# Computer Applications Technology Grade 12 P2 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2014-afr/8317b83b-3993-4393-8c5e-76fe68c6441b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 12 P2 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2014-afr/8317b83b-3993-4393-8c5e-76fe68c6441b)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                     REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2

                                  NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2           2                         DBE/November 2014
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit:

         AFDELING A         (25 punte)
         AFDELING B         (75 punte)
         AFDELING C         (50 punte)

2.       Beantwoord AL die vrae.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5.       MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

6.       Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.

7.       Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
         feite vereis, ensovoorts.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              3                         DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1: PASITEMS

Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 T.

                  KOLOM A                                    KOLOM B
1.1     Sagteware wat gebruik word om              A   dienspakket
        geskandeerde dokumente na 'n formaat
        om te skakel waar die teks geredigeer      B   RSS
        kan word
                                                   C   AGB ('AUP')
1.2     'n Rekenaar wat hulpbronne en/of
        dienste aan ander rekenaars op 'n          D   ROUND
        netwerk verskaf
                                                   E   inpropprogram ('plug-in')
1.3     'n Hoëverrigting- elektroniese
        stoortoestel wat dikwels gebruik word      F   bediener
        om tradisionele hardeskywe te vervang
                                                   G   greep ('byte')
1.4     'n Sigbladfunksie wat die akkuraatheid
        van 'n bewerking met betrekking tot die    H   PDF
        getal desimale plekke wat gebruik word,
        spesifiseer                                I   modus

1.5     'n Objek in 'n databasis wat gebruik kan   J   kliënt
        word om soektogte volgens spesifieke
        kriteria uit te voer                       K   VTA ('SSD')

1.6     Die manipulasie van data na                L   navraag
        betekenisvolle inligting
                                                   M   GHz
1.7     'n Studierigting wat daarop gemik is om
        die uitwerking van HOB ('RSI') op die      N   verslag
        gebruiker te verminder
                                                   O   OKH ('OCR')
1.8     'n Eenheid wat gebruik word om 'n
        toestel se stoorkapasiteit te meet         P   ergonomie

1.9     Die tegnologie wat gebruik word om         Q   verwerking
        outomatiese opdaterings vanaf
        webtuistes te ontvang, sonder om elke      R   afvoer
        webtuiste afsonderlik te besoek
                                                   S   IF
1.10    'n Klein stukkie sagteware wat
        spesifieke funksies, soos 'n webblaaier,
        tot sagteware byvoeg
                                                                                (10 x 1)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              4                       DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.

2.1      Watter EEN van die volgende is 'n sigbladfunksie wat gebruik word om die
         totaal van selwaardes in 'n reeks te bereken, slegs as daar aan 'n spesifieke
         vereiste voldoen word?

         A      IF
         B      COUNTIF
         C      SUMIF
         D      SUM                                                                           (1)

2.2      Watter EEN van die volgende drukkers funksioneer deur voorwerpe op te bou
         uit materiale soos plastiek?

         A      Stippeldrukker ('Dot matrix printer')
         B      3D-drukker
         C      Inkspuitdrukker
         D      Kleurlaserdrukker                                                             (1)

2.3      Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van 'n e-handel-webtuiste?

         A      www.google.co.za
         B      www.kalahari.com
         C      www.news24.co.za
         D      www.gmail.com                                                                 (1)

2.4      Watter EEN van die volgende verwys na sellulêre tegnologie wat vir data-
         oordrag gebruik word?

         A      WiMAX
         B      Bluetooth
         C      Wi-Fi
         D      LTE                                                                           (1)

2.5      Watter EEN van die volgende toestelle is die beste voorbeeld van
         konvergensie?

         A      Slimfoon
         B      USB-modem
         C      MP3-speler
         D      Webkamera                                                                     (1)

2.6      Watter EEN van die volgende verwys na 'n situasie waar 'n webgebruiker in 'n
         strik gelei word om 'n versteekte skakel te selekteer?

         A      Dubbelklik ('Double clicking')
         B      Sleutelvaslegging ('Keylogging')
         C      Klikkaping ('Click-jacking')
         D      Hiperskakeling ('Hyperlinking')                                               (1)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2            5                          DBE/November 2014
                                           NSS

2.7      Watter EEN van die volgende verwys na 'n konsep waar werknemers hul eie
         toestelle aan die maatskappy-netwerk kan konnekteer en hul amptelike werk
         op hierdie toestelle doen?

         A      HOB ('RSI')
         B      DoS
         C      BTAS ('BIOS')
         D      BJET ('BYOD')                                                                  (1)

2.8      Watter lêerformaat word gebruik om teks te stoor wat geen formatering, soos
         kleure en fontgroottes, het nie?

         A      PDF
         B      RTF
         C      TXT
         D      HTML                                                                           (1)

2.9      Watter EEN van die volgende verwys na 'n tegnologie waar die
         verwerkingskrag van veelvuldige genetwerkte rekenaars gekombineer word
         om 'n spesifieke taak te verrig?

         A      Ruitnetrekenarisering ('Grid computing')
         B      Groenrekenarisering ('Green computing')
         C      Lêerdeling ('File sharing')
         D      Mobiele rekenarisering ('Mobile computing')                                    (1)

2.10     Watter EEN van die volgende is die verandering van 'n e-pos-boskrif sodat dit
         lyk asof die e-pos van 'n ander adres gestuur is as die een waarvandaan dit in
         werklikheid gestuur is?

         A      Bcc
         B      Krakery ('Cracking')
         C      Flousery ('Spoofing')
         D      Kuberkrakery ('Hacking')                                                       (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              6                        DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stellings WAAR te maak. (Jy mag nie net die woord 'NIE' gebruik om jou stelling te
verander nie.)

Voorbeelde:

VRAAG:                                       ANTWOORD:
'n Stilus kan vir meer akkurate toevoer op   Waar
sekere raakskerms gebruik word.
Die Wêreldwye Web word gekenmerk             Onwaar
deur ongelyke toegang tot IKT deur           Digitale kloof
verskillende groepe mense.

3.1      'n Dokument met 'n PDF-lêeruitbreiding kan gebruik word om te voorkom dat
         gebruikers die inhoud daarvan verander.                                               (1)

3.2      'n Blog is 'n webtuiste wat gebruikers toelaat om saam te werk om die inhoud
         daarvan met behulp van 'n webblaaier te verander.                                     (1)

3.3      'n Klanklêer, soos 'n nuusprogram of 'n onderhoud wat vanaf die Internet
         afgelaai kan word, word 'n regstelling ('patch') genoem.                              (1)

3.4      'n QR-kode word gebruik om teks, soos 'n URL, visueel voor te stel.                   (1)

3.5      'n Navraag kan in 'n sigblad gebruik word om spesifieke inligting uit 'n groot
         stel data te onttrek.                                                                 (1)
                                                                                               [5]

                                                              TOTAAL AFDELING A:               25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              7                         DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË

4.1   Die meeste moderne webblaaiers het 'n eienskap wat webblaai met gebruik van
      oortjies ('tabbed web browsing') genoem word.
      Noem TWEE voordele van webblaai met gebruik van oortjies ('tabbed web
      browsing').                                                                               (2)

4.2   Gee TWEE redes waarom biometriese toevoer veiliger kan wees as om
      tradisionele maatreëls soos wagwoorde te gebruik.                                         (2)

4.3   Dit kan soms baie moeilik wees om 'n rekenaar te koop omdat daar so baie
      hardeware-opsies is om te oorweeg.

      4.3.1    Noem TWEE van die hoofkomponente op 'n rekenaar wat 'n
               betekenisvolle invloed op die algehele verwerkingsprestasie van die
               stelsel sou hê.                                                                  (2)

      4.3.2    Verduidelik wat 'n raakpaneel ('trackpad/touch pad') is en noem EEN
               nadeel van die gebruik van 'n raakpaneel in plaas van 'n gewone muis.            (2)

      4.3.3    LED-monitors het beeldbuis ('CRT') -monitors vervang.
               Noem TWEE voordele van LED-monitors.                                             (2)

      4.3.4    Noem EEN moontlike nadeel om 'n ingeboude monitor in 'n rekenaar
               soos 'n skootrekenaar te hê.                                                     (1)

4.4   'n Onderneming moet besluit watter drukker hulle moet aankoop om groot
      hoeveelhede pamflette te druk.

      4.4.1    Beveel 'n tipe drukker vir hul behoeftes aan EN gee 'n rede om jou
               aanbeveling te ondersteun.                                                       (2)

      4.4.2    Noem TWEE nuwe tegnologieë of addisionele eienskappe wat in
               moderne drukkers voorkom.                                                        (2)

4.5   Die oopmaak van programme op 'n rekenaar kan soms oor 'n tydperk stadiger
      raak.

      4.5.1    'n Ondersteuningstegnikus stel voor dat die hardeskyf gefragmenteer mag
               wees. Hy beveel aan dat die hardeskyf gedefragmenteer moet word.
               Beskryf kortliks wat tydens die defragmenteringsproses gebeur.                   (2)

      4.5.2    Identifiseer TWEE ander sagteware-verwante probleme wat die spoed
               van 'n rekenaar kan verminder, behalwe fragmentasie. Skryf 'n moontlike
               oplossing neer vir ELK van die probleme wat jy identifiseer (dit kan in die
               vorm van 'n tabel gedoen word).                                                  (4)

4.6   Verduidelik wat 'n zombie in 'n IKT-konteks is.                                           (2)

4.7   Wat is die funksie van 'n netskans ('firewall')?                                          (2)
                                                                                                [25]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               8                            DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

5.1      Hoekom sou die Internet as 'n WAN geklassifiseer word?                                     (1)

5.2      Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n netwerk.                                         (2)

5.3      Vergelyk die funksionaliteit van 'n skakel ('switch') en 'n roeteerder ('router') in
         'n netwerk.                                                                                (2)

5.4      Noem 'n voordeel van die gebruik van veseloptiese kabels in plaas van
         koperdraad as 'n kommunikasiemedium.                                                       (1)

5.5      'n Aantal hardeware-kwessies, soos die tipe toerusting, beïnvloed die spoed
         en stabiliteit van 'n Wi-Fi-sein.

         Noem DRIE faktore, behalwe hardeware-kwessies, wat 'n invloed op 'n
         Wi-Fi-sein kan hê.                                                                         (3)

5.6      Gee 'n voorbeeld van waarvoor NVK (naby-veld-kommunikasie) ('NFC/near
         field communication') gebruik kan word.                                                    (1)

5.7      Verduidelik die funksie van 'n hiperskakel.                                                (1)

5.8      Noem EEN tipe konneksie tot die Internet, behalwe 'n landlyn.                              (1)

5.9      Al hoe meer mense verkies om aanlyn-, webgebaseerde e-posfasiliteite te
         gebruik.

         5.9.1        Gee EEN voorbeeld van 'n gewilde webgebaseerde e-posdiens.                    (1)

         5.9.2        Noem EEN moontlike voordeel van die gebruik van 'n
                      webgebaseerde e-posstelsel in vergelyking met die gebruik van 'n
                      plaaslike e-posstelsel soos Microsoft Outlook.                                (1)

         5.9.3        Watter e-posveld sou gebruik word om die adres van 'n ontvanger
                      wat 'n kopie van dieselfde e-pos kry, weg te steek?                           (1)
                                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               9                           DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR

6.1      Noem TWEE moontlike tipes bronne wat gebruik kan word om persoonlike
         menings, sonder die gebruik van die Internet, in te samel wanneer navorsing
         gedoen word.                                                                             (2)

6.2      Noem TWEE voordele van die gebruik van vrae wat 'n vaste stel moontlike
         antwoorde het (geslote vrae) wanneer 'n elektroniese vorm gebruik word.                  (2)

6.3      Noem TWEE maniere om die betroubaarheid of akkuraatheid van inligting in
         'n Internetbron vas te stel.                                                             (2)

6.4      Die grafiek hieronder stel 'n vergelyking van die gemiddelde maandelikse
         temperatuur vanaf Januarie ('Jan') tot Desember ('Dec') voor.

         6.4.1        Noem 'n meer gepaste tipe grafiek om hierdie inligting voor te stel.        (1)

         6.4.2        Stel DRIE verbeteringe aan die grafiek hierbo voor, behalwe om
                      die tipe grafiek te verander.                                               (3)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2             10                      DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES

7.1       Groenrekenarisering word 'n kwessie van toenemende belang in IKT ('ICT').

          7.1.1       Noem EEN manier waarop 'n mens 'n ou skootrekenaarbattery op
                      'n verantwoordelike manier kan weggooi.                                (1)

          7.1.2       Noem TWEE maniere waarop rekenaartegnologie gebruik kan
                      word om die omgewing te beskerm.                                       (2)

          7.1.3       Gee EEN voorbeeld van die gebruik van rekenaartegnologie wat
                      'n negatiewe uitwerking op die omgewing het, behalwe die
                      weggooi van batterye.                                                  (1)

7.2       Gee die term vir die praktyk waar iemand, byvoorbeeld, 'n Facebook-
          rekening oopmaak deur iemand anders se besonderhede te gebruik.                    (1)

7.3       Strikroof ('Phishing') is 'n wêreldwye probleem.

          7.3.1       Noem TWEE maniere waarop 'n moontlike strikroofaanval
                      ('phishing attack') geïdentifiseer kan word.                           (2)

          7.3.2       Stel TWEE moontlike maniere voor waarop strikroof ('phishing')
                      voorkom of bekamp kan word wanneer so 'n e-pos ontvang word.           (2)

7.4       Gee EEN voorbeeld van hoe die aflaai van materiaal met kopiereg sonder
          toestemming, die eienaars of skeppers van die materiaal kan beïnvloed.             (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              11                          DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING

8.1      Jy het webbladontwikkeling in jou RTT-kursus bestudeer.

         8.1.1        Wat is die naam van die taal wat merkers en attribute gebruik om
                      webblaaie te skep?                                                         (1)

         8.1.2        Wat is die verskil in funksie tussen die merkers <ul> en <ol> wat in
                      die kode van 'n webblad gebruik word?                                      (2)

         8.1.3        Gee TWEE moontlike redes waarom 'n prentjie wat jy op 'n HTML-
                      webblad bygevoeg het, nie vertoon wanneer die webblad in 'n
                      webblaaier bekyk word nie.                                                 (2)

8.2      Besighede gebruik gereeld databasisse.

         8.2.1        Die name van verskeie skole word in 'n veld in 'n databasistabel
                      gelys.

                      Watter kriteria sou jy in 'n navraag insleutel om die name van al
                      die skole wat die woord 'besigheid' op enige plek in hul naam
                      bevat, te onttrek?                                                         (2)

         8.2.2        Noem TWEE voordele van/redes vir die gebruik van kodes in
                      plaas van die 'volle teks' in 'n databasis, byvoorbeeld 0847 in
                      plaas van die teks 'Besigheidstudies'.                                     (2)

8.3      Sigblaaie word algemeen gebruik om data te ontleed.

         8.3.1        Noem 'n eienskap van 'n sigbladprogram wat gebruik kan word om
                      selle outomaties uit te lig ('highlight') indien hulle spesifieke
                      waardes bevat.                                                             (1)

         8.3.2        Die funksie hieronder is in 'n sigblad gebruik om die getal selle in
                      die reeks A1:A10 wat waardes van 50 of hoër bevat, te tel.

                                           =COUNTIF(A1:A10,<50)

                      Gee TWEE redes waarom hierdie funksie NIE korrek sal werk
                      NIE.                                                                       (2)

         8.3.3        Watter eienskap in 'n sigbladprogram kan gebruik word om
                      woorde direk onder mekaar binne dieselfde sel te vertoon?                  (1)

8.4      Gee TWEE voordele van die gebruik van die veranderingspoor-eienskap
         ('Track Changes feature') van 'n woordverwerkingsprogram.                               (2)
                                                                                                 [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              75

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               12                          DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING C

VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

SCENARIO

Jou skool het onlangs 'n fotografieklub begin. As die tegniese assistent sal jy klublede
met enige rekenaarverwante probleme help. Lede word aangemoedig om enige toestel
wat foto's kan neem, soos digitale kameras, slimfone en tablette, saam te bring.

9.1       Die skoolhoof wil graag in 'n nuwe digitale kamera belê.

          9.1.1       Noem enige TWEE kamera-spesifikasies wat 'n invloed op die
                      gehalte van 'n foto sal hê.                                                   (2)

          9.1.2       Die sagteware op die digitale kamera het 'n fout ('bug').

                      Hoe sou jy 'n sagtewarefout ('software bug') herstel sonder om die
                      toestel te vervang of dit na die winkel terug te neem?                        (1)

          9.1.3       Bestudeer die spesifikasies hieronder en beantwoord die vrae wat
                      volg.
                                         •   20 MP
                                         •   4" LED-raakskerm
                                         •   26x optiese zoem
                                         •   Mikro-'HDMI'- en USB-poort
                                         •   4 GG ('GB') -SD-kaart ingesluit

                      (a)   Die spesifikasies dui op 'n 'HDMI'-poort.

                            Noem EEN afvoertoestel wat tipies aan die 'HDMI'-poort van
                            die kamera gekoppel sou word.                                           (1)

                      (b)   Wat is die grootte van die kamera se skerm (beeld/'display')?           (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2               13                           DBE/November 2014
                                              NSS

9.2       Die algemeenste manier om foto's vanaf 'n digitale kamera na 'n rekenaar
          oor te dra, sou wees om 'n USB-kabel te gebruik.

          9.2.1       Tydens die koppeling van die kamera aan die rekenaar se
                      USB-poort kom jy agter dat 'n toesteldrywer ('device driver')
                      outomaties geïnstalleer word.

                      Wat is die funksie van 'n toesteldrywer ('device driver')?                   (1)

          9.2.2       Die toesteldrywer ('device driver') is geïnstalleer sonder dat 'n
                      stoormedium soos 'n CD gebruik is.

                      Van watter plek af kon die toesteldrywer ('device driver')
                      geïnstalleer gewees het?                                                     (1)

          9.2.3       Noem TWEE ander maniere, behalwe om 'n USB-kabel te gebruik,
                      waarop foto's vanaf 'n digitale kamera na 'n rekenaar oorgedra kan
                      word.                                                                        (2)

9.3       Die sekretaresse probeer om 'n foto as 'n aanhegsel per e-pos na die
          plaaslike koerant te stuur. Die e-pos is verwerp omdat die aanhegsel die
          maksimum limiet vir grootte van 15 MB oorskry.

          Noem TWEE moontlike maniere waarop die foto se grootte verklein kan
          word.                                                                                    (2)

9.4       Een van die lede het 'n skootrekenaar met 'n ingeboude webkamera ontvang.

          Noem TWEE funksies van 'n webkamera indien dit saam met die Internet
          gebruik word.                                                                            (2)

9.5       Die lede van die fotografieklub is baie bekommerd dat hulle die foto's wat
          hulle op hul rekenaars afgelaai het, kan verloor.

          Jy stel voor dat hulle 'n doeltreffende rugsteunbeleid moet hê om die verlies
          van data te voorkom indien hul rekenaars gesteel of beskadig sou word.

          9.5.1       Noem TWEE praktiese riglyne of strategieë wat hulle in hul
                      rugsteunbeleid kan insluit.                                                  (2)

          9.5.2       Die skoolhoof noem dat hy wolkberging ('cloud storage') gebruik
                      om die foto's wat hy met sy slimfoon neem, te stoor.

                      (a)   Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van
                            wolkberging vir hierdie doel.                                          (2)

                      (b)   Die skoolhoof maak seker dat die sinkronisering ('synching')
                            -opsie op sy selfoon geaktiveer is.

                            Watter voordeel bied sinkronisering ('synching') in hierdie
                            konteks?                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2              14                         DBE/November 2014
                                             NSS

9.6       Een van die lede het 'n kamera wat die opsie het om GPS-inligting van 'n foto
          te stoor.

          9.6.1       Hoe werk GPS-tegnologie?                                                  (2)

          9.6.2       Bespreek EEN rede om GPS-inligting by 'n foto te voeg.                    (1)

9.7       Noem TWEE voordele van die gebruik van raakskerms op draagbare
          toestelle soos 'n digitale kamera of slimfoon.                                        (2)

9.8       Die klub benodig breëband- Internettoegang.

          9.8.1       Verduidelik wat die term breëband beteken.                                (1)

          9.8.2       Noem DRIE tegniese kriteria of kwessies, behalwe koste, wat
                      oorweeg moet word wanneer die tipe breëband- Internetkonneksie
                      gekies word.                                                              (3)

          9.8.3       Toegang tot die Internet beteken dat die klublede VoIP-tegnologie,
                      soos Skype, kan gebruik.

                      Wat is die grootste voordeel van die gebruik van VoIP vir oproepe
                      in plaas van normale telefoonoproepe?                                     (1)

9.9       Die klublede sal Internettoegang op al die rekenaars benodig. Dit beteken dat
          'n netwerk geïnstalleer moet word.

          9.9.1       Noem TWEE voordele van die installasie van 'n kabellose LAN
                      (WLAN) in plaas van 'n gekabelde LAN.                                     (2)

          9.9.2       Wat sou die funksie van 'n NKK (netwerkkoppelvlakkaart) ('NIC') in
                      'n netwerk wees?                                                          (1)

9.10      Die klub wil graag hul foto's op sosialenetwerk-webtuistes op die Internet laai
          sodat hul ouers dit kan sien.

          9.10.1      Noem TWEE voordele van die pos van die foto's op 'n
                      sosialenetwerk-webtuiste.                                                 (2)

          9.10.2      Noem TWEE etiese riglyne wat die klublede moet oorweeg
                      wanneer hulle foto's op die Internet pos.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2                15                          DBE/November 2014
                                               NSS

9.11      Die fotografieklub wil graag 'n nuwe rekenaar aankoop wat gebruik sal word
          om foto's te redigeer.

          Beskou die spesifikasies van 'n moontlike nuwe rekenaar soos hieronder
          getoon.
                                   •   Core i5 2.4 GHz
                                   •   4 GG ('GB') ETG ('RAM')
                                   •   1 TB HDD
                                   •   2 GG ('GB') toegewyde grafikakaart
                                   •   Bluetooth-sleutelbord en -muis
                                   •   Windows 8 Pro

          9.11.1      Watter noodsaaklike afvoertoestel verskyn NIE in die spesifikasies
                      hierbo NIE?                                                               (1)

          9.11.2      Noem TWEE voordele van die installasie of byvoeging van 'n
                      geheuekaartleser op die rekenaar.                                         (2)

          9.11.3      Die spesifikasies sluit 'n Bluetooth-sleutelbord en -muis in.

                      Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van Bluetooth-
                      toestelle.                                                                (2)

          9.11.4      4 GG ('GB') ETG ('RAM') word gespesifiseer.

                      Wat is die hooffunksie van ETG ('RAM') in 'n rekenaar?                    (1)

          9.11.5      Hoekom sou die vermeerdering van ETG ('RAM') die rekenaar se
                      werkverrigting verbeter?                                                  (1)

9.12      Die klublede benodig sagteware om hul foto's te redigeer. Hulle wil gratis en
          oopbronsagteware ('FOSS') gebruik.

          Wat is die grootste voordeel van die gebruik van 'FOSS' in hierdie situasie,
          behalwe vir die feit dat dit gratis is?                                               (1)

9.13      Noem TWEE maniere waarop die fotografieklub groenrekenarisering ('green
          computing') kan toepas met betrekking tot ELK van die volgende kwessies:

          9.13.1      Papiergebruik                                                             (2)

          9.13.2      Elektrisiteitsverbruik                                                    (2)

9.14      Die klub sal 'n databasis gebruik om rekord te hou van lede se
          besonderhede.

          Noem DRIE databasis-veldeienskappe wat gebruik kan word om te verseker
          dat geldige en akkurate data in die databasis ingevoer word.                          (3)

                                                                   TOTAAL AFDELING C:           50
                                                                       GROOTTOTAAL:             150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [CAT P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-nov-2014-afr/1ee554bf-1d02-4780-acdf-8d6f3c4fb2d3) — Computer Applications Technology · QP · 2014 · Afr
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2022-afr/fb83ad7c-8c11-47cb-aa4d-2846fbd64cbc) — Computer Applications Technology · QP · 2022 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2019-afr/fe86afd5-0b52-4fb3-964c-f5cb7a49bedb) — Computer Applications Technology · QP · 2019 · Afr
- [Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-application-technology-p2-nov-2017-eng/6c8784b9-60df-4307-87e9-d5f335ee48d1) — Computer Applications Technology · QP · 2017 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p2-nov-2015-eng/c078f157-bdd6-48fb-9bbf-af58939034e2) — Computer Applications Technology · QP · 2015 · Eng
- [CAT P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-nov-2013-eng/c2098535-55a2-49ee-baf2-647c7254ed7b) — Computer Applications Technology · QP · 2013 · Eng

## More from Grade 12 Computer Applications Technology

- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/9df1288f-0f95-46d9-8231-26c401ed1a1b) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr12-memo-september-2025-afr-watermark/3e182b7b-5d5f-4afc-b54c-b286289512f6) — Memo · 2025 · Afr
- [Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/8beb5c31-24fa-4cf4-b90c-aedcc234a4dd) — Memo · 2025 · Eng
- [CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-memo-gr12-sept-2024-english/91df7fb9-ea6b-4fed-8f93-a1466ec697c3) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P2 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-computer-applications-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-2-english/a32bb637-25b5-4469-8be9-e72527e65d8a) — Memo · 2024 · Eng
- [Computer Applications Technology P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/computer-applications-technology-p1-nov-2023-eng/60311585-04c7-46dc-bcf6-87da09dc1ea5) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
