# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2019-afrikaans/dc17ad7f-7e3b-4b8c-90d8-56a903cbf73b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2019-afrikaans/dc17ad7f-7e3b-4b8c-90d8-56a903cbf73b)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2019

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *CATNA2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit:

       AFDELING A (25 punte)
       AFDELING B (75 punte)
       AFDELING C (50 punte)

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
       vraestel gebruik is.

4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     MOENIE in die regterkantruimte skryf NIE.

6.     Laat ŉ reël na ELKE sub-vraag oop.

7.     Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2 punt-vraag
       TWEE feite vereis, ensovoorts.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                         3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1 Watter EEN van die volgende is NIE web-gebaseerde sagteware NIE?

      A      Adobe Photoshop Express
      B      Office 365
      C      Linux
      D      Google Calendar                                                              (1)

 1.2 Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ monitor se verfristempo?

      A      5 ms
      B      1920 x 1080
      C      16:9
      D      60 Hz                                                                       (1)

 1.3 Wolkberging (‘cloud storage’) verwys na ...

      A      gedeelde stoor van data op ŉ sentrale bediener wat gewoonlik deur ŉ
             gasheermaatskappy bestuur word.
      B      stoor en beheer deur ŉ enkele persoon oor die internet.
      C      sagteware wat toegang tot lêers toelaat sonder ŉ internetverbinding.
      D      vinniger oplaai van data.                                                   (1)

 1.4 Hoe stoor vaste toestand (‘solid state’) hardeskywe data in teenstelling met
     tradisionele hardeskywe?

      A      Opties
      B      Elektronies
      C      Magneties
      D      Digitaal                                                                    (1)

 1.5 Watter EEN van die volgende stellings oor ŉ URL-verkorter is ONWAAR?

      A      ŉ URL-verkorter is ŉ diens wat gebruik word om ŉ lang URL na ŉ korter
             een om te skakel.
      B      ŉ Webwerf sal toegang toelaat as jy ŉ lang URL plak.
      C      ŉ URL-verkorter sal ŉ lang URL baie makliker maak om te deel.
      D      Alle webwerwe voorkom dat URL-verkorters gebruik word.                      (1)

 1.6 Watter EEN van die volgende stellings oor RAM is ONWAAR?

      A      RAM is duurder per GB as hardeskywe.
      B      RAM stoor nie data en programme wanneer die toestel afgeskakel is nie.
      C      RAM het ŉ baie laer kapasiteit as hardeskywe.
      D      RAM werk op ŉ meganiese basis en is dus relatief stadiger.                  (1)

   Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2019)

1.7      Die outomatiese skuif van teks na ŉ volgende bladsy in ŉ dokument, staan as
         ŉ …. bekend.

        A     kontinue seksie-onderbreking.
        B     sagte bladsy-onderbreking.
        C     harde bladsy-onderbreking.
        D     volgende bladsy-seksie-onderbreking.                                            (1)

1.8      Die defragmenteringsnutsprogram kan gebruik word om ...

        A     lêers in ŉ aaneenlopende volgorde te herrangskik.
        B     beskadigde lêers te verwyder.
        C     ongebruikte lêers saam te pers ('compress').
        D     hardeskyfspasie te vermeerder.                                                  (1)

1.9      Jy wil uitvind hoeveel keer ŉ 2014-datum voorkom in ŉ kolom met datums wat
         uit maande en jare bestaan. Kyk na die skermbeeld hieronder en voltooi die
         formule.
         =COUNTIF(B5:B36;            )

        A     “>2013”
        B     2014
        C     “*2014”
        D     =2014                                                                          (1)

1.10     Wanneer jy wil vasstel hoeveel rekords daar in ŉ verslag verskyn, moet jy die
         volgende uitdrukking in ŉ berekende veld gebruik:

        A     =Sum(([Naam van spesifieke veld]) + Count([Naam van spesifieke veld]))
        B     =Count([Naam van spesifieke veld])
        C     =Sum([Naam van spesifieke veld])
        D     =Max([Naam van spesifieke veld])                                               (1)
                                                                                            [10]

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           5

 VRAAG 2: PASITEMS

 Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
 die letter (A–P) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
 byvoorbeeld 2.11 Q.

                         KOLOM A                                     KOLOM B
 2.1    ŉ Poort wat gewoonlik op draagbare toestelle soos     A   Skakeltoestel
        slimfone gevind word                                      (‘Switch’)

 2.2    ŉ Standaard wat toestelle toelaat om draadloos met    B   Skare befondsing
        mekaar te konnekteer deur hulle aan mekaar te laat
        raak of hulle naby mekaar te bring                    C   Tesourus

 2.3    Die doel is data diefstal om gratis netwerktoegang te D   NVK (NFC)
        verkry
                                                              E   ‘USB Hub’
 2.4    ŉ Voorbeeld van ŉ aanlyn stoorfasiliteit of -diens
                                                              F   Uitvissingsbedrog
                                                                  (Phishing)
 2.5    ŉ Standaard wat gebruik word in draadlose
        kommunikasie wat hoëspoed-data-oordrag tussen         G   LTE
        sellulêre toestelle en IDV's (‘ISP’s) verskaf
                                                              H   Kaartleser
 2.6     ŉ Besigheidsidee wat deur verskeie klein
         skenkings van vrywillige bydraers befonds word       I   Trojaan
 2.7     ŉ Data-tipe in Access wat ŉ lys met opsies vir       J   Mikro USB
         die gebruiker skep om van te kies wanneer
         data in ŉ veld ingevoer word                         K   1G
 2.8    ŉ Woordverwerkingsfunksie om sinonieme vir            L   Speltoetser
        geselekteerde woorde op bevel op te soek
                                                              M   ‘Piggybacking’
 2.9    ŉ Sentrale knooppunt waar al die rekenaars op ŉ
        netwerk ingeprop word                                 N   VGA
 2.10   ŉ Toestel wat ontwerp is om data vanaf die            O   Toevoermasker
        volgende tipe bergingstoestelle te lees: SD-kaarte,       (Input mask)
        geheuekaarte, ens.
                                                              P   Opkyk hulpprogram
                                                                  (‘Lookup wizard’)

                                                              Q   Eksterne ‘HDD’

                                                              R   VTA (SSD)

                                                              S   Dropbox

                                                              T   Wi-Fi

                                                                                (10 x 1)   [10]

   Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR
te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN
punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                      VRAAG                                  ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin.          Waar
ŉ NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware                Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE (‘CPU’).

3.1 ŉ Multi-raakskerm bied meer funksies sonder die gebruik van kieslyste.                     (1)

3.2 ŉ Vastetoestand skyf is ŉ skyf wat geen bewegende dele het nie en dit dus
    stiller en sterker maak.                                                                   (1)

3.3 Die term Virtuele Realiteit (VR) hou met simulasie van ŉ 3D-omgewing verband.              (1)

3.4 IKT verwys na die neiging waardeur alle soorte voorwerpe en toestelle
    toenemend via die Internet met mekaar verbind word.                                        (1)

3.5 Vryware verwys na sagteware met kopiereg, maar wat gekopieer mag word om
    dit uit te probeer, met die verstandhouding dat ŉ bedrag betaal moet word vir
    aanhoudende gebruik.                                                                       (1)
                                                                                               [5]

                                                             TOTAAL AFDELING A:                 25

    Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              7

 AFDELING B

 VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

 4.1 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          TOESTEL A
                                            A stylish all-in-one with a stunning screen

                                                196 x 196 x 36mm
                                                VGA and HDMI output
                                                Quad-Core i7
                                                Intel Iris Graphics 6000
                                                Crucial 8GB DDR4-2133Mhz
                                                1TB WD Blue 7200RPM Hard Drive
                                                3 TB SSD
                                                Wireless: 802.11ac, Bluetooth 4.0
                                                MacOS Sierra 10

          TOESTEL B

       4.1.1    Noem die TWEE hardeware komponente vir Toestel A wat die
                belangrikste is vir die effektiewe werking van ŉ rekenaar, behalwe die
                hardeskyf.                                                                    (2)

       4.1.2    Verduidelik hoe, die byvoeging van meer RAM by ŉ rekenaar, die
                algehele stelselverwerking van die rekenaar kan verbeter.                     (2)

       4.1.3    Gee TWEE redes waarom Vastetoestand skywe (‘SSD’s) hardeskywe
                in die toekoms as die hoofbergingstoestel van ŉ rekenaar gaan
                vervang.                                                                      (2)

       4.1.4    Gee TWEE voordele daarvan om Apparaat A aan te koop, wat ŉ ‘alles-
                in-een’ rekenaar is.                                                          (2)

       4.1.5    Gee TWEE redes waarom HDMI-afvoer beter is as VGA-afvoer.                     (2)

   Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

8                          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2019)

4.2 Die volgende vrae verwys na Toestel B.

       4.2.1    Noem TWEE kenmerke/funksionaliteite, wat by ŉ selfoon gevoeg is, toe
                verskeie tegnologieë as ŉ phablet gekonvergeer het.                         (2)

       4.2.2    Noem EEN manier hoe jy foto’s vanaf Toestel B na jou rekenaar kan
                oordra.                                                                     (1)

       4.2.3    Gee EEN voorbeeld van ŉ aksie wat op ŉ ‘multi-aanraakskerm’
                uitgevoer kan word.                                                         (1)

       4.2.4    Noem EEN biometriese kenmerk van Toestel B wat in die advertensie
                gelys word.                                                                 (1)

       4.2.5    Vergelyk die bedryfstelsels wat op beide toestelle gevind word deur te
                verwys na:

                (a)      Koste van die sagteware                                            (2)

                (b)      Ondersteuning van die ontwikkelaar                                 (2)

4.3 Skryf die TWEE prosesse in die inligtingverwerkingsiklus neer wat die minste
    invloed op die algehele prestasie van die rekenaar het.                                 (2)

4.4 Verduidelik waarom die sentrale verwerkingseenheid (SVE) van ŉ rekenaar
    kasgeheue benodig.                                                                      (2)

4.5 ŉ Koper oorweeg die aankoop van ŉ 3D-drukker.

       Noem TWEE voordele om ŉ 3D-drukker te koop.                                         (2)
                                                                                          [25]

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           9

 VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 5.1 Gee TWEE redes waarom lêers saamgepers moet word voordat dit in die wolk
     opgelaai word.                                                                        (2)

 5.2 Bestudeer die Internetkonneksie-pakket wat hieronder geadverteer word en
     beantwoord die volgende vrae:

                              30 GB data per maand
                              15 Mbps
                              Gevorm (‘Shaped’)

       5.2.1    Gee die algemene term wat gebruik word wanneer ŉ Internetdiens-
                verskaffer jou Internetspoed stadiger maak wanneer jy groot
                hoeveelhede data aflaai.                                                   (1)

       5.2.2    Gee TWEE faktore (behalwe die een in VRAAG 5.2.1) wat Internet-
                spoed kan beïnvloed.                                                       (2)

       5.2.3    Verduidelik die term gevorm (‘shaped') en verskaf EEN voorbeeld van
                ŉ situasie waar dit nodig sal wees om ŉ konneksie te vorm (‘shape’).       (2)

 5.3 Hoe kan RSS-voere gebruik word om podsendings (‘podcasts’) te versprei?               (1)

 5.4 Jy kan nie ŉ seminaar in Limpopo bywoon nie as gevolg van protesoptogte.
     ŉ Vriend stel voor dat jy ŉ videokonferensie gebruik.

       5.4.1    Hoe kan ŉ videokonferensie gebruik word om inligting by die seminaar
                in Limpopo te deel?                                                        (2)

       5.4.2    Gee TWEE voordele verbonde aan die gebruik van ŉ videokonferensie.         (2)

 5.5 Jou vriend kla dat hy outomaties herlei is na ŉ vals webwerf, selfs al het hy
     die korrekte URL vir ŉ spesifieke webblad ingetik.

       Noem TWEE maniere hoe hy kan voorkom om ŉ slagoffer van skimkaping
       (‘pharming’) te word.                                                               (2)

 5.6 Wat is digitale migrasie?                                                             (1)
                                                                                          [15]

   Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 10

10                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR

6.1 Jongmense wat deelneem aan sosiale media hou voordele en nadele in.

        6.1.1    Kan langdurige aanlyndeelname sosiale interaksie tussen mense
                 verminder? Motiveer jou antwoord.                                        (2)

        6.1.2    Gee TWEE maniere waarop jy sosiale media-webwerwe soos
                 Facebook tot jou voordeel kan gebruik om werk te soek.                   (2)

6.2 ŉ Strategie om inligtingsoorlading te verhoed is om meer akkuraat en vinniger te
    lees.

        Gee nog TWEE strategieë om inligtingsoorlading te voorkom.                        (2)

6.3 Vergelyk plagiaat en kopieregskending deur te verwys na:

        6.3.1    Wat elke oortreding is                                                   (2)

        6.3.2    Hoe om te vermy dat jy skuldig is aan die oortreding                     (2)
                                                                                         [10]

     Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                          11

 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

 7.1 Gee TWEE redes waarom dit nodig sal wees vir ŉ skool of maatskappy wat ŉ
     beleid van BYOD het om ekstra maatreëls te tref om hul data te beveilig.              (2)

 7.2 Rekenaars op enige netwerk is altyd vatbaar vir afkoopsagteware aanvalle.

       7.2.1    Wat is ŉ afkoopsagteware aanval en wat word van ŉ gebruiker verwag
                om te doen?                                                                (2)

       7.2.2    Wat is die beste manier om jouself teen afkoopsagteware aanvalle te
                beskerm?                                                                   (2)

 7.3 Verduidelik kortliks hoe ‘bitcoins’ werk om entrepreneurs of individue finansieël
     te bevoordeel.                                                                        (2)

 7.4 Sosiale media is onlangs met valse nuus oorval (‘fake news’).

       Gee TWEE maniere om valse nuus raak te sien.                                        (2)
                                                                                          [10]

   Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 12

12                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

8.1 Noem TWEE moontlike databronne om etikette in ŉ possamesmelting te skep.                (2)

8.2 Die volgende boodskap verskyn wanneer ŉ mens ŉ Table of Figures vir alle
    prente in ŉ dokument wil skep: "No table of figures entries found".

        Watter veranderinge moet jy aan die dokument maak om te verseker dat ŉ
        Table of Figures gegenereer kan word?                                               (1)

8.3 Bestudeer die skermkopie hieronder wat ŉ deel van ŉ sigblad wys.

        Sel B1 bevat die formule =A1 * 5.

        Gee ŉ moontlike rede waarom die antwoord in sel B1 nie 60 is nie.                   (2)

8.4 Verduidelik die verskil tussen ŉ valideringsreël en valideringsteks deur na hul
    funksies te verwys.                                                                     (2)

8.5 Wat is die funksie van die ‘oog’-ikoon in die skermkopie hieronder?

                                                                                            (1)

     Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                               13

 8.6 Die skermkopie hieronder vertoon ŉ deel van ŉ sigblad wat fliektitels bevat.

       Die funksie =COUNTIF(A2:A11, “Gold*”) gee ŉ resultaat van 3.

       8.6.1    Verduidelik die doel van die '*' in die kriterium "Gold*".                         (2)

       8.6.2    Indien die kriterium na “Gold” verander word, wat sal die resultaat dan
                wees?                                                                              (1)

       8.6.3    Indien die kriterium na “*Gold*” verander word, wat sal die resultaat
                dan wees?                                                                          (1)

 8.7 Die html-kode

               <table border=“3”>
                      <tr>
                            <td>Cell 1</td>
                            <td>Cell 2</td>
                      </tr>
                      <tr>
                            <td>Cell 3</td>
                      <tr>
               </table>

       vertoon die volgende tabel in die webblaaier:

       Hoe sal jy die vetgedrukte (‘bold’) reël (die derde ry van kode) regstel sodat die
       tabel soos hieronder sal vertoon?

                                                                                                   (2)
 8.8 Noem EEN voorbeeld van metadata wat met ŉ woordverwerkingsdokument
     gestoor word.                                                                                 (1)
                                                                                                  [15]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:            75

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2019)

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

Jou nefie is ŉ jong man wat pas sy studies in Kreatiewe Handelsnaam Kommunikasie
voltooi het. Hy wil graag sy eie Handelsnaam-besigheid begin met die geld wat hy
gespaar het tydens sy jare op universiteit. Sy tipe besigheid het ŉ ‘kragtige’
rekenaar/skootrekenaar nodig aangesien hy grafiese-ontwerp sagteware soos
Photoshop moet gebruik.

9.1 Jou nefie moet begin uitkyk vir twee rekenaars; ŉ skootrekenaar vir homself en ŉ
    ander een vir sy sekretaresse.

        9.1.1    Jy noem aan jou nefie dat die skootrekenaar wat hy vir die sekretaresse
                 moet koop aan die minimum stelselvereistes moet voldoen.

                 Wat beteken dit?                                                              (2)

        9.1.2    Jy stel voor dat hy vir homself ŉ skootrekenaar met hoër spesifikasies as e
                 van sy sekretaresse moet aankoop.

                 Gee TWEE redes waarom dit goeie advies is.                                    (2)

        9.1.3    Jou nefie het ŉ proefweergawe (‘trial version’) van ŉ program by die
                 sagteware-ontwikkelaars gekry.

                 Gee EEN voordeel vir die gebruik van ŉ proefweergawe (‘trial version’)
                 van die sagteware voordat die volle weergawe geïnstalleer word.               (1)

9.2 RFID-etikette en strepieskodes het soortgelyke funksies.

        9.2.1    Watter medium gebruik ŉ RFID-leser om RFID-etikette te lees?                  (1)

        9.2.2    Watter medium gebruik ŉ strepieskode-skandeerder ('bar code scanner')
                 om strepieskodes te lees?                                                     (1)

9.3 Gee EEN voordeel vir die gebruik van ŉ QR-kode om sy besigheid te adverteer.               (1)

9.4 Jou nefie het baie vertroulike inligting op sy skootrekenaar gestoor.

        9.4.1    Noem TWEE praktiese maniere hoe hy kan voorkom dat sy
                 skootrekenaar uit sy kantoor gesteel kan word, behalwe om dit op die
                 lesenaar vas te sluit.                                                        (2)

        9.4.2    Gee TWEE voorbeelde van biometriese kenmerke om veilige toegang tot
                 skootrekenaars te verseker.                                         (2)

9.5 Die sekretaresse wil op sekere dae telependel (‘telecommute’) (om van die huis
    af te werk in plaas daarvan om fisies by die werkplek op te daag).

        Gee TWEE algemene voordele wat telependel of telewerk vir die werknemer
        inhou.                                                                                 (2)

     Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           15

 9.6 Behalwe sosiale netwerk webtuistes wil jou nefie gebruik maak van ŉ aan-
     lyndagboek (‘blog’) vir sy besigheid.

       Stel TWEE maniere voor hoe hy lesers kan lok of hulle belangstelling kan hou
       om die aanlyndagboek in die toekoms te lees.                                          (2)

 9.7 Jou nefie wil versigtig te werk gaan tydens die keuse van ŉ Internetdiens-
     verskaffer (IDV).

       Lys TWEE moontlike aspekte om te oorweeg wanneer tussen verskillende
       Internetdiensverskaffers (IDV) gekies moet word.                                      (2)

 9.8 Die gebruiker het ŉ keuse om ŉ outomatiese regstelling (‘patch’) af te laai.

       Noem TWEE nadele verbonde aan die keuse van die outomatiese aflaai van ŉ
       regstelling (‘patch’).                                                                (2)

 9.9 Daar sal gevalle wees waar jou nefie van die hardekopieë wat hy het, wil
     omskakel in elektroniese kopieë om op sy skootrekenaar te gebruik.

       9.9.1    Watter toestel sal geskik wees om dit te doen?                               (1)

       9.9.2    Watter sagteware gebruik die toestel en verduidelik kortliks hoe dié
                sagteware werk?                                                              (2)

       9.9.3    Noem TWEE nadele verbonde aan die gebruik van die toestel wat jy in
                VRAAG 9.9.1 genoem het om sagtekopieë te maak.                               (2)
                                                                                            [25]

   Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

16                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2019)

VRAAG 10

 Jou skool beplan om tablette in die klas te gebruik. Die skool benodig jou
 ondersteuning om hierdie oorgang met behulp van IKTs (Inligting en
 Kommunikasie Tegnologieë) glad te laat verloop.

10.1      Die volgende is spesifikasies van ŉ tablet wat die skool graag wil koop.

             Tegniese Spesifikasie:

             1.3 GHz Spreadtrum T-Shark vierkernverwerker
             1 GB van stelselgeheue
             7" raakskerm, 1024 x 600 resolusie
             Ingeboude 802.11b/g/n WiFi en Bluetooth v4.0:
             2 MP kamera WiFi
             Direk mikro-USB
             2.0 poort
             SIM kaartgleuf 16 GG eMMC
             Tot 64 GB 8 GB aanboord stoorgeheue, addisionele geheue via mikro-
             SD kaartgleuf
             Luidsprekers

          10.1.1    Verskaf TWEE gebruike van ŉ kamera voor aan die tablet.                     (2)

          10.1.2    Wat beteken dit wanneer die tablet beide Wi-Fi en SIM-kaart
                    geaktiveerd is?                                                             (2)

          10.1.3    Gee die naam van die spesifikasie waarna 1024 x 600 verwys.                 (1)

          10.1.4    Verduidelik waarna die term mikro-SD verwys en wat die doel van
                    die mikro-SD is.                                                            (2)

          10.1.5    Wat word met ŉ ‘quad-core’ verwerker bedoel en wat is die
                    betekenis van so ŉ verwerker?                                               (2)

10.2      Wanneer tablette in die klaskamer gebruik word, het tablette voordele en
          nadele.

          10.2.1    Noem TWEE take wat verband hou met onderrig en leer in die klas
                    wat die beste met die gebruik van ŉ tablet gedoen kan word.                 (2)

          10.2.2    Gee TWEE maniere hoe onderwysers kan verseker dat hul leerders
                    nie toegang het tot onvanpaste webwerwe terwyl hulle op die
                    Internet is nie.                                                            (2)

          10.2.3    Noem TWEE maniere hoe die gebruik van tablette in die klas groen
                    rekenarisering kan bevorder.                                                (2)

          10.2.4    Sommige gesiggestremde leerders sukkel om werk op die tablette te
                    sien weens die grootte van die skerm.

                    Stel TWEE oplossings voor wat hierdie uitdaging kan oorkom.                 (2)

     Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2019)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           17

 10.3   IDVs bied databondels wat verskillende beperkings bied in die hoeveelheid data
        wat binne ŉ maand afgelaai en opgelaai kan word.

        10.3.1        Hoekom is dit vir die skool beter om onbeperkte data (uncapped data)
                      te hê?                                                                    (2)

        10.3.2        Verduidelik die verskil tussen ŉ harde limiet (Hard cap) en ŉ sagte
                      limiet (Soft cap).                                                        (2)

 10.4   Die skool moet ŉ rugsteunbeleid hê.

        10.4.1        Noem TWEE maatreëls wat in so ŉ beleid ingesluit behoort te
                      wees.                                                                     (2)

        10.4.2        Noem TWEE voordele van toegewyde rugsteunprogramme.                       (2)
                                                                                               [25]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:          50
                                                                        GROOTTOTAAL:           150

   Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2020-afrikaans/73167bc1-7d37-4313-9e6c-6055b941495e) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2017 (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [Gr12 CATN P2 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p2-qp-eng/9f28f7f6-20f4-4c2c-8a1c-d1654b70f42e) — Computer Applications Technology · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Memo · 2022 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
