# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2021-afrikaans/0761c154-9db7-4883-b640-8884d7561d5e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2021-afrikaans/0761c154-9db7-4883-b640-8884d7561d5e)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2021

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit:

       AFDELING A (25 punte)
       AFDELING B (75 punte)
       AFDELING C (50 punte)

 2.    Beantwoord AL die vrae.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.    Moenie in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 6.    Laat ŉ reël oop na ELKE sub-vraag.

 7.    Daar word gewoonlike een punt per feit toegeken; ŉ 2 punt – vraag sal dus
       TWEE feite vereis, ensovoorts.

 8.    Lees die vrae sorgvuldig en MOENIE meer inligting gee as wat die vraag
       vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

 9.    Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

 10.   Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘stadiger’/’vinniger’ en ‘makliker’ sal SLEGS
       aanvaar word indien dit gemotiveer word.

 11.   MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik nie, tensy dit spesifiek vereis
       word.

 12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1    ŉ Fisies gestremde persoon wat nie die sleutelbord met gemak kan gebruik nie,
        sal baat vind by die gebruik van hierdie spesifieke program/sagteware wanneer
        hy/sy ŉ brief op die rekenaar wil tik.

        A      Dragon Naturally Speaking
        B      MathPad
        C      Muisvaardighede
        D      CorelDraw                                                                  (1)

 1.2    Wat is die verskil tussen opgradering van sagteware en opdatering van
        sagteware?

        A      Daar is geen verskil nie, in albei gevalle moet jy aanlyn gaan.
        B      Vir die opdatering van sagteware soos Word, benodig jy ŉ lisensie-
               nommer, maar vir opgradering is dit onnodig.
        C      Wanneer jy sagteware opdateer, koop jy waarskynlik ŉ nuwer weergawe
               en wanneer jy opgradeer, laai jy regstellings af.
        D      Wanneer jy sagteware opgradeer, koop jy waarskynlik ŉ nuwer
               weergawe en wanneer jy opdateer, laai jy regstellings af.                  (1)

 1.3    Watter EEN van die data tipes in MS Access verseker dat die veld as ŉ primêre
        sleutel sal dien?

        A      Hiperskakel
        B      AutoNumber
        C      OLE Voorwerp
        D      Memo/Lang Teks                                                             (1)

 1.4    Jy wil ŉ funksie gebruik om na ŉ waarde wat die meeste voorkom in ŉ datareeks
        te soek. Die beste fukunsie om te gebruik is:

        A      VALUE
        B      IF
        C      MEDIAN
        D      MODE                                                                      (1)

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

1.5    Verkope of vakansiebesprekings via die Internet staan as … bekend.

       A     e-handel
       B     Tweets
       C     VoIP
       D     ergonomie                                                                          (1)

1.6    Sodra data versamel is, moet dit verwerk word. ŉ Sigblad is ŉ ideale hulpmiddel
       om data te ontleed. Watter EEN van kenmerk hieronder genoem dra NIE tot die
       ontleding van data by NIE?

       A     Grafieke
       B     Veranderingspoor
       C     Voorwaardelike formatering
       D     Funksies en Formules                                                               (1)

1.7    Watter metode/bron sal die mees geskikte een wees om inligting oor inwoners
       se menings oor dienslewering te verkry?

       A     Opname
       B     Plaaslike koerante
       C     Nasionale koerante
       D     Onderhoude                                                                         (1)

1.8    Die vang-frase (‘catch phrase’) “Dit is krimineel as dit nie oorspronklik is nie!”
       beskryf …

       A     diefstal van intellektuele eiendom.
       B     inbreek by ŉ rekenaar (‘hacking’).
       C     sagteware-roof (‘piracy’).
       D     teks-enkripsie.                                                                    (1)

1.9    Watter EEN van die volgende is NIE ŉ formule wat vir berekeninge in ŉ Word
       tabel beskikbaar is NIE?

       A     LEN
       B     SUM
       C     AVERAGE
       D     COUNT                                                                              (1)

1.10   Die algehele ontwerp van ŉ hele dokument insluitend kleure, skrif en effekte,
       staan as ŉ … bekend.

       A     styl
       B     templaat
       C     tema
       D     autotext                                                                          (1)
                                                                                              [10]

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                               5

 VRAAG 2: PASITEMS

 Kies ŉ term/begrip uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
 die letter (A–T) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.10) in die ANTWOORDEBOEK
 neer, byvoorbeeld 2.11 Q.

                         KOLOM A                                        KOLOM B
 2.1    Die neiging waar afsonderlike tegnologieë en A              ruitnetrekenarisering
        funksies verskillende toestelle in die verlede              (‘grid computing’)
        benodig het, is nou binne een toestel gekombineer
                                                          B         fragmentasie
 2.2    Dit sluit nutsprogramme/-sagteware in wat vooraf
        op jou stelsel geïnstalleer is en help met die C            kontrasverhouding
        instandhouding daarvan
                                                         D          ppm
 2.3    Die totale hoeveelheid data wat van een punt na ŉ
        ander oorgedra kan word binne ŉ sekere tydperk E            administratiewe
                                                                    toebehore
 2.4    Data wat op ŉ webwerf geïdentifiseer is, kan            F   dpi
        tydelik op die hardeskyf bewaar word in ŉ sub-
        lêergids van die deurblaaier en by ŉ volgende           G   defragmentasie
        sessie word dit herroep in plaas daarvan om die
        webwerf via die Internet oop te maak                    H   em-streep
 2.5    ŉ Versameling onafhanklike netwerk rekenaars I              aspekverhouding
        wat saamwerk om baie groot take uit te voer
                                                   J                digitale gaping
 2.6    ŉ Horisontale streep ŉ bietjie langer as ŉ
        koppelteken wat gebruik word om reekse en K                 kasberging
        parentetiese uitdrukkings uit te druk
                                                                L   bandwydte
 2.7     Die verskillende dele van die lêers kan oor die skyf
         versprei raak, wat veroorsaak dat die rekenaar         M   en-streep
         langer neem om lêers te herroep om dit oop te
         maak of te stoor                                       N   wolkrekenarisering
                                                                    (‘cloud computing’)
 2.8    Die verhouding tussen die breedte en hoogte van
        ŉ skerm                                                 O   ISO

 2.9    Die spesifikasie waarin die spoed van ŉ drukker P           resolusie
        gemeet word                                     Q           skyfskoonmaak
                                                                    (‘disk cleanup’)
 2.10   Die instelling op die kamera om die sensitiwiteit vir
        lig te meet                                           R     NFC

                                                                S   konvergensie

                                                                T   ADSL

                                                                                   (10 x 1)    [10]

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs
die vraagnommer (3.1 tot 3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling
indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling WAAR te
maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie.)

GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.

VOORBEELDE:

                    VRAAG                                         ANTWOORD
Facebook is ŉ voorbeeld van ŉ sosiale netwerk          Waar
webwerf.
ŉ NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware komponente Onwaar – moederbord
soos die SVE (‘CPU’).

3.1   ŉ Kopskrif (‘Header’) is teks wat binne die onderste kantlyn van alle bladsye in
      ŉ dokument of lêer verskyn.                                                            (1)

3.2   ŉ Merkblokkie (‘check box’) laat die gebruiker toe om slegs een uit ŉ gegewe
      stel opsies te kies.                                                                   (1)

3.3   Die ‘wild card’ karakter kan gebruik word in die Soek- en Vervangfunksie van ŉ
      woordverwerker.                                                                        (1)

3.4   ŉ Hiperskakel is ŉ ingeboude konneksie na ŉ ander verwante webbladsy of
      webwerf wat dikwels as onderstreepte teks of grafika aangedui word.                    (1)

3.5   ŉ E-pos program kan ŉ aanhangsel verwerp op grond van die datum van die
      lêer.                                                                                  (1)
                                                                                             [5]

                                                              TOTAAL AFDELING A:             25

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           7

 AFDELING B

 VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

 4.1    Elke algemene rekenaartoestel benodig beide RAM (geheue) en stoor.

        4.1.1    Verduidelik kortliks die funksie van RAM.                                   (1)

        4.1.2    Gee EEN verskil tussen RAM en stoor, behalwe hul verskil in funksie.        (1)

 4.2    Noem TWEE toevoertoestelle wat ŉ mens in ’n slimfoon kry, maar nie in ’n
        gewone tafelrekenaar nie.                                                            (2)

 4.3    Gee TWEE redes hoekom draagbare rekenaars al hoe meer ontwerp word om
        NIE optiese aandrywers te bevat NIE.                                                 (2)

 4.4    Jy werk met ’n gekabelde muis wat skielik ‘vries’ (nie werk nie).
        Aanvaar dat die muis self nie vuil en nie beskadig is nie.

        Gee TWEE probleemoplossingstegnieke wat jy kan probeer om die muis weer
        aan die werk te kry.                                                                 (2)

 4.5    Bespreek TWEE maniere waarop ŉ gebruiker kan verseker dat data nie per
        ongeluk geskrap of verander word nie.                                                (2)

 4.6    Verduidelik hoekom rekeninge, state ensovoorts van besighede gewoonlik na
        PDF-lêers omgeskakel word voordat hulle aan klante gestuur word.                     (1)

 4.7    Gee TWEE beperkinge van dataprojektors vir die vertoon van rekenaarafvoer
        in vergelyking met normale rekenaarskerms.                                           (2)

 4.8    Noem TWEE toerustingitems wat ŉ mens vir VR (Virtuele werklikheid) (‘Virtual
        Reality’) sal benodig.                                                               (2)

 4.9    Noem EEN voorbeeld waar VR (Virtuele werklikheid) (‘Virtual Reality’) gebruik
        kan word, behalwe vir speletjies.                                                    (1)

 4.10   Die IT-leerders oorweeg dit om ŉ hommeltuig (‘drone’) as deel van ŉ
        bewusmakingsveldtog vir nuwe tegnologie te bou. ŉ 3D-drukker sal gebruik word
        om die onderdele van die hommeltuig te druk.

        4.10.1 Wat is ŉ hommeltuig (‘drone’)?                                                (1)

        4.10.2 Noem TWEE moontlike voordele van die gebruik van ŉ 3D-drukker
               om onderdele van die hommeltuig te druk.                                      (2)

   Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2021)

4.11   ŉ Rekenaarspeletjie het die volgende apparatuurstelselvereistes:

                                    Intel i3 (of hoër)
                                    8 GB RAM
                                    DVD skyf

       4.11.1   Gee die algemene funksie (in enige rekenaar) van die item gespesifiseerd
                as ‘Intel i3’.                                                                (1)

       4.11.2   Veronderstel dat die DVD-aandrywer slegs vir die installasie van die
                speletjie gebruik gaan word, verduidelik kortliks hoe ŉ mens die speletjie
                op ŉ rekenaar wat nie ŉ DVD-aandrywer het nie, kan installeer.                (1)

       4.11.3   Gee EEN ander alledaagse apparatuurvereiste, behalwe dié in die lys
                hierbo.                                                                       (1)

4.12   Gee DRIE voordele van SSDs.                                                            (3)
                                                                                             [25]

  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              9

 VRAAG 5: INTERNET EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 Die diagram hieronder illustreer die netwerk van ŉ klein besigheid.

 5.1    Die rekenaars in die gekabelde netwerk word deur al die personeellede gebruik
        en die WLAN word deur kliënte gebruik.

        5.1.1    Gee EEN rede waarom ŉ koordlose netwerk vir die kliënte meer geskik
                 is.                                                                          (1)

        5.1.2    Gee EEN rede waarom alle toestelle ŉ unieke IP-adres moet hê.                (1)

        5.1.3    Gee TWEE moontlike redes waarom kliënte wat die WLAN gebruik,
                 soms stadige konneksiespoed kan ervaar.                                      (2)

 5.2    Die LAN in die administrasiekantoor gebruik ŉ kliënt-bedienermodel en verskaf
        internettoegang.

        5.2.1     Noem TWEE dienste wat deur ŉ IDV (‘ISP’) gelewer kan word
                  behalwe vir die konneksie met die internet.                                 (2)

        5.2.2    Noem TWEE voordele van die gebruik van ŉ ADHL (‘ADSL’)-
                 konneksie.                                                                   (2)

        5.2.3    Verduidelik die funksie van die ‘switch’ as deel van die LAN.                (2)

 5.3    Die LAN wat deur die administrasiepersoneel gebruik word, gebruik vesel-
        optiese kabels.

        5.3.1     Watter medium word deur veseloptiese kabels gebruik om seine oor
                  te dra?                                                                     (1)
   Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2021)

      5.3.2   Gee TWEE redes waarom veseloptiese kabels meer geskik vir gebruik
              in ŉ LAN as UTP-kabels sal wees.                                               (2)

5.4   Gee TWEE nadele van LOP (‘FTP’)-tegnologie vir die oordrag van groter lêers
      oor die internet.                                                                      (2)
                                                                                            [15]

VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR

6.1   Verwys na ŉ formele geskrewe verslag, soos jou PAT, en verduidelik die doel
      van ŉ:

      6.1.1   Taakdefinisie                                                                  (1)

      6.1.2   Verwysings                                                                     (1)

6.2   Toe jy navorsing vir jou PAT gedoen het, het jy inligting oor die onderwerp gevind
      wat gelyk het asof dit nie geskik is nie.

      Gee TWEE aanduidings dat sommige van die inligting wat gevind word, dalk nie
      akkuraat is nie en nie in jou verslag gebruik kan word nie.                            (2)

6.3   Geslote vrae het ŉ stel antwoorde waaruit gekies kan word.

      6.3.1   Bespreek EEN beperking van die gebruik van geslote vrae in ŉ vraelys.          (1)

      6.3.2   Gee TWEE voordele vir ŉ navorser wanneer geslote vrae elektronies
              beantwoord word.                                                               (2)

6.4   Noem DRIE maniere waarop ŉ grafiek makliker gemaak kan word om te
      interpreteer wanneer dit by ŉ verslag ingesluit word.                                  (3)
                                                                                            [10]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                           11

 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

 7.1    Kommunikasie via e-pos het die norm vir die samelewing in sy geheel geword.

        7.1.1    Gee TWEE aanduidings dat ŉ e-pos wat ontvang is, ŉ moontlike
                 uitvissings (‘phishing’)-poging kan wees.                                (2)

        7.1.2    Gee EEN moontlike rede waarom jou e-posprogram ingestel is om .exe
                 lêers te blokkeer.                                                       (1)

        7.1.3    Gee TWEE tipes diefstal wat met behulp van rekenaars gepleeg kan
                 word, afgesien van die diefstal van hardeware en data/intellektuele
                 eiendom.                                                                 (2)

 7.2    Die geo-etikettering (‘geotagging’) funksie van moderne kameras is nuttig vir
        vakansiegangers en toeriste. Verduidelik wat die opmerking beteken deur te
        verduidelik wat geo-etikettering is.                                              (2)

 7.3    Gee TWEE potensiële nadele van e-leer (‘e-learning’) wanneer dit met
        tradisionele klaskamer benadering vergelyk word, uitgesluit enige koste
        faktore.                                                                          (2)

 7.4    Gee EEN aanduiding dat ŉ boodskap wat jy ontvang het ŉ gekskeerdery
        (‘hoax’) is.                                                                      (1)
                                                                                         [10]

   Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1   Hoe verander jy ŉ eindnota (‘endnote’) na ŉ voetnota (‘footnote’)?                   (3)

8.2   Verwys na die diagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Elke student het ŉ unieke kode nodig om hulle algehele finale uitslae te
      ontvang.

      Skryf die funksie wat jy in sel B6 sal gebruik om ŉ kode met hoofletters te
      skep neer, deur die eerste 2 letters van studente name (kolom C) te gebruik.         (3)

8.3   ŉ Eksamensessie vind plaas vanaf 4 April 2018 tot 15 April 2018.

      Verander die kenmerke van die ExaminationDate-veld in ŉ databasis om
      seker te maak dat slegs geldige datums ingevoer kan word.                            (3)

8.4   Skryf die merkers (‘tags’) neer om ŉ rooi kleur horisontale lyn (hr/) met die
      wydte ('width') van 50% in ŉ HTML-webblad in te voeg.                                (2)

8.5   Watter sigblad-funksie sal stelselmatig outomatiese nommers vanaf 1 tot 50
      in opeenvolgende rye invoeg?                                                         (1)

8.6   Noem DRIE moontlike databronne om posetikette in ŉ possamevoeging te
      skep.                                                                                (3)
                                                                                          [15]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              75

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              13

AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 9

Jou skool stel ŉ groot veldtog bekend om tot die digitale era toe te tree. Die uitbreiding
van hulle netwerk, gekoppel aan die verhoogde beskikbaarheid van die Internet, het
dit vir hulle moontlik gemaak om nuwe tegnologieë en IKT ('ICT') beter te benut.
Buiten al die voordele bied die toenemende gebruik van rekenaars en aanlyn dienste
uitdagings ten opsigte van die verskaffing van verbeterde hardeware en die opvoeding
van gebruikers.

9.1 Noem TWEE IT/RTT-verwante beroepe wat geskep sal word wanneer die
    netwerk opgestel en uitgebrei word.                                                       (2)

9.2 Toegang tot die bedienerkamer moet beheer word. Die administratiewe
    personeellede gebruik biometrika ('biometrics') om toegang tot die
    bedienerkamer te verkry.

     9.2.1    Verduidelik die term biometrika (‘biometrics’).                                 (2)

     9.2.2    Gee ŉ geskikte voorbeeld van biometrika (‘biometrics’) wat in hierdie
              scenario gebruik kan word.                                                      (1)

9.3 Daar is voorgestel dat die ander personeellede RFID-kaarte moet gebruik om
    toegang tot die bedienerkamer te verkry.

     Noem TWEE nadele van die gebruik van RFID-kaarte vir hierdie toepassing.                 (2)

9.4 Leerders kla dat hulle rekenaars gou baie stadig word wanneer hulle meer
    toepassings oopmaak. Daar is voorgestel dat hulle dalk te veel virtuele geheue
    gebruik.

     9.4.1    Wat is virtuele geheue?                                                         (1)

     9.4.2    Watter sagteware implementeer en bestuur virtuele geheue in ŉ
              rekenaarstelsel?                                                                (1)

     9.4.3    Hoe kan die gebruik van virtuele geheue beperk word?                            (1)

9.5 ŉ Logiese gevolg van die verbeteringe by die skool is ŉ toename in die gebruik
    van wolkrekenarisering (‘cloud computing’).

     9.5.1     Wolkrekenarisering sluit wolksagtewaredienste, soos Office365, in.

              Verduidelik hoe wolktoepassings oor die algemeen werk.                          (2)

     9.5.2     Noem TWEE nadele van die gebruik van aanlyn sagtewaredienste.                  (2)

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2021)

9.6    Ouers/Voogde is bekommerd oor leerders se blootstelling aan sosiale-
       netwerk-webtuistes en kubermisdaad.

       9.6.1   Stel DRIE maniere voor waarop sosialenetwerk-webtuistes
               verantwoordelik gebruik kan word.                                          (3)

       9.6.2   Gee TWEE redes waarom kubermisdaad baie algemeen is.                       (2)

       9.6.3   ŉ Algemene misdaad wat mense pleeg is om onbeveiligde Wi-Fi-
               internetkonneksies sonder toestemming te gebruik.

               Watter term word gebruik om hierdie misdaad te beskryf?                    (1)

9.7    Afkoopsagteware (‘Ransomware’) is ŉ tipe kwaadwillige sagteware
       ('malicious software') van kriptovirologie wat dreig om ŉ slagoffer se data
       bekend te maak of toegang daartoe te blokkeer tensy ŉ losprys betaal word.

       9.7.1   Hoe kan jy afkoopsagteware (‘aanvalle’) voorkom?                           (2)

       9.7.2   Hoe sou jy afkoopsagteware (‘ransomware’) van jou rekenaar
               verwyder?                                                                  (2)

       9.7.3   Anonieme betalingsdienste word vir losprysbetalings gebruik.

               Noem EEN metode van betaling wat gebruik kan word.                        (1)
                                                                                        [25]

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            15

 VRAAG 10

 Die plaaslike universiteit is besig om hulle biblioteek en die IKT('ICT')-infrastruktuur
 op te gradeer. Die universiteit se webtuiste kan gebruik word om roosters na te
 gaan en om toegang tot die navorsingsafdeling van die biblioteek te bespreek.

10.1    ŉ AGB(‘AUP’)-dokument is vir die biblioteek opgestel. Een van die punte wat
        in die dokument genoem word, sê dat, waar moontlik, elektroniese dokumente
        in plaas van gedrukte dokumente gebruik moet word.

        10.1.1        Waarvoor staan die akroniem AGB (‘AUP’)?                                  (1)

        10.1.2        Verduidelik kortliks die doel daarvan om ŉ AGB (‘AUP’) te hê.             (2)

10.2    ŉ Paar van die elektroniese dokumente word in ŉ aanlyn stoorfasiliteit gestoor
        om lêersinchronisering (‘file syncing’) te fasiliteer.

        Verduidelik die konsep van lêer-sinchronisering.                                        (2)

10.3    Die universiteit het ŉ webontwerper in diens geneem om die webtuiste te
        herontwerp.

        10.3.1        Noem TWEE vaardighede wat ŉ webontwerper nodig sou hê om ŉ
                      webtuiste te skep.                                                        (2)

        10.3.2        Studente kan van hulle mobiele toestelle af toegang tot die webtuiste
                      kry.

                      Noem TWEE faktore wat ŉ webontwerper in ag moet neem wanneer
                      webtuistes ontwerp word om van mobiele toestelle af toeganklik te
                      wees.                                                                     (2)

10.4    Sommige studente kyk video's op hulle elektroniese toestelle as deel van
        navorsingsprojekte. Die video's word saam met metadata op ŉ VTS (‘SSD’)
        gestoor.

        10.4.1        Wat is metadata?                                                          (1)

        10.4.2        Stel ŉ geskikte formaat vir die samepersing (‘compression’) van
                      video’s voor.                                                             (1)

10.5    Skedules vir kortkursuslesings en webinaars word op die webtuiste vertoon.

        10.5.1        Wat is ŉ webinaar?                                                        (1)

        10.5.2        Hoe kan die studente oor veranderinge in die skedules ingelig bly
                      sonder om die webtuiste te besoek?                                        (2)

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
  16                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2021)

10.6   Universiteitspersoneel wil seker wees dat inligting wat oor die netwerk
       gestuur word, veilig sal wees.

       10.6.1    Verduidelik wat die term enkripsie beteken.                              (2)

       10.6.2    ŉ Geel slot word op die URL-band vertoon wanneer die gebruiker die
                 universiteit se webtuiste oopmaak.

                 Watter ander visuele aanduiding word vertoon wat aandui dat die
                 webtuiste veilig is, behalwe die geel slot?                              (1)

       10.6.3    As ŉ gebruiker op die geel slot klik, word die volgende dialoog-
                 blokkie vertoon:

                 Watter TWEE stukkies inligting op die sertifikaat kan gebruik word om
                 te verifieer dat die webtuiste eg is?                                     (2)

  Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                17

10.7    Personeellede word dikwels teen sosiale manipulasie (‘social engineering’)
        gewaarsku.

        10.7.1        Verduidelik wat sosiale manipulasie (‘social engineering’) is.               (2)

        10.7.2        Wat is die gevolg daarvan om ŉ slagoffer van sosiale manipulasie te
                      wees?                                                                        (2)

 10.8   Groenrekenarisering het ŉ fokuspunt in die IKT-veld geword.

        Stel enige TWEE inisiatiewe voor vir die biblioteek om groenrekenarisering te
        implementeer.                                                                               (2)
                                                                                                   [25]
                                                                   TOTAAL AFDELING C:               50
                                                                       GROOTTOTAAL:                150

   Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2020-afrikaans/73167bc1-7d37-4313-9e6c-6055b941495e) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2017 (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [Computer Application Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-may-june-2021-eng/f262d2a6-b39f-4f53-92a0-efc9f47b0e06) — Computer Applications Technology · QP · 2021 · Eng
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [Gr12 CATN P2 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-catn-p2-qp-eng/9f28f7f6-20f4-4c2c-8a1c-d1654b70f42e) — Computer Applications Technology · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Memo · 2022 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
