# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/66cc4a2b-21aa-4c47-9ecd-b3b9f3ababea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/66cc4a2b-21aa-4c47-9ecd-b3b9f3ababea)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2024

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2
                Downloaded       from hlayiso.com
                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit:

      AFDELING A (25 punte)
      AFDELING B (75 punte)
      AFDELING C (50 punte)

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

6.    Laat ŉ reël oop na ELKE subvraag.

7.    Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; ŉ 2 punt-vraag sal dus TWEE
      feite vereis, ens.

8.    Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer antwoorde gee as wat die vraag
      vereis nie, aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

9.    Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

10.   Tensy dit anders gespesifiseer word, sal antwoorde soos ‘goedkoper’,
      ‘stadiger/vinniger’, ens. NIE aanvaar word NIE.

11.   MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik nie, tensy dit spesifiek vereis
      word.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                               from hlayiso.com
                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                      3

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

1.1   Watter EEN van die volgende toepassingsagteware sal die geskikste wees
      om ŉ biblioteekbestuurstelsel te skep?

      A      Woordverwerker
      B      Aanbieding sagteware
      C      Sigblad
      D      Databasis                                                                    (1)

1.2   Die URL van ŉ webwerf verwys na ...

      A      die relatiewe rangorde van die webwerf deur ŉ soekenjin.
      B      die wagwoord wat nodig is om toegang tot die webwerf te verkry.
      C      die e-posadres van die webmeester van die webwerf.
      D      ŉ adres wat ŉ webwerf op die internet identifiseer.                          (1)

1.3   Watter EEN van die volgende hardeware-komponente sal waarskynlik die
      werkverrigting van ŉ rekenaar die meeste verbeter?

      A      Monitor
      B      DVD-aandrywer
      C      RAM
      D      Grafiese kaart                                                               (1)

1.4   ‘Safe mode’ is …

      A      gebruik om te verhoed dat ongemagtigde gebruikers toegang tot
             vertroulike lêers kry.
      B      die modus waarop die rekenaar gestel is na ŉ volledige
             virusskandering.
      C      ŉ metode om ŉ bedryfstelsel met basiese drywers en instellings te laai.
      D      geaktiveer wanneer jy Ctrl+Alt+Delete druk.                                  (1)

1.5   Wanneer jy ŉ bladsy op Facebook bekyk, is jy gevra om ŉ byvoeging te
      installeer. Watter EEN van die volgende verwys na die funksie van ŉ
      byvoeging in hierdie konteks?

      ŉ Byvoeging …

      A      voeg meer ondersteuning en funksies vir multimedia-effekte op die
             bladsy by.
      B      skep ŉ nuwe virtuele poort om ŉ flitskyf (‘flash drive’) in te prop.
      C      opgradeer outomaties die drywers vir jou grafiese kaart.
      D      aktiveer die inprop-en-speel (‘plug-and-play’)-vermoëns van jou
             bedryfstelsel.                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4
               Downloaded       from hlayiso.com
                 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2024)

1.6    ŉ Komponent wat ŉ integrale deel van die moederbord vorm.

       A   DVD ROM
       B   DIMM-gleuwe
       C   USB-drywers
       D   HDD                                                                             (1)

1.7    ... is ŉ oorheersstring karakter (‘wild card character’) wat gebruik kan word
       wanneer daar na ŉ lêer met behulp van ŉ bedryfstelselhulpmiddel gesoek
       word.

       A   %
       B   #
       C   *
       D   $                                                                               (1)

1.8    Hierdie is ŉ werk reëling waar werknemers weg van hul kantore werk en via die
       internet met die kantoor kommunikeer.

       A   Telependel
       B   Groen rekenaars
       C   Groepware rekenarisering
       D   Virtuele rekenarisering                                                          (1)

1.9    … mag NIE as ŉ databron in ŉ possamevoeging gebruik word NIE.

       A   ŉ Werkblad in ŉ sigblad
       B   ŉ Verslag in ŉ databasis
       C   ŉ Tabel in ŉ woordverwerkingsdokument
       D   ŉ Navraag in ŉ databasis                                                         (1)

1.10   Die ... toepassing sal die geskikste wees om ŉ YouTube-video te kyk.

       A   Media-speler
       B   MP3-speler
       C   Verf (‘Paint’)
       D   Klankopnemer                                                                   (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                               from hlayiso.com
                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                     5

VRAAG 2: PASITEMS

Kies ŉ term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 2.11 U.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
2.1    ŉ Kenmerk van ŉ woordverwerkingsprogram wat         A   Sjabloon (Template)
       gebruik kan word om wysigings aan ŉ dokument
       te wys wat deur ŉ redakteur of ŉ resensent          B   Makro
       gemaak is
                                                           C   Firewire
2.2    ŉ Dokument wat ŉ spesifieke uitleg en
       formatering bevat wat nodig is om ander             D   ‘Pharming’
       soortgelyke dokumente te skep
                                                           E   Bedryfstelsel
2.3    ŉ Stelsel wat gebruik word om toegang tot en
       vanaf die internet op ŉ rekenaar te monitor en te   F   Uitvissing (Phissing)
       beheer
                                                           G   GIGU
2.4    ŉ Program wat gebruik kan word om ŉ
       rugsteunprogram op te stel om elke aand om          H   Afteller
       middernag uit te voer.
                                                           I   Konvergensie
2.5    ŉ Program wat al die aktiwiteite in ŉ rekenaar
       bestuur en beheer                                   J   Wys/Versteek

2.6    ŉ Toestel wat as ŉ tydelike kragbron vir            K   Veranderingspoor
       rekenaars gebruik kan word as daar ŉ
       kragonderbreking is                                 L   GGK (‘GUI’)

2.7    Die klein prentjies op die werkskerm wat            M   ‘Spooler’
       programme of plekke op die rekenaar voorstel
                                                           N   Netskans (‘Firewall’)
2.8    Verkeerde invoer of ongeldige data in ŉ
       rekenaarstelsel wat verkeerde of betekenislose      O   E-rommel
       resultate sal lewer
                                                           P   Ikone
2.9    ŉ Tendens waar verskillende tegnologiese
       stelsels en ander funksies of stelsels in een       V   Tema
       rekenaar of rekenaartoestel gekombineer word
                                                           R   OKT (‘UPS’)
2.10   Pogings om gebruikers te mislei om vertroulike
       data, soos wagwoorde, uit te gee                    S   Skeduleerder

                                                           T   SVE
                                                                             (10 x 1)    [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6
               Downloaded       from hlayiso.com
                 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Indien die stelling
waar is, skryf ‘WAAR’. Indien die stelling onwaar is, skryf ‘ONWAAR’ en verander die
onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te maak. (MOENIE slegs die woord
“NIE” gebruik om die stelling te verander NIE.)

GEEN punt sal toegeken word indien ONWAAR sonder ŉ korrekte antwoord geskryf
is nie.

VOORBEELDE:

                       VRAAG                                  ANTWOORD
ŉ Sleutelbord is ŉ insettoestel.                      Waar
Sosiale ingenieurswese is die studie van die          Onwaar, Ergonomie
ontwerp van toerusting vir die gerief en veiligheid
van mense in ŉ werksomgewing.

3.1    Maatskappye stel dikwels die deelware-weergawes van hul sagteware vry vir
       toetsdoeleindes voordat die sagteware te koop aangebied word.

3.2    Afdelingsbreke (‘Section breaks’) maak dit moontlik om verskillende
       bladsyoriëntasies binne dieselfde woordverwerkingsdokument te hê.

3.3    Ruitnetrekenarisering (‘Grid computing’) verwys na die deel van hulpbronne
       soos programme en databerging wat as ŉ diens oor die internet aangebied word.

3.4    Die ‘snipping tool’ is sagteware wat die gebruiker toelaat om ŉ gedeelte van
       wat op die skerm verskyn, vas te vang of te kopieer.

3.5    Die sigbladfunksies LEFT en RIGHT kan deur die CONCATENATE-funksie
       vervang word om dieselfde resultaat te kry.                                        [5]

                                                             TOTAAL AFDELING A:           25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                               from hlayiso.com
                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                      7

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1   Die skoolhoof het ŉ IKT-komitee gestig om nuwe rekenaars vir die skool se nuwe
      IKT-sentrum aan te koop.

      4.1.1    Gee EEN motivering waarom die komitee draadlose toestelle vir die nuwe
               IKT-sentrum moet koop.                                                        (1)

      4.1.2    Gee TWEE foutopsporingstappe wat jy kan neem om te probeer om ŉ
               draadlose (Bluetooth)-sleutelbord wat skielik ophou werk het, weer te laat
               werk.                                                                         (2)

4.2   Die nuwe IKT-sentrum moet met drukkers en ŉ skandeerder toegerus word.

      4.2.1    Beveel ŉ tipe drukker aan wat vir groot volumes drukwerk geskik sal
               wees.                                                                         (1)

      4.2.2    3D-drukkers het baie gewild geword in die wêreld van ontwerp en
               produksie.

               Beskryf die funksie van ŉ 3D-drukker en verduidelik hoe dit werk.             (2)

      4.2.3    Bespreek TWEE voordele van die aankoop van ŉ skandeerder om in die
               nuwe IKT-sentrum te gebruik.                                                  (2)

4.3   Vir ŉ rekenaar om behoorlik te funksioneer, benodig dit ŉ bedryfstelsel sowel as
      ŉ toepassingsagteware.

      4.3.1    Die meeste bedryfstelsels moet van tyd tot tyd opgedateer word.

               Noem TWEE moontlike voordele van sulke opdaterings.                           (2)

      4.3.2    Bespreek TWEE sagtewareverwante probleme wat die verwerking-
               spoed van ŉ rekenaar kan verminder.                                           (2)

4.4   Die komitee moet maniere oorweeg waarop fisies gestremde leerders toegang
      tot die rekenaars in die IKT-sentrum kan verkry.

      4.4.1    Noem EEN hardeware-toestel om die siggestremde (blinde) leerders in
               die IKT-sentrum by te staan.                                                  (1)

      4.4.2    Verduidelik hoe ŉ spraakherkenningsprogram gebruik kan word om
               leerders wat fisies gestremd is by te staan.                                  (1)

4.5   Verduidelik die verskil tussen ŉ terreinlisensie en ŉ ‘creative commons’-lisensie.     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8
                Downloaded       from hlayiso.com
                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2024)

 4.6    Die komitee wil ŉ digitale kamera vir die nuwe IKT-sentrum koop. In ŉ
        advertensie het hulle gesien dat die resolusie van die kamera verkeerdelik
        as 12 spd (‘dpi’) gelys is.

        4.6.1   Noem die korrekte eenheid om die resolusie van beelde wat deur ŉ
                digitale kamera geneem is, te meet.                                      (1)

        4.6.2   Gee ŉ voorbeeld van waar spd (‘dpi’) as ŉ spesifikasie gebruik word.     (1)

        4.6.3   Watter effek het lae resolusie op ŉ digitale beeld?                      (1)

 4.7    Die skoolhoof het ŉ ouer rekenaar by die huis. Hy het die skyf-eienskappe
        oopgemaak en die venster hieronder het verskyn.

        4.7.1   Wat wys die venster hierbo vir jou oor die toestand van die
                hardeskyf?                                                               (1)

        4.7.2   Hoe sal die hoeveelheid beskikbare stoorspasie beïnvloed word as
                die skoolhoof ŉ skyfdefragmentasie op hierdie hardeskyf uitvoer?

                Motiveer jou antwoord.                                                   (2)

        4.7.3   Behalwe om die skyfskoonmaak (‘Disk Cleanup’)-nutsprogram te
                gebruik en ŉ skyfdefragmentasie uit te voer, gee DRIE wenke aan
                die skoolhoof sodat hy sy rekenaar in ŉ goeie toestand kan hou.          (3)
                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                               from hlayiso.com
                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                         9

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1   Die gemeenskapsentrum sal geriewe verskaf vir mense om LAN-speletjies te
      speel.

      5.1.1    Verduidelik wat LAN-speletjies is.                                            (1)

      5.1.2    Wat is die verskil tussen aanlyn-speletjies en LAN-speletjies?                (2)

5.2   Die mense wat die gemeenskapsentrum gaan gebruik, het die komitee gevra
      om internettoegang te verskaf.

      5.2.1    Noem die tipe sagteware wat hulle benodig om bladsye vanaf die
               internet te lees. MOENIE handelsname gee NIE.                                 (1)

      5.2.2    Bespreek DRIE kwessies om te oorweeg wanneer jy op ŉ IDV (‘ISP’)
               besluit.                                                                      (3)

      5.2.3    Behalwe vir koste, noem TWEE voordele van ŉ breëband verbinding.              (2)

5.3   Die skoolhoof het gehoor dat sommige webwerwe lewende videostroming (‘live
      streaming’) bied.

      Verduidelik kortliks wat lewende videostroming (‘live streaming’) beteken.             (1)

5.4   Wat is die doel van die digitale sertifikaat wat op sommige webwerwe gevind
      word?                                                                                  (1)

5.5   Wanneer jy die internet gebruik, stoor die webbediener klein lêers wat as
      koekies bekend staan op ŉ rekenaar.

      Gee TWEE redes waarom e-handel en ander webtoepassings koekies gebruik. (2)

5.6   Die skoolhoof het ŉ webwerf besoek en ŉ opwipvenster het verskyn wat hom
      vertel het dat hy ŉ nuwe iPad gewen het.

      Verduidelik hoe hy kan keer dat dit weer gebeur.                                       (1)

5.7   Gee die term wat gebruik word om die reëls uiteen te sit en beperk die maniere
      waarop die gemeenskapsentrum gebruik mag word.                                         (1)
                                                                                            [15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10
                Downloaded       from hlayiso.com
                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1   Inligtingsbestuur is veral belangrik wanneer leerders aanlyn navorsing doen. Met
      verwysing na URL-verkorting:

      6.1.1   Verduidelik wat ŉ URL-verkortingsdiens doen.                                     (1)

      6.1.2   Motiveer hoe ŉ gebruiker voordeel kan trek uit die gebruik van ŉ URL-
              verkortingsdiens.                                                                (2)

6.2   Noem TWEE kriteria wat jy sal gebruik wanneer jy inligting op ŉ webwerf
      evalueer.                                                                                (2)

6.3   Noem TWEE algemene kenmerke van ŉ sigbladprogram wat dit vir data-analise
      geskik maak.                                                                             (2)

6.4   Verduidelik waarom dit nodig is om ŉ bibliografie aan die einde van ŉ formele
      dokument/verslag by te voeg.                                                             (1)

6.5   Verduidelik die verskil tussen ŉ aanhaling (‘citation’) en ŉ onderskrif (‘caption’).    (2)
                                                                                             [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1   Groot data is baie groot gestruktureerde en ongestruktureerde datastelle wat met
      behulp van rekenaars ontleed word om tendense en patrone te openbaar wat
      veral met menslike gedrag en interaksie verband hou.

      7.1.1   Bespreek TWEE vaardighede wat vereis word deur mense wat ŉ
              loopbaan in groot data analise wil volg.                                         (2)

      7.1.2   Verduidelik kortliks die term skarebefondsing.                                   (2)

7.2   Wanneer jy nuwe sagteware koop en/of installeer, is daar ŉ ooreenkoms wat
      aanvaar moet word.

      Verduidelik die doel van die EULA-ooreenkoms.                                            (2)

7.3   Verduidelik kortliks wat geo-etikettering is.                                            (2)

7.4   Verduidelik aan die hand van ŉ voorbeeld hoe die Internet van Dinge (IvD) in ŉ
      slim huis gebruik kan word.                                                             (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                               from hlayiso.com
                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                      11

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1   Verduidelik die doel van die Toeganklikheidskontroleerder (‘Accessibility
      Checker’).                                                                          (2)

8.2   Jy stel ŉ databasis van al die boeke in die biblioteek op. Die Book_Table bevat
      die velde hieronder.

      Veldnaam                     Beskrywing
      Strepiekode-nommer           Strepiekode-nommer om elke boek te identifiseer
      Skrywer                      Skrywer se naam
      Titel                        Titel van die boek
      Jaar                         Jaar gepubliseer
      Fiksie                       Fiksie of nie-fiksie
      Aantal_kopieë                Aantal kopieë in voorraad

      8.2.1    Noem die veld wat die geskikste is om as die primêre sleutel gebruik
               te word en meld hoekom jy hierdie veld gekies het.                         (2)

      8.2.2    Noem die mees geskikte datatipe (behalwe teks) vir die Fiksie veld wat
               aandui of die boek fiksie is of nie.                                       (1)

      8.2.3    Noem die mees geskikte datatipe vir die Aantal-kopieë veld.                (1)

      8.2.4    Watter kenmerk van ŉ databasisverslag sal jy gebruik om ŉ lys te skep
               om die fiksie van die nie-fiksieboeke te skei?                             (1)

      8.2.5    Watter kenmerk van ŉ woordverwerkingsprogram sal jy gebruik om
               persoonlike briewe te skep om aan elke leerder met uitstaande boeke
               te stuur?                                                                  (1)

8.3   Watter kenmerk van ŉ sigblad sal jy gebruik om ŉ funksie afwaarts na selle te
      kopieer sonder om die ‘kopieer en plak’-metode te gebruik?                          (1)

8.4   Bestudeer die sigbladskermkopie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12
               Downloaded       from hlayiso.com
                 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2024)

      8.4.1   Verduidelik wat die oorsaak is van die fout wat in sel C5 gevind is EN
              verduidelik hoe om hierdie fout reg te stel.                              (2)

      8.4.2   ŉ VLOOKUP-funksie is in sel H2 gebruik om die totale koste van
              toerusting per departement te bereken. Die volgende formule wat in
              sel H2 gevind word, word af na sel H8 gekopieer:

              =VLOOKUP(F2;$A$1:$C$5;3;FALSE)*G2

              Maak die funksie reg OF verduidelik hoekom die funksie nie werk nie.      (2)

8.5   Gee TWEE moontlike redes waarom hiperskakels nie op ŉ gestoorde HTML-
      bladsy werk nie.                                                                  (2)
                                                                                       [15]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            75

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                               from hlayiso.com
                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                               13

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Bitcoin-mynwerkers ontvang Bitcoin as ŉ beloning vir die skep van nuwe ‘blokke’ wat
by die blokketting gevoeg word. Die skool beplan om in crypto geldeenhede
(digitale geldeenheid) te belê.

9.1   Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                ALTCOIN MYN INSTALLASIES – R69 999,00
                                             ✓   Moederbord (6 kaart ondersteuning)
                                             ✓   Intel G3900 @ 3,15 Ghz
                                             ✓   16 GG RAM
                                             ✓   Kingston 240 GG A400 VTA (‘SSD’)
                                             ✓   6 x NVIDIA 8 GG 1070 GVE (‘GPU’)
                                             ✓   6 x aangedrewe styger
                                             ✓   1 x myntuigraam
                                             ✓   1600 Watt KTE (‘PSU’)
                                             ✓   Sluit moederbordsamestelling, VTA
                                                 (‘SSD’)-installasie en ŉ gratis 18” vol
                                                 HD-skerm in

      9.1.1   Watter soort rekenaargebruiker sal heel waarskynlik ŉ rekenaar met
              hierdie spesifikasies gebruik?                                                       (1)

      9.1.2   Noem die vervaardiger van die grafiese verwerker.                                    (1)

      9.1.3   Hoe word die grootte van monitors normaalweg gemeet? Gee die naam
              van die eenheid waarin die grootte gemeet word.                                      (2)

      9.1.4   Myninstallasies (rekenaarstelsels) word gebruik om bitcoins te myn deur
              komplekse wiskundige prosesse te voltooi.

              Verduidelik kortliks wat ŉ bitcoin is.                                               (2)

      9.1.5   Bespreek TWEE beperkings van bitcoin.                                                (2)

      9.1.6   Bespreek DRIE voordele van                 die   gebruik    van     ŉ      vaste-
              toestandaandrywer (VTA) (‘SSD’).                                                     (3)

      9.1.7   Verduidelik die funksie van ŉ kragtoevoereenheid (KTE) (‘PSU’).                      (2)

9.2   Die skool het besluit om ŉ ‘chatbot’ te gebruik om navrae van ouers te hanteer
      en om met ouers in die gespreksfunksie op hul webwerf te kommunikeer.

      9.2.1   ŉ ‘Chatbot’ is ŉ vorm van kunsmatige intelligensie (KI).

              Definieer kunsmatige intelligensie (KI).                                             (2)

      9.2.2   Noem EEN voordeel van die gebruik van ŉ ‘chatbot’ om
              gebruikersnavrae in hierdie scenario te hanteer.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14
                Downloaded       from hlayiso.com
                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

      9.2.3   Gee TWEE redes waarom dit meer gepas sal wees om ŉ regte persoon
              eerder as ŉ ‘chatbot’ te gebruik om gebruikergesprekke te hanteer.        (2)

9.3   Daar is ŉ paar bekommernisse oor die internetverbinding by die skool sowel as
      oor kwaadwillige sagteware (‘malware’).

      9.3.1   Verduidelik kortliks wat ‘pharming’ is.                                   (2)

      9.3.2   Verduidelik kortliks die term e-pos flousery (‘spoofing’) en meld wie
              gewoonlik flousery (‘spoofing’) gebruik.                                  (2)

      9.3.3   Noem DRIE sosiale gevolge van kwaadwillige sagteware (‘malware’).         (3)
                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded
(EC/SEPTEMBER 2024)
                               from hlayiso.com
                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                    15

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

10.1   Digitale kommunikasie vorm baie deel van ŉ e-leer inisiatief.

       10.1.1 Noem TWEE beperkings of swakhede van digitale kommunikasie.                  (2)

       10.1.2 Gee TWEE goeie praktyke wat jy moet volg wanneer jy digitale
              kommunikasie gebruik.                                                        (2)

10.2   Onderskei tussen e-leer en m-leer.                                                  (2)

10.3   Ergonomie moet in ag geneem word wanneer rekenaartoestelle gebruik word.

       10.3.1 Verduidelik kortliks die term ergonomie.                                     (2)

       10.3.2 Hoekom is dit raadsaam om ŉ ergonomies ontwerpte sleutelbord en
              muis te koop?                                                                (1)

10.4   Daar is ŉ groeiende neiging in die gebruik van vergrote werklikheid (VR)
       tegnologie tydens leer.

       Verduidelik wat vergrote werklikheid (AR) is deur ŉ relevante leer voorbeeld te
       gee.                                                                                (1)

10.5   Al hoe meer mense ly aan inligtingsoorlading.

       10.5.1 Verduidelik kortliks wat inligtingoorlading is.                              (2)

       10.5.2 Behalwe om vinniger en akkurater te leer lees, gee DRIE strategieë wat
              jou kan help om te voorkom dat jy ŉ slagoffer van inligtingoorlading
              word.                                                                        (3)

10.6   Verduidelik kortliks die verskil tussen ŉ drywer en fermware.                       (2)

10.7   In ŉ dokument het die skrywer die Enter-sleutel herhaaldelik gebruik om
       opskrifte na die bokant van elke bladsy te skuif.

       10.7.1 Hoekom is dit nie ŉ goeie keuse om die opskrifte op hierdie manier te
              skuif nie?                                                                   (1)

       10.7.2 Stel ŉ manier voor om dit korrek te doen.                                    (1)

10.8   Verduidelik wat elk van die volgende foutboodskappe in ŉ sigblad sou aandui
       en verduidelik die oplossing vir elk.

       10.8.1 #VALUE!                                                                      (2)

       10.8.2 #DIV/0!                                                                      (2)

10.9   Verduidelik wanneer jy van absolute selverwysing in ŉ sigblad gebruik gaan
       maak.                                                                               (2)
                                                                                          [25]

                                                                TOTAAL AFDELING C:         50
                                                                    GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
                           Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2020-afrikaans/73167bc1-7d37-4313-9e6c-6055b941495e) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2017 (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Memo · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
