# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-afrikaans/e2c78d24-deda-4fa0-8e20-d741a2e362dd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-sept2022-afrikaans/e2c78d24-deda-4fa0-8e20-d741a2e362dd)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2022

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit:

       AFDELING A (25 punte)
       AFDELING B (75 punte)
       AFDELING C (50 punte)

 2.    Beantwoord AL die vrae.

 3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 4.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 5.    MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 6.    Laat ŉ reël na ELKE sub-vraag oop.

 7.    Daar word gewoonlik een punt per feit toegeken; ŉ 2-punt vraag sal dus
       TWEE feite vereis, ens.

 8.    Lees die vrae aandagtig deur. MOENIE meer opsies gee as wat die vraag
       vereis nie aangesien dit NIE nagesien sal word NIE.

 9.    Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou.

 10.   Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘stadiger’/’vinniger’ en ‘makliker’ sal SLEGS
       aanvaar word as dit saam met ŉ rede of ŉ verduideliking gebruik word.

 11.   MOENIE handelsname in jou antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek
       vereis word.

 12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              3

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D.

 1.1    Die hooftaak van ŉ Skyf Defragmenteerder (‘Disk Defragmenter’) nuts-
        program is om ...

        A    individuele lêers wat deur die gebruiker gekies is, uit te vee.
        B    ongebruikte lêers outomaties te verwyder.
        C    die hardeskyf te formateer wanneer dit vol is.
        D    lêers te herorganiseer en verwante lêers bymekaar te hou.                        (1)

 1.2    Watter EEN van die volgende akronieme word NIE met hardeware
        geassosieer NIE?

        A    VTA (‘SSD’)
        B    BJET (‘BYOD’)
        C    EULA
        D    GVE (‘GPU’)                                                                      (1)

 1.3    ŉ … is ŉ voorbeeld van kwaadwillige sagteware (‘malware’).

        A    Advertensie-blokkeerder
        B    Opwipvenster (‘Popup’)
        C    Spam filter
        D    Sleutelvaslegger (‘Keylogger’)                                                   (1)

 1.4    Die …-oortjie op die Microsoft Word-ribbon bevat funksies soos die
        aanvaarding of verwerping van veranderinge.

        A    Insert
        B    Review
        C    References
        D    Mailings                                                                         (1)

 1.5    Die letters a/b/g/n verwys na data-oordrag oor ŉ …-verbinding.

        A    ADSL
        B    Wi-Fi
        C    3G
        D    vesel (‘fibre’)                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

1.6     Watter EEN van die volgende funksies sal die aantal selle in die reeks
        A1:A13 bereken, wat ŉ waarde het wat nie 5 is nie?

        A    =COUNTIF(A1:A13, ''<5'')
        B    =COUNTIF(A1:A13, ''<>5'')
        C    =COUNTIF(A1:A13; ''>=5'')
        D    =COUNTIF(A1:A13, ''>5'')

1.7     Watter EEN van die volgende velde in ŉ databasistabel, wat rekords van
        hoërskoolleerders stoor, is die mees geskikte veld waarom ŉ verstekwaarde
        (‘Default Value’) ingestel kan word?

        A    Huistaal
        B    Van
        C    Adres
        D    Telefoonnommer                                                               (1)

1.8     Watter SVE (‘CPU’) in die volgende lys is die beste keuse vir ŉ speletjies
        skootrekenaar/tafelrekenaar?

        A    i5 quad core
        B    i7 quad core
        C    Atom
        D    Celeron                                                                      (1)

1.9     As die kleur van ŉ beeld wat deur ŉ dataprojektor vertoon word, oor die
        algemeen te lig of te donker voorkom, kan dit reggestel word deur die ... van
        die projektor te verander.

        A    kontras
        B    helderheid
        C    resolusie
        D    posisie                                                                      (1)

1.10    Watter EEN van die volgende laat ŉ gebruiker toe om digitaal geskepte
        visuele weergawes te sien wat intyd (‘real time’) op ŉ fisiese omgewing
        oorgedra is?

        A    4D
        B    Virtuele realiteit
        C    Kuberruimte
        D    Vergrote werklikheid                                                         (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             5

 VRAAG 2: PASSENDE KOLOMME

 Kies ŉ term/konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
 die letter (A–U) langs die vraagnommers (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
 byvoorbeeld 2.11 W.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
 2.1    ŉ Toestel wat gebruik word om baie moderne          A   Klikkaping (Click
        toestelle, soos slimfone aan ŉ rekenaar te koppel       jacking)
        en ook toestelle aan ŉ laaier te koppel
                                                            B   Konvergensie
 2.2    ŉ Algemene term wat gebruik word om ŉ tipe
        sagteware te beskryf wat jou rekenaar nadelig       C   Kopiereg
        beïnvloed
                                                            D   Skarebefondsing
 2.3    ŉ Instrument wat gebruik word om inligting vanaf
        mense in te samel                                   E   ergonomika

 2.4    Die proses om baie mense te kry om ŉ projek te      F   Gesigherkenning
        finansier, gewoonlik oor die internet
                                                            G   lêerbediener
 2.5    Ongewenste e-pos wat aan ŉ groot aantal
        gebruikers gestuur word                             H   gemorspos

 2.6     ŉ Standaard wat toestelle soos slimfone toelaat    I   Kwaadwillige
         om koordloos te koppel as hulle naby mekaar is         sagteware
                                                                (‘Malware’)
 2.7     Die daad om iemand anders se werk as jou eie
         aan te bied                                        J   Mikro-USB

 2.8    ŉ Biometriese sekuriteitsmaatreël wat toegang tot   K   NVK (NFC’)
        ŉ gebruiker se rekenaar of toestel kan beheer
                                                            L   Styl
 2.9    Gekombineerde instellings wat die uitleg,
        lettertipes en kleure van ŉ hele dokument beheer    M   Wagwoord

 2.10   Die toenemende neiging om verskillende funksies     N   Plagiaat
        en tegnologieë in rekenaars en toestelle te
                                                            O   Vraelys
        kombineer
                                                            P   RFID

                                                            Q   telependel

                                                            R   Tema

                                                            S   OKT (‘UPS’)

                                                            T   Webplasing
                                                            U   WiFi

                                                                              (10 x 1)    [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR ITEM

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar'
langs die vraagnommers (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Maak die
stelling reg as dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om die stelling
WAAR te maak. (Jy mag nie bloot die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander
nie. GEEN punt sal toegeken word as net ONWAAR neergeskryf word nie.)

VOORBEELDE:

                VRAAG                                   ANTWOORD
Windows 10 is die mees algemene           Waar
bedryfstelsel wat op nuwe
skootrekenaars geïnstalleer is.
ŉ NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware-   Onwaar – moederbord
komponente, soos die SVE (‘CPU’).

3.1   Formatering kan gebruik word om spesifieke waardes outomaties in ŉ sigblad
      volgens spesifieke kriteria te rangskik.                                          (1)

3.2   Mac OS is ŉ eiendomsregtelike bedryfstelsel.                                      (1)

3.3   Die Scan Disk nutsprogram sal ŉ gebruiker toelaat om ongewenste lêers uit te
      vee, bv. tydelike lêers/ lêergidse.                                               (1)

3.4   ŉ Alt-teksmerker sal die webwerwe se toeganklikheid vir blinde gebruikers
      verhoog.                                                                          (1)

3.5   ŉ Rekenaar wat deur ŉ kuberkraker oorgeneem is, word ŉ pirate genoem.             (1)
                                                                                        [5]

                                                           TOTAAL AFDELING A:           25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            7

 AFDELING B

 VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

 4.1 Bestudeer die advertensie hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.

                      TOESTEL A                           TOESTEL B
            DVI, VGA en HDMI afvoer                  DVI, VGA en HDMI afvoer
         Dual Core i5™ 7360U 3,4 GHz              6 Core Ryzen™5 1600 3.2GHz
       Geïntegreerde Intel Iris Grafika 6000   AMD Radeon RX 580 4G 256bis DDR5
              4GB DDR4-2133Mhz                              Grafikakaart
       3TB WD Blue 7200 RPM Hardeskyf                  8GB DDR4-2133Mhz
          LG Blu-Ray Interne Skrywer                    512GB VTA (‘SSD’)
             BH16NS40 (opsioneel)              LG Blu-Ray Interne Skrywer BH16NS40
       Koordloos: 802.11ac, Bluetooth 4.0                   (opsioneel)
            Linux Ubuntu 18.3 64 bis             Koordloos: 802.11ac, Bluetooth 4.0
                                                       Linux Mint 18.3 64 bis

       4.1.1    Alhoewel Toestel A ŉ hoër verwerkingspoed as Toestel B toon,
                beweer die verkoper dat Toestel B die ‘vinnigste’ van die twee is.
                Verskaf TWEE redes waarom dit die geval kan wees.                           (2)

       4.1.2    Die bedryfstelsel op beide toestelle staan as oopbronsagteware
                (OSS) bekend. Verskaf TWEE redes waarom die verkoper verkies
                om dit te laai, in plaas van eiendomsregtelike sagteware.                   (2)

 4.2 Daar is verskillende maniere om ŉ skerm aan ŉ rekenaar te koppel.
     Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

       4.2.1    Benoem poort B.                                                             (1)

       4.2.2    Noem TWEE nadele van poort C in vergelyking met poort B.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2022)

4.3    Die beeld hieronder verskyn op ŉ skool se nuusbrief.

       4.3.1    Wat word hierdie beeld genoem?                                              (1)

       4.3.2    Beskryf hoe dit gebruik sal word deur na ŉ geskikte voorbeeld te
                verwys.                                                                     (2)

4.4    VTA’s (‘SSD's’) raak al hoe meer gewild, maar hardeskyfaandrywers word
       steeds wyd gebruik. Verskaf TWEE redes waarom HDD’s nog steeds op
       baie nuwe toestelle gevind word.                                                     (2)

4.5    Jou skool beplan om BJET (‘BYOD”) te implementeer vir gebruik deur die
       leerders. Verduidelik wat BJET (‘BYOD”) beteken, nie waarvoor die
       akroniem staan nie.                                                                  (2)

4.6    Noem EEN voordeel en EEN nadeel van ŉ koordlose muis.                                (2)

4.7    Jou skool oorweeg die aankoop van ŉ 3D-drukker. Gee ŉ kort definisie van
       ŉ 3D-drukker en verduidelik hoe dit werk.                                            (2)

4.8    Hoekom is dit vir die skool nodig om te weet watter programme hulle gaan
       gebruik, voordat hulle ŉ rekenaar koop?                                              (1)

4.9    Stel TWEE metodes voor wat gebruik kan word om ŉ flash drive wat met ŉ
       virus besmet is, te herstel.                                                         (2)

4.10   Jy sal ŉ vlog-voer gebruik om studente rekenaargeletterdheid te leer.

       4.10.1    Noem TWEE riglyne vir die skep en instandhouding van ŉ
                 suksesvolle vlog.                                                          (2)

       4.10.2    Hoe verskil die stroom van ŉ video van die aflaai van ŉ aanlyn-
                 video?                                                                     (1)

       4.10.3    Hoekom is dit nie ŉ goeie idee vir ŉ gebruiker om ŉ video
                 herhaaldelik te stroom nie?                                                (1)
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                                  9

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

In wolkrekenarisering (‘cloud computing’) bestaan die data en toepassings op
webbedieners.

5.1    Gee die generiese naam (afkorting/akroniem) vir die tipe netwerk wat oor ŉ
       wêreldwye geografiese area sal strek.                                                   (1)

5.2    Gee TWEE voordele om toepassings op die wolk (‘cloud’) te gebruik in plaas
       daarvan om die toepassing op jou persoonlike rekenaar te hê.                            (2)

5.3    E-posdienste soos hotmail en Gmail word as deel van wolkrekenaardienste
       verskaf.

       5.3.1    Noem TWEE nadele van die gebruik van ŉ webgebaseerde e-pos-
                diens eerder as ŉ plaaslike rekenaar e-posdiens.                               (2)

       5.3.2    Noem EEN voordeel van die gebruik van ŉ rygskakel (‘threaded’)
                bespreking as ŉ kenmerk van ŉ e-posdiens.                                      (1)

5.4    Noem die TWEE grootste bekommernisse in die gebruik van wolkrekenaar-
       wese.                                                                                   (2)

5.5    Bespreek kortliks die funksie van elk van die volgende in ŉ netwerk:

       5.5.1    Skakelaar (‘switch’)                                                           (2)

       5.5.2    Bediener (‘server’)                                                            (2)

5.6    VoIP-telefoonoproepe word al hoe gewilder.

       5.6.1    Verduidelik wat VoIP is (moenie net die afkorting uitbrei nie).                (2)

       5.6.2    Noem EEN moontlike voordeel van die gebruik van VoIP in plaas van
                ŉ landlyntelefoon.                                                            (1)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1   Noem EEN manier wat gebruik kan word om ŉ opname te doen, behalwe ŉ
      pen-en-papier of aanlynweergawe.                                                 (1)

6.2   Gee TWEE redes waarom ŉ mens die gehalte van inligting moet verifieer
      voordat dit gebruik kan word, behalwe die gevaar dat dit fopnuus (‘fake
      news’) is.                                                                       (2)

6.3   Leerders moes vrae vir die PAT opstel. Een daarvan was:
      "Wat dink jy van groot data?"

      Hoekom sal die data wat uit hierdie vraag verkry word, moeilik wees om
      mee te werk?                                                                     (1)

6.4   Die tabel hieronder toon tipiese voorbeelde van die URLs van webtuistes.

         1. www.peta.org       2. www.sterkinekor.mobi      3. www.open.ac.za

      Wat kan jy aflei van hierdie webtuistes, deur net na die onderstreepte dele
      van die URL te kyk?                                                              (3)

6.5   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      6.5.1    Waarom is ŉ sirkelgrafiek beter as ŉ kolomgrafiek om vir hierdie
               spesifieke data te gebruik?                                             (1)

      6.5.2    Gebaseer op die grafiek hierbo, wat is die vierde mees algemene
               energiebron in Suid-Afrika?                                             (1)

      6.5.3    Stel ŉ verbetering voor wat aan hierdie grafiek aangebring kan word
               om dit makliker te maak om te interpreteer?                            (1)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              11

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1    Rekenaars op enige netwerk kan oop wees vir afkoopsagteware-aanvalle
       (‘ransomeware attacks’).

       7.1.1    Wat is ŉ afkoopsagteware-aanval (‘ransomeware attack’)?                   (2)

       7.1.2    Wat is die enigste gewaarborgde manier om jou data teen
                afkoopsagteware-aanvalle (‘ransomeware attacks’) te beskerm?              (1)

7.2    Daar is toenemende berigte van ‘botnets’ wat vir DDoS-aanvalle gebruik
       word. Verduidelik wat ŉ ‘botnet’ is en hoe dit gebruik sal word om so ŉ aanval
       uit te voer.                                                                       (3)

7.3    Beskryf TWEE instellings wat jy op Facebook kan maak om jou profiel te
       beskerm en om dit privaat te hou.                                                  (2)

7.4    Noem TWEE maniere waarop ŉ persoon inligtingsoorlading meer doeltreffend
       kan bestuur.                                                                       (2)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1 Jy het twee van jou vriende gevra om jou PAT-opdrag te lees en om voorstelle
    en veranderings aan te beveel.

     8.1.1   Beskryf TWEE fasiliteite in Woordverwerking wat hulle in staat sal stel
             om hierdie opdrag elektronies te deel en daaraan te werk sonder om
             mekaar se werk uit te vee.                                                  (2)

     8.1.2   Verduidelik wat jy onder die term toeganklikheid van ŉ dokument
             verstaan.                                                                   (1)

8.2 Ondersoek die volgende skermskoot van ŉ deel van ŉ paragraaf in ŉ
    Woordverwerkingsdokument:

     8.2.1   Noem die tipe inkeping wat aan die linkerkant van die paragraaf gebruik
             is.                                                                         (1)

     8.2.2   Identifiseer enige EEN formateringkenmerk wat verander kan word om
             die paragraaf meer leesbaar te maak, behalwe enige inlynstelling of
             justeringsopsies.                                                           (1)

8.3 Die volgende veldname is in ŉ databasistabel gebruik om die rekords van atlete
    in ŉ sekere sportspan te stoor:

     8.3.1   Stel ŉ beter alternatief vir die datatipe van die Geboortedatum-veld
             voor.                                                                       (1)

     8.3.2   Die Van-veld is ŉ teksveld met ŉ verstek-grootte van 255, wat te groot
             is en verminder moet word.

             Verduidelik waarom ŉ mens oor die algemeen versigtig moet wees
             wanneer jy die grootte van ŉ teksveld in ŉ databasistabel verklein.         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                            13

       8.3.3    In ŉ navraag van hierdie databasis verskyn die volgende kriteria in die
                Van-veld: "Like Mo*" Gee die term wat aan karakters soos die ster ('*')
                in hierdie navraag gegee word.                                             (1)

8.4    Bestudeer die volgende uittreksel van ŉ werkgewer se Excel-werkblad, wat
       ontwerp is om die aantal ure wat sekere personeellede gewerk het te bereken:

       8.4.1    Die korrekte formule is in kolom D gebruik om die aantal ure gewerk, te
                bereken, maar die resultaat word nie korrek vertoon nie.

                Verduidelik wat gedoen moet word om die aantal ure gewerk korrek te
                vertoon. (Let daarop dat dit NIE in jou antwoord nodig is om die
                kieslysopsies of werklike muisklikke te beskryf NIE.)                      (1)

       8.4.2    Die uittreksel hierbo, is deel van ŉ baie langer werkblad. Wanneer die
                gebruiker af beweeg in die lys van name, sal die opskrifte in ry 1 op ŉ
                stadium aan die bokant van die werkblad “verdwyn”.

                Gee die naam van die sigbladkenmerk wat gebruik kan word om te
                verhoed dat die opskrifry/e aan die bokant van die werkblad verdwyn.       (1)

       8.4.3    In die maak van ŉ drukstuk van die werkblad, het die werkgewer besluit
                om die volgende opsie te gebruik, wat in ŉ dialoogkassie verskyn het:

                Verduidelik kortliks hoekom die werkgewer besluit het om die opsie
                ‘Rows to repeat at top’ te gebruik om die hardekopie te maak.              (1)

8.5    Bestudeer die volgende HTML-kode wat gebruik word om die prentjie Trophy.jpg
       op ŉ webblad te plaas:
       <img alt = “Wenner” src = “Trophy.jpg” width = “100” height = “75”>

       8.5.1    Gee TWEE redes waarom die breedte- en hoogte-kenmerke by die
                prentjie merker (‘tag’) ingesluit word.                                    (2)

       8.5.2    Gee die eenheid waarin die breedte- en hoogte-kenmerke gespesifiseer
                word.                                                                      (1)

       8.5.3    Noem EEN rede waarom ŉ mens ŉ alt-kenmerk by die prentjie merker
                (‘tag’) sal insluit.                                                       (1)
                                                                                          [15]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           75
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING C

 VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 Jou oom is ŉ koördineerder wat rekenaargeletterdheid aan die jeug in jou
 gemeenskap onderrig. Hy het jou hulp nodig met ŉ paar rekenaarverwante
 kwessies aangesien jy verlede jaar RTT in graad 12 gehad het.

 9.1    Jou oom moet ŉ maandelikse nuusbrief oor die aktiwiteite in die projek
        publiseer. Die nuusbrief is gewoonlik 30 MB groot aangesien dit foto’s van
        die projekaktiwiteite bevat en nie per e-pos as ŉ aanhegsel gestuur kan word
        nie.
        Stel TWEE maniere voor om die probleem van die elektroniese verspreiding
        van die nuusbrief op te los.                                                       (2)

 9.2    In die uitvoering van die projek sal jou oom internettoegang benodig.

        9.2.1   Hy wil ŉ instaanbediener (‘proxy server’) vir toegang tot die internet
                in die netwerk gebruik.
                Noem TWEE voordele van die gebruik van ŉ instaanbediener
                (‘proxy server’), behalwe om bloot internettoegang te verskaf.             (2)

        9.2.2   Daar is probleme met die opvangs van die Wi-Fi-sein in alle areas
                op die skoolterrein.

                Stel EEN toestel voor wat hulle kan gebruik vir ŉ meer eweredige Wi-
                Fi-verspreiding oor die skoolterrein.                                      (2)

 9.3    Data wat op die kantoorrekenaars gehou word, is baie belangrik en moet
        beveilig word.
        Noem TWEE maniere waarop jou oom die data kan rugsteun sodat dit op ŉ
        ander plek gestoor word.                                                           (2)

 9.4    Die IKT-sentrumbestuurder is gewaarsku teen die risiko’s verbonde aan die
        gebruik van beta-weergawe sagteware op die rekenaars in die IKT-sentrum
        uit te probeer.

        Verduidelik kortliks wat die doel van beta-sagteware is en waarom hy
        versigtig moet wees met die gebruik daarvan.                                       (2)

 9.5    Een van die deelnemers aan die program het gesê dat Windows 10 geen
        opsie het om outomatiese stelselopdaterings af te skakel nie.
        9.5.1   Gee TWEE redes vir ŉ sagteware-ontwikkelaar om opdaterings vry
                te stel.                                                                   (2)

        9.5.2   Waarom sal sagteware-ontwikkelaars NIE die gebruiker ŉ keuse
                gee om outomatiese opdaterings af te skakel NIE?                           (1)
        9.5.3   Noem TWEE potensiële nadele om nie in staat te wees om
                outomatiese opdaterings af te skakel nie.                                  (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                             15

9.6    Noem TWEE toevoer- of afvoertoestelle wat rekenaars toeganklik kan maak
       vir die siggestremde gebruikers van die program.                                     (2)

9.7    Daar is baie template beskikbaar wat afgelaai kan word. Die formele
       maandelikse verslag wat jou oom by die projekbefondsers moet indien, moet
       op ŉ templaat gebaseer wees.

       Verduidelik wat ŉ templaat is.                                                       (2)

9.8    Die rekords van die deelnemers aan die program sal vanaf ŉ sigbladlêer na ŉ
       databasislêer ingevoer word.

       9.8.1    Wat is die algemene doel van ŉ invoerfunksie (‘import function’)?           (1)

       9.8.2    ŉ Hulpprogram (‘Wizard’) word gebruik om ŉ gebruiker deur die
                invoerproses (‘import function’) te help. Verduidelik kortliks wat ŉ
                Hulpprogram (‘wizard’) in hierdie konteks is.                               (2)

9.9    ŉ Databasistabel is geskep om inligting van die verskillende lede van die
       jeugprogram te stoor.

       Die onderstaande tabel bevat die inligting:

       9.9.1    Waarom is die DOB-veld nie geskik om as ŉ primêre sleutel gebruik
                te word nie?                                                                (1)

       9.9.2    Watter databasiskenmerk kan gebruik word om te verseker dat die
                gebruiker nie die Naam- en Van-velde ooplaat nie?                           (1)

       9.9.3    ŉ Vorm is geskep vir deelnemers om hul inligting in te voer. Hoekom
                sal dit beter wees om ŉ Datumkieser (‘Date Picker’) vir die Datum
                Begin-veld te gebruik, eerder as om deelnemers toe te laat om dit in
                te tik?                                                                    (1)
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2022)

VRAAG 10: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

10.1    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             MET SLIM STEDE SAL JOU ELKE STAP AANGETEKEN WORD
                       deur Sara Degli-Esposti en Siraj Ahmed Shaikh | 17 April 2018

        Moderne stede is propvol voorwerpe wat data ontvang, versamel en oordra.
        Dit sluit selfone in, maar ook voorwerpe wat eintlik deel is van ons stede, soos
        verkeersligte en lugbesoedelingstasies. Selfs iets so eenvoudig soos ŉ
        vullisdrom kan nou aan die internet gekoppel word, wat beteken dat dit deel
        vorm van die internet van dinge (IoT). ŉ Slim stad versamel die data van
        hierdie digitale voorwerpe en gebruik dit om nuwe produkte en dienste te skep
        wat stede meer leefbaar maak.

        Alhoewel hulle groot potensiaal het om lewens te verbeter, verhoog die
        moontlikheid van toenemend slimmer stede ook ernstige kommer oor
        privaatheid. Deur sensors wat in ons stede ingebou is en die slimfone in ons
        sakke, sal slim stede die krag hê om voortdurend te identifiseer waar mense
        is, wie hulle ontmoet en selfs dalk wat hulle doen.

        Na aanleiding van onthullings dat 87 miljoen mense se Facebook-data na
        bewering oortree is en gebruik is om verkiesingsstemgedrag te beïnvloed, is
        dit al hoe belangriker om behoorlik te ondersoek waarheen ons data gaan en
        hoe dit gebruik word. Aangesien meer en meer kritiese infrastruktuur die
        slagoffer van kuberaanvalle word, moet ons in ag neem dat ons stede nie net
        slimmer raak nie, hulle word ook meer kwesbaar vir kuberaanvalle.
         [Onttrek uit https://theconversation.com/with-smart-cities-your-every-step-will-be-recorded-
                                                                                               94527]

        10.1.1       Waarna verwys die term Internet van Dinge (IoT)?                                    (2)

        10.1.2       Verwys na paragraaf 1. Baie voorbeelde van IoT word gegee wat
                     die ‘leefbaarheid’ in ŉ stad kan verbeter. Brei uit op enige TWEE
                     van hierdie voorbeelde (of gee jou eie) deur te beskryf hoe dit
                     burgers se lewens sal verbeter.                                                     (2)

        10.1.3       Verduidelik hoe die Internet van Dinge en Groot Data met mekaar
                     verband hou.                                                                        (2)

        10.1.4       Bespreek TWEE uitdagings wat ŉ stad in die gesig staar wanneer
                     hulle probeer om die stelsels te implementeer wat nodig is om slim
                     stede te skep, behalwe die uitdaging om so ŉ projek te finansier.                   (2)

        10.1.5       Baie inwoners van sulke slim stede sê dat privaatheidskwessies net
                     relevant is vir mense wat iets het om weg te steek. Stem jy saam of
                     verskil jy van hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.                             (2)

        10.1.6       Beskryf ŉ scenario van die tipe kuberaanval wat op ŉ slim stad
                     uitgevoer kan word.                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2                              17

10.2   Jou stad stig ŉ indiensnemingsentrum om die werklose mense in jou area te
       help om werk te kry. Die eerste ding wat hulle doen, is om ŉ elektroniese
       liasseerstelsel met almal se inligting te skep, asook om profielfoto’s vir elke
       persoon se CV te neem.

       10.2.1    Noem TWEE voordele van ŉ papierlose kantoor.                                (2)

       10.2.2    Watter tipe skandeerder sal jy vir hul kantoor aanbeveel, aangesien
                 hulle so baie skandering gaan doen?                                         (1)

       10.2.3    Waarom is dit moontlik om sekere drukkers vir skandering te gebruik?        (1)

       10.2.4    Hoe kan werksoekers gereelde opdaterings oor vakatures kry sonder
                 om die webwerf te besoek?                                                   (1)

       10.2.5    Gee TWEE e-pos netiket-riglyne om te gebruik wanneer CV's aan
                 maatskappye gestuur word.                                                   (2)

       10.2.6    Watter woordverwerkingsfunksie kan gebruik word om verskeie
                 persoonlike briewe te skep aan al die maatskappye waar mense
                 aansoek doen?                                                               (1)

       10.2.7    Watter kameraspesifikasie kan die kwaliteit van die foto's beïnvloed?       (1)

       10.2.8    Watter tipe interne bergingsmedia word in die meeste kameras
                 gebruik?                                                                    (1)

10.3   Die stad se verkeersdepartement wil graag verhoed dat verkeersoortreders
       inligting oor spoedlokvalle en padblokkades op sosiale media deel.

       10.3.1    Noem TWEE maniere waarop verkeersoortreders die ligging van ŉ
                 mobiele spoedkamera kan bepaal en deel nadat hulle daar verby gery
                 het.                                                                        (2)

       10.3.2    Noem TWEE maniere waarop mense boodskappe op sosiale media
                 vir die owerhede kan probeer wegsteek.                                      (2)
                                                                                            [15]

                                                             TOTAAL AFDELING C:              75
                                                                 GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2022-afrikaans/f2668d9e-7e46-4aab-9a85-3adafc9338a0) — Computer Applications Technology · Memo · 2022 · Afr
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2020-afrikaans/73167bc1-7d37-4313-9e6c-6055b941495e) — Computer Applications Technology · Memo · 2020 · Afr
- [CAT P2 GR12 MEMO SEPT2017 (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/f13e52b1-d03e-4ce0-9cbb-fd83efd28130) — Computer Applications Technology · Memo · 2017 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [CAT P2 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-qp-sept2018-afr-d/0df65fa0-94e7-4c6a-bd37-cb4b5c66bce9) — Computer Applications Technology · QP · 2018 · Afr
- [CATN P2 QP GR12 SEP 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/catn-p2-qp-gr12-sep-2015-eng/bfe48905-890c-4308-ad92-55c195962a85) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [ERRATA CAT P1](https://www.hlayiso.com/library/errata-cat-p1/363f4b7e-98be-46d4-9d47-fcfea8705198) — Errata · 2022
- [Computer Application Technology GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/5262a1c1-fa26-4d47-a0fc-7049e5bfcf53) — Guideline · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-afr-d/528606a4-6c50-4abf-95fd-6bf9eee17db9) — Memo · 2021 · Afr
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2021 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2021-eng-d/1b3ca7d1-9908-4164-be1b-cb607c6c21e1) — Memo · 2021 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
