# Computer Applications Technology Grade 11 P1 2016 QP (Afr)

> Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/catn-p1-gr11-sept2016-qp-afr/3b5f6012-f59b-4196-8c04-bd26bf220ad9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Computer Applications Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Computer Applications Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/computer-applications-technology) › [Computer Applications Technology Grade 11 P1 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/catn-p1-gr11-sept2016-qp-afr/3b5f6012-f59b-4196-8c04-bd26bf220ad9)

## About this document

Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 11

                           NOVEMBER 2016

       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye insluitende ŉ aanhangsel.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     As gevolg van die aard van die drie-uur eksamen is dit belangrik om daarop te
        let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die
        eksamensessie te verlaat NIE.

 2.     Die toesighouer sal ŉ disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
        word aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
        rekenaar gevind kan word. Indien ŉ disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
        naam op die etiket skryf. Indien jy op ŉ netwerk werk, moet jy die instruksies
        wat deur die toesighouer gegee word, volg.

 3.     ŉ Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer
        beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ŉ lêer is, mag jy die
        toesighouer vir ŉ ander kopie vra.

 4.     Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

 5.     Beantwoord AL die vrae.

 6.     Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
        gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ŉ voorsorgmaatreël teen
        moontlike kragonderbrekings.

 7.     Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
        MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.

 8.     Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
        aan jou gegee is inhandig met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy
        moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
        is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
        absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word.

 9.     Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
        programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik nie.

 10.    Indien data uit ŉ vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word, moet
        jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.

 11.    Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in
        vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-
        selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
        formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.

 12.    In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
        Africa) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
        tensy anders aangedui.

 13.    In BYLAAG A word die HTML-merkblad voorsien.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                               3

 14.    Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie
        vraestel, bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word.
        Maak seker dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2016)

SCENARIO

Die wêreldklas ‘uShaka Marine World’, wat geleë is in Durban,
Suid-Afrika, het hulle deure oopgemaak vir die algemene publiek
op 30 April 2004. Na byna 3 jaar se bemarking het uShaka hulself
baie vinnig geposisioneer as ŉ sleutel aantrekkingskrag op die
Durbanse Golden Mile en bied wêreldgehalte vermaak,
opwinding, pret en uniekheid.

uShaka het verskillende kulture bymekaar gebring, soos geen ander plek in Afrika
nie – die veilige, beskermde en skoon omgewing lei tot die klanke van pret, lag en
gees van samehorigheid. Geen einde aan vermaak nie, van die daaglikse gebeure
van Sea World, Wet ŉ Wild en uShaka Beach, tot die naglewe van die Village Walk.

Die beamptes het die Graad 11-leerders gevra om hulle te help om van die
amptelike werksaamhede te rekenariseer.

VRAAG 1: WOORDVERWERKING

ŉ Dokument is ontwerp om agtergrond inligting te verskaf oor uShaka Marine
World en die aktiwiteite wat by die pretpark plaasvind.
Maak die woordverwerkingsdokument 1_uShaka Info oop.

1.1     Die dokument het ŉ voorblad (cover page). Maak die volgende
        veranderinge aan die diamantvorm (auto shape) wat op die voorblad
        (cover page) voorkom.

        1.1.1    Voeg die prentjie 1_uShaka.jpg in diamantvorm (auto shape) by.          (1)

        1.1.2    Voeg ŉ gloei-prentjie effek (glow picture effect) om die
                 diamantvorm (auto shape).                                               (1)

1.2     Voeg ŉ 6pt paragraaf spasiëring voor en na die hele dokument.                    (1)

1.3     Vind die letter U in die eerste paragraaf op bladsy 3 onder die opskrif
        Durban - uShaka Marine World.

         Voeg ŉ vergrote hoofletter (drop cap) effek in vir die letter U sodat dit
          oor 3 reëls van die teks (drop) vertoon.                                       (1)
         Die afstand vanaf die teks moet op 1 cm gestel word.                           (1)

1.4     Stel die linker en onderste kantlyne op 1.5 cm.                                  (1)

1.5     Vind die opskrif 'Other attractions include' op bladsy 4.

          Plaas die inhoud van die paragraaf in 3 gelyke kolomme.                       (1)
          Plaas ŉ lyn tussen die kolomme met spasiëring van 1 cm.                       (2)
          Maak seker dat die twee groen verhelderde woorde (highlighted words)
           ‘The Open Ocean’ en ‘Seals’ boaan die onderskeie kolomme verskyn.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                5

 1.6     Vind die vier verhelderde (highlighted) (in pienk) paragrawe na die
         opskrif 'Wet 'n Wild World’ op bladsy 5.

          Voeg ŉ kolpuntlys (bulleted list) in vir die paragrawe.                      (1)
          Maak gebruik van die prentjie 1_Wet-n-Wild.jpg in die
           eksamengidslêer as die kolpunt (bullet).                                     (1)

 1.7     Bring die volgende veranderinge aan op die eienskappe (properties) van
         die Heading 2 styl.

            Verander die stylnaam na Unlimited Fun                                     (1)
            Fontkleur moet rooi wees                                                   (1)
            Voeg ŉ blou paragraaf-skadering (shading) by                               (1)
            Die styl moet regs geblok (align) word                                     (1)
            Die veranderinge moet opgedateer word op die hele dokument waar
             die style gebruik is.                                                      (1)

 1.8     Vind die woord 'Souvenir' wat in geel verhelder (highlighted) is onder die
         opskrif 'Toys and Accessories' op bladsy 6.

          Voeg ŉ voetnota in by die teks wat lees 'Memento'.                           (2)

 1.9     Die GPS ko-ordinate vir uShaka Marine World word genoem onder die
         opskrif ‘Directions’ op bladsy 6.

           Maak seker dat die grade (°) simbool korrek vertoon word (op 2
            plekke) soos hieronder aangedui.

                            GPS Co-ordinates: 31°2'36"E, 29°52'0"S                      (1)

 1.10    Maak die volgende veranderinge aan die bestaande ‘Bibliography’ in
         die dokument.

          Voeg die URL by www.ushakamarineworld.co.za.                                 (1)

 1.11    Die meriete-toekennings wat uShaka Marine World verwerf het oor die
         afgelope jare word op bladsy 8 onder die opskrif 'Merit Awards For
         uShaka Marine World' aangedui.

            Groepeer die 6 toekennings as ŉ enkel voorwerp (single object).            (2)

 1.12    Vind die opskrif uShaka Map en die kaart onder die opskrif op die laaste
         bladsy van die dokument.

          Verander die bladsy-oriëntasie van die laaste bladsy na landskap.            (1)
          Verander die hoogte en breedte van die prentjie na 15 cm en 25 cm.           (1)

 1.13    Maak die volgende veranderinge op die Inhoudsopgawe (Table of
         Contents) wat op die tweede bladsy verskyn.

          Verander die formaat na eenvoudig (simple).                                  (1)
          Blok die bladsynommers regs.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1             (EC/NOVEMBER 2016)

 1.14   Voeg outomatiese bladsynommering in op die dokument soos volg:

         Plaas die bladsynommers in die onderskrif (footer) in die formaat
          Page i.
         Maak seker dat geen bladsynommers op die eerste en laaste bladsy
          van die dokument verskyn nie.
         Die bladsynommering moet begin by bladsy 2. Die tweede bladsy
          moet 'i' genommer word.                                                 (5)
                                                                                 [32]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)          REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                7

 VRAAG 2: WOORDVERWERKING

 ŉ Vorm is ontwerp vir besoekers wat betaling deur middel van ŉ kredietkaart wil
 doen. Die besoekers is veronderstel om ŉ magtigingsvorm in te vul sodat betaling
 via ŉ kredietkaart kan geskied.

 Maak die 2_Card Authorisation woordverwerkingsdokument oop.

 2.1     Voeg ŉ teksvormveld (text form field) in na die woord 'I' in die eerste
         paragraaf sodat:

             Dit ŉ maksimum van 25 karakters vir die “FULL NAME” aanvaar.                  (2)
             Dit altyd in HOOFLETTERS sal verskyn.                                         (1)

 2.2     Voeg ŉ aftuimellys (drop down list) in langs die 'Type of Ticket'-gedeelte
         sodat dit die volgende lys:

                 Platinum
                 Play
                 Normal                                                                     (2)

 2.3     Redigeer die ‘Total Transaction Amount’-veld sodat:

          Die maksimum lengte van die syfers 4 is.
          Dit die waarde in geldeenheid (currency)-formaat vertoon.                        (2)

 2.4     Voeg ŉ merkblokkievormveld (check boxes form field) in na elke kaarttipe
         ('Card Type'). Die merkblokkie (check box) se grootte moet presies 15pt
         wees.                                                                              (2)

 2.5     Voeg ŉ tabel in na die opskrif 'Card Number' sodat:

          Dit 20 syfers kan akkommodeer                                                    (1)
          Pas dit in (AutoFit) volgens die inhoud                                          (1)

 2.6     Pas enige ander tabelstyl as die huidige verstekwaarde (default) styl toe
         op die tabel wat onder die opskrif 'Client's Details' verskyn.                     (1)

 2.7     Sit tabelstoppe in na die 'SIGNATURE'- en 'DATE'-gedeelte sodat:

          Die eerste tabelstop 8 cm is
          Die tweede tabelstop 17 cm is
          Gebruik gebonde gidsstippies (dashed leaders) vir beide tabelstoppe.             (3)

 2.8     Vind die teksraampie (text box) aan die onderkant van die bladsy en doen
         die volgende:

          Plaas die lêer 2_Credit Card Authorisation Form.pdf, wat jy sal vind
           in die eksamenlêergids, as ŉ ikoon (icon) in die teksraampie (text box).
          Maak seker dat enige veranderinge wat gemaak word in die datalêer
           (2_Credit Card Authorisation Form.pdf) sal reflekteer in die
           dokument (2_Card Authorisation).                                                (3)
                                                                                          [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2016)

VRAAG 3: SIGBLAD

Die statistiese ontleding van die ‘uShaka Marine World’ se besoekers van die afgelope
weke is in die 3_Visitors Analysis-sigblad gestoor.

Maak die 3_Visitors Analysis-sigblad oop en werk in die Details-werkblad.

3.1   ŉ Poging is aangewend om die kontaknommer van uShaka Marine World in sel
      O2 aan te bring. Maak seker dat die telefoonnommer reg vertoon.                            (1)

3.2   Voeg saam (Merge) en sentreer die selle A1 tot P1 en vul dit met ŉ donkerblou
      vulkleur.                                                                                  (2)

3.3   Voeg in die prentjie 3_Unlimited Fun.jpg in sel A2 met hoogte van 2 cm en breedte
      van 17 cm.                                                                                 (3)

3.4   Maak die volgende veranderinge aan selle H4 : L4:
       Die inhoud van die selle moet oor verskeie rye vertoon word.
       Sentreer die teks horisontaal en vertikaal.                                              (2)

3.5   Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) toe op Age wat in kolom D
      gegee word.
         Besoekers bo die ouderdom van 60 moet geformateer word.
         Voeg ŉ dun diagonale streep-patroonstyl (pattern style) met rooi patroon-
          kleur.                                                                                 (3)

3.6   Voeg ŉ funksie in sel E5 om vas te stel wat die geslag kategorie (gender category)
      sal wees vir Jacob Andreas deur gebruik te maak van inligting wat op die Age
      kolom gebaseer is:

                           Ouderdom                                Geslag kategorie
      Ouderdom groter as of gelyk aan 61                             Pensionaris
      Ouderdom tussen 13 en 60                                       Volwassene
      Ouderdom kleiner as of gelyk aan 12                               Kind                     (5)

3.7   Die gunsteling avonture wat deur die besoeker gekies is, word aangedui met ŉ
      regmerkie () in kolomme H tot L.
       Gebruik ŉ funksie in sel M5 om die aantal avonture wat deur die besoeker(s)
        geselekteer is, te bereken.
       Gebruik die “auto fill”-funksie om die totale aantal avonture wat deur al die
        besoekers geselekteer is, te lys.                                                        (5)

3.8   Die tariewe van die verskillende avonture word vanaf selle H3:L3 gelys. Gebruik
      die nodige funksies / formules om die toegangstariewe (pass rates) in sel P5 te
      bereken wat elke besoeker vir hulle gunsteling avonture moet betaal.
      WENK: As ŉ besoeker die avonture Wet 'n Wild en Kids World gekies het dan
            moet hy/sy ŉ toegangstarief van (R158 + R20 = R178.00) betaal.                       (6)
3.9   Verander tabelkleur (tab colour) van die werkblad na blou.                                 (1)
  Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2016)                        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                                 9

Werk in die Monetary Details-werkblad.

3.10   Die pretpark se direkteure beplan om afslag te bied aan besoekers op hulle PASS
       RATES bedrag, gebaseer op die Renewal Years (in Kolom G) wat as volg is:

                               Renewal Years                                        Afslag persentasie
                                    0                                                  Geen Afslag
                                    1                                                      20%
                                    2                                                      25%
                                    3                                                      30%

       Voeg ŉ funksie in sel I3 om die afslag bedrag (Discount Amount) te bereken wat
       Jacob Andreas moontlik mag ontvang op die PASS RATE-bedrag.
       Kopieer die funksie wat jy ingevoeg het in sel I3 na selle I4:I102. Maak seker dat
       dit korrek werk.                                                                                                             (6)

3.11   Bereken in sel L2 die totale bedrag wat deur die 'Pensioners' betaal is.                                                     (4)

3.12   Gebruik ŉ funksie in sel L5 om uit te vind hoeveel besoekers nie die ‘food
       reservation’ gekies het nie.                                                                                                 (2)

3.13   Voeg die huidige datum en tyd, as ŉ veld in die kopskrif (header) van hierdie
       werkblad. Maak seker dat dit outomaties opdateer.                                                                            (2)

3.14   Ontwerp ŉ grafiek gebaseer op die data wat voorkom in die Graph-werkblad en
       verseker dat die grafiek lyk soos die een wat hieronder vertoon word:

                                    Preferred Adventure Per Gender Category
                               75
                                                                                                    65
                                                   62                          60
                               65                                                   57

                Gender Total
                               55
                               45         39 37
                                                                          35
                               35
                                     24                      23                          25              23
                               25                                                             18
                                                        15
                                                                                                              12
                               15
                                                                      5
                               5
                                     Wet 'n Wild   Sea World         Kids World     Dangerous      Chimp & Zee
                                                                                    Creatures

                                                                     Adventure
                                                   Adults         Pensioners Children

LET WEL:
 Die grafiek moet ŉ kolomgrafiek wees met die korrekte data.
 Voeg 'Preferred Adventure Per Gender Category' in as die grafiektitel (chart title).
 Voeg die x-as en y-as se titels in as Adventure en Gender Total.
 Vul die hoogste data-staaf met die prentjie 3_Icon.jpg.
 Vertoon die verklaring (legend) onderaan die grafiek.
 Geen gidslyne moet vertoon word nie.                                                                                              (8)
                                                                                                                                   [50]

  Kopiereg voorbehou                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                  (EC/NOVEMBER 2016)

  VRAAG 4: DATABASIS

  ŉ Databasis is ontwerp om rekord te hou van die besoekers se besonderhede
  vir toekomstige verwysing.

  Maak die databasis 4_Visitors Details oop.

  4.1   Formateer die Visitor Details-tabel as volg:

        4.1.1    Verander die ry-hoogte na 20pt.                                          (1)

        4.1.2    Maak seker dat net die horisontale gidslyne vertoon.                     (1)

        4.1.3    Stel die alternatiewe ry kleur na groen en agtergrond kleur na
                 geel.                                                                    (2)

        4.1.4    Sorteer die tabel in stygende orde volgens die Surname-veld.             (1)

        4.1.5    Ontwerp ŉ toevoermasker (input mask) op die Cell Number-veld
                 om te verseker dat die gebruiker die selnommer as volg invoeg:
                  Tien verpligte nommers
                  In die formaat (000)0000000
                 Bv.: (078)6725610                                                        (3)

        4.1.6    Kies ŉ toepaslike veld as die primêre sleutel (primary key).             (1)

        4.1.7    Voeg ŉ aftuimellys vir die Gender Category veld in om die
                 volgende by die lys in te sluit:
                  Pensioner
                  Adult
                  Child                                                                  (3)

        4.1.8    Verander die Pass Rates-veld na geldeenheid (currency).                  (1)

        4.1.9    Skuif die Gender Category-veld sodat dit voor die Age-veld
                 vertoon.                                                                 (1)

        4.1.10 Maak die Gender Category veld ŉ vereiste (required) veld.                  (1)

        4.1.11 Voeg ŉ valideringsreël (validation rule) in op die Age-veld sodat
               dit slegs waardes tussen 3 en 70 sal aanvaar. Voeg ŉ toepaslike
               valideringsteks (validation message) in sodat die inskrywing
               geskik sal wees.                                                           (3)

  Hou aan met werk in die 4_Visitors Details-databasis.

  4.2   Skep ŉ navraag genaamd qry4_2 wat op die Visitor Details-tabel
        gebaseer is.

           Vertoon slegs die Name, Wet 'n Wild en Sea World-velde.
           Vertoon slegs die rekords van daardie besoekers wat of ŉ adult of ŉ
            pensioner is en wie Wet 'n Wild en Sea World advonture gekies het.            (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                            11

 4.3    Maak die navraag qry4_3 oop. Vertoon slegs die rekords van daardie
        besoekers wie se:

           Selnommer begin met 082 en eindig met 5
           En wie woonagtig in Benoni is.                                            (4)

 4.4    Ontwerp ŉ vorm genaamd frm4_4 gebaseer op die Visitor Details-
        tabel.

           Voeg slegs die velde Name, Gender Category, Pass Type, Wet 'n
            Wild, Sea World, Kids World, Dangerous Creatures en
            Chimp_Zee in.
           Verander die opskrif in die vormkopskrif (form header) na Platinum
            Pass Members.
           Vul die vormkopskrif (form header) en vormonderskrif (form footer)
            met ŉ swart vul kleur.
           Maak seker dat die velde Wet 'n Wild, Sea World, Kids World,
            Dangerous Creatures en Chimp_Zee aan die regterkant vertoon
            met ŉ lyn in die middel soos hieronder aangetoon word.

            Voeg die prentjie 4_Platinum Pass.jpg in die vormkopskrif (form
             header) in met hoogte en breedte 3 cm.                                   (7)

 4.5    Ontwerp ŉ verslag (report) genaamd rpt4_5 gebaseer op die Visitor
        Details-tabel.

           Vertoon slegs die velde: Name, Gender Category, Residing City,
            Wet 'n Wild, Sea World, Kids World en Pass Rates.
           Groepeer die rekords gebaseer op die Gender Category-veld.
           Sorteer die rekords gebaseer op die Residing City-veld.
           Doen die volgende berekeninge in die toepaslike areas in die
            verslag:
            o Gemiddelde toegangstarief (pass rate) wat betaal is deur
                besoekers onder elke Gender Category, vertoon dit in Rand
                (currency) met 2 desimale plekke.
            o Totale aantal rekords in die verslag.
            o Sluit gepaste etikette (labels) in vir jou berekeninge.                 (9)

 4.6    Verskuif (Export) die verslag rpt4_5 na MS WORD en stoor die lêer as
        4_Export in jou eksamengids.                                                  (2)
                                                                                     [45]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                 (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 5: WEB-ONTWERP (HTML)

 ŉ Webblad is ontwerp om eerstehandse inligting aan besoekers te verskaf wat
 heeltemal onbewus is van uShaka Marine World en die onbeperkte pret wat dit
 vir hulle kan inhou.

 Maak die onvolledige 5_uShaka-webblad oop in die webblaaier (web browser)
 asook in ŉ teks-HTML-redigeerder bv. Notepad.

 NOTA:

  Vraagnommers is as opmerkings (comments) in die kodering ingevoeg as
   riglyne om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te
   word.
  ŉ HTML-merkersblad (tag sheet) is as verwysing aangeheg.

 Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.

 5.1    Voeg die HTML-kode in sodat die teks Unlimited Fun@uShaka in die
        webblaaier-oortjie (browser tab) vertoon.                                     (2)

 5.2    Verander die agtergrond-kleur van die webblad na geel.                        (1)

 5.3    Verander die skrif (font) van die hele webblad na 'Century Gothic'.           (2)

 5.4    Korrigeer die HTML-kode om die opskrif Unlimited Fun for EVERYONE!
        in heading 1 styl te voltooi.                                                 (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)        REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                             13

 5.5    Plaas ŉ horisontale lyn na die opskrif 'Unlimited Fun for EVERYONE!'
        en voor die laaste reël van die webblad wat begin met 'For more
        information …'

           Die kleur van die horisontale lyne moet rooi wees
           Die grootte(dikte) moet 4 wees                                             (3)

 5.6    Vind die items onder die opskrif Sea World. Verander die volgende:

           Vertoon dit as ’n geordende (ordered) lys
           Die lys moet in A,B,C-formaat wees                                         (2)

 5.7    Voeg die prentjie 5_Fun Unlimited.jpg voor die opskrif Wet 'n Wild in, en
        doen die volgende:

           Stel die hoogte van die prentjie tot 50 persent en die breedte tot 25
            persent onderskeidelik.
           Blok (Align) die prentjie regs.
           Voeg ŉ alternatiewe teks in om 'Unlimited Fun' te vertoon indien die
            prentjie nie wys nie.                                                      (6)

 5.8    Verander die sin 'call 031 328 8000' wat onderaan die webblad gevind kan
        word na kursief (italics).                                                     (1)

 5.9    Koppel (Link) die webadres wat lees www.ushakamarineworld.co.za wat
        onderaan die webblad gevind kan word, na dieselfde webadres.                   (2)
                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 6: ALGEMEEN

 6.1    Maak die woordverwerkingsdokument 6_Comparison oop.

        6.1.1    Gebruik ŉ woordverwerkingfunksie/formule om die maksimum
                 besoeker toename vir die jaar 2016 in die geel verhelderde
                 (shaded) area te vind.                                                   (2)

        6.1.2    Vind die grafiek in die 6_Visitor Trend-sigblad en bring die
                 volgende veranderinge aan:

                        Kopieer die grafiek en plak (paste) dit in die 6_Comparison-
                         lêer (geel verhelderde (shaded) area) wat sê: <<Insert
                         Graph Here>>.
                        Plak (Paste) die grafiek as ŉ skakel (link) sodat dit
                         outomaties opdateer.                                              (2)

        6.1.3    Voeg ŉ persoonlike (custom) watermerk in op die dokument:

                        Die watermerk moet lees 'STATISTICS'.
                        Die skrifgrootte van die watermerk moet 90 wees.                  (2)

        6.1.4    Voeg die naam van die lêer as ŉ veld in en vertoon dit in
                 hoofletters (uppercase) in die kopskrif (header) van die
                 dokument.                                                                 (3)
                                                                                           [9]

 VRAAG 7: INTEGRASIE

 7.1     Die Raad van Direkteure en Lede van uShaka Marine World het besluit
         om ŉ verjaardagpartytjie vir sommige kinders te reël.

         7.1.1   Gebruik die 7_Birthday Invitation-woordverwerkingsdokument
                 vir jou saamvoeg (mail merge) en 7_Birthday Months (Month
                 Of Birth – Worksheet) as jou databron:

                        Vervang die teks tussen ‘<< … >>’ met die toepaslike veld.
                        Stuur uitnodigings slegs aan die kinders (children)
                        Wie in Desembermaand gebore is.
                        Sorteer die name in stygende orde.
                        Stoor die dokument.
                        Voltooi die saamvoeg (merge).
                        Stoor die saamgevoegde (merged) dokument as 7_Merged
                         Invitation.                                                       (6)
                                                                                           [6]

                                                                            TOTAAL:       180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
   (EC/NOVEMBER 2016)            REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1                                             15
                          BYLAAG A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
          Basiese Merkers (Basic Tags)                                     Formateringsmerkers vervolg
      Merker (Tag)                Beskrywing                           Merker (Tag)           Beskrywing
<body></body>             Definieer die liggaam van                <li></li>            Word voor elke itemlys
                          die webblad                                                   ingevoeg, en voeg dan ŉ
<body                     Stel die agtergrondkleur                                      nommer of simbool by
bg colour="pink">         van die webblad                                               afhangende van die tipe lys
                                                                                        wat geselekteer is
<body text="black">           Stel die kleur van die               <img src="name">     Voeg ŉ prent in
                              liggaamteks
<head></head>                 Bevat inligting oor die              <img src="name"         Stel ŉ prent inlyn: kan ook
                              dokument                             align="left">           ''right", "centre"; "bottom",
                                                                                           "top", "middle'' wees
<html></html>                 Skep ŉ HTML-dokument –               <img src="name"         Stel die grootte van die
                              begin en eindig ŉ webblad            border="1">             raam rondom 'n prent
<title></title>               Definieer ŉ titel vir die            <img src="name"         Stel die hoogte en breedte
                              dokument                             width="200" height      van ŉ prent
<!-- -->                      Kommentaar                           ="200">
             Teksmerkers (Text Tags)                               <img src="name"         Vertoon alternatiewe teks
      Merker (Tag)               Beskrywing                        alt="alternative        wanneer die muis oor ŉ
<hl></hl>                 Skep die grootste opskrif                text">                  prent gehou word of
                                                                                           wanneer die prent nie
                                                                                           gevind word nie
<h6></h6>                     Skep die kleinste opskrif            <hr/>                   Voeg ŉ horisontale lyn in
<b></b>                       Skep teks in vetdruk                 <hr size="3"/>          Stel die grootte (hoogte)
                                                                                           van ŉ reël
<i></i>                       Skep teks in skuinsdruk              <hr width="80%"/>       Stel die breedte van 'n lyn,
                                                                                           in persentasie of absolute
                                                                                           waarde
<font                         Stel fontgrootte van "1" tot         <hr                     Stel die kleur van die lyn
size="3"></font>              "7"                                  colour="ff0000"/>
<font                         Stel fontkleur                                  Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times             Stel fonttipe                            Merker (Tag)                Beskrywing
New Roman"></font>
            Skakelmerkers (Link Tags)                              <table></table>         Skep 'n tabel
      Merker (Tag)               Beskrywing                        <tr></tr>               Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a>         Skep ŉ hiperskakel                      <td></td>               Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img         Skep ŉ prentskakel                      <th></th>               Skep 'n tabelopskrif (in 'n
src="URL"></a>                                                                             sel met algemene
                                                                                           vetgedrukte, gesentreerde
                                                                                           teks)
<a name="NAME"></a>           Skep ŉ teikenarea                    <table width="50">      Stel die breedte van tabel
<a href="#NAME"></a>          Skakel na 'n teikenarea wat          <table border="1">      Stel die breedte van die
                              elders in die dokument                                       raam rondom die selle van
                              geskep is                                                    die tabel
          Formateringsmerkers (Formating Tags)                     <table                  Stel die spasie tussen die
                                                                   cellspacing="1">        selle van die tabel
          Merker (Tag)                  Beskrywing                 <table                  Stel die spasie tussen 'n
                                                                   cellpadding="1">        selraam en die inhoud
                                                                                           daarvan
<p></p>                       Skep ŉ nuwe paragraaf                <tr align="left">       Stel die inlynstelling vir die
                                                                                           sel(le) (kan ook ''centre'' of
                                                                                           ''right'' wees)
<p align="left">              Stel ŉ paragraaf links inlyn         <tr valign="top">       Stel die vertikale inlynstelling
                              (verstek), kan ook ''right'' of                              vir sel(le) (kan ook ''middle''
                              ''centre'' wees                                              of ''bottom'' wees)
<br/>                         Voeg ŉ reëlbreuk ('line break') in   <td colspan="2">        Stel die getal kolomme
                                                                                           waaroor ŉ sel moet strek
<ol></ol>                     Skep ŉ genommerde lys                <td rowspan="4">        Stel die getal rye waaroor 'n
                                                                                           sel moet strek
<ol type="A","a",             Definieer die tipe nommers wat
"I","i","1"></ol>             gebruik is
<ul></ul>                     Skep ŉ kolpuntlys
type="disc",                  Definieer die tipe kolpunte wat
"square","circle"></ul>       gebruik word

   Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [CATN P1 GR12 NOV2016 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/catn-p1-gr12-nov2016-qp-eng/b2c53b10-f39b-4697-a1f1-e7d57c0e10b7) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng
- [CAT P1 GR12 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr12-memo-nov2016-afr/0d30d9cc-3bb9-4e55-812f-23f990990239) — Computer Applications Technology · Memo · 2016 · Afr
- [CAT P1 GR11 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-gr11-memo-nov2016-eng/b2071b6d-e1cd-462b-b8d0-a71e6401285b) — Computer Applications Technology · Memo · 2016 · Eng
- [CAT P2 GR11 QP AFR NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-afr-nov2016/cb0bfcca-fbc5-4842-9522-aae8bd30eff9) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Afr
- [CAT P2 GR11 QP ENG NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/cat-p2-gr11-qp-eng-nov2016/a690a1ec-a095-4b26-86c6-ddef14092cde) — Computer Applications Technology · QP · 2016 · Eng
- [CAT P1 QP GR11 NOV 2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/cat-p1-qp-gr11-nov-2020-eng-d/997bd648-1261-4056-b515-e91f17d09852) — Computer Applications Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Computer Applications Technology

- [CAT Grade 11 Teacher's Guide v2](https://www.hlayiso.com/library/cat-grade-11-teacher-s-guide-v2/60db7f6c-ce96-4df2-a9d1-f5b6025c8386) — Guide
- [Gr11 CAT Practical LB print 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-print-20-9-19/07dcc91e-6e6d-4426-af23-33bd059dee2f) — Textbook
- [Gr11 CAT Practical LB web 20-9-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-practical-lb-web-20-9-19/53763877-ca8b-4e6f-a0b4-5472a940eac2) — Textbook
- [Gr11-CAT-TG-Study-Guide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-tg-study-guide-lr/fc7c0458-b409-4945-b66a-1e47960bd705) — Guide
- [Gr11 CAT Theory LB print 19-11-19](https://www.hlayiso.com/library/gr11-cat-theory-lb-print-19-11-19/9605fb7a-c0fc-44fb-bf73-5bc54e1e618e) — Textbook
- [Grade 11 CAT P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-computer-applications-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/8a3c3969-ca01-4da6-9be4-1094d1e89751) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
