hondehantering op te soek.

       9.5.1    Terwyl Jasmine haar blaaier gebruik het, het die volgende venster
                verskyn:

                Wat is die algemene naam wat aan die tipe venster gegee word,
                soos die een hierbo, wat onverwags en sonder jou toestemming
                verskyn?                                                               (1)

       9.5.2    Gee EEN rede waarom Jasmine nie die instruksies in die venster
                moet volg nie.                                                         (1)
9.6    Sibu is trots op sy vermoë om sleutelbordkortpaaie te gebruik.

       9.6.1    Noem die hoofrede waarom sleutelbordkortpaaie gebruik word.            (1)

       9.6.2    Terwyl hy ŉ lang dokument geredigeer het, het Sibu al die teks in
                die dokument gekies en per ongeluk die spasiebalk gedruk. Al sy
                werk het verdwyn!
                Watter sleutelbordkortpad kan Sibu gebruik om sy werk terug te
                kry?                                                                   (1)
9.7    ŉ Multifunksie-drukker is aan een van die rekenaars gekoppel.

       9.7.1    Noem die poort wat gewoonlik gebruik word om ŉ drukker aan ŉ
                rekenaar te koppel.                                                    (1)
       9.7.2    Gee TWEE voordele van ŉ multi-funksie drukker, afgesien van
                enige kostefaktore.                                                    (2)
9.8    Met die opstel van die skool se webwerf het Sibu ŉ sterk wagwoord gebruik.
       Noem TWEE kenmerke van ŉ sterk wagwoord.                                        (2)

9.9    Sibu se eerste ontwerp van die webwerf het te veel animasie bevat en dit
       was moeilik om die webwerf maklik te navigeer.
       Gee DRIE redes waarom dit NIE ŉ goeie idee is om baie animasie op ŉ
       webblad, te hê NIE.                                                            (3)
                                                                                     [25]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

10.1    Gee TWEE algemene ingeboude sagteware-kenmerke wat die meeste
        moderne bedryfstelsels het, wat dit makliker te maak vir mense met fisieke
        gestremdhede, om rekenaars te gebruik.                                             (2)

10.2    As jou rekenaar nie aan die minimum vereistes voldoen nie, hoe kan dit die
        werking van die program beïnvloed?                                                 (2)

10.3    ŉ Sagtewarevereiste vir ŉ program sê: ‘Windows 7 of hoër’. Wat beteken
        dit?                                                                               (2)

10.4    Gee TWEE redes waarom ŉ mens die ‘Open with’ opsie in teenstelling met
        dubbelklik op die lêer sal gebruik?                                                (2)

10.5    Beskryf kortliks TWEE scenario’s waarom jy ŉ lêer as ŉ verskillende tipe
        lêer wil stoor.                                                                    (2)

10.6    Jy het onlangs ŉ lêer van YouTube afgelaai, maar nou kan jy dit nie vind
        nie.

        Lys TWEE van die soekopsies wat jy kan gebruik om hierdie lêer op te
        spoor.                                                                             (2)

10.7    Jy kan uitvind waar ŉ foto geneem is deur na die metadata van die lêer te
        kyk.

        Verduidelik wat dit beteken.                                                       (2)

10.8    Verkeerde of ongeldige data veroorsaak dat rekenaarstelsels afvoer
        produseer wat verkeerd en van geen nut is nie.

        10.8.1 Noem TWEE ander gevolge, wat onbetroubare of verkeerde afvoer
               vir ŉ besigheid kan inhou.                                                  (2)

        10.8.2 Gee TWEE redes hoekom ŉ databasis meer geskik is as ŉ sigblad
               om inligting te stoor.                                                      (2)

10.9    Sosiale ingenieurswese tegnieke kan veroorsaak dat die mees
        gesofistikeerde sekuriteitstelsels nutteloos kan wees.

        10.9.1 Verduidelik wat hierdie stelling beteken, deur te verduidelik waarna
               sosiale ingenieurswese verwys.                                              (2)

        10.9.2 Gee TWEE voorbeelde van               hoe    e-posse    in     sosiale
               ingenieurswese gebruik kan word.                                            (2)

10.10   Bespreek DRIE voordele van die gebruik van ŉ sosiale netwerk-webwerf.             (3)
                                                                                         [25]

                                                           TOTAAL AFDELING C:             50
                                                               GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/3c69cbc5-0cdd-4849-b11a-3a4e3591496f) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CAT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/ad97b0ab-7d4b-4e38-9ce1-ae2dd53bc771) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR11 NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr11-nov-2022-afrikaans/16f486f7-2db9-48d5-8bbc-83c452f1d35b) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2020-afrikaans/0137be76-cc28-42b0-9012-50305035e844) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOVEMBER 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-november-2019-afrikaans/874921d6-7dc2-4ce5-bf20-e194cf31c45e) — Computer Applications Technology · Memo · 2019 · Afr
- [CAT P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/20355cdc-101a-486b-96f4-c95a19b797f1) — Computer Applications Technology · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Gr 11 Comp App Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-comp-app-tech-atp-2023-24/aacd75ce-8623-43e6-be2c-0ebb6ad91f55) — ATP

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
