# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2018

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                *CATNA2*

                       Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2     (EC/SEPTEMBER 2018)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A (25 punte)
         AFDELING B (75 punte)
         AFDELING C (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantruimte skryf NIE.

6.       Laat ŉ reël na elke subvraag oop.

7.       Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2-punt vraag
         TWEE feite vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in
 die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1 Watter EEN van die volgende is ŉ komponent van die SVE (‘CPU’)?

      A      NIC
      B      GNU
      C      RLE (‘ALU’)                                                             (1)
      D      SCSI

 1.2 Watter EEN van die volgende koppelvlakke word gebruik om krag aan
     randapparatuur te gee?

      A      SCSI
      B      USB
      C      Parallel
      D      Infrarooi                                                               (1)

 1.3 Waarmee word die ikoon wat hier vertoon word verbind?

      A      OKH (‘OCR’)
      B      RSS
      C      XTML
      D      OSS                                                                     (1)

 1.4 Watter EEN van die volgende is ŉ protokol wat ŉ mate van beskerming
     verleen aan gebruikers van webtuistes waarop banksake gedoen word?

      A      HTML
      B      HSDPA
      C      HTTP
      D      HTTPS                                                                   (1)

 1.5 Watter EEN van die volgende verwys na ŉ tegniek waar oudiolêers,
     gewoonlik gratis, op die Internet vrygestel word en die gebruikers hulle
     outomaties ontvang?

      A      HDTV
      B      ‘Blogging’
      C      ‘Webcasting’
      D      ‘Podcasting’                                                            (1)

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2            (EC/SEPTEMBER 2018)

1.6      Watter EEN van die volgende ikone (‘icons’) verteenwoordig ŉ netwerk-
         aandrywer?

         A

         B

         C

         D
                                                                                                 (1)

1.7      ŉ Klein prentjie wat ŉ voorskou van ŉ lêer verskaf sonder om die lêer oop te
         maak.

         A     Posseël (‘Thumbnail’)
         B     Spioenware
         C     Towenaar (‘Wizard’)
         D     Mikrogolf                                                                         (1)

1.8      Vasteware (‘Firmware’) is ...

         A     programmatuur wat ontfout en stabiel is.
         B     programmatuur wat ingebed is en wat nie opgedateer kan word nie.
         C     programmatuur wat deur ŉ groot multinasionale firma geprogrammeer is.
         D     programmatuur wat ingebed is en wat opgedateer kan word.                          (1)

1.9      Watter EEN van die volgende verteenwoordig toegangspoed in dalende
         volgorde?

         A     Magnetiese band, hardeskyf, ETG (‘RAM’), kasgeheue
         B     ETG (‘RAM’), kasgeheue, magnetiese band, hardeskyf
         C     Kasgeheue, ETG (‘RAM’), hardeskyf, magnetiese band
         D     ETG (‘RAM’), kasgeheue, hardeskyf, magnetiese band                                (1)

1.10     Multiprosessering is wanneer ...

         A     die rekenaar meer as een verwerker het.
         B     baie programme gelyktydig op een verwerker loop.
               ŉ program in verskillende stukke opgebreek is om afsonderlik uitgevoer te
         C
               word.
         D     die verwerker vinnig tussen toepassings wissel.                                    (1)
                                                                                                 [10]

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        5

VRAAG 2: PASITEMS

Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–P) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 Q.

                         KOLOM A                                      KOLOM B
2.1    Toestel wat gebruik word om rekenaars teen              A   enkripsie
       kragstuwings en ook teen kragonderbrekings te
       beskerm
2.2    Die ‘deurmekaarklits’ van teks of data volgens ŉ     B      gratis programmatuur
       spesifieke stel reëls om privaatheid van data               (‘freeware’)
       gedurende kommunikasie of vir sekuriteits-doeleindes
       te verseker
2.3    ŉ Tipe rekenaarkoppelvlak wat ontwerp is om met         C   LTE
       toestelle soos ŉ raakblad gebruik te word
2.4    ŉ Beleid wat die regte en verantwoordelikhede van       D   URL
       rekenaargebruikers in ŉ organisasie uitstippel
2.5    ŉ Wettige kontrak tussen ŉ rekenaargebruiker en ŉ       E   oorverhitting
       programmatuurmaatskappy                                     (‘overheating’)
2.6    Om ongemagtigde toegang te verkry tot ŉ konneksie       F   oorklok (‘overclocking’)
       in ŉ onbeveiligde Wi-Fi netwerk en dit te gebruik
2.7    Die tipe sagteware wat gratis deur ŉ maatskappy         G   protokol
       verskaf word en waar die maatskappy alle regte op
       die sagteware behou

2.8    Vermeerdering van die spoed van die stelselbus om       H   UPS
       daardeur die spoed van al die komponente van ŉ
       rekenaarstelsel te vermeerder en om werkverrigting
       te verbeter
2.9    Laat gebruikers toe om video’s te kyk, ŉ radiostasie te I   EULA
       stroom (‘stream’), aanlyn speletjies te speel en in
       reële tyd (‘real time’) op die Internet rond te blaai

2.10   ŉ Eenheid waarvolgens die resolusie van ŉ               J   SVE (‘CPU’)
       skandeerder gemeet word
                                                               K   GUI
                                                               L   DPI
                                                               M   AUP
                                                               N   piggybacking
                                                               O   DIMM
                                                               P   filter
                                                                                     (10 x 1)      [10]

   Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2            (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’
langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die
stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling
WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te
verander NIE. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf
word NIE.)

VOORBEELDE:

                  VRAAG                                     ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin.     Waar
ŉ NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware
komponente soos die SVE (‘CPU’).                 Onwaar − moederbord

3.1      Maatskappye stel dikwels deelware (‘shareware’) weergawes van hul
         programmatuur vir toetsdoeleindes vry voor die programmatuur te koop
         aangebied word.                                                                  (1)

3.2      Breëband verwys na die totale hoeveelheid data wat in ŉ gegewe tydsduur
         via ŉ Internetkonneksie oorgedra word.                                           (1)

3.3      Die term DDR word met die LSG (‘RAM’) van ŉ rekenaar geassosieer.                (1)

3.4      Die datatipe OLE-object kan gebruik word om ŉ prentjie by ŉ rekord in ŉ
         Access tabel te voeg.                                                            (1)

3.5      Die afbeelding hieronder is ŉ voorbeeld van ŉ PIN-kode.

                                                                                          (1)
                                                                                          [5]

                                                            TOTAAL AFDELING A:            25

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    7

 AFDELING B

 VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

 4.1 Rekenaars is uit baie dele saamgestel.

       4.1.1    Wat is die term wat gebruik word om rekenaars waarvan die kas en
                die skerm as ŉ enkele eenheid kom, te beskryf?                           (1)

       4.1.2    Noem TWEE redes waarom dit makliker is vir rekenaars om uit baie
                dele te bestaan, eerder as om een funksionerende geheel te wees.         (2)

 4.2 Die SVE (‘CPU’) doen byna al die werk in ŉ rekenaar.

       4.2.1    Daar is TWEE faktore van die SVE (‘CPU’) wat die werksverrigting
                van die rekenaar kan beïnvloed. Noem elkeen van die TWEE faktore
                en beskryf elkeen kortliks.                                              (4)

       4.2.2    Verduidelik kortliks hoekom die SVE (‘CPU’) kasgeheue nodig het.         (2)

 4.3 Bestudeer die beeld oor VTA (‘SSD’) hieronder, wat deel van ŉ advertensie
     was en beantwoord die vrae wat volg.

       4.3.1    Waarvoor staan die afkorting VTA (‘SSD’)?                                (1)

       4.3.2    Verduidelik hoekom die volgende, eienskappe van ŉ VTA (‘SSD’) sal
                wees:

                (a)     Geluidlose werking                                               (1)

                (b)     Vinniger werkverrigting                                          (1)

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2            (EC/SEPTEMBER 2018)

4.4 Jou rekenaar vertoon af en toe die volgende boodskap.

       4.4.1    Verduidelik wat virtuele geheue is.                                          (1)

       4.4.2    Wanneer sal die bedryfstelsel virtuele geheue gebruik?                       (1)

4.5 Daar is baie ekonomiese oorwegings wanneer rekenaars in ŉ reisagentskap
    gebruik word.

       4.5.1    Behalwe om al die rekenaars saans af te skakel, noem TWEE ander
                maniere waarop die elektrisiteitgebruik van rekenaartoestelle
                verminder kan word.                                                          (2)

       4.5.2    Verduidelik TWEE maniere waarop die gebruik van rekenaars vir die
                reisagentskap finansieel voordelig sal wees.                                 (2)

4.6 ŉ Foutiewe stelling is gemaak dat die gebruik van ŉ doeltreffende rugsteun-
    instandhoudingsprogram sal voorkom dat die hardeskyf gedefragmenteer raak.

       4.6.1    Beskryf TWEE aspekte van ŉ doeltreffende rugsteuninstandhoudings-
                program.                                                                     (2)

       4.6.2    Watter tipe stoortoestelle sal gebruik word wanneer ŉ rugsteun
                gemaak word van die lêers op die bedieners?                                  (1)

       4.6.3    Definieer die term skyffragmentasie.                                         (1)

4.7 Gee DRIE redes hoekom dit nodig is om ŉ bedryfstelsel op ŉ rekenaar te
    installeer deur na die funksies van ŉ bedryfstelsel te verwys.                           (3)
                                                                                            [25]

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          9

 VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

                                  Phishing against banks hits
                                  all time high
                                  Anti-Phishing Working Group warns of relentless
  increase

 5.1     Meer en meer misdadigers maak gebruik van die Internet en
         uitvissingsbedrog (‘phishing’) word ŉ ernstige probleem.

         5.1.1        Skryf die URL in die bogenoemde voorbeeld neer.                          (1)

         5.1.2        Verduidelik, deur ŉ voorbeeld te gee, hoe uitvissingsbedrog
                      (‘phishing’) gebruik word om misdaad te pleeg.                           (2)

 5.2     Vandag word meeste rekenaartoestelle aan een of ander netwerk
         gekoppel, van ŉ Persoonlike Area Netwerk (PAN) tot ŉ Wye Area Netwerk
         (WAN).

         5.2.1        Verduidelik wat ŉ Persoonlike Area Netwerk (PAN) is.                     (2)

         5.2.2        Verduidelik kortliks wat ŉ Virtuele Privaatnetwerk (VPN) is.             (2)

         5.2.3        Wi-Fi-netwerke is teikens vir kuberkrakers. Stel EEN
                      doeltreffende manier voor om ŉ Wi-Fi-netwerk te beskerm.                 (1)

 5.3     Webdeurblaaiers gebruik ŉ tegnologie met die naam webberging ('web
         caching').

         5.3.1        Noem TWEE moontlike voordele van webberging ('web caching').             (2)

         5.3.2        Beskryf TWEE maniere waarop beskikbare bandwydte ŉ rol sou
                      speel wanneer jy video’s sou kyk vanaf aanlyndienste soos
                      YouTube.                                                                 (2)

         5.3.3        Definieer die term protokol in ŉ netwerk.                                (1)

         5.3.4        Watter protokol sal gebruik word vir die stuur van lêers tussen
                      verafgeleë rekenaars wat Internetkonneksie het?                          (1)

 5.4     Watter tipe netwerk sal ŉ 3G-modem gebruik?                                          (1)
                                                                                             [15]

   Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2          (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1 Die skool moet inligting versamel oor waarom so baie leerders hul vakke in
    graad 11 wil verander.

        Bestudeer die vraelys hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        6.1.1    Identifiseer enige EEN geslote vraag in die vraelys.

                 Skryf net die vraagnommer as jou antwoord neer.                            (1)

        6.1.2    Waarom kan die antwoorde vir Vraag 2 in die vraelys moeilik wees om
                 in ’n sigblad te ontleed?                                                  (1)

        6.1.3    Verduidelik waarom Vraag 4 in die vraelys nie ŉ goeie menings-
                 opnamevraag is nie.                                                        (1)

        6.1.4    Die vraelys het nie ŉ inleiding nie.

                 Noem EEN element wat in die inleiding van ŉ meningsopname
                 ingesluit behoort te word.                                                 (1)

6.2 Gee EEN nadeel daarvan verbonde om ’n meningsopname aanlyn te doen, dit
    is om ’n webtuiste te gebruik sodat mense hulle antwoorde op die vrae kan
    gee.                                                                                    (1)

6.3 Wat is metadata? Verskaf ook ŉ geskikte voorbeeld van metadata in jou
    antwoord.                                                                               (2)

6.4 Kwaliteitdata word benodig om bruikbare inligting uit ŉ databasis te kan onttrek.

        Noem DRIE eienskappe van kwaliteitdata.                                             (3)
                                                                                           [10]

     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            11

 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

 7.1 Die Sea Shepherd Conservation Society (SSCS) oorweeg om ŉ webtuiste te
     skep om die beskerming van oseaan ekosisteme te help bemark.

       Verskaf EEN potensiële voordeel en EEN potensiële nadeel deur gebruik te
       maak van ŉ webtuiste vir bemarking.                                                         (2)

 7.2 Die webwerf wat geskep is vir die beskerming van oseaan ekosisteme het ŉ
     Privaatheidsbeleid. Hieronder is ŉ uittreksel daaruit.

       Kids and Privacy

       For children, who visit our site, special rules apply. We do not request personal
       information about children, such as first and last name or street address and city.
       When kids send e-mail to us, their online contact information (e-mail address) is
       not used to re-contact them and is not maintained in retrievable form.

       Bespreek die gevare wat dit vir kinders inhou as hulle privaatheid nie
       gewaarborg is nie.                                                                          (2)

 7.3 Die Sea Shepherd Conservation Society (SSCS) het ŉ antivirusprogram
     aangekoop. Kan hulle dit op al die rekenaars installeer, siende dat al die
     rekenaars aan dieselfde besigheid behoort?

       Motiveer jou antwoord kortliks.                                                             (2)

 7.4 Noem TWEE negatiewe implikasies van 3D-drukkers wat al hoe meer algemeen
     word.                                                                                         (2)

 7.5 Baie kameras het die vermoë om foto’s te geomerk/geo-etiketteer (‘geotag’).                   (2)

       7.5.1    Verduidelik die term geomerking/geo-etikettering (‘geotagging’).                   (1)

       7.5.2    Waarom ontmoedig die SSCS leerders om geomerkte/geo-etiketteerde
                (‘geotagged’) foto’s van walvisse op sosiale media te plaas?                       (1)
                                                                                                  [10]

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2           (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1 Die elektroniese vorm hieronder is ontwerp om deur uitstallers vir aanlyn-
    registrasie gebruik te word.

        8.1.1    Lewer krities kommentaar op die uitleg van die komponente op die
                 vorm, deur TWEE maniere aan te dui waarop die uitleg verbeter kan
                 word.                                                                      (2)

        8.1.2    Evalueer krities die komponente op die vorm wat gebruik word om data
                 van die gebruiker te verkry. Identifiseer EEN komponent wat swak
                 gekies is en stel ŉ geskikter komponent voor.                              (2)

8.2 Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        8.2.1    Gee slegs die naam van die funksie wat in kolom B gebruik is om die
                 posisie van die spasie tussen die voornaam en die van te gee.              (1)

        8.2.2    Gee die mees waarskynlike rede waarom dit nodig kan wees om die
                 posisie van die spasie tussen die voornaam en die van te verkry.           (1)

     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         13

 8.3 Die funksie hieronder is gebruik in ŉ sigblad om die aantal selle in die reeks
     B3:B10 wat ŉ bedrag minder as R100.00 bevat, te tel.

       COUNTA(B3:B10,>R100)

       Gee TWEE redes hoekom hierdie funksie NIE reg sal werk NIE en dui in elke
       geval aan wat korrek sou wees.                                                           (2)

 8.4 Bestudeer die volgende skermkopie, ŉ uittreksel uit ŉ databasistabel en
     beantwoord die vrae wat volg.

       8.4.1    Watter kriteria sou jy in ŉ navraag gebruik om woonbuurtes (‘suburbs’)
                wat met ‘A’ begin te onttrek?                                                   (2)

       8.4.2    Sê watter datasoort vir die veld DwellingNumber gebruik is.                     (1)

       8.4.3    Watter kriteria sal jy in ŉ navraag voeg om die rekords te vind waarvoor
                daar nie ŉ waarde in die DwellingNumber-veld gevoeg is nie?                     (1)

 8.5 ŉ Leerder het ŉ webblad geskep deur hypertext markup language (HTML) te
     gebruik. Toe hy die lêer in Windows Explorer dubbelklik om die bladsy in ’n
     webblaaier te sien, het die lêer in Notepad oopgemaak.

       Verduidelik kortliks watter fout gemaak is toe die lêer gestoor is, en hoe om die
       fout reg te maak sodat die webblad in ŉ webblaaier gesien kan word.                      (2)

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2            (EC/SEPTEMBER 2018)

 8.6       Bestudeer die skermkopie hieronder. Dit toon ŉ tabel wat in ŉ webblad
           geskep is deur middel van HTML. Antwoord dan die daaropvolgende vraag.

           Net die woord ‘malware’ (in die tweede kolom) behoort in skuinsdruk te wees.
           Al die teks ná hierdie woord is egter ook in skuinsdruk.

           Wat is die mees waarskynlike oorsaak van hierdie fout?                            (1)
                                                                                            [15]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               75

     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         15

 AFDELING C
 VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 Die skool sal die gasheer van ŉ webtuiste en deel van ŉ sosiale netwerk wees sodat
 spelers kan registreer en speletjies aanlyn speel.

 9.1     Vir die huidige speletjiesgeleentheid is spelers in kennis gestel dat hulle die
         instellings op hulle rekenaars kan konfigureer om die speel van speletjies te
         optimaliseer.
         Verduidelik wat gedoen kan word om bandwydte te spaar terwyl daar
         gestroom (‘stream’) word.                                                              (1)
 9.2     Die RTT-leerders sal die spelers bewus maak van die NVK (naby-veld-
         kommunikasie)-eienskap ('NFC: near field communication') wat op hulle
         tablette en ander handtoestelle beskikbaar is.

         9.2.1        Gee TWEE voorbeelde waarvoor NVK (naby-veld-kommunikasie)
                      NFC (‘near field communication’)                                          (2)
         9.2.2        NVK (‘NFC’) het sy oorsprong in ŉ kommunikasiestandaard wat
                      radiogolwe gebruik. Wat word hierdie kommunikasiestandaard
                      genoem?                                                                   (1)
 9.3     Aparte weergawes van sommige van die toepassingsagteware vir speletjies
         is ontwikkel om voorsiening te maak vir verskillende bedryfstelsels, soos
         Android en IOS.
         9.3.1        Motiveer hoekom dieselfde toepassing verskillend vir verskillende
                      bedryfstelsels geprogrammeer moet word.                                   (2)

         9.3.2        ŉ Belangrike eienskap van ŉ bedryfstelsel is om terugwaarts
                      aanpasbaar te wees.
                      Gebruik ŉ voorbeeld om die konsep van terugwaartse
                      aanpasbaarheid te verduidelik.                                            (2)

         9.3.3        Om die muis aan te pas vir die spelers, waar sal jy die muis-ikoon
                      na ŉ perd verander?

                                                                                                (1)

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2018)

 9.4      Een van die spelers sal die kopstuk in die illustrasie hieronder gebruik.

                          [Bron: http://www.bestbuy.com/site/ video-games-accessories/gaming-headset]

          9.4.1   Die kopstuk ondersteun inproptoestelle (‘plug-ins’). Verduidelik wat ŉ
                  inproptoestel ('plug-in') is.                                                          (1)
          9.4.2   Hoe bevoordeel die feit dat die kopstuk inproptoestelle (‘plug-ins’)
                  ondersteun, die speler?                                                                (1)

 9.5      Hierdie tipes toestelle bevat gewoonlik sensors.

          Noem TWEE moontlike tipes sensors wat in speletjietoestelle voorkom.                           (2)

 9.6      Daar sal van spelers verwag word om op een of ander stadium tydens die
          speletjiesgeleentheid ten minste een Pokémon op te spoor.
          ŉ Mobiele toestel met GPS-tegnologie is nodig om aan
          die Pokémon GO-plekgebaseerde vergrote ('augmented')
          werklikheid-speletjie deel te neem.

          9.6.1   Waarvoor staan die afkorting GPS?                                                      (1)

          9.6.2   Noem TWEE nadele verbonde aan Vergrote (‘augmented’)
                  Werklikheid (AR).                                                                      (2)

 9.7      Sommige spelers kan nie hulle hande gebruik nie. Alternatiewe maatreëls is
          ondersoek. Motiveer TWEE alternatiewe toevoertoestelle vir spelers wat
          fisies gestrem is om hulle in staat te stel om van rekenaars gebruik te maak.                  (2)

 9.8      Sommige van die leerders is nie gemaklik met die gebruik van rekenaars nie
          of het nie rekenaars by die huis nie, terwyl ander baie gemaklik is en werk al
          van ŉ baie jong ouderdom op rekenaars.

          Wat word hierdie ‘gaping’ genoem?                                                              (1)

     Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        17

 9.9    Die Internet van Dinge ('Internet of Things') is een oplossing vir oorlading
        ('overloading') van inligting.

        9.9.1         Verduidelik kortliks die term Internet van Dinge.                           (2)

        9.9.2         Noem TWEE voordele van die Internet van Dinge.                              (2)

        9.9.3         Wat word bedoel met oorlading van inligting en wat is die effek
                      daarvan op die gebruiker?                                                 (2)
                                                                                               [25]

 VRAAG 10

 Die skool hou ŉ uitstalling om ŉ verskeidenheid onderwerpe en nuwe tegnologieë
 ten toon stel. ŉ Aparte hulptoonbank sal beskikbaar wees om hulp met enige
 navrae te verleen.

 10.1   ŉ Armband wat ŉ RFID-etiket bevat, sal aan elke uitstaller uitgereik word om
        aan die uitstaller toegang tot die eetsaal vir middagete te gee.

        Motiveer die gebruik van RFID-etikette in plaas van kaartjies met
        strepieskodes.                                                                            (2)

 10.2   Een van die uitstallers sal ŉ aanbieding oor die vermoëns van intelligente
        selfgedrewe voertuie doen.

        10.2.1        Noem EEN belangrike intelligente taak wat die sagteware wat vir ŉ
                      selfgedrewe voertuig ontwerp is, moet kan uitvoer.                          (1)

        10.2.2        Selfgedrewe voertuie gebruik GPS-toestelle.

                      Noem TWEE ander hardewaretoestelle wat hierdie tipe voertuie
                      moet hê om die vereiste intelligente take te kan verrig.                    (2)

        10.2.3        Daar is beweer dat daar minder ongelukke met selfgedrewe voertuie
                      sal plaasvind omdat menslike foute uitgeskakel sal word.

                      Noem EEN nadeel van selfgedrewe voertuie.                                (1)

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2018)

10.3      ŉ Kenner in kubermisdaad sal ŉ plakkaat saamstel oor rekenaarmisdade wat
          deur middel van IKT ('ICT') as instrument gepleeg word.

          10.3.1    Bespreek TWEE maniere waarop kubermisdaad ŉ negatiewe
                    uitwerking op ŉ besigheid kan hê.                                            (2)

          10.3.2    Verduidelik wat ŉ diensontsegging-aanval (‘denial-of-service attack’)
                    is.                                                                          (2)

10.4      ŉ Omgewingsagentskap het ŉ stalletjie aangevra om die verantwoordelike
          gebruik van rekenaars in die omgewing te bevorder.

          Stel TWEE maniere voor waarop die negatiewe invloed van rekenaars op die
          omgewing tot die minimum beperk kan word.                                              (2)

10.5      Daar is verskeie gratis openbare Wi-Fi-woelkolle (‘hotspots’) met ŉ limiet op
          die data wat uitstallers kan gebruik.

          10.5.1    Wat is ŉ openbare Wi-Fi-woelkol (‘hotspot’)?                                 (2)

          10.5.2    Motiveer die rede vir die limiet op die data per dag vir die uitstallers
                    van hierdie Wi-Fi-woelkolle.                                                 (1)

10.6      Die maatskappy het sekuriteitskonsultante gehuur om raad te gee oor verskeie
          sekuriteitsaspekte om die uitstallers teen rekenaardiefstal te beskerm.

          10.6.1    Noem DRIE items van persoonlike inligting wat NIE op sosiale
                    netwerke uitgegee moet word NIE.                                             (3)

          10.6.2    Lys TWEE tipes rekenaarkriminele.                                            (2)

10.7      Alle registrasie inligting van die uitstallers is in ŉ databasis-tabel vasgevang.
          Watter veld-eienskappe (‘properties’) van die datatipes moet verander word
          om:

          10.7.1    Die Voorname-veld tot 15 karakters te beperk.                                 (1)

          10.7.2    Stel die status as “Voltooid” vir alle uitstallers.                           (1)

          10.7.3    Beperk toevoer in die Geslag-veld tot “manlike” en “vroulik” alleen.          (1)

          10.7.4    Laat slegs twee letters en twee syfers toe om gebruik te word as
                    registrasie- nommer.                                                          (1)

          10.7.5    Verseker dat die UitstallersID-veld nie leeg gelos kan word nie.              (1)
                                                                                                 [25]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:           50
                                                                         GROOTTOTAAL:            150

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Computer Application Technology P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-feb-march-2018-eng/5a5ae084-71ac-49b9-bdc5-653f15b33002) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Eng
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English deaf](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english-deaf/54bb9db8-ddb8-49da-98d3-9305d3e38697) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P2 GR12 SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-english/5bf11b7b-3780-438b-a247-980dec6042a6) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2021-english/11ae334d-913d-4246-abdc-be3c7dffc6ce) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2020 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2020-english/497f003b-193b-4666-867a-4761ef9d3e33) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng
- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
