# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/ca79b4d6-5419-4010-9ab3-d6013f0949f1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/ca79b4d6-5419-4010-9ab3-d6013f0949f1)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2020-afrikaans/73167bc1-7d37-4313-9e6c-6055b941495e) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2020

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A (25 punte)
         AFDELING B (75 punte)
         AFDELING C (50 punte)

    2.   Beantwoord AL die vrae.

    3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
         vraestel gebruik is.

    4.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    5.   MOENIE in die regterkantruimte van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

    6.   Laat ŉ reël na ELKE sub-vraag oop.

    7.   Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ŉ 2 punt-vraag
         TWEE feite vereis, ensovoorts.

    8.   Lees die vrae sorgvuldig en MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
         vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

    9.   Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

    10. Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘vinniger/stadiger’, ‘makliker’, ens. sal SLEGS
        aanvaar word indien dit gemotiveer word.

    11. MOENIE handelsname in antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek vereis
        word.

    12. Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in
 die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1     ŉ USB-poort word gebruik om randapparatuur (‘peripherals’) aan ŉ
         rekenaar te koppel. Indien jy ŉ beperkte aantal USB-poorte het, kan jy ŉ
         USB- … gebruik om die aantal poorte uit te brei.

         A       koppelstuk (‘hub’)
         B       flitsskyf (‘flash disk’)
         C       verlengingskoord
         D       modem                                                                 (1)

 1.2     Watter sleutels moet jy druk om die Task Manager oop te maak?

         A       Alt + Ctrl
         B       Ctrl + Alt + Enter
         C       Alt + PrtScr
         D       Ctrl + Alt + Del                                                     (1)

 1.3     Watter EEN van die volgende kombinasies van sigbladfunksies sal ŉ kode
         in hoofletters, met die laaste 3 letters van die naam, vertoon?

         (i)     CAPITAL
         (ii)    UPPER
         (iii)   LEFT
         (iv)    RIGHT

         A       (ii) en (iv)
         B       (ii) en (iii)
         C       (i) en (iv)
         D       (iii) en (iv)                                                        (1)

 1.4     ... verwys na ŉ besering wat kan voorkom as gevolg van die herhalende
         gebruik van ŉ toevoertoestel soos ŉ sleutelbord.

         A       SVE ('CPU')
         B       RSS
         C       RFID
         D       RSI                                                                  (1)

 1.5     ... is ŉ voorbeeld van ŉ e-handel-webtuiste.

         A       Spotify
         B       eBay
         C       iCloud
         D       YouTube                                                              (1)

   Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2020)

1.6      ŉ … is NIE ŉ voorbeeld van kwaadwillige sagteware ('malware') NIE.

         A      Trojaan
         B      Advertensie-blokkeerder
         C      Wurm
         D      Sleutelvaslegger (‘keylogger’)                                            (1)

1.7       Watter EEN van die volgende toestelle sal gebruik word om ŉ noodtoevoer
          van elektrisiteit in geval van ŉ kragonderbreking te voorsien?

          A     Kragstuwing-beskermer (‘Surge protector’)
          B     Kragbron (‘Power Supply Unit’)
          C     OKT ('UPS')
          D     Modem (‘Router’)                                                              (1)

1.8      Watter een van die volgende is ŉ voorbeeld van sekondêre geheue?

          A     ETG ('RAM')
          B     LAG (‘ROM’)
          C     Drukker
          D     Geheuekaart                                                                   (1)

1.9      ŉ Rede waarom ŉ web-kamera NIE gepas sal wees om foto’s by ŉ glans-
         geleentheid soos ŉ prysuitdeling te neem NIE.

         A      Aangesig-tot-aangesig kommunikasie
         B      Hoë koste
         C      Lae video kwaliteit
         D      Onvoldoende stoorplek                                                         (1)

1.10     Om alle kommentare en veranderinge in ŉ dokument te druk, moet die
         volgende in die ‘Print dialog box’ geaktiveer wees:

         A      Print Selection only
         B      Only Print even pages
         C      Print Markup
         D      Scale to Paper size                                                        (1)
                                                                                          [10]

    Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            5

 VRAAG 2: PASITEMS

 Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
 letter (A–P) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
 byvoorbeeld 2.11 Q.

                        KOLOM A                                        KOLOM B
 2.1    ŉ Program wat op die Web soek vir webblaaie wat A           Vorming (‘Shaping’)
        verwant is aan sleutelwoorde of frases wat deur ŉ
        persoon wat soek na inligting, ingesleutel is

 2.2    ŉ Proses waar ŉ projek befonds word deur verskeie B         Drywer (‘Driver’)
        klein donasies deur baie donateurs

 2.3    ŉ Voorbeeld van ŉ gewilde, gratis, aanlyn- C                VPN
        kantoorpakket

 2.4    ŉ Kommunikasie-tegnologie wat ŉ paar-('pairing')- D         Skyfskoonmaak
        proses benodig                                              (‘Disk Cleanup’)

 2.5    ŉ Tegniek wat deur IDVs ('ISPs') gebruik word om E          FTP
        sommige dienste te prioritiseer

 2.6    Protokol vir die stuur van groot lêers via die Internet F   PPM

 2.7    ŉ Tipe lêer wat beide klank- en video-inhoud bevat     G MP4

 2.8    ŉ Toestel wat gebruik kan word om data permanent H          Podcast
        te stoor

 2.9    Sagteware wat ŉ rekenaar in staat stel om met I             LTE
        hardeware of toestelle te kommunikeer

 2.10   ŉ Nutsprogram wat gebruik kan word om meer J                Internet
        stoorspasie beskikbaar te maak deur onnodige
        lêers te verwyder

                                                               K    Soekenjin (‘Search
                                                                    engine’)

                                                               L    Bluetooth

                                                               M SSD

                                                               N    Opwipper-webblaaier
                                                                    (‘Pop-ups’)

                                                               O Google Docs

                                                               P    Skarebefondsing
                                                                    (‘Crowd funding’)
                                                                                   (10 x 1)     [10]

   Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR
te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN
punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.)

VOORBEELDE:

                      VRAAG                                     ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin.             Waar
ŉ NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware                   Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE (‘CPU’).

3.1      Toepassingsagteware beheer en bestuur hulpbronne op die rekenaar.                        (1)

3.2      ŉ Warmkol ('hotspot') is ŉ area waar jy koordloos toegang tot die internet kan
         kry.                                                                                     (1)

3.3      OKH (‘OCR’)-sagteware word gebruik om geskandeerde beelde van teks om te
         skakel in teks wat in ŉ program soos ŉ woordverwerker geredigeer kan word.               (1)

3.4      Uitvissing ('Phishing') neem gebruikers na vals webtuistes sonder hulle
         medewete.                                                                                (1)

3.5      Byvoegingsagteware (‘add-on software’), soos flash-spelers, brei die funksies
         van ŉ webblaaier uit.                                                                    (1)
                                                                                                  [5]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                25

    Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                                          7

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1    Die bedryfstelsel is die belangrikste sagteware wat op ŉ rekenaar gelaai is.
       Dit stel jou in staat om met die rekenaar te kommunikeer.

       4.1.1    Een van die sleutelfunksies van die bedryfstelsel is om die geheue te
                bestuur.

                Waarom is dit so ŉ noodsaaklike funksie?                                                                   (2)

       4.1.2    Gee TWEE voorbeelde van hoe ŉ bedryfstelsel ons ŉ basiese vlak
                van sekuriteit verskaf.                                                                                    (2)

       4.1.3    Nutsprogramme is deel van stelselsagteware. Wat is die funksie van
                nutsprogramme en wat is die ‘verwantskap’ tussen nutsprogramme
                en die bedryfstelsel?                                                                                      (2)

4.2    Jy het ŉ saamgeperste lêer as ŉ e-posaanhegsel ontvang en het dit vir virusse
       nagegaan en dit lyk asof dit ‘veilig’ is.

       4.2.1    Het ŉ mens spesiale sagteware nodig om ŉ saamgeperste lêer te
                skep?

                Verduidelik jou antwoord kortliks.                                                                         (2)

       4.2.2    Wat is die algemeenste rede waarom ŉ mens ŉ lêer sal saampers,
                wanneer dit as ŉ e-posaanhegsel gestuur word?                                                              (2)

4.3    ŉ Rekenaaradvertensie adverteer ŉ SVE (‘CPU”) met kasgeheue-grootte
       (‘cache memory’) van 8192 KB.

       Verduidelik wat kasgeheue (‘cache memory’) is en waarom dit die algehele
       werkverrigting van ŉ rekenaar kan verbeter.                                                                         (2)

4.4    Bestudeer die advertensie van ŉ skootrekenaar hieronder:

       -   13.3 duim (‘inch’) FHD LED Vertoon
       -   Intel Core i7 8565U Verwerker
       -   16 GB ETG ('RAM')
       -   512 GB SSD
       -   Intel® UHD Graphics 620
       -   Windows 10 Home
       -   3 Jaar Waarborg (By Registrasie)                 (https://www.incredible.co.za/dell-xps-13-9380-i7-notebook#)

       4.4.1    Verduidelik waarna elke vertoon (‘display’) spesifikasie in die eerste
                reël van die advertensie verwys.                                                                           (3)

       4.4.2    Wat is die grootte van die geheue (‘memory’) en die stoorplek
                (‘storage’) onderskeidelik? Maak ŉ duidelike onderskeid tussen die
                TWEE konsepte waarna jy verwys.                                                                            (2)

   Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2020)

       4.4.3    Is Windows 10 ŉ eiendomsregtelike (‘proprietary’) of oopbron- (‘open
                source’) bedryfstelsel?                                                    (1)

       4.4.4    Noem die spesifieke poort wat die skootrekenaar moet hê om die
                gebruiker in staat te stel om aan die volgende te koppel:

                (a)      ŉ Dataprojektor                                                   (1)

                (b)      ŉ Eksterne hardeskyf                                              (1)

       4.4.5    Noem EEN rede vir die keuse van ŉ SSD in plaas van ŉ HDD.                  (1)

4.5    Noem TWEE voordele van die gebruik van ‘HDMI’-tegnologie bo die van
       ‘VGA’-tegnologie.                                                                   (2)

4.6    Noem TWEE maniere hoe ŉ gebruiker sagteware op ŉ rekenaar, wat nie ŉ
       optiese aandrywer het nie, kan installeer.                                          (2)
                                                                                         [25]

    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        9

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1    Noem TWEE faktore wat sorgvuldig oorweeg moet word wanneer ŉ IDV
       (‘ISP’) gekies word, behalwe koste.                                              (2)

5.2    Gee TWEE beperkings wanneer ŉ ADSL-konneksie gebruik word.                       (2)

5.3    Bestudeer die internetkonneksie-pakket hieronder en beantwoord die vrae
       wat volg.

                              30 GB data per maand
                              Gevormde (‘Shaped’)

       5.3.1    Sou jy die bogenoemde pakket as beperk (‘capped’) of onbeperk
                (‘uncapped’) beskryf? Motiveer jou antwoord.                            (2)

       5.3.2    Gee die algemene term wat gebruik word wanneer ŉ internetdiens-
                verskaffer jou internetspoed stadiger maak wanneer jy groot
                hoeveelhede data aflaai.                                                (1)

       5.3.3    Gee TWEE faktore (behalwe die een in VRAAG 5.3.2) wat internet-
                spoed kan beïnvloed.                                                    (2)

5.4    Leerders kan geklikkaap (‘click-jacked’) word wanneer hulle deur ŉ sosiale-
       media-webtuiste blaai.

       Verduidelik die term klikkaping (‘click-jacked’).                                (2)

5.5    Noem die tipe internetkonneksie wat lig vir data-oordrag gebruik.                (1)

5.6    Baie maatskappye maak gebruik van video-konferensies om via ŉ netwerk
       met mekaar te kan kommunikeer.

       5.6.1    ŉ Persoon ervaar gereeld swak beeldgehalte tydens video-
                konferensies (die beeld ‘breek op’).

                Stel TWEE langtermynoplossings vir hierdie probleem voor.               (2)

       5.6.2    Verduidelik kortliks wat die term bandwydte beteken.                    (1)
                                                                                       [15]

   Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR

6.1       Verduidelik waarom die gebruik van ŉ aanlyn-vraelys ŉ doeltreffende opsie vir
          data-insameling is, deur te verwys na:

             Data-vaslegging
             Data-verwerking                                                                    (2)

6.2       Wat is die verskil tussen ŉ opname en ŉ onderhoud?                                     (2)

6.3       Waarna verwys die term inligting oorlading (‘information overload')?                   (1)

6.4       Hoe sal jy weet of ŉ webblad eg en betroubaar is vir gebruik in navorsing?             (2)

6.5       Gee TWEE potensiële voordele vir die gebruik van navrae (‘queries’) in plaas
          van filters in ŉ databasis.                                                            (2)

6.6       Verduidelik waarom ŉ bibliografie by ŉ navorsingsverslag gevoeg moet word.             (1)
                                                                                                [10]

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1       Verduidelik hoe ŉ blog van ŉ vlog verskil.                                             (2)

7.2       Groot data (‘Big Data’) is massiewe gestruktureerde en ongestruktureerde
          datastelle wat met rekenaars ontleed word om neigings en patrone te
          openbaar.

          Bespreek TWEE vaardighede wat van persone wat ŉ loopbaan in Groot data
          (‘Big Data’) wil volg, vereis word.                                                    (2)

7.3       Wanneer jy nuwe sagteware koop en/of installeer, moet ŉ ELO (EULA)-
          ooreenkoms aanvaar word. Wat is die doel van hierdie ooreenkoms?                       (2)

7.4       Gee TWEE potensiële nadele van e-leer (‘e-learning’), wat gedurende die
          COVID-19 pandemie ervaar is, wanneer dit met die tradisionele
          klaskamerbenadering uitgesluit enige koste-faktore vergelyk word.                      (2)

7.5       Beskryf die funksie van virtuele assistent-sagteware.                                  (2)
                                                                                                [10]

     Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        11

 VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING

 8.1      Hoe verander jy ŉ eindnota (‘endnote’) na ŉ voetnota (‘footnote’)?                (3)

 8.2      Verwys na die diagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

          Elke student het ŉ unieke kode nodig om hulle algehele finale uitslae te
          ontvang.

          Skryf die formule wat jy in sel B6 sou gebruik om ŉ unieke kode te skep
          neer, deur die volgende instruksies te volg:

           Die eerste 2 letters van die studente se name (kolom C); gevolg deur
           Die totaal van die semester (kolom G).
          VOORBEELD: AS80                                                                   (4)

 8.3      Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          8.3.1       Gee slegs die naam van die funksie wat in Kolom C gebruik is om
                      die posisie van die spasie tussen die voornaam en die van in
                      Kolom B te bepaal.                                                    (1)

          8.3.2       Noem die sigbladeienskap wat gebruik is om die woorde in sel C1
                      onder mekaar binne dieselfde sel te vertoon.                          (1)

          8.3.3       Noem die sigblad-funksie wat in Kolom A gebruik is om stelselmatig
                      outomatiese nommers vanaf 1 tot 5 in opeenvolgende rye in te voeg.    (1)

   Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2020)

8.4       Bestudeer die skermkopie hieronder van ŉ uittreksel uit ŉ databasistabel is
          en beantwoord die vrae wat volg.

          8.4.1   Watter kriterium sou jy in ŉ navraag gebruik om woonbuurtes
                  (‘suburbs’) wat met ‘A’ begin te onttrek?                                  (2)

          8.4.2   Dui aan watter datasoort vir die veld DwellingNumber gebruik is.           (1)

          8.4.3   Watter kriterium sal jy in ŉ navraag voeg om die rekords te vind
                  waarvoor daar nie ŉ waarde in die DwellingNumber-veld gevoeg is
                  nie?                                                                       (1)

8.5       Verduidelik kortliks waarvoor die Widow/Orphan-kontrole in ŉ woord-
          verwerker gebruik word.                                                           (1)
                                                                                           [15]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             75

     Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                        13

 AFDELING C

 VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 Jou ouers het besluit om ŉ skootrekenaar te koop. Die verkoopsman het hulle
 oortuig om ook ŉ VRX5 te koop aangesien dit deel van moderne tegnologie is. Hulle
 het nog nooit tevore gehoor van ŉ VRX5 nie. Hieronder is ‘n prent van ŉ VRX5. Help
 hulle deur die volgende vrae te beantwoord.

                                     - 3D briltipe
                                     - Materiaal: Hoë kwaliteit ABS-materiaal +
                                       Sferiese Hars- ('Resin') Lens
                                     - Analoog-besigtigingsafstand: 3 m om
                                       1 000 duim reuseskerm te kyk
                                     - Produk-kode: IS-VRX5

 9.1    Identifiseer EN beskryf die tipe toestel (VRX5) hierbo.                         (2)

 9.2    Noem EEN gebruik en EEN nadeel van die VRX5.                                    (2)

 9.3    Gee TWEE redes waarom jy liewer ŉ skootrekenaar bo ŉ tafelrekenaar in
        hierdie konteks sou verkies.                                                    (2)

 9.4    Identifiseer TWEE sagteware-verwante probleme wat die spoed van ŉ
        rekenaar kan laat afneem.

        Skryf ŉ potensiële oplossing vir ELK van die probleme neer.                     (4)

 9.5    Jy gaan jou skootrekenaar met jou gedeeltelik siggestremde broer deel.
        Noem TWEE toestelle wat hom kan help met sy interaksie met die inhoud op
        die monitor.                                                                    (2)

 9.6    Skype is ŉ gewilde sagteware program wat SoIP (‘VoIP')-tegnologie gebruik.

        Gee TWEE nadele van die gebruik van SoIP ('VoIP')-sagteware, buiten die
        feit dat dit internet-toegang benodig.                                          (2)

 9.7    Gee TWEE moontlike gebruike vir stemherkenning-sagteware anders as vir
        sekuriteit-doeleindes.                                                          (2)

 9.8    Afkoopsagteware (‘Ransomware’) is ŉ tipe kwaadwillige sagteware
        ('malicious software') van kriptovirologie wat dreig om ŉ slagoffer se data
        bekend te maak of toegang daartoe te blokkeer tensy ŉ losprys betaal word.

        9.8.1    Hoe kan jy afkoopsagteware ('ransomware') verhoed?                     (2)

        9.8.2    Waarom betaal baie mense die losprys?                                  (2)

        9.8.3    Anonieme betalings word vir losprysbetalings gebruik.

                 Noem EEN van betalingsmetode wat gebruik kan word.                     (1)

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2020)

9.9       Windows 10 het geen opsie om outomatiese stelsel-opdaterings af te skakel
          nie.

          9.9.1   Gee TWEE redes waarom sagteware-ontwikkelaars opdaterings
                  vrystel.                                                                (2)

          9.9.2   Noem TWEE potensiële nadele om nie die opsie te hê om die
                  outomatiese opdaterings af te kan skakel nie.                          (2)
                                                                                        [25]

     Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                    15

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

                                            5G is die volgende generasie mobiele netwerk-
                                            tegnologie na 4G. 5G is daarop gemik om
                                            mobiele      kommunikasie     vinniger    en
                                            betroubaarder te maak namate al hoe meer
                                            toestelle aanlyn gaan.
                                    Anders as in die verlede, toe mobiele netwerke
                                    slegs selfone moes ondersteun wat net op die
 internet blaai en teksboodskappe stuur, het ons nou allerhande bandbreedte-
  veeleisende toestelle soos HD-streaming slimfone, slimhorlosies met
  dataplanne, altyd-aan sekuriteitskameras, selfbestuurde en internetgekoppelde-
  motors, en ander moontlike toestelle soos gesondheidsensors en AR- en VR-
  hardeware.
                      [Artikel vryvertaal uit 5G wireless technology deur Tim Fisher: www.lifewire.com]

 10.1   Waarvoor staan die ‘G’ in 4G of 5G?                                                                (1)

 10.2   Noem TWEE maniere (protokolle) waarop aanlyn-toestelle draadloos met
        mekaar kan verbind.                                                                                (2)

 10.3   Noem EEN drabare rekenaar (‘wearable computer’) wat in die artikel
        hierbo genoem word en gee EEN taak wat ŉ gebruiker met hierdie toestel
        kan verrig.                                                                                        (2)

 10.4   Wat word die rekenaar genoem wat alle inligting vanaf gekoppelde toestelle
        ontvang en sentraal stoor?                                                                         (1)

 10.5   Verduidelik waarom HD-streaming baie bandwydte benodig.                                            (2)

 10.6   Gee die naam van die eenheid waarin oordragsnelheid na of vanaf die
        internet gemeet word.                                                                              (1)

 10.7 Gee EEN rede waarom oplaaisnelhede (‘upload speeds’) gewoonlik stadiger
      as aflaai-snelhede (‘download speeds’) is.                                                           (1)

   Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2020)

 10.8      Koppel die dataplan in KOLOM B met ŉ gebruiker in KOLOM A. Skryf slegs
           die vraagnommer en die letter van die dataplan neer, byvoorbeeld 10.8.4 D.

                         KOLOM A                               KOLOM B
                        GEBRUIKER                              DATAPLAN
           10.8.1    Student wat die internet      A
                     soos benodig vir navorsing
                     gebruik

           10.8.2    Besigheidsgebruiker wat via   B
                     Skype-vergaderings met
                     kliënte regoor die wêreld
                     kommunikeer

           10.8.3    Kantoorgebruiker wat          C
                     meestal e-posse stuur en
                     sosiale netwerke besoek

                                                                                (3 x 1)     (3)

 10.9      Tydens die COVID-19 pandemie wil skole so ver as moontlik digitaal
           (‘paperless’) funksioneer.

           10.9.1    Noem TWEE voordele vir onderwys wanneer                   mobiele
                     kommunikasie vinniger en meer betroubaar word.                         (2)

           10.9.2    Leerders sal kitsboodskappe gebruik om met onderwysers en
                     mekaar te kommunikeer.

                     Gee TWEE voorbeelde van kitsboodskap-toepassings.                      (2)

 10.10 Die skool het tydens die pandemie elektroniese tablette aan leerders verskaf.
       ŉ Databasis is geskep om met die tablette tred te hou.

           Die volgende velde is geskep:

             Veldnaam           Data-tipe                   Omskrywing
           Naam               Short Text     Die naam van die ontvanger van die tablet,
                                            bv. Mpho Dlamini
           Kategorie          Short Text    Die graad van ŉ leerder bv. Gr 12
           Waarde             10.10.1       Die waarde van die tablet, bv. R4 500.00
           TabletID           10.10.2       ŉ Foto van die reeksnommer van die tablet,
                                            bv. SN 123654785.png

           Beantwoord die volgende vrae gebaseer op die ontwerp van die databasis-
           tabel hierbo:

           10.10.1 Gee die mees geskikte datatipe vir die Waarde-veld.                     (1)

           10.10.2 Gee die mees geskikte datatipe vir die TabletID-veld.                   (1)

     Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  17

 10.11 Noem TWEE algemene voordele vir die gebruik van rekenaargebaseerde-
       opleidingsagteware.                                                      (2)

 10.12 Noem TWEE maniere waarop AR- en/of VR-tegnologie die
       gesondheidsektor kan bevoordeel.                                         (2)

 10.13 Noem TWEE nadele van 3D-drukkers.                                        (2)
                                                                               [25]

                                                    TOTAAL AFDELING C:          50
                                                        GROOTTOTAAL:           150

   Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 GR12 MEMO SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-sept-2020-afrikaans/8de0d6b8-beca-46cb-8a39-0618c4e464e6) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2017 (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [Gr12 CATN P2 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p2-qp-eng/9f28f7f6-20f4-4c2c-8a1c-d1654b70f42e) — Computer Applications Technology · QP · 2013 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
